Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f/v1-e21abc406ac2b6028579/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)

%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f92ba3f0-2aa9-4a93-8230-8fa1e37eb2c9/v1-1480c2a7f5e45f931083/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4/v1-800d585f48d6bd696b96/card.webp)

View all





Life Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 729.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS20 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)16 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION15 marks
- Question 1.5HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS14 marks
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION27 marks
Show all 16 questions
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)7 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.6RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 3.1REPRODUCTION IN VERTEBRATES8 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
- Question 3.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)13 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. Nov
1.1.1 Die hormoon wat verantwoordelik is vir die regulering van die
soutinhoud in die menslike liggaam is …
A testosteroon.
B aldosteroon.
C prolaktien.
D glukagon.
1.1.2 Watter EEN van die volgende is 'n stadium in menslike embrioniese
ontwikkeling?
A Choroïed
B Amnion
C Morula
D Chorion
1.1.3 Wanneer die koolstofdioksiedvlak in die bloed bokant normaal styg,
sal die …
A tempo en diepte van asemhaling daal/verlaag.
B reseptorselle in die diafragma gestimuleer word.
C hart stadiger klop.
D reseptorselle in die karotis-arterie in die nek gestimuleer word.
1.1.4 Watter EEN van die volgende veranderings vind onder die invloed
van adrenalien plaas?
A 'n Verhoogde toevoer van bloed na die skeletspiere
B Verlaagde bloeddruk
C Verlaagde spiertonus van skeletspiere
D 'n Verhoogde toevoer van bloed na die spysverteringstelsel
1.1.5 'n Meisie is kaalvoet en trap op 'n doring, wat 'n refleksaksie
veroorsaak.
Watter EEN van die volgende dui die KORREKTE pad van die
refleksboog aan?
A Pynreseptor motoriese neuron sensoriese neuron beenspier
B Voetspier sensoriese neuron motoriese neuron pynreseptor
C Voetspier motoriese neuron sensoriese neuron pynreseptor
D Pynreseptor sensoriese neuron motoriese neuron beenspier
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.6 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van die menslike
oog.
X
Z
Y
'n Toeskouer in 'n sokkerstadium sit 200 meter weg van die veld af.
Watter EEN van die volgende beskryf die toestand van strukture
X, Y en Z wanneer hy na die bal kyk wat in die middel van die veld
geplaas is?
SPIER IN X STRUKTUUR Y DEEL Z
A Ontspanne Slap Meer konveks
B Saamgetrek Slap Minder konveks
C Ontspanne Styf Minder konveks
D Saamgetrek Styf Meer konveks
1.1.7 Watter EEN van die volgende is betrokke by termoregulering?
A Corpus callosum
B Hipotalamus
C Serebellum
D Rugmurg
1.1.8 Die volgende is 'n lys van faktore ten opsigte van 'n ontwikkelende
fetus:
(i) Temperatuurregulering
(ii) Beskerming
(iii) Vrye beweging
(iv) Voeding
Vir watter kombinasie van faktore is die amniotiese vloeistof
verantwoordelik?
A Slegs (i), (ii) en (iii)
B Slegs (i) en (iv)
C Slegs (ii) en (iii)
D (i), (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.9 Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die menslike oor.
A
B
C
Watter EEN van die volgende vind plaas wanneer daar te veel golwe
in die inwendige oor is?
A Druk word by A verlig
B Druk word by C verlig
C Druk word by B geabsorbeer
D Druk word by A en C geabsorbeer
1.1.10 Die diagramme hieronder verteenwoordig die oordrag van impulse
vanaf 'n struktuur in die inwendige oor na die brein.
E
G
F
J
H
Die senuwee-impulse vir balans word soos volg oorgedra:
A J F H
B E F H
C E F G
D J F G (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die struktuur wat die fetus met die plasenta verbind
1.2.2 Die gedeelte van die senuweestelsel wat uit simpatiese en
parasimpatiese afdelings bestaan
1.2.3 Reseptore in die oor wat veranderings in spoed en rigting van
beweging van die kop waarneem
1.2.4 Die gehoorbeentjie wat vibrasies na die ovale venster oordra
1.2.5 Die groeireaksie van 'n plant in reaksie op swaartekrag
1.2.6 Die deel in die inwendige oor waar die orgaan van Corti geleë is
1.2.7 'n Planthormoon wat die ontkieming van sade stimuleer
1.2.8 'n Struktuur in die kop van 'n spermsel wat ensieme bevat (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Tree as 'n mikrofilter vir die A: Plasenta
ontwikkelende fetus op B: Serviks
1.3.2 Die deel van die brein wat A: Corpus callosum
hartkloptempo beheer B: Medulla oblongata
1.3.3 Die area op die retina waar daar geen A: Blindevlek
stafies of keëltjies is nie B: Kornea
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die vooraansig van die menslike
manlike voortplantingstelsel.
Blaas
A
B
E C
D
1.4.1 Gee die LETTER en NAAM van die struktuur wat:
(a) Deel vorm van beide die urinêre- en voortplantingstelsels (2)
(b) Sperm tydelik berg (2)
(c) Testosteroon afskei (2)
1.4.2 Identifiseer:
(a) Deel A (1)
(b) Die tipe gametogenese wat in deel E plaasvind (1)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig sommige strukture wat by homeostase
in die menslike liggaam betrokke is.
A
Deel van
die vel
D C B
F
E
1.5.1 Skryf die LETTERS neer van die dele wat slegs as endokriene kliere
dien. (2)
1.5.2 Gee die LETTERS en NAME van die dele wat vir die regulering van
liggaamstemperatuur verantwoordelik is. (4)
1.5.3 Noem die volgende in verband met die regulering van waterinhoud
in die bloed:
(a) Hormoon wat deur deel A afgeskei word (1)
(b) Teikenorgaan E (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n deel van die vroulike
voortplantingstelsel.
A
C Endometrium
B
2.1.1 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.1.2 Gee TWEE:
(a) Eienskappe van die endometrium wat dit vir inplanting geskik
maak (2)
(b) Sigbare redes waarom daar 'n verhoogde kans op bevrugting
by hierdie vrou is (2)
2.1.3 Identifiseer en beskryf die tipe gametogenese wat tot die vorming
van struktuur C lei. (6)
2.1.4 Tydens 'n ektopiese swangerskap kan die bevrugte ovum by deel A
inplant. Dit lei normaalweg tot die dood van die embrio en kan die
moeder se lewe in gevaar stel.
Verduidelik waarom 'n ektopiese swangerskap die dood van 'n
embrio tot gevolg kan hê. (3)
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.2 Die tabel hieronder toon die vlakke van twee hormone gedurende die
menstruele siklus van 'n gesonde vrou.
DAG VAN VLAK VAN VLAK VAN
MENSTRUELE ESTROGEEN PROGESTEROON
SIKLUS (pg/mℓ) (ng/mℓ)
4 55 0,23
8 70 0,03
10 280 0,03
12 300 0,03
14 140 3,0
16 110 12,5
20 80 15,0
24 70 5,0
28 65 0,8
2.2.1 Op watter dag van hierdie menstruele siklus is die vlak van
progesteroon die hoogste? (1)
2.2.2 Noem die voortplantingshormoon wat vanaf dag 24 van hierdie vrou
se menstruele siklus sal begin toeneem. (1)
2.2.3 Gebruik data in die tabel om jou antwoord op VRAAG 2.2.2 te
verduidelik. (2)
2.2.4 Bereken die persentasie toename in die estrogeenvlak vanaf dag 8
tot dag 10. Toon AL jou bewerkinge. (3)
2.2.5 Hoe sou die progesteroonvlak ná dag 20 verskil het indien hierdie
vrou swanger was? (1)
2.2.6 Verduidelik wat die verandering in die progesteroonvlak, genoem in
VRAAG 2.2.5, veroorsaak. (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.3 Lees die gedeelte hieronder.
KATARAKTE – DIE ALGEMEENSTE OORSAAK VAN BLINDHEID
Katarakte word hoofsaaklik gevorm wanneer proteïenstrukture in die lens van
die oog begin disintegreer en klonte vorm. Katarakte is die algemeenste
oorsaak van blindheid en die hoofoorsaak van verlies aan sig by mense ouer
as 40 jaar.
Twee tipes katarakte wat voorkom, is nukluêre katarakte en subkapsulêre
katarakte. By nukluêre katarakte vorm die katarakte in die sentrale gedeelte
van die lens en sprei geleidelik uitwaarts. By subkapsulêre katarakte ontwikkel
die katarakte aan die agterkant van die lens en dit is die algemeenste by mense
met diabetes.
2.3.1 Volgens die gedeelte, watter tipe katarak word met 'n afwyking van
die pankreas geassosieer? (1)
2.3.2 Gebruik inligting in die gedeelte om te verduidelik waarom katarakte
'n verlies aan sig veroorsaak. (5)
(6)
2.4 'n Man is versiende.
Verduidelik hoe:
2.4.1 Die struktuur van sy oogbal sy sig affekteer wanneer hy 'n boek
sonder 'n bril lees (3)
2.4.2 Die dra van 'n bril met konvekse lense sy sig sal verbeter wanneer
hy 'n boek lees (2)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.5 Die diagramme hieronder verteenwoordig 'n neuron met 'n miëlienskede
(gemiëlineerd) en 'n neuron sonder 'n miëlienskede (ongemiëlineerd).
(Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.)
Neuron met 'n Neuron sonder 'n
miëlienskede miëlienskede
B
Miëlienskede
A
C
2.5.1 Identifiseer die tipe neuron wat in die diagramme getoon word. (1)
2.5.2 Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (1)
2.5.3 Beskryf die funksie van die tipe neuron wat in VRAAG 2.5.1
geïdentifiseer is. (3)
2.5.4 Gebruik die letters A, B en C om die rigting waarin 'n impuls deur
die neuron beweeg, aan te dui. (2)
2.5.5 Noem die afwyking wat met degenerasie van die miëlienskedes
van neurone geassosieer word. (1)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.6 In die menslike liggaam het die aksons van gemiëlineerde neurone baie kleiner
deursneë as die aksons van ongemiëlineerde neurone.
Die grafieke hieronder toon die spoed van senuwee-impulse in gemiëlineerde
neurone en in ongemiëlineerde neurone met verskillende aksondeursneë.
Gemiёlineerde neuron Ongemiёlineerde neuron
140 35
120 30
Impulsspoed (m/s) Impulsspoed (m/s)
100 25
80 20
60 15
40 10
20 5
0 0
5 10 15 20 25 30 200 400 600 800 1000 1200
Aksondeursnee (µm) Aksondeursnee (µm)
2.6.1 Gee die aksondeursnee (in µm) waar 'n impuls teen 20 m/s beweeg
in:
(a) 'n Gemiëlineerde neuron (1)
(b) 'n Ongemiëlineerde neuron (1)
2.6.2 Gebruik die grafieke om die volgende te beskryf:
(a) Verskil in impulsspoed vir gemiëlineerde en ongemiëlineerde
neurone (2)
(b) Verwantskap tussen aksondeursnee en impulsspoed (2)
(6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Die gedeelte hieronder beskryf die broeigewoontes van aasvoëls.
Aasvoëls is predatore wat op die vleis van dooie diere voed.
'n Vroulike aasvoël lê slegs een tot twee bevrugte eiers wat dan tydens
inkubasie deur beide ouers beskerm word. Inkubasie is die tydperk vandat die
eier gelê is totdat dit uitbroei. Aasvoëls het 'n kort inkubasietydperk van 32
tot 45 dae. Hierdie kort inkubasietydperk is tipies van voëls wat altrisiële
ontwikkeling toon. Nadat die eiers uitgebroei het, voer die ouers die jong
kuikens so veel as 20 keer per dag.
3.1.1 Gee EEN rede in die gedeelte waarom aasvoëls:
(a) As ovipaar beskou word (1)
(b) 'n Hoë oorlewingskoers het selfs al word net 'n paar eiers gelê (1)
3.1.2 Bevrugting by aasvoëls vind inwendig plaas.
Noem TWEE voordele van inwendige bevrugting. (2)
3.1.3 Noem TWEE eienskappe van kuikens wat altrisiële ontwikkeling
toon. (2)
3.1.4 Verduidelik waarom voëls met altrisiële ontwikkeling kort
inkubasietydperke het. (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.2 Die diagramme hieronder verteenwoordig die pupilmeganisme in die menslike
oog.
DIAGRAM A DIAGRAM B
X
Y
3.2.1 Identifiseer deel:
(a) X (1)
(b) Y (1)
3.2.2 Verduidelik hoekom die pupilmeganisme as 'n refleksaksie beskou
word. (3)
3.2.3 Noem die TWEE effektorspiere wat by die pupilmeganisme betrokke
is. (2)
3.2.4 Verduidelik die betekenis van die verandering in die deursnit van
deel X van diagram A na diagram B. (4)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.3 'n Ondersoek is gedoen om die effek van insulien op bloedglukosevlakke vas
te stel.
Die prosedure was soos volg:
Twee groepe van tien mense elk is gekies.
Een van die groepe het uit gesonde individue bestaan en die tweede
groep, wat as 'n kontrole gedien het, het uit mense met diabetes bestaan.
Elke groep het 75 g glukose gekry om in te neem.
Hulle bloed is weer na 60 en 90 minute getoets om die vlakke van glukose
en insulien te bepaal.
LET WEL:
Die normale vlak van glukose in die bloed is tussen 3,9 mmol/ℓ en
5,6 mmol/ℓ.
Die normale vlak van insulien in die bloed, 60 minute nadat glukose
ingeneem is, is tussen 18 mU/ℓ en 276 mU/ℓ.
Die resultate word in die tabel hieronder aangeteken.
GROEP X GROEP Y
Tyd na glukose-inname
0 60 90 0 60 90
(minute)
Gemiddelde vlak van glukose
6,8 8,9 8,7 4,5 6,2 4,5
in bloed (mmol/ℓ)
Gemiddelde vlak van insulien
4 2 2 8 142 108
in bloed (mU/ℓ)
3.3.1 Noem die doel van die kontrolegroep in hierdie ondersoek. (2)
3.3.2 Beskryf TWEE maniere waarop insulien bloedglukosevlakke laat
afneem. (4)
3.3.3 Watter groep (X of Y) bestaan uit gesonde individue? (1)
3.3.4 Gebruik data in die tabel om jou antwoord op VRAAG 3.3.3 te
verduidelik. (3)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.4 Die vloeidiagram hieronder toon die homeostatiese beheer van tiroksien in die
menslike liggaam.
Minder TSH
Vlak van tiroksien (X)
PITUÏTÊRE
KLIER Y
KLIER
Vlak van tiroksien (Z)
Meer TSH
3.4.1 Identifiseer:
(a) Die tipe interaksie wat deur die diagram verteenwoordig word (1)
(b) Klier Y (1)
(c) Die afwyking wat deur die vergroting van klier Y gekenmerk
word (1)
3.4.2 Noem EEN funksie van tiroksien. (1)
3.4.3 Beskryf die rol van die pituïtêre klier om die vlak van tiroksien by X
te herstel. (4)
3.4.4 Verduidelik waarom 'n voortdurende onderafskeiding van tiroksien
tot 'n toename in liggaamsmassa kan lei. (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V1 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.5 'n Ondersoek is uitgevoer om die effek van ouksiene op tropisme by plante vas
te stel.
Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
Twaalf plante van dieselfde spesie is in drie groepe (groep A, B en C), van
vier plante elk, verdeel.
Al die plante is tydens die ondersoek vir 72 uur in die donker gehou.
Die groeipunte van groep A het geen behandeling ontvang nie.
Die groeipunte van groep B is afgesny en vervang met 'n stukkie agar wat
ouksiene bevat het (agar is 'n jellieagtige stof waardeur ander stowwe kan
diffundeer).
Die groeipunte van groep C is afgesny en vervang met 'n stukkie agar
sonder ouksiene.
Die diagram hieronder toon hoe die groeipunte van die drie groepe behandel
is.
Agar wat Agar sonder
ouksiene bevat ouksiene
Groep A Groep B Groep C
3.5.1 Gee vir hierdie ondersoek:
(a) Die onafhanklike veranderlike (1)
(b) TWEE veranderlikes wat gekontroleer is (2)
3.5.2 Gee die verwagte resultate van die plante in:
(a) Groep A (1)
(b) Groep C (1)
3.5.3 Hoe is die betroubaarheid van hierdie ondersoek verseker? (2)
3.5.4 Die stingels van die plante in groep B het ná 72 uur na die regterkant
toe gebuig.
Verduidelik hierdie resultate. (4)
(11)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f/v1-e21abc406ac2b6028579/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f92ba3f0-2aa9-4a93-8230-8fa1e37eb2c9/v1-1480c2a7f5e45f931083/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4/v1-800d585f48d6bd696b96/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum