Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING
NOVEMBER 2023
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 6 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers %20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa/v1-e1518d3426e531dfc0eb/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad/v1-3dfcdf105719d968d8f3/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649/v1-0e4d6b46ffc6b2fe59e7/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1/v1-28cf2259fca9bcde2f63/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826/v1-b299996dbfd99aec246f/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
word.
9. ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.
TYD IN
VRAAG INHOUD PUNTE
MINUTE
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiale 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Terminologie (Draaibank en Freesmasjien) 18 20
6 Terminologie (Indeksering) 28 25
7 Gereedskap en Toerusting 13 10
8 Kragte 33 33
9 Instandhouding 18 12
10 Hegtingsmetodes 18 12
11 Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels) 28 28
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.
1.1 Wie is verantwoordelik vir veilige werkstoestande in die werkplek?
A Vakbond
B Werkgewer
C Werknemer
D Departement van Arbeid (1)
1.2 Identifiseer die Wet wat poog om die werker teen fisiese beserings in die
werksplek te beskerm:
A Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV), 1993 (Wet 85 van
1993)
B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
D Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) (1)
1.3 Watter veiligheidsmaatreël moet tydens boogsweis toegepas word?
A Maak die werkstuk nat voor sweiswerk om oorverhitting te voorkom.
B Moenie toelaat dat olie en ghries met suurstofpasstukke in aanraking
kom nie.
C Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers.
D Maak seker dat jy die asetileenklep altyd stadig oopmaak. (1)
1.4 Identifiseer die toets in FIGUUR 1.4 hieronder.
FIGUUR 1.4
A Klanktoets
B Ultrasoniese toets
C Vonktoets
D Snytoets (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/November 2023
NSS
1.5 Watter hittebehandelingsproses verlig die interne spanning wat deur
masjinering, smeewerk en sweis veroorsaak word?
A Normalisering
B Dopverharding
C Tempering
D Verharding (1)
1.6 FIGUUR 1.6 hieronder toon die veranderinge in metaalstrukture gedurende
die uitgloeiingsproses. Watter verandering word by Y aangedui?
Y
FIGUUR 1.6
A Herstel
B Korrelgroei
C Herkristallisering
D Korrelkristallisering (1)
[6]
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Noem TWEE ondersoeke wat op beseerde persone gedoen moet word
voordat hulle uit 'n gevaarsone verwyder word. (2)
2.2 Noem TWEE veiligheidstoestelle wat op krag-guillotines gemonteer is. (2)
2.3 Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat op 'n slypwiel uitgevoer moet
word voordat dit op 'n bankslyper gemonteer word. (2)
2.4 Noem TWEE veiligheidstoestelle wat op gassweistoerusting gemonteer is. (2)
2.5 Noem TWEE voordele van 'n werkswinkel met 'n prosesuitleg. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)
3.1 Gee EEN rede waarom metaallengtes gewoonlik met kleurkodes op die punte
gemerk word. (1)
3.2 Noem EEN eienskap van metale wat deur ELK van die volgende toetse
bepaal kan word:
3.2.1 Klanktoets (1)
3.2.2 Buigtoets (1)
3.2.3 Masjineringstoets (1)
3.3 Waarom word metaal in hitte geweek wanneer hittebehandelingsprosesse
uitgevoer word? (2)
3.4 Noem TWEE metodes om dopverharding uit te voer. (2)
3.5 Verduidelik hoe staal gedurende hittebehandelingsprosesse uitgegloei word. (3)
3.6 Noem TWEE blusmediums wat metaal vinnig na hittebehandelingsprosesse
afkoel. (2)
3.7 Watter hittebehandelingsproses volg op die verhardingsproses van 'n metaal? (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 6 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in jou
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1 Identifiseer die tipe gereedskap in FIGUUR 4.1 hieronder.
FIGUUR 4.1
A Noniushoogtemeter
B Skroefdraadsny-wyserplaat
C Sentermaat
D Skroefsteekmaat (1)
4.2 Watter EEN van die volgende is 'n voordeel daarvan om tapse op 'n
draaibank te sny deur die saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik?
A Tapse met groot hoeke kan gesny word.
B Die outomatiese toevoer van die masjien kan gebruik word.
C Lang tapse kan gesny word.
D Dit veroorsaak dat die operateur moeg word. (1)
4.3 Watter onderdeel/onderdele van die verdeelkop word gebruik om die afstande
tussen die gate op die indeksplaat te stel?
A Sektorarms
B Slinger/Indeksslinger
C Indeksplate
D Wisselratte (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 7 DBE/November 2023
NSS
4.4 Identifiseer die onderdeel van 'n RNB-freesmasjien in FIGUUR 4.4 hieronder.
FIGUUR 4.4
A Instrumentkloukop
B Toring
C Instrumentmagasyn
D Instrumentrak (1)
4.5 Watter hardheidstoetser gebruik 'n diamantkeël om materiaal in te duik?
A Momenthardheidstoetser
B Trekhardheidstoetser
C Brinell-hardheidstoetser
D Rockwell-hardheidstoetser (1)
4.6 Identifiseer deel A van die skroefdraadmikrometer wat in FIGUUR 4.6
hieronder getoon word.
A
FIGUUR 4.6
A Sperrat
B Slot
C Skroefdop
D Aambeeld (1)
4.7 Wat beteken die term spanning?
A Dit is 'n aanduiding van die weerstand/reluktansie van 'n liggaam om te
beweeg.
B Dit is die interne weerstand in 'n liggaam teen 'n eksterne las.
C Dit is 'n eksterne krag wat op materie inwerk.
D Dit is die verandering in lengte van 'n materiaal onderhewig aan 'n las. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 8 DBE/November 2023
NSS
4.8 FIGUUR 4.8 hieronder toon die verskillende stadia van 'n plofklinknael
gedurende die klinkwerkproses. Identifiseer die tipe krag wat op die hulsel
van die plofklinknael uitgeoefen word.
FIGUUR 4.8
A Drukkrag
B Skuifkrag
C Trekkrag
D Stootkrag (1)
4.9 … word gebruik om veselglas te versterk wanneer dit vir bote en
motorvoertuigbakwerke gebruik word.
A Pigment
B Glas
C Poliësterhars
D Gom (1)
4.10 Identifiseer die materiaal waarvan busse gemaak word:
A PVC
B Veselglas
C Hout
D Vesconite (1)
4.11 Wat is die ingeslote hoek van 'n metrieke V-skroefdraad?
A 90°
B 60°
C 29°
D 55° (1)
4.12 Identifiseer die tipe skroefdraad wat 'n vinniger beweging produseer:
A Meervoudige skroefdraad
B V-skroefdraad
C Vierkantige skroefdraad
D Acme-skroefdraad (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 9 DBE/November 2023
NSS
4.13 Identifiseer die tipe ratstelsel in FIGUUR 4.13 hieronder.
FIGUUR 4.13
A Reguittandratstelsel
B Heliese ratstelsel
C Tandstang-en-kleinratstelsel
D Wurmratstelsel (1)
4.14 Pneumatika gebruik saamgeperste … om toerusting te bedryf.
A olie
B water
C stikstof
D lug (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 10 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)
5.1 Noem TWEE nadele daarvan om tapse op 'n senterdraaibank te sny deur die
saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik. (2)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n diagram van 'n taps met 'n ingeslote hoek van
8° wat tussen twee senters gemasjineer moet word.
85 l 35
Ø 78 Ø 55
8°
FIGUUR 5.2
5.2.1 Bereken die lengte van die taps. (4)
5.2.2 Bereken die oorstelling van die loskop wat nodig is om die taps in
FIGUUR 5.2 te sny. (4)
5.3 Bereken die volgende afmetings vir 'n parallelspy wat vir 'n 83 mm diameter
as geskik is en in 'n industriële draaibank gebruik moet word:
5.3.1 Wydte (2)
5.3.2 Dikte (2)
5.3.3 Lengte (2)
5.4 Benoem A en B in FIGUUR 5.4 hieronder wat die koppelfreeswerkproses
toon.
A B
FIGUUR 5.4 (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)
6.1 'n Masjinis in 'n freeswerkswinkel is die taak opgelê om 'n reguittandrat met
180 tande en 'n module van 2,5 te sny.
Bereken die volgende:
6.1.1 Steeksirkeldiameter (2)
6.1.2 Dedendum (2)
6.1.3 Buitediameter (2)
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n eksterne swaelstertonderdeel vir 'n
masjienskroef.
y 136 y
D E
h = 50
60° 60°
B
R R
A C
x 10 m 10 x
W
FIGUUR 6.2
Bereken die volgende:
6.2.1 Maksimum wydte (W) afstand van die swaelstert (6)
6.2.2 Afstand (m) tussen die presisierollers (6)
6.3 'n Reguittandrat met 89 tande moet op 'n freesmasjien gesny word deur 'n
verdeelkop te gebruik. Die verdeelkop het 'n verhouding van 40 : 1.
WENK: Gebruik A = 90 verdelings vir die eenvoudige indeksering.
6.3.1 Bereken die indeksering wat benodig word. (3)
6.3.2 Bereken die wisselratte wat vereis word. (5)
6.4 Beskryf enige TWEE beperkings/nadele wat ondervind kan word tydens die
praktiese toepassing met die balansering van 'n werkstuk op 'n draaibank
wanneer 'n vlakplaat gebruik word. (2)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 12 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
7.1 Watter instrument sal gebruik word om die diameter van die induiking op die
toetsmateriaal te meet wanneer 'n Brinell-hardheidstoetser gebruik word? (1)
7.2 Noem TWEE metodes om die Brinell-hardheidsgetal te bepaal. (2)
7.3 Noem EEN van die funksies van 'n momenttoetser. (1)
7.4 Beskryf die werksbeginsel van 'n trektoetser. (3)
7.5 Wat is die verskil tussen 'n dieptemikrometer en 'n skroefdraadmikrometer ten
opsigte van die skale op die trommels van die instrumente? (1)
7.6 Noem DRIE maniere hoe om die hardheid van metale vas te stel. (3)
7.7 Mnr. Patterson gebruik 'n dieptemikrometer om 'n gat te meet. Die
metinglesing op die mikrometer is 5,94 mm en 'n 50–75 mm verwisselbare
stang word gebruik. Wat sal die KORREKTE dieptemeting van die gat wees? (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 13 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)
8.1 FIGUUR 8.1 toon 'n stelsel van kragte met drie trekkragte en een drukkrag
wat op dieselfde punt inwerk.
WENK: Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.1. Toon AL die
horisontale en vertikale komponente voordat jy die berekening doen.
15 N
75º
45 N
60º
75 N
120 N
FIGUUR 8.1
Bereken die volgende:
8.1.1 Som van die horisontale komponente (4)
8.1.2 Som van die vertikale komponente (4)
8.1.3 Resultant (2)
8.1.4 Hoek en rigting van die resultant (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 14 DBE/November 2023
NSS
8.2 FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
steunpunte, A en B, ondersteun word. TWEE vertikale puntbelastings word
op die balk uitgeoefen. Bereken die grootte van die reaksiekragte in A en B.
55 N 160 N
8,5 m
7m 2m
A B
FIGUUR 8.2 (9)
8.3 'n Sagtestaalbindstaaf het 'n diameter van 20 mm en is 4 m in lengte. Die
maksimum spanning in die staal is 640 MPa en Young se modulus van
elastisiteit vir sagte staal is 200 GPa. Die veiligheidsfaktor is 3.
Bereken die volgende:
8.3.1 Die maksimum las wat die bindstaaf in kN kan dra (6)
8.3.2 Die veilige werkspanning in MPa (4)
[33]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 15 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
9.1 Voorkomende instandhouding kan in twee subgroepe verdeel word. Noem die
TWEE subgroepe. (2)
9.2 Noem DRIE voordele van bandaandrywings in vergelyking met rat-
aandrywings. (3)
9.3 Noem DRIE tipes bandaandrywings. (3)
9.4 Watter materiaal word algemeen vir kleefvrye deklae op braaipanne gebruik? (1)
9.5 Noem TWEE gebruike van ELK van die volgende samestellings:
9.5.1 Polivinielchloried (PVC) (2)
9.5.2 Bakeliet (2)
9.5.3 Veselglas (2)
9.6 Noem of ELK van die volgende materiale 'n termoverhardende of
termoplastiese samestelling is:
9.6.1 Koolstofvesel (1)
9.6.2 Nylon (1)
9.6.3 Bakeliet (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 16 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)
10.1 Teken 'n deursneeaansig van 'n vierkantige skroefdraad. Benoem die kruin en
die wortel van die skroefdraad. (3)
10.2 'n Tweevoudige vierkantige skroefdraad moet op 'n draaibank gesny word.
Die styging van die skroefdraad is 25 mm en die kruindiameter is 70 mm. Die
vryloophoek moet 3° wees.
Bereken die volgende:
10.2.1 Steekdiameter (4)
10.2.2 Helikshoek van die skroefdraad (4)
10.2.3 Ingryphoek (2)
10.2.4 Sleephoek (2)
10.3 Benoem dele A–C van die V-skroefdraad wat in FIGUUR 10.3 hieronder
getoon word.
A B C
FIGUUR 10.3 (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 17 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)
11.1 FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n hidrouliese stelsel.
f =? N F = 350 N
PLUNJER RAM
Area plunjer = 0,005 m²
h mm
25 mm
H
VLOEISTOF
FIGUUR 11.1
Bereken die volgende:
11.1.1 Die area van die ram as die diameter van die silinder 110 mm is (2)
11.1.2 Krag wat op die klein suier (plunjer) uitgeoefen word (3)
11.1.3 Die verplasing h van die klein suier (plunjer) in mm (3)
11.2 Wat is die doel van die gebruik van drukmeters in 'n hidrouliese stelsel? (2)
11.3 Noem EEN voordeel daarvan om pneumatika in 'n stelsel toe te pas. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 18 DBE/November 2023
NSS
11.4 'n Elektriese motor met 'n 75 mm diameter aandryfkatrol roteer teen
25 r/sek. Die motor dryf 'n 350 mm diameter katrol aan deur middel van 'n
plat band.
DDR = 75 mm
NDR = 25 r/sek
Motor
DGD = 350 mm
NGD = ?
FIGUUR 11.4
Bereken die volgende:
11.4.1 Die rotasiefrekwensie van die gedrewe katrol in r/sek (4)
11.4.2 Die bandspoed in m.s-1 (2)
11.5 Wat beskerm 'n V-band teen skielike laste sodat dit nie beskadig kan word
nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 19 DBE/November 2023
NSS
11.6 FIGUUR 11.6 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel op die as van 'n
elektriese motor.
Uitset-as
TB = 55
NA = 95 r/min
TA = 30
TD = 50
ND = ?
TC = 25
Elektriese motor
FIGUUR 11.6
Bereken die volgende:
11.6.1 Die rotasiefrekwensie van die uitset-as in r/min (4)
11.6.2 Die drywing wat oorgedra word indien die wringkrag in die stelsel
120 Nm is. Toon die KORREKTE eenheid met die finale antwoord. (3)
11.7 'n Passer pas 'n krag van 300 N op 'n ringmoersleutel toe. Wat moet die
lengte van die ringmoersleutel wees om 'n wringkrag van 135 Nm te lewer? (3)
[28]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 1 DBE/November 2023
NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
PASWERK EN MASJINERING
1. BANDAANDRYWINGS
πDN
1.1 Bandspoed =
60
π D t N
1.2 Bandspoed = (t = banddikte)
60
1.3 Bandmassa = Area ×Lengte × Digtheid (A = dikte × wydte)
Diameter van gedrewe katrol
1.4 Spoedverhouding =
Diameter van dryfkatrol
1.5 Bandlengte (plat) = [(D + d) × 1,57] + (2 × senterafstand)
π D d D d
2
1.6 Oopbandlengte = 2c
2 4c
π D d D d
2
1.7 Gekruistebandlengte = 2c
2 4c
1.8 Drywing (P) = T1 T2 π D N
60
Waar:
T1 = krag in die stywe kant
T2 = krag in die slap kant
T1 – T2 = effektiewe trekkrag (Te)
T1
1.9 Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
T2
T1
1.10 Wydte =
Toelaatbare trekkrag
1.11 NDR × DDR = NGD × DGD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/November 2023
NSS
2. SPANNING EN VORMVERANDERING
Aas = π d
2
2.1
4
Apyp = π D d
2 2
2.2
4
Maksimum spanning/Breekspanning
2.3 Veiligheidsfaktor =
Veilige werkspanning
Krag F
2.4 Spanning = OF σ
Area A
Verandering in lengte ΔL
2.5 Vervorming = OF ε
Oorspronklike lengte oL
Spanning σ
2.6 Young se modulus = OF E
Vervorming ε
3. HIDROULIKA
Krag F
3.1 Druk OF P
Area A
3.2 Volume = Area × Slaglengte (l of s)
3.3 Arbeid verrig = Krag × Afstand
3.4 PA = PB
FA F
3.5 B
AA AB
4. RATAANDRYWING
2π N T
4.1 Drywing (P) =
60
Produk van tande op gedrewe rat Ninset
4.2 Ratverhouding = OF Spoedverhouding =
Produk van tande op dryfrat Nuitset
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/November 2023
NSS
Ninset Produk van tande op gedrewe rat
4.3 =
Nuitset Produk van tande op dryfrat
4.4 NA × TA = NB × TB
4.5 Wringkrag = Krag × Radius
4.6 Wringkrag oorgedra = Ratverhouding × Insetwringkrag
Steeksirkeldiameter SSD
4.7 Module = OF m =
Aantal tande T
Sirkelsteek × Aantal tande
4.8 Steeksirkeldiameter =
π
OF
SS T
SSD =
π
4.9 Buitediameter (BD) = SSD + 2(m)
4.10 Addendum = Module OF a=m
4.11 Dedendum (b) = 1,157 × m OF Dedendum (b) = 1,25 × m
4.12 Snydiepte (h) = 2,157 × m OF Snydiepte (h) = 2,25 × m
4.13 Vryruimte (c) = 0,157 × m OF Vryruimte (c) = 0,25 × m
4.14 Sirkelsteek (SS) = m × π
4.15 Werkdiepte (WD) = 2 × m OF Werkdiepte (WD) = 2 × a
5. KATROLLE
5.1 NDR × DDR = NGD × DGD
2π N T
5.2 Drywing (P) =
60
Diameter van gedrewe katrol
5.3 Snelheidsverhouding =
Diameter van dryfkatrol
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/November 2023
NSS
6. SPYGLEUWE
D
6.1 Wydte (W) =
4
D
6.2 Dikte (T)=
6
6.3 Lengte (L) = 1,5 × D
Waar:
D = Diameter van as
6.4 Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100
7. CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR FREESMASJIEN
Gatsirkels
Kant 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Kant 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
Wisselratte
Ratte 24 × 2 28 32 40 44 48 56 64 72 86 100
40
7.1 Indeksering = (n = aantal indelings)
n
Dr A n 40
A n
Dr 40
7.2 OF
Gd A 1 Gd A
Waar:
A = gekose aantal indelings
n = werklike aantal indelings
8. SWAELSTERTE
Waar:
R = Radius van presisieroller
y = Afstand vanaf boonste rand van swaelstert in verhouding met onderste hoek
van swaelstert
x = Afstand vanaf middel van presisieroller tot onderste hoek van swaelstert
θ = Ingeslote hoek van swaelstert (gewoonlik 60°)
h = Hoogte van swaelstert
w = Minimum wydte van swaelstert
W = Maksimum wydte van swaelstert
m = Afstand tussen rollers
M = Afstand oor rollers
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/November 2023
NSS
9. TAPSE
θ D-d
9.1 tan = (l = Tapslengte)
2 2l
L D - d
9.2 Loskopoorstelling = (L = Afstand tussen senters)
2l
10. SKROEFDRADE
P
10.1 Gemiddelde diameter = Buitediameter – (½ × Steek) OF Dm BD
2
10.2 Effektiewe diameter (Deff) = Steekdiameter (Dp) = Gemiddelde diameter (Dm)
10.3 Styging = Steek × Aantal beginne
10.4 Hoogte van skroefdraad = 0,866 × Steek (P)
10.5 Diepte van skroefdraad = 0,613 × Steek (P)
Styging
10.6 Helikshoek: Tan θ =
π Dm
10.7 Ingryphoek/Voorsnyhoek = 90° ‒ (Helikshoek + Vryloophoek)
10.8 Sleephoek/Nasnyhoek = 90° + (Helikshoek – Vryloophoek)
10.9 DP = DN – (0,866 × P)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 6 DBE/November 2023
NSS
11. PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE
r
y
𝜽
x
y
11.1 Sin θ
r
x
11.2 Cos θ
r
y
11.3 Tan θ
x
11.4 r 2 x2 y2
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa/v1-e1518d3426e531dfc0eb/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad/v1-3dfcdf105719d968d8f3/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649/v1-0e4d6b46ffc6b2fe59e7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1/v1-28cf2259fca9bcde2f63/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826/v1-b299996dbfd99aec246f/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum