Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2012
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP
Grade 11 Life Sciences question paper from the Eastern Cape November 2012, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2012
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord ALLE vrae van BEIDE AFDELINGS A en B.
2. AFDELING A (VRAAG 1) moet op die aangehegte ANTWOORDBLAD
beantwoord word.
3. Plaas jou ANTWOORDBLAD van AFDELING A (VRAAG 1) binne in jou
ANTWOORDEBOEK.
4. AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet beantwoord word in die
ANTWOORDEBOEK.
5. Begin elke vraag van AFDELING B op ʼn NUWE bladsy.
6. Lees die vrae versigtig en maak seker jy antwoord wat gevra word.
7. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
8. MOENIE die antwoorde OPBREEK NIE.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A – D) langs die
vraagnommer 1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
GEEN PUNTE SAL TOEKEN WORD AS MEER AS EEN ANTWOORD
GEMERK WORD.
Voorbeeld: A B C D
1.1.1 Die drakapasiteit van ʼn veld verwys na …
A die aantal bome en bosse in die veld.
B die area wat benodig word om ʼn dier vir ʼn jaar te onderhou.
C die aantal boere wat op ʼn plaas vir ʼn jaar kan leef.
D die riviere en valleie in ʼn gebied.
1.1.2 Leerders het ʼn plastieksak gebruik om die tak van ʼn boom te bedek
soos in die eksperiment wat hieronder vertoon word.
Wat sal die doelwit van die eksperiment wees?
A Om die tempo van oksidasie in plante te bepaal.
B Om die tempo van transpirasie in blare te bepaal.
C Om die tipes hormone in blare te bepaal.
D Om koolstofreduksie in plastiek te bepaal.
1.1.3 Een van die verbouingspraktyke van ons voorvaders om die organiese
bron van stikstof in grond te handhaaf, was …
A monokultuur; mielies op hoogliggende dele.
B intergewasverbouing; sorghum en rog.
C intergewasverbouing; graan en peulgewasse.
D die brand van gras voor aanplanting.
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
1.1.4 … is ʼn bruikbare stuk gereedskap om beide die tipe grond en die
diepte van die grond te bepaal.
A ʼn Grondskroefboor
B ʼn Ortofoto
C ʼn Monometer
D ʼn Fotometer
1.1.5 Die voordele verbonde aan biotegnologie sluit nie EEN van die
volgende in nie:
A Ontwikkeling van minderwaardige diere.
B Verbetering van voedselsekuriteit.
C Omgewingsvolhoubaarheid.
D Verbeterde industriële ontwikkelingsprosesse.
1.1.6 ʼn Passiewe proses wat die beweging van ione van ʼn gebied van hoë
konsentrasie na ʼn gebied van lae konsentrasie behels is …
A mineralisasie.
B aktiewe vervoer.
C diffusie.
D oksidasie reaksie.
1.1.7 ʼn Voorgraadse student het jou omgewing besoek om met boere te
raadpleeg oor grondbestuur en gewasproduksie. Watter van die
volgende beroepe sal jy hom/haar mee assosieer?
A Insektekundige
B Grondkundige
C Tuinboukundige
D Wingerdkundige
1.1.8 Die illustrasie in die diagram hieronder verteenwoordig plant
voortplanting deur een van die volgende metodes:
A Inlê
B Weefselkultuur
C Okulering
D Verdeling
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Pluimvee-mis word deur ʼn boer in die grond ingewerk. Die doel van
die boer was om die organiese bemesting na anorganiese stikstof te
verander. Dit kan bereik word deur …
A immobilisasie.
B mineralisasie.
C oksidasie.
D koolstofvorming.
1.1.10 Leerders het waargeneem dat die kleur van die koolplantjies in hulle
skooltuin besig was om van groen na pers te verander. Dit kan ʼn
gebrek aan … wees.
A stikstof
B sink
C kalium
D fosfor
(10 x 2) (20)
1.2 In die tabel hieronder word ʼn beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
gegee. Besluit of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs
B, beide A en B of GEEN van die antwoorde in KOLOM A nie. Maak ʼn kruisie
(X) in die blokkie (A − D) lands die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) op die
aangehegte ANTWOORDBLAD.
Voorbeeld:
KOLOM A KOLOM A
A: helmdraad meeldraad
B: helmknop
Antwoord:
Hierdie stelling verwys na:
Slegs A Slegs B A en B Geen
A B C D
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Endosperm ʼn Laag selle wat kontak moet maak
wanneer enting gedoen word
B: Kambium
1.2.2 A: Blaarsteel Plant monsters
B: Blare
1.2.3 A: Kraalmis Kommersiële kunsmisstowwe
B: Kompos
1.2.4 A: Koringstikbrand Fungi/Swamme
B: Mikroskopiese spore
1.2.5 A: Tensiometer Deurlaatbare keramiekbeker, vakuum
meterwyser, plastiekbuis
B: Evaporasiepan
(5 x 2) (10)
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer.
1.3.1 Tekens wat toon dat ʼn plant te min van een of meer minerale soute
het
1.3.2 Droë slote of gate wat deur watererosie gevorm is
1.3.3 Plante wat nie hul eie voedsel kan produseer nie en op organiese
stowwe soos plant- of dierweefsel teer
1.3.4 Die proses om variëteite te verbeter deur die beste plante te kies
om saad van te versamel
1.3.5 Insekte wat siekte-draende organismes van siek na gesonde
plante oordra
(5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die
vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.
1.4.1 Partenokarpie is ʼn toestand in groen plante waar almal of ʼn
gedeelte van die blare vergeel.
1.4.2 Mikrobesproeiing behels die beplanning van wanneer en hoeveel
om te besproei.
1.4.3 Die verwydering van oortollige water in ʼn versuipte land is ʼn
voorbeeld van besproeiing.
1.4.4 Skottelploeë word deur diere soos beeste en donkies getrek om
landerye in sekere boerdery-areas te ploeg.
1.4.5 Die dun stingel wat die stempel van die blom ondersteun, word die
helmdraad genoem.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
Begin hierdie VRAAG op ʼn nuwe bladsy.
VRAAG 2: PLANTSTUDIES
2.1 Die illustrasie hieronder dui ʼn baie belangrike proses in plantstudies aan.
2.1.1 Krities ondersoek die proses en gee ʼn gepaste beskrywing daarvan. (2)
2.1.2 Dui TWEE voordele aan wat bogenoemde proses vir die mens
inhou. (2)
2.1.3 Plante het organe wat vir die berging van oortollige koolhidrate
gebruik word. Noem enige TWEE bergingsorgane en gee EEN
voorbeeld van elk. (4)
2.1.4 Dui VIER faktore aan wat die opwaartse beweging van water in
plante beïnvloed. (4)
2.2 Minerale voedingstowwe word as makro- en mikro-elemente geklassifiseer.
2.2.1 Deur van ʼn tabel gebruik te maak, verdeel die volgende minerale
voedingstowwe in die raampie hieronder in makro- en mikro-
elemente.
Koper
Sink
Stikstof
Fosfor (4)
2.2.2 Definieer die begrip kruisbestuiwing. (4)
2.2.3 Watter van die volgende is NIE ʼn agent van bestuiwing NIE?
Die son
Wind
Insekte (1)
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
2.3 ʼn Skool in ʼn plattelandse gebied het besluit om organiese boerdery te
beoefen. Hulle is veronderstel om slegs organiese bemestingstowwe te
gebruik om hulle groente te verbou. Hulle het baie organiese stowwe
versamel om ʼn komposhoop te maak soos in die illustrasie aangetoon word.
2.3.1 Noem EEN basiese voedingstof wat die oorblyfsels van die
brandende vuur tot die hoop kan bydra. (2)
2.3.2 Noem die tipe voedingstof wat die bene in die hoop sal voorsien. (2)
2.4 Dui DRIE maniere aan wat deur biotegnologie ontwikkel is om peste te (3)
beheer.
2.5 Die illustrasie hieronder dui vegetatiewe plantvoortplanting aan.
2.5.1 Identifiseer die metode van vegetatiewe voortplanting soos in die (1)
bostaande diagramme aangetoon.
2.5.2 Identifiseer die dele wat A en B genommer is. (2)
2.5.3 Formuleer TWEE redes vir die gebruik van entwas in die prosedure. (2)
2.5.4 Geïntegreerde plaagbestuur is gebaseer op drie beginsels.
Identifiseer TWEE van hierdie beginsels. (2)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
VRAAG 3
Begin hierdie VRAAG op ʼn skoon bladsy.
OPTIMALE HULPBRONBENUTTING
3.1 Die prent hieronder wys ʼn tradisionele boer wat grond omploeg met beeste
voordat aanplanting kan begin.
3.1.1 Gee DRIE moontlike redes hoekom die boer die grond omploeg
voordat aanplanting gedoen word. (3)
3.1.2 Identifiseer DRIE voordele verbonde aan die gebruik van diere in
plaas van trekkers om die landerye te ploeg. (3)
3.1.3 Noem DRIE tipes erosie wat deur water op lande sonder
plantbedekking veroorsaak kan word. (3)
3.1.4 Definieer die term primêre bewerking. (2)
3.1.5 Verduidelik hoe die volgende natuurlike hulpbronne gebruik kan
word sonder om gewasproduksie negatief te beïnvloed:
(a) Lopende water
(b) Sonlig (3)
3.2 ʼn Boerdery-gemeenskap benodig ʼn Landbouwetenskappe-leerder om hulle
by te staan om alle vleilande op hulle gemeenskaplike grond te identifiseer.
Jou onderwyser nomineer jou om die boere te gaan bystaan om die
vleilande te gaan identifiseer.
3.2.1 Beskryf DRIE maniere om vleilande te identifiseer. (3)
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
3.2.2 Voltooi die vloei diagram hieronder om die stappe aan te dui om die
verskillende hulpbronne te bepaal.
STAP 1 STAP 2 STAP 3
Beraming
van die
algemene
…………. ………….
ligging van
die plaas
STAP 3
………….
(3)
3.2.3 Identifiseer die struktuur hieronder.
(1)
3.2.4 Watter klimaatsfaktor beïnvloed die werking van die bostaande
struktuur die meeste? (1)
3.2.5 Dui EEN rede aan waarom die bostaande struktuur in VRAAG 3.2.3
belangrik is vir die boerdery. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.3 Die prente hieronder beeld twee landboustelsels wat deur twee verskillende
boere bedryf word, uit.
FIGUUR A FIGUUR B
3.3.1 Identifiseer die TWEE landboustelsels in FIGUUR A en FIGUUR B. (2)
3.3.2 Dui DRIE redes aan waarom jy dink die landboustelsel in FIGUUR A
ʼn beter stelsel is as dié in FIGUUR B vir groenteverbouing. (3)
3.3.3 Wat is dreinering? (2)
3.3.4 Noem TWEE nadele van oop pypdreineringstelsels in Suid-Afrika. (2)
3.3.5 Bepaal die DRIE belangrikste besproeiingstelsels wat in Suid-Afrika
gebruik word. (3)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
VRAAG 4
Begin hierdie VRAAG op ʼn skoon bladsy.
4.1 Die tabel hieronder toon die stikstofopname van vier gewasse op ʼn
proefperseel aan.
Gewas Stikstof geneem
Sorghum 23 eenhede
Patats 35 eenhede
Beet 30 eenhede
Rys 12 eenhede
4.1.1 Gebruik die inligting in die tabel, trek ʼn staafgrafiek en dui ALLE
nodige inligting op die staafgrafiek aan. (4)
4.1.2 Bepaal hoeveel meer stikstof die patats opgeneem het as die rys.
Toon alle berekeninge. (2)
4.1.3 Watter van die volgende gewasse vereis die minste stikstof vir
groei? (1)
4.2 Die Departement van Omgewingsake bestee groot bedrae geld om
indringerplante in Suid-Afrika te verwyder en te beheer.
4.2.1 Identifiseer DRIE bedreigings wat indringerplante inhou vir die
plantegroei van Suid-Afrika. (3)
4.2.2 Noem die wetgewing wat ten doel stel om indringerplante in Suid-
Afrika te beheer. (2)
4.3 Vegetatiewe- of ongeslagtelike voortplanting behels die vermeerdering van
plante deur dele van plante, in plaas van saad te gebruik.
4.3.1 Dui DRIE voordele van vegetatiewe voortplanting aan. (3)
4.3.2 Noem TWEE voorbeelde van plante wat deur middel van bolle
voortgeplant word. (2)
4.4 Noem DRIE redes waarom hidroponika nie in baie boerdery-gemeenskappe
bedryf word nie. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
4.5 Klassifiseer die volgende plantsiektes en peste onder die volgende hoofde.
4.5.1 Mosaïek
Roes
Nematodes
Kringvlek
Omvalsiekte
Myte
Pes Virussiekte Swamsiekte
(6)
4.5.2 Bestudeer die prent hieronder krities en noem TWEE redes waarom
bome vir die mens belangrik is.
(2)
4.5.3 Dui TWEE maniere aan om te verhoed dat peste bome aanval. (2)
4.5.4 Hoe kan plaagdoders verantwoordelik gebruik word om die nadelige
uitwerking op die omgewing te verhoed? Identifiseer DRIE maniere. (3)
4.5.5 Noem TWEE redes waarom weefselkultuur in ongeslagtelike
voortplanting in ʼn laboratorium gedoen word. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2012)
ANTWOORDBLAD LANDBOUWETENSKAPPE V2
NAAM EN VAN:
AFDELING A
VRAAG 1.1 VRAAG 1.2
1.1.1 A B C D
1.1.2 A B C D 1.2.1
1.1.3 A B C D
1.1.4 A B C D 1.2.2
1.1.5 A B C D
1.1.6 A B C D 1.2.3
1.1.7 A B C D
1.1.8 A B C D 1.2.4
1.1.9 A B C D
1.1.10 A B C D 1.2.5
(10 x 2) (20) (5 x 2) (10)
VRAAG 1.3 VRAAG 1.4
1.3.1 1.4.1
1.3.2 1.4.2
1.3.3 1.4.3
1.3.4 1.4.4
1.3.5 1.4.5
(5 x 2) (10) (5 x 1) (5)
45
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2012 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2012 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2012 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum