Skip to content

Mathematical Literacy Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 11201713 pages

Grade 11 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye insluitende ʼn antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie VRAESTEL bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die ANTWOORDBLAD wat voorsien is om VRAAG 5.2.2 te beantwoord. 3. Skryf jou NAAM en GRAAD op jou ANTWOORDBLAD en handig dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui. 7. Toon ALLE berekeninge duidelik. 8. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders aangedui. 9. Toon meeteenhede aan, waar van toepassing. 10. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangedui. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Bestudeer die salarisstrokie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Salarisstrokie vir die periode 1 Januarie 2017 – 31 Januarie 2017 Naam van Werkgewer: Betaaldatum: LND Edms. Bpk. 5 Feb. 2017 Naam van Werknemer: Metode van betaling: Thando Peter Kontant ITEM BEDRAG OORTYD (R) BESONDERHEDE Basiese salaris 25 820 Oortydure 5 Totale toelae 6 455 Totale bedrag betaal R1 290 (uiteensetting hieronder) vir oortyd gewerk (i) Vervoer 3 873 Item Bedrag (ii) Uniform 2 582 Ander addisionele R38 730 betalings (uiteensetting hieronder) Aftrekkings Jaarlikse Bonus R38 730 (i) WVF 258,20 (ii) Inkomstebelasting 4 956,38 Netto salaris ---------- (iii) Lening 2 582 (iv) Pensioenfonds 1 956,50 1.1.1 Skryf die maand neer waarin die salaris betaal is. (2) 1.1.2 Bereken die totale aftrekkings vir hierdie werknemer. (2) 1.1.3 Skryf die afkorting WVF voluit. (2) 1.1.4 Die werknemer besluit om R1 290 tussen sy twee kinders te deel, Linda en Ludwe, in die verhouding 3 : 2 onderskeidelik. Bereken die bedrag wat Linda sal ontvang. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.2 Asisipho teken ʼn diagram soos hieronder wat die afmetings van haar ma se kamer toon. Bereken die omtrek van die kamer in sentimeter. (2) 1.3 Bestudeer die strookkaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 : 250 000 1.3.1 Skryf neer die kompasrigting van Lauterbach vanaf Hanau.. (2) 1.3.2 Verduidelik wat beteken 1 : 250 000 op die kaart. (2) 1.4 Bonny het Graaff-Reinet se temperature in grade Celsius vanaf Woensdag, 13 September tot Vrydag, 22 September 2017 opgeneem. Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Datum 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 Min 8 8 11 7 7 9 12 12 12 12 Maks. 25 21 26 17 19 23 29 28 26 27 [Bron: accuweather.com] 1.4.1 Rangskik die maksimum (maks.) temperature vanaf die kleinste na die grootste. (2) 1.4.2 Skryf neer die laagste waarde van minimum waardes. (2) 1.4.3 Skryf neer die betekenis van die ‘modus’ van ʼn datareeks. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 VRAAG 2 2.1 Quzini Hoërskool se sokker- en rugbyspanne beplan ʼn toer na Port Elizabeth. Die bestuurder van die span, Lwando, verkry ʼn kwotasie vir akkommodasiekoste per nag vanaf die Red Lodge soos aangetoon in TABEL 1 hieronder. TABEL 1: RED LODGE AKKOMMODASIEKOSTE Tipe kamer Koste per nag per eenheid 2 Slaap R855 4 Slaap R1 035 6 Slaap R1 400 8 Slaap R1 495 Uitvoerende (Wittebrood) R1 450 LET WEL: Hierdie koste sluit BTW uit. (BTW = 14%) Gebruik die tabel hierbo om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1.1 Skryf neer die koste van die Uitvoerende kamer. (2) 2.1.2 Druk die koste vir die uitvoerende kamer uit as 'n persentasie van die koste van 'n kamer waar 8 slaap. Gee jou antwoord met EEN desimale punt. (4) 2.1.3 Bereken die totale bedrag wat per dag vir akkommodasie betaal moet word indien die leerders die kamers soos volg gaan gebruik. 1 kamer waar 8 slaap 2 kamers waar 4 slaap 3 kamers waar 6 slaap (4) 2.1.4 Bereken die totale koste insluitende BTW (van 14%) vir die akkommodasie indien die leerders geakkommodeer gaan word vir vier dae en op die vyfde dag terugkeer. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.2 ʼn Deposito van 12,5 % vir die totale akkommodasiekoste uitsluitende BTW word vereis om die bespreking te bevestig en die balans is op die dag van aankoms betaalbaar. 2.2.1 Bereken die bedrag vir die deposito wat betaal moet word. (3) 2.2.2 Bereken die balans wat op die dag van aankoms betaal moet word. (2) 2.2.3 Skryf in woorde die balansbedrag wat op die aankomsdag betaal moet word. (2) Die skool ontvang ʼn donasie van 20 VSA dollars ($) vanaf ʼn voormalige rugbyspeler vir vervoer. 2.2.4 Herlei $20 na rand. Gegee dat $1 = R14,2058. (3) 2.3 Bestudeer die parkeertariewe hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SENTRUM A: PARKEERTARIEWE Maandag – Donderdag Vrydag, Saterdag, Sondag en publieke vakansiedae 0 uur – 1,5 uur R0,00 0 uur – 1,5 uur R5,00 1,5 uur – 2,5 uur R9,00 1,5 uur – 2,5 uur R10,00 2,5 uur – 3,5 uur R12,00 2,5 uur – 3,5 uur R10,00 3,5 uur – 4,5 uur R14,00 3,5 uur – 4,5 uur R10,00 4,5 uur – 5,5 uur R16,00 4,5 uur – 5,5 uur R10,00 5,5 uur – 6,5 uur R19,00 5,5 uur – 6,5 uur R10,00 6,5+ R35,00 6,5+ R30,00 Verlore kaartjie R35,00 Verlore kaartjie R35,00 Die bus van Quzini Hoërskool moet gedurende die week by Sentrum A se parkeerarea, parkeer. Die parkering is vir 2,6 uur daagliks, vanaf die 2de dag tot die 5de dag van die toer terwyl hulle ʼn ontbyt by die sentrum geniet. Bereken die totale bedrag wat vir parkering betaal moet word. (2) [27] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 VRAAG 3 3.1 Honde word gevoed volgens hul gewig om hulle gesond te hou. Nikki hou twee honde aan, Tiger en Tommy, wat 22 kg en 42 kg onderskeidelik weeg. Bestudeer die hondekos spesifikasies etiket in TABEL 2 hieronder om die vrae wat volg te beantwoord. TABEL 2: DAAGLIKSE VOEDSEL SPESIFIKASIES VOLGENS GEWIG Grootte van hond Gewig van hond Daaglikse voedselspesifikasies Klein Tot 20 kg 250g Medium 20 – 40 kg Minimum 250 g – Maksimum 500 g Groot 40 kg+ Minimum 500 g – Maksimum 750 g 3.1.1 Bereken die aantal minimum daaglikse voedselvereiste vir die twee honde. Gee jou antwoord in koppies. Gebruik 1 koppie = 125 g (3) 3.1.2 Bereken hoeveel dae ʼn 10 kg pak hondekos die twee honde sal hou indien hulle met die minimum voedselspesifikasies gevoed moet word. Jy mag die formule gebruik: 𝐠𝐞𝐰𝐢𝐠 𝐯𝐚𝐧 ʼn 𝐩𝐚𝐤𝐤𝐢𝐞 Aantal dae = 𝐝𝐚𝐚𝐠𝐥𝐢𝐤𝐬𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐞𝐢𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐭𝐰𝐞𝐞 𝐡𝐨𝐧𝐝𝐞 (4) 3.1.3 Herlei Tommy se gewig na ton. 1 ton = 1 000 kg. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.2 Thandi wil keramiekteëls in haar reghoekige slaapkamer lê wat 3m by 3,5m meet. Bestudeer die besonderhede van die grootte en die verpakking van die teëls hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Afmetings van ʼn teël Koste van teëls [Aangepas uit BTM katalogus] 3.2.1 Skakel 43 cm na meter (m) om. (2) 3.2.2 Bereken die oppervlakte van Thandi se slaapkamer. Jy mag die volgende formule gebruik: Oppervlakte van ʼn reghoek = lengte x breedte (2) 3.2.3 Bereken die aantal bokse teëls wat benodig word vir Thandi se slaapkamer. (Teëls word slegs in bokse verkoop.) Jy mag die volgende formule gebruik: 𝑶𝒑𝒑𝒆𝒓𝒗𝒍𝒂𝒌𝒕𝒆 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒔𝒍𝒂𝒂𝒑𝒌𝒂𝒎𝒆𝒓 𝑨𝒂𝒏𝒕𝒂𝒍 𝒃𝒐𝒌𝒔𝒆 𝒕𝒆ë𝒍𝒔 = 𝑶𝒑𝒑𝒆𝒓𝒗𝒍𝒂𝒌𝒕𝒆 𝒗𝒂𝒏 ʼn 𝒕𝒆ë𝒍 𝒙 𝑨𝒂𝒏𝒕𝒂𝒍 𝒕𝒆ë𝒍𝒔 𝒊𝒏 ʼn 𝒃𝒐𝒌𝒔 (5) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 VRAAG 4 4.1 Bestudeer die vloerplan van die winkelsentrum hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.decorfarms.me] 4.1.1 Bepaal die aantal 2 x 3 eenhede. (2) 4.1.2 Identifiseer die grootte van die winkels wat op die hoeke van die winkelsentrum aangetref word. (2) 4.1.3 Lindi kom die winkelsentrum binne vanaf die westekant. Sy loop reguit deur Gebied V en draai links voor Ingang 3. Sy loop verby drie winkels aan die regterkant en gaan na die vierde winkel aan die linkerkant. Skryf Lindi se bestemming neer. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) 4.2 Bestudeer die diagram wat die tweede laaste stadium van die aanmekaarsit van ʼn leerder se lessenaar toon en beantwoord die vrae wat volg. TWEEDE LAASTE STADIUM VAN DIE AANMEKAARSIT VAN ’N LEERDER SE LESSENAAR Bepaal die volgende: 4.2.1 Die aantal skroewe wat benodig word om twee van hierdie lessenaars aanmekaar te sit (2) 4.2.2 Die rigting waarin die skroef vasgemaak word. Is dit kloksgewys of antikloksgewys? (2) [11] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11 VRAAG 5 5.1 TABEL 3 hieronder toon die inligting omtrent die damme wat meer as tien miljoen kubieke meter water in Januarie 2016 gehad het. Die terme ‘volste en leegste’ word gebruik om die hoeveelheid water in die dam aan te dui in verwantskap met sy kapasiteit. TABEL 3: DAMME MET MEER AS TIEN MILJOEN KUBIEKE METER WATER Provinsie Naam van Kapasiteit Naam van Kapasiteit van Dam van Dam Dam Dam (Leegste) (Volste) (Volste) (Leegste) (in miljoen (in miljoen kubieke kubieke meter) meter) Noord-Kaap Boegoeberg 19,9 Spitskop 57,9 Wes-Kaap Tuinroete 10 Gamkapoort 36,3 Vrystaat Saulspoort 15,7 Krugersdrift 71,5 Noord-wes Bospoort 15,8 Setumo 20,8 Gauteng Roodeplaat 41,2 Bronkhorstsp 57 ruit Limpopo De Hoop 348,7 Glen Alpine 18,9 Mpumalanga Heyshope 445 Ohrigstad 13,5 KwaZulu Natal Inanda 237,5 Klipfontein 18,1 Oos-Kaap Mthatha 224,7 Darlington 180,9 Gebruik TABEL 3 om die vrae wat volg te beantwoord. 5.1.1 Identifiseer die volste dam met die grootste kapasiteit. (2) 5.1.2 Bereken die verskil tussen die volste dam met die grootste kapasiteit en die leegste dam met grootste kapasiteit. (3) 5.1.3 Bereken die gemiddelde kapasiteit van die leegste damme. (3) 5.1.4 Skryf neer die naam of name van die leegste damme met minder as twintig miljoen kubieke meter. (2) 5.1.5 Bepaal die omvang van die volste damme. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) 5.2 Bestudeer TABEL 4 wat die aantal afwesige Graad 11 leerders by Siyo hoërskool toon en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 4: Aantal Graad 11 leerders afwesig vir twee weke: Week 1 4de 5de 6de 7de 8de Datums Aantal leerders 22 1 2 4 18 afwesig Week 2 11de 12de 13de 14de 15de Datums Aantal leerders 8 12 3 5 14 afwesig 5.2.1 Identifiseer die week wat die hoogste aantal afwesiges gehad het. (2) 5.2.2 Teken ʼn staaf- (balk/kolom) grafiek vir Week 2 om die aantal afwesige leerders voor te stel. (5) 5.3 Bathandwa het ʼn sak met agtien balle gehad waarvan drie wit, vyf groen en die res blou was. 5.3.1 Bepaal die waarskynlikheid dat ʼn bal wat lukraak van die sak gekies word, ʼn groen bal sal wees. (2) 5.3.2 Bereken die waarskynlikheid dat ʼn bal wat lukraak van die sak gekies word, ʼn blou bal sal wees. Druk jou antwoord uit as ʼn persentasie tot twee desimale plekke. (3) [24] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13 ANTWOORDBLAD NAAM VAN LEERDER: GRAAD 11: VRAAG 5.2 Graad 11 leerders se afwesigheid tydens die 2de week van September 2017 16 14 12 Aantal afwesige leerders 10 8 6 4 2 0 11th 11de 12th 12de 13th 13de 14th 14de 15th 15de 2de week van September 2017 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Mathematical Literacy

View all