Skip to content

Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12201415 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *LFSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag aangebied word NIE, sal kandidate punte verbeur. 6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die enigste verskil tussen die DNS/DNA van ʼn lid van ʼn spesie en ʼn ander lid van dieselfde spesie is die … A volgorde waarin die stikstofbasisse voorkom. B soort verbindings tussen die stikstofbasisse. C soort stikstofbasisse teenwoordig. D aantal stringe. 1.1.2 Translasie van ʼn bRNS/bRNA-molekuul met 48 nukleotiede produseer ʼn polipeptied van … A 3 aminosure. B 12 aminosure. C 16 aminosure. D 48 aminosure. 1.1.3 ʼn Verwagtende moeder word deur haar genetiese raadgewer ingelig dat haar baba ʼn gelyke kans het om bloedgroep A of bloedgroep AB te wees. Dit beteken dat die genotipe van die vrou en haar man … moet wees. A IAIA en IBi B IAIB en IBi C IAi en IBIB D IAIB en IAi 1.1.4 Die volgende vorm deel van Darwin se waarnemings waarop sy teorie van natuurlike seleksie gebaseer was: (i) Groot getal nakomelinge word geproduseer (ii) Verworwe kenmerke word oorgeërf (iii) Nakomelinge toon ʼn groot mate van variasie (iv) ʼn Struktuur word beter ontwikkeld wanneer dit meer gereeld gebruik word (v) Van die groot getal nakomelinge wat geproduseer word sal slegs ʼn klein hoeveelheid oorleef A (i) en (ii) B (i), (iii) en (v) C (i), (ii) en (iii) D (ii) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) 1.1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig slegs ʼn klein deel van ʼn DNA/DNS-molekuul, waar die vier stikstofbasisse deur die letters A (Adenien), T (Timien), G (Guanien) en S (Sitosien) verteenwoordig word. Watter van die volgende (A, B, C of D) verskaf die ontbrekende inligting van boks X in die diagram hieronder? 1.1.6 Charles Darwin het … voorgestel. A ʼn meganisme vir evolusie B die wet van oorerflikheid van verworwe kenmerke C die wet van gebruik en onbruik D die wet van segregasie 1.1.7 Gedurende watter EEN van die volgende stadiums sal replikasie van DNS/DNA plaasvind? A Interfase B Profase 1 C Telofase 1 D Telofase 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.1.8 ʼn DNS/DNA-nukleotied bestaan uit ʼn … A ribose-suiker, vier stikstofbasisse en ʼn fosfaatgroep. B fosfaatgroep en ʼn stikstofbasis. C deoksiribose-suiker en vier stikstofbasisse. D deoksiribose-suiker, ʼn stikstofbasis en ʼn fosfaatgroep. 1.1.9 ʼn Moeder het bloedgroep AB en ʼn pa het bloedgroep B. Hulle het drie kinders van hul eie en ʼn aangenome kind. Die bloedgroepe van die kinders word in die tabel hieronder aangetoon. Kinders Bloedgroepe Simanele A Thusini B Philani AB Ncube O Watter kind is die aangenome kind? A Simanele B Philani C Thusini D Ncube 1.1.10 Watter van die volgende word gesien as ʼn bron van variasie vir evolusie? (i) Mutasie (ii) Afstammeling deur modifikasie (iii) Meiose (iv) Ewekansige bevrugting A (i) en (ii) B (i), (iii) en (iv) C (ii), (iii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die vorm van die gedraaide DNS/DNA-stringe 1.2.2 Die fase van proteïensintese wanneer inligting gekopieër word vanaf DNS/DNA na bRNS/RNA 1.2.3 Die verbinding tussen twee stikstofbasisse 1.2.4 Die proses waar nuwe DNS/DNA vanuit bestaande DNS/DNA gemaak word 1.2.5 ʼn Soort nukleïensuur waarop die antikodon vir proteïensintese voorkom Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) 1.2.6 Chromosoomtoestand van ʼn sel wat slegs ʼn enkele stel chromosome bevat 1.2.7 Alternatiewe vorm van ʼn geen wat op ooreenstemmende posisies van ʼn homoloë chromosoom voorkom en dieselfde kenmerk beïnvloed 1.2.8 Teorie wat voorstel dat evolusie nie altyd teen ʼn bestendige tempo voorkom nie, maar in ʼn skielike vlaag na lang tydperke van geen verandering 1.2.9 Vorming van ʼn nuwe spesie wanneer fisiese versperring ʼn bevolking verdeel 1.2.10 Die gebruik van tegnologie om die genetiese struktuur van ʼn organisme te verander (10) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Die “vader van genetika” A: Charles Darwin B: Rosalind Franklin 1.3.2 Chromosome wat die geslag van ʼn A: Gonosome organisme bepaal B: Outosome 1.3.3 Voorbeeld(e) van reproduktiewe A: Teling gedurende isolasie-meganismes verskillende tye van die jaar B: Onvrugbare nakomelinge 1.3.4 Die alleel wat slegs sy fenotipiese A: Resessief kenmerke kan toon wanneer dit in ʼn B: Dominant homosigotiese toestand is 1.3.5 ʼn Skielike verandering in die volgorde A: Kloning van die stikstofbasisse van DNS/DNA B: Mutasie 1.3.6 Fossielbewyse gevind in Etiopië A: Ardipithecus spp B: Australopithecus boisei 1.3.7 Behels die beginsel van segregasie A: Monohibried B: Dihibried 1.3.8 Die wetenskaplike(s) wat eerste die A: James Watson struktuur van DNS/DNA voorgestel B: Francis Crick het 1.3.9 Organismes het ʼn ingebore drang om A: Darwin te verander B: Lamarck 1.3.10 Stikstofbasisse wat in beide RNS/RNA A: Adenien en DNS/DNA aangetref word B: Urasiel (10 x 2) (20) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn diersel gedurende meiose. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat daarop volg. 2.1.1 Hoeveel homoloë paar chromosome is in die kern in bostaande diagram teenwoordig? (1) 2.1.2 Identifiseer die fase wat plaasvind. (1) 2.1.3 Noem die proses wat in bostaande diagram plaasvind wat nommers 3 en 4 behels. (1) 2.2 Die eerste 7 stikstofbasisdrietal wat deel vorm van die geenkodering van een string van die hemoglobienproteïen waaruit rooibloedliggaampies in die mens bestaan, word hieronder aangetoon. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. DNS/DNA SAS GTG GAS TGA GGA STS STS Templaat Basis-drietal 1 2 3 4 5 6 7 nommers 2.2.1 Hoeveel van die volgende word voor gekodeer in die DNS/DNA- templaat volgorde hierbo? (a) Stikstofbasisse (1) (b) Verskillende soorte o-RNS-molekules wat benodig word om die polipeptied van die deel van DNS/DNA te vorm (1) (c) Aminosure (1) 2.2.2 Skryf neer die b-RNS/RNA volgorde van die basisdrietalle genommer 4, 5 en 6 in bostaande tabel. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) 2.2.3 Deur die tabel hieronder te gebruik, bepaal die aminosuurvolgorde wat deur basis-drietalle genommer 4, 5 en 6 gekodeer word. Antikodons op o-RNS/RNA Aminosure waarvoor wat vir die aminosuur kodeer gekodeer word SUS Glutamien GUS Histidien GGA Prolien GAS Leosien UGA Threonien SAS Valien (3) 2.2.4 Indien die T in die 6de basis-drietal in die DNS/DNA-templaat hierbo na A verander, skryf die nuwe aminosuur neer waarvoor hierdie 6de drietal nou sal voor kodeer. (Gebruik die tabel hierbo.) (1) 2.3 Die tabel hieronder toon hoe die risiko om ʼn kind met Downsindroom te hê verander soos die moeder se ouderdom verander. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. Ouderdom van moeder Risiko om ʼn kind met Downsindroom te hê 20 1 uit 1 500 25 1 uit 1 300 30 1 uit 900 35 1 uit 350 40 1 uit 100 45 1 uit 30 2.3.1 Meld die verhouding tussen die ouderdom van die moeder en die risiko om ʼn kind met Downsindroom te hê. (2) 2.3.2 Hoeveel keer groter is die risiko om ʼn kind met Downsindroom te hê wanneer die moeder 40 is in vergelyking met wanneer sy 30 jaar oud is? (2) 2.3.3 Waarom staan Downsindroom ook as Trisomie-21 bekend? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 2.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die skedel van twee organismes; ʼn moderne mens en ʼn gorilla. Bestudeer die diagramme wat volgens skaal geteken is en beantwoord die vrae wat volg. 2.4.1 Watter diagram (A of B), verteenwoordig die skedel van ʼn gorilla? (1) 2.4.2 Watter organisme (A of B), is bipedaal vir die grootste deel van sy volwasse lewe? (1) 2.4.3 Verduidelik DRIE moontlike voordele wat bipedalisme (tweevoetigheid) vir ʼn organisme inhou. (6) 2.4.4 Noem die wetenskaplike wat die teorie van evolusie deur natuurlike seleksie ontwikkel het. (1) 2.4.5 Verduidelik hoe die wetenskaplike, genoem in VRAAG 2.4.4, die ontstaan van lang nekke in kameelperde sou verduidelik het. (7) 2.5 Die diagram hieronder toon ʼn filogenetiese stamboom nadat wetenskaplikes die mitochondriale DNS/DNA van mense en dié van moderne ape geanaliseer het. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. 2.5.1 Watter spesie is die naaste aan die sjimpansees verwant? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) 2.5.2 Hoe lank gelede het die gemeenskaplike voorouer van gorillas, sjimpansees en die mens ontstaan? (1) 2.5.3 Watter spesie is die mees verlangste verwant aan die mens? (1) 2.5.4 Verduidelik waarom die volgende verklaring NIE waar is NIE: “Die mens het uit die sjimpansees ontstaan.” (2) [40] VRAAG 3 3.1 In muise is die alleel vir rooi pelskleur (R) dominant oor die alleel vir grys pelskleur (r). Dit gebeur ook dat alle embrios, wat homosigoties vir die dominante faktor is, doodgaan voor geboorte. Indien ʼn kolonie van heterosigotiese muise kruisteel en 300 jong lewende muise produseer, hoeveel van hierdie nakomelinge sal dan rooi pelse en grys pelse hê? Gebruik ʼn genetiese diagram om aan te toon hoe jy by jou antwoord uitgekom het. (7) 3.2 Bloedgroepe by die mens word deur veelvuldige allele beheer. Daar is dus vier moontlike bloedgroepe: A, AB, B en O. Bestudeer die grafiek hieronder wat die persentasie van mense met verskillende bloedgroepe toon en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Verduidelik wat bedoel word met veelvuldige allele. (2) 3.2.2 Watter bloedgroep is die minste in voorkoms in die menslike bevolking? (1) 3.2.3 Onlangse bevolkingstatistieke toon dat KwaZulu-Natal ʼn bevolkingsgrootte van ongeveer 9,2 miljoen het. Bereken die aantal mense wat bloedgroep O in KwaZulu-Natal sal hê. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 3.3 ʼn Mikro-organisme bevat ʼn geen wat ʼn insekgif produseer. Wetenskaplikes het hierdie geen wat die insekgif produseer in koringplante oorgeplaas. Dit maak dus geneties-gemanipuleerde (GM) koring. Die wetenskaplikes: * verbou koringplante met die insektegif-geen op landerye en in kweekhuise * verbou koringplante sonder die insektegif-geen op landerye en in kweekhuise * bereken die opbrengs van al die koringplante Die staafgrafiek toon die resultate. 3.3.1 Wat was die opbrengs van die koring met die insektegif-geen wat in die kweekhuise geproduseer was? (1) 3.3.2 Wat was die verskil in opbrengs tussen die koring met insektegif-geen en die koring sonder die insektegif-geen wat in die kweekhuise gekweek was? Toon al jou bewerkings. (2) 3.3.3 Watter advies sal jy aan ʼn boer gee ten opsigte van watter soort koring om op landerye te kweek? (1) 3.3.4 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.3. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) 3.4 Die stamboomdiagram hieronder volg die oorerwing van haemofilie in ʼn familie. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Hoeveel familielede wat nie deur haemofilie geaffekteer is nie, is draers? (2) 3.4.2 Gebruik die moontlike alleel XH ; Xh en Y om die genotipe van elk van die volgende te bepaal: (a) Individu 1 (1) (b) Individu 4 (1) 3.4.3 Verduidelik waarom hierdie afwyking meestal mans affekteer. (2) 3.4.4 Individu 10 en sy vrou, wie ʼn draer is (nie in diagram aangetoon), het ʼn seun. Wat is die kanse dat hierdie seun haemofilie sal kry? (2) 3.4.5 Stel TWEE redes voor waarom individu 9 en sy maat genetiese berading moet ondergaan voordat hulle met ʼn gesin begin. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 3.5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Maria het ʼn seun gekry terwyl sy met Sam uitgegaan het. Toe sy hom vertel, het hy gesê dat die kind nie syne is nie. Hy beskuldig Maria daarvan dat sy ʼn verhouding met sy vriend, Johnny, het. Maria het dit ontken, maar Sam wou haar nie glo nie. Maria het ʼn DNS/DNA-toets laat doen nadat die baba gebore was om die baba se DNS/DNA met die DNS van Sam, Johnny en haarself te vergelyk. Die DNS/DNA-vingerafdrukke toon die toetsresultate. 3.5.1 Verduidelik waarom jy kan sê dat Maria die moeder van die baba is. (2) 3.5.2 Vanaf die DNS/DNA-vingerafdrukke, verduidelik wie jy dink die vader van die baba is. (2) 3.5.3 (a) Noem nog ʼn manier hoe vaderskap bewys kan word. (1) (b) Meld waarom dit nie honderd present betroubaar is nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2014) 3.6 Bestudeer die volgende diagram wat die uitwerking van DDT op ʼn bevolking van muskiete toon en beantwoord die vrae wat volg. Voor plaagdoder- Na plaagdoder- Sleutel toediening toediening Weerstandige muskiet Eerste geslag Oorlewendes van eerste plaagdoder- toediening Vatbare muskiet Tweede geslag (deur DDT geaffekteer) Oorlewendes van tweede plaagdoder- toediening 3.6.1 Beskryf die verhouding van fenotipies van die eerste geslag van muskiete: (a) Voor plaagdodertoediening (1) (b) Na plaagdodertoediening (1) 3.6.2 Verduidelik die resultaat van die eerste plaagdodertoediening. (2) 3.6.3 Waarom is daar baie muskiete wat meer bestand is in die tweede geslag voor plaagdodertoediening? (2) 3.6.4 Verduidelik waarom daar nie meer vatbare muskiete in die tweede geslag is nadat die plaagdoder toegedien was nie. (2) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 15 AFDELING C VRAAG 4 4.1 Daar word vermoed dat die moderne mens geleidelik ontwikkel het van aapagtige wesens oor miljoene jare deur spesiasie. Verduidelik hoe die verskille in die skedel en ander dele van die skelet van primitiewe aap-agtige wesens en moderne mense die idee dat die algemene neiging in menslike evolusie in die rigting na tweevoudigheid en ʼn verandering in die dieet van rou voedsel na gaar voedsel was. (17) Sintese (3) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all