Downloaded from hlayiso.com
MUSIEK
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyn bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline 





View all
Music GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com
Music · Grade 12 · Music · 2021. Exam guideline, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Music
- Pages
- 22
- File size
- 731.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4
2.1 Formaat van die Musiekvraestelle 4
2.2 Praktiese voordrageksamen 9
2.2.1 Organisasie 9
2.2.2 Optrede tydens die eksamen 9
2.2.3 Standaardisering van die eksamen 9
2.3 Taksonomie 10
3. GRONDVLAKKENNIS 12
3.1 Praktiese komponent (Onderwerp 1) 12
3.2 Geskrewe eksamen Vraestel 1 12
3.3 Musiekbegrip Vraestel 2 12
4. KWALITEIT VAN INHOUD, TAALGEBRUIK EN AANBIEDING 13
5. ASSESSERINGSKRITERIA 14
5.1 Tegniese werk 14
Voorbeelde van Tegniese Assessering
5.2 Bladlees 18
5.3 Gehoortoetse 19
Voorbeeld van Gehoortoetse: Vir die Eksaminator
Voorbeeld van Gehoortoetse: Antwoordblad vir Kandidate
5.4 Voordragstukke 21
6. SAMEVATTING 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsdokument (KABV) vir Musiek dui die aard en doelwitte van
die vak, Musiek, aan. Hierdie dokument ondersteun die onderliggende filosofie vir die onderrig en
assessering van die vak in Graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyn is om:
Duidelikheid oor die assessering ten opsigte van die diepte en omvang van die inhoud in die
Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaateksamen vir Musiek te verskaf.
Onderwysers by te staan om leerders toereikend vir die eksamen te help voorberei.
Hierdie dokument handel oor die finale Graad 12 eksterne eksamen. Dit handel nie in diepte oor
die Skoolgebaseerde Assesseringstake (SBA) of die Praktiese Assesseringstake (PAT) nie
aangesien dié in 'n aparte dokument vervat is wat meer gereeld opdateer word.
Hierdie riglyn moet saam met die volgende dokumente gelees word:
Nasionale Kurrikulum Beleidsdokument (NCS) Kurrikulum en Assesseringsbeleidsdokument
(KABV): Musiek
Nasionale Protokol van Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NQF),
rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Nasionale beleid aangaande die program en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulum
Beleidsdokument, Graad R–12
Die tabel hieronder verskaf 'n oorsig van die assessering van Musiek as 'n vak:
Onderwerp Punte
Praktiese eksamen
Onderwerp 1 Musiekvoordrag en Improvisasie 150
Geskrewe eksamens
Onderwerp 2 en 3
Vraestel 1 Musiekgeletterdheid en Algemene Musiekkennis 120
Vraestel 2 Musiekbegrip 30
TOTALE PUNT 300
Praktiese Eksamen
Punte
Tegniese ontwikkeling (toonlere en studie) of 10 + 20 = 30 of
Tegniese ontwikkeling (twee studies) 15 + 15 = 30
Voordragstukke 3 x 30 = 90
Bladlees 15
Gehoortoetse 15
TOTAAL 150
3
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 Formaat van die Musiekvraestelle
MUSIEK VRAESTEL 1: MUSIEKGELETTERDHEID EN ALGEMENE MUSIEKKENNIS
AFDELING A, B en C/D/E (120 PUNTE)
Die duur van die vraestel is drie uur. Ongeveer een en 'n half uur moet aan Afdeling A
(Onderwerp 2 – Musiekgeletterdheid) en ongeveer een en 'n half uur aan Afdeling B en C/D/E
(Onderwerp 3 – Algemene Musiekkennis), spandeer word.
In die AMK-afdeling moet kandidate vrae van net een van die strome (Afdeling C of D of E)
beantwoord.
Kandidate mag nie toegang tot 'n musiekinstrument gedurende die eksamen hê nie.
AFDELING A: MUSIEKGELETTERDHEID (60 PUNTE) - Verpligtend
Vraag 1: Musiekteorie (15 punte)
Vrae oor Musiekteorie sal gebaseer word op 'n verskeidenheid van musiekpartiture.
Kortvrae, onverwant aan die partituur, kan ook gevra word.
Basiese, fundamentele kennis is die boustene van die Graad 12 werk.
o Dit sluit alle eenvoudige en saamgestelde tydmaattekens, onreëlmatige tydmaattekens 5/4
en 7/4, alle nootwaardes, triole, duole, toonsoorttekens, toevallige tekens, sleutels,
tegniese name, en elemente van musiek (toonkleur, toonduur (metrum, ritme, tempo),
toonhoogte (melodie, harmonie, tonaliteit), toonsterkte, tekstuur, struktuur en stemming en
atmosfeer), in.
Verwys na Onderwerp 2 van KABV (Graad 12) vir die Musiekteorie-inhoud.
o Intervalle: alle intervalle in noue en wye ligging; omkerings
o Toonsoorttekens: in al vier sleutels; alle toevallige tekens
o Ritme en metrum: alle eenvoudige, saamgestelde en die onreëlmatige tydmaattekens 5/4
en 7/4; korrekte groepering
o Nootwaardes: alle nootwaardes, sowel as triole en duole; alle rustekens
o Toonlere:
Majeur en alle mineure (natuurlik, harmonies en melodies)
Chromatiese toonlere: enige konstruksie aanvaarbaar
Pentatoniese toonlere: majeur en mineur pentatoniese weergawes
Melodiese mineur modusse (Jazz): slegs I, V en VII
o Terminologie:
Voorgeskrewe terme vir slegs Graad 12
Tegniese name van die toonleertrappe
Vraag 2: Komposisie (15 punte)
Daar sal van kandidate verwag word om 'n melodie vir 'n melodiese instrument of die stem te
skep.
Die melodie kan in 'n majeur of mineur toonsoort wees.
Lengte: 12 mate in ABA-vorm
Materiaal: Die onderstaande mag gegee word:
o 'n Aanvangsmotief
o 'n Ritmiese patroon
Notasie: Die onderstaande notasie mag gebruik word:
o Balknotasie
o Tonika-solfa mag gebruik word as die melodie vir stem sonder teks bedoel is.
Artikulasie-aanduidings: Dié moet korrek op die partituur gebruik word. Dinamiese
aanduidings mag gebruik word.
4
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
Vraag 3: Harmoniese Analise (15 punte)
Vrae oor harmoniese analise sal op 'n verskeidenheid van musiekpartiture gebaseer wees.
Verwys na Onderwerp 2 van KABV (Graad 12) van Musiekteorie-inhoud.
Alle antwoorde moet van die toepaslike besyfering van die akkoorde gepaardgaan (Romeinse
besyfering vir vierstemmige harmonie (WKM of IAM) en akkoordsimbole vir instrumentale
stukke/uittreksels/voorbeelde (JAZZ of IAM)).
Daar kan van kandidate verwag word om 'n kadens te voltooi of 'n non-akkoordnoot by te
voeg, ens.
Vraag 4: Harmonisasie (15 punte)
Daar sal van kandidate verwag word om 'n gegewe sopraanmelodie te harmoniseer deur drie
vokale partye (alt, tenoor, bas) by te voeg of om 'n instrumentale stuk in 'n jazz-styl waarvan
die melodie verskaf is, te voltooi.
Antwoorde mag vergesel word van toepaslike besyfering van akkoorde (Romeinse besyfering
vir vierstemmige harmonie (WKM of IAM) en akkoordsimbole vir instrumentale stukke
(JAZZ of IAM)).
AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (10 PUNTE) - Verpligtend
Vraag 5: Suid-Afrikaanse Musiekbedryf (10 punte)
Daar sal van kandidate verwag word om kort- of langer vrae wat handel oor die Suid-
Afrikaanse Musiekbedryf te beantwoord.
Verwys na Onderwerp 3 van KABV (Graad 12) vir die inhoud aangaande die Suid-Afrikaanse
Musiekbedryf.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (50 PUNTE) – Gekose Stroom
Neem kennis van die volgende belangrike aspekte:
Navorsing oor die geskiedenis van moderne IAM onderwerpe:
o Migrante-Arbeidstelsel (MAS) en die invloed daarvan op die ontwikkeling van musiek
o Ontwikkeling van Afrika-jazz in verhouding met internasionale tendense
o Tydraamwerk vir modern konstruksies:
Marabi
Kwela
Isicathamiya
Maskandi
Mbaqanga
Malombo-jazz
Metafore van musiek in die leefwêreld van inheemse Afrika-gemeenskappe:
o Afrika-tromspel
o Afrika-dans
o Kindermusiek/dans
o Rituele
o Goddelike perspektief
Inhoud soos vervat in die KABV
Moderne Konstruksies
Voorgeskrewe werke sal in 'n aparte dokument deur die Direktoraat vir Kurrikulumbestuur,
verskaf word.
5
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
Hierdie afdeling sal die volgende vraagtipes en beskrywings insluit:
Kortvrae (20 punte)
Terme/Terminologie
Alle style en genres soos genoem in KABV
'n Diepgaande studie van twee voorgeskrewe werke per styl
Hoewel die fokus op die voorgeskrewe werke vir elke kunstenaar/groep is, word daar van
kandidate verwag om na 'n wye verskeidenheid musiek in die voorgeskrewe style te luister.
Paragrawe/Vergelykings/Kort notas/Tabelle ens. (15 punte)
Alle style en genres soos genoem in KABV
'n Diepgaande studie van twee voorgeskrewe werke per styl
Hoewel die fokus op die voorgeskrewe werke vir elke kunstenaar/groep is, word daar van
kandidate verwag om na 'n wye verskeidenheid musiek in die voorgeskrewe style te luister.
Opstel (15 punte)
Alle style en genres soos genoem in KABV
OF
AFDELING D: JAZZ (50 PUNTE) – Gekose Stroom
Neem kennis van die volgende belangrike aspekte:
Definisies, elemente en styleienskappe van alle genres
'n Kort biografie van komponiste, kunstenaars of groepe
Voorgeskrewe werke sal in 'n aparte dokument deur die Direktoraat vir Kurrikulum Bestuur,
verskaf word.
Kortvrae (20 punte)
Terme/Terminologie
Alle style en genres soos genoem in KABV
'n Diepgaande studie van twee voorgeskrewe werke per styl
Hoewel die fokus op die voorgeskrewe werke vir elke kunstenaar/groep is, word daar van
kandidate verwag om na 'n wye verskeidenheid musiek in die voorgeskrewe style te luister.
Paragrawe/Vergelykings/Kort notas/Tabelle ens. (15 punte)
Alle style en genres soos genoem in KABV
'n Diepgaande studie van een van die voorgeskrewe werke per styl
Hoewel die fokus op die voorgeskrewe werke vir elke kunstenaar/groep is, word daar van
kandidate verwag om na 'n wye verskeidenheid musiek in die voorgeskrewe style te luister.
Opstel (15 punte)
Alle style en genres soos genoem in KABV
OF
6
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (50 PUNTE) – Gekose Stroom
Neem kennis van die volgende belangrike aspekte:
Definisies van alle genres (simfonie, simfoniese toondig, konsertouverture en opera) en sub-
genres (komiese opera, Singspiel, opera seria, aria, resitatief, ens.)
Die uitleg van 'n orkespartituur
Ontwikkeling van die simfonieorkes en instrumentasie (Barokorkes, Mannheim, standaard
Klassieke orkes)
Samevatting van die historiese ontwikkeling van die opera (Camerata, Monteverdi, Gluck)
Voorgeskrewe werke sal in 'n aparte dokument deur die Direktoraat vir Kurrikulum Bestuur,
verskaf word.
Kortvrae (20 punte)
Terme/Terminologie
Simfonie, simfoniese toondig, en konsertouverture
Opera en ontwikkeling van opera (Camerata, Monteverdi, Gluck)
Vormanalise: sonatevorm, Minuet en Trio, en rondovorm
Ontwikkeling van die simfonieorkes en instrumentasie (Barokorkes, Mannheim, standaard
Klassieke orkes)
Paragrawe/Vergelykings/Kort notas/Tabelle ens. (15 punte)
Simfonie, simfoniese toondig, en konsertouverture
Opera en ontwikkeling van opera (Camerata, Monteverdi, Gluck)
Vormanalise: sonatevorm, Menuet en Trio, en rondovorm
Ontwikkeling van die simfonieorkes en instrumentasie (Barokorkes, Mannheim, standaard
Klassieke orkes)
Opstel (15 punte)
Alle style en genres soos genoem in KABV
7
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
MUSIEKVRAESTEL 2: MUSIEKBEGRIP
ADELINGS A, B EN C (30 PUNTE)
Die duur van die vraestel is een en 'n half uur.
In Vraestel 2 sal van alle kandidate verwag word om op musiek van verskillende style en
tradisies te reageer.
Die vraestel sal voltooi word terwyl die kandidate na klankbane op 'n amptelike eksamen-CD
luister.
Elke graad 12-eksamensentrum sal 'n klank-CD ontvang wat tydens die finale eksamen aan
kandidate voorgespeel moet word.
Indien 'n skool meer as een stroom (IAM, JAZZ, WKM) aanbied, moet die volgende riglyne
gevolg word:
o Elke stroom/keuse moet in 'n aparte lokaal geskryf word.
o Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
o Elke lokaal moet 'n afsonderlike CD hê. (Die departement moet in kennis gestel word
sodat die regte hoeveelheid CD's betyds afgelewer kan word.)
o 'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.
Die hooftoesighouer moet die CD ten minste een week voor die eksamen plaasvind toets.
Dit moet op dieselfde toerusting as wat in die eksamen gebruik gaan word, getoets word.
Die Musiekonderwyser mag nie tydens die toets van die CD teenwoordig wees nie.
Gedurende die eksamen moet die toesighouer/Musiekonderwyser die snitte die aantal kere,
volgens die instruksies in die vraestel, speel. Genoeg tyd moet tussen vrae toegelaat word
sodat die kandidate hulle antwoorde kan voltooi.
Basiese grondvlakkennis is noodsaaklike boustene vir die verstaan van die graad 12-werk.
o Dit sluit in: eenvoudige en saamgestelde tydmaattekens, alle nootwaardes,
toonsoorttekens en elemente van musiek (toonkleur, toonduur (metrum, ritme, tempo),
toonhoogte (melodie, harmonie, tonaliteit), toonsterkte, tekstuur, struktuur en
stemming/atmosfeer en komposisietegnieke.
AFDELING A: GEHOORHERKENNING (10 PUNTE) - Verpligtend
Die volgende vrae kan gevra word:
Ritmiese diktee
Ritmiese en melodiese diktee
Herkenning van intervalle, toonlere, non-akkoordnote, akkoorde, kadense,
komposisietegnieke, instrumente, genres, elemente van musiek
AFDELING B: HERKENNING VAN KONSEPTE (12 PUNTE) – Gekose Stroom
Daar sal keusevrae vir die IAM-, JAZZ- en WKM-strome wees:
Vrae sal oor genres, stylperiodes, instrumente en stemtipes gevra word.
Dit sluit voorgeskrewe musiekstyle/komponiste/kunstenaars, musikale vorms, styleienskappe
en elemente van musiek in.
AFDELING C: VORMLEER (8 PUNTE) - Verpligtend
Vrae sal oor een van die volgende vormstrukture gevra word:
o Tweeledige vorm (AB)
o Drieledige vorm (ABA)
o AABA
o Twaalf-maat Blues
o Vers-en-refrein-vorm
o Basiese Afrika-vorms: roep en antwoord, solo-liedere, gemengde struktuurvorms
'n Musiekpartituur sal in die eksamen verskaf word. Daar sal van kandidate verwag word om
hoofseksies, toonsoorte, kadense en komposisietegnieke op die partituur aan te dui. Ander
vormverwante vrae wat 'n geskrewe antwoord vereis, kan ook gevra word.
8
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.2 Praktiese Voordrageksamen
2.2.1 Organisasie
Die finale praktiese eksamen vind tussen Augustus en die einde van Oktober plaas.
Hierdie eksamens word deur 'n paneel van ten minste twee, verkieslik drie eksaminatore
afgeneem wat bestaan uit 'n moderator (vakadviseur) en een of twee instrumentale
spesialiste (onderwysers) tensy daar buitengewone omstandighede heers, in welke geval die
skool in kennis gestel sal word aangaande die samestelling van die eksamenpaneel.
Kandidate mag nie deur onderwysers van hulle eie skool geëksamineer word nie (insluitend
deeltydse, onafhanklike onderwysers), maar mag deur sodanige onderwysers begelei word.
Begeleiers mag slegs vir die duur van die bepaalde voordragstuk(ke) in die lokaal
teenwoordig wees.
Die musiekonderwyser van die skool of die instrumentale onderwyser mag die eksamen as 'n
toeskouer bywoon, maar mag nie die punte bespreek of van die punte kennis dra nie.
Geen punte mag aan die onderwyser, instrumentale onderwyser of ouer bekendgemaak
word nie. Alle praktiese punte moet streng vertroulik hanteer word soos die punte van alle
geskrewe eksamens in alle vakke.
'n Eksamenrooster moet in oorlegpleging met die skool en die provinsiale departement deur
die provinsiale koördineerder opgestel word.
'n Bywoningsregister moet deur alle kandidate op die dag van die eksamen geteken word.
Alle aspekte van die eksamen word in 'n sessie van ongeveer 30–40 minute per kandidaat
geassesseer.
Die eksamenlokaal hoef nie noodwendig op die skoolterrein te wees nie, maar moet toepaslik
toegerus wees en stilte moet rondom die lokaal gehandhaaf word.
Kandidate moet in hulle skooluniforms geklee wees.
Alle dokumentasie, bv. gehoortoetse en bladleestoetse sal deur die provinsiale departement
verskaf word.
2.2.2 Gedrag gedurende die eksamen
Eksaminatore en kandidate moet ten minste 30 minute voor die aanvang van die eksamen by
die lokaal aanmeld.
Kandidate moet 'n kopie van 'n amptelike toonleerlys vir die toonlere en tegniese werk
inlewer.
Kandidate moet die oorspronklike, gedrukte partituur en twee kopieë van al die
voordragstukke van hulle gekose repertorium, verskaf.
Kandidate moet 'n kopie van hulle ID-dokumente inlewer wanneer hul die eksamenlokaal
binnegaan.
2.2.3 Standaardisering van die eksamen
Onderwysers moet seker maak dat die standaard van die gekose repertorium op 'n
aanvaarbare vlak is. Vlakbeskrywings kan gevind word op bladsy 11 paragraaf 2.6 van die
KABV dokument. Enige onsekerheid rondom die vereiste standaard moet aan die begin van
die Graad 12-jaar met die provinsiale vakadviseur uitgeklaar word. Stukke wat op 'n laer vlak
as die vereiste standaard aangebied word, sal proporsioneel soos volg gepenaliseer word:
Intermediêre Vlak (Hoër) Graad IV Punt × 4/5
Intermediêre Vlak (Laer) Grade III Punt × 3/5
Elementêre Vlak (Hoër) Grade II Punt × 2/5
Elementêre Vlak (Laer) Grade I Punt × 1/5
Kandidate wat meer as een instrument bespeel, mag die tegniese werk en bladlees op enige
van die instrumente aanbied.
Kandidate wat die stem as instrument aanbied, moet alle tegniese oefeninge voorberei,
waarvan vyf geassesseer sal word saam met een vokale studie. Alternatiewelik mag
kandidate twee vokale studies aanbied en die tegniese oefeninge weglaat.
9
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
Kandidate wat Afrika-instrumente of perkussie aanbied, moet al die voorgeskrewe tegniese
oefeninge/rudimente voorberei, waarvan vyf geassesseer sal word saam met een studie.
Alternatiewelik mag kandidate twee instrumentale studies aanbied en die tegniese oefeninge
weglaat.
'n Studie kan enige onafhanklike musiekstuk wat 'n musikale vaardigheid (uitdrukking,
toonproduksie, tegniek ens.) verbeter, wees. Die titel hoef nie die woorde, studie, etude of
oefening te bevat nie en dit mag begelei wees (in die geval van 'n enkellyn instrument).
Die standaard van die studies moet op die Gevorderde Vlak (Graad V) wees.
Kandidate sal in elke stroom (IAM, Jazz en WKM) 'n bladleestoets gedurende die eksamen
doen.
Kandidate sal tot en met een minuut hê om die bladleestoets deur te kyk sonder om hul
instrument/stem te gebruik.
Gehoortoetse sal deur die provinsiale departement verskaf word en sluit drie toetse in:
bladsang, die klap van 'n ritme en die sing van drieklanke (en akkoorde vir IAM en JAZZ).
Voorbeelde van die assessering volg later in hierdie dokument.
2.3 Taksonomie
Verskillende kognitiewe vlakke sal in die vraestelle weerspieël word volgens die volgende
verhoudings.
30% Laervlakvrae (Vlakke 1 en 2)
40% Middelvlakvrae (Vlakke 3 en 4)
30% Hoëvlakvrae (Vlakke 5 en 6)
Die tabel hieronder gee 'n aanduiding van die verskillende vlakke waarop die vrae opgestel kan
word.
Kennis Begrip Toepassing Analise Evaluering Skepping
Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 5 Vlak 6
Definieer Klassifiseer Pas toe Analiseer Verduidelik Assesseer
Beskryf Demonstreer Verander Klassifiseer Besyfer Oortuig
Vind Beskryf Kies Lewer akkoorde Debatteer
Identifiseer Bespreek Vergelyk kommentaar Maak 'n Ondersoek
Lys Doen Voltooi Vergelyk afleiding Vind foute
Luister Verduidelik Konstrueer Lewer kritiek Interpreteer Beoordeel
Pas Gee 'n voorbeeld Kontrasteer Diskrimineer Kies uit 'n lys Maak 'n
Noem Illustreer Bepaal Onderskei Skei aanbeveling
Noteer Dui aan Besyfer Bestudeer Komponeer
Herken Gee 'n oorsig Noteer
Kies Vat saam/Som op Orden
Stel Wys
Gebruik
LET WEL: Die moeilikheidsgraad van 'n vraag word nie bepaal deur die werkwoord wat
gebruik word nie – eerder deur die konteks van die vraag/inhoud wat gevra word.
10
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN WERKWOORDE WANNEER VRAE OPGESTEL WORD
Vlak 1
Lys Stel in die bondigste vorm, bv.
Noem van twee maskandi-kunstenaars/voordraers
Noem Benoem iets, bv.
Noem die komponis van die Pastorale Simfonie
Identifiseer Vind 'n item wat tussen ander inligting versteek is, bv.
Identifiseer die tipe nie-akkoordnoot
Beskryf Gee 'n kort weergawe van iets, bv.
Beskryf die instrumente wat in die uitvoering van Pata Pata deur
Miriam Makeba gebruik word
Definieer Gee die presiese betekenis van 'n term of konsep, bv.
Definieer 'n ouverture
Vlak 2
Verduidelik Maak iets duidelik, bv.
Verduidelik wat maskandi is in jou eie woorde
Som op Gee 'n verkorte weergawe van die noodsaaklike feite, bv.
Skryf 'n kort samevatting van die storielyn van Die Towerfluit
Gee 'n oorsig Gee die absolute noodsaaklike inligting, bv.
Gee 'n oorsig oor die geskiedenis van Kaapse jazz
Doen Volg 'n instruksie, bv.
Skryf die majeur-toonleer wat vier kruise bevat, neer
Vlak 3
Vergelyk/ Dui aan hoe konsepte/style/werke dieselfde of verskillend is, bv.
Kontrasteer Vergelyk die styleienskappe van Abdullah Ibrahim en Robbie
Jansen
Gebruik Gebruik informasie om betekenis duidelik te maak, bv.
Gebruik die volgende lys van elemente om 'n paragraaf oor die
styleienskappe van Mozart te skryf
Pas toe Gebruik kennis en begrip om duidelikheid te gee, bv.
Herskryf die volgende melodie in die relatiewe mineur toonsoort
Vlak 4
Diskrimineer Ken die verskil tussen konsepte, bv.
Dui die verskille tussen die uiteensetting en heruiteensetting in
sonatevorm aan
Onderskei Identifiseer die eienskappe wat die verskil aandui, bv.
Wat is die verskil tussen 'n programsimfonie en 'n simfoniese
toondig?
Lewer kritiek Gee 'n opinie gebaseer op grondige feite, bv.
Hoe manifesteer die eienskappe van Afrika-jazz in hierdie stuk?
Analiseer Verdeel in kleiner dele om te kan begryp/verstaan, bv. Analiseer
die vorm van die volgende lied/aria
Besyfer akkoorde Beskryf die akkoorde en progressies, bv.
Verskaf besyfering van die akkoorde in maat 5 en 6 deur die
toonsoort, akkoord en posisie (omkering) neer te skryf
11
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
Vlak 5
Assesseer Maak 'n stelling oor die kwaliteit, bv.
Assesseer die stilistiese akkuraatheid van die volgende jazz-solo
Ondersoek Maak 'n diepgaande studie van 'n bepaalde aspek, bv.
Hoe verskil die tekstuur in hierdie komposisie tussen maat 12 en
20?
Debatteer Skryf oor iets uit meer as een perspektief, bv.
Debatteer, in jou eie woorde, of Beethoven as 'n Klassieke of
Romantiese komponis beskou kan word
Vlak 6
Komponeer Skep nuwe musiek, bv.
Komponeer 'n melodie deur die gegewe aanvangsnote te gebruik
Harmoniseer Harmoniseer of skryf 'n begeleiding vir 'n gegewe melodie, bv.
Skryf 'n begeleiding vir die volgende klaviermelodie
Gee 'n opinie Gee 'n grondige mening van 'n werk of uitvoering, bv.
Gee twee redes waarom jy hierdie uitvoering as esteties
bevredigend/onbevredigend beskou
3. GRONDVLAKKENNIS
3.1 Prakties (Onderwerp 1)
Die kennis en vaardighede wat vooraf opgedoen is tot en met graad 12, is van kardinale belang
vir die suksesvolle aanbieding van Musiek as vak in die laaste skooljaar.
Kandidate kan nie met Musiek as vak in graad 12 begin tensy hulle die vereiste standaard in die
vaardighede van die praktiese voordrag van musiek verwerf het nie.
3.2 Geskrewe Eksamen: Vraestel 1 (Onderwerp 2 en Onderwerp 3)
Musiekgeletterdheid (Onderwerp 2), is van nature akkumulatief in die VOO-fase. Daarom sal die
Musiekgeletterdheid afdeling van die vraestel grondvlakkennis insluit.
Algemene Musiekkennis (Onderwerp 3) sluit die bestudering van die musiekindustrie in en is
daarom verpligtend vir al drie strome. Spesifieke vrae vir elk van die strome (IAM, JAZZ, WKM)
sal uit die graad 12-inhoud gevra word. Desnieteenstaande, is dit belangrik dat kandidate oor
algemene kennis aangaande die basiese elemente van musiek, musiekstyl, instrumente en vorm
beskik.
3.3 Musiekbegrip: Vraestel 2
Alle vaardighede en toepassing van kennis wat in graad 10 en 11 aangeleer is, sal saam met die
nuwe inhoudskennis van graad 12 assesseer word.
12
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. KWALITEIT VAN INHOUD, TAALGEBRUIK EN AANBIEDING
Aanbieding
Musiekgeletterdheid- en Gehoortoetsvrae wat musieknotasie insluit, moet duidelik en
ondubbelsinnig met potlood beantwoord word.
Alle ander vrae moet met swart of blou ink beantwoord word.
Waar vormanalise gedoen word, moet die konvensies van vormanalise nagevolg word, bv.
seksies moet bo-aan die partituur, toonsoorte en besyfering onderaan die partituur en
komposisietegnieke binne-in die partituur, aangedui word.
Tipes antwoorde in Algemene Musiekkennis
Antwoorde moet toepaslike informasie in vol sinne met korrekte spelling, leestekens en
grammatika aanbied.
Enkelwoord- of puntsgewyse antwoorde moet slegs gebruik word wanneer spesifiek daarvoor
gevra word.
Antwoorde aangebied as paragrawe moet sinvol en logies uiteengesit word.
Opsteltipe vrae moet 'n inleidende-, middel- (wat meer as een paragraaf kan wees) en
slotparagraaf bevat. Punte sal vir die korrekte gebruik van hierdie opstelformaat toegeken
word.
13
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
5. ASSESSERINGSKRITERIA
Die assesseringskriteria van die tegniese werk, bladlees en voordragstukke word hieronder
verskaf.
5.1 Tegniese assessering
OPSIE 1: WESTERSE INSTRUMENTE
Kandidate moet al die toonlere en arpeggio's van 'n gerekende eksamen-instansie se lys,
voorberei. Eksaminatore sal die toonlere en arpeggio's volgens die onderstaande lys vra.
TOORLERE EN ARPEGGIO'S ASSESSERINGSKRITERIA
VAN TEGNIESE WERK
5 x 2 = 10
(2 PUNTE ELK) Vlot, akkuraat en egalig met goeie
tegniese vaardigheid
2 Goeie toonkwaliteit en sekure
Toonlere en Arpeggio's intonasie
Flink reaksie
1. Majeur-toonleer: ___________________
Tegnies sekuur met 'n paar glipse
2. Mineur-toonleer: ___________________ a.g.v. stres
1½ Toonkwaliteit en intonasie meestal
3. Chromatiese toonleer: ___________________ betroubaar
4. Majeur-arpeggio: ___________________ Oor die algemeen flink reaksie
Meestal vlot maar tegniek nie
5. Mineur-arpeggio: ___________________ heeltemal egalig nie
1 Toonkwaliteit en intonasie wissel
Huiwerend en onsekere reaksie en
TOTAAL _______________ hier en daar is oor begin
Gebrekkige kennis van die
10 struktuur met heelwat foute en
tegniese onhandighede
½
Swak toonkwaliteit en intonasie
Begin telkens weer en min sin vir
die toonsoort
Geen sin van vloei
0 Baie ernstige foute
Geen sin van struktuur
Die assesseringskriteria vir die studie is op bladsy 16.
TEGNIESE WERK
MAKSIMUM PUNT
PUNT TOEGEKEN
TOONLERE EN
10
ARPEGGIO'S
STUDIE 20
TOTAAL 30
TWEE studies mag die Toonlere/Tegniese oefeninge en EEN
studie vervang.
