Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE
NOVEMBER 2013
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 5 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 



%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 620.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae aandagtig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help.
VRAAG ASSESSERING- INHOUD PUNTE TYD
STANDAARDE
1 1–9 Meervoudigekeuse-vrae 20 18 minute
2 2 Gereedskap en Toerusting 20 18 minute
3 3 Materiale 20 18 minute
4 1, 4 en 5 Veiligheid, Terminologie en 50 45 minute
Hegtingsmetodes
5 7 en 9 Instandhouding en Turbines 40 36 minute
6 6 en 8 Kragte en Stelsels en Beheer 50 45 minute
TOTAAL 200 180 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.
1.1 Vermy die gebruik van saamgeperste lug om snysels van 'n freesmasjien
te verwyder, want …
A dit verrig die taak te stadig.
B los snysels kan oogbeserings veroorsaak.
C dit verleen swak afwerking aan die werk.
D dit is te duur. (1)
1.2 Voor jy op 'n draaibank werk, moet jy …
A al die veiligheidskerms verwyder.
B die area rondom die masjien olie.
C ringe en juwele dra.
D seker maak dat jy weet waar die AAN- en AFSKAKELAAR is. (1)
1.3 Watter hardheidstoetser gebruik 'n staalbalinkeper om die indringing in
'n metaal onder 'n spesifieke belasting te bepaal?
A Webster-hardheidstoetser
B Rockwell-hardheidstoetser
C Brinell-hardheidstoetser
D Vickers-hardheidstoetser (1)
1.4 'n Graad 12-leerder gebruik 'n multimeter tydens die simulering van
'n stroombaan. Wat kan met 'n multimeter gemeet word?
A Diode- en kontinuïteitsmeting
B Transistorsnelheid
C Lengte van die geleier
D Dikte van die geleier (1)
1.5 Koolstofstale word volgens hulle koolstofinhoudpersentasie
geïdentifiseer. Laekoolstofstaal bevat minder as …% koolstof.
A 0,45
B 0,3
C 0,7
D 1,5 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2013
NSS
1.6 … word by staal gevoeg wanneer taaiheid, hardheid en slytweerstand
verlang word.
A Koper
B Aluminium
C Lood
D Tungsten (1)
1.7 Die draaibank funksioneer volgens die beginsel van ...
A die snyer wat teen die werkstuk roteer word.
B die snygereedskap, wat beheer kan word, kan vertikaal oor die
werkstuk beweeg word.
C die werkstuk roteer teen die snygereedskap wat beheer kan word.
D beide die snyer en werkstuk wat roteer word. (1)
1.8 Die grootste stuk materiaal wat tussen senters gedraai kan word, is
gelyk aan die …
A lengte van die bed minus die spasie opgeneem deur die vaskop.
B lengte van die bed minus die spasie opgeneem deur die loskop.
C lengte van die bed minus die spasie opgeneem deur die vaskop en
die loskop.
D totale lengte van die bed. (1)
1.9 Identifiseer die freesproses in FIGUUR 1.1 hieronder:
Draspil Freessnyers
Werkstuk
FIGUUR 1.1
A Groepfreeswerk
B Vlakfreeswerk
C Koppelfreeswerk
D Opfreeswerk (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 5 DBE/November 2013
NSS
1.10 Ultrasoniese inspeksietegnieke gebruik … om defekte in sweislasse op
te spoor.
A luggolwe
B liggolwe
C elektroniese golwe
D klankgolwe (1)
1.11 Watter TWEE gebottelde gasse word vir die MIG-sweisproses gebruik?
A Argon en koolstofdioksied (CO 2 )
B Argon en koolstofmonoksied
C Asetileen en suurstof
D Suurstof en argon (1)
1.12 Wat EEN van die volgende beskryf Hooke se wet?
A Oombliklike krag gedeel deur die oorspronklike dwarsdeursnee-
oppervlakte van die toetsmateriaal
B Spanningswaarde benodig om eenheidvervorming in 'n
trektoetsmonster van die spesifieke materiaal te bewerkstellig
C Vormverandering is direk eweredig aan die spanning wat dit
veroorsaak, gegewe dat die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie
D 'n Meting van die vervorming veroorsaak deur die toepassing van
die eksterne krag (1)
1.13 Wat is vormverandering?
A Bepaal deur die las deur die kleinste werklike dwarsdeursnee-
oppervlakte van die toetsmonster te deel
B Die verhouding tussen die oorspronklike lengte en die verandering
in lengte wanneer 'n eksterne krag toegepas word
C Die hoeveelheid spanning wat 'n materiaal kan absorbeer sonder
om die breekspanning te oorskry
D 'n Meting van die vervorming veroorsaak deur die toepassing van 'n
eksterne krag (1)
1.14 Waar word EP 90-olie gebruik?
A Enjin
B Kragstuur
C Remme
D Ratkas (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 6 DBE/November 2013
NSS
1.15 Mineraalolie ...
A word gebruik waar die las, spoed en temperatuur laag is.
B verskaf 'n verhoogde verhittingsvermoë in sekere toepassings.
C varieer van melkerig tot deursigtig in voorkoms.
D is uit oliedruppels saamgestel. (1)
1.16 'n Windskermveërmotor genereer roterende beweging wat omgeskakel
word na die beweging wat die windskermveërs laat funksioneer. Volgens
watter beweging funksioneer die windskermveërs?
A Roterend
B Wederkerend (in 'n reguit lyn)
C Ossillerend (pendulumbeweging)
D Linieêr (1)
1.17 Identifiseer die tipe skroefdraad in FIGUUR 1.2 hieronder:
FIGUUR 1.2
A V-skroefdraad
B Vierkantige skroefdraad
C Acme-skroefdraad
D ISO Metrieke skroefdraad (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 7 DBE/November 2013
NSS
1.18 Wat is die slaglengte (X) beweeg deur die nokvolger vir die peervormige
nok getoon in FIGUUR 1.3, gegewe dat d 1 = 6 mm en d 2 = 12 mm?
X
d2 d1
FIGUUR 1.3
A 18 mm
B 24 mm
C 2 mm
D 6 mm (1)
1.19 'n Stoomturbine word gebruik om ...
A die brandstofverbruik met betrekking tot enjinuitset te verhoog.
B die volumetriese doeltreffendheid van 'n enjin te verhoog.
C 'n generator aan te dryf om elektrisiteit op te wek.
D die atmosferiese druk van 'n enjin te verlaag. (1)
1.20 Wat sal die volumetriese doeltreffendheid wees indien 'n 100 mm3-blaser
83 mm3 per omwenteling verplaas?
A 83%
B 17%
C 103%
D 100% (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 8 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 2: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
2.1 Waarvoor staan die afkorting CNC in terme van draaibanke en
freesmasjiene? (2)
2.2 Noem DRIE voordele van 'n CNC-masjien. (3)
2.3 Noem EEN nadeel van 'n CNC-masjien. (1)
2.4 Identifiseer en spesifiseer die tipe toerusting wat gebruik word om buig-,
krap-, slyt- en/of snyweerstand te toets. (2)
2.5 'n Taxibestuurder merk op dat sy voertuig krag verloor. Die
werktuigkundige sal 'n kompressietoets volgens sekere prosedures moet
uitvoer. Gee die rede vir die uitvoer van elk van die volgende prosedures:
2.5.1 Verwyder die hoëspanningleidings (1)
2.5.2 Prop die brandstofinspuiters uit (1)
2.5.3 Maak die versnelklep heeltemal oop (1)
2.5.4 Teken die lesings aan (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 9 DBE/November 2013
NSS
2.6 FIGUUR 2.1 hieronder toon 'n tipiese toetser wat in 'n meganiese
werkwinkel gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.
E
D
C
B
A
FIGUUR 2.1
2.6.1 Identifiseer die toetser wat in FIGUUR 2.1 getoon word. (1)
2.6.2 Benoem die onderdele van die toetser gemerk A–E. (5)
2.6.3 Noem die doel van die toetser wat in FIGUUR 2.1 getoon word. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 10 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 3: MATERIALE
3.1 Die wielvellings van sommige voertuie word van sagte staal vervaardig. Ander
word van aluminiumallooie gegiet. Beantwoord die vrae wat volg.
