Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
EKSEMPLAAR
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, insluitend ʼn antwoordblad.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
_watermark--6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35/v1-176dbe300bc24abbbfc8/card.webp)



MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2020 AFR D hlayiso.com
Mathematical Literacy · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 9
- File size
- 311.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. 2.1 Gebruik die ANTWOORDBLAD om VRAAG 4.3.2 te beantwoord.
2.2 Skryf jou NAAM en jou GRAAD in die spasies wat voorsien is op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.3.2.
Handig die ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Kaarte en diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders
vermeld.
5. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
aangedui.
6. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
8. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.
9 Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
1.1 Moses verdien ʼn bruto salaris van R10 500 per maand. Die basiese maandelikse
uitgawes wat gebruik word is as volg:
Huishoudelike uitgawes 21%; Voedsel 36%, Vervoer 10%; Selfoonrekeninge 1,9%.
Die res is vir spaar.
Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.
1.1.1 Bereken die totale bruto salaris per jaar. (2)
1.1.2 Bepaal die bedrag van die maandelikse voedseluitgawe. (2)
1.1.3 Skryf neer die verhouding van die huishoudelike persentasie tot die voedsel-
persentasie in die eenvoudigste vorm. (2)
1.1.4 Bereken watter persentasie Moses van sy salaris spaar. (3)
1.2 Thando, ʼn Wiskundige Geletterdheid onderwyser, het die toetsuitslae van sy klas
gekollekteer en geanaliseer. Die toets was uit ʼn totale punt van 50 gemerk. Die uitslae
van die leerders word hieronder aangedui:
38 21 12 18 41
28 24 34 10 35
Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord:
1.2.1 Is die bogenoemde data primêr of sekondêr? (2)
1.2.2 Skryf neer die hoogste punt wat in die toets behaal is. (2)
1.2.3 Verduidelik die betekenis van die term ‘mediaan’. (2)
1.2.4 Skryf neer die punt uit 50 vir ʼn leerder wie 70% in die toets behaal het. (2)
1.2.5 Skryf neer die aantal leerders wat die toets gedruip het, indien die slaagpunt 20
uit 50 is. (2)
1.3 ʼn Winkelier het ʼn rok vir R750 gekoop en teen ʼn verlies van R50 verkoop.
1.3.1 Verduidelik die betekenis van die term ‘verlies’ in hierdie konteks. (2)
1.3.2 Bereken die persentasie verlies wat op die verkope gemaak is. (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2
2.1 Mev. Rogue het maandeliks geld belê vanaf 2016 tot 2020 by Maatskappy A. Sy het haar
belegging beëindig en die staat hieronder van Old Mutual ontvang:
Kontraknommer Kontrak- Naam van Begindatum Laaste
party Beleggingsplan van kontrak premie
sperdatum
Smart MAX
17801249 R. Rogue Focused 01/07/2016 30/06/2031
Education
Plan/1
Fondswaarde soos op 23 Maart 2020
Beleggingsfonds Eenheidsprys Aantal Fondswaarde
(sent) eenhede
Allan Gray Gebalanseerde Fonds C-
Klas 8 266,470 A R8 038,07
Totaal R8 038,07
Verskil tussen fondswaarde en beёindigingswaarde
Fondswaarde R8 038,07
Verminderingskoste en transaksiekoste B
Beёindigingswaarde R6 995,25
Onttrekkings tot op 23 Maart 2020 R765,57
Verwagte premie-besonderhede soos op 23 Maart 2020
Huidige Jaarlikse Volgende Nuwe Beleggings- Premie
premie verhogings premie premie fonds Verdeel
-koers verhoging
Allan Gray
R332,75
… 01/07/2020 R366,02 Gebalanseerde 100%
maandeliks
Fonds C-Klas
Totale bydraes sedert die begindatum van die kontrak
Totale premies betaal R12 924,75
2.1.1 Skryf neer die beleggingsplan wat mev. Rogue het. (2)
2.1.2 Bereken die waarde van A, die aantal eenhede verdien uit die fondswaarde. (4)
2.1.3 Toon deur middel van berekeninge dat mev. Rogue 45,88% van die totale premies
wat sy bygedra het tot die fonds, verloor het deur haar belegging voor die laaste
premie te beëindig. (4)
2.1.4 Bereken die waarde (in Rand) van B, die verminderingskoste en transaksiekoste. (2)
2.1.5 Skryf neer die ontrekkingsbedrag soos op 23 Maart 2020. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
2.1.6 Bereken die persentasie toename op die maandelikse premie. Gee jou finale antwoord
tot die naaste persentasie.
Jy mag die volgende formule gebruik:
࢛࢝ࢋ ࢘ࢋࢋ ି ࢎ࢛ࢊࢍࢋ ࢘ࢋࢋ
Persentasie toename = × %
ࢎ࢛ࢊࢍࢋ ࢘ࢋࢋ (4)
2.2 Alice verkoop kos vanaf ʼn kiosk wat sy in ʼn woonbuurt huur. Die uitgawes vir die bestanddele
en die arbeid vir ʼn bord beloop R30.
Die formule vir uitgawes: Uitgawes = R500 + R30 × Aantal borde
Sy verkoop die kos per bord. Die grafiek hieronder toon haar uitgawes en inkomste vir ʼn
maand.
ALICE SE UITGAWES EN INKOMSTE VAN VERKOPE
1800
1600
1400
Bedrag in Rand(R)
1200
1000
800 Uitgawes
600
Inkomste
400
200
0
0 5 10 15 20 25 30 35
Aantal borde
Gebruik die inligting hierbo en die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.
2.2.1 Skryf neer die onafhanklike veranderlike in die konteks hierbo. (2)
2.2.2 Bepaal die bedrag wat Alice aan vaste koste (uitgawes) betaal. (2)
2.2.3 Skryf neer die formule vir die inkomste indien ʼn bord teen R50 verkoop word, in die
vorm van Inkomste = … (2)
2.2.4 Bepaal die wins by die gelykbreekpunt. (2)
2.2.5 Bepaal die verlies wanneer 8 borde verkoop word. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3
Die Global Wellness-instituut het navorsing gedoen oor die spa’s se inkomste wat in
verskillende dele van die wêreld in 2017 gegenereer is.
TABEL 1: AANTAL SPA’S, STREKE EN INKOMSTE GENEREER
Streke Name van Streke Aantal Spa’s Inkomste in
Miljard dollars
($b)
P Noord-Amerika 30 394 22,9
Q Latyns Amerika-Karibies 13 856 6,6
R Sub-Sahara Afrika 3 984 …
S Midde-Ooste – Noord-Afrika 6 057 2,8
T Europa 46 282 33,3
V Asië – Stille Oseaan 48 679 26,5
TOTAAL … …
[Bron: globalwellnessinstitute.org]
Gebruik die inligting hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.
3.1 Bereken die totale aantal spa’s wat vir die navorsing in 2017 gebruik is. (2)
3.2 Bereken die gemiddelde aantal spa’s wat gebruik is. Gee jou finale antwoord tot die
naaste heelgetal. (2)
3.3 Druk die aantal spa’s in Europa as ʼn persentasie van die totale aantal spa’s uit. (2)
3.4 Bepaal die aantal streke wat bo die omvang van die aantal spa’s lê. (2)
3.5 Skryf neer die eenheidsverhouding van spa’s in streke P en V. (3)
3.6 Bereken die totale inkomste in miljard dollars vir die spa’s indien sub-Sahara Afrika
se inkomste $5,0 miljard minder as Latyns Amerika-Karibies se inkomste is. (4)
3.7 Bereken die mediaan inkomste van die streke. (3)
3.8 Bepaal die waarskynlikheid (as ʼn persentasie) om ʼn streek lukraak te kies met meer
as 40 000 spa’s. (3)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
VRAAG 4
4.1 GOOD BOYS CAR WASHING BAY is in ʼn gebied waar die water belas word volgens
die watertariefstelsel soos in TABEL 2 hieronder.
TABEL 2: WATERTARIEFSTELSEL
Blok Gebruik in kiloliter Normale Tarief per kiloliter (kℓ)
(kℓ) (BTW uitgesluit)
1 0–6 R0,00
2 +6 – 15 R9,35
3 +15 – 30 R11,16
4 +30 – 45 R12,53
5 +45 – 60 R13,98
6 60+ R15,34
LET WEL: BTW is Belasting op Toegevoegde Waarde. Die BTW-koers is 15%.
Gebruik TABEL 2 hierbo om die volgende vraag te beantwoord.
Bereken hoeveel GOOD BOYS CAR WASHING BAY betaal in ʼn maand insluitende
BTW, as 25 kℓ water gebruik is en gee ʼn rede waarom ʼn stapsgewyse (toenemende
blokkoers) watertariefstelsel gebruik word om waterverbruik te belas, eerder as om ʼn
vaste koers te gebruik. (6)
4.2 Andile ontvang ʼn donasie van sy broer wat in Rwanda werk. Die donasie was
745 614,04 Rwanda Francs (RWF). Die bank trek 10% vir bankkoste af. Andile beweer
dat hy R12 750 sal ontvang. Verifieer hierdie bewering met die nodige berekeninge.
Gebruik die wisselkoers R0,019 = 1 RWF (6)
4.3 Ibanda hoërskool maak ʼn opname van afwesigheid in die Graad 11 Wiskundige
Geletterdheidklas se leerders tydens die eerste week nadat skole heropen het na die
uitbreek van die COVID-19 pandemie. Die data word in die tabel hieronder getoon.
Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag
Meisies 4 6 8 7 10
Seuns 5 3 8 9 7
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord:
4.3.1 Bepaal die waarskynlikheid dat ʼn leerder wat lukraak gekies word op
Woensdag afwesig was. (3)
4.3.2 Voltooi die dubbele staafgrafiek op die ANTWOORDBLAD wat voorsien is
deur die ontbrekende stawe af te steek vir die aantal seuns en meisies wat
afwesig was. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
4.4 ʼn Graad 11 Wiskundige Geletterdheid klas by Ibanda hoёrskool het ʼn eksamen geskryf
wat uit 100 punte gemerk is. Die uitslae gerangskik in stygende orde word hieronder
getoon.
23 41 42 50 50 51 54 55 56 57
60 61 65 66 66 67 68 69 70 70
70 72 C 74 76 79 82 85 86 88
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
4.4.1 Die gemiddelde van die bogenoemde data is gelyk aan 64,2. ʼn Leerder bereken
dat die waarde van C in bogenoemde data 74 is. Verifieer, met die nodige
berekeninge, of die antwoord geldig is. (4)
4.4.2 Die frekwensietabel van die data hierbo word hieronder getoon.
Klasinterval Frekwensie
20–29 1
30–39 D
40–49 2
50–59 7
60–69 8
70–80 8
80–89 4
Bepaal die waarde van D en gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
[26]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4.3.2
NAAM VAN LEERDER:
GRAAD 11:
Aantal leerders afwesig gedurende die week
12
10
8
Aantal leerders afwesig
6
4
2
0
Monday
Maandag Tuesday
Dinsdag Wednesday
Woensdag Thursday
Donderdag Vrydag Friday
Dae van die week
Meisies Seuns
Girls Boys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
LP Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 only

Question paper
MATHS LIT P2 ADD GR11 NOV 2024 ENG D

Question paper
NW 11 MATHS LIT P2 QP AFR JUNIE 2024

Question paper
NW 11 MATHEMATICAL LITERACY P2 QP ENG NOV 2024

Question paper
MATHS LIT P1 QP GR11 NOV2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 QP GR11 NOV 2023 English hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2020 English hlayiso.com

Memorandum
MATHS LIT P1 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D hlayiso.com

Memorandum
MATHS LIT P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 AFR D hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 ENG D hlayiso.com
More from Grade 11 Mathematical Literacy
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 Maths Lit ATP 2023 24
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
Addendum
MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3)
_watermark--6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35/v1-176dbe300bc24abbbfc8/card.webp)
Addendum
MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1)

Memorandum
MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG

Question paper and memo
GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo

Memorandum