Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202114 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EXEMPLAR GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2021 ADDENDUM EXEMPLAR – 2014 Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2021 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) GEREAGEER OP DIE APARTHEIDSHERVORMINGS WAT IN 1983 DEUR PW BOTHA INGESTEL IS? BRON 1A Die bron hieronder verduidelik die redes waarom PW Botha, President van die Republiek van Suid-Afrika, in 1983 hervormings ingestel het. … vroeg in 1983 het Botha probeer om die toenemende druk op die land te verminder deur stuksgewys 'n paar hervormings aan die apartheidsbeleid aan te bring sonder om wit minderheidsbeheer af te staan. Hy het, soos hy dit genoem het, 'verouderde' en 'onnodige' apartheidswette, soos die verbod op gemengde huwelike en seks oor die kleurgrens, afgeskaf om 'n nuwe beeld van hervorming (verandering) aan die wêreld voor te hou. Dit het amper geslaag. Die Westerse moondhede, altyd gretig om die Suid-Afrikaanse omstandighede optimisties (positief) te lees, is vir 'n rukkie om die bos gelei om te glo dat Botha werklik besig was om apartheid af te skaf. Maar, by nadere ondersoek, toe Botha die grondwetlike veranderinge bekend stel wat hy beoog het om te maak, het dit duidelik geword dat wat hy in gedagte gehad het, nie hervorming was nie, maar eerder 'n herformulering (herstrukturering) van apartheid. Hy het sy plan uiteengesit om 'n driekamerparlement te stig, waarin die gemengde ras 'Kleurling'- en Indiër-minderhede afsonderlike kamers sou hê om wette oor hul 'eie sake' te maak, terwyl die bestaande, veel groter, slegs-wit-Volksraad beide 'wit aangeleenthede' en die nasie se 'algemene sake' sou hanteer. Die groot swart meerderheid sou intussen niks kry nie behalwe die reg om in hulle afgeleë stam-Bantoestans te stem, en die munisipale rade sou hulle aparte swart townships in sogenoemde 'wit' Suid-Afrika bestuur. Maar selfs hierdie stadsrade was nie onafhanklik (vry) nie. Die wetgewing het die wit minister in staat gestel om lede te verwyder, ander aan te stel, of om die hele raad af te dank en 'n nuwe een aan te stel. Dit het beteken dat swart stadsrade regeringsbeleid moes implementeer eerder as om aan hulle kiesers se wense gehoor te gee. [Uit Tutu – The Authorised Portrait deur A Sparks en MA Tutu] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 20 Augustus 1983 deur eerw. dr. Allan Boesak by die stigting van die United Democratic Front (UDF) in die Rocklands-gemeenskapsaal in Mitchells Plain gelewer is. Dit fokus op die stigting en doelstellings van die UDF. Ons het by 'n historiese oomblik aangekom. Ons het, onder beskerming van die United Democratic Front (UDF), die breedste en belangrikste koalisie van groepe en organisasies byeengebring wat sedert die vroeë negentien vyftigs teen apartheid, rassisme en onregverdigheid veg. Ons het daarin geslaag om eenheid onder vredeliewende mense te skep wat hierdie land in baie jare nie ervaar het nie. Ek is besonder bly om te sien dat hierdie vergadering nie 'n blote samekoms van losse individue is nie. Nee, ons verteenwoordig organisasies wat diep in die stryd om geregtigheid, diep in die hart van ons mense, gewortel is. Ons is hier om te sê dat die regering se grondwetlike voorstelle onvoldoende is en dat dit nie die wil van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se mense uitdruk nie. … Die belangrikste rede vir ons byeenkoms hier vandag, is die voorsetting van die regering se apartheidsbeleide, soos in die grondwetlike voorstelle gesien word. … Al die basiese wette, wat die ware pilare van apartheid is, inteendeel daardie wette waarsonder die stelsel nie kan oorleef nie – groepsgebiede, rasseklassifikasie, aparte en ongelyke onderwys, om maar net 'n paar te noem – bly onaangeraak en onveranderd. Die tuislandbeleid vorm die basis van die moedswillige uitsluiting van 80% van ons nasie uit die nuwe politieke bedeling. Dit is duidelik dat die onderdrukking sal voortgaan, die apartheidslyn is glad nie alles afgeskaf nie. [Uit RUNNING WITH HORSES – REFLECTIONS OF AN ACCIDENTAL POLITICIAN deur A Boesak] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 1C Die plakkaat hieronder, in 1983 deur die UDF gepubliseer en versprei, is gemik op Botha se oproep om verkiesings vir 'n driekamerparlement. Dit het alle wit, Kleurling en Indiër Suid-Afrikaners aangemoedig om nie aan die apartheidverkiesings deel te neem nie. [Uit https://www.saha.org.za/udf/don't_vote_in_apartheid_elections_forward_to_freedom.htm. Toegang op 25 Februarie 2021 verkry.] MOENIE IN DIE APARTHEID- VERKIESINGS STEM NIE! VOORWAARTS NA VRYHEID! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 1D Die bron hieronder, geneem uit 'n koerantartikel met die titel 'Indian Turnout about 20% in South African Elections' ('Indiër-deelname aan Suid-Afrikaanse Verkiesings ongeveer 20%'), is op 29 Augustus 1984 deur Allister Sparks vir die Washinghton Post geskryf. Dit verduidelik waarom daar in 1984 lae deelname deur beide Indiërs en Kleurlinge aan die driekamerverkiesings was. Dit blyk asof ongeveer 20 persent van die geregistreerde kiesers in Suid-Afrika se Indiër-gemeenskap vandag in die verkiesing vir 'n nuwe parlement gestem het. Dit is deur sporadiese geweld tussen boikotters en die polisie in sommige stede gekenmerk. Die resultate vanaand beskikbaar, dui daarop dat lede van die Indiër-gemeenskap, wat 870 000 mense sterk is, in selfs groter getalle as die Kleurling-kiesers in verlede week se stemmery vir verteenwoordigers in die rasgeklassifiseerde driekamerparlement van die stembusse weggebly het. Die groter Kleurling-gemeenskap se deelname aan die verkiesing was 30 persent. Die regering het daardie syfer aanvaarbaar verklaar om voort te gaan met planne om hulle nuwe grondwet te implementeer, maar ander waarnemers het dit as 'n afjak (weiering) beskou. Aangesien baie mense wat kon stem, nie geregistreer het nie, spesifiek onder die Kleurlinge, het leiers van die boikotbeweging vanaand beweer dat die effektiewe stem in die twee verkiesings ongeveer 18 persent uit 'n gesamentlike bevolking van 3,5 miljoen was. Die beweging het gesê dat dit 'n 'massiewe verwerping' van die wit minderheidsregering se nuwe grondwet was, wat die Kleurling- en Indiër- minderheidsgroepe vir die eerste keer parlementêre verteenwoordiging gebied het, maar voortgaan om die swart Afrika-meerderheid uit te sluit. Wit kiesers het verlede November met 'n referendum die grondwet met 'n tweederdemeerderheid goedgekeur en die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het die regering van President PW Botha geprys vir ' 'n stap in die regte rigting' geneem. [Uit Washington Post, 29 Augustus 1984] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2021 NSS – Addendum VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD VAN DIE POLITIEKE AKTIVIS, GRIFFITHS MXENGE, HANTEER? BRON 2A Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids-en- Versoeningskommissie (WVK) in 1995. Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) was 'n liggaam, soos 'n hof, wat na die einde van apartheid in Suid-Afrika saamgestel is. Enigiemand wat gevoel het dat hulle 'n slagoffer van geweld was, kon na vore kom en by die WVK aangehoor word. Oortreders van geweld kon ook getuienis lewer en amnestie van vervolging versoek. Die verhore was in die internasionale nuus en baie sessies is op nasionale televisie uitgesaai. Die WVK was 'n deurslaggewende komponent van die oorgang na 'n volle en vrye demokrasie in Suid-Afrika en, ten spyte van 'n paar leemtes, word dit oor die algemeen as baie suksesvol beskou. Die mandaat van die kommissie was om getuie te wees, rekord te hou en, in sommige gevalle, die oortreders van misdade wat met menseregteskendings, reparasie (vergoeding) en rehabilitasie verband gehou het, amnestie te gee. Die werk van die WVK is verrig deur drie komitees: die Menseregteskendings(MRS)- komitee het menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is, ondersoek; die Vergoeding-en-Rehabilitasie-(RR)-komitee is toevertrou met die herstel van slagoffers se waardigheid en om voorstelle te formuleer om met rehabilitasie te help en die Amnestiekomitee het aansoeke om amnestie oorweeg wat volgens die bepalings van die Wet versoek is. Teoreties is die kommissie bemagtig om amnestie toe te staan aan diegene wat van gruweldade tydens apartheid aangekla is, solank daar aan twee voorwaardes voldoen is: die misdade was polities gemotiveerd en die volle waarheid is deur die persoon wat om amnestie aansoek gedoen het, gepraat. Niemand is van 'n aanklag gevrywaar nie. [Uit: Du Toit, F, et al. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On (David Philip)] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 2B Die plakkaat hieronder is deur die WVK vervaardig. Dit nooi beide oortreders en slagoffers om voor die WVK te verskyn en te getuig oor menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is. [Uit http://www.saha.org.za/news/2014/September/gallery trc posters.htm. Toegang op 30 Mei 2021 verkry.] WAARHEID. DIE PAD NA VERSOENING AS JOU MA GEMARTEL IS: LAAT ONS REGUIT MET MEKAAR PRAAT. PA VERMOOR IS DEUR DIE WAARHEID TE PRAAT. EN KINDERS ONTVOER IS, DEUR ONS STORIES VAN DIE VERLEDE TE SOU JY STILBLY VERTEL, SODAT ONS SAAM DIE PAD NA VERSOENING KAN STAP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 2C Die uittreksel hieronder is deel van die getuienis wat Dirk Coetzee, moordbende- bevelvoerder by Vlakplaas, by die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) se openbare verhoor oor die moord van politieke aktivis Griffiths Mxenge gegee het. Die verhoor is op 5 November 1996 in Durban gehou. MNR. JANSEN: Het jy die spanlede enige bevele gegee sover dit die metodes waarop die moord gepleeg moes word, aangaan? MNR. DIRK COETZEE: Ja, ek het, mnr. die Voorsitter. Ek het gesê dat hulle spesifiek nie gewere moes gebruik nie, en dit moes soos 'n rooftog lyk, en daar is op messe besluit, dat mnr. Mxenge met messe vermoor sou word. MNR. JANSEN: Het jy hulle enige verdere bevele gegee oor hoe hulle te werk moes gaan om daardie doel te bereik? MNR. DIRK COETZEE: Hulle het sy motor weggeneem, hulle het dit in die parkeer- terrein tussen CR Swart-plein en die landdroshof geparkeer … en ek het vertrek. Ek het toe na Adjudant-Offisier Paul van Dyk en Konstabel Braam du Preez gegaan, wat ek beveel het om mnr. Mxenge se motor te neem en na die Golela-grenspos te vertrek … Ek is toe na … Brigadier Van der Hoven … en het aan hom verslag gedoen … dat mnr. Mxenge vermoor is. Ek het gesê dat volgens 'n verslag aan my die enigste mense wat mnr. Mxenge gesteek het Joe Mamasela, Almond Nofomela en David Tshikalanga was. MNR. JANSEN: En van wie op hoofkantoor sou daardie opdrag waarskynlik gekom het? MNR. DIRK COETZEE: Hy het vir my gesê dat die opdragte van Brigadier Skoon … kom. MNR. JANSEN: En wat was die doel daarvan om die motor naby die Swaziland-grens te verbrand? MNR. DIRK COETZEE: Om die indruk te skep dat die moord deur ANC-kaders, as gevolg van 'n stryery, gepleeg is ... en toe vlug hulle terug na Swaziland en verbrand die motor voordat hulle die grens oorsteek. [Uit www.justice.gov.za/trc/report/. Toegang op 30 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 2D Die bron hieronder is geneem uit 'n koerantartikel met die titel, 'Coetzee Gets Amnesty for Mxenge Murder' ('Coetzee Kry Amnestie vir Mxenge-moord') wat op 4 Augustus 1997 in die Mail & Guardian verskyn het. Dit fokus op die uitkoms van die amnestieaansoek deur Dirk Coetzee en sy twee medepligtiges. COETZEE KRY AMNESTIE VIR MXENGE-MOORD 4 Aug. 1997 MAANDAG Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het Maandag amnestie aan die gewese bevelvoerder van die Vlakplaas-polisiemoordbende, Dirk Coetzee, en twee medepligtiges vir die November 1981-moord op die Durbanse menseregteprokureur, Griffiths Mxenge, verleen. Coetzee en twee gewese Vlakplaas-speurders, David Tshikilanga en Almond Nofomela, is op 15 Mei aan Mxenge se moord in die Durbanse Hoogsgeregshof skuldig bevind. Daar is verwag dat hulle Vrydag gevonnis sou word. Gegewe die besonderhede van hulle uitspraak, het die WVK se amnestiekomitee gesê dat daar geen twyfel was dat Coetzee op die 'advies, opdrag of bevel van een of meer senior lede van die veiligheidstak van die gewese SA Polisie' opgetree het nie. 'Volgens die bewyse voor ons is ons tevrede dat geeneen van die aansoekers die oorledene, Mxenge, geken het of enige rede gehad het om sy dood te veroorsaak voordat hulle beveel is om dit te doen nie,' het die komitee gesê. 'Ons is tevrede dat hulle gedoen het wat hulle gedoen het omdat hulle dit as hulle plig as polisiemanne beskou het wat in die stryd teen die ANC en ander bevrydingsorganisasies gewikkel was.' Intussen het Mxenge se familie Maandag aangekondig dat hulle die Hoogsgeregshof gaan vra om die amnestie om te keer. Dr. Fumbatha Mxenge, 'n tandarts van Port Elizabeth en broer van Griffiths, het gesê dat die familie deur die WVK se besluit teleurgestel, maar nie verras is nie. 'Ons sal hierdie besluit teenstaan. Ons gaan dit laat ondersoek. Julle het nie die laaste hiervan gehoor nie,' het Mxenge gesê. [Uit Mail & Guardian, 4 Augustus 1997] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2021 NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE WÊRELDWYE COVID-19-PANDEMIE OP SUID-AFRIKA GEHAD? BRON 3A Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel geskryf deur S Kitenge met die titel 'Globalisation and the Covid-19 pandemic: How is Africa's economy impacted?' ('Globalisering en die Covid-19-pandemie: Hoe word Afrika se ekonomie beïnvloed?'). Dit fokus op hoe globalisering tot die verspreiding van Covid-19 bygedra het. Sedert die opkoms van globalisering is die wêreld in nouer kontak met mekaar en mense kan maklik met mekaar omgaan sonder enige ernstige hindernisse. Dit is beide voordelig en nadelig (negatief) vir die sosiale, politieke en ekonomiese sfere sover dit die welstand van mense betref. Die vrye beweging van mense, goedere en dienste wat deur globalisering teweeggebring is, het sosio-ekonomiese ontwikkeling gestimuleer, maar dit het ook 'n kanaal vir die verspreiding van siektes geword. As gevolg van die tegnologiese ontwikkelings wat met globalisering geassosieer word, het 'n uitbreking, soos Covid-19, in 'n grootskaalse pandemie ontaard wat mense regdeur die wêreld, ongeag hulle geografiese ligging, affekteer. Volgens K Lee word globalisering gedefinieer as die 'veranderende aard van menslike omgang/interaksie oor 'n breë spektrum wat ekonomiese, politieke, sosiale, tegnologiese en omgewingsfere insluit ... Die proses van verandering kan as globalisering beskryf word in die sin dat die grense van verskillende soorte besig is om te verswak'. Dit is dus redelik om aan te voer dat globalisering, wat vrye beweging van mense van verskillende stede, lande en kontinente moontlik gemaak het, die hoofbron van die verspreiding van Covid-19 regoor die wêreld is. Dit is eenvoudig omdat tegnologiese vordering, wat een van die grootste kragte van globalisering is, dit vir mense makliker gemaak het om oor land, see en lug te reis, van een deel van die wêreld na 'n volgende, sonder enige hindernisse. Indien reisigers 'n siekte, soos Covid-19, in stad of land (A) opgedoen het, kan hulle dit maklik na 'n voorheen onbesmette stad of land (B) versprei ... [Uit https://www.policycenter.ma/sites/default/files/PB_20-37_Seleman.pdf. Toegang op 30 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder is deel van 'n toespraak wat op 15 Maart 2020 deur President Cyril Ramaphosa gelewer is. Die toespraak gaan oor die maatreëls wat ingestel moes word om die verspreiding van Covid-19 in Suid-Afrika te beveg. Mede-Suid-Afrikaners, ek praat vanaand met julle oor 'n saak van groot nasionale belang. Die wêreld staan voor 'n mediese noodsituasie wat baie ernstiger is as wat ons in meer as 'n eeu ondervind het. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die koronavirusuitbreking tot 'n globale pandemie verklaar. Meer as 162 000 mense van regoor die wêreld het nou al vir die koronavirus positief getoets. Gegewe die skaal en die spoed waarteen die virus versprei, is dit nou duidelik dat geen land teen die siekte immuun (veilig) is nie of dat hulle die ernstige impak daarvan sal vryspring nie. Vanaf die begin van die uitbreking in China vroeër hierdie jaar, het die Suid-Afrikaanse regering maatreëls ingestel om besoekers wat die land binnekom, te ondersoek ('screen') om die verspreiding van die virus te stuit en om diegene wat besmet is, te behandel. Suid-Afrika het tans 61 bevestigde gevalle van mense wat met die virus besmet is, en na verwagting sal hierdie getal in die komende dae en weke styg. Na 'n uitgebreide analise van die verspreiding van die virus wêreldwyd en in Suid- Afrika, het die Kabinet op die volgende maatreëls besluit: Eerstens, om kontak tussen persone wat moontlik besmet is en Suid-Afrikaanse burgers te beperk, stel ons vanaf 18 Maart 2020 'n reisverbod in op buitelanders vanaf hoërisikolande, soos Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, Amerika, die Verenigde Koningryk en China. Suid-Afrikaanse burgers word aangeraai om hulle van alle vorme van reis ná of van die Europese Unie, Amerika, die Verenigde Koningryk en ander geïdentifiseerde hoërisikolande, soos China, Iran en Suid-Korea, te weerhou. Die waarheid is dat ons voor 'n ernstige noodsituasie staan. Maar as ons saam optree, as ons nou optree, en as ons daadwerklik optree, sal ons dit oorwin. Ek bedank julle. [Uit https://www.gov.za/speeches/statement-president-cyril-ramaphosa-measures-combat-Covid-19 - epidemic-15-mar-2020-0000. Toegang op 6 Junie 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 3C Die bron hieronder is deel van 'n artikel wat Vuyokazi Futshane (projekbeampte van Oxfam Suid-Afrika) vir die aanlyn tydskrif, The Conversation, geskryf het. Dit fokus op die ekonomiese impak wat die grendeltydregulasies in Suid-Afrika het. Armoede en ongelykheid is deur die Covid-19-pandemie vererger. Toe Suid-Afrika op 26 Maart 2020 'n streng grendeltydperk betree het, het baie informele werkers en ongereelde werkers hulleself sonder enige manier om 'n inkomste te verdien, bevind. Baie van hierdie werkers is swart vroue, wie se families vir oorlewing van hulle afhanklik is. Die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey het beraam dat ongeveer drie miljoen mense hulle werk verloor het as gevolg van die pandemie en die amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 'n skokkende hoë vlak van 30,1%. Suid-Afrikaners is nou banger vir werkloosheid as vir die koronavirus: werkloosheid is meer as 'n staat van werkloosheid, dit beteken om bekommerd te wees oor of jy daaglikse basiese noodsaaklikhede sal kan bekostig, hoe om kinders skool toe te stuur, hoe om gesond en gevoed te bly en dit beteken om bekommerd te wees oor hoe om toegang tot gesondheidsorg te kry indien enigiets sou gebeur … Townships en informele nedersettings waarvan die demografiese profiel oorwegend swart mense en mense van kleur is, wat werk verrig waar hulle swak besoldig word, wat hulle risiko op blootstelling aan Covid-19 verhoog, het Covid-19-brandpunte geword. Dit is weens die dinamiek, soos ruimtelike beplanning, wat die nalatenskap van apartheid is, soos die Groepsgebiedewet van 1950 waar swart en nie-blanke Suid-Afrikaners geforseer is om in gebiede buite groot stede en ekonomiese sentrums te hervestig. Hierdie gebiede is steeds grootliks onderontwikkeld, oorbevolk, het swak sanitasiegeriewe, 'n tekort aan lopende water in baie laeinkomste-gemeenskappe en 'n swak gestruktureerde openbare gesondheidsorgstelsel. Die pandemie ontbloot hoe die verskillende ongelykheidsfaktore voortdurend die verwoestende impak van Covid-19 verskerp. [Uit https://theconversation.com/covid-19-has-hurt-some-more-than-others-south-africa-needs-policies- that-reflect-this-151923. Toegang op 26 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2021 NSS – Addendum BRON 3D Die spotprent hieronder, deur H Mangena, het op 21 April 2020 in 'n aanlyn publikasie van die African News Agency verskyn. Die spotprent beklemtoon die uitdagings van die armes as gevolg van die Covid-19-pandemie. [Uit https://jcom.sissa.it/sites/default/files/documents/JCOM_1907_2020_A08.pdf. Toegang op 30 Mei verkry.] DIE TUSSEN DIE ARMES DUIWEL EN DIE DIEP BLOU SEE ARMOEDE EN HONGERSNOOD Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2021 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Boesak, A. 2009. RUNNING WITH HORSES – REFLECTIONS OF AN ACCIDENTAL POLITICIAN (Joho Uitgewers, Kaapstad) Du Toit, F, et al. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On (David Philip) http://www.saha.org.za/news/2014/September/gallery trc posters.htm https://jcom.sissa.it/sites/default/files/documents/JCOM_1907_2020_A08.pdf https://theconversation.com/covid-19-has-hurt-some-more-than-others-south-africa- needs-policies-that-reflect-this-151923 https://www.gov.za/speeches/statement-president-cyril-ramaphosa-measures-combat- Covid-19-epidemic-15-mar-2020-0000 https://www.policycenter.ma/sites/default/files/PB_20-37_Seleman.pdf https://www.saha.org.za/udf/don't_vote_in_apartheid_elections_forward_to_freedom. htm Mail & Guardian, 4 Augustus 1997 Sparks, A en Tutu, MA. 2011. Tutu – The Authorised Portrait (Macmillan, Johannesburg) Washington Post, 29 Augustus 1984 www.justice.gov.za/trc/report/ Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all