Skip to content

Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP

Question paperLife SciencesGrade 11201524 pages

Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *ILFSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ʼn NUWE BLADSY. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord word NIE sal kandidate punte verbeur. 6. Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die groep(e) plante wat van water afhanklik is vir voorplanting, is: A Pteridofiete and Briofiete B Slegs Briofiete C Slegs Gimnosperme D Angiosperme en Gimnosperme 1.1.2 Ginesium (stamper) bestaan uit die ... A stempel, styl en vrugbeginsel. B stempel, kroonblare en vrugbeginsel. C styl, perigoon en meeldraad. D styl, kroonblare en meeldraad. 1.1.3 ʼn Vrugbeginsel sal in ... gevind word. A gimnosperme B angiosperme C briofiete D pteridofiete 1.1.4 Saprofitiese fungi kry voedingstowwe vanaf ... A lewende organismes. B die atmosfeer. C nie-lewende organiese stof. D beide A en B. 1.1.5 Watter van die volgende word nie in Pteridofiete gevind nie? A Sori B Spore C Sporangiums D Sade Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) 1.1.6 Bestudeer die volgende stellings aangaande Eukariotiese selle en beantwoord die vraag wat volg. Eukariotiese selle: (i) Is meer kompleks as prokariotiese selle (ii) Het ʼn membraangebonde nukleus (iii)Word geglo dat dit meer onlangs ontstaan het as prokariotiese selle (iv) Is gewoonlik kleiner as virusse Watter van die volgende stellings is waar omtrent Eukariotiese selle? A (i), (ii) en (iv) B (iii) en (iv) C (i), (ii), (iii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.7 Watter deel van ʼn blom vervaardig manlike gamete? A Kroonblare B Vrugbeginsel C Stuifmeel D Saadknop 1.1.8 Bestudeer die stellings oor geslagtelike voortplanting in plante en beantwoord die vraag wat volg. (i) Dit genereer variasie in onstabiele omgewings (ii) Sade help met die verspreiding van nageslag na meer afgeleë omgewings (iii) Saaddormansie laat toe dat groei gestop word totdat skadelike omgewingstoestande omgekeer is (iv) Nageslag kan baie vinnig gevorm word Watter stelling is ʼn voordeel van geslagtelike voortplanting in plante? A (i), (ii), (iii) en (iv) B (i), (iv) C (ii), (iii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.9 Teenliggaampies is proteïene wat ... A patogene afbreek. B biochemiese reaksies kataliseer. C deur T-selle geproduseer word, wat siekte veroorsakende virusse doodmaak. D met spesifieke antigene bind. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.1.10 Inenting kan die verspreiding van ʼn … beheer. A genetiese afwyking B aansteeklike siekte C voedingstekort D omgewing siekte (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die liggaamsplan van organismes waarin dele van ooreenstemmende grootte en vorm, aan weerskante van of rondom ʼn ‘as’ gerangskik 1.2.2 Swelling aan die punt van ʼn vertikale hife van Rhizopus waarin spore gevorm word 1.2.3 Jellie-agtige laag tussen die ektoderm en endoderm 1.2.4 Die verwydering van groot getal bome sodat toestande woestynagtig word 1.2.5 Molekules wat uit drie suurstofatome bestaan 1.2.6 Die term wat gebruik word om die konsentrasie van senuweeselle of organe wat aan die voorpunt van ʼn liggaam gekonsentreer is, te beskryf 1.2.7 Tipe ongeslagtelike voortplanting waar bakterieë in twee verdeel, soos in mitose 1.2.8 Die kiemlaag wat aanleiding gee tot spiere en inwendige organe anders as die spysverteringstelsel 1.2.9 Stowwe wat natuurlik deur mikro-organismes afgebreek kan word 1.2.10 Die verwydering van grond deur water of wind (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Ektoderm, mesoglea en A. Triploblasties endoderm B. Diploblasties 1.3.2 Koolstofvoetspoor kan A. Herwinning verminder word deur B. Hergebruik 1.3.3 Gebied wat gebou is om van A. Reservoir afval ontslae te raak B. Landvullingsterrein 1.3.4 Faktore wat die water A. Vernietiging van vleilande beskikbaarheid verminder B. Eksotiese plante 1.3.5 Die verdeling van die liggaam A. Kefalisasie in ʼn reeks van dieselfde B. Segmentasie eenhede 1.3.6 Diere wat ʼn ware liggaamsholte A. Coelomate het B. Acoelomate 1.3.7 ʼn Sirkulerende sisteem waar A. Geslote bloedsisteem bloed in bloedvate vloei B. Oop bloedsisteem 1.3.8 ʼn Proses om skaliegas- A. Hidrobreking (‘Fracking’) reserwes uit ondergrondse B. Loging rotse te ontgin (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 1.4 Chloorfluoorkoolstowwe (CFK’s) het ongelukkig aansienlike skade aan die osoonlaag veroorsaak, wat tot groot ‘gate’ in die atmosfeer gelei het. Bestudeer die grafiek hieronder wat die omvang van die skade (grootte van ‘gat’) in die Antarktika-osoonlaag aandui en beantwoord die vrae wat volg. 1.4.1 Gedurende watter jaar was die ‘gat’ in Antarktika gebied die: (a) Grootste? (1) (b) Kleinste? (1) 1.4.2 Wat was die grootte van die ‘gat’ (miljoen km2) in die jare: (a) 2000 en (1) (b) 2005? (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Blomme is voortplantingstrukture wat vir geslagtelike voortplanting in angiosperme gebruik word. Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.1.1 Is hierdie ʼn insek, wind of voëlbestuifde blom? (1) 2.1.2 Lys DRIE kenmerke van hierdie blom wat dit goed aanpasbaar maak vir jou antwoord soos in VRAAG 2.1.1 gegee. (3) 2.2 Angiosperme is ʼn groep plante wat sade deur middel van geslagtelike voortplanting produseer. 2.2.1 Wat is die grootste voordele van geslagtelike voortplanting vir plante? (1) 2.2.2 ʼn Saadbank in Noorweë stoor sade van ʼn seldsame en bedreigde plant. Om die sade vars te hou was 120 sade van hierdie plant gekies om te groei. Uit die 120 sade, het slegs 90 ontkiem. Watter persentasie van die sade was nie vrugbaar nie? Toon al jou bewerkings. (2) 2.2.3 Verduidelik hoe elk van die volgende eienskappe van die sade belangrik is vir die plant se oorlewing: (a) Sade kan vir lang tye dormant bly (1) (b) Sommige sade bevat endosperm-weefsel (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 2.3 Bestudeer die filogenetiese boom hieronder en neem kennis van hoe die vier plantafdelings verander het, en beantwoord die vrae wat volg. Filogenetiese boom wat plantevolusie toon Moss Varing Gimnosperme Angiosperme Vrugte Naakte sade Toe sade Keëls Blomme Stuifmeel Nie Beweeglike sperm Nie-beweeglike sperm vaskulêre Saadloos Saad Wortels, stingels, blare Vaskulêr Beweeglike gamete Alge 2.3.1 Wat is die voorvaderlike vorm van al die plantafdelings aangedui? (1) 2.3.2 Watter plantafdeling is die beste vir lewe op land aangepas? (1) 2.3.3 Watter plante is die meeste naverwant aan mekaar? (2) 2.4 Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) versamel data van siektes wêreldwyd. Die tabel hieronder toon data, soos gepubliseer deur die WGO, van insidente van tuberkulose (TB) in die jare 2000 en 2008, vir verskillende inkomstegroepe. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. INSIDENTE VAN TB PER 1 000 000 BEVOLKING Inkomstegroep In 2000 In 2008 Lae 280 280 Laer middelklas 150 150 Boonste middelklas 100 110 Hoë 17 14 2.4.1 Gebruik die inligting hierbo en vergelyk die data van 2000 en 2008 in die vier inkomstegroepe. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) 2.4.2 Die hoogste voorkoms van TB word met die lae-inkomste- groep geassosieer. Stel DRIE redes voor waarom die voorkoms van TB die hoogste in die lae-inkomstegroep is. (3) 2.5 Die diagram hieronder toon die natuurlike kweekhuiseffek en die verhoogde kweekhuiseffek. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. 2.5.1 Noem TWEE hoof kweekhuisgasse. (2) 2.5.2 Waarom is dit belangrik om die natuurlike kweekhuiseffek te onderhou? (2) 2.5.3 Noem EEN menslike aktiwiteit wat ʼn verhoogde kweekhuiseffek veroorsaak. (1) 2.5.4 Verduidelik EEN verskil tussen die TWEE diagramme hierbo. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 2.6 Lees die uittreksel hieronder, bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. ʼn Omgewingsgesondheidsbeampte by 'n plaaslike munisipaliteit het klagtes van inwoners wat langs 'n rivier woon ontvang, dat daar dooie visse in die rivier dryf. Die beampte het opgemerk dat daar ʼn rioolsuiweringsaanleg en ʼn myn in die omgewing is en dat beide hul afval in dieselfde gedeelte van die rivier vrystel. Die beampte het ʼn monster A en monster B van die rivier water, vanaf ʼn punt voor en na die rioolsuiweringsaanleg en myn geneem waar die afval in die rivier gestort word. Die watermonster was in ʼn laboratorium ontleed. Die tabel toon die resultate van die analise. TABEL: RESULTATE VAN DIE ANALISE VAN WATER. MONSTER A MONSTER B Stowwe/faktore in (Geneem voor (Geneem nadat monsters gevind afvalwater in rivier afvalwater in rivier vrygestel is) vrygestel is) Fekale coli bakterieë (tel/100ml) 500 130 000 Nitrate (mg/l) 1,6 5,2 Fosfate (mg/l) 0,1 0,9 Natrium (mg/l) 25 175 Chloriede (mg/l) 15 180 pH 6,7 3,5 2.6.1 Watter DRIE van die stowwe is waarskynlik van die rioolsuiweringsaanleg afkomstig? (3) 2.6.2 Wanneer die vlakke van fekale coli-bakterieë in MONSTER A en MONSTER B vergelyk word, hoe goed dink jy het die rioolsuiweringsaanleg gefunksioneer? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) 2.6.3 Noem TWEE water-oordraagbare siektes wat deur onbehandelde afvalwater versprei word. (2) 2.6.4 Is die water in MONSTER B, meer suur, of meer alkalies as die water van MONSTER A? (1) 2.6.5 Verduidelik wat bedoel word met suur-mynwaterdreinering. (2) 2.6.6 Gee TWEE moontlike oorsake vir die dood van die visbevolking in die rivier na aanleiding van die data in die tabel. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3 3.1 ʼn Student ondersoek die aantal bakterieë wat op die vel van mense se hande voorkom nadat dit gewas en afgedroog is. Dieselfde metode om hande te was was gebruik, maar die hande was afgedroog deur warm lug vanaf ʼn warmlugblasser of papierhanddoeke te gebruik. Deppers was gebruik om monsters van die droë vel te kry en bakterieë was dan gekweek vanaf die deppers. Die tabel toon die aantal bakterieë wat gekweek was. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. MONSTERS AANTAL BAKTERIEË (x108) PER VIERKANTE SENTIMETER (CM2) OP VEL VAN HANDE GEVOLG DEUR WAS EN AFDROOG Vel met lug afgedroog Vel met handdoek afgedroog 1 8,91 1,11 2 9,75 0,98 3 6,14 0,42 4 8,72 1,02 3.1.1 Noem die doel van die student se ondersoek. (1) 3.1.2 Stel DRIE faktore voor wat in die ondersoek gekontroleer moet word, om dit ʼn billike toets te maak. (3) 3.1.3 Gebaseer op die resultate van die ondersoek, skryf die gevolgtrekking neer wat die student kon maak. (1) 3.1.4 Teken ʼn staafgrafiek om die aantal bakterieë op vier verskillende vel- monsters te toon nadat dit met ʼn papierhanddoek afgedroog was. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 3.2 Die diagram hieronder toon die beweging van koolstofdioksied in en uit die atmosfeer. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. BEWEGING VAN CO2 IN DIE ATMOSFEER 3.2.1 Noem ʼn lewensproses wat: (a) Koolstofdioksied inneem en (1) (b) Koolstofdioksied vrystel (1) 3.2.2 Watter uitwerking het verhoogde vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer op die temperatuur van die atmosfeer? (1) 3.2.3 Noem hierdie uitwerking in wat VRAAG 3.2.2 genoem word. (1) 3.2.4 Wat is ʼn ‘koolstofput’? (1) 3.2.5 Gee ʼn voorbeeld van ʼn ‘koolstofput’. (1) 3.2.6 Wat sal met die koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer gebeur as die ‘koolstofputte’ verminder word? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) 3.3 ʼn Groep graad 11-leerders voer ʼn ondersoek uit om die impak wat rotasie-oes sal hê op die langtermyn opbrengs van die Duiwelsklouplant. Hulle vergelyk die digtheid van Duiwelsklou oor ʼn tydperk vir twee verskillende gebiede A en B. By gebied A het tradisionele genesers dit in kleiner dele verdeel. Elke keer word ʼn ander deel geoes. By gebied B versamel stropers Duiwelsklou vanuit enige area (gereelde oes). Kwadrante is ewekansig gegooi in beide gebiede om die digtheid van Duiwelsklou oor twee agtereenvolgende jare te bepaal. Die resultate word in die staafgrafiek hieronder aangetoon. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Resultate van verskillende oesmetodes van Duiwelsklou 10 9 9 9 8 8 Aantal plante geoes 7 6 2007 5 4 2008 4 3 2 1 0 Rotasie Gereelde oes oes Oesmetodes 3.3.1 Wat is rotasie-oes? (1) 3.3.2 Noem EEN voordeel van rotasie-oes. (1) 3.3.3 Skryf ʼn hipotese vir hierdie ondersoek. (2) 3.3.4 Stel die resultate van die ondersoek in tabelvorm voor. (4) 3.3.5 Wat kan jy aflei uit die studie wat gemaak is? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 15 3.4 Die diagram A hieronder stel ʼn volledige dier voor terwyl diagram B ʼn dwarssnit deur die hoofliggaam toon. Bestudeer die diagramme hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Identifiseer die filum waaraan hierdie organisme behoort. (1) 3.4.2 Noem die tipe simmetrie wat in hierdie organisme getoon word. (1) 3.4.3 Verduidelik die voordeel wat hierdie simmetrie het vir die manier van lewe vir die organisme. (2) 3.4.4 Noem DRIE filums wat jy bestudeer het, wat ʼn seloom het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015) 3.5 Die diagram hieronder toon twee metodes, wat gebruik word om mense beskerming teen siektes te bied. Metode A toon aktiewe immuniteit en Metode B toon passiewe immuniteit. Metode A kan word teen polio gebruik. Metode B word gereeld teen tetanus gebruik. METODES GEBRUIK OM BESKERMING VIR MENSE TE BIED Metode A Metode B Persoon ontvang klein Tetanus bakterieë dosis van polio virus (antigeen) word in dier (antigeen) ingespuit Virus vermeerder stadig in Teenliggaampies word in liggaam die dier se liggaam gemaak Teenliggaampies word Bloed word uit dier gemaak verwyder; gebruik om ʼn serum met teenliggaampies te maak Tweede dosis van Serum word in ʼn persoon verswakte virus word ingespuit wat met tetanus gegee; meer besmet is teenliggaampies word gemaak Tetanus teenliggaampies verswak in die persoon se liggaam 3.5.1 Noem die stowwe wat deur die liggaam geproduseer word om skadelike virusse en bakterieë te vernietig. (1) 3.5.2 Waarom bied metode A langdurige beskerming teen polio? (1) 3.5.3 Metode B bied nie langdurige beskerming teen tetanus nie. Hoekom? (1) 3.5.4 In immunisasie teen polio, word ʼn tweede dosis van ʼn verswakte virus toegedien (bekend as ʼn booster). Verduidelik waarom hierdie booster noodsaaklik is. (1) 3.5.5 Waarom is metode B baie goed om vinnige met ʼn infeksie soos tetanus klaar te speel? (1) TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 17 AFDELING C VRAAG 4 4.1 Skryf ʼn opstel waarin jy verduidelik wat bedoel word met die konsep van voedselsekuriteit. Beskryf ook die maniere hoe swak saai boerderypraktyke ʼn bedreiging vir voedselsekuriteit in Suid-Afrika inhou. Noem ook hoe geneties gemodifiseerde voedsel kan help om die probleem van voedseltekort aan te spreek. Inhoud (17) Sintese (3) (20) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Life Sciences

View all