Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
*INFDM2*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers %20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb/v1-a52d38d34bbb677fc423/card.webp)





View all





Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 225.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1.1Systems Technologies1 marks
- Question 1.2Systems Technologies1 marks
- Question 1.3Systems Technologies1 marks
- Question 1.4Systems Technologies1 marks
- Question 1.5Systems Technologies1 marks
- Question 1.6Systems Technologies1 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Database Design and SQL1 marks
- Question 1.8Systems Technologies1 marks
- Question 1.9Systems Technologies1 marks
- Question 1.10Social Implications10 marks
- Question 2Systems Technologies56 marks
- Question 3Social Implications14 marks
- Question 4Social Implications13 marks
- Question 5Database Design and SQL42 marks
- Question 6Systems Technologies35 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) in die antwoordeboek neer.
1.1 USB en Firewire het heelwat voordele. Watter van die volgende is NIE ʼn
voordeel van hierdie konneksie-tipes nie?
A USB en Firewire is vinnig.
B Daar is vandag USB-ondersteuning vir baie toestelle.
C USB-toestelle neig om duurder as ander toestelle te wees.
D USB- en Firewire-toestelle is draagbaar (1)
1.2 Watter een van die volgende stellings is verkeerd?
Om Plug and Play moontlik te maak, moet die ...
A BIOS Plug and Play ondersteun.
B SVE (CPU) Plug and Play ondersteun.
C bedryfstelsel Plug and Play ondersteun.
D toestel wat geïnstalleer word, Plug and Play ondersteun. (1)
1.3 Om ʼn toestel aan ʼn rekenaar te koppel, sonder om die rekenaar eers af te
skakel, staan bekend as ...
A modulêre ontwerp.
B GUI.
C plug and play.
D hot plugging. (1)
1.4 Om een fisiese skyf in meer as een virtuele skyf te deel, staan bekend as …
A partisie.
B booting.
C formatering.
D slack. (1)
1.5 Wat is NIE ʼn eienskap van ʼn lêer nie?
A Die grootte van die lêer
B Kluster van die lêer
C Die datum waarop die lêer geskep is
D Die lêer-tipe (1)
1.6 Watter een is NIE ʼn vereiste vir ʼn netwerk nie?
A Netwerkkaart
B Switch
C USB hub
D NBS (NOS) (1)
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2012)
1.7 Watter een is NIE ʼn geldige SQL-stelling nie?
A SELECT * FROM CD_Table ORDER BY genre
B SELECT * FROM CD_Table WHERE Genre = Jazz
C SELECT CD_Naam, Kunstenaar FROM CD_Table WHERE Prys >
100 AND Prys < 150
D SELECT CD_Naam, Kunstenaar, Genre WHERE Genre IN (“Jazz”,
“Pop”, “Reggae”) (1)
1.8 Wat is die korrekte volgorde van ʼn masjiensiklus?
A Haal, oordrag, dekodeer, uitvoer
B Dekodeer, haal, oordrag, uitvoer
C Haal, dekodeer, oordrag, uitvoer
D Oordrag, dekodeer, haal, uitvoer (1)
1.9 Watter een pas nie?
A Firewall
B Spyware
C Virus
D Wurm (1)
1.10 Wat is die beste vorm van beskerming teen Internetgevare?
A Maak bankwebtuistes oop deur ʼn skakel in ʼn e-pos
B Maak aanhegsels oop van onbekende bronne
C Laai twee antiviruspakkette
D Gebruik gesonde verstand (1)
Skryf die letter neer van die item in KOLOM B wat die beste pas by die term in
KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer en die ooreenstemmende letter in
KOLOM B in jou antwoordeboek.
KOLOM A KOLOM B
1.11 Hierdie plaat huisves die SVE A Object Oriented Processing
1.12 Netwerke B IRC
1.13 Ethernet C Hoë spoed, hoë bandwydte
konneksie tot die Internet
1.14 OOP D For-lus
1.15 Sosiale netwerking E Skyf gebaseerd
1.16 Protokol F Deel van hardeware
1.17 Virtuele geheue G Moederbord
1.18 Breëband H Geloofwaardigheid, gelykheid,
verifikasie
1.19 Herhaling van ʼn bekende aantal I Reëls om dataoordrag te bepaal
rekords
1.20 Vertrou data J Object Oriented Programming
K Repeat-Until lus
L 802.3 (10)
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
SCENARIO
Jy het onlangs matriek klaargemaak en jy wil ondervinding opdoen in die IT-
wêreld. ʼn Vriend se pa besit ʼn IT-besigheid. Jy nader Mnr Bug en vra of hy jou
sal aanstel. Hy stem in en sit jou in ʼn span saam met een van sy ervare
tegnikusse.
AFDELING B: APPARATUUR EN PROGRAMMATUUR
VRAAG 2
Jy word gevra om spesifikasies aan ʼn besigheid, wat beplan om ʼn Internet-kafee
en ʼn rekenaarspeletjieskamer (gaming lounge) te begin, te verskaf. Die
bestuurder benodig ook ʼn rekenaar om die besigheid mee te bestuur. Jy verskaf
die volgende spesifikasies in ʼn kwotasie.
Rekenaar 1 Rekenaar 2 Rekenaar 3 („Laptop‟)
TForce 6100-939 socket TForce 6000-775 socket 15.4” XGA-monitor
939 moederbord 775 moederbord 640GB HDD
667MHz FSB 667MHz FSB 2GB RAM
Intel i7 Quad core Intel dual core 3.60GHz Intel core i5 T3400
Verwerker 2.90GHz Verwerker 2.60GHz CPU
Nvidia GeForce GTX 1GB PCI-x grafika CD/DVD writer
570 512MB PCI VGA- 1TB HDD Webkamera
kaart Vista Home Edition 802.11 wireless
620GB HDD CD/DVD rewriter Vista Home Premium
Vista Ultimate 2GB RAM 10/100 Ethernetpoort
CD/DVD rewriter Ergonomies ontwerpte
4GB RAM sleutelbord en muis
Ergonomies ontwerpte 10/100 Ethernetpoort
sleutelbord en muis 17” LCD-monitor
10/100 Ethernetpoort
21” LCD-monitor
R15 999 R6 999 R7 500
2.1 Bestudeer die bostaande rekenaarspesifikasies en beantwoord die vrae
wat volg:
2.1.1 Watter van die bogenoemde desktop-rekenaars sal jy vir die
rekenaarspeletjieskamer aanbeveel? Lys DRIE redes vir jou
antwoord. (4)
2.1.2 Watter rekenaar sal gepas wees vir die Internetkafee? Gee EEN
rede vir jou keuse. (2)
2.1.3 Gee VYF vrae wat jy aan ʼn persoon wat ʼn rekenaarsisteem wil
koop moet vra. Hierdie vrae moet jou help om ʼn sisteem aan te
beveel. (5)
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2012)
Die eienaar van die Internetkafee is nie baie kundig op die gebied van rekenaars
nie, maar hy het ʼn paar spesifieke vereistes. Een van sy vereistes is dat die
hoofrekenaar wat al die rekeninge moet hanteer, baie betroubaar moet wees
met goeie werksverrigting. Die tegnikus saam met wie jy werk stel die gebruik
van RAID-tegnologie voor.
2.2 2.2.1 Watter TWEE hardeware komponente van ʼn rekenaar vorm ʼn
RAID-sisteem? (2)
2.2.2 Vlak 1 RAID word gebruik vir situasies waar databeskikbaarheid
kritiek is. Benoem hierdie RAID-konfigurasie en, deur gebruik te
maak van ʼn diagram, verduidelik hoe dit werk. Dui aan of dit ʼn
hoë, medium of lae fouttoleransie het. (6)
2.2.3 Wat is die TWEE hoof doelwitte vir die ontwerp van RAID-
tegnologie? (2)
2.2.4 Wat word RAID 5 genoem? (1)
Jy het geleer dat die moederbord en SVE (CPU) ʼn baie belangrike rol speel om
die werksverrigting van ʼn rekenaar te bepaal. Jy verstaan egter nie regtig die
betekenisvolle waarde daarvan nie, so jy het ʼn paar navrae oor die kwotasie.
2.3 2.3.1 Waarvoor staan FSB? (1)
2.3.2 Wat is die rede waarom hierdie waarde gekwoteer word? (1)
2.3.3 In terme van die verbetering van die werksverrigting van die
SVE, beskryf hoe die vermeerdering van die registergrootte sal
help. (3)
2.3.4 Noem en beskryf DRIE maniere vir verbetering van die SVE se
werksverrigting, uitsluitend die beskrywing van registergrootte. (6)
Deur jou advies te volg, besluit hulle om deurgaans 21” LCD-monitors te koop.
2.4 2.4.1 Wat beteken 21”? (1)
2.4.2 Gee TWEE redes waarom hierdie skerms voordeliger is as die
ouer CRT-skerms. (2)
ʼn Netwerkbediener moet geïnstalleer word.
2.5 2.5.1 Watter netwerktopologie sal jy aanbeveel en gee ʼn rede vir jou
keuse. (2)
2.5.2 Teken ʼn benoemde skets van hierdie topologie. (3)
2.5.3 Watter tipe kabel sal jy vir hierdie netwerk gebruik? (1)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
Die tegnikus nooi jou uit om saam met hom en die eienaar van die Internetkafee
en rekenaarspeletjieskamer te ontmoet om die Internetkonnektiwiteit te
bespreek. Jy sê vir die eienaar van die Internetkafee dat hy addisionele
hardeware benodig om dit vir hom moontlik te maak om aan die IDV (ISP) te
konnekteer. Hierdie hardeware, soos jy verduidelik, is ʼn roeteerder (router).
2.6 2.6.1 Waarvoor staan IDV (ISP)? (1)
2.6.2 Beskryf die funksie van ʼn roeteerder. (3)
Die oplossing vereis dat twee geboue, wat 150 m van mekaar af is, met mekaar
gekoppel moet word.
2.7 2.7.1 Watter tipe kabel sal jy voorstel?
Gee ʼn rede vir jou keuse. (2)
2.7.2 Gee DRIE voordele vir jou voorgestelde oplossing oor ʼn
koordlose (wireless) netwerk. (3)
Om ʼn hoëspoed netwerk vir die rekenaarspeletjieskamer te verseker, kwoteer jy
ʼn 1GB/s netwerkkaart. Na installering van ʼn nuwe plug and play-netwerkkaart, is
ʼn ernstige fout opgespoor.
2.8 2.8.1 Wat word bedoel met die term plug and play? (2)
2.8.2 Die drywer vir die kaart is nie ingesluit in die bedryfstelsel nie en
sal met behulp van die CD wat saam met die kaart gekom het,
geïnstalleer moet word. Verduidelik wat ʼn drywer is. (3)
TOTAAL AFDELING B: 55
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2012)
AFDELING C: TOEPASSINGS EN IMPLIKASIES
VRAAG 3 e-KOMMUNIKASIE
Die moontlikheid vir die gebruik van koordlose konneksie tussen die rekenaars
wat vir speletjies gebruik word en om Internetgebruikers toe te laat om hul eie
skootrekenaars na die Internetkafee te bring is bespreek.
Die probleme aangaande e-kommunikasie is tweevoudig. Die Internet is ontwerp
om ʼn betroubare omgewing te wees en tweedens is e-kommunikasie grootliks
anoniem.
3.1 3.1.1 Bespreek en lewer kritiese kommentaar op die bostaande
stelling. (4)
3.1.2 Wat is ʼn hacker? (2)
3.1.3 Deur gebruik te maak van ʼn voorbeeld, verduidelik wat die doel
van phishing is. (3)
3.1.4 Deur gebruik te maak van ʼn voorbeeld, verduidelik wat
identiteitsdiefstal is. (3)
Een manier om sekuriteit op sekere webtuistes te voorsien, is om gebruik te
maak van digitale handtekeninge.
3.2 Watter sekuriteit bied digitale handtekeninge en aan wie? (2)
[14]
VRAAG 4 SOSIALE EN ETIESE KWESSIES
Jy stel ook aan die Internetkafee-eienaar voor om gebruik te maak van
programmatuur om die sleutelborddrukke te monitor, want jy het gehoor daar is
kriminele wat die Internet gebruik vir hul eie aktiwiteite en jy wil inligting versamel
om te help met die vervolging van hierdie persone.
4.1 Wat word hierdie tipe programmatuur genoem? (1)
4.2 Is dit eties om hierdie programmatuur op te laai om die mense se
aktiwiteite te monitor?
Regverdig jou antwoord. (2)
Dit is duidelik dat inligting van een webtuiste na ʼn ander webtuiste aansienlik
verskil.
