Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae noukeurig en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
vraestel gebruik.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Wys AL jou berekeninge, insluitende die eenhede en formules, waar nodig.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die korrekte
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv1.1.11 A.
1.1.1 Indien ʼn daling in die pH-vlakke van die bloed voorkom, sal die
niere …
A die absorpsie van ureum verhoog.
B die absorpsie van natriumione verminder.
C die afskeiding van waterstofione verlaag.
D die herabsorpsie van bikarbonaatione verhoog.
1.1.2 Watter van die volgende sal veroorsaak dat die niere meer
natriumione herabsorbeer?
A ʼn Afname in bloeddruk
B ʼn Toename in die volume van die bloed
C Vernouing van die afferente arteriole
D ʼn Afname in die hoeveelheid ADH wat afgeskei word
1.1.3 In watter van die volgende strukture word silia aangetref?
A Larinks
B Alveoli
C Tragea
D Pleura membrane
1.1.4 Watter van die volgende vind in die sitoplasma van ʼn plantsel
plaas, maar nie in die mitochondria nie?
A Oksidatiewe fosforilering
B Kreb se siklus
C Glikolise
D Ligafhanklike reaksie van fotosintese
1.1.5 Die omskakeling van pirodruiwesuur na melksuur vind plaas
tydens ...
A fotolise.
B glikolise.
C anaërobiese respirasie.
D oksidasie van glukose.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.1.6 Watter van die volgende stowwe kan deur die bloed sonder
verdere vertering geabsorbeer word?
A Vette
B Proteïene
C Stysel
D Glukose
1.1.7 Watter van die volgende oorlewingskurwes verteenwoordig ʼn trop
bobbejane?
1.1.8 Fekunditeit is ...
A die gemiddelde aantal kinders wat per vrugbare vrou in een
generasie gebore word.
B die werklike aantal kinders wat per vrugbare vrou in een
generasie gebore word.
C die gemiddelde aantal kinders wat per 10 000 vrugbare vroue
gebore word.
D die gemiddelde aantal kinders gebore per vrou in een
generasie tussen die ouderdomme van 45 en 55 jaar oud.
1.1.9 Die hulpbronverdeling waargeneem in ʼn ekosisteem verminder
effektiewelik ….
A die vermoë van nouverwante spesies om in te teel.
B die mededinging tussen nouverwante spesies deur die
oorvleueling van ekologiese nisse te verminder.
C predatoriese instink van verwante spesies.
D die vermorsing van voedselbronne.
1.1.10 Watter van die volgende verteenwoordig die kenmerkende
eienskap van ontwikkelende lande soos Ethiopië, Mexiko en
Tailand?
A Hoogs geïndustraliseerd
B Hoë geboortesyfer
C Langer lewensverwagting
D Lae suigeling sterftesyfer (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die pigment wat verantwoordelik is vir die absorbering van
stralingsenergie tydens fotosintese
1.2.2 Verwagte kleurverandering van verdunde jodiumoplossing
wanneer die teenwoordigheid van stysel in die blaar bevestig
word
1.2.3 Genetiese materiaal aangetref in die matriks van die mitochondria
1.2.4 Die gas wat noodsaaklik is vir die Kreb se siklus om plaas te vind
1.2.5 Voue wat op die binneste membraan van die mitochondrion
aangetref word
1.2.6 Fase van aërobiese respirasie waartydens koolstofdioksied
vrygestel word (6 x 1) (6)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen van die items in KOLOM II
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 ʼn Molekuul wat energie berg A. ATP
B. ADP
1.3.2 Die brandstof wat vir selrespirasie benodig A. Glikogeen
word B. Glukagon
1.3.3 Produkte van anaërobiese respirasie in A. Alkohol
gisselle B. CO2
1.3.4 Die selorganel waarin fotosintese plaasvind A. Mitochondria
B. Chloroplaste
1.3.5 Berging van chlorofil A. Grana
B. Lamella
1.3.6 Suur wat tydens vertering in die maag A. HCl
afgeskei word B. Vetsuur
(6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.4 Bestudeer die lengtesnit deur die menslike nier en beantwoord die vrae
wat volg.
A
D
B
E
C
1.4.1 Benoem dele A, B en C. (3)
1.4.2 Watter benoemde deel kan die deurgang van die vloei van urine
blokkeer wanneer ʼn niersteen gevorm word? (1)
1.4.3 Gee die NAAM en LETTER van die bloedvat wat ʼn hoër
persentasie afvalstowwe bevat. (2)
1.4.4 Watter een van die benoemde bloedvate het die laagste
bloeddruk? (1)
1.5 Bestudeer die onderstaande uittreksel oor vetsug en beantwoord die vrae
wat volg.
Vetsug kan beskryf word as ʼn wanbalans tussen energie-inname en
energieverbruik, in so ʼn mate dat oortollige energie in vetselle gestoor
word wat dan vergroot of in getalle vermeerder. In ʼn steekproef van 7 726
Suid-Afrikaanse vroue tussen die ouderdomme 15–95 jaar is gevind dat
swart vroue die hoogste voorkoms van oorgewig en vetsug toon (58,5%),
gevolg deur vroue van gemengde afkoms (52%), wit vroue (49,2%) en
dan Indiër vroue (48,9%). ʼn Verskillende patroon is by mans
waargeneem. In ʼn steekproef van 5 401 Suid-Afrikaanse mans tussen die
ouderdomme 15–95 jaar was die voorkoms van oorgewig en vetsug die
hoogste by wit mans (54,5%), gevolg deur Indiër mans (32,7%) en mans
van gemengde afkoms (31%) met die laagste voorkoms in swart mans
(25%). Sommige van die gesondheidsrisiko’s wat verband hou met vetsug
is diabetes, koronêre hartsiekte, hoë bloeddruk, kanker en swak
psigologiese gesondheid.
Bron: http://www.mrc.ac.za/chronic/cdlchapter7.pdf
1.5.1 Wat is die hoofoorsaak van vetsug? (2)
1.5.2 Wat is die totale aantal persone wat tydens die navorsing gebruik
is? (1)
1.5.3 Wat kan as ʼn moontlike rede aangevoer word vir die verskille in
die voorkoms van vetsug by mans en vroue? (1)
1.5.4 Noem EEN van die gesondheidsrisiko’s gemeld in die uittreksel
wat kan lei tot ʼn beroerte. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Ouderdom-geslagspiramides wat twee verskillende lande
voorstel en beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Meld watter inligtingsbron benodig word om die bostaande
grafiek te plot. (1)
2.1.2 Watter bevolkingspiramide (A of B) dui ʼn toenemende bevolking
aan? (1)
2.1.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.1.2. (4)
2.1.4 Beskryf die bevolkingsgroei tendens in grafiek A. (3)
2.1.5 Verteenwoordig grafiek A ʼn toenemende, dalende of stabiele
bevolking? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
2.2 Leerders by ʼn sekere skool het ʼn ondersoek gedoen om die
gemeenskaplike interaksie tussen twee verskillende spesies in ʼn
bepaalde ekologiese nis te bestudeer.
Die ondersoek is soos volg opgestel:
Twee verskillende spesies van Tribolium-bevolkings (ʼn meelkewer) is
in ses verskillende bottels met meel geplaas en is genommer 1–6 soos
aangedui in die onderstaande diagram. (Die bottels met meel dien as
voedsel en habitat).
Elke bottel het ongeveer 100 kewers van elke spesie bevat.
Elk van die bottels is aan verskillende temperature- en
humiditeitstoestande blootgestel.
Na ʼn tyd is die getalle van elke oorlewende spesie bepaal en die
resultate is aangeteken.
Die resultate word hieronder aangedu:
Relatiewe Aantal Aantal
Temperatuur
Bottel humiditeit T. castaneum T. confusum
(°C)
(in %) wat oorleef wat oorleef
1 34 70 100 0
2 34 30 10 90
3 29 70 86 14
4 29 30 13 87
5 24 70 29 70
6 24 30 0 100
2.2.1 Definieer die volgende terme:
(a) Gemeenskap (2)
(b) Ekologiese nis (2)
2.2.2 Watter een van die spesies is meer verdraagsaam teenoor lae
temperature en lae humiditeit? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.2.3 Is die faktore wat ondersoek word digtheidsafhanklik of
digtheidsonafhanklik? (1)
2.2.4 Watter afleiding kan vanuit die bostaande resultate gemaak word
met betrekking tot die tipe kompetisie wat plaasgevind het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.3 Bestudeer die onderstaande grafiek wat die groei van die menslike
bevolking aandui en beantwoord die vrae wat volg:
Menslike bevolkingsgroei
8000
vanaf 1650 tot 2015
7500
7000
6500
6000
Bevolkingsgrootte in miljoene
5500
5000
4500
4000
3500
3000
2500
2000
1500
1000
500
0
1650 1850 1930 1975 1999 2015
Tyd in jare
2.3.1 Watter tipe groeivorm word by die mens aangetref? (1)
2.3.2 Watter fase van die groeivorm, genoem VRAAG 2.3.1 word vanaf
1930 tot 1999 aangedui? (1)
2.3.3 Verduidelik waarom die fase van bevolkingsgroei, soos aangedui
vanaf 1930 tot 1999 plaasgevind het. (4)
2.3.4 Noem TWEE redes vir die stadige bevolkingsgroei vanaf 1999 tot
2015. (2)
2.3.5 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
volg:
Die huidige wêreldbevolking van meer as 7 miljard is alreeds twee
tot drie keer hoër as die volhoubare vlak. ʼn Aantal onlangse
studies toon dat die aarde se hulpbronne sowat 2 miljard mense
op ʼn Europese lewensstandaard kan volhou.
http://www.worldpopulationbalance.org/3_times_sustainable
(a) Voorspel die lot van die mens indien die huidige tendens van
die bevolkingsgroei sonder enige beheermaatreëls volgehou
word. (1)
(b) Stel ʼn praktiese oplossing voor om die versnelde groei van
die menslike bevolking te verminder. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
2.4 ʼn Eksperiment is uitgevoer om vas te stel of lig noodsaaklik is vir
fotosintese. Die prosedure wat gevolg is, word hier onder aangedui:
ʼn Geranium potplant is ontstysel
ʼn Kruisvormige ligspleet is op aluminiumfoelie uitgesny
Die aluminiumfoelie-stensil is aan een van die ontstyselde blare, soos
aangedui in die onderstaande diagram, vasgemaak
Die potplant is vir 4–5 ure aan skerp sonlig blootgestel
Na 5 ure is die aluminiumfoelie verwyder en die blaar is vir die
teenwoordigheid van stysel getoets
2.4.1 Hoe is die plant ontstysel? (1)
2.4.2 Verduidelik waarom al die stysel tydens die proses genoem in
VRAAG 2.4.1 verdwyn het. (4)
2.4.3 Beskryf die verskillende stappe, in die korrekte volgorde, wat
tydens die styseltoets gevolg is. (4)
2.4.4 Teken ʼn benoemde diagram van die blaar om die resultaat van
die ondersoek aan te toon. Gebruik ʼn potlood en kleur die
gedeelte wat positief getoets het vir stysel, in. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande diagram toon ʼn plantverspreider aan wat deur
wetenskaplikes gebruik kan word om temperatuur, ligintensiteit en
koolstofdioksiedkonsentrasies te beheer:
Die wetenskaplikes het die blaarslaai plante aan verskillende
temperature, CO2-konsentrasies en ligintensiteit blootgestel.
Die onderstaande grafiek illustreer die resultate.
Die gemiddelde massa van die blaarslaai plante gee ʼn aanduiding van
die tempo van fotosintese.
Bestudeer die onderstaande resultate en beantwoord die vrae wat volg:
Resultate van die ondersoek
Gemi
ddeld
e
mass
a
blaars
laai
na 21
dae in
gram
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
3.1.1 Watter invloed het ligintensiteit op die gemiddelde massa van die
blaarslaai? (2)
3.1.2 Noem die TWEE beperkende faktore wat die fotosintese tempo
beïnvloed soos wat die ligintensiteit toeneem. (2)
3.1.3 Hoe het die wetenskaplikes die tempo van fotosintese tot die
maksimum vlak verhoog? (3)
3.1.4 Wat sal met die fotosintese tempo gebeur indien die temperatuur
hoër as 35 ºC gestel word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.2 Die diagram hieronder toon dele van die menslike spysverteringstelsel
aan. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Identifiseer die dele gemerk A, B en D. (3)
3.2.2 Gee die naam en letter van die klier wat ʼn verteringssap, met
geen ensieme, afskei. (2)
3.2.3 Noem enige VIER funksies van die verteringssap wat deur die
deel gemerk D afgeskei word. (4)
3.2.4 Gee die naam van die kroniese gesondheidsrisiko wat deur die
wanfunksionering van deel B veroorsaak word. (1)
3.2.5 Beskryf kortliks die homeostatiese rol van deel B in die
handhawing van ʼn konstante glukosevlak in die bloed. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.3 Die diagram hieronder toon die struktuur van ʼn nierliggaampie
(malpighi-liggaampie) aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die
vrae wat volg.
3.3.1 Benoem die dele gemerk A, B en C. (3)
3.3.2 Watter fisiologiese proses vind in bostaande diagram plaas? (1)
3.3.3 Verduidelik hoe die verskil in deursnee tussen A en B
verantwoordelik is vir die proses wat plaasvind in die malpighi-
liggaampie. (6)
3.3.4 Gee die naam van die gespesialiseerde selle wat in D aangetref
word. (1)
3.3.5 Beskryf hoe die selle struktureel aangepas is om hul funksie te
verrig. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die meganisme van die asemhalingsproses en verduidelik hoe die
korrekte vlakke van respiratoriese gasse herstel word kort nadat ʼn 100 m-
naelloop gehardloop is.
Inhoud: 17
Sintese: 3
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum