Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)




Mathematical Literacy Grade 11 P2 2022 QP (Afr)
Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 924.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
3. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik word,
tensy anders aangedui.
4. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.
5. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.
6. Toon meeteenhede, waar van toepassing.
7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
aangedui.
8. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Die onderstaande tabel toon die verband tussen ure en die tarief wat per uur of deel
daarvan gehef word. Tariewe sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) in.
Verwys na die tabel en beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 1: PARKEERTARIEWE VIR HIERDIE GEBIED
URE TARIEF GEHEF PER UUR OF
GEDEELTE DAARVAN
0–2 R5,00
2–3 R7,00
3–4 R10,00
4–5 R12,00
5–6 R15,00
6–8 R20,00
Meer as 8 uur R40,00
LET WEL: Verlore kaartjieboete is R50,00 plus bykomende koste.
1.1.1 Wat is die tarief wat gehef word as mnr. Sokutu sy motor vir 8 uur en
15 minute geparkeer het? (2)
1.1.2 Skryf 8 uur en 15 minute in ure neer. (2)
1.2 Mnr. Titi het sy kaartjie verloor. Wanneer hulle na die sekuriteitskameras kyk, sien
hulle sien dat hy om 11:30 vm. by die winkelsentrum aangekom het en dat dit nou
14:20 nm. is.
1.2.1 Bepaal hoeveel tyd verloop het. (2)
1.2.2 Bereken hoeveel mnr. Titi moet betaal. (2)
1.3 Verwys na die reghoekige diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
210 cm
100 cm
Skaal 1 : 100
1.3.1 Definieer die term omtrek. (2)
1.3.2 Bepaal die omtrek van die reghoekige diagram in sentimeter. (2)
1.3.3 Gee die naam van die skaal wat op die diagram aangetref word. (2)
1.3.4 Verduidelik wat skaal 1 : 100 beteken. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.4 1.4.1 Identifiseer uit die lys hieronder ʼn provinsiale pad in Suid-Afrika.
Dit is soos volg:
N10
R44
M75 (2)
1.4.2 Definieer die term provinsiale pad in die konteks hierbo. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 2
2.1 Die tylosaurus proriger was ʼn ou seedier wat vermoedelik 85 miljoen jaar gelede geleef
het. Die top snelheid van die tylosaurus is ongeveer 64 km/h. Hierdie dier het
20 ton geweeg.
[Bron: https: // kids.national geographic.com]
Verwys na die diagram hieronder. Gebruik die skaal om die lengte van die dier
hieronder te bereken.
1, 9 meter
2.1.1 Skryf die naam van die skaal wat hierbo gebruik word, neer. (2)
2.1.2 Gebruik die skaal om die werklike lengte van die dier, in meter, te bereken. (5)
2.1.3 Hierdie dier het 20 ton geweeg. Skakel 20 ton na kilogram om. (2)
2.2 As gevolg van die wêreldwye viskrisis mag daar jaarliks slegs 30 000 ton tuna gevang
word. Die werklike hoeveelheid tuna wat gevang word, is nader aan 48 000 ton per
jaar.
Bereken die persentasie onwettige visvangs in een jaar. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.3 Verwys na die onderstaande kaart en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Noem die metropolitaanse paaie wat op die kaart gevind word. (2)
2.3.2 Lys die belangrikste nasionale pad wat Bluewater Bay met Coega verbind. (2)
2.3.3 Identifiseer die provinsiale pad tussen Ibhayi en Despatch. (2)
2.3.4 Hoeveel provinsiale paaie word op die kaart aangedui? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
2.3.5 Mnr. Thulani het aangedui dat die gemete afstand op die kaart van
Motherwell na Bluewaterbay 5 cm is en die werklike afstand is 13 km. Hy
het verder gesê dat die skaal van die kaart 1 : 260 000 is.
Verifieer, met die nodige berekeninge, of sy stellings geldig is. (6)
2.3.6 Bepaal die tyd (in minute en sekondes) wat die Thulani-gesin neem om van
Motherwell na Bluewater Bay te reis, as hulle per motor teen ʼn gemiddelde
snelheid van 80 km/h reis vir ʼn totale afstand van 13 km.
Gebruik die formule:
Afstand
Tyd =
Gemiddelde Spoed (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3
3.1 Die diagram hieronder toon die vloerplan van die sitkamer van die Sokutu-
gesinshuis.
850 cm
3,5 m
Vloerplan
N
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Woonkamer-afmetings
Lengte = 850 cm
3,5 m
Breedte = 3,5 m
Dikte = 10 cm
3.1.1 Bereken die omtrek van die sitkamer in mm. Gebruik die formule
hieronder:
Omtrek van reghoek = 2 × (lengte + breedte) (3)
3.1.2 Bereken die oppervlakte van die vloer in m2. Gebruik die formule
hieronder:
Oppervlakte van reghoek = Lengte × Breedte (3)
3.1.3 Hoeveel kubieke meter beton is nodig as ʼn betonvloer van 10 cm dik, gelê
word? Jy kan die formule gebruik:
Volume = Lengte × Breedte × Hoogte (2)
3.1.4 In watter rigtings kyk die breedte van die sitkamermure? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
3.2 Hierdie diagram hieronder verteenwoordig ʼn prentjie van die suidelike muur van die
sitkamer van die Sokutu-gesin. Hulle het sorgvuldig rooi stene vir die muur gekies.
Hierdie diagram is nie op skaal geteken nie. Die volgende inligting wat op die
diagram hieronder aangedui word, is nuttig vir berekening.
Hoogte = 5 m
[Aangepas uit vectorstock.com/red-brick wall/]
Suidelike muur afmetings:
Lengte = 850 cm
Hoogte = 5 m
Afmetings van EEN baksteen: hoogte = 73 mm lengte = 222 mm breedte = 106 mm
Oppervlakte van EEN Baksteen = lengte × hoogte
LET WEL: Mortier is ʼn werkbare pasta wat verhard, wat gebruik word om
boublokke soos stene aanmekaar te bind.
3.2.1 Bepaal die aantal stene wat vir die suidelike muur, wat in diagram hierbo
getoon word, benodig word.
LET WEL: Die afmetings van EEN baksteen sluit die mortier uit, wat
10 mm is.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlakte van die muur in m2
Aantal stene =
Oppervlakte van EEN baksteen in m2 (9)
3.2.2 Die bouer het voorgestel dat ʼn bykomende 10% stene bestel moet word om
vermorsing te dek. Bereken die totale aantal stene wat vir die grensmuur
benodig word. (2)
3.2.3 Die prys van een baksteen is R4,75, BTW ingesluit. Bereken die totale bedrag
wat op die bakstene gespandeer gaan word. (Gebruik jou antwoord in
VRAAG 3.2.2.) (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 4
4.1 Jonah Mouwer koop ʼn klein vistenk by Bay Aquariums vir die prys van R47 200
(BTW ingesluit). Hy wil die afmetings van sy vistenk op ʼn stuk papier voorstel. Sy
pa, ʼn argitek van beroep, het hom aangesê om ʼn skaal van 1 : 30 te gebruik.
Hierdie tabel hieronder toon die afmetings van ʼn klein vistenk. Bestudeer die tabel
en beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 2: AFMETINGS VAN DIE VISTENK
AFMETINGS VAN DIE KLEIN VISTENK AFMETINGS OP ’N STUK
IN METER PAPIER IN CM
Hoogte = 0,45 m A
Lengte = 1,05 m B
Wydte = 0,3 m Wydte = 1 cm
LET WEL: Volume = lengte × wydte × hoogte
4.1.1 Verwys na die tabel hierbo. Gebruik die skaal om die ontbrekende waarde A
en B te bereken. (5)
4.1.2 Bepaal die volume van die klein vistenk in cm3. (3)
4.1.3 Hoeveel liter water sal die tenk hou as dit 90% vol is?
Jy mag gebruik: 1 cm3 = 1 mℓ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 11
4.2 Die wenner is lukraak gekies. Mnr. Sokutu het die groot prys van R150 000 gewen. Hy
het 1 000 inskrywings uit ʼn totaal van 10 000 inskrywings vir die kompetisie ingedien.
Hy het verder besluit om R90 000 van die R150 000 te gebruik om sy enkelmotorhuis
na ʼn dubbelmotorhuis uit te brei. Hy het ʼn tekenaar gebruik om die plan op te stel. Die
plan word hieronder geteken.
Skaal 1 : 150
LET WEL: Verwys na die diagram hierbo en gebruik die skaal.
4.2.1 Bereken die werklike lengte en breedte van die bestaande en beplande nuwe
motorhuis in meters volgens die gegewe skaal. (6)
Gegee: Gemete Lengte = 50,4 mm
Gemete Breedte = 25,6 mm
4.2.2 Bereken die vloeroppervlakte wat hy nou beskikbaar sal hê in sy nuwe
dubbelmotorhuis. Gee jou antwoord tot die naaste vierkante meter.
Jy kan die formule gebruik:
Oppervlakte van reghoek = Lengte × Breedte (3)
4.3 Bepaal die waarskynlikheid dat mnr. Sokutu nie die kompetisie sal wen nie, met
inagneming van die aantal inskrywings wat hy ingedien het. Gee jou antwoord in
persentasie formaat. (3)
4.3.1 Wat is die waarskynlikheid dat mnr. Sokutu die kompetisie sal wen? Kies uit
die onderstaande tabel.
Onmoontlik Onwaarskynlik Gelyke kans Hoogs waarskynlik Vir seker (2)
4.3.2 Skryf 10% tot 90% in vereenvoudige verhoudingsformaat. (2)
[27]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2017 QP (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2018 Memo (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Mathematical Literacy

Annual teaching plan
Gr 11 Maths Lit ATP 2023 24
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Memorandum