Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
LEWENSWETENSKAPPE
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)

View all





Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 505.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape June 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die sentrale senuweestelsel bestaan uit die ...
A outonome en perifere senuweestelsels.
B kraniale en spinale senuwees.
C simpatiese en parasimpatiese senuwees.
D brein en rugmurg.
1.1.2 Watter EEN van die volgende behels die ontwikkeling van die kleintjies
binne die uterus, van die moeder, waar dit voedingstowwe deur die
plasenta ontvang?
A Oviparie
B Viviparie
C Ovoviviparie
D Amniotiese eier
1.1.3 Waar word spermselle by die mens tydelik gestoor?
A Epididimis
B Vas deferens
C Urienblaas
D Prostaatklier
1.1.4 ʼn Pasiënt ervaar ligte visuele en spraakversteurings na ʼn ernstige
kopbesering. Watter gedeelte van die brein is moontlik beskadig?
A Serebrum
B Serebellum
C Hipotalamus
D Medulla oblongata
1.1.5 Voorbehoedpille wat swangerskap voorkom, sal waarskynlik hoë
vlakke van … bevat.
A LH en estrogeen
B slegs FSH
C slegs progesteroon
D FSH en progesteroon
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
1.1.6 Die diagram toon die bloedgroepe van individue in ʼn gesin.
A B
O A AB
Watter stelling oor die genotipes van die ouers is korrek?
A Albei ouers het allele vir bloedgroep A en B.
B Albei ouers het die alleel vir bloedgroep O.
C Slegs die pa het die alleel vir bloedgroep O.
D Slegs die ma het die alleel vir bloedgroep O.
1.1.7 Watter EEN van die volgende is ʼn effek van die simpatiese
senuweestelsel?
A Verhoogde hartklop
B Vernoude pupille
C Verlaagde bloeddruk
D Sametrekking van die blaaswand
1.1.8 Die onderstaande tabel toon die persentasie basisse in DNS-
monsters van verskeie organismes.
Bron van DNA Adenien Sitosien Guanien Timien
Menslike lewer 30 20 20 Z
Hoenderlewer W 40 40 10
Hondelewer 24 26 24 26
Muis-beenmurg 23 X 26 25
Sonneblomblaar 10 39 Y 12
Watter RY in die onderstaande tabel is ʼn korrekte weergawe van die
ontbrekende datawaardes?
W X Y Z
A 9 24 38 30
B 10 26 39 31
C 10 26 39 30
D 10 25 38 29
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 5
1.1.9 Die diagram toon ʼn gesin waarin sommige lede aan ʼn siekte ly wat
deur ʼn resessiewe alleel veroorsaak word.
1 2 Sleutel:
Man sonder die siekte
Vrou sonder die siekte
3 4 5
Man met die siekte
Vrou met die siekte
6 7
Identifiseer TWEE familielede wat heterosigoties vir die geen moet
wees.
A 5 en 7
B 3 en 6
C 2 en 3
D 1 en 4
1.1.10 ʼn Ondersoek is uitgevoer om die vrugbaarheidsvlakke van gesonde
mans in verskillende ouderdomsgroepe te bepaal.
Die prosedure wat gevolg is, was soos volg:
• 50 gesonde mans in elk van die volgende ouderdomsgroepe is
gevra om deel te neem: 20–29, 30–39, 40–49, 50–59 en 60–69.
• Semen is van elk van die mans versamel.
• Die aantal aktiewe spermselle teenwoordig in die semen is vir elke
man in elke ouderdomsgroep getel en gemiddeldes is bereken.
Watter EEN van die volgende is die afhanklike veranderlike in die
ondersoek?
A Fiksheidsvlakke van die manne
B Ouderdomsgroepe van die manne
C Aantal aktiewe spermselle
D Hoeveelheid semen (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die tipe bevrugting waar die eiers binne die liggaam van die dier
bevrug word
1.2.2 ʼn Bloedvat in die naelstring wat voedingstowwe na die fetus vervoer
1.2.3 Organel buite die kern van dierselle wat DNS bevat
1.2.4 Die deel van die oor wat klankgolwe na die uitwendige gehoorkanaal
lei
1.2.5 Die struktuur in die kop van ʼn sperm wat verteringsensieme bevat
1.2.6 Die stadium wanneer sekondêre geslagskenmerke by mans en vroue
ontwikkel
1.2.7 Die netwerk genetiese materiaal wat tydens interfase in die kern
aangetref word
1.2.8 Die tipe eier wat deur reptiele voortgebring word wat ekstra-
embrioniese membrane bevat (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs
B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A,
slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Het die struktuur van die DNA- A Watson en Crick
molekule ontdek B White en Dart
1.3.2 Voortplantingstrategie by voëls waar A Prekosiële
broeilinge hulpeloos is en nie in staat B Altrisiële
is om te beweeg en hulself te voed
nie
1.3.3 Tipe oorerwing waar beide allele A Onvolledige dominansie
gelyk in die fenotipe uitgedruk word B Volledige dominansie
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 7
1.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig die resultate van ʼn vaderskap-
ondersoek. Daar is vasgestel dat die drie kinders, broers en susters was en
dieselfde biologiese ma deel. Hulle ma is Volwasse B.
1.4.1 Noem die tegniek wat gebruik word om die resultate hierbo te verkry. (1)
1.4.2 Watter EEN van die volwassenes is die kinders se pa? (1)
1.4.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.2. (2)
1.4.4 Watter van die kinders is ʼn identiese tweeling? (2)
1.4.5 Noem TWEE ander gebruike van die tegniek in VRAAG 1.4.1
genoem. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
1.5 By konyne is donsige sterte (F) dominant oor nie-donsige sterte (f). Bruin pels
(B) is dominant oor wit pels (b).Twee konyne wat heterosigoties is vir beide
eienskappe word gekruis.
Die Punnet-diagram hieronder toon die moontlike gamete wat deur elke ouer
geproduseer word.
FB Fb fB fb
FB FFBB X FfBB FfBb
Fb FFBb FFbb FfBb Ffbb
fB FfBB FfBb ffBB Y
fb FfBb Ffbb ffBb ffbb
1.5.1 (a) Noem die tipe kruising wat hierbo voorgestel word. (1)
(b) Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.1(a). (1)
1.5.2 Hoeveel van die nageslag/nakomelinge het nie-donsige sterte en wit
pels? (1)
1.5.3 Gee die genotipe van die ouerkonyne wat gekruis is. (1)
1.5.4 Identifiseer die:
(a) Fenotipe van nageslag/nakomelinge X (1)
(b) Genotipe van nageslag/nakomelinge Y (1)
1.5.5 Gee die persentasie van die nageslag wat donsige sterte sal hê. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande diagram stel een string van ʼn DNS-molekule voor.
Y Z
T A C A A G C
A G
2.1.1 Identifiseer:
(a) Suiker Y (1)
(b) Molekuul Z (1)
2.1.2 Beskryf die proses waardeur DNS ʼn kopie van homself maak. (6)
2.1.3 Die tabel hieronder toon die bRNS-kodons en die aminosure waarvoor
hulle kodeer.
bRNS-kodon Aminosuur
AAG Lys
AGU Ser
AUG Met
UAC Tyr
UCA Ser
UGC Cys
UUC Phe
Gebruik die tabel hierbo om die korrekte volgorde van aminosure wat
van links na regs gekodeer is deur die DNS-string hierbo neer te skryf. (3)
2.1.4 Tydens DNS-replisering het ʼn mutasie plaasgevind in die eerste DNS-
drietal van die DNS-molekule wat hierbo getoon is, en het TAC na TTC
verander.
Beskryf die effek van hierdie mutasie op die proteïen wat gevorm word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
2.2 Die diagram toon ʼn paar homoloë chromosome.
1
E E
2
a A
B B
D d
2.2.1 Identifiseer:
(a) Posisie 1 (1)
(b) Struktuur 2 (1)
2.2.2 Noem of ʼn individu met hierdie chromosome homosigoties of
heterosigoties is met betrekking tot die geen wat as A voorgestel word. (1)
2.2.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.2. (1)
2.2.4 Verduidelik waarom hierdie homoloë chromosome soortgelyk is maar
nie identies is nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 11
2.3 Die diagram toon sommige van die stadiums in menslike voortplanting, van
ovum (eier) tot fetus.
Fetus
ovum
1 2 3 4 5
2.3.1 Identifiseer voortplantingstruktuur by:
(a) 3 (1)
(b) 4 (1)
2.3.2 Noem die proses wat by stadium 2 plaasvind. (1)
2.3.3 Waar in die liggaam vind die proses by stadium 2 plaas? (1)
2.3.4 Beskryf die proses wat verantwoordelik is vir die vorming van die
voortplantingsel wat in stadium 1 gewys word. (6)
2.3.5 Beskryf TWEE maniere waarop die fetus beskerm word. (2)
2.4 ‘Piebaldisme’ is ʼn genetiese toestand wat gekenmerk word deur ʼn persoon met
ʼn wit streep in hul hare. ‘Piebaldisme’ word beheer deur ʼn enkele dominante
alleel (H).
Die diagram hieronder toon ʼn persoon met ‘piebaldisme’.
ʼn Man met ʼn wit streep in sy hare en ʼn vrou met ʼn wit streep in haar hare het
twee kinders:
- Die eerste kind is sonder ʼn wit streep in sy hare gebore.
- Die tweede kind is met ʼn wit streep in sy hare gebore
Gebruik ʼn genetiese kruising om die moontlikheid te toon om kinders, met die
fenotipes wat hierbo beskryf word, te produseer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
2.5 Die diagram toon die chromosome in een menslike sel.
1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 XX
2.5.1 Noem die tipe diagram hierbo getoon. (1)
2.5.2 Identifiseer die chromosome gemerk 1–22. (1)
2.5.3 Noem of die individu wat getoon word ʼn man of ʼn vrou is. (1)
2.5.4 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.3. (2)
2.5.5 Beskryf hoe hierdie menslike sel opgeëindig het met die aantal
chromosome wat by posisie 21 gewys word. (5)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 13
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn fase tydens meiose.
W
X
3.1.1 Identifiseer strukture gemerk:
(a) W (1)
(b) X (1)
3.1.2 Identifiseer die fase wat getoon word. (1)
3.1.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.1.2. (1)
3.1.4 Noem die aantal chromosome wat elke dogtersel aan die einde van
meiose sal bevat. (1)
3.1.5 Gee bewyse uit die diagram wat aandui dat die resulterende
dogterselle geneties verskillend sal wees. (1)
3.1.6 Verduidelik die belangrikheid daarvan dat die dogterselle geneties
verskil. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
3.2 Die onderstaande grafiek toon die veranderinge in die vlakke van hormone
tydens die menstruele siklus van ʼn vrou.
Sleutel
B X
Y
A Z
Hormoon Estrogeen
vlak
0 7 14 21 28
Tyd (in dae)
3.2.1 Identifiseer die gebeurtenisse in die menstruele siklus gemerk:
(a) A (1)
(b) B (1)
3.2.2 Noem die hormoon:
(a) X (1)
(b) Z (1)
3.2.3 Noem die funksie van hormoon X. (1)
3.2.4 Verduidelik die effek van die afname in die vlak van hormoon Z tot die
vlak wat in die grafiek hierbo getoon word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022) LEWENSWETENSKAPPE 15
3.3 Die onderstaande diagram toon ʼn deel van die menslike oor.
3.3.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Die druk tussen die buitenste oor en die middeloor balanseer (2)
(b) Oortollige drukgolwe in die binneoor absorbeer (2)
3.3.2 Gee ʼn funksie van die deel gemerk F. (1)
3.3.3 Verduidelik die belangrikheid van die rangskikking van die strukture
gemerk A. (3)
3.4 Beskryf die pad van ʼn impuls in ʼn refleksboog tydens ʼn refleksaksie. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2022)
3.5 Wetenskaplikes het die effek van ouderdom op die fokusafstand van die oog
ondersoek.
Die metode wat hulle gebruik het, word hieronder beskryf:
• Vrywilligers van verskillende ouderdomme se oë is getoets
• Drie individue van elke geselekteerde ouderdom is gebruik
• Elke vrywilliger is gevra om uit ʼn boek te lees
• Die boek is nader aan hul oë geskuif
• Toe die woorde uit fokus geraak het, is die afstand aangeteken
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon:
Afstand (mm) Gemiddelde
Ouderdom van Individu 1 Individu 2 Individu 3 afstand
vrywilligers (mm)
40 256 261 257 258
45 282 275 280 279
50 292 301 297 X
55 311 309 307 309
3.5.1 Bereken die gemiddelde afstand vir die vrywilligers van 50 jaar wat as
X in die tabel aangedui word. (3)
3.5.2 (a) Noem die proses waardeur die oog ʼn duidelike beeld kan vorm
wanneer die boek nader aan die oë van die individue beweeg
word. (1)
(b) Beskryf die proses in VRAAG 3.5.2(a) genoem. (5)
3.5.3 Gebruik die data in die tabel om ʼn staafgrafiek te teken wat die
gemiddelde fokusafstand van vrywilligers van 40, 45 en 55 jaar toon. (6)
3.5.4 Noem die gevolgtrekking van hierdie ondersoek. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum