Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2022 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202214 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2022 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2022 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE MASS DEMOCRATIC MOVEMENT (MDM) IN DIE LAAT 1980's DIE SEGREGASIEWETTE VAN SUID-AFRIKA SE APARTHEIDSREGERING UITGEDAAG? BRON 1A Die bron hieronder is 'n uittreksel wat kortliks die stigting van die Mass Democratic Movement (MDM) in 1989 in Suid-Afrika bespreek en hoe dit die apartheidsregering se rassewetgewing uitgedaag het. Die Mass Democratic Movement (MDM) was die naam van 'n informele koalisie (alliansie) van anti-apartheidsgroepe gedurende die 1970's en die vroeë 1980's. As 'n formele organisasie is die MDM as 'n anti-apartheidsopvolger vir die United Democratic Front (UDF) gestig nadat die 1988-noodtoestandbeperkings die UDF en verskeie ander opposisiepartye prakties verban het. Die UDF het die term 'Mass Democratic Movement (MDM)' in gebruik geneem en gesê dat die MDM basiese strukture moes versterk en al daardie organisasies aan die rand (van buite) moes inbring (insluit) sodat hulle by die stryd betrokke kon raak. Baie groepe wat voorheen uitgesluit is, onder andere wit groepe en groepe in die tuislande, is in September 1988 na 'n Anti-apartheidskonferensie genooi wat deur COSATU georganiseer is. Die regering het dit nie goedgekeur nie, en die konferensie verban. Selfs ná 1988 was die MDM 'n tydelike los koalisie van anti-apartheidsaktiviste met geen permanente konstitusie nie, geen amptelike ledelyste nie, geen nasionale of streeksbeheerliggaam nie en geen ampsdraers nie. Net soos die UDF het die MDM baie van hulle ondersteuning van die swart gemeenskap gekry; 'n voorwaarde vir affiliasie met die MDM was die nakoming van die voorwaardes van die ANC se Vryheidsmanifes. Die MDM het in 1989 op die voorgrond getree (belangrik geword) toe dit 'n veldtog van burgerlike ongehoorsaamheid georganiseer het met die oog op (hoop) die nasionale verkiesing wat geskeduleer is om in September daardie jaar plaas te vind. Met minagting (uittarting) van die noodtoestandregulasies wat op daardie tydstip gegeld het, het etlike honderde swart betogers hospitale en strande vir 'slegs blankes' betree. Mense van alle rasse het in daardie maand in verskeie stede vreedsaam teen polisiewreedheid en onderdrukkende (wrede) wetgewing betoog. [Uit https://photius.com/countries/south_africa/government/south_africa_government_mass_ democratic_move~2494.html. Toegang op 30 April 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 1B Die foto (fotograaf onbekend) hieronder is op 2 Augustus 1989 by die Addington Hospitaal ('slegs vir blankes') in Durban geneem. Dit beklemtoon verset teen segregasie as deel van die Mass Democratic Movement (MDM) se Oop Hospitale ('Open Hospital')-veldtog. [Uit http://146.141.12.32/protest-about-segregation-in-hospitals-at-addington-hospital-in-durban. Toegang op 31 Maart 2022 verkry.] NUSAS ONDERSTEUN DESEGREGEER HOSPITALE OOP HOSPITALE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 1C Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek wat deur 'n geskiedkundige, A Jeffery, geskryf is. Dit verduidelik die gebeure op 13 September 1989 tydens die vredesoptog na die Kaapstad Stadsaal wat deur die Mass Democratic Movement (MDM) teen polisiewreedheid georganiseer is. Na die uitkoms van die verkiesing het die MDM onderneem (belowe) om die uittartingsveldtog te verskerp. Tutu en Boesak het gesê dat hulle 'n optog na die parlement sou lei wanneer dit op 13 September 1989 hervat om woede teen polisiemoorde op die dag van die verkiesing uit te druk. Die dag voor die optog het Tutu aangekondig dat die optog eerder na die Kaapstad Stadsaal as na die parlement sou beweeg. Hy het bygevoeg dat die optog vreedsaam en gedissiplineerd sou wees, maar beklemtoon dat dit daar geen twyfel bestaan het dat die optog laat vaar (gestop) sou word nie. 'Hulle het ons mense doodgemaak,' het hy gesê. Dit het nie saak gemaak of die dodetal 23, soos hy eers genoem het, of 15 was, soos die polisie gesê het nie. 'Vyftien is 'n slagting … Selfs al werk ons net met húlle getalle, is dit 'n skandaal (skande).' Aangemoedig deur die versekering van ds. Johan Heyns, moderator (onderhandelaar) van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, dat die optog geweldloos sou wees, het De Klerk toegelaat dat dit voortgaan en gesê: 'Ons kan nie 'n demokrasie sonder protesoptogte hê nie.' De Klerk het bygevoeg dat daar geen rede vir mense was om deur wanordelike verset of oproerigheid aan hulle politieke aspirasies (ambisies) uiting te gee nie. 'Die deur na 'n nuwe Suid-Afrika is oop. Dit is nie nodig om dit af te breek nie,' het hy gesê. Die optog het vreedsaam verloop en het die de facto- (werklike) opheffing van die verbanning van die ANC aangedui. ANC-vlae het prominent gewapper. Plakkate met ANC-slagspreuke is openlik vertoon, ANC-vryheidsliedjies is gesing en ANC-leiers is geprys. Tutu en Boesak het die skare vanaf die balkon van die Stadsaal, wat met vlae van die ANC en die UDF versier was, toegespreek. 'Walk Cape Town Open' ('Loop Kaapstad Oop') het die plakkate verklaar. Die polisie het hulle eenkant gehou en geen stappe is gedoen om die verbod op die ANC of die beperkings op die UDF af te dwing nie. [Uit PEOPLE'S WAR – NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH AFRICA deur A Jeffery] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 1D Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek wat deur 'n geskiedkundige, A Jeffery, geskryf is. Dit verduidelik die apartheidsregering se reaksie op die uittartingsveldtogte wat in 1989 deur die Mass Democratic Movement (MDM) georganiseer is. Die polisie het toegeslaan en ongeveer 30 MDM-leiers asook talle mense wat hulle inperkingsbevele oortree (verbreek) het, gearresteer of aangehou. Vlok (Minister van Polisie) het gesê dat hy deeglik daarvan bewus was dat die doelwit van die uittartingsveldtog was om die polisie te verplig om wette af te dwing wat rassesegregasie sou handhaaf en om dan negatiewe publisiteit daaruit te bekom. Die polisie het egter nie ingetree om apartheidswette af te dwing nie; hulle was eerder nie bereid om burgerlike ongehoorsaamheidsaktiwiteite, wat tot polarisasie (verdeeldheid), konfrontasie en geweld lei, te verdra nie. Tutu se vrou is twee keer tydens onwettige optogte gearresteer terwyl beide Boesak en Tutu aangehou is. Die kragtige optrede is skerp deur die Amerikaanse administrasie afgekeur wat diep kommer oor die arrestasie van Tutu en sy vrou uitgespreek het en by die regering aangedring het om vreedsame uitdrukking van politieke meningsverskille (opposisie) toe te laat. In die VK (Verenigde Koninkryk) het televisiefilmmateriaal en koerantdekking op die gevalle gekonsentreer waar die polisie hulle uitweg geneem het tot traangas, waterkanonne, sambokke en massa-arrestasies om betogings op te breek. In die aanloop tot die verkiesing was daar ook 'n aantal geleenthede waar die polisie se misbruik van mag baie duidelik geblyk het. Dit was op 2 September in Mitchell's Plain die geval toe die polisie begin het om optoggangers met knuppels en sambokke te slaan, wat een van hulle lede, Luitenant Gregory Rockman, aangespoor het om te sê dat sy kollegas soos 'wilde honde met 'n moordinstink' opgetree het. Tutu het geantwoord en gesê: 'Baie mense beweer dat ons melodramaties (ooremosioneel) is en dat ons oordryf wanneer ons sê dat … dit byna altyd die polisie met hulle teenwoordigheid of optrede is wat die geweld veroorsaak. Maar nou het 'n polisieluitenant die polisie van wreedheid aangekla en gesê wat ons nog altyd gesê het.' [Uit PEOPLE'S WAR – NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH AFRICA deur A Jeffery] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2022 NSS – Addendum VRAAG 2: WAT KAN SUID-AFRIKANERS LEER UIT DIE ROL WAT AARTSBISKOP DESMOND TUTU, VOORSITTER VAN DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) VANAF 1995 TOT 1998, GESPEEL HET? BRON 2A Die uittreksel hieronder is geneem uit Aartsbiskop Desmond Tutu se aanvaardingstoespraak op 16 Desember 1995 by die eerste openbare byeenkoms van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) by die Stadsaal in Oos-Londen in die Oos-Kaap. Ons is almal bewus daarvan dat ons 'n delikate (moeilike) opdrag gekry het en dat die uitvoering daarvan, suksesvol of nie, kritieke en verreikende gevolge vir ons land en nasie gaan hê. Dit is 'n ontsagwekkende (geweldige) verantwoordelikheid. Dit is belangrik dat ons voortdurend die titel van die Wet wat ons in die lewe geroep het – die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening – in gedagte hou. Die absolute kern van die saak in ons Kommissie se werk is om ons land en mense te help om ware, werklike en nie goedkoop en nagemaakte (valse) versoening nie, te verkry. Party mense beskou die Kommissie met heelwat wantroue en, om die waarheid te sê, met agterdog en selfs vyandigheid omdat hulle hulleself oortuig het dat die Kommissie in 'n inkwisisie (ondersoek) gaan ontaard (verval), 'n heksejag wat vasbeslote is om met skurke (oortreders) af te reken. Ons moet van die begin af 'n stokkie steek voor daardie gerug of agterdog. Ons is bedoel om 'n deel te wees van die genesingsproses van ons nasie, van ons mense, ons almal, aangesien elke Suid-Afrikaner tot een of ander mate getraumatiseer (ontstel) is. Ons is gewonde mense as gevolg van die konflik van die verlede, maak nie saak aan watter kant ons gestaan het nie. Ons almal het genesing nodig. Ons is bevoorreg om op hierdie Kommissie te wees om ons land te help sodat ons mense eens en vir altyd ons donker verlede kan aanvaar. Hulle sê dat diegene wat aan geheueverlies (vergeetagtigheid) ly, diegene wat die verlede vergeet het, gedoem is om dit te herhaal. Dit is hoekom die waarheid so sentraal tot hierdie hele oefening is. Ons sal nogtans meedoen aan iets wat per slot van rekening diep geestelik, diep persoonlik is. Dit is waarom ek 'n versoek tot al ons mense rig – dit is nie iets wat net met die Kommissie te make het nie. Ons is daarin, ons almal saam, swart, wit, Kleurlinge en Indiërs. [Uit The South African Institute of Race Relations – Race Relations Survey, 1990] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 2B Die spotprent hieronder is deur J Shapiro, 'Zapiro', vir die Sowetan-koerant geteken. Dit beeld Aartsbiskop Desmond Tutu uit wat op 29 Oktober 1998 die Waarheids-en- Versoeningskommissie se verslag by President Nelson Mandela aflewer. [Uit Truth Drawn in Jest, Commentary on the Truth and Reconciliation Commission Through Cartoons deur W Verwoerd en M Mabizela] SPESIALE AFLEWERING WAARHEID Vertaling: … VAN LINKS, REGS EN IN DIE MIDDEL AANGEVAL, MENEER, MAAR ONS HET DIT GEMAAK!! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 2C Hierdie bron deur A Yates is geneem uit 'n spesiale verslag met die titel 'Justice Delayed: The TRC Recommendations 20 Years Later'. Dit fokus op advokaat Ntsebeza (een van die WVK-kommissarisse) se evaluering van die werk van die WVK gelei deur Aartsbiskop Desmond Tutu, die voorsitter van die WVK. Die WVK het ongeveer 300 oortreders van menseregteskendings aan vervolging onderwerp. Tot met die onlangse aankondiging deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ('NPA') dat 15 sake op hierdie lys vervolg gaan word, is nog net een persoon, Eugene de Kock, aan apartheidsera-misdade skuldig bevind. Die onlangse herlewing (oplewing) in WVK-verwante vervolgings is 'n welkome teken dat hierdie aanbeveling kan realiseer (werklikheid word), hoewel dit stadig is … Die sake van Ahmed Timol, die Cradock Vier, en ander word tans gelitigeer (hofsake is aan die gang). Baie mense hoop dat die 15 nuwe sake wat deur die NVG aangepak gaan word, die begin van 'n lang proses van vervolging van die volledige lys uit die WVK-verslag sal wees. Sommige van die WVK se doelwitte was suksesvol. Soos Ntsebeza Dumisa (WVK- kommissaris) met helder (duidelike) detail terugdink, was die eenvoudige stap dat jou storie in die openbaar bevestig (gestaaf) is 'n belangrike en betekenisvolle stap vir almal wat daarby betrokke was. Apartheid was 'n tydperk waartydens uitgebreide (toenemende) waninligting geskep is, op beide nasionale en globale vlakke, oor die werklikheid van wat in Suid-Afrika besig was om te gebeur. Dit is redelik om te droom dat ná die afwesigheid van die waarheid, openbare verklarings van feite nie net 'n herstel van persoonlike waardigheid sou wees nie, maar ook die eerste stap na nasionale eenheid. Ntsebeza Dumisa stem saam dat die internasionale relaas (verhaal) dat die WVK Suid-Afrikaners van hulle verlede bevry het en dat dit 'n sprokiesverhaaleinde vir 'n massiewe menseregtestryd was, onwaar is. Die idee dat met Desmond Tutu aan die hoof (in beheer) Christelike waardes oorwin het, en dat vergifnis die trauma van 50 plus jaar se onderdrukking sou uitwis (verwyder), is ook kortsigtig. [Uit Daily Maverick, 5 September 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 2D Die bron hieronder, deur die Suid-Afrikaanse skrywer en politieke kommentator, Sisonke Msimang, is op 27 Desember 2021 in die Al Jazeera-hoofartikel gepubliseer. Dit was 'n huldeblyk aan Aartsbiskop Tutu wat op 26 Desember 2021 oorlede is. Tutu is nie gemaak of gebreek deur die moeilike gesprekke wat in die konteks van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) plaasgevind het nie. Hy was 'n man met niks om te bewys nie en hy het die Kommissie bestuur (gelei) met 'n diep gevoel van liefde en toewyding aan die waarheid praat en vergifnis. Hierdie instink (gevoel) is soms deur sy land se behoefte aan tasbare (ware) geregtigheid, vir oortreders om tyd agter die tralies deur te bring, en vir slagoffers om die detail te kry van waar hulle geliefdes vermoor is, oorskadu (oortref). Deur te fokus op die verhale van diegene wat duidelik die meeste gely (swaargekry) het – die familie van die mense wat gemartel en vermoor is – het die Kommissie 'n geleentheid laat verbygaan om die strukturele en sistemiese (algehele) impak (invloed) van apartheid te hanteer. Met ander woorde, ten spyte van die hartroerende (ontstellende) verhale en die tonele van opvallende hartseer, het die WVK nooit 'n volle mandaat gekry om die groepsgevolge van apartheid te analiseer (ontleed) nie – die verlies aan geleenthede wat deur naakte apartheid teen geslagte van swart mense bewerkstellig (plaasvind) het. Die WVK het 'n lys apartheidsagente (geheime agente), wat daarvan verdink is dat hulle by die moorde op anti-apartheidsaktiviste betrokke was, aan die Nasionale vervolgingsgesag (NPA) oorhandig. In die twee dekades sedertdien het die Suid- Afrikaanse regering niks gedoen om daardie mense voor die gereg te bring nie; hulle het ook nooit ooreengekom om die vraag na regstelling (herstel) en vergoeding vir al die slagoffers van apartheid te bekyk nie. Die skuld hiervoor lê nie by Desmond Tutu nie. Inteendeel, sy dood herinner ons aan die onafgehandelde sake met betrekking tot die oorgang van apartheid na demokrasie. Dit was nie sy besigheid nie – dit is ons s'n. Vir dié van ons wat uitgeput is, sal dit goed wees om kennis te neem van die groot man se woorde. Met sy kenmerkende openhartigheid het Tutu gesê: 'As jy vrede wil hê, praat jy nie met jou vriende nie. Jy praat met jou vyande.' Hierdie aandrang daarop om uit te reik, selfs ten spyte van alle soorte verdeeldhede, was die sleutel tot sy effektiwiteit. [Uit Al Jazeera, 27 Desember 2021] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2022 NSS – Addendum VRAAG 3: HOE TOEGEWYD WAS ONTWIKKELENDE LANDE VAN BRICS AAN GLOBALE KLIMAATSVERANDERINGKWESSIES TUSSEN 2000 EN 2021? BRON 3A Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n stelling deur die Suid-Afrikaanse Departement van Energie wat op 30 November 2011 uitgereik is. Dit beklemtoon Suid-Afrika se toegewydheid aan die United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC). Suid-Afrika is deel van beide die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering ('UNFCCC') en hulle Kyoto Protokol en het in 1997 die Konvensie aanvaar (ingestem tot) en in 2002 het hulle die Protokol bekragtig (goedgekeur). As 'n ondertekenaar (deelnemer) moet die land voldoen en deelneem aan vergaderings en besprekings van die UNFCCC en hulle Kyoto Protokol. Die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering ('UNFCCC') is die belangrikste globale reaksie op klimaatsverandering. Die verwante Kyoto Protokol is 'n internasionale ooreenkoms wat lande klassifiseer volgens hulle vlak van industrialisasie en verbind sekere lande tot teikens wat verband hou met die vermindering van kweekhuisgasuitlatings. Die Suid-Afrikaanse Kabinet het goedkeuring verleen dat Suid-Afrika in Mei 2008 gasheer kon wees vir die Klimaatsveranderingkonferensie ('Climate Change Conference'), wat die COP17-konferensie van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering ('UNFCCC') sou insluit. Die UNFCCC het die land se aanbod aanvaar om in Desember 2008 gasheer te wees. Die Departement van Omgewingsake ('DEA'), saam met die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ('DIRCO') is die belangrikste departemente wat die koördinasie van die konferensie lei. Die Interministeriële Komitee oor Klimaatsverandering ('Interministerial Committee on Climate Change'), wat bestaan uit al die ander relevante departemente, is gestig om oor beide die logistiek en die relevante toepaslike (praktiese) inhoudskwessies rakende gasheer speel, toesig te hou. Op operasionele vlak is twee tegniese werksubkomitees gevorm om aan die logistiek en relevante (praktiese) inhoudskwessies onderskeidelik aandag te gee. [Uit http://www.energy.gov.za/cop%2017/default.htm. Toegang op 15 Mei 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n transkripsie van 'n toespraak wat op 11 Desember 2011 deur Greta Thunberg, 'n Sweedse omgewingsaktivis, by die VN se 25ste konferensie (COP25) in Madrid, Spanje, gemaak is. Dit beklemtoon hoe ryk en ontwikkelende lande nie besig was om hulle verbintenis (belofte) tot die vermindering van kweekhuisgasse na te kom nie. Ek praat al vir ongeveer 'n jaar lank voortdurend oor ons vinnig afnemende koolstofbegrotings. Maar aangesien dit steeds geïgnoreer word, gaan ek net voortgaan om dit te herhaal. Die G20-lande is aanspreeklik vir amper 80 persent van totale uitlatings. Die rykste 10 persent van die wêreld se bevolking produseer die helfte van ons koolstofdioksied(CO2)-uitlatings, terwyl die armste 50 persent vir slegs een tiende aanspreeklik is. Ons het beslis werk om te doen, party van ons meer as ander. 'n Handjievol ryk lande het onlangs hulleself daartoe verbind (belowe) om hulle kweekhuisgasuitlatings met soveel en soveel persent te verminder teen hierdie of daardie datum of om in soveel en soveel jaar klimaatsneutraal of netto zero te wees. Dit klink dalk op die oog af baie indrukwekkend, maar selfs al is die bedoelings goed, is dit nie leierskap nie. Dit is nie lei (bestuur) nie. Dit is misleidend omdat die meeste van hierdie beloftes nie lugvaart, verskeping, ingevoerde en uitgevoerde goedere en verbruik insluit nie. Dit sluit egter wel die moontlikheid in dat lande hulle uitlatings iewers anders kan verplaas (verskuif). … en sonder daardie besef van dringendheid, hoe kan ons, die mense, verstaan dat ons voor 'n werklike krisis staan. En as mense nie ten volle bewus is van wat aangaan nie, dan sal hulle nie druk plaas op die mense wat die mag het om iets daaraan te doen nie. En sonder druk van die mense, sal ons leiers basies daarmee wegkom om niks te doen nie, wat is waar ons nou is. Wel, ek sê vir julle, daar is hoop. Ek het dit gesien, maar dit kom nie van die regerings of korporasies af nie. Dit kom van die mense af. Die mense wat onbewus was, maar wat nou begin wakker skrik. En as ons eers bewus is, verander ons. Mense kan verander. Mense is gereed vir verandering. [Uit Express, 13 Desember 2019] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 3C Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die nasionale verklaring wat op 2 November 2021 deur die Indiese Eerste Minister, Shri Narendra Modi, by die COP26-beraad in Glasgow gemaak is. Dit beklemtoon hoe Indië hulleself verbind het om die klimaatsveranderingprogramme na te kom. Toe ek aanvanklik na die Klimaatsberaad in Parys gekom het, was dit nie my bedoeling om nog een belofte by al die ander wat reeds in die wêreld gemaak is, te voeg nie. Ek het gekom met 'n bekommernis oor die mensdom. Ek het gekom as 'n verteenwoordiger van 'n kultuur wat die boodskap 'Sarve Bhavantu Sukhinah' gegee het, wat 'Blydskap vir Almal' beteken. En daarom was die byeenkoms in Parys vir my nie 'n beraad nie, dit was 'n sentiment en 'n verbintenis (eed). En Indië het nie daardie beloftes aan die wêreld gemaak nie, dit was eerder tien miljoene Indiërs wat daardie belofte aan hulleself gemaak het. En ek is vandag bly dat 'n ontwikkelende land soos Indië, wat werk aan die opheffing van tien miljoene mense uit armoede, en wat dag en nag aan die welbehae (vreugde) van tien miljoene mense werk, ten spyte daarvan dat ons 17% van die wêreld se bevolking uitmaak en slegs vir 5 persent van die wêreld se uitlatings verantwoordelik is, geen steen onaangeraak gelaat het om te wys dat ons ons verpligting nagekom het nie. Die hele wêreld glo vandag dat Indië die enigste groot ekonomie is wat in letter en gees aan die Parys-verbintenis gehoor gegee het. Ons is baie vasbeslote en ons werk hard en toon die resultate. Oor die kwessie van klimaat, beweeg Indië vandag vorentoe met groot moed en groot ambisie. Indië verstaan ook die swaarkry van ander ontwikkelende lande, ons deel dit met hulle en sal voortgaan om ook hulle verwagtinge te verwoord. In baie ontwikkelende lande neem klimaatsverandering 'n belangrike plek in (dit is 'n dringende probleem) met betrekking tot hulle bestaan. Ons sal vandag groot stappe moet doen om die wêreld te red. Dit is wat op hierdie tydstip nodig is en dit sal ook die relevansie van hierdie forum bewys. Ek vertrou dat die besluite wat in Glasgow geneem word, die toekoms van ons toekomstige generasies sal red en hulle die gawe van 'n veilige en voorspoedige lewe sal gee. [Uit Ministry of External Affairs, Media Centre, 2 November 2021] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2022 NSS – Addendum BRON 3D Hierdie foto deur C Kampfner vir The Times-koerant is op 12 November 2012 geneem buite die COP26-beraad wat in Glasgow, Skotland, gehou is. Dit toon die betoging deur Brasiliane teen hulle politieke leiers (Joaquim Leite, Minister van Omgewing, en Bolsonaro, Brasiliaanse President) omdat hulle nie genoeg doen om die Brasiliaanse woude te beskerm nie. [Uit The Times, 12 November 2021] CAATINGA TE KOOP $1,89 AMASONE OF BOLSONARO JOAQUIM LEITE MINISTRO DO NENHUM AMBIENTE *AMASONE – Brasiliaanse Reënwoud *CAATINGA – Brasiliaanse Woud Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2022 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Al Jazeera, 27 Desember 2021 Daily Maverick, 5 September 2018 Express, 13 Desember 2019 http://146.141.12.32/protest-about-segregation-in-hospitals-at-addington-hospital-in- durban. http://www.energy.gov.za/cop%2017/default.htm. https://photius.com/countries/south_africa/government/south_africa_government_mass democratic_move~2494.html. Jeffery, A. 2009. PEOPLE'S WAR – NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH AFRICA, Jonathan Ball Publishers (Edms.) Bpk., Kaapstad Ministry of External Affairs, Media Centre, 2 November 2021 The South African Institute of Race Relations – Race Relations Survey, 1990 The Times, 12 November 2021 Verwoerd, W en Mabizela M. 2000. Truth Drawn in Jest, Commentary on the Truth and Reconciliation Commission Through Cartoons, New Africa Books, Kaapstad. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all