Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye insluitende 3 bylae.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
_watermark--6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35/v1-176dbe300bc24abbbfc8/card.webp)



Mathematical Literacy Grade 11 P2 2016 QP (Afr)
Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord
word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die ADDENDUM met BYLAE vir die volgende vrae:
BYLAAG A vir VRAAG 2.2
BYLAAG B vir VRAAG 3.1.1 en
BYLAAG C vir VRAAG 3.1.2
3. Nommer die vrae volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag
gebruik word, tensy anders aangedui.
5. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.
6. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks,
tensy anders aangedui.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Anna het ʼn klein besigheid vir die bak en verkoop van muffins.
Sy het die volgende resep wat 12 muffins maak sowel as die koste vir die
maak van die muffins:
500 g muffinmengsel teen R12,00 per kg
1 groot eier teen R10,50 vir ʼn ½ dosyn
½ koppie olie (125 mℓ) teen R12,50 per 750 mℓ
1 ½ koppies melk (375 mℓ) teen R11,50 per liter
Voorverhit die oond tot 180 ºC en bak vir 25 minute.
Anna gebruik panne wat 12 muffins kan bak en ʼn oond waarin jy twee panne
op een tyd kan insit. Sy verkoop die muffins teen R30 per dosyn.
1.1.1 Meld EEN ander uitgawe behalwe die koste van die bestanddele
wat Anna sal hê wanneer sy die muffins maak. (2)
1.1.2 Hoeveel sal sy op bestanddele vir 24 muffins spandeer? (5)
1.1.3 Anna vertel ʼn vriend as sy ʼn bestelling vir 1 200 muffins kry, sal sy
ʼn wins van meer as R1 000 maak. Verifieer, deur middel van
berekeninge, om te bewys of haar stelling waar of vals is.
(Koste wat in ag geneem moet word, is slegs vir bestanddele.) (5)
1.1.4 Anna het ʼn bestelling vir 240 muffins wat gebak moet word. Dit
moet 50 km vanaf haar huis waar dit gebak word, afgelewer word.
Sy begin om 9:00 te bak, laat 10 minute toe vir die skoonmaak van
panne na elke baksel muffins. Indien sy haar huis verlaat na die
laaste skoonmaak, en 100 kilometer per uur ry, sal sy betyds wees
om die muffins af te lewer vir teetyd wat om 16:00 bedien word?
Afstand
Jy mag die formule gebruik: Tyd = Spoed (6)
1.2 Na ʼn jaar in hierdie besigheid, het Anna daarin geslaag om ʼn klein
besigheidslening vanaf die regering te kry om haar besigheid uit te brei.
Sy moes personeel in diens neem om haar te help, en sy het daarin geslaag
om mense in diens te neem wat 5 ure per dag soos volg werk:
ʼn Skoonmaker teen R50 per uur
ʼn Bestuurder teen 75% meer as die skoonmaker per uur
ʼn Helper (bakster) teen R25 meer as die skoonmaker
Hulle werk 20 dae per maand
Bereken die totale salarisse van al die werkers vir een maand. (5)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2
2.1 ʼn Wiskundige Geletterdheid onderwyser het die volgende toetsuitslae vir ʼn
toets uit 50. Sy klas het 14 leerders en die uitslae is soos volg:
4 leerders het 42 punte gekry wat die maksimum punt was wat deur
leerders behaal is
3 leerders het 7 punte minder as die maksimum punt behaal
2 leerders het 34 punte gekry
1 leerder het 20 punte minder as die maksimum punt gekry
2 leerders het 16 punte gekry
1 leerder het 5 punte gekry
Die laaste leerder het die helfte van die maksimum punt gekry
2.1.1 Indien die slaagpersentasie vir die toets 30% was, wat kan jy aflei
omtrent die prestasie van die leerders in die toets? Gebruik
berekeninge waarop jy jou afleiding baseer. (4)
2.1.2 Wat is die gemiddelde punt wat behaal is? (3)
2.1.3 Bereken die numeriese waarde van die verskil tussen die mediaan
en die modus. (4)
2.1.4 Wat is die waarskynlikheid dat ʼn leerder minder as 50% in die toets
behaal? Gee jou antwoord as ʼn persentasie. (3)
2.2 In ʼn skool is daar ʼn gelyke aantal Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid-
leerders en hulle word almal in die saal geakkommodeer soos in BYLAAG A
aangedui.
Die Wiskunde leerders word geplaas in die onewe getal rye en die
Wiskundige Geletterdheid leerders in die ewe aantal rye.
Leerders word een na die ander geplaas en hul eksamennommer is in
stygende volgorde vanaf ML – 1 vir die Wiskundige Geletterdheid
leerders en MAT – 1 vir die Wiskunde leerders.
Wanneer ʼn ry gevul is, d.w.s. ry A1 – I1, sal die leerders met die
volgende ry begin by A2 – I2 en die volgende ry begin met A3 en so
aan.
Besetting van sitplekke begin by ry een.
2.2.1 Hoeveel Wiskundige Geletterdheid en Wiskunde leerders sal in die
middel gedeelte van die saal geplaas word? (3)
2.2.2 Wat is die eksamennommer van ʼn leerder wat by F17 sit? (3)
2.2.3 Bereken die verskil in die aantal sitplekke tussen die sitplekke aan
die linker- en regterkant gedeeltes van die saal. (3)
2.2.4 Indien die Departement van Onderwys vereis dat daar 1 toesighouer
vir elke 30 leerders moet wees, hoeveel toesighouers moet
aangestel word? (4)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 3
3.1 Twee matriekleerders het die volgende uitslae in hul Graad 12 eksamen
behaal.
Vak Leerder A % Leerder B %
IsiXhosa Huistaal 75% 67%
Engels Eerste Addisionele Taal 63% 68%
Wiskunde 54% 64%
Lewensoriëntering 72% 76%
Rekeningkunde 54% 48%
Ekonomie 45% 60%
Besigheidstudies 74% 69%
3.1.1 Deur gebruik te maak van die inligting in BYLAAG B, bereken die
TPT telling vir beide leerders om te wys watter leerder het die
hoogste telling. (6)
3.1.2 Teken ʼn saamgestelde kolomgrafiek op BYLAAG C wat die
persentasies van die twee leerders voorstel in IsiXhosa Huistaal,
Wiskunde, Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies. (5)
3.1.3 Indien ʼn sekere universiteit die TPT telling as die enigste oorweging
in ag neem vir toelating tot ʼn sekere fakulteit en hulle vereis dat die
TPT telling 30 moet wees, watter een van die twee leerders het ʼn
groter kans om by die universiteit en fakulteit aanvaar te word? (2)
3.2 Mnr. en Mev. Jones se dogter, ʼn eerstejaar student, het nie akkommodasie
op die kampus gekry nie. Sy moes privaat akkommodasie kry.
Koste is soos volg:
- Enkelkamer is R2 200 per maand
- Dubbelkamer is R1 650 per maand
- Huur is betaalbaar vir 11 maande
Sy moet vir haarself kook en haar ouers stuur R1 500 per maand vir kos vir
tien maande.
3.2.1 Bereken die totale bedrag wat vir die jaar gespandeer word op huur
en kos indien sy ʼn dubbelkamer kies. (4)
3.2.2 Om in ʼn dubbelkamer te bly is goedkoper as om in enkelkamer te bly.
Gee EEN rede vir die verskil in koste. (2)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 4
4.1 Leerders het ʼn projek om die een kant van hulle blok klasse te verf. Die blok
het vier klaskamers met vensters wat ontwerp is soos hieronder aangedui.
Hulle het slegs nodig om die kante waar hierdie vensters is, te verf en daar is
slegs een so ʼn kant in elke klaskamer. Die diagram is nie volgens skaal
geteken nie.
Afmetings van die klaskamer is: lengte = 1 200 cm en hoogte = 500 cm.
Hoogte van die driehoekige venster is 100 cm en die basis is 150 cm.
Breedte van die vierkantige venster is gelyk aan die basis van die
driehoekige venster.
Radius van die sirkelvormige venster is ½ (die helfte) van die basis van
die driehoekige venster.
500 cm
1 200 cm
Jy mag die volgende formules gebruik:
Oppervlakte van reghoek = lengte x breedte
Oppervlakte van vierkant = sy2
Oppervlakte van driehoek = ½ basis x hoogte
Oppervlakte van sirkel = 𝜋 x radius2
Gebruik 𝜋 = 3,142
Bereken die totale oppervlakte van die mure wat geverf moet word vir al die
klaskamers tot die naaste vierkante meter (m2). (14)
4.2 Verf word in 5-liter en 20-liter blikke verkoop. Die koste is R105 vir ʼn 5-liter blik
en R405 vir ʼn 20-liter blik. Die verf sal 8 m2 per liter dek.
Leerders beweer dat dit goedkoper sal wees om 5-liter blikke te koop.
Gebruik berekeninge om te bewys dat hul bewering geldig is of nie. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
4.3 5-liter blikke verf word in winkels in groot reghoekige bokse verpak vir
afleweringsdoeleindes. ʼn Voorbeeld van hierdie bokse word hieronder getoon.
Die diagramme is nie volgens skaal geteken nie.
65 cm
130 cm
25 cm
49 cm
BOKS A
BOKS B
9 cm
24 cm
Daar is twee reghoekige bokse en die afmetings is soos volg:
Afmetings van BOKS A:
Lengte = 130 cm
Breedte = 104 cm
Hoogte = 25 cm
EN
Afmetings van BOKS B:
Lengte = 65 cm
Breedte = 52 cm
Hoogte = 49 cm
Afmetings van ʼn 5-liter blik verf:
Radius = 9 cm
Hoogte = 24 cm
4.3.1 Die pakkers beweer dat indien hulle Boks A vir die verpakking van die
verf blikke gebruik, sal hulle meer as twee keer die verf blikke kan pak as
in Boks B. Gebruik berekeninge om te bewys of hul bewering geldig is of
nie. (6)
4.3.2 ʼn Trok wat 20 bokse van Boks B met 5-liter blikke verf vervoer, het ʼn
ongeluk en al die verf is vermors. Hoeveel geld in Rand is verlore? (5)
[31]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2016)
BYLAAG A: VRAAG 2.2
Sitplekplan van skoolsaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
BYLAAG B: VRAAG 3.1.1
Toelatingsvereistes vir leerders wat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) of die
Onafhanklike Eksamenraad (IEB) in 2013 en daarna verkry het:
Nasionaal
TPT
NCS IEB
10
9
8
7 (80‒100%) 7
6 (70‒79%) 6
5 (60‒69%) 5
4 (50‒59%) 4
3 (40‒49%) 3
2 (30‒39%) 2
1 (0‒29%) 1
*Lewensoriëntering moet deur twee gedeel word en opgerond word tot die naaste
10% om die totale TPT te bereken.
Addisionele inligting:
TPT staan vir Toelatingspuntetelling.
Punte word toegeken aan die persentasies wat in elk van die sewe vakke verkry is.
Die algehele TPT word bereken deur die som van al die punte te verkry.
Toelating tot ʼn sekere studieveld hang af van die punte wat vir daardie spesifieke
veld benodig word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2016)
BYLAAG C: VRAAG 3.1.2
NAAM:
GRAAD 11:
Persentasies van vyf vakke vir twee Graad 12
leerders
80
75
70
65
60
55
50
Persentasie
45
40
35
30
25
20
15
10
5
0 Ekonomie Besigheidstudies
IsiXhosa Wiskunde Rekeningkunde
Vakke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2016 QP (Eng)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2016 Memo (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2016 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2018 QP (Eng)
More from Grade 11 Mathematical Literacy

Annual teaching plan
Gr 11 Maths Lit ATP 2023 24
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 2025 Addendum (Afr)
_watermark--6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35/v1-176dbe300bc24abbbfc8/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Memorandum