Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n Antwoordblad van 2 bladsye. Maak
asseblief seker dat jy die korrekte getal bladsye het.
2. Let daarop dat daar opsies is: kies ÓF VRAAG 1 – Retoriek ÓF VRAAG 2 –
Historiografie uit AFDELING A; kies ÓF VRAAG 3 – Epies ÓF VRAAG 4 – Elegies
en Liries uit AFDELING B.
3. Lees die vrae noukeurig deur.
4. In AFDELING C word die opsies duidelik uiteengesit op bladsy 12. MOENIE
PROBEER OM VRAE TE BEANTWOORD OOR VOORGESKREWE WERK WAT
JY NIE BESTUDEER HET NIE.
5. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
6. Antwoorde moet volgens die instruksies op die Antwoordblad geskryf word.
7. Lewer asseblief jou Antwoordblad saam met jou Antwoordboek in. Vul asseblief jou
eksamennommer op die Antwoordblad in.
8. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Latin SAL P1 Afr hlayiso.com
Latin SAL · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Latin SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Pages
- 20
- File size
- 889.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 2 van 20
AFDELING A VOORGESKREWE PROSATEKSTE
Jy moet óf Vraag 1 óf Vraag 2 uit hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 1 RETORIEK
Lees die gedeeltes hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
occurrebat ei mancam ac debilem praeturam futuram suam consule Milone: eum porro
summo consensu populi Romani consulem fieri videbat. contulit se ad eius competitores,
sed ita, totam ut petitionem ipse solus etiam invitis illis gubernaret, tota ut comitia suis, ut
dictitabat, umeris sustineret. convocabat tribus, se interponebat, Collinam novam
dilectu perditissimorum civium conscribebat. quanto ille plura miscebat, tanto hic 5
magis in dies convalescebat. ubi vidit homo ad omne facinus paratissimus fortissimum
virum inimicissimum suum certissimum consulem idque intellexit non
solum sermonibus, sed etiam suffragiis populi Romani saepe esse declaratum,
palam agere coepit et aperte dicere occidendum Milonem.
[Cicero, Pro Milone, XXV]
1.1 "occurebat … videbat " (reëls 1 – 2)
1.1.1 Om watter posisies het Milo en Clodius onderskeidelik meegeding
soos hierdie reëls voorstel? (2)
1.1.2 Hoe kontrasteer Cicero, hoofsaaklik deur sy gebruik van kontraste en
teenoorgesteldes, die swakheid van Clodius suksesvol met die
gewildheid van Milo? Jy moet minstens twee stelle woorde of frases
aanhaal wat in hierdie reëls gebruik word. (4)
1.2 "contulit … sustineret " (reëls 2 – 4)
1.2.1 Beskryf die stap wat deur Clodius geneem word om Milo se
mededingers te beheer soos dit in hierdie reëls verduidelik word. (2)
1.2.2 Gee een voorbeeld van hoe Cicero deur sy keuse en plasing van
woorde aandag vestig op Clodius se manipulerende gedrag. (2)
1.3 Vertaal reëls 4 tot 9 wat VET gedruk is ("convocabat … Milonem "). (16)
1.4 "ubi vidit … Milonem " (reëls 6 – 9)
Beskryf die kontraste wat Cicero in hierdie reëls tussen die invloed en
bedoelings van Milo en Clodius stel en verduidelik hoe hy aandag daarop
vestig. Jy moet minstens twee kontraste opspoor en met verwysing na die
Latyn verduidelik hoe Cicero woorde sorgvuldig plaas om aandag te vestig
op die verskille tussen die twee mans. (6)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 3 van 20
valebat apud vos, iudices, Milonis erga me remque publicam meritorum memoria, valebant
preces et lacrimae nostrae, quibus ego tum vos mirifice moveri sentiebam, sed plus multo
valebat periculorum impendentium timor. quis enim erat civium qui sibi solutam P.
Clodi praeturam sine maximo rerum novarum metu proponeret? solutam autem fore
videbatis, nisi esset is consul, qui eam auderet possetque constringere. eum 5
Milonem unum esse cum sentiret universus populus Romanus, quis dubitaret
suffragio suo se metu, periculo rem publicam liberare? at nunc, Clodio remoto,
usitatis iam rebus enitendum est Miloni, ut tueatur dignitatem suam; singularis illa
et huic uni concessa gloria, quae cotidie augebatur frangendis furoribus Clodianis,
iam Clodi morte cecidit. 10
[Cicero, Pro Milone, XXXIV]
1.5 "valebat … timor " (reëls 1 – 3)
1.5.1 In hierdie reëls noem Cicero drie dinge wat in sy kliënt se guns tel by
die jurie. Som dit in jou eie woorde op. (3)
1.5.2 Stel 'n rede voor waarom Cicero dit in hierdie volgorde plaas. (1)
1.5.3 Beskryf afgesien van sy gebruik van hierdie volgorde twee ander
maniere waarop Cicero aandag vestig op die verskillende sterk punte
van sy saak deur die herhaling van klanke en die plasing van woorde
in hierdie reëls. (2)
1.6 Vertaal reëls 3 tot 10 wat VET gedruk is ("quis … cecidit "). (24)
1.7 Cicero se vraag in reëls 3 – 4 is retories. Wat is die effek daarvan (met ander
woorde, wat impliseer dit)? (2)
1.8 "solutam autem … suam " (reëls 4 – 8)
1.8.1 Soek die woorde of frases wat Cicero in hierdie reëls gebruik wat sy
aanname aandui dat Milo voor Clodius se dood gewild was en dat sy
sukses gewaarborg was. (2)
1.8.2 Gee een voorbeeld van hoe Cicero woordorde in hierdie reëls
gebruik om die kontras tussen Milo as Rome se redder en Clodius as
die stad se nemesis te versterk. (2)
1.9 "singularis … cecidit " (reëls 8 – 10)
Illustreer met verwysing na die Latyn hoe Cicero alliterasie, herhaling en
balans in hierdie reëls gebruik om Milo se lot voor Clodius se dood met sy
lot nou te kontrasteer. Jy moet een voorbeeld van elke tegniek kies en die
effek daarvan verduidelik. (6)
1.10 "Cicero gebruik die cui bono-argument (Milo kan wins verwag) om Milo te
verdedig net as 'n ander manier om Clodius se karakter aan te val."
Stem jy saam met hierdie stelling? Regverdig jou antwoord met verwysing na
hierdie twee gedeeltes en ander dele van die Pro Milone wat jy gelees het. (6)
[80]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 4 van 20
VRAAG 2 HISTORIOGRAFIE
Lees die gedeeltes hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Gaio Vipsano C. Fonteio consulibus diu meditatum scelus non ultra Nero distulit,
vetustate imperii coalita audacia et flagrantior in dies amore Poppaeae, quae sibi
matrimonium et discidium Octaviae incolumi Agrippina haud sperans crebris
criminationibus, aliquando per facetias incusare principem et pupillum vocare, qui iussis
alienis obnoxius non modo imperii, sed libertatis etiam indigeret. cur enim differri 5
nuptias suas? formam scilicet displicere et triumphales avos, an fecunditatem et verum
animum? timeri ne uxor saltem iniurias patrum, iram populi adversus superbiam
avaritiamque matris aperiat. quod si nurum Agrippina non nisi filio infestam ferre posset,
redderetur ipsa Othonis coniugio: ituram quoque terrarum, ubi audiret potius
contumelias imperatoris quam viseret periculis eius immixta. 10
[Tacitus, Annals, XIV.1]
2.1 Vertaal reëls 1 – 7 wat VET gedruk is ("Gaio … animum "). (20)
2.2 "Gaio Vipsano C. Fonteio consulibus " (reël 1)
2.2.1 Na watter jaar verwys Tacitus? (1)
2.2.2 In watter jaar het Nero se bewind begin? (1)
2.3 "diu meditatum scelus non ultra Nero distulit " (reël 1)
Bespreek die effek van die plasing van "scelus " voor "Nero " in hierdie
sinsdeel. (2)
2.4 "crebris … indigeret " (reëls 3 – 5)
Gee twee voorbeelde van hoe Tacitus klank en woordorde in hierdie reëls
gebruik om Poppaea se beskuldigings te laat seermaak. (4)
2.5 "formam … animum " (reëls 6 – 7)
Beskryf een manier waarop Tacitus Poppaea se vraag gestruktureer het om
die ironie daarvan te beklemtoon. (2)
2.6 "timeri … aperiat " (reëls 7 – 8)
2.6.1 Dui aan wie se emosies Poppaea beweer sy aan Nero sal openbaar
as sy sy vrou is. (2)
2.6.2 Wat sê sy van hul emosies? (2)
2.7 "ituram … immixta " (reëls 9 – 10)
Watter scenario sê Poppaea wil sy vermy en tot watter uiterstes is sy bereid
om te gaan om dit te doen? (3)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 5 van 20
haec consensu produntur. aspexeritne matrem exanimem Nero et formam corporis eius
laudaverit, sunt qui tradiderint, sunt qui abnuant. cremata est nocte eadem convivali
lecto et exequiis vilibus; neque, dum Nero rerum potiebatur, congesta est aut clausa
humus. mox domesticorum cura levem tumulum accepit, viam Miseni propter et villam
Caesaris dictatoris, quae subiectos sinus editissima prospectat. accenso rogo libertus 5
eius cognomento Mnester se ipse ferro transegit, incertum caritate in patronam an
metu exitii. hunc sui finem multos ante annos crediderat Agrippina contempseratque.
nam consulenti super Nerone responderunt Chaldaei fore ut imperaret matremque
occideret; atque illa "occidat" inquit, "dum imperet."
[Tacitus, Annals, XIV.9]
2.8 Vertaal reëls 1 – 7 wat VET gedruk is ("aspexeritne … exitii "). (18)
2.9 Verduidelik die effek van die alternatiewe scenario's wat in reëls 1 – 2 deur
Tacitus beskryf word op die leser ("aspexeritne … abnuant "). (2)
2.10 "neque … prospectat " (reëls 3 – 5)
Hoe beklemtoon Tacitus deur sy keuse en plasing van woorde die gebrek
aan eerbied wat deur haar seun teenoor Agrippina getoon word maar die
blywende eerbied wat aan haar betoon word deur haar slawe? Jy moet twee
voorbeelde uit die Latyn gee en die effek daarvan verduidelik. (4)
2.11 "atque illa 'occidat' inquit, 'dum imperet'." (reël 9)
2.11.1 Vertaal Tacitus se weergawe van Agrippina se reaksie op die
profesie oor Nero se toekoms soos hierbo aangehaal in Afrikaans. (2)
2.11.2 Hoe beklemtoon Tacitus deur die klankeffekte en woordorde in
reëls 7 – 9 ("hunc … imperet ") die doelbewuste manier waarop
Agrippina haar bestemming ondersoek en omhels? Jy moet verwys
na minstens twee tegnieke wat hy gebruik en jy moet toon hoe dit
tot die oorkoepelende effek bydra. (4)
2.12 Verduidelik hoe Tacitus in die reëls wat hierbo gedruk is die indruk skep dat
hy 'n objektiewe weergawe gee maar daarin slaag om sy eie mening van die
gebeure uit te spreek. Jy moet verwys na minstens twee tegnieke wat hy
gebruik en jy moet toon hoe dit tot die oorkoepelende effek bydra. (5)
2.13 "Nero is 'n leier wat verswak word hoofsaaklik deur die gekonkel van die
vroue na aan hom."
2.13.1 In watter mate word hierdie stelling ondersteun deur die twee
gedeeltes wat in hierdie eksamen gedruk is? (4)
2.13.2 Watter ander faktore, intern of ekstern, het uit jou lees van die res
van Annals XIV bygedra tot Nero se swakheid as leier? (4)
[80]
80 punte
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 6 van 20
AFDELING B VERSTEKSTE
Jy moet óf Vraag 3 óf Vraag 4 uit hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 3 EPIES
Lees die gedeeltes hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'Nunc age, Dardaniam prolem quae deinde sequatur
gloria, qui maneant Itala de gente nepotes,
inlustris animas nostrumque in nomen ituras,
expediam dictis, et te tua fata docebo.
ille, vides, pura iuvenis qui nititur hasta, 760
proxima sorte tenet lucis loca, primus ad auras
aetherias Italo commixtus sanguine surget,
Silvius, Albanum nomen, tua postuma proles,
quem tibi longaevo serum Lavinia coniunx
educet silvis regem regumque parentem, 765
unde genus Longa nostrum dominabitur Alba.
proximus ille Procas, Troianae gloria gentis,
et Capys et Numitor et qui te nomine reddet
Silvius Aeneas, pariter pietate vel armis
egregius, si umquam regnandam acceperit Albam. 770
[Virgil, Aeneid VI, reëls 756 – 770]
3.1 Wie is aan die woord in hierdie gedeelte? (1)
3.2 Vertaal reëls 756 – 759 wat VET gedruk is ("Nunc … docebo "). (8)
3.3 3.3.1 Skandeer reëls 758 – 759 ("inlustris … docebo "). Merk enige elisies
wat voorkom en kwantiteite, en toon die versvoete en hoofcaesura in
elke reël. Beantwoord hierdie vraag asseblief op die afsonderlike
Antwoordblad wat voorsien word en plaas dit voor in jou
Antwoordboek. (5)
3.3.2 Soek die herhaalde klanke (alliterasie) in hierdie reëls wat aandag
vestig op die roem wat op Aeneas se nageslag wag. (2)
3.4 In reëls 760 – 761 gebruik Aeneas drie byvoeglike naamwoorde wat allitereer
("pura … proxima … primus "). Vertaal elkeen van hierdie woorde en
verduidelik hoe, in die konteks, dit wys op die jong man se naderende en
veelbelowende toekoms. (3)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 7 van 20
3.5 Verduidelik met verwysing na reëls 763 – 766 die bron van Silvius Aeneas se
naam, sy verwantskap met Aeneas en sy bestemde nalatenskap in die
Romeinse geskiedenis. (3)
3.6 Vertaal reëls 767 – 770 wat VET gedruk is ("proximus … Albam "). (8)
3.7 Verduidelik waarom die beskrywing van iemand as "pariter pietate vel armis
egregius " in reëls 769 – 770 diep weerklank sou vind by diegene wat hierdie
gedig oorspronklik gehoor het. (2)
3.8 3.8.1 Kies minstens drie woorde of woordstamme wat herhaal word in die
reëls wat hierbo gedruk is. (3)
3.8.2 Gebruik hierdie herhaalde woorde as gids en beskryf die hoofidees
oor Rome se vorige en toekomstige heerskappy wat Vergilius deur
hierdie reëls uitdruk. (3)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 8 van 20
his demum exactis, perfecto munere divae,
devenere locos laetos et amoena virecta
fortunatorum nemorum sedesque beatas.
largior hic campos aether et lumine vestit 640
purpureo, solemque suum, sua sidera norunt.
pars in gramineis exercent membra palaestris,
contendunt ludo et fulva luctantur harena;
pars pedibus plaudunt choreas et carmina dicunt.
nec non Threicius longa cum veste sacerdos 645
obloquitur numeris septem discrimina vocum,
iamque eadem digitis, iam pectine pulsat eburno.
hic genus antiquum Teucri, pulcherrima proles,
magnanimi heroes nati melioribus annis,
Ilusque Assaracusque et Troiae Dardanus auctor. 650
arma procul currusque virum miratur inanis.
[Virgil, Aeneid VI, reëls 637 – 651]
3.9 3.9.1 Beskryf met verwysing na reëls 637 – 641 die aard van Elisium. Haal
Latynse woorde aan en verduidelik/vertaal dit om jou stelling te
ondersteun. (3)
3.9.2 Toon hoe die herhaalde klanke in hierdie reëls die aard van die
omgewing weerspieël. (3)
3.10 In reëls 642 – 644 dra Vergilius die vreugdevolle en feestelike aard van
Elisium oor. Verduidelik hoe hy dit lewendig maak deur sy keuse van
woorde en die plasing en klank daarvan. (4)
3.11 Vertaal reëls 645 – 651 wat VET gedruk is ("nec… inanis "). (14)
3.12 3.12.1 Wie is die "Threicius … sacerdos " waarna in reël 645 verwys word? (1)
3.12.2 Wat dui sy teenwoordigheid in Elisium aan? (1)
3.13 Skandeer reëls 650 – 651 ("Ilusque … inanis "). Merk enige elisies wat
voorkom en kwantiteite, en toon die versvoete en hoofcaesura in elke reël.
Beantwoord hierdie vraag asseblief op die afsonderlike Antwoordblad
wat voorsien word en plaas dit voor in jou Antwoordboek. (5)
3.14 Verduidelik die betekenis van "Dardanus " en "Ilus " vir Aeneas en dui aan
hoe hy daarop sou gereageer het om hulle te sien. (3)
3.15 "Deur op die nalatenskap van die verlede te bou sal Rome 'n beter toekoms
bou."
3.15.1 Verduidelik hoe iemand wat die twee gedeeltes hierbo lees hierdie
stelling as die boodskap daarvan kan interpreteer. (4)
3.15.2 Verduidelik hoe hierdie boodskap uitgedruk word in ander gedeeltes
van Aeneid VI wat jy gelees het. (4)
[80]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 9 van 20
VRAAG 4 ELEGIES EN LIRIES
Lees die gedeeltes hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Non ego nobilium sedeo studiosus equorum;
cui tamen ipsa faves, vincat ut ille, precor.
ut loquerer tecum veni, tecumque sederem,
ne tibi non notus, quem facis, esset amor.
tu cursus spectas, ego te; spectemus uterque 5
quod iuvat, atque oculos pascat uterque suos.
O, cuicumque faves, felix agitator equorum!
ergo illi curae contigit esse tuae?
hoc mihi contingat, sacro de carcere missis
insistam forti mente vehendus equis, 10
et modo lora dabo, modo verbere terga notabo,
nunc stringam metas interiore rota.
si mihi currenti fueris conspecta, morabor,
deque meis manibus lora remissa fluent.
[Ovid Amores III 2.1 – 14]
4.1 Vertaal reëls 1 – 8 wat VET gedruk is ("Non … tuae? "). (16)
4.2 Skandeer reëls 1 – 4 ("non … amor "). Merk enige elisies wat voorkom en
kwantiteite, en toon die versvoete en hoofcaesura in elke reël. Beantwoord
hierdie vraag asseblief op die afsonderlike Antwoordblad wat voorsien
word en plaas dit voor in jou Antwoordboek. (10)
4.3 Ovidius uiter 'n gebed in reël 2 wat op twee maniere geïnterpreteer kan
word. Verduidelik hoe hy verstaan kan word as besig om vir homself te bid
in hierdie gebed. (2)
4.4 Beskryf een manier waarop Ovidius 'n speelse toon oordra deur sy keuse
van woorde en woordorde in reëls 5 – 6. (2)
4.5 Beskryf twee maniere waarop Ovidius sy frustrasie met sy meisie se
onoplettendheid teenoor hom oordra deur die klank, toon en woordeskat
van reëls 7 – 8. (4)
4.6 In reëls 9 – 14 beskryf Ovidius 'n hipotetiese ras. Skryf die Latyn neer vir vier
elemente van die perderas wat Ovidius noem en stel 'n ekwivalente
Afrikaanse woord of uitdrukking vir elkeen voor. (4)
4.7 4.7.1 Som Ovidius se gevolgtrekking in reëls 13 – 14 in jou eie woorde op. (2)
4.7.2 Verduidelik een manier waarop die toon van sy gevolgtrekking
geëggo word deur die klanke wat hy gebruik. (2)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 10 van 20
Furi et Aureli comites Catulli,
sive in extremos penetrabit Indos,
litus ut longe resonante Eoa
tunditur unda,
sive in Hyrcanos Arabesve molles, 5
seu Sagas sagittiferosve Parthos,
sive quae septemgeminus colorat
aequora Nilus,
sive trans altas gradietur Alpes,
Caesaris visens monimenta magni, 10
Gallicum Rhenum horribile aequor ulti-
mosque Britannos,
omnia haec, quaecumque feret voluntas
caelitum, temptare simul parati,
pauca nuntiate meae puellae 15
non bona dicta.
cum suis vivat valeatque moechis,
quos simul complexa tenet trecentos,
nullum amans vere, sed identidem omnium
ilia rumpens; 20
nec meum respectet, ut ante, amorem,
qui illius culpa cecidit velut prati
ultimi flos, praetereunte postquam
tactus aratro est.
[Catullus XI]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 11 van 20
4.8 In reëls 1 – 8 van sy gedig noem Catullus 'n aantal volke en plekke wat aan
die oostekant van die Romeinse ryk geleë is.
4.8.1 Noem twee van hierdie volke of plekke. (2)
4.8.2 Gee twee voorbeelde uit die Latyn van hoe hy keuse, posisie of klank
van woorde gebruik om dit eksoties te laat klink. (4)
4.9 In reëls 1 – 12 dra Catullus die afstand en aanhoudende aard van sy vriende
se reis oor.
4.9.1 Haal die woorde of stelle woorde wat hierdie idee oordra aan en
vertaal dit. (2)
4.9.2 Verduidelik hoe Catullus ook die reëls struktureer om te impliseer dat
die reis genadeloos is. (2)
4.10 Beskryf twee eienskappe (kenmerke) van sy vriende waarop Catullus in
reëls 1 – 12 sinspeel. (2)
4.11 Vertaal reëls 13 – 24 wat VET gedruk is ("omnia … est "). (14)
4.12 Hoe effektief kontrasteer Catullus sy kwesbaarheid met Lesbia se
onsensitiwiteit en wreedheid in reëls 21 – 24? Jy moet minstens twee punte
noem en die Latyn aanhaal waarna jy verwys. (4)
4.13 "Catullus is te intens as minnaar om ooit in staat te wees tot Ovidius se tipe
ligsinnigheid."
4.13.1 Dink jy uit jou lees van hierdie twee gedigte dat dit 'n billike
gevolgtrekking is? (4)
4.13.2 Verduidelik met inagneming van al die gedigte van Catullus en
Ovidius wat jy gelees het hoe en waarom hierdie gevolgtrekking
(kursief gedruk) verwerp of gehandhaaf kan word. (4)
[80]
80 punte
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 12 van 20
AFDELING C
Jy moet twee vrae uit Vraag 5, 6, 7 en 8 (grammatikale en sintaktiese gebruik) of
net Vraag 9 (sinne vir vertaling in Latyn) beantwoord.
GRAMMATIKALE EN SINTAKTIESE GEBRUIK
VRAAG 5
Lees die gedeeltes hieronder wat jy, indien jy Afdeling A: Vraag 1
beantwoord het, sou vertaal het. Beantwoord dan die vrae wat op elke
gedeelte volg.
convocabat tribus, se interponebat, Collinam novam dilectu perditissimorum civium
conscribebat. quanto ille plura miscebat, tanto hic magis in dies convalescebat. ubi vidit
homo ad omne facinus paratissimus fortissimum virum inimicissimum suum certissimum
consulem idque intellexit non solum sermonibus, sed etiam suffragiis populi Romani
saepe esse declaratum, palam agere coepit. 5
5.1 5.1.1 Noem die naamval en getal en verduidelik die naamval van:
(a) tribus (reël 1) (3)
(b) facinus (reël 3) (3)
(c) paratissimus (reël 3) (3)
5.1.2 Verduidelik waarom, ten spyte daarvan dat hulle almal op dieselfde
twee letters eindig, nie een van hierdie woorde presies dieselfde is
wat naamval en getal betref nie. (1)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 13 van 20
quis enim erat civium qui sibi solutam P. Clodi praeturam sine maximo rerum novarum
metu proponeret? solutam autem fore videbatis, nisi esset is consul, qui eam auderet
possetque constringere. eum Milonem unum esse cum sentiret universus populus
Romanus, quis dubitaret suffragio suo se metu, periculo rem publicam liberare? at nunc,
Clodio remoto, usitatis iam rebus enitendum est Miloni, ut tueatur dignitatern suam; 5
singularis illa et huic uni concessa gloria, quae cotidie augebatur frangendis furoribus
Clodianis, iam Clodi morte cecidit.
5.2 Noem en verduidelik die naamval van:
5.2.1 civium (reël 1) (2)
5.2.2 rerum (reël 1) (2)
5.2.3 Miloni (reël 5) (2)
5.3 Verduidelik waarom die volgende woorde in die subjunktiewe modus is:
5.3.1 proponeret (reël 2) (1)
5.3.2 esset (reël 2) (1)
5.3.3 sentiret (reël 3) (1)
5.3.4 tueatur (reël 5) (1)
[20]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 14 van 20
VRAAG 6
Lees die gedeeltes hieronder wat jy, indien jy Afdeling A: Vraag 2
beantwoord het, sou vertaal het. Beantwoord dan die vrae wat op elke
gedeelte volg.
Gaio Vipsano C. Fonteio consulibus diu meditatum scelus non ultra Nero distulit,
vetustate imperii coalita audacia et flagrantior in dies amore Poppaeae, quae sibi
matrimonium et discidium Octaviae incolumi Agrippina haud sperans crebris
criminationibus, aliquando per facetias incusare principem et pupillum vocare, qui iussis
alienis obnoxius non modo imperii, sed libertatis etiam indigeret. cur enim differri nuptias 5
suas? formam scilicet displicere et triumphales avos, an fecunditatem et verum animum?
6.1 Verduidelik waarom die volgende woorde in die ablatiefnaamval is:
6.1.1 Gaio Vipsano (reël 1) (1)
6.1.2 vetustate (reël 2) (1)
6.1.3 Agrippina (reël 3) (1)
6.1.4 crebris (reël 3) (1)
6.2 6.2.1 Skryf die betreklike bysin in reëls 4 – 6 neer. (1)
6.2.2 Meld watter selfstandige naamwoord deur die betreklike
voornaamwoord gekwalifiseer ("beskryf ") word. (1)
6.2.3 Verduidelik waarom die werkwoord in die betreklike bysin in die
subjunktiewe modus is. (1)
6.3 "cur enim differri nuptias suas? " (reëls 5 – 6)
In hierdie sin noem Tacitus 'n vraag.
6.3.1 Noem die gebruiklike modus van 'n werkwoord in 'n indirekte vraag. (1)
6.3.2 Noem die modus van die werkwoord in hierdie indirekte vraag. (1)
6.3.3 Stel 'n rede voor waarom Tacitus hierdie konstruksie gebruik om
Poppaea se vraag te noem. (1)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 15 van 20
aspexeritne matrem exanimem Nero et formam corporis eius laudaverit, sunt qui
tradiderint, sunt qui abnuant. cremata est nocte eadem convivali lecto et exequiis vilibus;
neque, dum Nero rerum potiebatur, congesta est aut clausa humus. mox domesticorum
cura levem tumulum accepit, viam Miseni propter et villam Caesaris dictatoris, quae
subiectos sinus editissima prospectat. accenso rogo libertus eius cognomento Mnester se 5
ipse ferro transegit, incertum caritate in patronam an metu exitii.
6.4 "aspexeritne matrem exanimem Nero " (reël 1)
6.4.1 Verduidelik die gebruiklike betekenis van "-ne" aan die begin van 'n
sin. (1)
6.4.2 Verduidelik hoe dit hier gebruik word. (1)
6.4.3 Stel 'n alternatiewe woord voor wat aan die begin van hierdie sin
geplaas kon word. (1)
6.5 6.5.1 Noem en verduidelik die modus van:
(a) tradiderint (reël 2) (2)
(b) abnuant (reël 2) (2)
6.5.2 Noem die onderskeie tye en verduidelik waarom dit nie dieselfde is
nie. (3)
[20]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 16 van 20
VRAAG 7
Lees die gedeeltes hieronder wat jy, indien jy Afdeling B: Vraag 3
beantwoord het, sou vertaal het. Beantwoord dan die vrae wat op elke
gedeelte volg.
'Nunc age, Dardaniam prolem quae deinde sequatur
gloria, qui maneant Itala de gente nepotes,
inlustris animas nostrumque in nomen ituras,
expediam dictis, et te tua fata docebo.
7.1 Noem en verduidelik die modus van:
7.1.1 age (reël 1) (2)
7.1.2 sequatur (reël 1) (2)
7.1.3 expediam (reël 4) (2)
7.2 7.2.1 Meld watter selfstandige naamwoorde die volgende byvoeglike
naam-woorde kwalifiseer ("beskryf"):
(a) inlustris (reël 3) (1)
(b) nostrum (reël 3) (1)
7.2.2 Verduidelik presies waarom, ten spyte daarvan dat hulle dieselfde
getal, geslag en naamval het, die byvoeglike naamwoorde nie
dieselfde einde het as die selfstandige naamwoorde wat hulle
kwalifiseer nie. (1)
proximus ille Procas, Troianae gloria gentis,
et Capys et Numitor et qui te nomine reddet
Silvius Aeneas, pariter pietate vel armis
egregius, si umquam regnandam acceperit Albam.
7.3 7.3.1 Skryf die betreklike bysin in hierdie gedeelte neer. (1)
7.3.2 Onderstreep die betreklike voornaamwoord en noem die getal,
geslag en naamval daarvan. (2)
7.3.3 Noem die selfstandige naamwoord wat dit kwalifiseer ("beskryf ")
(d.w.s. die antesedent). (1)
7.3.4 Noem die modus en tyd van die werkwoord in die betreklike bysin. (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 17 van 20
nec non Threicius longa cum veste sacerdos
obloquitur numeris septem discrimina vocum,
iamque eadem digitis, iam pectine pulsat eburno.
hic genus antiquum Teucri, pulcherrima proles,
magnanimi heroes nati melioribus annis, 5
Ilusque Assaracusque et Troiae Dardanus auctor.
arma procul currusque virum miratur inanis.
7.4 Verduidelik waarom die volgende woorde in die ablatiefnaamval is:
7.4.1 veste (reël 1) (1)
7.4.2 numeris (reël 2) (1)
7.4.3 annis (reël 5) (1)
7.5 Verduidelik waarom die volgende woorde in die genitiefnaamval is:
7.5.1 Troiae (reël 6) (1)
7.5.2 virum (reël 7) (1)
[20]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 18 van 20
VRAAG 8
Lees die gedeeltes hieronder wat jy, indien jy Afdeling B: Vraag 4
beantwoord het, sou vertaal het. Beantwoord dan die vrae wat op elke
gedeelte volg.
Non ego nobilium sedeo studiosus equorum;
cui tamen ipsa faves, vincat ut ille, precor.
ut loquerer tecum veni, tecumque sederem,
ne tibi non notus, quem facis, esset amor.
tu cursus spectas, ego te; spectemus uterque 5
quod iuvat, atque oculos pascat uterque suos.
O, cuicumque faves, felix agitator equorum!
ergo illi curae contigit esse tuae?
8.1 Verduidelik waarom die volgende werkwoorde in die subjunktiewe modus is:
8.1.1 vincat (reël 2) (1)
8.1.2 loquerer (reël 3) (1)
8.1.3 esset (reël 4) (1)
8.1.4 spectemus (reël 5) (1)
8.2 Noem en verduidelik die naamval van:
8.2.1 equorum (reël 1) (2)
8.2.2 cuicumque (reël 7) (2)
8.2.3 agitator (reël 7) (2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 19 van 20
omnia haec, quaecumque feret voluntas
caelitum, temptare simul parati,
pauca nuntiate meae puellae
non bona dicta.
cum suis vivat valeatque moechis, 5
quos simul complexa tenet trecentos,
nullum amans vere, sed identidem omnium
ilia rumpens;
nec meum respectet, ut ante, amorem,
qui illius culpa cecidit velut prati 10
ultimi flos, praetereunte postquam
tactus aratro est.
8.3 Reëls 1 – 4 bevat 'n aantal byvoeglike naamwoorde. Meld watter woord(e)
die volgende byvoeglike naamwoorde kwalifiseer ("beskryf "):
8.3.1 omnia (reël 1) (1)
8.3.2 parati (reël 2) (1)
8.3.3 pauca (reël 3) (1)
8.3.4 meae (reël 3) (1)
8.4 Catullus stel in reëls 5 – 9 drie eise wat aan Lesbia oorgedra moet word.
8.4.1 Skryf die drie Latynse werkwoorde neer wat hierdie eise oordra. (1)
8.4.2 Verduidelik met verwysing na die modus en implikasies van al drie
hierdie werkwoorde hoe jy weet hulle druk 'n volgorde uit. (2)
8.5 In reëls 9 – 12 beskryf Catullus homself as "tactus" en Lesbia as
"praetereunte".
8.5.1 Noem die vorm van "tactus" en "praetereunte". (1)
8.5.2 Verduidelik waarom die keuse van vorm in elke geval toepaslik is om
Catullus en Lesbia te kwalifiseer ("beskryf "). (2)
[20]
2 × 20 punte = [40 punte]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LATYN TWEEDE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 20 van 20
VRAAG 9 SINNE VIR VERTALING IN LATYN
BEANTWOORD HIERDIE VRAAG SLEGS INDIEN JY NIE ENIGE TWEE VRAE
UIT VRAAG 5, 6, 7 EN 8 BEANTWOORD HET NIE.
Vertaal die volgende sinne in Latyn:
9.1 Die seuns wil in die straat bly om die meisies te sien. (8)
9.2 Ek het probeer om die vrou te oorreed om 'n boek te skryf. (8)
9.3 Terwyl ons deur die land van die vyand gereis het, is ons deur wilde diere
aangeval. (9)
9.4 Jy het sekerlik nie geglo dat ons soldate sou stop nie? (6)
9.5 Die boodskapper het so vinnig gepraat dat ek nie sy woorde kon verstaan
nie. (9)
[40]
40 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2017
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Latin SAL
Explore more published documents in this catalogue.

















