You're offline
Skip to content
Question paper

MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: Mathematical LiteracyGrade 1120178 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 PUNTE: 100 TYD: 2 uur *Iwgel2* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye insluitende ʼn addendum van 4 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die ADDENDUM met BYLAES vir die volgende vrae: BYLAE A vir VRAAG 4.1 BYLAE B vir VRAAG 4.2 BYLAE C vir VRAAG 4.3 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) mag gebruik word, tensy anders aangedui. 6. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders aangedui. 8. Toon meeteenhede, waar van toepassing. 9. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 3 VRAAG 1 Sipho het ʼn motorwasbesigheid in die Ziphunzana omgewing. Die koste om ʼn motor te was, is R30 per motor en R40 per minibus. Vanaf Maandag tot Vrydag was hulle gemiddeld 10 motors en 5 minibusse. Saterdae en Sondae was hulle 60% meer motors en 30% meer minibusse. 1.1 Indien hulle beide motors en minibusse vanaf Maandag tot Vrydag was, bereken die waarskynlikheid dat hulle ʼn motor sal was. (3) 1.2 Sipho beweer dat indien hulle beide motors en minibusse vanaf Maandag tot Sondag was, sal hulle meer as R4 000 ontvang. Toon met die nodige berekeninge, of sy bewering geldig is of nie. (10) 1.3 Sipho en sy werkers gebruik drie 25-liter water houers vir ʼn motor en vier 25-liter water houers vir ʼn minibus. Hoeveel liter water gebruik hulle in 7 dae? (6) 1.4 Gebruik die tabel hieronder om die vraag te beantwoord. TABEL 1: Watertariefkoste per maand vir Ziphunzana in 2014–2015 Tariefopsomming Tarief R/kl 2014/15 (sonder BTW) 0 – 6 kℓ R8,66 7 – 15 kℓ R10,02 16 – 30 kℓ R12,28 31 – 45 kℓ R15,25 46 – 60 kℓ R16,70 LET WEL: 1 000 liter = 1 kiloliter BTW = 14% Bereken hoeveel Sipho vir water per maand sal betaal insluitende BTW. LET WEL: Aanvaar daar is 4 weke in ʼn maand. (8) 1.5 Gee ʼn moontlike rede waarom hulle meer motors op Saterdae en Sondae was. (2) [29] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 2 2.1 Gebruik TABEL 2 hieronder wat die verskillende opsies toon vir premies wat betaal moet word en die voordele van ʼn versekeringsmaatskappy. TABEL 2 Opsies met premies wat betaal moet word en voordele van ʼn versekeringsmaatskappy Opsie 1 Opsie 2 Opsie 3 Opsie 4 Voordeel Premie Voordeel Premie Voordeel Premie Voordeel Premie Hooflid R10 000 R45 R15 000 R65 R20 000 R82 R30 000 R110 Hooflid en R10 000 R63 R15 000 R91 R20 000 R113 R30 000 R140 kinders Hooflid en R10 000 R76 R15 000 R107 R20 000 R135 R30 000 R188 eggenoot Hooflid, eggenoot R10 000 R91 R15 000 R125 R20 000 R163 R30 000 R212 en kinders LET WEL:  Voordele in die tabel verteenwoordig die geld wat uitbetaal word in die geval van sterfte vir ʼn persoon 15 jaar en ouer  Voordele vir diegene jonger as 15 jaar is 75% van die bedrae soos aangedui in die tabel  Premie is die bedrag wat maandeliks betaal moet word om voordeel te trek uit die doodsvoordele 2.1.1 Hoeveel moet ʼn lid met eggenoot en kinders as ʼn premie betaal om die voordeel van R30 000 te kry? (2) 2.1.2 Mary beweer dat die persentasie verhoging vir die premie in Opsie 1 tot Opsie 4 vir ʼn lid en eggenoot meer as 100% is. Verifieer, met die nodige berekeninge, of Mary se bewering geldig is of nie. (4) 2.1.3 Gee ʼn rede waarom daar minder geld vir ʼn 5-jarige as vir ʼn 15-jarige uitbetaal word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 5 2.2 Mnr. May sny glas in vorms vanuit ʼn sirkelvormige stuk glas soos hieronder aangedui. 30 cm 30 A cm C C B C B C C C 100 cm C \ 30 cm 30 cm 100 cm Deursnee van die sirkelvormige stuk glas = 150 cm 2.2.1 Skryf die afstand van B tot die afstand van A as ʼn verhouding. (6) 2.2.2 Glas word verkoop teen R15 per vierkante meter BTW uitgesluit. Met die nodige berekeninge, toon dat die koste van die ongebruikte glas (BTW ingesluit) wat vanuit die sirkelvormige stuk glas gesny word vir die kruisvormige stuk glas, minder as R20 is. Jy mag die volgende formules gebruik:  Oppervlakte van die kruisvormige deel = Oppervlakte van die groot reghoek + 2 × Oppervlakte van die kleiner reghoeke  Oppervlakte van ʼn reghoek = lengte × breedte  Oppervlakte van ʼn sirkel = π × r2; waar π = 3,142 (10) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3 ʼn Saamgestelde kolomgrafiek hieronder toon die salarisse van ses werkers in R100’e vir twee maatskappye. Gebruik die grafiek om die vrae hieronder te beantwoord. Salarisse in R100’e WERKERS 3.1 Moesha beweer dat die gemiddelde salaris van Maatskappy A, R1 000 meer is as die gemiddelde salaris van Maatskappy B. Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of nie. (6) 3.2 Wat is die modale salaris van Maatskappy B? (2) 3.3 Thato, ʼn werker by Maatskappy A ontvang die modale salaris. Hy leen 15% van een maand se salaris aan ʼn vriend wat die geld oor twee jaar terug moet betaal. Die vriend moet die geld terugbetaal met rente teen ʼn rentekoers van 5% wat jaarliks saamgestel word. Hoeveel sal hy terug kry na twee jaar? (6) 3.4 Wat is die waarskynlikheid om ʼn werker lukraak te kies wat ʼn salaris van minder as R8 000 verdien by Maatskappy A? (2) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERHEID V2 7 VRAAG 4 4.1 Die tabel in BYLAE A toon die beraamde halfjaar bevolking vir Suid-Afrika met verwysing na bevolkingsgroep en geslag in 2014. Beantwoord die onderstaande vrae wat op die tabel in BYLAE A gebaseer is. 4.1.1 Bereken die ontbrekende waardes van A en B onderskeidelik in die tabel. (4) 4.1.2 Watter bevolkingsgroep het minder vroue as mans? (2) 4.1.3 Skryf die totale getal van wit mans in woorde. (2) 4.2 ʼn Sitplekplan van die Canyon-teater word in BYLAE B gegee. Beantwoord die vrae hieronder wat op die sitplekplan gebaseer is. 4.2.1 Wat is die verskil tussen die aantal sitplekke aan die linkerkant en aan die regterkant van die teater? (4) 4.2.2 Bepaal die sitplekke vir gestremdes as ʼn persentasie van die aantal sitplekke aan die regterkant van die teater. Jou antwoord moet tot twee desimale plekke afgerond word. (3) 4.3 ʼn Uittreksel van ʼn kaart van die WILDEKUS word gegee in BYLAE C. Beantwoord die onderstaande vrae wat op die kaart gebaseer is. 4.3.1 Anda reis op die N2-roete tussen Butterworth en Mount Frere. Sy beweer dat indien sy teen ʼn gemiddelde spoed van 105 kilometer per uur ry en Butterworth om 7:00 vm verlaat, sal sy betyds in Mount Frere aankom vir ʼn vergadering wat om 9:30 vm begin. Met die nodige berekeninge, wys of haar bewering geldig is of nie. Gee jou antwoord in ure en minute. Jy mag die volgende formule gebruik: 𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅 Spoed = (8) 𝑻𝒚𝒅 4.3.2 Anda werk vir ʼn maatskappy wat haar ʼn tarief van R2,82 per kilometer betaal vir reiskoste. Hierdie is ʼn koers na ʼn verhoging van 6,8%. Hoeveel het sy gekry vir ʼn retoerrit tussen Butterworth en Mount Frere voor die verhoging? Gee jou antwoord tot die naaste rand. (6) 4.3.3 Watter ander paaie behalwe die N2 op die kaart kan gebruik word om te reis? (2) [31] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Mathematical Literacy

Explore more published documents in this catalogue.

View all