4.3 Gee TWEE wenke oor hoe jy kan verseker dat inligting geloofwaardig is. (2)
4.4 Noem en verduidelik VIER vorme van e-kommunikasie. (8)
[13]
TOTAAL AFDELING C: 27
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING D: PROGRAMMERING EN ONTWIKKELING VAN
PROGRAMMATUUR
VRAAG 5 ALGORITMES EN BEPLANNING
Die eienaar van die Internetkafee dui aan dat hy ʼn vorm van ʼn rekenkundige
program, asook sagteware benodig wat die Internet op elkeen van die rekenaars
beheer. As gevolg van jou programmeringskennis, besluit jy om die projek te
bestuur. Van jou vriende is gretige programmeerders, maar is nog nie die fynere
details van programmering geleer nie.
Met die toets van die program wat ʼn vriend skryf om die rekenkunde te doen,
vries die program met ʼn oorloopfout.
5.1 5.1.1 Wat word bedoel met die term „oorloopfout‟? (2)
5.1.2 Wat is die oplossing vir so ʼn fout, met die aanname dat daar
geen logiese foute in die programkode is nie? (2)
5.1.3 Waarom vind oorloopfoute minder plaas met reële getalle as
met heelgetalle? (2)
Jou vriend se program maak gebruik van tekslêers wat gebruik word om data
tussen ʼn databasis en ʼn rekenkundige program te stuur. Om data van Access na
ʼn ander sagtewarepakket te stuur, word ʼn CSV-lêer geskep.
5.2 5.2.1 Waarvoor staan CSV? (1)
5.2.2 Kan jy gebruik maak van ʼn FOR-lus om die rekords in die CSV-
lêer te lees?
Motiveer kortliks jou antwoord. (2)
5.2.3 Watter tipe lus behoort mens in hierdie geval te gebruik?
Motiveer jou antwoord. (2)
Die databasis is swak ontwerp. Daar kom heelwat herhaling van data voor.
Meervoudige tabelle word gebruik, maar daar is geen gebruik van primêre
sleutels of verwantskappe nie.
5.3 5.3.1 Hoe kan mens ontslae raak van herhaling van data? (1)
5.3.2 Wat is ʼn primêre sleutel? (2)
5.3.3 Die integriteit van data is gekoppel aan die GIGO-prinsiep.
Verduidelik wat hierdie stelling beteken. (2)
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2012)
Veronderstel jy het ʼn databasisontwerp met ʼn tabel Klient_Details met die
volgende velde:
Voorletters: text
Van: text
ID_Nommer: text
Selnr: text
ID_Prentjie: image
Begin_uur: integer
Einde_uur: integer
Begin_min: integer
Einde_min: integer
Data_gebruik: real
Krediet: real
Koste_per_min: real
Die totale tyd wat die persoon die internet gebruik, word uitgewerk deur die
Begin_uur, Einde_uur, Begin_min en Einde_min-velde te gebruik
5.4 5.4.1 Watter veld sal toepaslik wees vir die gebruik van ʼn primêre
sleutel?
Motiveer jou antwoord. (2)
5.4.2 Die ID_Nommer is as ʼn teksveld verklaar. Waarom is dit nie as ʼn
nommerveld verklaar nie, aangesien ʼn ID-Nommer slegs uit
nommers bestaan? (2)
5.4.3 Verduidelik waarom die Selnr-veld as teks verklaar is? (2)
ʼn Toepassing moet geskryf word wat van SQL gebruik moet maak om die
databasis te manipulee.
5.5 5.5.1 Gee ʼn breedvoerige verduideliking van wat SQL is (nie waarvoor
dit staan nie) en hoe dit in hierdie spesifieke stelsel gebruik kan
word. (6)
5.5.2 Skryf ʼn SQL-stelling neer wat al die velde sal vertoon (2)
5.5.3 Skryf ʼn SQL-stelling neer wat die kliënt se van, voorletters, ID-
nommer en hul krediet vertoon. Die name moet alfabeties
gesorteer word. Die data moet slegs vertoon word indien hul ʼn
krediet van meer as R100 het. (5)
5.5.4 ʼn SQL-stelling word benodig om die bedrag verskuldig,
gebaseer op die tyd op die Internet gespandeer en hul krediet,
vir ʼn sekere sessie uit te werk. Vertoon die kliënt se van,
voorletters en bedrag verskuldig. Sorteer die name alfabeties. (7)
TOTAAL AFDELING D: 42
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING E: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Nou dat jy ondervinding met ʼn groter kliënt gehad het, besluit Mnr Bug om jou op
jou eie na ʼn kliënt toe te stuur. Hierdie kliënt benodig ʼn opgradering op sy
netwerk, Internetkonnektiwiteit, e-pos en ʼn POS(point of sale)-punt. Die kliënt is
in ʼn uiters agtergeblewe gebied geleë, ver van dienste.
Jou eerste uitdaging is om op die netwerk infrastruktuur te besluit. Jy besluit op
ʼn ster-topologie, kliënt-bediener-konfigurasie met een rekenaar wat dien as ʼn
Internet e-pos/proxy/kasgeheue bediener. Jy word ook gevra om na die
moontlikheid te kyk vir die opstel van ʼn klein rekenaarsentrum wat bestaan uit 15
thin clients wat gebruik sal word as ʼn opleidingsentrum vir plaaslike inwoners.
6.1 6.1.1 Wat word bedoel met die “topologie” van ʼn netwerk? (1)
6.1.2 Watter DRIE voordele het hierdie topologie bo ʼn bus-topologie? (3)
Die bediener moet ʼn kragtige rekenaar wees as gevolg van al die toestelle wat
dit moet beheer en as gevolg van die thin clients. Jy spesifiseer ʼn i7 quad core
verwerker, 12GB RAM en ʼn SCSI disk array van 5 skywe wat in ʼn RAID 5-
konfigurasie hardloop met ʼn hot swappable drive bay.
6.2 6.2.1 Wat beteken quad core? (1)
6.2.2 Wat beteken die term hot swappable? (1)
6.2.3 Jy verduidelik dat die bediener in staat is om
multitaakverwerking te doen. Beskryf in jou eie woorde wat
multitaakverwerking is. (3)
Die rekenaar het slegs 12GB RAM. As jy die taakbalkie oopmaak, kom jy agter
dat die totale geheue wat gebruik word 14.5GB is.
6.3 6.3.1 Hoe is dit moontlik om meer geheue te gebruik as wat daar RAM
is? (1)
6.3.2 Verduidelik hoe hierdie “ekstra” geheue werk. (3)
Jy koppel ʼn drukker wat gedeel moet word aan die netwerk, maar dit werk nie.
6.4 Lys DRIE foutopsporingsstappe wat jy kan doen om die drukker te laat
werk. (3)
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2012)
Gebaseer op die feit dat die kliënt in ʼn agtergeblewe gebied bly waar daar min
dienste is, stel jy voor dat ʼn toegewyde Internet bediener opgestel moet word.
Hierdie bediener moet met Linux werk en moet ʼn proxy-bediener hardloop om
die webblaaie in die kasgeheue (caching) te kan stoor en dit moet e-posdienste
dek, sowel as ʼn firewall.
6.5 6.5.1 Verduidelik wat web caching is en hoe dit hierdie kliënt sal help. (3)
6.5.2 ʼn Firewall maak gebruik van poorte om Internetverkeer te
beheer. Verduidelik die konsep van ʼn poort soos wat dit in
netwerke gebruik word. (3)
6.5.3 SSL kan gebruik word om toegang tot die linux-rekenaar te kry.
Wat is SSL? (2)
6.5.4 Nadat die e-pos sisteem vir ʼn rukkie gebruik is, begin een van
die gebruikers ʼn klomp gemorspos (junk mail) ontvang. Wat
word hierdie gemorspos genoem? (1)
Hierdie kliënt bly in ʼn baie agtergeblewe dorpie waar kommunikasie baie
onbetroubaar of glad nie bestaan nie. Elektrisiteit is ook ʼn groot probleem met
die feit dat daar gereelde kragonderbrekings is.
6.6 6.6.1 Wat sal jy aan die besigheid voorstel om mee aan die Internet te
koppel? Regverdig jou keuse. (2)
6.6.2 Watter toestel moet hierdie besigheid aankoop teen
kragonderbrekings? Hoe sal dit die stelsel beskerm? (4)
Jou kliënt vra jou hoe die netwerk aanmekaar verbind gaan word. Jy stel die
gebruik van switches voor. Die kliënt noem dat hubs goedkoper is en verkies om
dit te gebruik.
6.7 Argumenteer waarom dit beter is om switches te gebruik bo die gebruik
van hubs deur die verskil tussen die twee te beskryf. Wat is die resultaat
van die gebruik van ʼn switch in plaas van ʼn hub? (4)
TOTAAL AFDELING E: 35
GROOTTOTAAL: 180
Study this subject
Recommended for this subject
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb/v1-a52d38d34bbb677fc423/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2012 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum