Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 



%20Memo_hlayiso.com_--4fe0001f-11e9-414e-be30-45108ea0ae86/v1-2b5a2c0ac74d623b88fe/card.webp)

View all





History Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 355.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:
GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
minste EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET GRIEKELAND AAN DIE EINDE VAN DIE TWEEDE
WÊRELDOORLOG IN 1945 'N FOKUSPUNT IN KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE GEWORD?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Maak 'n lys van DRIE komponente van die Griekse ekonomie wat
nie gedurende die besettingstydperk in staat was om doeltreffend
te funksioneer nie. (3 x 1) (3)
1.1.2 Wat, dink jy, het ná die Tweede Wêreldoorlog tot 'n swak interne
vervoerstelsel in Griekeland gelei? (1 x 2) (2)
1.1.3 Volgens die bron, waarom is die Bank van Griekeland gedwing om
al hoe meer banknote uit te reik? (1 x 2) (2)
1.1.4 In die konteks van die Koue Oorlog, verduidelik waarom die VSA 'n
sekere vorm van ekonomiese bystand aan Griekeland gebied het.
(2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Volgens die bron, wat was die tweede oorlog wat in Griekeland
begin het nadat die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het?
(1 x 2) (2)
1.2.2 Verduidelik die konsep kommuniste in die konteks van die Griekse
Burgeroorlog. (1 x 2) (2)
1.2.3 Volgens die bron, watter bystand het President Truman tydens die
burgeroorlog aan die Griekse nasionale weermag gebied? Gee
TWEE antwoorde. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Gee DRIE redes wat in die bron genoem word waarom President
Truman die Kongres en Amerikaanse burgers moes oorreed dat
Griekeland hulp verdien het. (3 x 1) (3)
1.3.2 Verduidelik die implikasie van die stelling dat 'vyf en tagtig persent
van die kinders teringlyers (ly aan tuberkulose) was', in die konteks
van sosio-ekonomiese toestande in Griekeland teen die einde van
die oorlog. (1 x 2) (2)
1.3.3 Definieer die konsep burgeroorlog in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom, dink jy, was dit vir President Truman belangrik om aan te
dui dat Amerikaners tydens die Griekse verkiesing waarnemers
was? (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1B en Bron 1C. Lewer kommentaar op hoe die twee bronne
mekaar met betrekking tot die toestande ná die Tweede Wêreldoorlog in
Griekeland ondersteun. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprenttekenaar oor
Griekeland in 1947 oorgedra word. (2 x 2) (4)
1.5.2 Watter lande word deur die volgende simboliese vlae
verteenwoordig?
(a) Die dollar-vlag (1 x 2) (2)
(b) Die hamer-en-sekel-vlag (1 x 2) (2)
1.5.3 Lewer kommentaar op die beperkings van die bron vir 'n
geskiedkundige wat navorsing oor die Koue Oorlog in Griekeland
doen. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe Griekeland aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog 'n fokuspunt in
Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en die
Sowjetunie geword het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1980's BY
DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA BETROKKE
GERAAK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Wanneer, volgens die bron, het die Slag van Cuito Cuanavale
begin? (1 x 2) (2)
2.1.2 Identifiseer enige TWEE weermagte in die bron wat in die Slag van
Cuito Cuanavale geveg het. (2 x 1) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Mavinga gedurende die Slag van Cuito Cuanavale
geteiken is. (2 x 2) (4)
2.1.4 Lewer kommentaar op waarom die Kubane by die Slag van Cuito
Cuanavale betrokke geraak het. (1 x 2) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Gee TWEE Kubaanse regeringsinstansies wat deel was van 'n
gesamentlike vergadering wat besluit het om Operasie Maniobra
XXXI Aniversario te begin. (2 x 1) (2)
2.2.2 Operasie Maniobra XXXI Aniversario het uit 'n aantal artillerie-/
gewapende eenhede vir doeltreffendheid bestaan. Identifiseer
enige TWEE wat in die bron genoem word. (2 x 1) (2)
2.2.3 Verduidelik wat dit beteken wanneer daar gesê word dat Kuba se
besluit om by Cuito Cuanavale betrokke te wees, 'simbolies' was.
(1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik die term Beleg van Cuito Cuanavale in die
geskiedkundige konteks daarvan. (1 x 2) (2)
2.2.5 Waarom, volgens die bron, het die stuur van die FAR se elite
50ste Divisie na Angola 'n groot uitdaging vir die SAW geword?
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2023
SS/NSS
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Haal TWEE doelwitte uit die bron aan wat die SAW deur Operasie
Modulêr wou bereik. (2 x 1) (2)
2.3.2 Wat is die implikasie van die stelling: 'Operasie Modulêr het "die
langverwagte deurbraak in die heersende politieke, diplomatieke
en militêre dooie punt in die Angolese-SWA/Namibiese konflik
beloof" '? (2 x 2) (4)
2.3.3 Definieer die konsep onderhandelinge in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
geskiedkundige wat navorsing doen oor die Slag van Cuito
Cuanavale. (2 x 2) (4)
2.4 Bestudeer Bron 2D.
2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprent oor die
betrokkenheid van buitelandse magte by die Slag van Cuito
Cuanavale oorgedra word. (2 x 2) (4)
2.4.2 Lewer kommentaar op die byskrif 'THE THREE AMIGOS' ('DIE
DRIE AMIGO'S') in die konteks van die Slag van Cuito Cuanavale.
(1 x 2) (2)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D ondersteun oor die betrokkenheid van buitelandse magte
by die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom buitelandse magte gedurende die 1980's by die Slag van Cuito
Cuanavale in Angola betrokke geraak het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS IS DEUR BURGERREGTE-AKTIVISTE
ERVAAR WAT IN 1965 AAN DIE EERSTE OPTOG VAN SELMA NA
MONTGOMERY DEELGENEEM HET?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Gebruik Bron 3A.
3.1.1 Gee DRIE redes in die bron waarom die swart bevolking in
Alabama van hulle stemreg ontneem en polities gemarginaliseerd
gelaat is. (3 x 1) (3)
3.1.2 Waarom, dink jy, het die Alabama-aktiviste geglo dat indien hulle
Eerwaarde Martin Luther King Jr. sou nooi, dit hulle veldtog sou
versterk? (1 x 2) (2)
3.1.3 Waarom, volgens die bron, het die burgerregte-aktiviste besluit om
in 1965 'n optog van Selma na Montgomery te hou? (1 x 2) (2)
3.1.4 Verduidelik waarom sommige van die aktiviste geglo het dat die
optog te veel risiko en te min voordeel ingehou het. (1 x 2) (2)
3.1.5 Definieer die konsep segregasionis in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die optog wat op
7 Maart 1965 plaasgevind het, nie gewelddadig was nie. (1 x 2) (2)
3.2.2 Verduidelik Majoor John Cloud se houding teenoor die
optoggangers. (2 x 2) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op wat bedoel word met Bevel se stelling:
'Ek het gevoel asof dit die laaste betoging, … laaste asemteug as
gevolg van die traangas sou gee,' oor hoe die aktiviste op
7 Maart 1965 deur die Staatspolisiebeamptes behandel is. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar
sou beskou wanneer die gebeure van die Eerste Optog van Selma
na Montgomery in 1965 bestudeer word. (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto in 1965 gedurende die
Eerste Optog van Selma na Montgomery geneem is. (2 x 2) (4)
3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom die Staatspolisiebeamptes in 1965
gedurende die Eerste Optog van Selma na Montgomery geweld
gebruik het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2023
SS/NSS
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Gee TWEE redes, wat in die bron genoem word, oor waarom die
optog van 7 Maart 1965 georganiseer is. (2 x 1) (2)
3.4.2 Verduidelik die term optoggangers in die konteks van die Selma-
na-Montgomery-optog in 1965. (1 x 2) (2)
3.4.3 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat toon dat die
Staatspolisiebeamptes uitermate geweld teen die optoggangers
gebruik het. (3 x 1) (3)
3.4.4 Verduidelik die impak wat Bloedige Sondag ('Bloody Sunday') op
die Burgerregtebeweging gehad het. (1 x 2) (2)
3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar
ondersteun ten opsigte van die reaksie van die Staatspolisiebeamptes op die
Eerste Optog van Selma na Montgomery op 7 Maart 1965. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik
die uitdagings wat deur burgerregte-aktiviste ervaar is wat in 1965 aan die
Eerste Optog van Selma na Montgomery deelgeneem het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die taktieke wat die Verenigde State van Amerika (VSA) tussen 1960 en 1975 teen die
Viëtkong gebruik het, het nie gehelp om die Viëtnamese te verslaan nie.
Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Mobutu Sese Seko se politieke en ekonomiese beleide, wat in die vroeë 1960's deur
die pas onafhanklike Kongo ingestel is, is deur al die Kongolese verwelkom.
Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante bewyse om jou antwoord te
ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie selfversekerdheid by swart
Amerikaners gevestig het om van die 1960's tot die 1970's diskriminasie in die
Verenigde State van Amerika (VSA) uit te daag.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
%20Memo_hlayiso.com_--4fe0001f-11e9-414e-be30-45108ea0ae86/v1-2b5a2c0ac74d623b88fe/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 1 GP Prelim 2023 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum