Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 28 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 434.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
Onttrek inligting uit bronne
Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
Definieer historiese begrippe/terme
Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
Analiseer bewyse uit bronne
Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
30%
VLAK 3 te stel
(15)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die
beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ().
Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
___________ •___________________________________________________
_________________•____________________________• ________________
√√√√ Vlak 2
KOMMENTAAR
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
die kantlyn regs onder, bv. 32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
val:
Die leerder se interpretasie van die vraag
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie)
Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
onafhanklike argument)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument
ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n
relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
nasienriglyne)
Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
moet gegee word om argument vol te hou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.
2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Vraag herkenbaar in antwoord.
Toon soms bewys van 'n gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot 47–50 43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoud-seleksie 43–46 40–42 38–39
relevante tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Inhoud-seleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAAG
VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN VANAF 1947 KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE (USSR) VERDIEP?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron1A – V1]
‘Miljoene burgers het gesterf of is ernstig in die Tweede Wêreldoorlog
beseer. '
‘Baie stede, onder meer sommige van die voorste industriële en kulturele
sentrums van Groot Brittanje, Frankryk, Duitsland, Italië en België, is
verwoes.’
‘Sommige streke van die kontinent was op die rand van hongersnood’
‘Die streek se vervoerinfrastruktuur – spoorweë, paaie, brûe en hawens –
het aansienlike skade gedurende lugaanvalle opgedoen’
‘Die skeepsmagte van baie lande is gesink’ (enige 2 x 1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron1A – V2]
Die Tweede Wêreldoorlog het oor Europa/Asië en het nie oor die VSA
Die VSA het op ‘n later stadium by die oorlog aangesluit/isolasie beleid
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Definisie van konsep uit Bron 1A - V1]
‘n land wat deur ‘n sterker land beheer word/supermoontheid
Oos-Europese lande wie se regerings deur die USSR oorgeneem en
beheer as hulle kolonies
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron1A – V2]
Hulle wou nie saam met die VSA betrokke gewees het nie
Hulle wou nie deur kapitalisme beïnvloed word nie
Hulle wou kommunisme beskerm en handhaaf / Hulle het die Marshall
Plan as ‘n uitdaging vir kommunisme beskou.
Die Sowjetunie het hul eie ekonomiese plan gehad (COMECON) /D ie
sateliet state het bedreig gevoel deur die Sowjetunie
Die Sowjetunie het die Marshall Plan beskou as dollar imperialisme
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron1B – V1]
‘Honger’
‘Armoede’
‘Desperaatheid’
‘Choas’ (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron1B – V2]
Deur by te dra tot die ekonomiese herstel van Wes-Europa deur die
rekonstruksie van nywerhede
Marshall-bystand is beskikbaar gestel aan lande wat hulp nodig gehad het
Om werkende ekonomieë van die wêreld te laat herleef
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
'daar eers 'n mate van ooreenstemming tussen Europese lande moet
wees oor die vereistes van die situasie'
' die rol wat daardie lande self sal speel om watter maatreëls ook al deur
hierdie regering' (2 x 1) (2)
1.2.4 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Dit is 'n uittreksel uit 'n toespraak (eerste handse bron) is wat op
5 Junie 1947 by Harvard University gelewer is
Die toespraak is deur die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake
George Marshall gelewer
Die toespraak is gelewer teen die tyd toe die Koue Oorlog in Europa begin
het as gevolg van die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog
Dit beklemtoon hoe die Marshall-plan beplan het om Wes-Europese lande
te help
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron1C – V1]
'Britse'
'Franse' (2 x 1) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron1C – V1]
'die Russe kon nie sulke bystand aan die vyand verdra wat die Sowjetunie
so onlangs verwoes het nie'
'Molotov onversetlik (hardkoppig) daarop aangedring dat die Sowjetunie
volkome beheer en vryheid van optrede kry oor enige Marshall-plan-
fondse wat Duitsland sou ontvang' (2 x 1) (2)
1.3.3 [Verduideliking van ‘n konsep uit Bron 1C – V2]
Ekonomiese beheer van lande buite die grense van groot moondhede (In
hierdie geval het die VSA die Marshall-plan gebruik om die ekonomiese
sake van die hele wêreld te beheer)
VSA se gebruik van dollar mag in die vorm van die Marshall Plan
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron1C – V2]
Die beeld van die Sowjetunie sou in gedrang kom indien die satellietstate
die Marshall-plan sou aanvaar
Die Marshall-plan sou kommunistiese regerings in Oos-Europa in
kapitalistiese lande omskep wat sou impliseer dat kommunisme besig was
om te misluk
Om te verhinder dat Oos-Europese state die voordele van kapitalisme
geniet wat hulle teen kommunisme sou draai
Die Marshal Plan was beskou as ‘n inmenging in die huishoudelike sake
van Oos Europese lande
Hulle wou vry wees van Amerikaanse ekonomiese imperialisme en
oorheersing
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van bewyse in Bronne 1B en 1C om hul verskille te bepaal – V3]
In Bron 1B het die Amerikaners beplan om te help met die terugkeer van
normale ekonomiese welsyn van die wêreld terwyl Molotov in Bron 1C die
Amerikaanse ingryping as Amerikaanse ekonomiese imperialisme en
beheer beskou het
In Bron 1B het die Amerikaners die Marshall-plan geïmplementeer om die
werkende ekonomieë van die wêreld, waarbinne vrye instansies kon
bestaan, te laat herleef terwyl Molotov in Bron 1C die Marshall-plan as
inmenging in ander lande se huishoudelike sake beskou het
In Bron 1B het die VSA verwag dat die Marshall-plan in alle Europese
lande toegepas moet word terwyl Bron 1C uitwys dat Oos-Europese lande
onder druk geplaas is om die Amerikaanse bystand deur die Marshall-plan
te verwerp
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5
1.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron1D – V2]
Die implementering van die Marshall-plan het die betrokkenheid van
President Truman, die Kongres (om die fondse beskikbaar te stel) en
George Marshall (Minister van Buitelandse Sake – vir implementering)
vereis
President Truman word uitgebeeld as iemand wat die gereedskap gebruik/
bydra tot die Marshall-plan om met die ekonomiese herkonstruksie van
Europa te begin
Die Kongres word uitgebeeld as iemand wat diep dink of die Mashall Plan
sy voorgestelde oogmerke gaan bereik.
Die bron stel die Marshall-plan voor as 'n onvoltooide taak/ om die groot
hongersnood in Europa te beveg
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron1D – V2]
EUROPA op die voorgrond stel voor dat die implementering van die
Marshall-plan net vir die herlewing van Europa beplan was
EUROPA is geruïneer/verwoes deur die Tweede Wêreldoorlog
As gevolg van die Tweede Wêreldoorlog het EUROPA die slagveld van
die Koue Oorlog geword
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Die ekonomiese verwoesting van die Europese ekonomie deur die
Tweede Wêreldoorlog het die teelaarde geskep vir hul rekonstruksie deur
die Marshall-plan (Bron 1A)
Uitnodiging na die Marshall-plan is ook aan Sowjetunie en sy satellietstate
gegee, maar hulle het geweier om deel te neem (Bron 1A)
Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, George Marshall, het
uitgebreide spesifikasies gegee oor hoe die Marshall-plan die ekonomiese
welsyn van die wêreld sou laat herleef (Bron 1B)
Die Marshall-plan wou armoede, hongersnood, desperaatheid en wanorde
uitwis (Bron 1B)
Harry Truman het die Amerikaanse Kongres genader vir befondsing vir
hulp aan Griekeland (eie kennis)
Die Amerikaanse regering was bereid om enige regering teen te staan wat
die herstel van ander lande wou teenstaan (Bron 1B) – by implikasie die
Sowjetunie
Die Sowjet Buitelandse Minister Molotov het die Marshall-plan verwerp
(Bron 1C). Hy het gevoel dat dit teen die Sowjetunie gemik was
Die Koue Oorlog-spanning het verskerp toe Molotov uit 'n vergadering met
Brittanje en Frankryk loop (Bron1C) – 'n teken van die verwerping van die
Marshall-plan
Molotov was daarteen gekant dat Duitsland, wat die Sowjetunie verwoes
het, finansiële bystand ontvang (Bron 1C)
Molotov wou hê dat die Sowjetunie die fondse wat Duitsland sou ontvang,
moes bestuur (Bron 1C)
Die Sowjetunie het sy bondgnote forseer om nie die Marshal Plan te
aanvaar nie (Bron 1C)
Ongeag die teenkanting van die Sowjetunie, het die VSA voortgegaan om
die Marshall Plan te implementeer (Eie kennis)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van hoe die Marshall-plan
vanaf 1947 Koue Oorlog-spanning tussen die VSA PUNTE
VLAK 1
en die USSR verdiep het. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die
Marshall-plan vanaf 1947 Koue Oorlog-spanning PUNTE
VLAK 2
tussen die VSA en die USSR verdiep het. 3–5
Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike
begrip oor hoe die Marshall-plan vanaf 1947 Koue
Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR PUNTE
VLAK 3
verdiep het. 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE TUSSEN 1974 EN 1976 BY
DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron2A – V1]
'Junior offisiere van die Movement of the Armed Forces (MFA) het in April
1974 die Salazar-Caetano-regime in Portugal omvergewerp' (1 x 1) (1)
2.1.2 [Definisie van ‘n konsep uit Bron 2A – V1]
Die proses waardeur gekoloniseerde lande hul onafhanklikheid van die
koloniale magte begin verkry het
Proses waar koloniale beheer oor ander lande tot 'n einde gebring is
Proses waar 'n regering onttrek uit 'n voormalige kolonie en dit onafhanklik
laat
Die losmaak van een land of gebied van politieke oorheersing deur 'n
ander land
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron2A – V1]
'Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA)'
'National Front for the Liberation of Angola (FNLA)'
'National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)' (3 x 1) (3)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Al drie bevrydingsorganisasies het ideologiese verskille gehad
Al drie bevrydingsorganisasies het diep gewortelde etniese verskille gehad
Al drie bevrydingsorganisasies het gedink dat hulle Angola alleen kon
regee/onwilligheied om mag te deel
Al drie bevrydingsorganisasies het verskillende bronne van befondsing
gehad
Al drie leiers het verskillende visies vir hulle lande gehad wat samewerking
bemoeilik het/wantroue onder die leiers
Al drie leiers is beïnvloed deur buitelandse magte wat verskillende
agendas gehad het [
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
'Die Sowjetunie'
'Kuba' (2 x 1) (2)
2.2.2 [Verduideliking van ‘n begrip uit Bron 2B – V2]
‘n Teorie/begrip dat indien Angola kommunisties sou word, sou al die
ander lande in suidelike Afrika ook kommunisties word
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
‘die CIA (Amerikaanse Intelligensiediens) gevrees dat die Sowjetunie
probeer het om 'n militêre basis in Angola op te rig'
'Die Russe het 'n 1977 'n staatsgreep, gelei deur Angola se voormalige
Minister van Binnelandse Sake, Nito Alves, ondersteun.' (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Die VSA het geweet dat die verspreiding van kommunisme in Angola tot 'n
domino-effek dwarsoor Afrika sou lei wat kapitalisme sou vernietig
Die VSA het geweet dat Kubaanse en Russiese betrokkenheid in Angola
'n bedreiging vir hulle olie en petroleumbedryf in daardie land was
Die VSA het geweet dat die Russiese ingryping in Afrika 'n doelwit van die
USSR was om militêre basisse in Afrika te bekom en om sodoende die
VSA van die toneel af te verwyder
VSA het geweet dat Afrika 'n strategiese kontinent was met betrekking tot
handelsroetes en wou nie hê dat die USSR 'n leidende rol in Afrika speel
nie
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
'Die publiek was baie sensitief oor enige sinspeling van die verspreiding
van kommunistiese invloed – oor die algemeen gestel – in enige deel van
Afrika of die Indiese Oseaan.' (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
'SAW se militêre intelligensie'
'Buro vir Staatsveiligheid (BOSS)' (2 x 1) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Albei organisasies was anti-kommunisties/sou streeks stabilitiet handhaaf
Albei hierdie bewegings het kapitalisme as 'n ekonomiese stelsel bo
kommunisme verkies
Beide hierdie bewegings sou SA ondersteun en sou saam as bondgenote
van die Weste beskou word
Hierdie bewegings wou internasionale erkenning en ondersteuning kry
deur kommunisme in suidelike Afrika teen te staan
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Suid-Afrika wou hul betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog beperk
Suid-Afrika het die FNLA en UNITA as gevolmagtigdes gebruik om te veg
in die Angolese Burgeroorlog
Suid-Afrika wou hul betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog 'n
'geheim' hou.
Suid-Afrika was betrokke in ‘n oorlog teen SWAPO in Namibië
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4 [Vergelyking van bewyse in Bronne 2B en Bron 2C om hul ooreenkomste te
bepaal– V3]
Beide bronne toon dat die VSA en Suid-Afrika anti-kommunisties was
Beide bronne toon die individuele belange van die VSA en Suid-Afrika om
kommunisme in Angola te voorkom
Beide bronne toon die VSA en Suid-Afrika se doelwit om kapitalisme te
bevorder
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.5
2.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Die plakkaat toon dat buitelandse magte nie in Angola verwelkom is nie
Die plakkaat vertoon dat buitelandse magte in Angola betrokke was op
dieselfde manier as wat hulle in Viëtnam betrokke was
Die VSA en Suid-Afrika moet hul betrokkenheid by die Angolese
Burgeroorlog beëindig
Die VSA en Suid-Afrika sou imperialisme en rassisme onderskeidelik na
Angola bring
Die onttrekking van Suid-Afrika en die VSA sou die FNLA en UNITA
verswak en die MPLA versterk
VSA en Suid-Afrikaanse betrokkenheid sal aanleiding gee tot lyding en
sterftes van onskuldige burgerlikes in Angola / gee aanleiding tot ‘n
vlugteling kwessie
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5.2 [Bepaling van beperkinge uit Bron 2D – V3]
Dit is as 'n propagandaveldtog vir die MPLA gebruik
Dit is bevooroordeeld teenoor buitelandse magte wat die vyande van die
MPLA ondersteun het, nl. FNLA en UNITA
Dit is eensydig – plaas die blaam op kapitalistiese lande
Daar is 'n stilswye oor die aktiwiteite van die Sowjetunie, Kuba en China
omdat hulle die MPLA ondersteun het
Die oorsprong van die bron is onbekend
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Na die mislukking van die Alvor Ooreenkoms het die FNLA militêre
ondersteuning van Zaïre, China en VSA ontvang (Bron 2A)
Die MPLA het die amptelike regering van Angola met die ondersteuning
van Rusland en Kuba geword (Bron 2A)
Suid-Afrika het na Luanda opgeruk om 'n kommunistiese oorname te
voorkom en om hul ekonomiese belange te beskerm (Eie kennis)
VSA het nie die MPLA erken nie en die FNLA en UNITA ondersteun (Eie
kennis)
Sowjetunie het hul militêre ondersteuning aan die MPLA vergroot om
kommunisme in Angola te beskerm (Bron 2B)
Kuba het 36 000 grondtroepe gestuur om die MPLA te steun (Bron 2B)
VSA het 'n kommunistiese domino-effek in Afrika gevrees (Bron 2B)
VSA wou haar oliebelange in Angola beveilig (Bron 2B en eie kennis)
NIE die VSA of die Sowjetunie wou nie hê dat die oliereserwes in mekaar
se hande beland (Bron 2B)
Suid-Afrika was gekant teen kommunisme (MPLA) en het besluit om die
FNLA en UNITA te ondersteun (Bron 2C)