3.1.1 Gee DRIE redes vir die keuse om voertuigwielvellings uit
aluminiumallooi te vervaardig. (3)
3.1.2 Gee TWEE redes waarom die wielvellings van swaardiensvoertuie
(vragmotors) uit staal vervaardig word. (2)
3.2 FIGUUR 3.1 toon 'n blikskêr. Beantwoord die vrae oor die blikskêr wat volg.
FIGUUR 3.1
3.2.1 Watter materiaal word gebruik om die lemme te vervaardig? Gee 'n
rede vir jou antwoord. (2)
3.2.2 Waarom is dit nodig om olie aan die lemme te smeer? (1)
3.3 Verduidelik waarom legerings/allooie geproduseer word. Gee VIER redes. (4)
3.4 Die materiaal wat tradisioneel in die vervaardigingsbedryf gebruik is, word
teen 'n hoë tempo met nuwegenerasie-materiaal, soos termoplastiek en
termoverhardende plastiek, vervang. Beantwoord die vrae wat volg.
3.4.1 Verduidelik die verskil tussen termoplastiek en termoverhardende
plastiek. (4)
3.4.2 Gee EEN voorbeeld van elk van die plastiekstowwe wat in
VRAAG 3.4.1 genoem word. (2)
3.5 Hoekom word koolstofvesel in die motorvoertuigvervaardigingsbedryf
gebruik? Gee TWEE redes. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 11 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 4: VEILIGHEID, TERMINOLOGIE EN HEGTINGSMETODES
4.1 Sipho gebruik 'n laertrekker om laers van 'n as af te verwyder. Noem VYF
veiligheidsmaatreëls vir die veilige gebruik van 'n laertrekker. (5)
4.2 Noem VYF algemene veiligheidsmaatreëls wat in aanmerking geneem moet
word wanneer toerusting soos die draaibank en staanboor gebruik word. (5)
4.3 Bereken die toevoer, in millimeter per minuut, van 'n 80 mm diameter
freessnyer met 24 tande wat teen 'n snyspoed van 35 meter per minuut en
teen 'n toevoer van 0,02 mm per tand sny. (6)
4.4 'n Reguittandrat met 119 tande moet op 'n werkstuk gemasjineer
word. Wenk: Gebruik (N = 120 en n = 119 indelings) OF (A = 120 en
n = 119 indelings) vir die berekeninge. Die verdeelkopverhouding is 40 : 1.
4.4.1 Bereken die indeksering wat vir die taak nodig is. (6)
4.4.2 Bereken die wisselratte wat op die verdeelkop geïnstalleer moet
word. (6)
4.4.3 Noem die draairigting van die indeksplaat ten opsigte van die
draairigting van die indeksslinger. (2)
4.5 Noem DRIE tipes freesmasjiene. (3)
4.6 Verduidelik die funksies van die volgende freesmasjienkomponente:
4.6.1 Verdeelkop (2)
4.6.2 Indeksplaat (2)
4.6.3 Spil van die verdeelkop (2)
4.7 John werk vir Shai-Welco as 'n leerlingsweiser. Help John deur die volgende
vrae te beantwoord:
4.7.1 Noem TWEE oorsake van slakinsluiting in 'n sweislas. (2)
4.7.2 Watter TWEE stappe kan gevolg word om insnyding in 'n sweislas
te voorkom? (2)
4.7.3 Beskryf EEN stap wat gevolg kan word om onvolledige indringing
in 'n sweislas te voorkom. (1)
4.7.4 Wat is die verskil tussen 'n vernietigende toets en 'n
nie-vernietigende toets op materiale? (2)
4.7.5 Noem VIER basiese komponente van MIG/MAG-sweismasjiene. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 12 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 5: INSTANDHOUDING EN TURBINES
5.1 Definieer die volgende terme wat met motorolie verband hou:
5.1.1 Vloeipunt (2)
5.1.2 Viskositeit (2)
5.2 Noem VYF funksies van 'n goeie motorolie. (5)
5.3 Gee DRIE redes waarom snyvloeistof gebruik word wanneer daar op 'n
senterdraaibank gewerk word. (3)
5.4 Verduidelik die funksies van outomatieseratkas-olie. (3)
5.5 Noem die tipe motorolie en gradering wat in die volgende stelsels onder
Suid-Afrikaanse omstandighede gebruik word:
5.5.1 Binnebrandenjin (2)
5.5.2 Handratkas (2)
5.5.3 Outomatiese ratkas (2)
5.6 Wat word die gasturbine ook genoem? (1)
5.7 FIGUUR 5.1 toon die interne onderdele van 'n turbo-aanjaer. Beantwoord die
vrae wat volg.
H A
G B
C
D
F E
FIGUUR 5.1
5.7.1 Benoem die komponente van die turbo-aanjaer in FIGUUR 5.1
hierbo gemerk A–H. (8)
5.7.2 Verduidelik die werking van 'n turbo-aanjaer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 13 DBE/November 2013
NSS
5.8 Verduidelik die volgende terme wat met die turbo-aanjaer verband hou:
5.8.1 Vertraging/Sloering (2)
5.8.2 Aanjagingsdruk (2)
[40]
VRAAG 6: KRAGTE EN STELSELS EN BEHEER
6.1 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om meganiese masjiene op te lig. Die
spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 6.1 hieronder
voorgestel. Die stelsel is met die nodige eenrigtingbeheerkleppe toegerus om
te voorkom dat vloeistof na elke slag terugvloei.
Ø 68 mm
Ø 232 mm
25 kN
Suier
SuierAA
250 mm
Suier B
FIGUUR 6.1
Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende: (Toon ALLE eenhede.)
6.1.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is (6)
6.1.2 Die krag (F) wat op suier A uitgeoefen moet word om die las van
25 kN op suier B op te lig (6)
6.1.3 Die afstand X, in millimeter, wat suier B sal beweeg, indien
suier A 10 slae voltooi (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 14 DBE/November 2013
NSS
6.2 'n Las van 45 kN veroorsaak drukspanning van 18 MPa in 'n ronde
geelkoperstaaf. Die oorspronklike lengte van die staaf is 185 mm en Young
se modulus vir geelkoper is 90 GPa.
Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende:
6.2.1 Die diameter, in millimeter, van die weerstandsoppervlak van die
ronde geelkoperstaaf (8)
6.2.2 Die vormverandering wat deur die las veroorsaak word (4)
6.2.3 Die verandering in lengte, in millimeter, wat deur die las veroorsaak
word (3)
6.3 Die V-bandaandrywingstelsel van 'n kompressor word in FIGUUR 6.2
hieronder getoon. Die dryfkatrol van die bandaandrywingstelsel roteer teen
2 700 r/min. Die dryfkatrol het 'n diameter van 210 mm. Die kompressor-as
moet teen 1 000 r/min roteer.
NGD = 1 000 r/min NDR = 2 700 r/min
DGD = ? mm DDR = 210 mm
Kompressor Motor
FIGUUR 6.2
Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende:
6.3.1 Die diameter van die gedrewe katrol in mm (4)
6.3.2 Die drywing oorgedra, in kilogroothede, indien die effektiewe krag
in die band 400 N is (4)
6.4 'n Enkelplaat-wrywingskoppelaar het 'n effektiewe diameter van 0,28 m en is
in staat om 336 Nm wringkrag oor te dra. Die koppelaarplaat het
wrywingsmateriaal aan weerskante met 'n wrywingskoëffisiënt van 0,3.
Bereken en noem die korrekte eenhede vir die volgende:
6.4.1 Die totale toegepaste krag benodig op die drukplaat (5)
6.4.2 Die drywing oorgedra teen 2 800 r/min (4)
[50]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 1 DBE/November 2013
NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 12
1. BANDAANDRYWINGS
πDN
1.1 Bandspoed =
60
π ( D + t )× N
1.2 Bandspoed = (t = banddikte)
60
1.3 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × wydte)
Diameter van gedrewe katrol
1.4 Spoedverhouding =
Diameter van dryfkatrol
1.5 N 1 D1 = N 2 D2
π( D + d ) ( D − d )2
1.6 Oopbandlengte = + + 2c
2 4c
π( D + d ) ( D + d )2
1.7 Gekruisdeband lengte = + + 2c
2 4c
2π NT
1.8 Drywing ( P ) =
60
T
1.9 Verhouding tussen die stywe- en slapkant = 1
T2
(T1 − T2 ) π D N
1.10 Drywing (P) = waar T1 = krag in die stywekant
60
T2 = krag in die slap kant
T1 − T2 = effektiewe krag (Te )
T1
1.11 Wydte =
toelaatbare trekkrag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2013
NSS
2. WRYWINGSKOPPELAARS
2.1 Wringkrag ( T ) = µWnR
waar µ = wrywingskoëffisiënt
W = totale druk
n = getal wrywingsoppervlakke
R = effektiewe radius
2π NT
2.2 Drywing ( P ) =
60
3. SPANNING EN VORMVERANDERING
krag F
3.1 Spanning = of (σ= )
oppervlakte A
verandering in lengte ( ΔL )
3.2 Vormverandering ( ε ) =
oorspronklike lengte ( L )
spanning σ
3.3 Young se modulus ( E ) = of ( )
vormverandering ε
πd 2
3.4 Aas =
4
π(D 2 − d 2 )
3.5 Apyp =
4
4. HIDROULIKA
Krag ( F )
4.1 Druk ( P ) =
Oppervlakte ( A )
F1 F2
4.2 =
A1 A2
4.3 Arbeid verrig = krag × afstand
4.4 Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte ( l of s )
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2013
NSS
5. WIEL EN AS
hyskragafstand 2D
5.1 Snelheidsverhouding ( VR ) = =
lasafstand d 2 − d1
Las ( W )
5.2 Meganiese voordeel ( MA ) =
Hyskrag ( F )
MA
5.3 Meganiese effektiwiteit ( η )= × 100%
meg VR
6. HEFBOME
las ( W )
6.1 Meganiese voordeel ( MA ) =
hyskrag ( F )
6.2 Insetbeweging ( IM ) = hyskrag × afstand beweeg deur hyskrag
6.3 Uitsetbeweging ( OM ) = las × afstand beweeg deur las
insetbeweging
6.4 Snelheidsverhouding ( VR ) =
uitsetbeweging
7. SKROEFDRADE
7.1 Effektiewe diameter = buitediameter − ½ steek
7.2 Gemiddelde omtrek = π × effektiewe diameter
7.3 Styging = steek × getal beginne
styging
7.4 Helikshoek : tan θ =
gemiddelde omtrek
7.5 Ingryphoek = 90° – ( helikshoek + vryloophoek )
7.6 Sleephoek = 90° + ( helikshoek – vryloophoek )
hoogte
7.7 Getal draaie =
styging
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2013
NSS
8. RATAANDRYWINGS
2π NT
8.1 Drywing ( P ) =
60
produk van die getal tande op gedrewe ratte
8.2 Ratverhouding =
produk van die getal tande op dryfratte
N inset produk van die getal tande op die gedrewe ratte
8.3 =
N uitset produk van die getal tande op die dryfratte
8.4 Wringkrag = krag × radius
8.5 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag
Steeksirkeldiameter ( SSD )
8.6 Module ( m ) =
Getal tande ( T )
8.7 N 1T1 = N 2T2
sirkelsteek ( SS ) × getal tande ( T )
8.8 Steeksirkeldiameter ( SSD ) =
π
8.9 Buitediameter ( BD ) = SSD + 2 module
8.10 Addendum ( a ) = module ( m )
8.11 Dedendum ( b ) = 1,157 m of Dedendum ( b ) = 1,25 m
8.12 Snydiepte ( h ) = 2,157 m of Snydiepte ( h ) = 2,25 m
8.13 Vry ruimte ( c ) = 0,157 m of Vry ruimte ( c ) = 0,25 m
8.14 Sirkelsteek ( SS ) = m × π
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 5 DBE/November 2013
NSS
9. CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR DIE FREESMASJIEN
Gatsirkels
Sy 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Sy 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
Standaardwisselratte
24 x 2 28 32 40 44 48 56 64 72 86 100
40
9.1 Eenvoudige indeksering = (waar n = getal indelings)
n
9.2 Wisselratte:
Dr 40 Dr ( A − n ) 40 Dr 40
= ( A − n )× of = × of = (N − n ) ×
Gd A Gd A 1 Gd N
10. BEREKENINGE BY TOEVOER
10.1 Toevoer ( f ) = f 1 × T × N
Waar: f = toevoer in millimeter per minuut
f1 = toevoer per tand in millimeter
T = getal tande van snyer
N = getal omwentelinge van snyer per minuut
10.2 Snyspoed ( V ) = π × D × N
Waar: D = diameter van die snyer in meter
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Eng)

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2013 Memo (Eng)

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afr)

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP
%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum