Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 978.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS20 marks
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 1.5MEIOSIS8 marks
- Question 2.1REPRODUCTION IN VERTEBRATES7 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS11 marks
- Question 2.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS6 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)7 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
- Question 3.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS14 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS13 marks
- Question 3.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende dele beheer die hoeveelheid lig wat
die oog binnekom deur die grootte van die pupil te beïnvloed?
A Sklera
B Kornea
C Retina
D Iris
1.1.2 Die funksie van die naelstringaar/umbilikale vena is om … te
vervoer.
A koolstofdioksied van die fetus na die moeder
B voedingstowwe van die fetus na die moeder
C koolstofdioksied van die moeder na die fetus
D voedingstowwe van die moeder na die fetus
1.1.3 Die diagram hieronder verteenwoordig die gebeure wat tydens die
homeostatiese beheer van bloedglukose plaasvind.
Vlak van Klier X Vlak van Vlak van
glukose in neem die hormoon Y glukose in
bloed daal verandering styg bloed styg
waar
Watter EEN van die volgende verteenwoordig klier X en
hormoon Y?
Klier X Hormoon Y
A Pankreas Glukagon
B Pituïtêre klier Glukagon
C Pankreas Insulien
D Pituïtêre klier Insulien
1.1.4 Watter EEN van die volgende is KORREK ten opsigte van die
homeostatiese beheer van die konsentrasie koolstofdioksied in die
bloed?
A Die longe het reseptore.
B Hoë suurstofvlakke is die stimulus.
C Asemhalingspiere is die effektore.
D Die proses word deur die serebrum beheer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2023
NSS
1.1.5 Die planthormone wat gebruik kan word om breëblaar-onkruid
dood te maak, is …
A slegs absissiensuur.
B absissiensuur en gibberelliene.
C slegs ouksiene.
D absissiensuur en ouksiene.
1.1.6 'n Meisie wat na 'n motor kyk wat van haar af wegbeweeg, is in
staat om op die letters op die nommerplaat te fokus.
Watter EEN van die volgende veranderinge het in haar oë
plaasgevind?
A Die suspensoriese/draagligamente het verslap.
B Die siliêre spiere het ontspan.
C Ligstrale is meer gebreek.
D Die lens het meer konveks geword.
1.1.7 Een van die eienskappe van 'n sperm wat veroorsaak dat dit
vinniger beweeg, is die …
A ovaalvormige kop.
B haploïede nukleus.
C teenwoordigheid van ensieme in die akrosoom.
D afwesigheid van 'n middelstuk.
1.1.8 By 'n persoon wat aan versiendheid ly, ...
A is die oogbal langer as normaal.
B val ligstrale agter die retina.
C word ligstrale meer deur die lens gebreek.
D sal vêrafgeleë voorwerpe dof voorkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.1.9 Die grafiek hieronder toon die resultate van 'n ondersoek wat
gedoen is om die effek van ligintensiteit op die grootte van die pupil
vas te stel.
6
5
Grootte van pupil (mm)
4
3
2
1
0
1 2 3 4 5
Afstand vanaf ligbron (cm)
Watter EEN van die volgende stellings is 'n gevolgtrekking wat uit
die resultate gemaak kan word?
A Soos die afstand vanaf die ligbron vergroot, neem die grootte
van die pupil toe.
B Soos die afstand vanaf die ligbron verklein, neem die grootte
van die pupil toe.
C Soos die grootte van die pupil toeneem, vergroot die afstand
vanaf die ligbron.
D Soos die grootte van die pupil afneem, vergroot die afstand
vanaf die ligbron.
1.1.10 Die volgende is 'n lys van gebeure wat in die vroulike liggaam
plaasvind:
(i) Puberteit
(ii) Ovulasie
(iii) Ontwikkeling van die corpus luteum
(iv) Oögenese
(v) Verdikking van die endometrium
Watter EEN van die volgende is 'n kombinasie van gebeure wat
deur LH (luteïniseringshormoon) beïnvloed word?
A (i), (ii), (iii), (iv) en (v)
B Slegs (ii), (iii), (iv) en (v)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (iii) (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2023
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Voortplantingstrategie waar die kleintjies voedingstowwe deur
die plasenta ontvang
1.2.2 Die buis wat semen en urine na die buitekant van die liggaam
vervoer
1.2.3 Die deel van die senuweestelsel wat uit kraniale (kop-) en spinale
(rugmurg-) senuwees bestaan
1.2.4 Die vorm waarin 'n oormaat glukose in die lewer geberg word
1.2.5 Die struktuur wat gedurende swangerskap as 'n mikrofilter dien
1.2.6 Die gepigmenteerde deel van die oog wat oortollige lig absorbeer
1.2.7 Die deel van 'n neuron wat 'n rol speel in die spoed waarteen 'n
senuwee-impuls gelei word
1.2.8 Die deel van die manlike voortplantingstelsel wat sperms tydelik
berg, totdat hulle ryp is (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 'n Proses wat vier volwasse A: Oögenese
gamete by die mens vanaf 'n B: Spermatogenese
enkele diploïede sel produseer
1.3.2 'n Verdedigingsmeganisme wat A: Dorings
plante teen herbivore beskerm B: Chemikalieë
1.3.3 Die senuwee wat impulse vanaf A: Optiese senuwee/Oogsenuwee
die retina na die brein oordra B: Gehoorsenuwee
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2023
NSS
1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die menslike oor.
A
B
F
E
C
D
1.4.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) E (1)
1.4.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Met lug gevul is (2)
(b) Die orgaan van Corti bevat (2)
1.4.3 Gee die LETTER van die deel:
(a) Waar dreineringspypies ('grommets') ingeplant word (1)
(b) Wat vibrasies versterk (1)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2023
NSS
1.5 Die diagram hieronder toon gebeure wat moontlik in 'n vrou se liggaam
plaasvind.
B
C
C
A H
D
G
F E
1.5.1 Identifiseer struktuur:
(a) B (1)
(b) D (1)
(c) E (1)
1.5.2 Noem die:
(a) Proses wat by A plaasvind (1)
(b) Binnewand van die uterus waar struktuur E inplant (1)
1.5.3 Noem die tipe seldeling wat by C plaasvind. (1)
1.5.4 Hoeveel chromosome word normaalweg in H aangetref? (1)
1.5.5 Identifiseer die ekstra-embrioniese membraan G. (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Tydens paring by sommige padda-spesies klim die mannetjie op die wyfie se
rug en gryp haar met sy voorpote vas. Gedurende hierdie tyd sal die wyfie
ongeveer 6 000 ova vrystel, terwyl die mannetjie sperms oor die ova uitstort.
Hierdie paringsgedrag word ampleksus genoem.
Mannetjie
Wyfie
Paddaeiers
2.1.1 Noem die tipe bevrugting wat tydens voortplanting by paddas
plaasvind. (1)
2.1.2 Verduidelik waarom die bevrugte eiers van hierdie paddas nie op
land oorleef nie. (2)
2.1.3 Verduidelik hoe ampleksus die kanse op bevrugting by paddas
verhoog. (2)
2.1.4 Verduidelik EEN ander strategie, vanuit die inligting hierbo, wat tot
die voortplantingsukses van die paddaspesie bydra. (2)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2023
NSS
2.2 Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike voortplantingstelsel.
A
Prostaatklier
B
2.2.1 Noem:
(a) Deel A (1)
(b) Die hormoon wat deur B vrygestel word (1)
2.2.2 Verduidelik EEN funksie van die vloeistof wat tydens voortplanting
deur die prostaatklier vrygestel word. (2)
2.2.3 Prostaatkanker is een van die algemeenste tipes kanker by mans.
Die tabel hieronder toon die getal mans per 100 000 mans van
verskillende ouderdomsgroepe, wat oor 'n tydperk van 14 jaar in 'n
sekere land met prostaatkanker gediagnoseer is.
GETAL
OUDERDOMSGROEP PROSTAATKANKERGEVALLE
(PER 100 000 MANS)
<49 5
50–54 135
55–59 288
60–64 488
65–69 720
70–74 764
75–79 693
>80 473
(a) Volgens die tabel, watter ouderdomsgroep van mans is meer
geneig om prostaatkanker te ontwikkel? (1)
(b) Teken 'n histogram om die data vir mans vanaf die
ouderdomsgroep 60–64 tot die ouderdomsgroep 75–79 te
verteenwoordig. (6)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2023
NSS
2.3 Lees die uittreksel hieronder.
OVARIALE SISTE BY VROUE
Ovariale siste is vloeistofgevulde strukture wat in die ovariums van sommige
vroue ontwikkel. Die twee algemeenste tipes siste by vroue van
voortplantingsouderdom is follikulêre siste en corpus luteum-siste.
Follikulêre siste ontwikkel wanneer 'n Graafse follikel nie daarin slaag om oop
te bars en die ovum vry te stel nie. Die follikel hou aan met groei as gevolg
van voortdurende hormoonstimulasie.
'n Corpus luteum-sist ontwikkel wanneer die corpus luteum nie degenereer
nie, selfs al is 'n persoon nie swanger nie.
Vroue toon dikwels geen simptome nie en die siste verdwyn, maar in skaars
gevalle hou die ovariale siste aan om te vergroot. 'n Baie groot sist kan
intense pyn veroorsaak en moontlik oopbars, wat tot inwendige bloeding lei.
Sulke siste sal chirurgies verwyder moet word.
2.3.1 Gee vanuit die uittreksel:
(a) TWEE strukture in die ovarium wat in siste kan ontwikkel (2)
(b) TWEE simptome wat met baie groot siste geassosieer word (2)
2.3.2 Noem die hormoon:
(a) Verantwoordelik vir die groei van die follikel onder normale
toestande (1)
(b) Wat 'n hoë konsentrasie sal hê in die bloed van vroue by wie
follikulêre siste ontwikkel (1)
2.3.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2(b). (1)
2.3.4 Verduidelik waarom 'n vrou nie sal kan swanger raak indien sy 'n
corpus luteum-sist het wat nie verdwyn nie. (5)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2023
NSS
2.4 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van die sentrale
senuweestelsel van 'n mens.
A
Corpus
callosum
B
E
D
C
2.4.1 Identifiseer:
(a) Deel C (1)
(b) Klier E (1)
2.4.2 Gee die LETTER van die deel wat willekeurige aksies beheer. (1)
2.4.3 Beskryf die ligging van die corpus callosum. (2)
2.4.4 'n Leerder het tydens 'n rugbywedstryd 'n breinbesering opgedoen.
Hy kon steeds behoorlik asemhaal, maar hy het soms verlies van
geheue en balans ervaar.
Verduidelik waarom:
(a) Die leerder steeds behoorlik kon asemhaal (2)
(b) Dit moontlik is dat die besering deel B kon beïnvloed het (2)
(c) Die gehoor van die leerder ook as gevolg van die besering
aangetas kon wees (2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2023
NSS
2.5 Die doeltreffendheid en spoed van die knieruk-reaksie is baie belangrik vir
balans en beweging. Die stimulasie van die patella(knieskyf)-tendon, net
onder die knieskyf (patella), veroorsaak die sametrekking en verslapping van
die kwadriseps-spier in die bobeen.
Die diagram hieronder verteenwoordig die refleksboog vir die knieruk-reaksie
wat slegs EEN sinaps bevat. Die pyle dui die geleiding van senuwee-impulse
aan.
Patella-tendon
Sinaps
Kwadriseps-spier
2.5.1 Wat is 'n refleksaksie? (2)
2.5.2 Noem:
(a) EEN rede waarom 'n sinaps belangrik is (1)
(b) Die belangrikheid van die knieruk-reaksie (1)
2.5.3 Beskryf die pad van die impuls in hierdie refleksboog om die
knieruk-reaksie te veroorsaak. (5)
(9)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder.
ALZHEIMERSIEKTE EN OEFENING
Ouderdom en familiegeskiedenis is die bekende risikofaktore vir Alzheimer-
siekte. Die algemeenste simptoom van Alzheimersiekte is 'n verergerende
vermoë om nuwe inligting te onthou.
Gereelde oefening mag help om die risiko vir die ontwikkeling van Alzheimer-
siekte te verminder omdat dit bloedvloei na die brein kan bevorder en help om
die volume van die hippokampus in stand te hou. Die hippokampus is diep in
die serebrum geleë en speel 'n groot rol in leervermoë en oriëntasie.
Wetenskaplikes het 'n ondersoek uitgevoer om vas te stel of gereelde
oefening die kans op Alzheimersiekte by die mens verminder.
Hulle het:
37 vroulike deelnemers tussen die ouderdomme van 65 en 75 in 'n
oefenprogram gebruik
Deelnemers gebruik wat aan die begin van die ondersoek nie simptome
van Alzheimersiekte getoon het nie
Die ondersoek drie keer 'n week vir drie maande uitgevoer
Die resultate het 'n verbetering in hoërorde-denkvermoë en 'n toename in
bloedvloei na die serebrum getoon.
3.1.1 Noem EEN verandering in die senuweeweefsel van die brein wat
Alzheimersiekte kan veroorsaak. (1)
3.1.2 Noem vanuit die uittreksel:
(a) EEN simptoom van Alzheimersiekte (1)
(b) 'n Genetiese risikofaktor (1)
(c) TWEE funksies van die hippokampus (2)
3.1.3 Noem TWEE faktore wat in gedagte gehou is toe die deelnemers vir
hierdie ondersoek uitgesoek is. (2)
3.1.4 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die
betroubaarheid van hulle resultate verbeter het. (2)
3.1.5 Verduidelik waarom hierdie ondersoek nie gebruik kan word om tot
die gevolgtrekking te kom dat oefening die risiko verminder om
Alzheimersiekte te kry nie. (2)
3.1.6 Verduidelik, vanuit die uittreksel, waarom daar verwag word dat
gereelde oefening die risiko vir Alzheimersiekte kan verminder. (3)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/November 2023
NSS
3.2 Die diagram hieronder toon die ligging van die bynier in die menslike liggaam.
Bynier
X
3.2.1 Identifiseer:
(a) Orgaan X (1)
(b) Die stelsel waaraan die bynier behoort (1)
3.2.2 Noem TWEE eienskappe van die tipe kliere wat aan die stelsel
behoort wat in VRAAG 3.2.1(b) geïdentifiseer is. (2)
3.2.3 Beskryf die interaksie tussen die bynier en orgaan X om
homeostase in stand te hou wanneer soutvlakke in die liggaam
laag is. (5)
3.2.4 Verduidelik die effek wat 'n afskeiding van die pituïtêre klier op
orgaan X sal hê wanneer 'n persoon dehidrasie ervaar. (5)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/November 2023
NSS
3.3 'n Twaalfjarige seun het vir 45 minute aan fisiese oefening deelgeneem,
gevolg deur 'n rusperiode van 15 minute. Die seun se veltemperatuur is
gemeet en die resultate is aangeteken.
Die diagram hieronder verteenwoordig die seun se vel voor oefening.
Q
P
Die grafiek hieronder toon die veranderinge in veltemperatuur oor 'n tydperk.
Veltemperatuur oor 'n tydperk
3838
37,4 (voor oefening)
37,5
37,5 36,9
(ná 'n rusperiode)
tempera (°C)
Veltemperatuur
3737
Skin ture (oC)
36,5
36,5
3636
35,5
35,5
35,4
3535 (direk ná
34,5 oefening)
34,5
3434
Before exercise Directly
Tydperkafter After a rest period
exercise
3.3.1 Noem die:
(a) Homeostatiese meganisme wat die verandering in
veltemperatuur teweegbring (1)
(b) Deel van die brein wat verantwoordelik is vir die meganisme
wat in VRAAG 3.3.1(a) genoem is (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 17 DBE/November 2023
NSS
3.3.2 Identifiseer die volgende dele vanaf die diagram:
(a) P (1)
(b) Q (1)
3.3.3 Bereken die persentasie afname in die gemiddelde veltemperatuur
van die seun voor en direk ná oefening.
Toon ALLE bewerkings. (3)
3.3.4 Verduidelik die rolle van deel P en Q in die verandering in
veltemperatuur van voor oefening tot direk ná oefening. (6)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 18 DBE/November 2023
NSS
3.4 'n Ondersoek is gedoen om die effek van ouksiene op die groei van sytakke
te bepaal. (Die verlenging van syknoppe lei tot die groei van sytakke.)
Die prosedure was soos volg:
Vier potplante (A, B, C en D) van dieselfde spesie is gebruik.
Plant A is onbehandeld gelaat.
Die eindknop van plant B is verwyder.
Die eindknop van plant C is verwyder en met agarjellie ('n jellieagtige stof
waardeur ander stowwe kan diffundeer) vervang.
Die eindknop van plant D is verwyder en vervang met agarjellie wat
ouksiene bevat.
Die plante is aan dieselfde omgewingstoestande blootgestel.
Die lengte van die syknoppe van elke plant is aan die begin van die
ondersoek en weer ná drie weke gemeet.
Die diagram hieronder toon die opstelling van die ondersoek aan die begin.
Eind- Posisie van Agar sonder Agar met
knop syknop ouksiene ouksiene
A B C D
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
Lengte van die syknoppe (mm)
Plant
Aan die begin Ná drie weke
A 7,0 7,3
B 6,9 10,4
C 7,2 10,3
D 7,1 7,2
3.4.1 Vir hierdie ondersoek, noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 19 DBE/November 2023
NSS
3.4.2 Verduidelik waarom al die plante aan dieselfde
omgewingstoestande blootgestel is. (2)
3.4.3 Verduidelik waarom agar sonder ouksiene in plant C gebruik is. (3)
3.4.4 Noem 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. (2)
(9)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum