Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
GESKIEDENIS V1
MODEL 2013
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





History Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP
Grade 11 History Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 364.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk soos in die KABV-dokument.
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
nodig is om die vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit SES opstelvrae.
4. MOENIE TWEE opstelvrae uit dieselfde tema beantwoord nie.
5. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
5.1 Minstens EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en minstens
EEN moet 'n opstelvraag wees.
5.2 Die derde vraag kan óf 'n brongebaseerde óf 'n opstelvraag wees.
6. Jy moet jou kennis, vaardighede en insig in die beantwoording van vrae
toepas.
7. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal jou benadeel.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat nodig is om die vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
VRAAG 1: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE
BELEID (NEB) IN DIE SOWJETUNIE GEDURENDE DIE 1920's?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Hoe, volgens die bron, het Oorlogskommunisme die Kommuniste
bevoordeel? (1 x 2) (2)
1.1.2 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om die volgende
terme te definieer:
(a) Oorlogskommunisme
(b) Kapitalisme (2 x 2) (4)
1.1.3 Wat was volgens die bron die gevolge van Oorlogskommunisme?
(2 x 1) (2)
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 Waarom dink jy het Lenin afstand gedoen van die beleid van
Oorlogskommunisme? (1 x 2) (2)
1.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat:
(a) Daar 'n terugkeer na kapitalisme was
(b) Die boere vryheid gehad het
(c) Nasionalisering steeds plaasgevind het
(d) Die NEB 'n sukses was (4 x 1) (4)
1.3 Gebruik inligting uit Bron 1A, 1B en jou eie kennis om te verduidelik hoe
Oorlogskommunisme van die Nuwe Ekonomiese Beleid verskil het. (3 x 2) (6)
1.4 Raadpleeg Bron 1C.
1.4.1 Waarom was daar 'n afname in produksievlakke tussen 1913 en
1921? (1 x 2) (2)
1.4.2 Gebruik jou eie kennis van die tydperk en verduidelik waarom die
tabel geen produksie van beeste en varke in 1921 aandui nie.
(1 x 2) (2)
1.4.3 Verwys na die produksiesyfers vir graan en steenkool in die bron
en verduidelik die gevolge van die NEB op die Russiese ekonomie
tussen 1921 en 1926. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
1.5 Lees Bron 1D.
1.5.1 Watter punt maak die Amerikaanse joernalis oor die NEB? (1 x 2) (2)
1.5.2 Deur die inligting in die bron en jou eie kennis te gebruik,
verduidelik hoe die NEB die volgende beïnvloed het:
(a) Kommuniste
(b) Handelaars
(c) Werkers (3 x 2) (6)
1.5.3 Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat:
(a) Oorlogskommunisme 'n mislukking was
(b) Die NEB 'n sukses was (2 x 1) (2)
1.6 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die statistieke in Bron 1C die
bewyse in Bron 1D oor die NEB ondersteun. (2 x 2) (4)
1.7 Verwys na Bron 1B, 1C en 1D. Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls
(ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom al hierdie bronne
bruikbaar sal wees vir 'n historikus wat die gevolge van Lenin se Nuwe
Ekonomiese Beleid bestudeer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
VRAAG 2: HET DIE NUWE BEDELING ('NEW DEAL') VERLIGTING GEBRING VIR
GEWONE AMERIKAANSE BURGERS IN DIE 1930's?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C, 2D en 2E en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Noem DRIE probleme wat die VSA in 1933 ondervind het. (3 x 1) (3)
2.1.2 Hoe het President Roosevelt probeer om die probleme wat die
VSA in die 1930's ervaar het, te oorkom? (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar oor rakende die
Nuwe Bedeling ('New Deal')? (2 x 2) (4)
2.2.2 Gebruik die afkortings in die spotprent en noem TWEE oplossings
wat Roosevelt wou gebruik om meer werkgeleenthede te skep.
(2 x 1) (2)
2.3 Vergelyk Bron 2A en 2B. Verduidelik die ooreenkomste tussen hierdie bronne
rakende Roosevelt se Nuwe Bedeling ('New Deal')-beloftes. (2 x 2) (4)
2.4 Lees Bron 2C.
2.4.1 Gebruik bewyse uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik of
die skrywer glo dat die projek wat sy besoek het, 'n groot sukses
was. (2 x 2) (4)
2.4.2 Noem DRIE verbeterings wat hierdie projek in die lewens van
Amerikaanse werkers gehad het. (3 x 1) (3)
2.5 Verwys na Bron 2D.
2.5.1 Hoe beklemtoon die foto die sukses van die Nuwe Bedeling ('New
Deal')? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. (2 x 2) (4)
2.5.2 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie foto vir 'n historikus wat
Roosevelt se Nuwe Bedeling ('New Deal')-beleid bestudeer.
(2 x 2) (4)
2.6 Lees Bron 2E.
2.6.1 Verduidelik waarom Hoover krities oor Roosevelt se Nuwe
Bedeling ('New Deal')-beleid was. (1 x 3) (3)
2.6.2 Definieer die term diktator in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.6.3 Hoe betroubaar is hierdie bron in die assessering van die Nuwe
Bedeling ('New Deal')? Ondersteun jou antwoord met relevante
bewyse. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
2.7 Gebruik die inligting uit relevante bronne asook jou eie kennis om 'n paragraaf
te skryf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
of die Nuwe Bedeling ('New Deal') vir gewone Amerikaanse burgers in die
1930's verligting gebring het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
VRAAG 3: HOE HET EUGENETIKA EN PSEUDOWETENSKAPLIKE RASSISME
HITLER BEΪNVLOED OM VANAF 1933 TOT 1945 DIE MENSEREGTE
VAN JODE EN SIGEUNERS IN DUITSLAND TE SKEND?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Noem die koerant waarin die anti-Joodse wette gepubliseer was.
(Uittreksel 1) (1 x 1) (1)
3.1.2 Wie was leier van Duitsland toe hierdie wette in 1933 uitgevaardig
is? (Uittreksel 1) (1 x 1) (1)
3.1.3 Watter bewyse in die bron dui aan dat Rudy Barnes NIE 'n
ondersteuner van die Nurembergwette was NIE? (Uittreksel 1)
(1 x 2) (2)
3.1.4 Verduidelik waarom die Reichstag huwelike tussen Jode en Duitse
burgers onwettig verklaar het. (Uittreksel 1) (2 x 2) (4)
3.1.5 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat 'n diktator Duitsland
regeer het. (Uittreksel 1) (2 x 1) (2)
3.1.6 Verduidelik die begrip Ariese ras in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.7 Vergelyk Uittreksel 1 en 2. Verduidelik op watter maniere hierdie
uittreksels dieselfde is rakende die manier waarop die Nazi's beide
die Jode en Sigeuners behandel het. (2 x 2) (4)
3.1.8 Verduidelik die bruikbaarheid van die New York Herald Tribune vir
'n historikus wat die rassebeleid van Duitsland gedurende die
Tweede Wêreldoorlog bestudeer. (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Watter metodes het Göering gebruik in 'n poging om die
sogenaamde 'Joodse probleem' op te los? (2 x 1) (2)
3.2.2 Noem die Nazileier en die organisasie aan wie Göering opdrag
gegee het om die Jode uit die Duitse samelewing te verwyder.
(2 x 1) (2)
3.3 Kyk na Bron 3C.
3.3.1 Waarom, volgens die bron, is Sigeuners na konsentrasiekampe in
die Reich verskuif? (1 x 2) (2)
3.3.2 Wat was die rede vir die uitwissing van Sigeuners by die Birkenau-
kamp in 1944? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2013
NSS – Graad 11 Model
3.3.3 Noem die dodekamp waar Sigeuners vergas is. (1 x 1) (1)
3.3.4 Lewer kommentaar oor hoe die Kriminele Polisie die menseregte
van Sigeuners geskend het. (2 x 2) (4)
3.3.5 Identifiseer die land waar die meeste Sigeuners vermoor is. (1 x 1) (1)
3.4 Lees Bron 3D.
3.4.1 Verduidelik die boodskap wat die fotograaf probeer oordra het oor
die rassistiese beleid wat Duitsland van 1933 tot 1945
geïmplementeer het. (2 x 2) (4)
3.4.2 Lewer kommentaar op die reaksie van die Duitse vrou in die foto.
(2 x 2) (4)
3.5 Gebruik die inligting uit relevante bronne sowel as jou eie kennis om 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy
die impak van Duitsland se rassebeleid op 'nie-Duitsers' verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2013
NSS – Graad 10 Model
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer TWEE vrae uit hierdie afdeling.
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900 TOT 1940
Beantwoord óf VRAAG 4.1 óf VRAAG 4.2. MOENIE albei vrae beantwoord NIE.
4.1 Verduidelik tot watter mate Stalin in staat was om teen 1939 Rusland van 'n
agterlike landboustaat in 'n vooruitstrewende industriële staat te verander. [50]
OF
4.2 Stalin se ekonomiese beleid was oor die algemeen suksesvol. Die Russe het
egter 'n swaar prys betaal vir sy sukses.
Stem jy saam met hierdie stelling? Evalueer Stalin se beleid van 1928 tot
1939 in die lig van hierdie stelling. [50]
VRAAG 5: KAPITALISME EN DIE VSA 1900 TOT 1940
Beantwoord óf VRAAG 5.1 óf VRAAG 5.2. MOENIE albei vrae beantwoord NIE.
5.1 Beskryf die oorsake en die gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde
State van Amerika gedurende die 1920's en 1930's. [50]
OF
5.2 Na die ongekende voorspoed gedurende die tydperk wat die 'Sewe Vet Jare'
genoem word, het die Amerikaanse ekonomie dramaties ineengestort toe die
Wallstraat-aandelemark op 24 Oktober 1929 geval het.
Ontleed die geldigheid van hierdie stelling in die konteks van die 'Sewe Vet
Jare'. [50]
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEUE
Beantwoord óf VRAAG 6.1 óf VRAAG 6.2. MOENIE albei vrae beantwoord NIE.
6.1 Bespreek die redes vir die beleid van assimilasie (integrasie) en die gevolge
op 'baster'-Australiërs gedurende die 1930's. [50]
OF
6.2 'n Australiese antropoloog het geargumenteer dat Australië se
assimilasiebeleid gedurende die 1930's wreed en onmenslik was.
Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van hoe Australië die beleid
van 'assimilasie' implementeer het. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 11 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 11 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Eng)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Question Paper

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 North West June 2024 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 11 P1 North West November 2024 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 11 P2 North West November 2024 Question Paper (Eng)
Related documents

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 National Exemplar November 2020 Memo

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Question Paper

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Eng)

Question paper
History Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 QP
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum