Skip to content

Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 11202516 pages

Grade 11 Life Sciences question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel word NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die struktuur wat verhoed dat die voedselbolus die tragea binnedring, wanneer dit gesluk word: A Epiglottis B Tong C Glottis D Tande 1.1.2 ʼn Funksie van die nier: A CO2 homeostase B Afbreek van galpigmente C Bloed pH homeostase D Deaminasie 1.1.3 Die deel van die spysverteringskanaal waar die villus aangetref word: A Slukderm B Dikderm C Maag D Dunderm 1.1.4 Faktor(e) wat die opname van suurstof in die menslike liggaam bevorder: A Lug wat ingeasem word, het minder suurstof as lug wat uitgeasem word B Alveoli met dik wande vir suurstofberging en ʼn groot oppervlakte C Daar is min alveoli in elke long D Die konsentrasie suurstof in die bloed is laer as in die alveoli Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 1.1.5 ʼn Dwarssnit van ʼn tweesaadlobbige blaar word hieronder getoon. Epidermis X Watter tipe sel word verwag om by laag X gevind te word? A B C D N 1.1.6 Die tabel hieronder toon die samestelling van vier lugmonsters. LUGMONSTER O2% CO2% N2% P 21 0,04 78 Q 16 4,04 78 R 4 0,40 39 S 20 4,00 39 Watter lugmonster verteenwoordig geïnspireerde (ingeasemde) lug en watter lugmonster verteenwoordig uitgeasemde lug? GEÏNSPIREERDE LUG UITGEASEMDE LUG A S R B P S C P Q D Q S Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 5 1.1.7 Stowwe wat tydens buis-/tubulêre afskeiding uit die bloed verwyder word. A Water, natriumione en hormone B Glukose en natriumione C Onverteerde kos en kreatien D Hormone, ureum en kreatien 1.1.8 Die korrekte pad wat urien deur die uitskeidingstelsel neem A Nier → uretra → blaas → ureter B Nier → ureter → blaas → uretra C Blaas → nier → ureter → uretra D Ureter → nier → uretra → blaas 1.1.9 Osmoregulering is die manier waarop die liggaam die hoeveelheid water en soute wat dit bevat, beheer. Beskou die tabel hieronder. Wat sal waarskynlik op ʼn koue dag in die liggaam gebeur wanneer ʼn persoon baie water drink? UREUM NIERBUISIE URIENVOLUME KONSENTRASIE DEURLAATBAARHEID A Laag Deurlaatbaar Hoog B Hoog Ondeurdringbaar Laag C Laag Ondeurdringbaar Laag D Hoog Deurlaatbaar Hoog 1.1.10 Die binnekant van die tragea (lugpyp) is met ʼn spesiale weefsel gevoer wat gesilieerde kolomepiteel genoem word. Hierdie weefsel het klein haaragtige strukture wat silia genoem word. Wat is die hooffunksie van die silia in die tragea (lugpyp)? A Verhoog oppervlakte vir gaswisseling B Help gasse om vinnig te beweeg omdat hulle naby bloedvate is C Vang onsuiwerhede en patogene (skadelike) mikrobes (kieme) vas D Skei metaboliese afvalprodukte uit (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Proses om lug in te neem en dit uit die longe te verwyder 1.2.2 Die hormoon wat help met die regulering van natriumione 1.2.3 Groot, plat en oneweredige tande wat gebruik word om kos te maal en te verpletter 1.2.4 Streek wat die neusholte met die larinks verbind en na die tragea en die slukderm lei 1.2.5 Vrystelling van ʼn nuttige stof (ensieme, speeksel) uit selle of kliere 1.2.6 Half-vloeibare massa van gedeeltelik-verteerde voedsel wat deur meganiese en chemiese spysverteringsprosesse van die maag gegaan het 1.2.7 Gekronkelde gedeelte van die nefron tussen die lus van Henle en die versamelbuis 1.2.8 Proses wat geen energie benodig om water uit ʼn gebied met hoë waterpotensiaal na ʼn gebied met lae waterpotensiaal te verskuif (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of GEENEEN langs die vraagnommers (1.3.1. tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Deel(e) van die chloroplast waarin A: Tilakoïed chlorofil geleë is B: Lamelle 1.3.2 Sel(le) wat die oppervlak van die A: Saamgestelde villus uitmaak kolomvormig B: Beker 1.3.3 Struktuur/strukture wat help om die A: Sirkelvormige spier tragea oop te hou B: Epiglottis 1.3.4 ʼn Deel van die bloedsomloopstelsel A: Gekronkelde buisies van die nier B: Nierkelke (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 7 1.4 ʼn Makroskopiese diagram van die nier word hieronder getoon. F A N B C E D 1.4.1 Identifiseer die byskrif en noem die naam van die ... (a) koppievormige struktuur wat die nierpapille omring en urien versamel. (2) (b) deel wat lae vet (vetweefsel) het om die nier teen meganiese besering te beskerm. (2) (c) deel wat urien van die kelke versamel en dit in die ureter kanaliseer. (2) 1.4.2 Verduidelik waarom deel D donkerder rooi of bruin lyk in vergelyking met deel A. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 1.5 Negatiewe terugvoermeganismes is noodsaaklike prosesse wat homeostase verseker. ʼn Eenvoudige negatiewe terugvoerlus met sy komponente word hieronder getoon. Stimulus Herstel Homeostase Reseptor / Wanbalans Beheer- Effektor sentrum 1.5.1 Definieer die term homeostase. (2) 1.5.2 Koolstofdioksiedregulering is ʼn belangrike voorbeeld van ʼn negatiewe terugvoermeganisme. Wanneer die vlak van koolstofdioksied in die menslike liggaam te hoog word, watter deel van die liggaam dien as die: (a) Reseptor (1) (b) Effektor (2) 1.5.3 Gee TWEE redes waarom dit belangrik is dat koolstofdioksiedvlakke in die bloed nie hoog bly nie. (2) [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 9 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Bestudeer die organel hieronder wat in ʼn sel gevind word. A N B 2.1.1 Identifiseer die organel hierbo getoon. (1) 2.1.2 Noem TWEE sigbare redes vir die antwoord op VRAAG 2.1.1 gegee. (2) 2.1.3 Behalwe vir hul liggings, tabuleer TWEE verskille tussen die prosesse wat by A en B plaasvind. (5) 2.1.4 Noem TWEE biologiese belangrikhede van die proses wat binne die gegewe organel plaasvind. (2) 2.1.5 Beskryf EEN sigbare strukturele kenmerk binne die organel wat dit geskik vir sy primêre funksie maak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 2.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KWEEKHUISE HELP OM KOS TE KWEEK, SELFS WANNEER DIE WEER ONGUNSTIG IS In Rusland is winters baie koud en die tyd vir die verbouing van kos is kort. Kweekhuise bied ʼn veilige en warm ruimte die hele jaar vir die verbouing van groente, selfs wanneer dit buite -25 °C is. In plekke soos Siberië kan mense nou plaaslike groente kweek in plaas daarvan om dit van ander lande te koop. Russiese kweekhuise gebruik skoon energie van die son (sonkrag) en die aarde (geotermies). Kweekhuise help ook mense om werk te kry en plaaslike besighede te ondersteun. 2.2.1 Noem EEN voordeel van kweekhuisstelsels op die plaaslike gemeenskap. (1) 2.2.2 Verduidelik hoe Russiese kweekhuise energiedoeltreffend is. (2) 2.2.3 Die beste temperatuur vir die kweek van plante in ʼn kweekhuis is 28 °C. Buite is die temperatuur −25 °C. (a) Gee TWEE maniere om die temperatuur binne die kweekhuis warm te hou wanneer dit baie koud buite is. (2) (b) Bereken die persentasieverskil in temperatuur tussen buite (−25 °C) en binne (28 °C) die kweekhuis. (3) 2.2.4 Kweekhuise gebruik UV-A- en UV-B-gloeilampe wanneer daar nie genoeg sonlig is nie. (a) Bespreek kortliks die verwantskap tussen ligintensiteit en die fotosintetiese tempo van plante. (3) (b) Verduidelik EEN beperkende faktor van ligintensiteit in plante. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 2.3 Selrespirasie is ʼn 3-fase proses waarin ATP gevorm word. ʼn Skematiese voorstelling van hierdie proses word hieronder gegee. Elektrone via NADH gedra X word Proses A Proses A Krebs- Proses B siklus Y ATP ATP ATP 2.3.1 Identifiseer: (a) Proses A (1) (b) Reaktant X (1) (c) Produk Y (1) 2.3.2 Is proses A ʼn anaboliese of kataboliese proses? Gee EEN rede vir die antwoord. (2) 2.3.3 Watter proses, A of B, produseer meer ATP? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 2.3.4 Beskryf die gebeure van die Krebs-siklus. (4) 2.3.5 ʼn Atleet het oor spierkrampe gekla nadat hy vier en ʼn half uur lank ʼn marathon gehardloop het. Gebruik jou begrip van selrespirasie om te verduidelik waarom dit plaasgevind het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 2.4 ʼn Wetenskaplike het ondersoek ingestel na hoe fotosintese en respirasie koolstofdioksiedvlakke in water beïnvloed. Die eksperiment het damkruid (ʼn plant) en ʼn damslak (ʼn dier) gebruik. Eksperimentele ontwerp: • Die apparaat is vir 5 dae in ʼn goed beligte kamer gelos. • Na 5 dae het die wetenskaplike die kokende buis heeltemal met swart papier bedek. • ʼn Data-opnemer is gebruik om koolstofdioksied (CO₂) vlakke elke dag vir 15 dae, aan te teken. • Die resultate word in die tabel hieronder getoon. KOOLSTOFDIOKSIED TYD IN KONSENTRASIE IN DAE ARBITRÊRE EENHEDE 0 5 1 5 Data-opnemer 2 5 3 5 4 5 Rubberprop 5 5 6 5,3 7 5,4 8 5,5 Damkruid 9 6,4 10 6,5 Damslak 11 6,5 12 6,6 13 6,8 14 7,1 15 7,4 2.4.1 Identifiseer die afhanklike veranderlike van die ondersoek. (1) 2.4.2 Noem ʼn geskikte kontrole vir die ondersoek. (2) 2.4.3 Verklaar die koolstofdioksiedkonsentrasie tussen dag 0 en dag 5. (2) 2.4.4 Stel ʼn rede voor waarom koolstofdioksiedkonsentrasie na dag 5 toegeneem het. (2) 2.4.5 Die slak het op dag 10 dood gegaan. Verduidelik waarom dit gebeur het. (2) 2.4.6 Noem ʼn geskikte gevolgtrekking vir die ondersoek. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 13 VRAAG 3 3.1 Hieronder is ʼn diagram van sekere dele van die spysverteringstelsel. A N B F C D E 3.1.1 Verskaf geskikte byskrifte vir: (a) Buis A (1) (b) Aar C (1) 3.1.2 Verduidelik DRIE maniere waarop struktuur E vir sy funksie aangepas is. (6) 3.1.3 Onderskei tussen die fisiese en chemiese vertering wat gelyktydig in struktuur B plaasvind. (4) 3.1.4 Verduidelik waarom vetabsorpsie steeds moontlik is, ten spyte daarvan dat struktuur F chirurgies verwyder is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 3.2 Die diagram hieronder toon een van die vyf fases van menslike voeding. Aminosuur Peptied Proteïen 3.2.1 Op grond van die diagram hierbo, noem die fase van menslike voeding wat getoon word. Noem ook die ensiem wat verantwoordelik is vir die afbreek van proteïene gedurende hierdie fase. (2) 3.2.2 Waar in die menslike liggaam sal die ensiem wat in VRAAG 3.2.1 genoem word, geproduseer word? (1) 3.2.3 Gedurende watter fase van menslike voeding sal proteïene in die menslike liggaam gevorm word? (1) 3.2.4 Identifiseer en bespreek die finale fase van menslike voeding. Noem die betrokke struktuur/strukture en hul biologiese belangrikheid. (3) 3.3 Brood word in die menslike mond gemastikeer. 3.3.1 Verduidelik die belangrikheid van mastikasie in menslike voeding. (2) 3.3.2 Verduidelik waarom brood na ʼn kort tydjie in die mond soeter smaak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) LEWENSWETENSKAPPE V1 15 3.4 Die diagram hieronder toon ʼn alveolus, ʼn klein, hol, luggevulde sak wat in die longe geleë is. A 3.4.1 Identifiseer die tipe beweging wat deur A voorgestel word. (1) 3.4.2 Identifiseer en beskryf TWEE sigbare kenmerke van die alveolus wat dit ʼn effektiewe gaswisselingsoppervlak maak. (4) 3.4.3 Lys TWEE maniere waarop suurstof in die liggaam vervoer word. (2) 3.4.4 Beskryf hoe ʼn koeëlwond aan die bors effektiewe ventilasie van die longe kan beïnvloed. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 3.5 Die diagram hieronder toon ʼn nefron. B A C D E F 3.5.1 Lys TWEE letters uit die nefrondiagram wat in die nierkorteks geleë is. (2) 3.5.2 Identifiseer en bespreek TWEE belangrike prosesse wat tussen netwerk F en die nierbuis plaasvind. (4) 3.5.3 Bartter-sindroom is ʼn seldsame genetiese afwyking wat ondoeltreffende herabsorpsie van natriumione veroorsaak, ten spyte van aldosteroonafskeiding. Natriumpompe is ook nie in staat om natrium aktief uit te pomp nie. (a) Identifiseer en skryf die naam van die deel neer wat Bartter- sindroom waarskynlik sal beïnvloed. (2) (b) Bespreek hoe Bartter-sindroom osmoregulering negatief sal beïnvloed. (5) [50] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Life Sciences

View all