Suid-Afrika wou internasionale erkenning verkry deur kommunistiese
infiltrasie in suidelike Afrika teen te staan (Eie kennis)
VSA het Suid-Afrika se pogings om die MPLA te verslaan, ondersteun
deur finansiële en militêre ondersteuning te verleen (Eie kennis)
Suid-Afrika het die FNLA en UNITA ondersteun omdat hulle hulself
verbind het om SWAPO teen te staan (Bron 2C)
Daar was teenkanting teen Suid-Afrika en VSA se betrokkenheid in
Angola/dit was beskou as imperialisme en rasissisme (Bron 2D)
Om MPLA te ondersteun (Bron 2D)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van waarom buitelandse
magte tussen 1974 en 1976 by die Angolese PUNTE
VLAK 1
Burgeroorlog betrokke geraak het. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom
buitelandse magte tussen 1974 en 1976 by die PUNTE
VLAK 2
Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. 3–5
Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike
begrip van waarom buitelandse magte tussen
1974 en 1976 by die Angolese Burgeroorlog PUNTE
VLAK 3
betrokke geraak het. 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: HOE HET VERSKILLENDE VORME VAN SITSTAKINGS
GEDURENDE DIE 1960's TOT DESEGREGASIE VAN OPENBARE
GERIEWE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA BYGEDRA?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron3A – V1]
'Sitstaking' (1 x 1) (1)
3.1.2 [Definisie van konsep uit Bron 3A – V1]
Protesaksies teen beleide, wette of besluite deur entiteite wat die betogers
negatief beïnvloed
Daad om ontevredenheid of afkeur te wys deur ondersteuning te weerhou
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Die sitstaking by 'n Woolworths-winkel in Greensboro was net die begin
van baie sitstakings wat sou volg
Die sitstaking het na baie stede in die Suide versprei – 'n teken van groei
Dit het studente van Winston-Salem en Durham aangespoor om hul eie
sitstakings te organiseer
In Nashville het honderde studente aan sitstakings deelgeneem
Die sitstakings het swart Amerikaners geïnspireer om in die Suide geriewe
te desegregeer
Protesaksies het in stede soos Carolina, Florida en Virginië uitgebreek
Sitstakings het gelei tot ander soortgelyke protesaksies soos die 'kneel-ins'
(wat in kerke was) die 'read-ins' (in openbare biblioteke), 'play-ins' in
openbare parke, 'wade-ins' in swembaddens
Die groeiende syfers bewys die ongeduldt onder Swart Amerikaners met
die stadige pas van verandering van segregasie wette
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron3B – V1]
'Joseph Jackson Jnr.' (1 x 1) (1)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Dat die swart Amerikaners die biblioteek wat vir Kleurlinge gereserveer
was, moet gebruik – die segregasie/diskriminasie/Jim Crow wette
waarteen die Burgerregtebeweging gekant was
Dat swart Amerikaners nie toegelaat sou word om die 'slegs wit'-biblioteek
te gebruik nie
Die bibliotekaris was nie bereid om die biblioteek te desegregeer nie
Die bibliotekaris was rassisties/diskriminerend teenoor die 'Tougaloo Nege
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron3B – V1]
(a)
'Honderde wit mense het onder 'n groot Konfederasie-vlag 'n paar blokke
verder 'n optog deur die strate van die stad gehou.' (1 x 1)
(b) 'Sowat 100 swart ondersteuners het egter by die hof byeengekom om,
wat nou as die 'Tougaloo Nege' bekend gestaan het, te bemoedig' (1 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.2.4 [Bepaling van betroubaarheid van Bron 3B – V3]
Die bron is betroubaar want:
Die bron is 'n uittreksel uit 'n onderhoud – eerstehandse inligting
Joseph Jackson Jr., die ondervraagde, was die leier van die 'Tougaloo-
Nege
Die ondervraer was 'n skrywer vir 'n staatsdrukker – Orange County
Weekly
Die gerapporteerde insident het op 27 Maart 1961 plaasgevind toe die
sitstakings sy hoogtepunt bereik het
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse uitBron 3C – V2]
Die foto wys dat beide wit en swart Amerikaners saam swem (integrasie)
by die Pullen Park-swembad
Dit toon jong swart en wit Amerikaners wat betrokke was in 'n protes om
segregasie in swembaddens te beëindig
Dit beklemtoon die moontlikheid van die beëindiging van segregasie by
openbare geriewe (Pullen Park-swembad)
Dit toon 'n poging om die Pullen Park-swembad te integreer
Die foto wys dat sekere mense nie ten gunste was van desegregasie /
integrasie
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Die twee groepe is nie gemaklik/onseker oor om dieselfde swembad te
gebruik nie
Die twee groepe was angstig (eerste ervaring) oor integrasie
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.4
3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron3D – V1]
'Harris, die bestuurder van die Greensboro Woolworths, finaal ingegee'
'Die sitstaking het hom alreeds $150,000 aan verlore besigheid gekos'
'Die eettoonbank het op 25 Julie 1960 hul eerste swart kliënte bedien –
vier Woolworths-werknemers wat in die winkel se kombuis gewerk het'
'teen die einde van die jaar, het integrasie van eettoonbanke in die meeste
van die stede in die Suide plaasgevind
‘Sitstakings en optogte, tesame met Kennedy se sluipmoord in 1963, het
ondersteuning van die Burgerregtewet van 1964, wat rassesegregasie in
openbare geriewe en indiensneming ’
‘President John F Kennedy het op 11 Junie 1963, tydens 'n regstreekse
televisie- uitsending uit die Ovaal Kantoor, 'n beroep gedoen vir wetgewing
wat 'alle Amerikaners die reg sou gee om bedien te word in geriewe wat vir
die publiek oop is ’
Dit (Burgerregte Wet) die wet bekragtig...President L Johnson in Julie 1964
(enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.4.2 [Verduideliking van konsep uit Bron 3D – V2]
Stelsel wat alle Amerikaners oor die rasseverdelings heen bymekaar bring
sodat hulle dieselfde openbare geriewe kan gebruik, ongeag velkleur
'n Oproep deur die Burgerregtebeweging vir gelykheid vir swart en wit
Amerikaners in alle sfere van die lewe
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron3D – V1]
'hotelle'
'restaurants'
'teaters'
'winkels' (4 x 1) (4)
3.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron3D – V1]
'Burgerregtewet van 1964' (1 x 1) (1)
3.4.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
(a)
Hy het verlig gevoel want hy het die boeie van segregasie gebreek deur te
sit waar hy voorheen nie toegelaat was om te sit nie / rasse segregasie
teengestaan
Enige ander relevante antwoord (1 x 2)
(b)
Hy het gesuiwer (genees/skoongemaak) gevoel want hy het die stigma
van minderwaardigheid en uitgeworpenheid oorkom het / sy
menswaardigheid was herstel
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (4)
3.5 [Vergelyking van bewyse in Bronne 3A en 3D om te bepaal hoe hulle mekaar
ondersteun – V3]
Bron 3A verwys na die redes vir die sitstakings terwyl Bron 3D op die
prestasies/suksesse van die sitstakings fokus
Bron 3A verduidelik die groei van die sitstakingbeweging terwyl Bron 3D
die impak van die sitstakings in die VSA beklemtoon (Burgerregtewet van
1964 is aangeneem)
Beide bronne verwys na die sitstakings wat plaasgevind het by
Woolworths, in Greensboro, North Carolina
beide bronne verwys na die reaksies op hierdie vorm van nie-
gewelddadige protes (Bron 3A- betogers was gearresteer en in
Bron 3B betogers was geslaan)
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.6 Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
Op 1 Februarie 1960 het vier swart Amerikaanse studente by Woolworths
se eettoonbanke gaan sit en gevra om bedien te word (Bron 3A)
Teen die einde van die week was meer as 'n duisend studente dwarsoor
die Suide by die sitstaking betrokke (Bron 3A)
Teen April was meer as vyftig duisend mense regoor die Suide by die
sitstakings betrokke (Bron 3A)
Sitstakings was die inspirasie vir ander soortgelyke protesaksies, soos
kneel-ins in kerke, read-ins in openbare biblioteke, wade-ins by openbare
parke, strande en swembaddens (Eie kennis)
Op 27 Maart 1961het die Tougaloo Nege die Jackson Openbare Biblioteek
binnegegaan om navorsing te doen maar is in hegtenis geneem en
toegesluit (Bron 3B)
In 1962 kon swart en wit Amerikaners saam swem in 'n geïntegreerde
swembad in Raleigh in Noord-Carolina (Bron 3C)
Desegregasie by die Pullen Park-swembad was egter steeds 'n nuwe
verskynsel aangesien swart en wit Amerikaners steeds in aparte groepe
gesien kan word (Bron 3C)
Ses maande na die sitstakings begin het, is eettoonbanke geïntegreer
(Bron 3D)
Op 25 Julie 1960 is die eerste swart Amerikaners by die Woolworths-
eettoonbanke bedien (Bron 3D)
Die Burgerregtewet van 1964 is aangeneem wat rassesegregasie in
openbare geriewe en indiensneming verban het (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van hoe die verskillende vorme
van sitstakings gedurende die 1960's tot die
PUNTE
VLAK 1 desegregasie van openbare geriewe in die
0-2
Verenigde State van Amerika bygedra het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon begrip van hoe die
verskillende vorme van sitstakings gedurende die
PUNTE
VLAK 2 1960's tot die desegregasie van openbare geriewe
3-5
in die Verenigde State van Amerika bygedra het.
Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike
begrip van hoe die verskillende vorme van
sitstakings gedurende die 1960's tot die
PUNTE
VLAK 3 desegregasie van openbare geriewe in die
6-8
Verenigde State van Amerika bygedra het.
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Indien kandidate saam
met die stelling stem moet hulle wys hoe die taktieke en strategieë wat deur die
Verenigde State van Amerika teen die Viëtkong 'n totale mislukking was. Indien die
kandidaat nie saam met die stelling stem nie, moet hulle hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul; antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui of hulle saam of teen
die stelling stem. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument gaan ondersteun.
UITBREIDING
Fokus op die strategieë van beide die VSA en die Viëtkong.
Toestande onmiddellik voor die oorlog:(Agtergrond)
Die verdeling van Viëtnam en die stigting van die Viëtkong
Redes vir die VSA se betrokkenheid: inperking en domino-teorie
Amerika se eerste ingryping in Suid-Viëtnam – stuur wapens en militêre raadgewers
teen die Viëtkong (Viëtnamese kommuniste)
Ho Chi Minh-roete en sy belangrikheid (gebruik deur die Viëtminh (kommunistiese
guerrillas van Noord-Viëtnam) om die Viëtkong te ondersteun
Amerika loods 'Veilige dorp'-beleid/Hamlet-strategie – probeer om guerrillas van
plaaslike inwoners te isoleer (1963)
Veilige dorp-beleid het misluk omdat die Viëtkong binne die veilige dorpe gewerk
het
Die Golf van Tonkin-insident en resolusie (1964)
Die VSA het gevoel dat die oorlog in Viëtnam nie 'n konvensionele oorlog soos die
Tweede Wêreldoorlog was nie
VSA stuur op 8 Maart 1965, 3 500 seesoldate en grondtroepe na Viëtnam
Operasie Ranch Hand (1962–1971) – gebruik chemiese wapens (Agent Orange om
die oerwoud te vernietig) en Agent Blue (om landbouprodukte en voedsel te
vernietig)
President Johnson loods Operation Rolling Thunder in Maart 1965 om die Viëtkong
vinnig te elimineer
Gebruik van chemiese wapens bv.Napalm gas maak VSA ongewild en baie lande
het die VSA veroordeel
Guerrilla-oorlogvoering deur die Viëtminh en Viëtkong (moeilik om guerrillas van
plaaslike inwoners/boere/kleinboere te onderskei)
Viëtkong reageer met die Tet Offensief (1968) – verrassingsaanvalle op 100 stede
Aantal Amerikaanse soldate wat sterf, het toegeneem – lei tot anti-oorlogoptogte
Die hoogs effektiewe gebruik van guerrilla-taktieke deur die Viëtkong
Amerika het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur
Amerika het soek-en-vernietigingsveldtogte (My Lai-slagting) gebruik om dorpe wat
die Viëtkong ondersteun het, te vernietig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Lei tot die grootskaalse dodetal onder burgers – meer ondersteuning vir die
Viëtkong
Amerikaanse gruweldade en My Lai-slagting (Maart 1968) het openbare opinie teen
die oorlog laat draai
Noord-Viëtnam ontvang militêre ondersteuning vanaf die USSR en China wat
Viëtkong en Viëtminh toegang tot moderne wapens gee
Guerrilla-oorlogvoering is effektief deur die Viëtkong gebruik en deur die Viëtminh in
die noorde ondersteun en taktieke soos fopstrikke, ondergrondse tonnels, tref en
trap en sabotasie gebruik
Die Viëtkong het hulle ondersteuningsbasis vergroot as gevolg van die taktieke van
die Amerikaanse soldate gebruik het
Die Viëtnamese was verenig in die verdediging van hulle land
Viëtnamisasie: President Nixon kondig 'n beleid van strategiese onttrekking aan
Viëtnam aan.
Onttrekking van WHAM (Winning the hearts and minds van die Viëtnamese) het die
mislukking van die VSA se poging om te verhoed dat Viëtnam 'n kommunistiese
staat word, ingelui en hul gevolglike onttrekking
VSA onttrek al hul troepe teen 1973 (President Nixon het die Parys
Vredesooreenkoms op 27 Januarie 1973 onderteken – beëindig die VSA se
betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog
Noord-Viëtnam neem beheer oor Saigon in 1975
Viëtnam is verenig onder kommunistiese beheer
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele
beleide krities bespreek en hoe dit 'n nuwe en beter lewe vir alle Kongolese burgers na
onafhanklikwording van België gedurende die 1960's verkry het.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en moet krities bespreek hoe
Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele beleide 'n nuwe
en beter lewe vir alle Kongolese burgers na onafhanklikwording van België
gedurende die 1960's bereik het. Kandidate moet aandui hoe hulle hul argument
gaan ondersteun.
UITBREIDING
Politieke beleide
Koloniale nalatenskap: (agtergrondkennis)
Paternalisme – Kongolese soos kinders behandel – het geen
verantwoordelikheid in administrasie of teenwoordigheid in die regering nie
Politieke partye is verban en met die vinnige Belgiese onttrekking as gevolg van
die Leopoldville-optogte in 1959 – is baie politieke partye gestig wat elkeen hul
eie streek of stam verteenwoordig het
120 politieke partye het deelgeneem aan die 1960-verkiesings; geen enkele
politieke party het 'n oorgrote meerderheid stem verwerf nie – Patrice Lumumba
se Movement National Congolese (MNC) het die meeste setels gewen omdat
hulle landswye steun geniet het wat ander streekspartye nie gehad het nie
Gebrek aan politieke eenheid
Kongo word onafhanklik op 30 Junie 1960 met Joseph Kasavubu as President en
Patrice Lumumba as Eerste Minister. Joseph Kasavubu het verkies dat die Kongo 'n
federale staat bly terwyl Patrice Lumumba ten gunste van 'n sterk gesentraliseerde
nasionale regering was/Lumumba was in konflik met Moise Tshombe
Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin – Tshombe was gefokus is op die
afskeiding van Katanga vir selfregering (onafhanklikheid)
Joseph Mobutu het mag by Kasavubu oorgeneem deur 'n staatsgreep in 1965
Hy het 'n sekere mate van politieke stabiliteit gebring (gebaseer op outokrasie)
In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en sy land 'n
nuwe grondwet gegee as 'n eenpartystaat (Popular Movement for the Revolution)
Kongo het 'n eenpartystaat geword binne die eerste vyf jaar na onafhanklikwording
en alle opposisie is onderdruk
Mobutu het 'n persoonlikheidskultus ontwikkel (Mobutuïsme)
Mobutuïsme het die Kongo 'n outokratiese staat onder homself as 'n militêre
diktator gemaak
Is deur die VSA ondersteun want hy is as 'n anti-kommunistiese bondgenoot
beskou
Het 'n sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings, bevorderings en
die toekenning van staatsfondse beheer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 25 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Hy het die beleid van Zaïreanisasie ingestel, 'n beleid wat geskoolde buitelanders of
diegene wat strategiese bestuursposte gehad het, vervang het met ongeskoolde
plaaslike inwoners – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
leierskapsrolle gelei het
Hy het nepotisme toegelaat (kleptokrasie)
Mobutu het aangebly as 'lewenslange president' tot sy dood in 2007
Enige ander relevante antwoord
Ekonomiese beleide
Koloniale nalatenskap: (agtergrondkennis)
Uitbuiting – Belgiese welvaart gebaseer op uitbuiting van wol, rubberplantasies
en myne (koper, tin en diamante) deur koloniale maatskappye. Winste uit
minerale (myne) gebaseer op die uitbuiting van Kongolese werkers
Kongo as die mees vooruitstrewende staat teen onafhanklikheid beskou maar
die ekonomiese rykdom is deur buitelanders besit
Het 'n kapitalistiese ekonomie by België geërf
Het aanvanklik die ekonomie in de hande van wit setlaars en buitelanders gelos
Die land se ryk natuurlike bronne van koper, kobalt, diamante en ander materiaal
het buitelandse belegging aangemoedig
Nasionalisasie: Mobutu het die land se koperbedryf genasionaliseer en die winste
daarvan gebruik om sy 10 jaar-nywerheidsplan te finansier
Hy het maatskappye wat aan buitelanders behoort het, genasionaliseer, sonder
vergoeding
Buitelandse maatskappye onder die beheer van sy vriende en familielede geplaas.
Het Zaïreanisasie ingestel (die vervanging van buitelanders met Zaïre-nasionaliste)
Zaïreanisasie het gelei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur
Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme (lei tot groot gaping tussen
elite en gewone burgers/ryk en arm)
Swak ekonomiese beleide lei tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie ens.
Mobutu Sese Seko het 'n kleptokrasie ontwikkel waar 'n groep aangestelde
staatsamptenare hul posisie vir finansiële gewin misbruik het
Mobutu is geforseer om beleid van retrosessie in te stel (terugkeer van buitelandse
eienaars)
Baie min buitelanders het teruggekeer
Kongo se ekonomie het in duie gestort
Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings, bv. van die
Wêreldbank
Enige ander relevante antwoord
Sosiale en kulturele beleide
Koloniale nalatenskap: (agtergrondkennis)
Bevorder elitisme: het die opvoeding van 'n klein groep elite in Westerse kennis
en vaardighede, aangemoedig
Swak onderwysstelsel het nie die Kongolese bevorder of met vaardighede
toegerus nie
Frans was die onderrigstaal in skole
Teen onafhanklikheid het die Kongo slegs 14 gegradueerdes uit 14 miljoen
mense gehad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 26 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Het 'n beleid van Authenticité ingestel (om oorspronklik inheemse gebruike en
gelowe te bevorder) om koloniale invloed uit te wis en om Zaïrees te verenig met
sin van trots op eie kultuur
Vervang name met Afrika-name, bv. die Kongo is na Zaïre hernoem in 1971;
Leopoldville het Kinshasa geword, Elisabethville het Lubumbashi, en
Stanleyville het Kisangani geword; Mobutu het ook sy naam verander vanaf
Joseph-Desire Mobutu na Mobutu Sese Seko Kuku Ngbedu Waza Banga, wat
beteken, 'Die Kryger Wat Alles Oorwin Wat, As Gevolg Van Sy Uithouvermoë
En Onbuigsame Wil Om Te Oorwin, Van Oorwinning Na Oorwinning Sal Gaan
En Vuur Sal Agterlaat.'
Kleredrag: die dra van Westerse pakke is verban (deur 'n dekreet) en vervang met
'abacos' ('A bas le ostumes') wat 'weg met 'n pak' beteken
Het plaaslike musiek bevorder
Mobutu het demokrasie as 'n vreemde ideologie in Afrika beskou – hy het as 'n
Hoofman in tradisionele Afrika-styl geregeer en dit gebruik om om sy eie
outokratiese posisie te versterk
Frans het die onderrigtaal gebly en die onderwysstelsel het voortgegaan om die
stedelike elite te bevorder
Na onafhanklikheid het primêre onderwys en skoolinskrywings gestyg van
1,6 miljoen in 1960 tot 4,6 miljoen in 1974/Toe staatsbefondsing deur Mobutu
onttrek is, moes ouers begin om te betaal en primêre onderwys het agteruitgegaan
Onderwysers en hospitaalpersoneel is vir maande nie betaal nie as gevolg van die
swak ekonomiese en politieke praktyke
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 27 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmagfilosofie swart Amerikaners
bemagtig het om selfversekerd en selfstandig te wees. Hulle moet hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt in neem deur te verduidelik tot watter mate
die Swartmagfilosofie swart Amerikaners om gedurende die 1960's te bemagtig om
selfversekerd en selfstandig te wees. Kandidate moet ook aandui hoe hulle hul
argument gaan ondersteun.
UITBREIDING
Toestande in die VSA: (Agtergrondinligting)
Swart Amerikaners nog steeds ekonomies en polities agtergeblewe as gevolg
van diskriminerende wette in die VSA (Jim Crow)
Gebrek aan trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede (Het in
ghetto's gewoon en krotgebiede/swak behuising/minderwaardige geriewe)
Swart Amerikaners het ongeduldig met die stadige pas van verandering geword
en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960's
Swart Amerikaners onderhewig aan polisiebrutaliteit – gee aanleiding tot die
ontstaan van nasionalistiese gevoelens.
Swartmagbeweging propageer selfversekerdheid, selfstandigheid, swart trots,
beheer van politiek in hulle eie gemeenskappe (gepropageer deur Stokely
Carmichael); swart Amerikaners moet hulleself beskerm teen polisiebrutaliteit;
swartes wil vryheid weg van wit oorheersing nastreef; bevordering van die Afro-
haarstyl en Afrika-klere en ontwikkel die slagspreuk 'Swart is mooi' ('Black is
beautiful')
1966 Bobby Seale en Huey Newton stig die Black Panther-party (BPP) vir Self-
Verdediging – teen polisiebrutaliteit
Aanvaar die Tienpuntplan om hulle sosiale, politieke en ekonomiese doelstellings
na te streef vir die opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap
Die Black Panther-party het voedingskemas; kindersorg en geletterdheidsprojekte
in swart gemeenskappe aangebied – die voedingskemas het honger onder die jeug
uit die weg geruim en die leerproses in skole verbeter
BPP se geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die swart Amerikaanse
gemeenskap uitgewis
BPP se kindersorgprojekte het omgesien na die mediese behoeftes van swart
Amerikaners in swart gemeenskappe
BPP-lede het die strate patrolleer om polisieaktiwiteite te monitor en hulle teen
polisiebrutaliteit verdedig
BPP het aangedring dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word
Malcolm X het gewapende selfverdediging teen wit onderdrukking aangemoedig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 28 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Hy het geredeneer dat bloedvergieting nodig was vir 'n rewolusie (swart
nasionalisme) en propageer selfrespek en selfdissipline
Bevorder die konsep van 'Swart Trots' (selfwaardigheid/selfrespek/selfhelp)
Swart Amerikaners aangemoedig om op te staan teen wit Amerikaanse owerhede
in hul strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid deur alle moontlike metodes
Ondersteun die gebruik van geweld as 'n metode van selfverdediging teen diegene
wat swart Amerikaners aanval
Stokely Carmichael het geglo dat die nie-gewelddadige strategie misluk het as
gevolg van die voortslepende geweld teen swart Amerikaners
Ondersteun die uitsluiting van wit 'liberaliste' as 'n filosofie vir swart Amerikaners
Hy bevorder een plan om Amerika in afsonderlike swart en wit state te verdeel
Hy was gekant teen die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog
Impak: die mees ooglopende vorms van rassediskriminasie het tot 'n einde gekom
Rassegeweld en spanning het afgeneem
Swart Amerikaners is in openbare poste verkies
Behuising en geriewe van Swart Amerikaners is verbeter
Swart geletterdheid en afhanklikheid op staatstoelae was beperk
Regstellende-aksie-beleide vir federale indiensneming is ingestel
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum