Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
EXEMPLAR
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a/v1-37bffaf38506ee52a7a5/card.webp)





View all





History Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 204.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
minste EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE MASS DEMOCRATIC MOVEMENT (MDM) IN
DIE LAAT 1980's DIE SEGREGASIEWETTE VAN SUID-AFRIKA
SE APARTHEIDSREGERING UITGEDAAG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Watter organisasie, volgens die bron, is in 1988 as 'n anti-
apartheidsopvolger vir die United Democratic Front (UDF) gestig?
(1 x 1) (1)
1.1.2 Wat, volgens die UDF, is daar van die Mass Democratic Movement
(MDM) verwag om te bereik in die stryd teen apartheid?
Gee TWEE antwoorde. (2 x 1) (2)
1.1.3 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: ' 'n
voorwaarde vir affiliasie met die MDM was die nakoming van die
voorwaardes van die ANC se Vryheidsmanifes', in die konteks van
die stryd teen apartheid. (2 x 2) (4)
1.1.4 Verduidelik die term burgerlike ongehoorsaamheid in die konteks
van aktiwiteite wat in September 1989 deur die MDM georganiseer
is. (1 x 2) (2)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die foto oor die MDM se 'Oop
Hospitale('Open Hospital')'-veldtog teen segregasie oorgedra
word. (2 x 2) (4)
1.2.2 Lewer kommentaar op die rassesamestelling van die betogers wat
aan hierdie veldtog deelgeneem het (1 x 2) (2)
1.3 Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die uittartingsveldtogte wat die
MDM in 1989 teen segregasiewette georganiseer het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2022
NSS
1.4 Lees Bron 1C.
1.4.1 Waarom, volgens die bron, het Tutu en Boesak op
13 September 1989 'n vredesoptog na die parlement gelei? (1 x 1) (1)
1.4.2 Verduidelik wat Tutu bedoel het met sy uitdrukking: 'Vyftien is 'n
slagting … Selfs al werk ons net met húlle getalle, is dit 'n skandaal
(skande)' in die konteks van polisiereaksie op betogers. (2 x 2) (4)
1.4.3 Haal DRIE redes uit die bron aan waarom De Klerk toegelaat het
dat die vredesoptog voortgaan. (3 x 1) (3)
1.4.4 Waarom, dink jy, het die polisie op 13 September 1989, tydens die
vredesoptog na die Kaapstad Stadsaal, 'n lae profiel gehandhaaf?
(1 x 2) (2)
1.4.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
navorser wat die gebeure wat op 13 September 1989 tydens die
vredesoptog na die Kaapstad Stadsaal plaasgevind het, bestudeer.
(2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Volgens die bron, noem DRIE maniere waarop die polisie teen die
MDM-leiers en betogers wat hulle inperkingsbevele oortree
(verbreek) het, opgetree het. (3 x 1) (3)
1.5.2 Definieer die term uittartingsveldtog in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.5.3 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop sinspeel dat die
Amerikaanse administrasie teen die streng beperking van Tutu en
sy vrou deur die apartheidsregering was. (2 x 1) (2)
1.5.4 Waarom, dink jy, het Luitenant Gregory Rockman beweer dat sy
kollegas soos 'wilde honde met 'n moordinstink' opgetree het?
(1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die MDM in die 1980's die segregasiewette van Suid-Afrika se
apartheidsregering uitgedaag het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 2: WAT KAN SUID-AFRIKANERS LEER UIT DIE ROL WAT
AARTSBISKOP DESMOND TUTU, VOORSITTER VAN DIE
WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) VANAF 1995
TOT 1998, GESPEEL HET?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Watter Wet, volgens die bron, het die Waarheids-en-
Versoeningskommissie in die lewe geroep? (1 x 1) (1)
2.1.2 Wat, volgens Tutu, moet die kern van die saak vir Suid-Afrikaners
wees in 'ons Kommissie se werk' (WVK)? (1 x 2) (2)
2.1.3 Verduidelik wat Tutu met die stelling: '… maak nie saak aan watter
kant ons gestaan het nie. Ons almal het genesing nodig', in die
konteks van versoening en nasionale eenheid bedoel het. (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Identifiseer enige VIER politieke partye in die spotprent wat Tutu
aangeval het toe hy op 29 Oktober 1998 die Waarheids-en-
Versoeningskommissie se verslag by President Nelson Mandela
aflewer het. (4 x 1) (4)
2.2.2 Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oor die finale
WVK-verslag wat op 29 Oktober 1998 aan President Nelson
Mandela voorgelê is, oorgedra word. (2 x 2) (4)
2.2.3 Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n
geskiedkundige wat die voorlegging van die finale verslag van die
Waarheids-en-Versoeningskommissie navors. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Definieer die konsep oortreder in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.3.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat die NVG op
die aanbevelings van die finale WVK-verslag gereageer het.
(2 x 1) (2)
2.3.3 Verduidelik wat Kommissaris Ntsebeza met 'openbare verklarings
van feite … die eerste stap na nasionale eenheid' rakende die
WVK-verhore bedoel het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2022
NSS
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Haal enige DRIE stellings aan wat Sisonke Msimang gemaak het,
waarin hulde aan Aartsbiskop Tutu na sy heengaan op
26 Desember 2021 gebring is. (3 x 1) (3)
2.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op die stelling: 'die WVK (het) nooit 'n volle mandaat
gekry om die groepsgevolge van apartheid te analiseer (ontleed)
nie.' (2 x 2) (4)
2.4.3 Verduidelik die term regstelling in die konteks van wat die regering
met die WVK wou bereik. (1 x 2) (2)
2.4.4 Wat het Msimang met 'sy (Tutu s'n) dood herinner ons aan die
onafgehandelde sake met betrekking tot die oorgang van apartheid
na demokrasie' geïmpliseer? (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D met betrekking tot die werk van die WVK ondersteun.
(2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
wat Suid-Afrikaners kan leer uit die rol wat Aartsbiskop Desmond Tutu,
voorsitter van die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) vanaf 1995
tot 1998 gespeel het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: HOE TOEGEWYD WAS ONTWIKKELENDE LANDE VAN BRICS
AAN GLOBALE KLIMAATSVERANDERINGKWESSIES TUSSEN
2000 EN 2021?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Identifiseer TWEE rolle wat Suid-Afrika as 'n ondertekenaar van
die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaats-
verandering ('United Nations Framework Convention on Climate
Change') moet speel. (2 x 1) (2)
3.1.2 Definieer die konsep klimaatsverandering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.3 Gee TWEE verantwoordelikhede van die Kyoto Protokol wat in die
bron genoem word. (2 x 1) (2)
3.1.4 Noem TWEE aktiwiteite in die bron wat aan die Interministeriële
Komitee oor Klimaatsverandering gedelegeer is met die oog op
gasheer speel vir die UNFCCC in Mei 2008. (2 x 1) (2)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Watter hoeveelheid CO2-uitlatings word volgens die bron deur die
volgende geproduseer:
(a) Rykste 10 persent van die wêreldbevolking (1 x 1) (1)
(b) Armste 50 persent van die wêreldbevolking (1 x 1) (1)
3.2.2 Waarom, dink jy, het ryk lande nie daarin geslaag om hulle belofte
om hulle kweekhuisgasuitlatings te verminder, nagekom nie?
(2 x 2) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op wat Greta Thunberg met die stelling, 'daar
is hoop. Ek het dit gesien, maar dit kom nie van die regerings of
korporasies af nie. Dit kom van die mense af', bedoel het in die
konteks van die hantering van uitdagings wat deur
klimaatsverandering gestel is. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van die bron vir 'n geskiedkundige
wat die klimaatsveranderingkwessies tussen 2000 en 2021 navors.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2022
NSS
3.3 Lees Bron 3C.
3.3.1 Gee TWEE bekommernisse wat die Indiese Eerste Minister, Shri
Narendra Modi, met die Parys Klimaatsberaad gedeel het. (2 x 1) (2)
3.3.2 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling, 'daarom was
die byeenkoms in Parys vir my nie 'n beraad nie, dit was 'n
sentiment en 'n verbintenis (eed)', in die konteks van Indië se
betrokkenheid by die Parys Klimaatsberaad. (2 x 2) (4)
3.3.3 Verduidelik die konsep ontwikkelende lande met verwysing na
Brasilië, Indië en Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
3.3.4 Waarom, volgens die bron, het die hele wêreld geglo dat Indië die
enigste groot ekonomie is wat in letter en gees aan die Parys-
verbintenis gehoor gegee het? Gee TWEE antwoorde. (2 x 1) (2)
3.4 Bestudeer Bron 3D.
3.4.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto wat op 12 November 2021
in The Times-koerant verskyn het, geneem is. (2 x 2) (4)
3.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom Brasiliane oor die Amasone- en
Caatinga-woude bekommerd was. (2 x 2) (4)
3.5 Gebruik Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
bewyse in Bron 3D ondersteun met betrekking tot implementering van die
klimaatsveranderingooreenkomste. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die
toegewydheid van ontwikkelende lande van BRICS aan globale
klimaatsveranderingkwessies tussen 2000 en 2021 te verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
Die filosofie van Swart Bewussyn was suksesvol met die vestiging van trots en
selfvertroue by swart mense om apartheid in die 1970's in Suid-Afrika uit te daag.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Verduidelik tot watter mate kompromieë deur verskillende rolspelers (politieke partye)
'n hoofkenmerk gebly het wat in 1994 die weg vir 'n nuwe politieke bedeling in
Suid-Afrika gebaan het.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE
Die beleidsveranderinge deur Mikhail Gorbachev vanaf 1985 het in 1991 tot die
disintegrasie van die Sowjetunie gelei, alhoewel dit ook positiewe gevolge vir
Suid-Afrikaanse politiek gehad het.
Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a/v1-37bffaf38506ee52a7a5/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum