Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
LEWENSWETENSKAPPE
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za
Skip to contentAll 2024 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)

%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)


View all





Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape June Exam 2024
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Afr
- Other filesMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
- Question 1.1GENETICS AND INHERITANCE20 marks
- Question 1.2MEIOSIS10 marks
- Question 1.3MEIOSIS6 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)3 marks
- Question 1.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.1DNA: THE CODE OF LIFE11 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2DNA: THE CODE OF LIFE10 marks
- Question 2.3HUMAN REPRODUCTION14 marks
- Question 2.4GENETICS AND INHERITANCE10 marks
- Question 2.5MEIOSIS5 marks
- Question 3.1GENETICS AND INHERITANCE17 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 3.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
- Question 3.4HUMAN REPRODUCTION13 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. ALLE tekeninge MOET in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer daarvoor gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik,
waar nodig.
11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale spasies afgerond word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Selle wat in enige tipe selle kan differensieer word … genoem.
A geslagselle
B dogterselle
C stamselle
D haploïede selle
1.1.2 Watter EEN van die volgende prosesse is verantwoordelik vir die
vervaardiging van manlike gamete?
A Spermatogenese
B Oögenese
C Ejakulasie
D Ovulasie
1.1.3 Die onderstaande diagram toon ʼn manlike en vroulike vis tydens
voortplanting. Die vroulike vis stel honderde eierselle in die water vry.
Die mannetjievis swem naby en laat sy sperm oor die eiers vry. Die
bevrugte eiers heg aan waterplante.
mannetjie
wyfie
sperm
eiers
elle
Eiers
Die voortplantingstrategieë wat hierbo voorgestel word, is ...
A uitwendige bevrugting en viviparie.
B vroegselfstandige ontwikkeling en ovoviviparie.
C inwendige bevrugting en oviparie.
D uitwendige bevrugting en oviparie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
1.1.4 Die funksie van die chorion in die amniotiese eier is om …
A voorsiening vir gaswisseling in die eier te maak.
B temperatuur in die eier te beheer.
C voedingstowwe vir die ontwikkelende embrio te voorsien.
D stikstofafval van die ontwikkelende embrio te versamel.
1.1.5 Die onderstaande tabel toon die anti-kodons van oRNS (tRNA) wat
kodeer vir verskillende aminosure wat in menslike proteïen voorkom.
ANTI-KODONS VAN AMINOSURE
oRNS (tRNA)
CAA Valien
CCC Glisien
KGE Alanien
AAA Fenielalanien
UCG Asparagien
UAC Metionien
GGU Prolien
AGC Triptofaan
UCA Serien
Wat is die ooreenstemmende aminosuur vir die DNA-basis drietal TCG?
A Alanien
B Triptofaan
C Serien
D Asparagien
1.1.6 Die onderstaande diagram verteenwoordig drie fases van meiose.
Fases van meiose
Die korrekte volgorde van die fases is ...
A 1, 2 en 3.
B 2, 3 en 1.
C 1, 3 en 2.
D 2, 1 en 3.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 5
1.1.7 Die perifere senuweestelsel bestaan uit ...
A motoriese en sensoriese neurone.
B simpatiese en parasimpatiese senuweestelsels.
C kraniale en spinale senuwees.
D interneurone.
VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE INLIGTING HIERONDER.
By ertjieplante is geel saadkleur (Y) dominant oor groen saadkleur (y). Gladde
saadtekstuur (S) is dominant oor gerimpelde saadtekstuur (s).
ʼn Student het ʼn plant met geel, gerimpelde sade gekruis met ʼn plant wat groen
gladde sade gehad het.
1.1.8 Watter EEN van die volgende toon moontlike allele teenwoordig in ʼn
gameet wat deur die plant met geel gerimpelde sade geproduseer
word?
A YYss
B yySS
C yS
D Ys
1.1.9 Watter EEN van die volgende is ʼn moontlike voorstelling van die
genotipes van die P1-generasie?
A YYSS x yyss
B Yyss x yySs
C YYSS x yySs
D Yyss x YySs
1.1.10 Watter EEN van die volgende monohibriede kruisings sal ʼn
fenotipiese verhouding van 1 : 1 tot gevolg hê?
ʼn Kruising waar ...
A albei ouers heterosigoties is.
B een ouer heterosigoties en die ander ouer homosigoties dominant
is.
C een ouer heterosigoties en die ander ouer homosigoties resessief
is.
D beide ouers homosigoties vir die dominante eienskap is.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Genetiese afwyking wat deur die afwesigheid van ʼn
bloedstollingsfaktor gekenmerk word
1.2.2 Die fase van meiose waartydens homoloë chromosome skei en na
teenoorgestelde pole begin beweeg
1.2.3 Die defek in seldeling wat tot Down-sindroom lei
1.2.4 Die struktuur wat bestaan uit chromatiede wat deur ʼn sentromeer
verbind word
1.2.5 Die struktuur in die sel wat vir die vervaardiging van spoelvesels
tydens meiose verantwoordelik is
1.2.6 ʼn Siekte wat deur die afbreek van die miëlienskede gekenmerk word
1.2.7 ʼn Oogdefek wat veroorsaak word wanneer die lens nie plat genoeg
kan word om die lig op die retina te fokus nie
1.2.8 Die struktuur wat die senuwee-impuls vanaf die koglea na die
serebrum gelei
1.2.9 Die hormoon wat vir vroulike sekondêre eienskappe verantwoordelik
is
1.2.10 Die vloeistof wat vir die beheer van die temperatuur van die
ontwikkelende menslike fetus verantwoordelik is
(10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Oorkruising A: Genetiese variasie
B: Toename in aantal chromatiede
1.3.2 Hipotalamus A: Beheer asemhaling
B: Beheer temperatuur
1.3.3 Progesteroon A: Vorming van corpus luteum
B: Inhibeer die afskeiding van LH
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 7
1.4 Die onderstaande diagram stel ʼn refleksboog voor.
1.4.1 Gee slegs die LETTER van die deel wat die … voorstel.
(a) effektor (1)
(b) interneuron/verbindingsneuron (1)
(c) sensoriese neuron (1)
1.4.2 Gee die LETTER en NAAM van die neuron in die diagram wat
waarskynlik beskadig is, as ʼn persoon die hitte van die kers se vlam
kan voel, maar nie in staat is om hul hand weg te beweeg nie. (2)
1.4.3 Noem of die senuwee-impuls van D na E of van E na D beweeg. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
1.5 Die onderstaande diagramme stel die oog voor.
1.5.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Saamtrek om die vorm van die lens te verander (2)
(b) Die hoeveelheid lig wat die oog binnegaan beheer (2)
(c) Deur die konjunktiva beskerm word (2)
1.5.2 Bestudeer DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2. Watter proses is vir die
verandering in die vorm van deel E verantwoordelik? (1)
1.5.3 Watter diagram (1 of 2) verteenwoordig die toestand van die oog
wanneer ʼn persoon ʼn boek lees? (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Hieronder is ʼn skets deur Francis Crick van die struktuur van DNS/DNA.
2.1.1 Gee die naam van die wetenskaplike wat saam met Francis Crick
gewerk het om die struktuur van DNS/DNA te ontdek. (1)
2.1.2 Beskryf die struktuur van DNS/DNA wat in die skets hierbo getoon word. (1)
Monsters van ʼn siek persoon het twee verskillende soorte nukleïensure in hul
selle getoon – beide hul menslike DNS/DNA en die RNS/RNA van virale
nukleïensure. Die resultate van die persentasie stikstofbasisse vir die
nukleïensure in die monsters word in die tabel hieronder getoon.
STIKSTOFBASIS
MONSTER A T G C U
1 21 21 29 29
2 24 0 36 27 13
2.1.3 Watter monster (1 of 2), bevat die menslike DNS/DNA? (1)
2.1.4 Verduidelik EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.3. (2)
2.1.5 Teken ʼn eenvoudige diagram met byskrifte om die komponente te toon
waaruit EEN nukleotied in DNA/DNS bestaan. (3)
2.1.6 Tabuleer EEN manier waarop ʼn RNS/RNA-nukleotied in struktuur van ʼn
DNS/DNA-nukleotied verskil. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
2.2 In die 1960's is ʼn insekdoder, DDT, wyd gebruik om insekplaagbevolkings te beheer.
Die onderstaande grafiek toon die aantal muskiete van 2 fenotipes:
- Diegene wat bestand teen DDT is
- Diegene wat nie bestand is teen DDT nie
100
Nie-bestand Bestand
90
80
Aantal muskiete
70
60
50
40
30
20
10
0
1965 1966 1967 1968 1969 1970
Bespuiting begin Jaar Bespuiting gestaak
Wetenskaplikes het hierdie data vanaf 1965 ingesamel, toe DDT die eerste keer
gebruik is, tot 1970. Bespuiting met DDT is in 1968 gestaak. Wetenskaplikes het
bevind dat weerstandbiedende muskiete ʼn enkele mutasie in die geen genaamd
GSTe2 het. Hierdie mutasie maak dat insekte ʼn proteïen produseer wat die afbreek
van DDT help sodat dit nie meer giftig is nie. Dit beteken dat die muskiet kan oorleef
deur die gif in nie-giftige stowwe af te breek.
Die normale DNS/DNA-segment en die gemuteerde DNS/DNA -segment in die
GSTe2-geen word hieronder getoon:
Normale DNS/DNA
Gemuteerd vir weerstand
2.2.1 Skryf die volgorde van die bRNS/mRNA-string wat deur die ‘Normale
DNS/DNA’ geproduseer word. (2)
2.2.2 Beskryf die proses waartydens die ‘Normale DNS/DNA’-string na
bRNS/mRNA getranskribeer word. (4)
2.2.3 Verduidelik hoe hierdie mutasie die weerstand teen DDT in muskiete tot
gevolg gehad het. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 11
2.3 Die onderstaande diagram toon sommige van die veranderinge wat tydens die
menstruele siklus plaasvind.
Ovariale
siklus
Uteriene
siklus
Dag 0 14 28
2.3.1 Die menstruele siklus word deur hormone beheer. Noem EEN
hormoon wat tussen dag 2 en dag 10 in vlakke sal toeneem. (1)
2.3.2 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (1)
2.3.3 Verduidelik die bewyse uit die diagram wat aandui dat bevrugting
plaasgevind het. (3)
2.3.4 Beskryf die ontwikkelingsveranderinge in die bevrugte ovum totdat
inplanting in die uterus plaasvind. (6)
2.3.5 Sommige dames gebruik ʼn ovulasiemonitor sodat hulle bewus kan
wees van die dae wanneer hulle vrugbaar is. Hierdie monitors meet die
vlak van hormone in die bloed.
Verduidelik watter hormoon waarskynlik deur die ovulasiemonitor
gemonitor sal word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
2.4 Lees die inligting hieronder.
Die Amerikaanse kastaiingboom groei in die woude in Amerika. Sy neute verskaf
voedsel vir mense, habitat vir wilde diere, vrugte as voedsel vir wilde diere en is
ook ʼn waardevolle bron van hout. Daar was vroeër sowat 4 miljard Amerikaanse
kastaiingbome, maar vandag groei net ʼn paar in die woude. Die bome word
bedreig deur ʼn swamsiekte genaamd roes.
Wetenskaplikes het probeer om roesbestande kastaiings te skep. Hulle het ʼn
geen van koring genaamd O1 in die boom se genoom ingevoeg. Die geen
kodeer vir die ensiem wat die boom teen roes beskerm.
Die onderstaande diagram toon die proses wat gebruik word om
weerstandbiedende kastaiingbome te skep.
2.4.1 Noem die tegnologie wat gebruik word om die weerstandbiedende
Amerikaanse kastaiingboom te produseer. (1)
2.4.2 Verduidelik EEN manier hoe die afname in Amerikaanse kastaiingbome
die biodiversiteit van die woud sal beïnvloed. (2)
2.4.3 Beskryf in jou eie woorde hoe die DNS/DNA van bakterieë verander kan
word. (5)
2.4.4 Beskryf hoe die gemodifiseerde kastaiingbome ʼn negatiewe uitwerking
op die omgewing kan hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 13
2.5 Die onderstaande diagram verteenwoordig twee fases van meiose.
DIAGRAM A DIAGRAM B
2.5.1 Identifiseer die fase wat deur DIAGRAM B voorgestel word. (1)
2.5.2 Beskryf die gebeure in die fase wat op DIAGRAM A volg. (3)
2.5.3 Noem EEN plek in die menslike vrou waar meiose plaasvind. (1)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 3
3.1 Menkes-sindroom word deur ʼn geslagsgekoppelde afwyking veroorsaak. Dit
word veroorsaak deur ʼn mutasie in die geen wat kodeer vir ʼn proteïen genaamd
ATP7A, wat vir die vervoer van koper in selle verantwoordelik is. Simptome sluit
in hare wat maklik breek, ʼn verlies aan vroeë ontwikkelings vaardighede, swak
spiertonus, slap gelaatstrekke, aanvalle en agteruitgang van die senuweestelsel.
1 2
3 4 5 6 7 8
9 10 11 12 13 14
XRXR
Normale vrou
15 16
Normale man
Man met Menkes-
sindroom
3.1.1 Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word. (1)
3.1.2 Definieer ʼn geslagsgekoppelde afwyking. (1)
3.1.3 Hoeveel generasies word in die diagram getoon? (1)
3.1.4 Is Menkes-sindroom resessief of dominant? (1)
3.1.5 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.4. (3)
3.1.6 Deur die simbole XR en Xr te gebruik, verskaf die genotipes van die
volgende individue:
(a) Individu 2 (1)
(b) Individu 5 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 15
3.1.7 Gebruik ʼn genetiese kruising om die kanse te toon dat die volgende kind
gebore uit individue 13 en 14 (XRXR) met Menkes-sindroom gebore sal
word. (6)
3.1.8 Verduidelik hoekom dit meer algemeen is dat seuns aan Menkes-
sindroom as meisies ly. (2)
3.2 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn deel van die menslike oor.
A
B
C
D
G F E
3.2.1 Verskaf byskrifte vir dele wat … gemerk is.
(a) D (1)
(b) E (1)
3.2.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Verantwoordelik is om klankgolwe na die middeloor te rig. (2)
(b) Reseptorselle bevat wat verandering in die rigting van die kop
(2)
waarneem.
3.2.3 Lees die uittreksel hieronder.
Gom-oor is ʼn toestand waar vloeistof in jou middeloor ophoop en dik en
taai word. Dit is algemeen by jong kinders en kom dikwels voor na ʼn
verkoue of ʼn oorinfeksie.
Gom-oor kan gehoorverlies veroorsaak.
Die vloeistof kan vanself opklaar sonder behandeling, maar dit kan tot 3
maande neem. As die vloeistof nie opklaar nie, kan dit behandel word met
klein buisies wat grommets genoem word wat help om die vloeistof te
dreineer.
(a) Verduidelik hoe gom-oor tot gehoorverlies lei. (4)
(b) In watter deel van die oor word ʼn grommet geplaas? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
3.3 Verwys na die diagram hieronder.
3.3.1 Gee die naam van die dele gemerk:
(a) C (1)
(b) D (1)
3.3.2 Gee die funksie van deel B. (2)
3.3.3 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat waarskynlik beskadig sou
word as ʼn persoon gehoorverlies na ʼn motorongeluk ly. (2)
3.3.4 ʼn Breingewas is ʼn massa óf die groei van selle in die brein wat die
normale funksionering van die brein kan beïnvloed.
ʼn Jong meisie word hospitaal toe geneem omdat sy ʼn verlies aan balans
en fyn motoriese vaardighede ervaar. Sy word met ʼn breingewas
gediagnoseer.
Verduidelik in watter area van die brein groei die gewas. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LEWENSWETENSKAPPE 17
3.4 Anaboliese Androïd-steroïede (AAS) word wyd deur atlete gebruik om spierkrag,
vorm en prestasie te verkry. Daar is ʼn toename in atlete wat AAS gebruik en
kommer is geopper dat AAS manlike vrugbaarheid kan beïnvloed.
Wetenskaplikes wou die effek van AAS op manlike vrugbaarheid ondersoek.
Die studie is op 90 mans uitgevoer wat in drie groepe verdeel is:
• 30 gesonde manlike atlete wat AAS gebruik het
• 30 gesonde manlike atlete wat nie AAS gebruik het nie
• 30 gesonde mans wat nie aan sport deelgeneem het nie en nie AAS gebruik
het nie
Hul spermtelling per mℓ is gemeet om vrugbaarheid te bepaal.
ʼn Hoë spermtelling dui aan dat ʼn man meer vrugbaar is.
GEMIDDELDE TESTOSTEROON-
GROEP BEHANDELING SPERMTELLING KONSENTRASIE
(miljoen per mℓ) (ng/mℓ)
Atlete wat AAS
A 11,87 2,22
geneem het
Atlete wat nie AAS
B 47,46 5,55
geneem het nie
Nie-sportgroep wat nie
C 48,1 5,74
AAS geneem het nie
3.4.1 Hoekom neem atlete AAS? (1)
3.4.2 Gee die:
(a) Afhanklike veranderlike (1)
(b) Onafhanklike veranderlike (1)
3.4.3 Gee TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die geldigheid van
hierdie ondersoek kon verbeter het. (2)
3.4.4 Waarom is groep B by die ondersoek ingesluit? (3)
3.4.5 Verduidelik die verband tussen spermtelling en testosteroonvlakke. (3)
3.4.6 Verduidelik nog EEN faktor wat spermproduksie by mans kan verminder. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum