Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2021
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2021 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 747.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2021
NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN VANAF 1947 KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE (USSR) VERDIEP?
BRON 1A
Die bron hieronder beklemtoom die verwoesting en vernietiging wat die Tweede
Wêreldoorlog op die Europese ekonomie gehad het en die behoefte om dit te herbou.
Na-oorlogse Europa was in 'n haglike toestand. Miljoene burgers het gesterf of is
ernstig in die Tweede Wêreldoorlog beseer.
Baie stede, onder meer sommige van die voorste industriële en kulturele sentrums van
Groot Brittanje, Frankryk, Duitsland, Italië en België, is verwoes. Verslae wat aan
Marshall (Minister van Buitelandse Sake) verskaf is, het daarop gedui dat sommige
streke van die kontinent op die rand van hongersnood was omdat landbou- en ander
voedselproduksie deur die gevegte ontwrig is.
Boonop het die streek se vervoerinfrastruktuur – spoorweë, paaie, brûe en hawens –
aansienlike skade gedurende lugaanvalle opgedoen en die skeepsmagte van baie
lande is gesink. Eintlik kan daar maklik aangevoer word dat die Verenigde State van
Amerika die enigste wêreldmag was wat nie struktureel deur die konflik geaffekteer is
nie.
Die heropbou wat deur die Marshall-plan gekoördineer is, is in die laaste helfte van
1947, ná 'n vergadering van die deelnemende Europese state geformuleer. Dit is
belangrik om daarop te let dat uitnodigings ook aan die Sowjetunie en hulle
satellietstate gerig is. Hulle het egter geweier om by die poging aan te sluit …
[Uit https://www.history.com/topics/world-war-ii/marshall-plan-1.
Toegang op 29 Augustus 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 1B
Die bron hieronder is deel van 'n toespraak wat op 5 Junie 1947 deur George Marshall,
die Minister van Buitelandse Sake van die Verenigde State van Amerika (VSA), by
Harvard Universiteit gelewer is. Dit fokus op die VSA se voorneme om finansiële hulp
aan Europese lande te verskaf.
Dit is logies dat Amerika alles in hulle vermoë moet doen om bystand te verleen met
die terugkeer van normale ekonomiese welstand in die wêreld, waarsonder daar geen
politieke stabiliteit en geen gewaarborgde vrede kan wees nie. Ons beleid is nie teen
enige land of leerstelling gerig nie, maar teen honger, armoede, desperaatheid en
chaos. Die doel moet die herlewing van 'n werkende ekonomie in die wêreld wees om
die opkoms van politieke en maatskaplike omstandighede toe te laat waarbinne vrye
instellings kan bestaan. Ek is daarvan oortuig dat sulke bystand nie op 'n stuksgewyse
basis moet plaasvind soos wat verskillende krisisse ontwikkel nie.
Enige bystand wat hierdie regering in die toekoms kan gee, moet eerder 'n kuur as 'n
blote gerusstelling wees. Ek is seker dat enige regering wat gewillig is om bystand met
die hersteltaak te verleen, die volle samewerking van die Amerikaanse regering sal
kry. Enige regering wat probeer om die herstel van ander lande te keer, kan nie hulp
van ons verwag nie. Verder sal regerings, politieke partye of groepe wat menslike
ellende vererger (uitbrei) sodat hulle polities of andersins daarby sal baat, teenstand
van Amerika ondervind.
Dit is alreeds duidelik dat, voordat die Amerikaanse regering enigsins kan voortgaan
met hulle pogings om die situasie te verbeter en om te help om die Europese wêreld
op hulle pad na herstel te kry, daar eers 'n mate van ooreenstemming tussen
Europese lande moet wees oor die vereistes van die situasie asook die rol wat daardie
lande self sal speel om watter maatreëls ook al deur hierdie regering getref word,
behoorlik te laat werk.
[Uit Book of Great Speeches deur A Burnet]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 1C
Die bron hieronder fokus op die redes wat die Sowjetunie se Minister van Buitelandse
Sake, VM Molotov, tydens 'n vergadering wat op 2 Julie 1947 in Parys gehou is, vir die
verwerping van die Marshall-plan aangevoer het.
Die Sowjet- Minister van Buitelandse Sake, VM Molotov, loop uit 'n vergadering met
verteenwoordigers van die Britse en Franse regerings, wat 'n teken van die Sowjetunie
se verwerping van die Marshall-plan is. Molotov se optrede het aangedui dat Koue
Oorlog-wrywing (konflik) tussen Amerika en Rusland besig was om te verdiep.
Die Sowjet-reaksie op Marshall se toespraak was 'n doodse (vyandige) stilte. Minister
van Buitelandse Sake, Molotov, het egter toegestem tot 'n vergadering op 27 Junie
1947 met sy Britse en Franse eweknieë om die Europese reaksie op die Amerikaanse
aanbod te bespreek.
Molotov het onmiddellik die Sowjet-besware teen die Marshall-plan duidelik gemaak.
Eerstens sou dit ekonomiese bystand aan Duitsland insluit, en die Russe kon nie sulke
bystand aan die vyand verdra wat die Sowjetunie so onlangs verwoes het nie.
Tweedens het Molotov onversetlik (hardkoppig) daarop aangedring dat die Sowjetunie
volkome beheer en vryheid van optrede kry oor enige Marshall-plan-fondse wat
Duitsland sou ontvang. Laastens wou die Minister van Buitelandse Sake presies weet
hoeveel geld Amerika aan elke nasie sou gee. Toe dit duidelik geword het dat die
Franse en Britse verteenwoordigers nie sy besware gedeel het nie, het Molotov uit die
vergadering op 2 Julie 1947 gestorm.
Vanuit die Sowjette se oogpunt het hulle weiering om aan die Marshall-plan deel te
neem, hulle begeerte om van Amerikaanse ekonomiese imperialisme en oorheersing
vry te bly, aangedui.
Die Sowjetunie het in die daaropvolgende weke hulle Oos-Europese bondgenote
onder druk geplaas (geforseer) om alle Marshall-plan-bystand te verwerp. Daardie
druk was suksesvol en geeneen van die Sowjet-satelliete (kolonies) het aan die
Marshall-plan deelgeneem nie. Die Sowjet-pers het beweer dat die Amerikaanse
program 'n 'plan vir inmenging in die binnelandse sake van ander lande' was. Die
Amerikaners het die Sowjet-optrede geïgnoreer en, in 1948, het hulle die Marshall-
plan amptelik bekendgestel en begin om fondse aan ander Europese nasies te
voorsien.
[Uit https://www.history.com/this-day-in-history/soviet-union-rejects-marshall-plan-assistance.
Toegang op 2 Junie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 1D
Die spotprent hieronder is op 4 Oktober 1947 deur 'n Duitser, William Wolpe, ook as
Woop bekend, geteken. Dit beeld die pogings uit wat President Truman van die
Verenigde State van Amerika en die Kongres vanaf 1947 aangewend het om die
Marshall-plan in Europa te implementeer.
MARSHALL
HONGERSNOOD
PLAN M*
TRUMAN KONGRES
Uit https://www.cvce.eu/en/obj/cartoon_by_woop_on_implementation_of_the_marshall_plan_
4_october_1947-en-cd3b0171-d6f3-4600-9f8b-f455a1575e14.html. Toegang op 2 Junie 2021 verkry.]
EUROPA
PLAN M* = MARSHALL-PLAN
CIMENT/'SEMENT'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2021
NSS – Addendum
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE TUSSEN 1974 EN 1976 BY
DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
BRON 2A
Die bron hieronder beskryf kortliks die impak van die ontwikkelinge in Portugal wat tot
die onafhanklikheid van Angola in 1975 gelei het en die daaropvolgende magstryd
tussen die drie Angolese vryheidsbewegings (MPLA, FNLA en UNITA).
Junior offisiere van die Movement of the Armed Forces (MFA) het in April 1974 die
Salazar-Caetano-regime in Portugal omvergewerp en die proses van dekolonisasie
begin.
In 1974 het 'n vlaag (opwelling) diplomatieke en politieke aktiwiteite egter tuis (Angola)
en in die buiteland teen onderhandelde onafhanklikheid gemitigeer (aangehelp).
Namate die begeerte na imperiale beheer oor Angola in 1975 afgeneem het, het
gevegte in baie Angolese provinsies asook in die hoofstad, Luanda, uitgebreek waar
die magte van die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA), die National
Front for the Liberation of Angola (FNLA) en die National Union for the Total
Independence of Angola (UNITA) daarop ingestel was om vrede met gesamentlike
patrollies te handhaaf. Die koloniale mag en die drie bewegings het in Januarie 1975,
onder hewige internasionale druk, 'n ooreenkoms in Alvor, Portugal, onderteken wat
voorsiening gemaak het vir 'n oorgangsregering, 'n grondwet, verkiesings en
onafhanklikheid.
Hierdie Alvor Ooreenkoms het egter vinnig in duie gestort en die oorgangsregering het
skaars gefunksioneer. In daaropvolgende konfrontasies het die FNLA militêre
ondersteuning by Zaïre gekry met die steun van China en Amerika, terwyl die MPLA
onder Agostinho Neto veld gewen het, veral in Luanda, met die steun van die
Sowjetunie en Kubaanse troepe. Angola het op 11 November 1975 onafhanklik
geword. Die FNLA en UNITA is uit die stad en die regering weggelaat en 'n
sosialistiese eenparty-regime is gevorm wat uiteindelik internasionale erkenning verkry
het, alhoewel nie van Amerika af nie.
[Uit https://rc-services-assets.s3.eu-west-1.amazonaws.com/s3fs-public/From_military_peace_to_social
_justice_The_Angolan_peace_process_Accord_Issue_15.pdf.
Toegang op 6 Junie 2021 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 2B
Die uittreksel hieronder fokus op die redes waarom die Verenigde State van Amerika
(VSA) in 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.
Die Sowjetunie en Kuba het hulle verdediging van die MPLA-regering verskerp. Die
Sowjette het hulle ekonomiese hulp uitgebrei, terwyl die Kubane wat aanvanklik
ongeveer 15 000 grondtroepe na die streek gestuur het, die getal binne 'n jaar tot
amper 36 000 laat styg het.
Amerika se ingryping in Angola is hewig deur verskeie faktore beïnvloed. Eerstens,
byna net soos in Vietnam, het Amerikaanse leiers, soos die Minister van Buitelandse
Sake, Henry Kissinger, geglo dat 'n kommunistiese oorname in Angola tot 'n domino-
effek in die res van suidelike Afrika sou lei. Indien Angola sou val, is daar gevrees dat
Rusland, Kuba en, tot 'n mindere mate China, dit sou waag om rewolusie regdeur die
Afrika-kontinent na te jaag wat Pan-Afrikanisties en kommunisties van aard sou wees,
eerder as nasie-gebaseerd en kapitalisties georiënteerd.
Tweedens, langs die noordelike kusgedeelte van die land was daar enorme olievelde.
Nie Amerika óf die Sowjetunie wou hê dat sulke bronne in die ander een se hande
moes beland nie. Angolese olie kon beide nasies potensieel ekonomies baat en kon
ook help om die koste van militêre operasies in die kontinent te besnoei indien dit in
die toekoms sou plaasvind.
Derdens, het die CIA (Amerikaanse Intelligensiediens) gevrees dat die Sowjetunie
probeer het om 'n militêre basis in Angola op te rig. Hierdie vrees is op historiese
bewyse gebaseer. Die Russe het 'n 1977 'n staatsgreep, gelei deur Angola se
voormalige Minister van Binnelandse Sake, Nito Alves, ondersteun. Alhoewel Alves
uiteindelik deur Neto na afloop van die Nitisa ('n naam wat aan die volgelinge van
Alves gegee is) tereggestel is, het Amerikaanse amptenare geweet dat die Angolese
Burgeroorlog as 'n ware bedreiging vir hul belange dwarsoor Afrika gedien het.
[Uit https://www.atomicheritage.org/history/proxy-wars-during-cold-war-africa.
Toegang op 6 Junie verkry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 2C
Die bron hieronder verduidelik Suid-Afrika se buitelandse beleidsvoorstel aan die
FNLA en UNITA om streekstabiliteit te verseker.
Vanuit die staanspoor was die vraag om 'n ooreenkoms met die MPLA te sluit, buite
die kwessie. Die publiek was baie sensitief oor enige sinspeling van die verspreiding
van kommunistiese invloed – oor die algemeen gestel – in enige deel van Afrika of die
Indiese Oseaan.
Die regering in Pretoria het gevolglik 'n reeks tentatiewe voorstelle aan die FNLA en
UNITA gemaak om te sien of 'n Angola wat deur een van die twee regeer sou word,
die streekstabiliteit en veiligheid wat Suid-Afrika verlang het, kon voorsien. Amptenare
van die SAW se militêre intelligensie en die Buro vir Staatsveiligheid (BOSS) het vanaf
Februarie 1975 gereeld die hoër range van beide organisasies in Angola en Europa
ontmoet.
Beide die FNLA en UNITA was desperaat vir hulp en het gesê wat Suid-Afrika wou
hoor: naamlik dat 'n Angola onder hulle beheer deel sou vorm van 'n anti-
kommunistiese blok in suidelike Afrika, gebou op die drie pilare van ekonomiese
interafhanklikheid, goeie buurmanskap en nie-inmenging in mekaar se sake.
Van deurslaggewende belang was dat beide hulle daartoe verbind het om te weier dat
SWAPO militêre aksies vanaf basisse in suidelike Angola kon onderneem. Volgens
FJ du Toit Spies (geskiedkundige), het 'dr. Savimbi belowe dat SWAPO-aanvalle op
Suidwes-Afrika nie toegelaat sou word nie.' Om nie oorskadu te word nie, het die
FNLA gesê dat hulle die SAW sou toelaat om hakkejag-operasies ('hot pursuit
operations') teen SWAPO-operateurs tot 80 kilometer binne-in Angola uit te voer.
Gevolglik het die regering in Pretoria oor die komende maande beperkte militêre hulp
en finansiering aan beide organisasies verskaf.
[Uit Reassessing South Africa's intervention in the Angolan Civil War, 1975–1976, Journal of Cold War
Studies. Summer 2013, Vol. 15, Uitgawe 3 deur J Miller]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 2D
Die foto hieronder is 'n plakkaat met die titel 'ANGOLA: ANOTHER VIETNAM'
('ANGOLA: NOG 'N VIËTNAM'). Dit doen 'n beroep op Suid-Afrika en Amerika om uit
die Angolese konflik te onttrek.
[Uit https://postermuseum.com/products/angola-support-the-mpla. Toegang op 10 September 2021 verkry.]
SKOP SUID-AFRIKAANSE SKOP AMERIKAANSE RASSISME EN
RASSISME UIT IMPERIALISME UIT
ONDERSTEUN DIE MPLA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2021
NSS – Addendum
VRAAG 3: HOE HET VERSKILLENDE VORME VAN SITSTAKINGS
GEDURENDE DIE 1960's TOT DESEGREGASIE VAN OPENBARE
GERIEWE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA BYGEDRA?
BRON 3A
Die bron hieronder fokus op die redes waarom jong swart Amerikaanse studente
in 1960 besluit het om 'n sitstaking by 'n Woolworths-winkel in Greensboro,
Noord-Carolina te hou.
Dit was kollegestudente wat die vlam laat herleef het met 'n skynbaar nuwe vorm van
nie-gewelddadige konfrontasie (uitdaging) – die sitstaking. … Vier manlike studente
(Ezell Blair Jr., Franklin McCain, Joseph McNeil en David Richmond) van die
North Carolina Agricultural and Technical College (A&T) het op 1 Februarie 1960 in
Woolworths in die middestad in Greensboro ingestap en op stoele by die winkel se
eettoonbank gaan sit. Toe die kelnerinne weier om hulle te bedien, het die studente
geweier om te loop. Twee van hulle was lede van die Greensboro National Association
for the Advancement of Colored People (NAACP) se jeuggroep wat, ongeduldig oor
die stadige pas van skooldesegregasie en die gebrek aan momentum ná die
Montgomery-busboikot, geagiteer het (mense aangehits het) om dinge weer aan die
gang te kry. Die Youth Council is deur 'n NAACP-amptenaar, Ella Baker, ná 'n besoek
aan Greensboro gestig.
Nadat daar geweier is om hulle by Woolworths te bedien, het die vier die volgende dag
teruggekeer en hierdie keer het hulle meer as twintig medestudente saamgebring. Die
dag daarna het ses-en-sestig studente van Agricultural and Technical (A&T) en ander
kolleges en universiteite regdeur die area daar opgedaag. Meer as 'n duisend jong
mense was teen die einde van die week by die sitstaking betrokke, wat nie net die
inwoners van Greensboro nie, maar ook die res van die Suide en die nasie, geskok
het.
Studente in nabygeleë Winston-Salem en Durham het spoedig hul eie betogings
gehou. Honderde studente het sitstakings in die middestad van Nashville gehou.
Betogings het in Suid-Carolina, Florida en Virginië uitgebreek wat mekaar soos 'n
string klappers aan die brand gesteek het. Meer as vyftig duisend mense regoor die
Suide het teen April aan die sitstakings in agt-en-sewentig dorpe en stede deelgeneem
en meer as twee duisend betogers is in hegtenis geneem.
[Uit Freedom's Daughters deur L Olson]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder is 'n gedeelte van 'n onderhoud wat in 2015 tussen Joseph Jackson
Jr. (leier van die Tougaloo Nege) en skrywer Gabriel San Román van die Orange
County Weekly in Kalifornië gevoer is. Dit fokus op die interaksie wat op 27 Maart 1961
tussen nege studente van Tougaloo College en die biblioteekamptenare oor hulle
sitstaking (lees-staking) by die 'slegs-blankes' Jackson Openbare Biblioteek in
Mississippi plaasgevind het.
Joseph Jackson Jr., hulle leier, het die verspreidingstoonbank genader. Met sy hart
wat vinnig klop het hy 'n boodskap wat hy gememoriseer het, gemompel: 'Mevrou, ek
wil weet of julle hierdie filosofieboek het. Ek het dit vir 'n navorsingsprojek nodig.'
'Jy weet jy hoort nie hier nie!' het die biblioteekassistent geskree en die
biblioteekdirekteur geroep.
'Kan ek jou help?' het die biblioteekdirekteur gevra, terwyl sy uit haar kantoor gekom
het. 'Ons doen navorsing,' het die studente geantwoord.
'Daar is 'n Kleurlingbiblioteek in Millstraat,' het sy gesê. 'Julle is welkom daar.'
Jackson het later berig dat die polisie feitlik onmiddellik die gebou binnegekom en die
studente beveel het om die biblioteek te verlaat. Niemand het geroer nie. Die hoof van
die polisie het hulle toe in kennis gestel dat hulle almal in hegtenis geneem sou word.
Ses beamptes het die studente in patrolliemotors gesit en by die stasie vir verbreking
van vrede aangekla omdat hulle nie die biblioteek verlaat het toe hulle beveel is om dit
te doen nie. Hulle is aangekla en in die plaaslike gevangenis aangehou.
Die studente is 'n paar dae later hof toe geneem om verhoor te word. Honderde wit
mense het onder 'n groot Konfederasie-vlag 'n paar blokke verder 'n optog deur die
strate van die stad gehou. Sowat 100 swart ondersteuners het egter by die hof
byeengekom om, wat nou as die 'Tougaloo Nege' bekend gestaan het, te bemoedig.
[Uit The Orange County Weekly in Kalifornië deur GS Román]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 3C
Die foto hieronder toon jong swart Amerikaners en wit mense wat op 7 Augustus 1962
aan 'n swem-staking ('swim-in') (om te betoog teen segregasie by swembaddens) by
Pullen Park se swembad in Raleigh, Noord-Carolina deelneem. Daar is twee groepe in
die agtergrond van die foto, swart Amerikaners wat sit en wit Amerikaners wat eenkant
staan.
[Uit https://davidcecelski.com/2018/07/20/the-color-of-war-part-9-wade-ins-and-swim-ins/.
Toegang op 4 Augustus 2021 verkry.]
'N GROEP JONG SWART
AMERIKANERS 'N GROEP WIT JONGMENSE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2021
NSS – Addendum
BRON 3D
Die bron hieronder brei uit oor hoe nie-gewelddadige sitstakingbetogings in die 1960's
tot die desegregasie van geriewe in die Verenigde State van Amerika bygedra het.
Ses maande nadat die sitstakings begin het, het Harris, die bestuurder van die
Greensboro Woolworths, finaal ingegee: Die sitstakings het hom alreeds $150 000 aan
verlore besigheid gekos. Die eettoonbank het op 25 Julie 1960 hul eerste swart kliënte
bedien – vier Woolworths-werknemers wat in die winkel se kombuis gewerk het. Die
polisie het in sommige stede traangas of brandslange op betogers gebruik. In
Jacksonville, Florida, het wit mense deelnemers aan die sitstakings met bylstele en
bofbalkolwe aangerand. Maar, teen die einde van die jaar, het integrasie van
eettoonbanke in die meeste van die stede in die Suide plaasgevind. Die
burgerregtebetogings het nie met 'n koppie koffie by Woolworths geëindig nie ...
President John F Kennedy het op 11 Junie 1963, tydens 'n regstreekse televisie-
uitsending uit die Ovaal Kantoor, 'n beroep gedoen vir wetgewing wat 'alle
Amerikaners die reg sou gee om bedien te word in geriewe wat vir die publiek oop is –
hotelle, restaurante, teaters, winkels en soortgelyke instellings'. Sitstakings en optogte,
tesame met Kennedy se sluipmoord in 1963, het ondersteuning van die
Burgerregtewet van 1964, wat rassesegregasie in openbare geriewe en indiensneming
verban het, aangevuur. Kennedy se opvolger, President Lyndon B Johnson, het in
Julie 1964 die wet bekragtig.
Daar is deesdae nie meer 'n Woolworths-winkel in die middestad van Greensboro nie
– die maatskappy het in 1997 die laaste van hulle winkels in Amerika gesluit. Maar op
1 Februarie 2010, met die 50ste herdenking van die sitstakings, sal die gebou waar die
Greensboro-winkel eers was, as die International Civil Rights Center & Museum
oopmaak. McCain (een van die vier manlike studente), wat van plan is om die opening
by te woon, sê hy sal nooit vergeet hoe hy op 1 Februarie 1960 op die ouderdom van
17 gevoel het nie. 'Ek het nog nooit in my lewe so gevoel nie, deur bloot op 'n stoel te
sit,' het hy gesê. 'Dit was die mees bevrydende en die mees suiwerende
(skoonmakende) gevoel wat ek nog ooit gehad het – die soort gevoel wat ek nooit
weer in my lewe sal hê nie.'
[Uit The Greensboro Sit-Ins deur S Bilyeu]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2021
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Bilyeu, S. 2003. The Greensboro Sit-Ins (New York)
Burnet, A. 2006. Book of Great Speeches (Chambers Harrap Publishers Ltd)
https://davidcecelski.com/2018/07/20/the-color-of-war-part-9-wade-ins-and-swim-ins/
https://postermuseum.com/products/angola-support-the-mpla
https://rc-services-assets.s3.eu-west-1.amazonaws.com/s3fs-
public/From_military_peace_to_social_justice_The_Angolan_peace_process_Accord_
Issue15.pdf
https://www.atomicheritage.org/history/proxy-wars-during-cold-war-africa
https://www.cvce.eu/en/obj/cartoon_by_woop_on_implementation_of_the_marshall_
plan4october_1947-en-cd3b0171-d6f3-4600-9f8b-f455a1575e14.html
https://www.history.com/this-day-in-history/soviet-union-rejects-marshall-plan-
assistance
https://www.history.com/topics/world-war-ii/marshall-plan-1
Miller, J. Reassessing South Africa's intervention in the Angolan Civil War, 1975–1976,
Journal of Cold War Studies, Summer 2013, Vol. 15, Uitgawe 3. University of
Pittsburgh
Olson, L. 2001. Freedom's Daughters Scribner (New York)
Román, GS. 2002. The Orange County Weekly in Kalifornië
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2015 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper