NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2024
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
*Iwgel1*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye insluitend ʼn antwoordblad.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 

_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)



View all





Mathematical Literacy Grade 11 P1 2024 QP (Afr)
Grade 11 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 245.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November Exam 2024
- Paper 1Question paper · AfrMemo · Eng
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ALLE vrae.
3. Gebruik die ANTWOORDBLAD wat voorsien word om VRAAG 4.1.3 en 4.1.4 te
beantwoord.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2 oop.
7. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
8. Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.
9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond ALLE finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
1.1 Mev. Link het klere-items bestel en die faktuur hieronder ontvang.
Die faktuur vir die aankoop van klere.
CANVA ©
FAKTUUR
REKENING AAN:
Ave Link Faktuurnr: 2468
093 753 8800 16 Februarie 2024
6 Prinsstraat
ITEM KOSTE PER ITEM HOEVEELHEID PRYS
Wit kamisool hemp $123 1 $123
Kubaanse
kraaghemp $127 4 A
Katoen
blommetjiesrok $123 B $369
Subtotaal $1 000
Belasting (0%) $0
TOTAAL $1 000
Dankie
BETALINGSINLIGTING
Briand Bank
Rekeningnommer:123-456-8900 Samira Hadid
Betaal teen: 5 Maart 2024 331 Anywhere St. Any City
ST 32110
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.1.1 Skryf die naam van die diensverskaffer neer. (2)
1.1.2 Bereken die waarde van A. (2)
1.1.3 Definieer die term faktuur. (2)
1.1.4 Bepaal die waarde van B. (2)
1.1.5 Skryf die sperdatum neer? (2)
1.1.6 Skakel die totale bedrag in dollars om na rand, indien R1,00 = $0,053. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2024)
1.2 Metrokerklidmate beplan om vir ʼn naweek ʼn kerkdiens by ʼn oord te hou. Hulle het
kwotasies van twee verskillende oorde ontvang, wat albei ʼn maksimum van 10 mense
per oord akkommodeer.
Mt View-oord kos R1 200 per nag, ontbyt ingesluit.
Forest-oord kos R950 per nag.
Die bostaande koste word in die tabel hieronder getoon.
TABEL 1: KOSTE VIR BEIDE OORDE
Aantal mense 0 1 C 4 8 10
Koste vir Mt View-oord 1 200 1 200 1 200 1 200 1 200 1 200
Koste vir Forest-oord 950 950 950 950 950 D
Gebruik die inligting hieronder om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.2.1 Identifiseer die tipe verwantskap wat in die tabel hierbo geïllustreer word. (2)
1.2.2 Bereken hoeveel die kerklidmate sal betaal as slegs vyf lidmate die diens by
Mt View-oord bywoon. (2)
1.2.3 Bepaal die volgende ontbrekende waardes in die tabel:
(a) C (2)
(b) D (2)
1.3 ʼn Graad 11-klas vir Wiskundige Geletterdheid het ʼn Maart-siklustoets geskryf. Die
resultate van die siklustoets word in die grafiek hieronder getoon.
2024 GRAAD 11
MAART-SIKLUSTOETS RESULTATE
35
29
AANTAL LEERDERS
30
25 23
20
15
10
3 4
5
0
0 ‒ 29 30 ‒ 49 50 ‒ 69 70 ‒ 100
PERSENTASIEVLAKKE
1.3.1 Bepaal die aantal leerders wat die siklustoets geskryf het. (2)
1.3.2 Bereken die persentasie leerders wat die siklustoets gedruip het. (2)
1.3.3 Skryf die modale klaspersentasievlakke neer. (2)
[26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Oos-Kaapse Provinsiale Begroting 2024/2025-raamwerk en sy fokusareas op
sektore. Die opsomming van betaling en ramings per sektor word in die tabel hieronder
getoon. Sommige inligting is weggelaat.
TABEL 2: OOS-KAAPSE PROVINSIALE BEGROTING 2024/2025
2024/2025 2025/2026
SEKTORE (in Rand) (in Rand)
Onderwys 42 441 422 44 104 248
Gesondheid 30 106 843 31 029 965
Maatskaplike Ontwikkeling 2 972 172 3 100 547
Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur 1 043 363 1 074 493
Gemeenskapsveiligheid 144 840 150 179
Totaal 76 708 640 79 459 432
[Aangepas uit People’s guide to the budget]
2.1.1 Verduidelik die betekenis van die term begroting. (2)
2.1.2 Skryf die bedrag wat vir gesondheid in 2025/2026 toegeken is in woorde neer. (2)
2.1.3 Bereken die persentasie verhoging van die Onderwyssektor vir die 2024/2025
en 2025/2026 finansiële jaar. Gee jou antwoord tot die naaste persentasie.
Jy mag die volgende formule gebruik:
܍܌ܚ܉܉ܟ ܝܗ – ܍܌ܚ܉܉ܟ ܍ܟܝܖ
Persentasie verhoging = ܍܌ܚ܉܉ܟ ܝܗ
× % (4)
2.2 Mnr. Paul is ʼn sakeman. Hy wil ʼn vergadering bywoon en het aanlyn na ʼn metertaxi gesoek.
Hy het die pryse van twee maatskappye gevind: Daniel se maatskappy en Jerry se
maatskappy.
Daniel se maatskappy vra die volgende vir ʼn enkelrit:
x ʼn Minimum uitroepfooi van R50 per rit en die eerste drie kilometer is gratis
x Daarna R12,00 vir elke bykomende kilometer of deel daarvan
Jerry se maatskappy vra ʼn vaste tarief van R14,50 per kilometer.
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.2.1 Skryf die formule neer vir die berekening van die koste vir Daniël se
maatskappy in die vorm van:
Koste = (2)
2.2.2 Die afstand vir ʼn enkelrit na die vergadering is 80 km. Mnr. Paul maak die
stelling dat Jerry se taximaatskappy die goedkoopste sal wees. Verifieer en toon
ALLE berekeninge dat sy stelling korrek is. (6)
2.2.3 Mnr. Paul het nog ʼn rit gehad. Hy het vir Daniel R1 214 vir ʼn enkelrit betaal.
Bepaal die afstand wat tydens hierdie rit afgelê is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2024)
2.3 Mnr. Mnotho en sy vrou het albei nuwe werk oorsee gekry. Hulle het by ʼn Hoërskool vir
seuns vir beide hulle seuns aansoek gedoen. Die eerste seun gaan in graad 10 wees en
die tweede seun gaan in graad 8 wees. Hulle gaan in ʼn koshuis tuisgaan. Mnr. Mnotho
het die volgende inligting oor die skoolfonds ontvang.
TABEL 3: SKOOLGELDSTRUKTUUR VIR 2024
SKOOLFOOIE R48 800,00
KOSHUISGELD R66 800,00
TOTAAL R115 600,00
Skoolfooie moet voor die einde van Januarie betaal word.
Koshuisgeld moet aan die begin van elke jaar betaal word.
Korting vir broers en susters word soos volg aangebied:
x Tweede kind kry 10% -korting op skoolfooie en 5% -korting op koshuisgeld
x Derde kind kry 15% -korting op skoolfooie en 10% -korting op koshuisgeld
Bereken die totale kortingsbedrag wat mnr. Mnotho en sy vrou van die skool sal ontvang. (6)
[26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
VRAAG 3
Bestudeer TABEL 4 hieronder wat kripto-eienaarskap van die top 13 lande in 2023 toon en
beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 4: TOP 13 LANDE MET KRIPTO-GELDEENHEID
Nr. LAND WAARDES PERSENTASIES (%)
1. Indonesië 12 615 365 4,55
2. Colombia 2 505 605 4,81
3. Marokko 1 854 162 4,90
4. Kenia 2 713 117 4,92
5. Turkye 4 684 727 5,54
6. Verenigde Koninkryk 3 740 280 5,52
7. Argentinië 2 544 102 5,56
8. Nigerië 12 862 740 5,75
9. Rusland 8 485 749 5,87
10. Pakistan 15 400 547 6,40
11. Brasilië 15 400 547 6,40
12. Indië 103 317 638 7,23
13. Thailand 6 692 796 9,32
TOTAAL
[Bron: za.pinterest.com]
3.1 Skryf die land met die hoogste waarde van kripto-geldeenheid neer. (2)
3.2 Rangskik die waardes wat deur die lande besit word in dalende volgorde. (2)
3.3 Bereken die verskil tussen die maksimum waarde en die minimum waarde. (2)
3.4 Bepaal die aantal lande met ʼn persentasie tussen 5% en 6%. (2)
3.5 Bepaal die mediaanland van die top 13 lande. (2)
3.6 Noem die tipe grafiek wat die inligting hierbo die beste sal vertoon. (2)
3.7 Bereken die waarskynlikheid, as ʼn desimale, om ʼn persentasie tussen 3% en 6%
lukraak te kies. (3)
3.8 Skryf die aantal lande uit die lys van top 13 lande met kripto-geldeenheid wat in
Afrika gevind word, neer. (2)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2024)
VRAAG 4
4.1 Die leerders van die Christelike Studentevereniging (CSV) van Suid-Afrika beplan
om die 128ste bestaansjaar van die organisasie in Oktober 2024 te vier. Die Christelike
Studentevereniging (CSV) is in 1869 deur sendingwerk op Stellenbosch gestig.
Vieringe sal in die Oos-Kaap plaasvind. Die Oos-Kaap-streek van CSV-leerders, as
die gasheerprovinsie, beplan om ʼn fondsinsamelingsgeleentheid te hou. Hulle beoog
om een van die grootste stadions in die provinsie as die plek van byeenkoms te
gebruik.
Hulle beplanning is soos volg:
x Stadion R50,00 per leerder
x Versierings R2 400,00
Die tabel hieronder toon die koste van die gebruik van die stadion.
TABEL 5: KOSTE VIR DIE GEBRUIK VAN DIE STADION
Aantal
leerders 0 10 20 40 50 100
Koste in
Rand 2 400 2 900 3 400 4 400 4 900 7 400
Nadat hulle al die uitgawes bereken het, het hulle besluit om geld in te samel deur
t-hemde wat tydens die vieringe gedra sal word, teen R150,00 elk te verkoop.
Die tabel hieronder toon die inkomste uit die verkoop van die t-hemde.
TABEL 6: INKOMSTE UIT DIE VERKOOP VAN T-HEMDE
Aantal
leerders 0 10 20 40 50 100
Koste in
Rand 0 1 500 3 000 6 000 7 500 15 000
Gebruik TABEL 5 en 6 en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.1.1 Die koste vir die gebruik van die stadion sal na verwagting in 2025 styg. Skryf
die term wat gebruik word om die jaarlikse algemene toename van goedere of
dienste te verduidelik, neer. (2)
4.1.2 Toon aan hoe die totale koste om die stadion te gebruik wanneer 100 leerders
bespreek het om die sessie by te woon, bereken word. (3)
4.1.3 Gebruik TABEL 6 om ʼn lyngrafiek te teken van die inkomste uit die verkoop van
t-hemde, op die as wat op die ANTWOORDBLAD verskaf word. (3)
4.1.4 Dui op die grafiek met ʼn letter B ʼn punt aan, wat die aantal t-hemde sal bepaal
wat die CSV-leerders moet verkoop om gelyk te breek. (2)
4.1.5 Na die fondsinsameling het die leerders ʼn wins van R7 500 gemaak en hulle het
dit in ʼn beleggingsrekening gedeponeer en het saamgestelde rente van 10,5% per
jaar verdien. Die studenteliggaam beweer dat hulle na 3 jaar meer as R10 000 in
die rekening sal hê. Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of die stelling
geldig is. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
4.2 Die 2023 Graad 11 Wiskundige Geletterdheid-klas van Hoërskool Zulu het ʼn eksamen
uit 100 punte geskryf. Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
43 32 86 39 30 26 62 39 40 41 50
21 18 38 26 33 69 17 22 51 21 37
24 12 24 41 54 41 E 14 15 55 49
64 60 49 15 40 44 53 31 13 23 26
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.2.1 Is die bostaande data deurlopend of diskreet? (2)
4.2.2 Die gemiddelde van bogenoemde data is gelyk aan 37. Bereken die waarde van
E. (5)
4.2.3 Die Wiskundige Geletterdheid-onderwyseres, mev. Lee, sê dat die resultate wat
in die tabel hierbo getoon word, meer saamgegroepeer is. Verifieer, met die
nodige berekeninge, of haar stelling korrek is. (4)
4.2.4 Bepaal die aantal leerders wat 30% of meer behaal het. (2)
4.2.5 Skryf die waarskynlikheid neer om leerders wat meer as 80% behaal het as ʼn
desimale te kies. (Korrigeer jou antwoord tot 3 desimale plekke.) (3)
[31]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2024)
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4.1.3 en 4.1.4
NAAM VAN LEERDER: ……………………………………….
16000
15000
14000
13000
12000
11000
10000
Koste in Rand
9000
8000
7000
6000
5000
4000
3000
2000
1000
0
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 110
Aantal Leerders
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2017 QP (Afr)
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 Mathematical Literacy

Annual teaching plan
Gr 11 Maths Lit ATP 2023 24

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 April Test 2021 Paper & Memo

Addendum