Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)


View all





History Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 327.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSAKE VAN DIE KOUE OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE
– VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN VANAF 1947 KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE (USSR) VERDIEP?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat na-oorlogse
Europa in 'n haglike toestand was. (2 x 1) (2)
1.1.2 Verduidelik waarom Amerika die enigste wêreldmag was wat nie
struktureel deur die Tweede Wêreldoorlog geaffekteer is nie.
(1 x 2) (2)
1.1.3 Definieer die term satellietstate in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Sowjetunie en sy satellietstate geweier het aan die
Marshall-plan deel te neem. (2 x 2) (4)
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 Noem VIER aspekte in die bron waarop die Marshall-plan ingestel
was om te help met die herlewing van normale ekonomiese
toestande in die wêreld. (4 x 1) (4)
1.2.2 Verduidelik hoe die Marshall-plan beoog het om die verspreiding
van kommunisme in Wes-Europa te voorkom. (1 x 2) (2)
1.2.3 Noem TWEE voorwaardes, soos in die bron voorgestel, wat
nagekom moes word om Europese herstel te bereik. (2 x 1) (2)
1.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron wanneer
die bedoeling van die Marshall-plan nagevors word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2021
NSS
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Noem die TWEE regerings in die bron wat op 2 Julie 1947 vir
Molotov in Parys ontmoet het. (2 x 1) (2)
1.3.2 Waarom, volgens die bron, was Molotov daarteen gekant dat
Duitsland ekonomiese bystand deur die Marshall-plan ontvang?
(2 x 1) (2)
1.3.3 Verduidelik die konsep ekonomiese imperialisme in die konteks
van die Koue Oorlog (1 x 2) (2)
1.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Sowjetunie die Oos-Europese bondgenote gedwing
het om die Marshall-plan te verwerp. (2 x 2) (4)
1.4 Bestudeer Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B verskil van
die bewyse in Bron 1C met betrekking tot die bystand wat die Amerikaanse
regering aan Europa verleen het. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na Bron 1D.
1.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in die bron oorgedra word met
betrekking tot die implementering van die Marshall-plan vanaf
1947. (2 x 2) (4)
1.5.2 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die woord 'EUROPA'
in die konteks van die implementering van die Marshall-plan.
(1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die Marshall-plan vanaf 1947 Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en
die USSR verdiep het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE TUSSEN 1974 EN 1976 BY
DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Watter insident, volgens die bron, het tot die proses van
dekolonisasie in Portugal gelei? (1 x 1) (1)
2.1.2 Definieer die konsep dekolonisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.3 Noem die DRIE bevrydingsbewegings in die bron wat die Alvor
Ooreenkoms in 1975 onderteken het. (3 x 1) (3)
2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
wat tot ineenstorting van die Alvor Ooreenkoms in 1975 gelei het.
(2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Noem die TWEE lande in die bron wat besluit het om die MPLA-
regering te verdedig. (2 x 1) (2)
2.2.2 Verduidelik die begrip domino-effek in die konteks van die Koue
Oorlog in Angola. (1 x 2) (2)
2.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat voorstel dat die Sowjetunie
gepoog het om 'n militêre basis in Angola te vestig. (1 x 2) (2)
2.2.4 In die konteks van die Koue Oorlog, wat word met die woorde
'Amerikaanse amptenare (het) geweet dat die Angolese
Burgeroorlog as 'n ware bedreiging vir hul belange dwarsoor Afrika
gedien het', geïmpliseer? (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Waarom, volgens die bron, was die vraag dat Suid-Afrika tot 'n
ooreenkoms met die MPLA sou kom, buite die kwessie? (1 x 2) (2)
2.3.2 Noem TWEE Suid-Afrikaanse staatsagentskappe waarna in die
bron verwys word, wat in 1975 met beide die FNLA en UNITA in
Angola en Europa ontmoet het. (2 x 1) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar op die betekenis van die stelling, ' 'n Angola
onder hulle (FNLA en UNITA) beheer deel sou vorm van 'n anti-
kommunistiese blok in suidelike Afrika'. (1 x 2) (2)
2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Suid-Afrika beperkte militêre hulp en finansiering aan
beide die FNLA en UNITA verleen het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2021
NSS
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe hierdie bronne eenders is met
betrekking tot die betrokkenheid van die VSA en Suid-Afrika by die Angolese
Burgeroorlog tussen 1974 en 1976. (2 x 2) (4)
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Watter boodskappe word in hierdie plakkaat oorgedra met
betrekking tot die betrokkenheid van die VSA en Suid-Afrika by die
Angolese Burgeroorlog tussen 1974 en 1976? (2 x 2) (4)
2.5.2 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
wat die Angolese Burgeroorlog tussen 1974 en 1976 navors.
(2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom buitelandse magte tussen 1974 en 1976 by die Angolese
Burgeroorlog betrokke geraak het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: HOE HET VERSKILLENDE VORME VAN SITSTAKINGS
GEDURENDE DIE 1960's TOT DESEGREGASIE VAN OPENBARE
GERIEWE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
BYGEDRA?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Bestudeer Bron 3A.
3.1.1 Haal die nie-gewelddadige protesaksie uit die bron aan waarby die
vier kollegestudente van Noord-Carolina betrokke was. (1 x 1) (1)
3.1.2 Definieer die term boikot in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.3 Verduidelik wat met die stelling, 'Meer as 'n duisend jong mense
was teen die einde van die week by die sitstaking betrokke', in die
konteks van die beëindiging van segregasie in die VSA geïmpliseer
word. (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Wie, volgens die bron, was die leier van die Tougaloo Nege?
(1 x 1) (1)
3.2.2 In die konteks van segregasie in die VSA, lewer kommentaar op
wat met die woorde, 'Daar is 'n Kleurling-biblioteek in Millstraat',
oorgedra word. (2 x 2) (4)
3.2.3 Hoe, volgens die bron, het die volgende op die verhoor van die
Tougaloo Nege by die hof gereageer?
(a) Wit mense (1 x 1) (1)
(b) Swart mense (1 x 1) (1)
3.2.4 Verduidelik waarom hierdie bron betroubaar is vir 'n
geskiedkundige wat die nie-gewelddadige aksie deur swart
Amerikaners om geriewe in Amerika gedurende die 1960's te
integreer, navors. (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word oor die
swem-staking ('swim-in') wat op 7 Augustus 1962 in Raleigh,
Noord-Carolina plaasgevind het. (2 x 2) (4)
3.3.2 In die konteks van integrasie, watter gevolgtrekking kan uit die foto
gemaak word rakende die twee aparte groepe buite die swembad?
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2021
NSS
3.4 Gebruik Bron 3D.
3.4.1 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat voorstel dat die
Burgerregtebeweging se nie-gewelddadige strategie om geriewe in
die Suide te desegregeer, 'n sukses was. (3 x 1) (3)
3.4.2 Verduidelik die term integrasie in die konteks van die
Burgerregtebeweging. (1 x 2) (2)
3.4.3 Maak 'n lys van VIER geriewe in die bron wat volgens 'n versoek
deur President Kennedy vir alle Amerikaners oopgestel moes
word. (4 x 1) (4)
3.4.4 Noem die wetgewing in die bron wat in 1964 rassesegregasie in
openbare geriewe en indiensneming verban het. (1 x 1) (1)
3.4.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom McCain op 1 Februarie 1960 gevoel het dat om op 'n stoel
te sit:
(a) Die 'mees bevrydende gevoel' ooit was (1 x 2) (2)
(b) Die 'mees suiwerende gevoel' ooit was (1 x 2) (2)
3.5 Vergelyk Bron 3A en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
in Bron 3D ondersteun rakende die nie-gewelddadige protes om gedurende
die 1960's geriewe in die Verenigde State van Amerika te
desegregeer. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
die verskillende vorme van sitstakings in die 1960's tot die desegregasie van
openbare geriewe in die Verenigde State van Amerika bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie
AFDELING NIE.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die taktieke en strategieë wat die Verenigde State van Amerika tussen 1963 en 1975
gedurende die oorlog in Viëtnam teen die Viëtkong gebruik het, was 'n klaaglike
mislukking.
Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Die Kongo se onafhanklikwording van België in Junie 1960 het verwagtinge vir 'n nuwe
en beter lewe vir alle Kongolese geskep.
Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die politieke, ekonomiese,
maatskaplike en kulturele beleide wat Mobutu Sese Seko vanaf die 1960's tot 1970's in
die Kongo geïmplementeer het. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die Swartmagfilosofie swart Amerikaners bemagtig
(geïnspireer) het om gedurende die 1960's selfversekerd te wees en dinge vir hulleself
te doen (selfstandig te wees).
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2021 Question Paper (English)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum