Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V1
2016
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 


%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)


View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 558.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC June Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION20 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)7 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS8 marks
- Question 1.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION11 marks
Show all 16 questions
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
- Question 2.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS5 marks
- Question 2.5HUMAN REPRODUCTION7 marks
- Question 2.6HUMAN REPRODUCTION4 marks
- Question 3.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS11 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)8 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS8 marks
- Question 3.5EVOLUTION3 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die deel van die brein wat gestimuleer word wanneer 'n leerder
aan 'n verandering in omgewingstemperatuur blootgestel word:
A Serebellum
B Serebrum
C Hipotalamus
D Corpus callosum
1.1.2 Watter EEN van die volgende is 'n funksie van gibberelliene?
A Apikale groei
B Stimulering van saadontkieming
C Inhibisie van sytakke
D Afval van blare in die winter
1.1.3 Hieronder is 'n lys van veranderinge wat in die menslike oog
plaasvind wanneer na 'n voorwerp gekyk word wat nader as
6 meter is.
(i) Die lens word meer konveks.
(ii) Die siliêre spiere trek saam.
(iii) Daar is minder trekkrag/spanning op die lens.
(iv) Die draagband-/suspensoriese ligamente verslap.
Watter EEN van die volgende stel die korrekte volgorde voor
waarin die veranderinge plaasvind?
A (i) (ii) (iii) (iv)
B (ii) (iv) (iii) (i)
C (i) (iii) (ii) (iv)
D (ii) (iii) (i) (iv)
1.1.4 Die struktuur in die amniotiese eier wat voedingstowwe verskaf:
A Dop
B Allantoïs
C Chorion
D Dooiersak
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/2016
SSE
VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER, WAT 'N
ONTWIKKELENDE FETUS IN DIE UTERUS VOORSTEL.
1
2
4 3
1.1.5 Watter EEN van die volgende is vir die beskerming van die fetus
teen temperatuurveranderinge verantwoordelik?
A 1
B 2
C 3
D 4
1.1.6 Wat kan 'n moontlike gevolg vir die fetus wees indien deel 2 te min
progesteroon produseer?
A Die fetus sal nie groei nie, omdat geen seldeling sal plaasvind
nie.
B Die fetus kan as gevolg van 'n tekort aan groeihormoon
onderontwikkeld wees.
C 'n Miskraam sal plaasvind, omdat die endometrium sal
disintegreer.
D Die fetus kan beseer word, omdat daar geen skokabsorbering
sal wees nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/2016
SSE
1.1.7 Wanneer 'n persoon die meeste van die tyd na 'n selfoon of
'n rekenaarskerm kyk, is die siliêre spiere van die oog heeltyd
saamgetrek. Die spiere kan nie na hulle ontspanne posisie
terugkeer nie.
Gevolglik is die spiere nie in staat om die …
A vorm van die lens te verander om te fokus op voorwerpe wat
ver is nie.
B vorm van die lens te verander om te fokus op voorwerpe wat
naby is nie.
C grootte van die pupil te verander sodat meer lig die oog
binnedring nie.
D grootte van die pupil te verander om die hoeveelheid lig wat die
oog binnedring te verminder nie.
1.1.8 'n Ondersoek is uitgevoer om die effek van groeihormoon te bepaal
op kinders met 'n spesifieke afwyking wat veroorsaak dat hulle
korter as die verwagte gemiddelde lengte vir hulle ouderdom en
geslag is.
Die volgende prosedure is gevolg:
• 740 kinders met die afwyking is in die ondersoek ingesluit.
• Hulle aanvanklike lengtes is gemeet.
• Hulle is in twee groepe (A en B) ingedeel.
• Groep A is elke dag vir 3 jaar met 'n groeihormoon ingespuit.
• Groep B het nie die behandeling ontvang nie.
• Die lengte van elke kind in elke groep is toe gemeet.
Die volgende is 'n lys veranderlikes vir die ondersoek:
(i) Kinders van dieselfde ouderdom en geslag en met dieselfde
afwyking
(ii) Voedsel wat aan die kinders gegee is
(iii) Die tipe groeihormoon wat gebruik is
(iv) Die lengte van die kinders aan die einde van die ondersoek
Watter EEN van die volgende kombinasies is faktore wat tydens
hierdie ondersoek konstant gehou moes word?
A (i), (ii), (iii) en (iv)
B Slegs (i), (ii) en (iii)
C Slegs (i), (iii) en (iv)
D Slegs (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/2016
SSE
1.1.9 'n Man het 'n vasektomie ondergaan waar die spermbuis/vas
deferens deurgesny is.
Watter EEN van die volgende strukture sal nie meer tot die
produksie van semen bydra nie?
A Semenvesikels
B Prostaatklier
C Saadbuisies
D Cowper se klier
1.1.10 Lugbesoedeling is gewoonlik hoër in die middestad as weg
daarvandaan.
Die hoeveelheid besoedeling in die atmosfeer kan geskat word
deur ligeen te gebruik. Ligeen is 'n plant wat uit 'n fungus en 'n alg
bestaan wat in 'n mutualistiese verwantskap saamleef.
Die grafiek hieronder toon die groei van verskillende ligeenspesies
op verskillende afstande vanaf die middestad.
Grafiek wat die groei van verskillende
ligeenspesies op verskillende afstande vanaf die
middestad toon
Afstand vanaf die middestad (km)
35
30
25
20
15
10
5
0
1 2 3 4
Ligeenspesies
[Aangepas uit www.air-quality.org.uk]
Watter ligeen het die HOOGSTE toleransie vir verskillende
besoedelingsvlakke?
A Spesie 1
B Spesie 2
C Spesie 3
D Spesie 4 (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/2016
SSE
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Tipe bevrugting waar die kern van 'n sperm met die kern van
'n ovum buite die liggaam van die vroulike individu versmelt
1.2.2 Die groei van 'n gedeelte van 'n plant in reaksie op swaartekrag
1.2.3 Die toestand van die bloedvate in die menslike vel wanneer die
omgewingstemperatuur laag is
1.2.4 Die voortplantingstrategie wanneer die nageslag wat uitgebroei
het, kan rondbeweeg en hulleself kan voed
1.2.5 Die sensoriese reseptore wat in die halfsirkelvormige kanale
voorkom
1.2.6 Die tipe besoedeling wat plaasvind wanneer warm vloeistowwe in
riviere en oseane gestort word
1.2.7 'n Laag aan die binnekant van die oog wat lig absorbeer en dus
weerkaatsing verminder (7)
1.3 Die diagram hieronder stel die middeloor van die mens voor.
B
A
C
D
E
1.3.1 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.3.2 Gee die LETTER van die deel wat klankgolwe absorbeer om
eggo's te voorkom. (1)
1.3.3 Gee die LETTER en die NAAM van die deel wat verstop kan raak
wanneer daar infeksie in is, wat tot tydelike gehoorverlies kan lei. (2)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/2016
SSE
1.4 Die diagram hieronder stel dele van die endokriene stelsel van die mens voor.
A
B C
D
1.4.1 Identifiseer klier:
(a) A (1)
(b) B (1)
1.4.2 Gee die LETTER en die NAAM van die klier wat 'n hormoon afskei
wat verantwoordelik is vir:
(a) Die begin van puberteit by manlike individue (2)
(b) Die stimulering van die absorpsie van glukose deur selle (2)
(c) Die waterdeurlaatbaarheid van die nierbuisies (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/2016
SSE
1.5 Die diagramme hieronder stel dele van die sentrale senuweestelsel van die
mens voor.
B
C
D
A E
F
Diagram 1 Diagram 2
1.5.1 Identifiseer deel:
(a) C (1)
(b) D (1)
1.5.2 Gee die LETTER en die NAAM van die deel in diagram 2 wat
impulse ontvang vanaf die:
(a) Stafies en keëltjies (2)
(b) Reseptore in die hartspiere (2)
1.5.3 Noem die proses wat in diagram 1 plaasvind wat beserings aan die
liggaam tot die minimum beperk. (1)
1.5.4 Gee die LETTER en die NAAM van die neuron wat impulse vanaf
die sentrale senuweestelsel (SSS) na die effektore vervoer. (2)
(9)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/2016
SSE
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder stel 'n spermsel voor.
A B C D
2.1.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) D (1)
2.1.2 Verduidelik EEN manier waarop die spermsel aangepas is om
effektiewe beweging na die Fallopiusbuise te verseker. (2)
2.1.3 Verduidelik die gevolge vir voortplanting, indien 'n spermsel nie
deel A gehad het nie. (3)
(7)
2.2 Beskryf die pad wat 'n klankgolf vanaf sy oorsprong tot by die koglea in die
menslike oor volg. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/2016
SSE
2.3 Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die deursnee van die pupil van
die menslike oog.
Veranderinge in deursnee van pupil met tyd
7
Deursnee van pupil (millimeter)
6
5
4
3
2
1
0
0 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60
Tyd (sekondes)
2.3.1 Watter struktuur in die menslike oog is verantwoordelik vir die
veranderinge wat in die grafiek aangedui word? (1)
2.3.2 Tydens watter periode het die persoon van dowwe lig na skerp lig
beweeg? (1)
2.3.3 Beskryf die veranderinge wat in die oog plaasgevind het wat gelei
het tot die verandering in die deursnee wat van 30 tot 35 sekondes
aangedui word. (3)
2.3.4 Teken 'n benoemde diagram van die vooraansig van die oog om
die presiese grootte van die pupil by 20 sekondes te toon, soos dit
in die grafiek aangedui word. (4)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/2016
SSE
2.4 Die diagram hieronder stel 'n negatiewe terugkoppelingsmeganisme voor.
X en Y stel hormone voor wat deur die onderskeie kliere afgeskei word.
Pituïtêre
klier
X Y
Tiroïed-
klier
2.4.1 Wat is die rol van enige negatiewe terugkoppelingsmeganisme in
die menslike liggaam? (1)
2.4.2 Identifiseer hormoon X. (1)
2.4.3 Verduidelik die gevolge vir 'n persoon indien hormoon Y vir lang
tye abnormaal hoog bly. (3)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/2016
SSE
2.5 Navorsing toon dat die gemiddelde ouderdom van die eerste menstruasie
deur sosio-ekonomiese status sowel as ras beïnvloed word.
Wetenskaplikes het 'n ondersoek uitgevoer om die gemiddelde ouderdom van
die eerste menstruasie van die meisies in 'n gemeenskap te bepaal.
Hulle hipotese was:
Die gemiddelde ouderdom van die eerste menstruasie het met tyd
gedaal.
2.5.1 Vir hierdie ondersoek, noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.5.2 Noem DRIE beplanningstappe wat oorweeg moes word voordat
die ondersoek uitgevoer kon word. (3)
2.5.3 Verduidelik die implikasies vir die hipotese wat die wetenskaplikes
gestel het indien die resultate toon dat die gemiddelde ouderdom
van die eerste menstruasie die afgelope 25 jaar op 12,9 jaar gebly
het. (2)
2.5.4 Noem TWEE fisiese kenmerke by meisies wat sal aandui dat
puberteit begin het. (2)
(9)
2.6 Een voorbehoedmetode vir vroue is om daagliks 'n pil te drink wat
progesteroon bevat.
Verduidelik hoe hierdie pil funksioneer om swangerskap te voorkom. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/2016
SSE
VRAAG 3
3.1 Die tabel hieronder toon die verandering in die konsentrasie koolstofdioksied
(CO 2 ) in 'n mens se are, soos wat die vlak van oefening toeneem.
Die persoon in die ondersoek is gevra om 'n fiets te ry wat elektrisiteit, in watt
gemeet, opwek. Hoe vinniger die persoon gery het, hoe meer watt het hy
opgewek.
OEFENING CO 2 -KONSENTRASIE
(watt) VAN DIE BLOED IN DIE
ARE
(mol/mℓ)
0 0,50
50 0,51
100 0,53
150 0,55
200 0,55
250 0,54
[Aangepas uit www.umc.edu]
3.1.1 Wat is 'n normale bloedkoolstofdioksied-konsentrasie in die are vir
hierdie persoon? (1)
3.1.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om die koolstofdioksied-
konsentrasie in die bloed te meet wanneer die persoon geen
oefening doen nie. (2)
3.1.3 Verduidelik waarom die koolstofdioksiedkonsentrasie in die are
tydens strawwe oefening toegeneem het. (2)
3.1.4 Beskryf die homeostatiese reaksie wat in die liggaam plaasvind om
die koolstofdioksiedkonsentrasie te verminder wanneer oefening
tussen 200 en 250 watt gedoen word. (6)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/2016
SSE
3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OUKSIENE AS ONKRUIDDODERS
Daar is baie verskillende onkruiddoders (chemiese middels wat gebruik word
om onkruid te vernietig). Die meeste onkruiddoders wat nie hormone bevat
nie, beskadig slegs die bogrondse plantdele, met ander woorde die blare en
stingels. Hierdie onkruiddoders is ook vir ander organismes giftig.
Hormoongebaseerde onkruiddoders is gewoonlik 'n oplossing vir hierdie
probleem. Hulle vernietig die hele plant en is selektief oor watter plante hulle
teiken.
Ouksiene word gewoonlik as onkruiddoders gebruik weens hulle selektiewe
aard in die tipe plante wat hulle aantas. Hulle is die effektiefste teen
'breëblaar-' dikotiele plante.
[Aangepas uit www.herbicidesymptoms.ipm.ucanr.edu]
3.2.1 Noem EEN plek in 'n plant waar ouksiene natuurlik geproduseer
word. (1)
3.2.2 Noem EEN funksie van ouksiene wat groei in 'n plant veroorsaak. (1)
3.2.3 Beskryf TWEE nadele van die gebruik van onkruiddoders wat NIE
van planthormone gemaak is NIE. (4)
3.2.4 Verduidelik waarom dit vir 'n boer nadelig sou wees om
ouksien-onkruiddoders te gebruik op 'n land waarop bone, wat
dikotiel is, geplant is. (2)
(8)
3.3 Die tabel hieronder toon die uitwissingskoers van dierespesies wat sedert
1600 deur die mens veroorsaak is.
OORSAAK VAN UITWISSING UITWISSINGSKOERS VAN
DIERESPESIES
(%)
Jag 23
Invoer van uitheemse spesies 39
Vernietiging van habitat 36
Ander 2
[Aangepas uit www.bio.miami.edu/dana]
3.3.1 Teken 'n sirkeldiagram om die data in die tabel hierbo voor te stel. (6)
3.3.2 Verduidelik hoe uitheemse plantegroei die uitwissing van 'n
dierespesie kan veroorsaak. (3)
3.3.3 Stel EEN onwettige menslike aktiwiteit voor wat moontlik die
2%-uitwissingskoers kon veroorsaak. (1)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/2016
SSE
3.4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VOEDSELSEKERHEID WORD BEDREIG
Navorsing het getoon dat die vinnige groei in die menslike bevolking in
die afgelope dekade veroorsaak het dat verbruik van die vier
stapelvoedselsoorte (koring, rys, mielies en sojabone) baie hoër as die
produksie daarvan was. Hierdie wanbalans tussen vraag en aanbod het
sedert 2007 tot twee groot stygings in die pryse van stapelvoedsel gelei
en sommige stapelvoedselsoorte se koste het meer as verdubbel. Die
prysverhogings het tot hongersnood vir tienmiljoene arm mense in
ontwikkelende lande gelei.
Onvolhoubare boerderypraktyke is verantwoordelik vir 'n afname in
oesopbrengs, wat ook tot 'n styging in die pryse van basiese voedselitems lei.
Die jongste wetenskaplike navorsing toon dat klimaatsverandering 'n
bydraende faktor is. Baie van die misoeste van die afgelope dekade was die
gevolg van omgewingsrampe soos vloede, droogtes en hittegolwe.
[Aangepas uit www.iol.co.za]
3.4.1 Noem EEN tipe voedsel, volgens die uittreksel, wat aan
voedselsekerheid gekoppel kan word. (1)
3.4.2 Verduidelik waarom die gebruik van monokultuur om meer voedsel
vir die groeiende menslike bevolking te produseer, dikwels tot 'n
toename in die gebruik van onkruiddoders lei. (3)
3.4.3 Verduidelik EEN manier waarop vloede voedselsekerheid
beïnvloed. (2)
3.4.4 Verduidelik waarom die pryse van sommige graansoorte met tyd
meer as verdubbel het. (2)
(8)
3.5 Beskryf hoe ontbossing aardverwarming kan beïnvloed. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 17 DBE/2016
SSE
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf hoe genetiese variasie in gamete deur seldeling veroorsaak word en
noem en beskryf die spesifieke proses wat tydens die vorming van 'n ovum plaasvind.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
of diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum