Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--056e47d6-2126-48a7-b13d-b4af9641a5a9/v1-d5502c6f8d24b3731b50/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4/v1-800d585f48d6bd696b96/card.webp)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f/v1-e21abc406ac2b6028579/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)

%20QP_hlayiso.com_--bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef/v1-66e2db51f12ca1af3ce5/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 388.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. Nov
1.1.1 Watter EEN van die volgende organelle is die plek waar
proteïensintese plaasvind?
A Ribosome
B Chloroplaste
C Mitochondriums
D Sentrosome
1.1.2 By mense word die geslag deur gonosome bepaal.
Watter kombinasie hieronder toon die KORREKTE gonosome vir
mans en vroue?
MANLIKE GONOSOME VROULIKE GONOSOME
A XY YY
B YY XY
C XY XX
D XX XY
1.1.3 'n Organisme het die genotipe TT.
Die KORREKTE term wat hierdie organisme se genotipe beskryf,
is …
A heterosigoties dominant.
B heterosigoties resessief.
C homosigoties dominant.
D homosigoties resessief.
1.1.4 Down-sindroom is 'n genetiese afwyking waar 'n individu 'n ekstra
kopie van chromosoom 21 het.
Watter EEN van die volgende kan tot Down-sindroom lei?
A Onvermoë van chromosome om tydens mitose te repliseer
B Onvermoë van chromosoompare om tydens meiose te skei
C Onvermoë van chromosome om tydens bevrugting pare te
vorm
D Onvermoë van chromosoompare om tydens meiose te oorkruis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.1.5 'n Geleidelike verandering van die kenmerke van 'n spesie met tyd
staan as ... bekend.
A gepunte/gepunktueerde ewewig
B genetiese manipulasie/modifikasie
C spesiasie
D biologiese evolusie
1.1.6 Watter EEN van die volgende is 'n voortplantings-
isolasiemeganisme?
A Aanpassing by dieselfde bestuiwingsagent
B Spesie-spesifieke hofmakery-gedrag
C Voortbring van vrugbare nakomelinge
D Teling/Broei op dieselfde tyd van die jaar
1.1.7 Analise van mitochondriale DNS/DNA is 'n voorbeeld van hierdie
tydlyn van bewyse:
A Fossielbewyse
B Modifikasie deur afstamming
C Biogeografie
D Genetiese bewyse
1.1.8 Watter opsie in die tabel hieronder toon die KORREKTE
vergelyking tussen mitose en meiose?
MITOSE MEIOSE
A Produseer vier dogterselle Produseer twee dogterselle
B Produseer geneties Produseer geneties
verskillende selle identiese selle
C Die chromosoomgetal bly Die chromosoomgetal word
dieselfde gehalveer
D Twee verdelings vind plaas Vier verdelings vind plaas
1.1.9 Watter EEN van die volgende wetenskaplikes het die fossiel
Taung-kind ontdek?
A Lee Berger
B Ron Clarke
C Raymond Dart
D Robert Broom
1.1.10 Watter EEN van die volgende word aan die einde van translasie
geproduseer?
A 'n DNS/DNA-molekuul
B 'n Boodskapper-RNS/RNA-molekuul
C 'n Proteïen
D 'n Aminosuur (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Nukleïensuur wat oorerflike inligting dra
1.2.2 Die chromosoomtoestand van 'n sel wat 'n enkele stel
chromosome bevat
1.2.3 Die struktuur wat die twee chromatiede van 'n chromosoom aan
mekaar heg
1.2.4 Die soort RNS/RNA wat spesifieke aminosure na die plek van
proteïensintese dra
1.2.5 Die analise van DNS/DNA-monsters om individue of
verwantskappe tussen individue te identifiseer
1.2.6 'n Voorstelling van die getal en struktuur van al die chromosome
wat in die nukleus/selkern van 'n somatiese sel voorkom
1.2.7 'n Groep eenderse organismes wat in staat is om te kruisteel om
vrugbare afstammelinge voort te bring
1.2.8 Die fase van meiose waar gepaarde chromosome by die ewenaar
gerangskik is
1.2.9 Die biotegnologiese proses wat geneties identiese organismes
produseer (9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 'n Bron van variasie in populasies A: Ewekansige bevrugting
B: Ewekansige paring
1.3.2 Ontdekking van die struktuur van die A: Franklin en Wilkins
DNS/DNA-molekuul B: Lamarck en Darwin
1.3.3 Vind tydens meiose plaas A: Kariokinese
B: Sitokinese
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.4 Die diagram hieronder stel 'n DNS/DNA-molekuul voor wat 'n belangrike
biologiese proses ondergaan.
1
2
4
3
5
1.4.1 Identifiseer die:
(a) Proses wat in die diagram getoon word (1)
(b) Chemiese verbinding wat 1 gemerk is (1)
1.4.2 Gee die:
(a) Versamelnaam vir die dele wat 2, 3 en 4 gemerk is (1)
(b) Volle naam van die stikstofbasis wat 5 gemerk is (1)
1.4.3 Gedurende watter fase van die selsiklus vind hierdie proses plaas? (1)
1.4.4 Waar in die sel vind hierdie proses plaas? (1)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5 By 'n sekere skoenlapperspesie beheer een geen die kleur van kolle op die
vlerke en 'n ander geen beheer oogkleur. Die kleur van die kolle op die vlerke
kan rooi kolle (R) of grys kolle (r) wees, terwyl oogkleur swart (E) of bruin (e)
kan wees.
Skoenlappers wat heterosigoties vir beide gene is, is gekruis.
1.5.1 Noem die soort kruising wat hierbo voorgestel word. (1)
1.5.2 Gee die dominante kenmerk van ELKE geen. (2)
1.5.3 Die tabel hieronder toon die fenotipes en al die moontlike
genotipes van die nageslag.
FENOTIPES ALLE MOONTLIKE GENOTIPES
Rooi kolle, bruin oë (X)
(Y) RrEe
Grys kolle, bruin oë rree
Gee:
(a) AL die moontlike genotipes by X (4)
(b) Die fenotipe by Y (1)
(c) Die genotipe van die gamete wat deur 'n skoenlapper met grys
kolle en bruin oë geproduseer word (1)
(9)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n sekere stadium van proteïensintese.
(Die volgorde van basisse lees van links na regs.)
String 1
(templaat)
Molekuul X Molekuul Y
A G A U A C C C A
Z
String 2
2.1.1 Identifiseer molekuul Y. (1)
2.1.2 Beskryf die proses wat tot die vorming van molekuul Y gelei het. (6)
2.1.3 Gee EEN strukturele verskil tussen molekuul X en molekuul Y. (2)
2.1.4 Gee die volgorde van basisse by basisdrietal Z op string 2. (1)
2.1.5 Die tabel hieronder toon sommige aminosure wat deur kodons op
molekuul Y gekodeer word.
KODON AMINOSUUR
AGA Arginien
UCU Serien
CCA Prolien
UAC Tirosien
GGU Glisien
Identifiseer die eerste en laaste aminosure wat deur hierdie deel
van molekuul Y gekodeer word. (2)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.2 Die diagram hieronder stel 'n fase van meiose II voor.
A
B
2.2.1 Identifiseer die fase van meiose wat getoon word. (1)
2.2.2 Noem EEN verskil tussen die fase getoon in die diagram hierbo en
dieselfde fase in meiose I. (2)
2.2.3 Identifiseer struktuur:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.2.4 Beskryf die rol van struktuur B tydens seldeling. (2)
2.2.5 Teken 'n benoemde diagram wat die sel hierbo verteenwoordig
soos wat dit tydens metafase II sou gelyk het.
LET WEL: Die diagram moet die korrekte skakerings toon en
byskrifte insluit (sluit byskrifte vir A en B uit). (5)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.3 Die tabel hieronder toon die persentasie bloedskenkers vir elke bloedgroep in
Suid-Afrika vir 2018.
BLOEDGROEP % SKENKERS
O 48
A 38
B 10
AB 4
2.3.1 Volgens die data, wat is die algemeenste bloedgroep onder die
skenkers? (1)
2.3.2 Noem die soort dominansie wat deur die oorerwing van
bloedgroep A getoon word. (1)
2.3.3 Verduidelik hoe dit vir 'n man met bloedgroep A en 'n vrou met
bloedgroep AB moontlik is om 'n kind met bloedgroep B te hê. (5)
2.3.4 Teken/Trek 'n staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel. (6)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.4 Spierdistrofie is 'n genetiese toestand wat veroorsaak dat spiere met
verloop van tyd verswak. Dit word deur 'n resessiewe alleel op die
X-chromosoom (Xd) veroorsaak. Die dominante alleel (XD) het normale
spiervorming tot gevolg.
Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van spierdistrofie in
'n familie.
1 2
3 4 5 6
7 8
Sleutel:
Man sonder spierdistrofie
Man met spierdistrofie
Vrou sonder spierdistrofie
Vrou met spierdistrofie
2.4.1 Hoeveel nakomelinge het individue 1 en 2? (1)
2.4.2 Gee die:
(a) Fenotipe van individu 1 (1)
(b) Genotipe van individu 2 (1)
2.4.3 Verduidelik waarom meer mans as vroue waarskynlik spierdistrofie
sal hê. (4)
2.4.4 Ouers 5 en 6 beplan om nog 'n kind te hê.
Gebruik 'n genetiese kruising om te toon wat die persentasie kans
is om 'n kind met spierdistrofie te kry. (6)
(13)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die gedeelte hieronder.
GENETIES GEMANIPULEERDE/GEMODIFISEERDE MIELIES
Die bakterie Bacillus thuringiensis produseer 'n gifstof, genoem Bt, wat
insekte doodmaak. Hierdie bakterie word gebruik om mielies geneties te
manipuleer om die Bt-gifstof te bevat. Hierdie Bt-mielies is giftig vir insekte.
3.1.1 Beskryf hoe die Bt-mielies geneties gemanipuleer word om
weerstandig teen insekte te wees. (3)
3.1.2 Verduidelik TWEE redes waarom boere moontlik Bt-mielies sou
wou kweek. (4)
(7)
3.2 Die filogenetiese stamboom hieronder toon die evolusionêre verwantskap
tussen sommige spesies.
P
Langarm-ape
Sjimpansees
Nuwe-
Mense Orang- Ou-wêreld-
wêreld-ape Gorillas oetangs
ape
Q
R
S
T
U
V
3.2.1 Gee die LETTER wat die gemeenskaplike voorouer
verteenwoordig vir AL die spesies wat in die filogenetiese
stamboom getoon word. (1)
3.2.2 Identifiseer die spesie wat die naaste aan Ou-wêreld-ape verwant
is. (1)
3.2.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2. (1)
3.2.4 Identifiseer DRIE spesies wat die gemeenskaplike voorouer R
deel. (3)
3.2.5 Noem DRIE kenmerke van die boonste ledemate wat mense met
groep P in gemeen het. (3)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.3 'n Groep navorsers het 'n ondersoek uitgevoer om die invloed van die soort
melk op die lengte van kinders wat die melk drink, te bepaal.
(Die ondersoek is oor 'n tydperk van 7 jaar, van ouderdom 3 tot ouderdom 10,
uitgevoer).
Hulle het:
- 4 146 gesonde 3-jarige kinders van dieselfde ras en geslag gekies
- Die kinders in twee ewe groot groepe verdeel:
Een groep het daagliks 1 liter-koeimelk gekry om te drink
Die ander groep het daagliks 1 liter-sojamelk gekry om te drink
- Verseker dat elke groep:
Dieselfde addisionele dieet gekry het
Eenderse daaglikse aktiwiteite gehad het
Eenderse lewensomstandighede gehad het
- Melk vanaf dieselfde verskaffer voorsien
- Die kinders se lengte aan die einde van die ondersoek gemeet en die
gemiddeld bereken
Die tabel hieronder toon die resultate aan die einde van die ondersoek in
vergelyking met die verwagte gemiddelde lengte van 10-jariges.
VERWAGTE GEMIDDELDE GEMIDDELDE
GEMIDDELDE LENGTE VAN KIND LENGTE VAN KIND
LENGTE VAN 'N KIND WAT KOEIMELK WAT SOJAMELK
(cm) GEDRINK HET GEDRINK HET
(cm) (cm)
149,86 151,4 147,4
3.3.1 Identifiseer die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
3.3.2 Noem die soort variasie wat deur die lengte van 'n persoon getoon
word. (1)
3.3.3 Noem TWEE beplanningstappe wat die navorsers aan die begin
van hierdie ondersoek in ag moes neem. (2)
3.3.4 Noem DRIE maniere waarop die geldigheid van hierdie ondersoek
verseker is. (3)
3.3.5 Noem EEN faktor wat die geldigheid van hierdie ondersoek
negatief kon beïnvloed het. (1)
3.3.6 Hoe het die navorsers die betroubaarheid van die resultate
verseker? (1)
3.3.7 Noem die gevolgtrekking van hierdie ondersoek. (2)
(12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.4 Die gedeelte hieronder beskryf Homo erectus-fossiele.
Bewyse van fossiele van Homo erectus toon dat hulle omtrent 2 miljoen jaar
gelede in Afrika verskyn het. Hulle het na baie dele van Asië versprei.
Homo erectus is die oudste bekende spesie wat ten volle bipedaal/
tweevoetig was en 'n liggaam soortgelyk aan dié van die mens gehad het.
Hulle breingrootte was kleiner as dié van hedendaagse mense. Hulle het 'n
prominente wenkbrourif oor hulle oogkaste gehad.
3.4.1 Beskryf hoe die fossiele van Homo erectus gebruik word om die
'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun. (3)
3.4.2 Beskryf hoe alle ANDER fossielbewyse gebruik word om die
'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun. (4)
3.4.3 Gebruik die inligting rakende Homo erectus in die gedeelte en
tabuleer TWEE verskille tussen die kenmerke van Homo erectus
en Homo sapiens. (5)
3.4.4 Watter waarneming van die skedel van Homo erectus sou daartoe
aanleiding gegee het dat wetenskaplikes tot die gevolgtrekking
gekom het dat Homo erectus bipedaal was? (1)
(13)
3.5 Lees die gedeelte hieronder.
NATUURLIKE SELEKSIE BY WOLWE
In 1986 was daar 'n groot radioaktiewe ramp in Chernobyl en alle mense het
onmiddellik die area as gevolg van die dodelike hoë bestraling verlaat. Diere
wat aan hierdie hoë bestraling blootgestel is, het kanker ontwikkel of gesterf.
Wetenskaplikes het amper 40 jaar later die wolwe bestudeer wat in hierdie
hoogs radioaktiewe omgewing leef en aan hoë bestraling blootgestel word.
Hulle het gevind dat hierdie wolwe 'n mutasie het wat hulle immuun teen
kanker maak.
3.5.1 Wat is 'n mutasie? (1)
3.5.2 Watter effek het blootstelling aan hoë bestraling op diere? (1)
3.5.3 Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie om die
ontwikkeling van immuniteit teen kanker in hierdie wolwe te
verduidelik. (7)
(9)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--056e47d6-2126-48a7-b13d-b4af9641a5a9/v1-d5502c6f8d24b3731b50/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4/v1-800d585f48d6bd696b96/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f/v1-e21abc406ac2b6028579/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
%20QP_hlayiso.com_--bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef/v1-66e2db51f12ca1af3ce5/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 GP Prelim 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum