Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202314 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2023 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2023 SS/NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET GRIEKELAND AAN DIE EINDE VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG IN 1945 'N FOKUSPUNT IN KOUE OORLOG- SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE SOWJETUNIE GEWORD? BRON 1A Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'The Greek Inflation and the Flight from the Drachma, 1940–1948' deur AJ Kondonassis en dit het in Economy and History Volume XX (1977) verskyn. Die fondasies vir die voortslepende prysvlakinflasie, wat Griekeland na die formele einde van die Tweede Wêreldoorlog geteister het, is in daardie tyd (Tweede Wêreld- oorlogsjare) gelê. Die administratiewe, monetêre en produktiewe masjinerie van die Griekse ekonomie was nie gedurende die besettingstydperk in staat om doeltreffend te funksioneer nie. Vrees, onsekerheid, en politieke en ekonomiese chaos het geheers. Die besettingsmagte het op die grootste moontlike volume Griekse goedere vir eie gebruik en ook vir uitvoer na hulle onderskeie tuislande beslag gelê (gevat). Geallieerde bystand het grootliks nie bestaan nie, die interne vervoerstelsel het agteruitgegaan en binnelandse produksievlakke het aansienlik (heelwat) na onder vooroorlogse vlakke geval. Dit het algemene praktyk geword om grondstowwe op te gaar (bymekaar te maak) en swartmarkte het vinnig ontwikkel. Die skyn (valse) Bank van Griekeland is deur die besettingsmagte en die Griekse skynregering gedwing om al hoe meer banknote uit te reik om die besettingsmagte en hulle regerings van die betaalmiddele te voorsien wat vir hulle onderskeie bedrywighede nodig was. Die interaksie van hierdie nie-monetêre (nie-finansiële) en monetêre (finansiële) ontwikkelings het gelei tot die volgehoue agteruitgang van die koopkrag van die dragma (Griekse geldeenheid) en na die agteruitgang van die dragma se wisselkoerswaarde in terme van goud, wat weer op sy beurt tot verlies van vertroue in die dragma en 'n styging in die sirkulasiespoed van geld gelei het. Griekeland het (egter) 'n sekere vorm van ekonomiese bystand vanaf die Verenigde Koninkryk (VK), United Nations Relief and Rehabilitation Administration (UNRRA) en die Verenigde State van Amerika (VSA) ontvang. [Uit 'The Greek Inflation and the Flight from the Drachma 1940–1948' deur AJ Kondonassis] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder verduidelik hoe die Griekse Burgeroorlog (GBO) deur die Koue Oorlog-spanning na die Tweede Wêreldoorlog tussen die USSR en die VSA gevorm is. Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het en die res van Europa begin het om hulleself te herbou, het Griekeland tot 'n tweede en wreder oorlog toegetree as die een wat teen die Spilmoondhede geveg is. Die Griekse Burgeroorlog (GBO) was nie net 'n bitter interne stryd tussen twee ideologies onversoenbare Griekse kampe nie – die 'monargistiese fasciste' (regeringsweermag) en die 'bandits' (kommunistiese rebelle). Die kommuniste was veterane in guerrilla-oorlogvoering en het goed geveg. Hulle het beperkte bystand van die USSR en Joego-Slawië ontvang. Maarskalk Tito (van Joego-Slawië) het duisende gewere, masjiengewere, tenkafweerwapens en landmyne aan die rebelle verskaf. Die kommuniste het 'n tekort aan basiese voorraad soos kos, klere en veral vervoer gehad. Hulle het egter net genoeg gehad om voort te gaan om weerstand te bied, maar nie naastenby genoeg om beheer uit te oefen nie. President Harry Truman het toerusting en opleiding aan die Griekse nasionale weermag beskikbaar gestel. Onderskraag hierdeur, het die Griekse regeringsmagte stelselmatig die rebelle dieper in die berge ingedruk. Amerikaanse toerusting en veral vliegtuie het hierdie operasies ondersteun. As gevolg van die burgeroorlog kon altesaam sowat 158 000 Grieke gesterf het. Die Griekse ekonomie is totaal vernietig (…), maar die Marshall-plan sou die saadjies van herstel en genesing plant – steeds onvolledig – uit die 20ste eeu se wreedste burgeroorloë. [Uit https://nationalww2museum.org/war/artikels/greek-civil-war-1944-1949. Toegang op 5 Oktober 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 1C Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'Special Message to the Congress on Greece and Turkey: The Truman Doctrine' wat in Voices of Democracy: The US Oratory Project deur DM Bostdorff (2009) verskyn het. Dit verduidelik hoe President Truman die Amerikaanse kongres oorreed het om Griekeland polities en ekonomies te ondersteun. Eerstens moes die Amerikaanse President H Truman die Kongres en Amerikaanse burgers oorreed dat Griekeland in 'n krisis verkeer en $250 miljoen se hulp verdien het. Truman het toehoorders (luisteraars) vertel dat Griekeland 'n 'arbeidsame (hardwerkende), vredeliewende land' was wat ' 'n inval, vier jaar se wrede besetting deur die vyand, en bitter interne geskille moes verduur'. Volgens die President het die Duitsers, soos wat hulle teruggetrek (die aftog geblaas) het, die nasie se infrastruktuur vernietig en meer as 'n duisend dorpies afgebrand. Hy het op 'n ernstige noot voortgegaan en gesê dat teen die einde van die oorlog 'vyf en tagtig persent van die kinders teringlyers (ly aan tuberkulose) was. Lewende hawe, pluimvee en huisdiere het feitlik verdwyn. Inflasie het so te sê alle spaargeld uitgewis'. Truman het verder gewaarsku dat 'n 'militante minderheid' gekies het om die situasie uit te buit en die ekonomiese herstel en politieke stabiliteit van die land te ondermyn (uit te daag). Die President (Truman) het nie die Griekse regering se eie aandadigheid (betrokkenheid) of die feit dat die nasie in 'n staat van burgeroorlog verkeer het, bespreek nie, wat tot vrae oor die gepastheid van die VSA se betrokkenheid kon gelei het. Hy het egter toegegee (erken) dat die Griekse regering nie altyd wys opgetree het nie. Volgens Truman was die Griekse regering 'nie perfek nie', maar dit het '85 persent van die lede van die Griekse parlement verteenwoordig wat verlede jaar in 'n verkiesing verkies is'. Internasionale waarnemers, onder meer amper 700 Amerikaners, het oor die verkiesing toesig gehou. Die President het ook sommige van die (Griekse) regering se 'foute' verskoon deur te beklemtoon dat dit 'in 'n atmosfeer van chaos en ekstremisme (aktivisme) werksaam was'. Hy het verder sy administrasie van die Griekse regering se mees aanstootlike (aaklige) dade gedistansieer deur te sê dat 'hulpverlening deur hierdie land nie beteken dat die VSA alles wat die Griekse regering gedoen het en sal doen, verskoon (ignoreer) nie'. [Uit Voices of Democracy: The US Oratory Project deur DM Bostdorff] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 1D Die spotprent hieronder, deur John Latrides, het in 2007 tydens die viering van die 60ste herdenking van die Truman-leer (-doktrine) (1947) in die Journal of Modern Greek Studies verskyn. Dit toon Griekeland wat dwarsoor die spoorbaan lê waar twee treine op die punt is om te bots. [Uit https://www.mgsa.org/symposia/2007/index.html. Toegang op 19 Augustus 2022 verkry.] GRIEKELAND OP DIE SPOORBAAN DOLLAR-VLAG HAMER-EN-SEKEL-VLAG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2023 SS/NSS – Addendum VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1980's BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA BETROKKE GERAAK? BRON 2A Hieronder is 'n uittreksel uit 'n artikel met die titel 'Cuito Cuanavale, Angola's 25th Anniversary of a Historical Battle' deur Ronnie Kasrils. Dit het in 2013 in die Monthly Review – An Independent Socialist Magazine verskyn. Dit verduidelik waarom die Sowjetunie, Suid-Afrika en Kuba tussen 1987 en 1988 by die Slag van Cuito Cuanavale betrokke was. Die aanloop (begin) tot die Slag van Cuito Cuanavale het in Julie 1987 begin toe Angolese regeringsmagte, die People's Armed Forces of Liberation of Angola (FAPLA), onder leiding van Sowjet-krygsoffisiere, probeer het om na Jonas Savimbi se vesting van die National Union for the Total Independence of Angola (UNITA) by Mavinga op te ruk. Dit was die strategiese sleutel tot sy basis by Jamba naby die Caprivi-strook – 'n lang vingeragtige stuk grond, onder Suid-Afrikaanse militêre beheer, wat so ver as Zambië strek. Die aanval het aanvanklik goed gevorder en FAPLA het die oorhand gekry deur swaar verliese aan die kant van UNITA te veroorsaak en hulle suid na Mavinga te verdryf. Toe, in Oktober, is FAPLA se 47ste Brigade, wat in aantog was, veertig kilometer suidoos van Cuito by die Lombarivier, feitlik vernietig in 'n aanval deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) wat haastig (vinnig) uit Namibië tot UNITA se redding gekom het. 'n Katastrofe (ramp) het gevolg aangesien verskeie ander FAPLA-brigades deur die swaar bomaanval afgemaai (vernietig) is en gehawende (besmeerde) oorlewendes na Cuito Cuanavale teruggetrek het. Die situasie kon nie erger (droewiger) gewees het nie. Cuito kon daar en dan deur die SAW oorrompel word wat die strategiese situasie oornag sou verander. Die binneland sou oop wees vir oorheersing deur UNITA wat daartoe sou lei dat Angola in die helfte verdeel sou word – iets wat die regering in Pretoria en Savimbi al vir jare ten doel gehad het. Maar die SAW het nie daarin geslaag om die inisiatief aan te gryp nie. Dit het 'n aanvanklike kontingent (groep) van 120 Kubaanse troepe in staat gestel om vanaf Menongue, 150 kilometer noordwes, na die dorp te haas om te help om die verdediging te organiseer. Soos wat die hewige (gewelddadige) beleg (hindernis) ontwikkel het, het die regering in Pretoria se generaals en Westerse diplomate Cuito se naderende (dreigende) val voorspel. [Uit Monthly Review – An Independent Socialist Magazine, 1 April 2013] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 2B Die uittreksel hieronder, deur 'n historikus, Edward George, geskryf en geneem uit 'n boek met die titel The Cuban Intervention in Angola from Che Guavara to Cuito Cuanavale, verduidelik Kuba se strategiese ingryping in Angola gedurende die Slag van Cuito Cuanavale in 1987. Die besluit om Operasie Maniobra XXXI Aniversario te begin, is op 'n gesamentlike vergadering van die Politburo, Revolutionary Armed Forces (FAR) en die Ministry of Interior (MININT) (Binnelandse Sake) geneem, en het 'n aanvanklike versterking van 3 000 Kubaanse troepe behels om Cuito Cuanavale se verdediging te fortifiseer. Dit het bestaan uit een gewapende brigade, verskeie selfaangedrewe lug-tot-lug- missieleenhede ('AA missiles'), waaronder oppervlak-tot-lug-missiele (SAM-8's), een snelreaksie-eenheid en 'n kontingent (groep) van die (MININT) Special Forces (Spesiale Magte) wat Castro persoonlik aangebied het. Die keuse van Cuito Cuanavale vir 'n laaste verset teen die Suid-Afrikaners was net soveel voorkomende optrede – om die val van Menongue te voorkom – as wat dit simbolies was. Die Beleg van Cuito Cuanavale sou egter nog 'n noodsaaklike funksie vervul, en dit het Castro die deurslaggewende konfrontasie met die Suid-Afrikaners gebied voordat hy sy magte uit Angola onttrek, en gedurende die volgende twee maande sou hy herhaalde versoeke van sy offisiere in Angola om uit Cuito Cuanavale te onttrek, verwerp (teenwerk). Net soos sy voorganger, Operasie Carlota, het Maniobra XXXI Aniversario ook langtermyndoelwitte buiten die verdediging van Cuito Cuanavale gehad. Terwyl versterkings na Cuando Cubango gehaas is, het Castro in die geheim begin om 'n groot mag in Lubango op te bou ter voorbereiding van 'n skuif na suidwestelike Angola. Die FAR se elite 50ste Divisie – Castro se persoonlike divisie wat die Amerikaanse basis in Guantánamo (Kuba) bewaak het – is na Angola gestuur om aan die spits te staan (lei) van hierdie maneuver, en vroeg in Januarie 1988 het die eerste 3 500 Kubaanse troepe in Cunene inbeweeg. Maar dit was 'n groot uitlokking (moeilikheid soek) vir die SAW wat vir byna agt jaar vry van Kubaanse inmenging in die gebied geopereer het en sou in laat Junie 'n alternatiewe teater vir die bloedige klimaks van die oorlog aan beide kante verskaf. [Uit The Cuban Intervention in Angola from Che Guavara to Cuito Cuanavale deur E George] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 2C Die uittreksel hieronder, wat deur Majoor Jayson N Williams van die Amerikaanse Weermag geskryf is, is uit Contested Narratives: South African and Cuban Military Action in Angola (1987–1988) A Monograph geneem. Dit verduidelik Suid-Afrika se betrokkenheid by die Slag van Cuito Cuanavale deur middel van Operasie Modulêr teen die Sowjet-gesteunde FAPLA. Vanuit die Republiek van Suid-Afrika (RSA) se perspektief was die doel van Operasie Modulêr hoofsaaklik defensief (verdedigend), terwyl dit voorgekom het asof dit in praktyk offensief (aanvallend) was. UNITA se onvermoë om die Sowjet-Angolese aanval te keer, het die RSA geforseer om in te meng om hulle bondgenoot te red. Die SAW het twee beginseldoelwitte vir die operasie gehad. Die eerste doelwit was om FAPLA se aanval om UNITA in Angola te oorwin, te keer. Die SAW se waarneming was dat FAPLA se operasionele doelwit was om die stad Jamba, UNITA se hoofkwartier, te beset met intermediêre doelwitte wat die oorsteek van die Lombarivier en die besetting van Mavinga ingesluit het om daardie operasie moontlik te maak. Nadat die eerste doelwit bereik is, was die SAW se tweede doelwit om FAPLA oos van die Cuitorivier of, indien dit nie kon gebeur nie, FAPLA ten minste wes van daardie lineêre waterstruikelblok te vernietig. Sukses sou ruimte vir UNITA skep om hulle teen toekomstige aanvalle te verdedig en dit sou FAPLA forseer om die taktiese koste om op omstrede wyse die rivier oor te steek, in ag te neem voordat aanvalsoperasies teen UNITA weer voortgesit word. Indien Operasie Modulêr kon help keer dat die Sowjet-gesteunde FAPLA-aanval weer suidoostelike Angola beset, kon die RSA die buffersone wat UNITA vir Namibië en Suid-Afrika verskaf het, staande hou. Operasie Modulêr het 'die langverwagte deurbraak in die heersende politieke, diplomatieke en militêre dooie punt in die Angolese-SWA/Namibiese konflik' beloof. Verdere militêre sukses kon gunstige onderhandelinge met die MPLA ondersteun. Indien die SAW die neerlaag van FAPLA sou bedreig of belangrike territoriale vordering in Angola sou maak, kon die RSA tydens hierdie samesprekings 'n betekenisvolle voorsprong hê. [Uit Contested Narratives: South African and Cuban Military Action in Angola (1987–1988) A Monograph deur Majoor Jayson N Williams] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 2D Die spotprent hieronder met die titel 'THE THREE AMIGOS' is deur Alberto Mourato geteken. Dit toon Bush, Botha en Savimbi as bondgenote gedurende die Slag van Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988. [Uit https://images.app.goo.gl/mAaHTwABWXRZ5Mpy7. Toegang op 17 Augustus 2022 verkry.] *ADIOS – Tot siens *AMIGOS – Vriende Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/2023 SS/NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS IS DEUR BURGERREGTE-AKTIVISTE ERVAAR WAT IN 1965 AAN DIE EERSTE OPTOG VAN SELMA NA MONTGOMERY DEELGENEEM HET? BRON 3A Hierdie bron, Eyes on the Prize: America's Civil Rights Years: 1954–1965 deur J Williams, verduidelik waarom die Alabama-aktiviste die kiesersregistrasieveldtogte aangevoer het en ook besluit het om 'n optog van Selma na Montgomery te hou. Jare van onverdraagsaamheid (rassisme), diskriminasie en intimidasie het die swart bevolking van hulle stemreg ontneem (mag nie stem nie) en hulle is polities gemarginaliseerd (op die kantlyn geskuif) gelaat; in die Dallas-distrik, waar Selma geleë is, was minder as tien persent swartes wat daarop geregtig was (dié wat gekwalifiseer het), geregistreer om te stem. Die Student Non-Violent Coordinating Committee (SNCC) en plaaslike aktiviste het die kiesersregistrasieveldtog verskerp (versterk) met die hoop dat Alabama se wit heerssugtige (rassistiese) politieke stelsel afgebreek sou word. Alabama-aktiviste het vroeg in 1965 die Southern Christian Leadership Conference (SCLC) en Eerwaarde dr. Martin Luther King Jr. genooi om die veldtog te ondersteun (versterk). Alhoewel Selma as die fokuspunt gekies is, is eenderse kiesersregistrasieaktiwiteite in nabygeleë dorpe en distrikte gehou. Spanning het in Februarie 1965 tot kookpunt gestyg toe die polisie Jimmie Lee Jackson, 'n 26-jarige weermagveteraan, by 'n betoging in Marion twintig myl noordwes van Selma doodgemaak het. Woedend oor die jongste gewelddadige optrede deur die polisie, het aktiviste besluit om 'n optog van Selma na Montgomery, die hoofstad van die staat, uit protes en ter ere van Jackson, te hou. Sommige SNCC-lede het egter hulle besorgdheid uitgespreek dat die optog van 40–50 myl te veel risiko vir te min voordeel ingehou het. Ten spyte van opposisie van binne sy organisasie het SNCC-voorsitter, John Lewis, besluit om die leiding saam met die SCLC se velddirekteur, Hosea Williams, in die optog te neem. Saam het hulle optoggangers gelei om voor twee van die staat se gevaarlikste mans: George Wallace, Alabama se aarts-segregasionistiese goewerneur en Jim Clark, 'n polisie-sheriff wat vir sy vinnige humeur en ongewone wreedheid bekend was, te staan te kom. [Uit Eyes on the Prize: America's Civil Rights Years: 1954–1965 deur J Williams] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder is 'n ooggetuieweergawe deur Eerwaarde James Bevel, 'n Southern Christian Leadership Conference (SCLC)-strategis (-beplanner) van die Eerste Optog van Selma na Montgomery wat op 7 Maart 1965 plaasgevind het. Dit beklemtoon die uitdagings wat die burgerregte-aktiviste ervaar het soos wat hulle die Edmund Pettus-brug op pad na Montgomery oorgesteek het. Toe ons by die hoogste punt van die Edmund Pettus-brug gekom het, het ons 'n see van blou gesien: Alabama Staatspolisiebeamptes. Ses honderd van ons het in twees geloop. Dit was 'n baie vreedsame, ordelike betoging. Die oomblik toe ons binne roepafstand van die Staatspolisiebeamptes was, het ons gehoor dat een Staatspolisiebeampte homself identifiseer. Hy het gesê: 'Ek is Majoor John Cloud, die bevelvoerder. Dit is 'n onwettige optog. Julle sal nie toegelaat word om voort te gaan nie. Ek gee julle drie minute om uitmekaar te gaan en na julle kerk terug te keer.' Na ongeveer 'n minuut en 'n half het hy gesê: 'Troepe, ruk op,' en ons het die Staatspolisiebeamptes en lede van Sheriff Clark se groep op perde gesien. Die Staatspolisiebeamptes het na ons toe beweeg met polisieknuppels, traangas, osswepe en ons met perde vertrap. Ek het gevoel asof dit die laaste betoging, die laaste verset van my kant was, asof ek my laaste asemteug as gevolg van die traangas sou gee. Ek het mense gesien skree en uitroep. Ons kon nie vorentoe beweeg nie. Indien ons sou probeer om vorentoe te gaan, sou ons in die hitte van die stryd beland het. Ons kon nie na die kant, links of regs gaan nie, omdat ons in die Alabama-rivier sou val; ons is dus in die strate van Selma tot by die kerk teruggeslaan. Teen die tyd wat die aanval verby was, is amper 60 optoggangers vir beserings by 'n plaaslike hospitaal behandel. Van hulle is 17 gehospitaliseer, onder andere John Lewis, wat skedelbreuk opgedoen het. [Uit The Selma Campaign: Martin Luther King Jr., Jimmie Lee Jackson and the Defining Struggle of the Civil Rights Era deur C Swanson] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 3C Die foto hieronder toon die Burgerregtebeweging se aktiviste wat op 7 Maart 1965, gedurende die eerste optog van Selma na Montgomery, deur die Staats- polisiebeamptes aangeval word nadat hulle die Edmund Pettus-brug oorgesteek het. [Uit The Light of Ours – Activist Photographs of the Civil Rights Movement deur L Kelea] EDMUND PETTUS-BRUG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/2023 SS/NSS – Addendum BRON 3D Die bron hieronder is geneem uit 'n koerantartikel wat op 8 Maart 1965 – die dag ná 7 Maart 1965 – in The New York Times verskyn het. Dit wys hoe die optoggangers deur die Staatspolisiebeamptes aangeval is, met die meeste van hulle wat ernstige beserings opgedoen en in die hospitaal beland het. Die Staatspolisiebeamptes en 'n groep van die sheriff se manne het op 7 Maart 1965 in Selma, Alabama, 525 burgerregte-optoggangers aangeval wat aan 'n optog tussen Selma en Montgomery, die hoofstad van die staat, deelgeneem het. Die optog is georganiseer om swart kiesersregistrasie te bevorder en om te betoog omdat 'n Staatspolisiebeampte op 18 Februarie, gedurende 'n kiesersregistrasie-optog in 'n nabygeleë stad, 'n jong swart man, Jimmie Lee Jackson, doodgemaak het. Soos wat die optoggangers die Edmund Pettus-brug in Selma oorgesteek het, is hulle deur die polisie beveel om uitmekaar te gaan. Toe hulle op hulle plekke bly staan, het die Staatspolisiebeamptes hulle bestorm. 'Die eerste 10 of 20 Negers is skreeuend grond toe platgetrek, met arms en bene in die lug en pakkies en sakke wat oor die grasmiddelmannetjie en die sypaadjies aan weerskante getrek (gevlieg) het.' 'Dié wat nog op hulle voete was, het teruggestaan. Die Staatspolisiebeamptes het aangehou om te stoot. Hulle het die krag van hulle liggame en ook hulle polisieknuppels gebruik om te druk en steek.' Die polisie het ook traangas na die skare afgevuur en hulle op perde bestorm. Meer as 50 optoggangers is beseer. Daar was 'n tydelike hospitaal naby die plaaslike kerk. 'Negers het op die vloere en stoele gelê met baie wat gehuil en gekerm het. 'n Meisie met 'n rooi langbroek is skreeuend uit die huis gedra.' Amelia Boynton het half bewusteloos op 'n tafel gelê. 'Die hospitaal het gerapporteer dat die slagoffers breuke van hulle ribbes, koppe, bene en arms opgedoen het bo en behalwe die snye en kneusplekke.' Die dag van geweld, wat as Bloedige Sondag ('Bloody Sunday') bekend geword het, is deur koerante regoor die land gedek en op nasionale nuus uitgesaai, en het baie Amerikaners woedend gemaak. 'n Foto van mev. Boynton wat bewusteloos op die brug lê, het die blywendste beeld van die dag geword. [Uit The New York Times, 8 Maart 1965] Negers – 'n Neerhalende woord vir swart Amerikaners Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/2023 SS/NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse is uit die volgende geneem: Bostdorff, DM. 2009. Voices of Democracy: The US Oratory Project, College of Wooster, VSA. George, E. 2005. The Cuban Intervention in Angola from Che Guavara to Cuito Cuanavale, Frank Cass Publishers, Londen. https://images.app.goo.gl/mAaHTwABWXRZ5Mpy7 https://www.mgsa.org/symposia/2007/index.html Kelea, L. 1965. The Light of Ours – Activist Photographs of the Civil Rights Movement, University Press Alabama, Mississippi. Kondonassis AJ. 1970. Economy and History Volume XX. Routledge Taylor and Francis Group, VSA. Monthly Review – An Independent Socialist Magazine, 1 April 2013. The New York Times, 8 Maart 1965. Smith, J. 1949. The USSR and World Peace: Speeches of the Soviet Foreign Minister AY Vyshinsky, Ed Conroy Bookseller, New York. Swanson, C. 2014. The Selma Campaign: Martin Luther King Jr., Jimmie Lee Jackson and the Defining Struggle of the Civil Rights Era, Bloomington. Williams, J. 1990. Eyes on the Prize: America's Civil Rights Years: 1954–1965, Penguin Publishers, New York. Williams, Major JN. 2016. Contested Narratives: South African and Cuban Military Action in Angola (1987–1988) A Monograph, South Publishers, South Africa. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all