14
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
OPSIE 2: STEM EN PERKUSSIE-INSTRUMENTE
STEM: TWEE STUDIES
MAKSIMUM PUNT
PUNT TOEGEKEN
STUDIE 1 15
STUDIE 2 15
TOTAAL 30
OF
PERKUSSIE/AFRIKA-INSTRUMENTE
MAKSIMUM PUNT
PUNT TOEGEKEN
STUDIE 1 15
STUDIE 2 15
TOTAAL 30
OF
OPSIE 3: STEM EN PERKUSSIE/AFRIKA-INSTRUMENTE
STEM EN PERKUSSIE/AFRIKA-INSTRUMENTE
ASSESSERINGSKRITERIA VAN
TEGNIESE WERK
5 x 2 = 10
(2 PUNTE ELK) Vlot, akkuraat en egalig met
goeie tegniese vaardigheid
2 Hoë toonkwaliteit en sekure
Toonlere/Arpeggio's/Rudimente/Oefeninge intonasie
Flink reaksie
1. ___________________ Tegnies sekuur met 'n paar
glipse a.g.v. stres
2. ___________________
1½ Toonkwaliteit en intonasie
3. ___________________ meestal betroubaar
Oor die algemeen flink reaksie
4. ___________________ Meestal vlot maar tegniek nie
heeltemal egalig nie
5. ___________________ Toonkwaliteit en intonasie
1 wissel
Huiwerend en onsekere
TOTAAL _______________ reaksie en hier en daar is oor
begin
10 Gebrekkige kennis van die
struktuur met heelwat foute en
tegniese onhandighede
½ Swak toonkwaliteit en
intonasie
Begin telkens weer en min sin
vir die toonsoort
Geen sin van vloei
0 Baie ernstige foute
Geen sin van struktuur
15
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
TEGNIESE WERK
MAKSIMUM PUNT
PUNT TOEGEKEN
TOONLERE EN
10
ARPEGGIO'S
STUDIE 20
TOTAAL 30
16
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA VIR STUDIE
VLOTHEID; AKKURAATHEID STYLSIN ALGEMEEN
20
20 20
(18–20) (18–20) (18–20)
UITMUNTEND UITMUNTEND UITMUNTEND
Akkuraat, vlot en presiese spel Duidelike begrip van die Uitmuntende toonproduksie,
vereiste styl aanslag, intonasie, tegniese
vaardigheid en toepaslike tempo
(14–17) (14–17) (14–17)
GOED GOED GOED
Meestal akkurate en vlot spel 'n Goeie sin vir voordrag in Goeie toonproduksie, aanslag,
die vereiste styl intonasie, tegniese vaardigheid en
tempo
(10–13) (10–13) (10–13)
GEMIDDELD GEMIDDELD GEMIDDELD
Basies akkuraat met aanvaarbare vlotheid 'n Redelike sin vir die 'n Redelike toonproduksie, aanslag,
vereiste styl intonasie, tegniese vaardigheid en
tempo
(6–9) (6–9) (6–9)
AANVAARBAAR AANVAARBAAR AANVAARBAAR
Onsekere tempo, polsslag nie duidelik; baie Voordrag onsamehangend 'n Idee van toonproduksie,
huiwering; min akkurate spel en gevoel vir styl hoofsaaklik aanslag, intonasie, tegniese
afwesig vaardigheid en tempo
(0-5) (0-5) (0-5)
ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR
Baie swak vloei met heelwat struikeling, Afwesigheid van toonproduksie,
her-begin en/of onderbrekings; min Net die buitelyn van 'n styl is aanslag, intonasie, tegniese
akkurate spel; baie foute herkenbaar vaardigheid en tempo
60 punte ÷ 3 = 20 punte (Opsies 1 en 3) OF 60 punte ÷ 4 = 15 punte (Opsie 2)
17
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 18 DBE/2021
Eksamenriglyne
5.2 Bladlees
ASSESSERINGSKRITERIA VIR BLADLEES
STYL EN
AKKURAARDHEID VLOEI/VLOTHEID
INTERPRETASIE
5 5
5
(5) (5) (5)
UITMUNTEND UITMUNTEND UITMUNTEND
Musikaal oortuigend, Akkurate lees van note en Egalige en toepaslike
oortuigende frasering, rustekens tempo, vlot voordrag
kunstige artikulasie en
dinamiek
(4) (4) (4)
GOED GOED GOED
'n Redelike begrip van Meestal akkurate lees van Tempo meestal behou
frasering, artikulasie en note en rustekens
dinamiek
(3) (3) (3)
AANVAARBAAR AANVAARBAAR AANVAARBAAR
Aanvaarbare beheer Aanvaarbare vlak van lees Aanvaarbare tempo,
van sommige aspekte van note en rustekens hoewel redelik stadig,
van musikale styl vlotheid aanvaarbaar
(2) (2) (2)
SWAK SWAK SWAK
Min aandag aan detail Meestal onakkurate lees Onegalige tempo,
van musikale van note en rustekens heeltemal te stadig, min
interpretasie vloei
(0–1) (0–1) (0–1)
ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR
Geen aandag aan Voordrag laat vaar of Statiese tempo, geen
musikale detail verkort vloei
Totaal: 15 punte
18
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 19 DBE/2021
Eksamenriglyne
5.3 Gehoortoetse
VOORBEELD: GEHOORTOETSE
GEHOORKOMPONENT (15)
VRAESTEL ALLEENLIK VIR EKSAMINATOR
1. Bladsang
(Leerder mag die bladsang vir 30 sekondes bestudeer. Pas doh aan waar nodig.) (6)
2. Speel die musiekfrase twee keer. Die kandidaat moet die ritme klap. (6)
3. Sing van drieklanke/akkoorde (3)
3.1 3.2
IAM/JAZZ Opsie
3.1 3.2
TOTAAL: 15
19
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 20 DBE/2021
Eksamenriglyne
VOORBEELD: GEHOORTOETSE
GEHOORKOMPONENT (15)
ANTWOORDBLAD ALLEENLIK VIR DIE KANDIDAAT
1. Bladsang
(Leerder mag die bladsang vir 30 sekondes bestudeer. Pas doh aan waar nodig.) (6)
OF
Punt: ____
2. Klap die ritme (6)
Punt: ____
3. Sing die drieklank/akkoord (3)
3.1 ____________________
3.2 ____________________
Punt: ____
TOTAAL: 15
20
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 21 DBE/2021
Eksamenriglyne
5.4 Voordragstukke
Elke kandidaat moet drie stukke van verskillende style, tempo's en karakter aanbied.
Minstens een van die stukke moet 'n ensemble wees. Sien hieronder:
IAM JAZZ WKM
Stuk 1 Stuk 1 Stuk 1
Eie keuse (solostuk/ Eie keuse (solostuk/ Eie keuse (solostuk) (30)
improvisasie/ensemble) (30) improvisasie/ensemble) (30)
Stuk 2 Stuk 2 Stuk 2
Eie keuse (solostuk/ensemble) Eie keuse (solostuk/ensemble) Eie keuse (solostuk/ensemble)
(30) (30) (30)
Stuk 3 Stuk 3 Stuk 3
Ensemble (30) Ensemble (30) Ensemble (30)
Vir die doeleindes van hierdie eksamen moet 'n ensemble bestaan uit 2-8 persone. Elke
speler moet 'n onafhanklike party wat nie deur 'n ander speler verdubbel word nie, speel.
Indien 'n volwassene of onderwyser saam met die kandidaat speel, moet daar ten minste nog
een leerder deel wees van die ensemble.
Ensemble-stukke wat deur meer as een graad 12-kandidate gespeel word, moet soveel keer
herhaal word as wat deur die eksaminator vereis word.
Improvisasie mag deel van enige van die stukke vorm, maar 'n snelskrifpartituur ('lead sheet')
moet vir die eksaminator se gemak verskaf word.
Kandidate wat stukke op 'n hoër standaard as die vereiste minimumstandaard aanbied, sal
op die vlak van die spesifieke standaard geassesseer word. Hulle sal daarom nie bevoordeel
word tensy die stuk met tegniese vaardigheid, akkurate karakterisering en stilistiese insig
gespeel word nie. Dit beteken dat 'n kandidaat wat 'n stuk op 'n hoër moeilikheidsgraad
ontoereikend speel, dit op dieselfde manier as 'n kandidaat wat 'n stuk op die minimum
standaard ontoereikend speel, geassesseer sal word.
21
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Musiek 22 DBE/2021
Eksamenriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA VIR VOORBEREIDE STUKKE EN ENSEMBLE
VLOTHEID; STYLSIN; MUSIKALE ALGEMEEN
AKKURAATHEID BEGRIP/
INTERPRETASIE
20 20 20
(18–20) (18 –20) (18–20)
UITMUNTEND UITMUNTEND UITMUNTEND
Akkuraat, vlot en presiese spel Duidelike begrip van die Uitmuntende toonproduksie,
vereiste styl; uitmuntende aanslag, intonasie, tegniese
projeksie en kommunikasie vaardigheid en toepaslike
van die betekenis van die tempo
musiek
(14–17) (14–17) (14–17)
GOED GOED GOED
Meestal akkurate en vlot spel 'n Goeie sin vir voordrag in die Goeie toonproduksie, aanslag,
vereiste styl; goeie begrip en intonasie, tegniese
kommunikasie van die vaardigheid en tempo
betekenis van die musiek
(10–13) (10-13) (10–13)
GEMIDDELD GEMIDDELD GEMIDDELD
Basies akkuraat met 'n Redelike sin vir die vereiste 'n Redelike toonproduksie,
aanvaarbare vlotheid styl; gedeeltelike suksesvolle aanslag, intonasie, tegniese
kommunikasie van die vaardigheid en tempo
betekenis van die musiek
(6–9) (6-9) (6–9)
AANVAARBAAR AANVAARBAAR AANVAARBAAR
Onsekere tempo, polsslag nie Voordrag onsamehangend en 'n Idee van toonproduksie,
duidelik; baie huiwering gevoel vir styl hoofsaaklik aanslag, intonasie, tegniese
afwesig; min sin vir musikale vaardigheid en tempo
begrip
(0-5) (0–5) (0-5)
ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR ONAANVAARBAAR
Baie swak vloei met heelwat Net die buitelyn van 'n styl is Afwesigheid van
struikeling, her-begin en/of herkenbaar; musikale toonproduksie, aanslag,
onderbrekings; min akkurate singewing afwesig intonasie, tegniese
spel; baie foute vaardigheid en tempo
60 punte vir elke stuk ÷ 2 = 30 punte per stuk x 3 = 90 punte
6. SAMEVATTING
Hierdie Eksamenriglyne-dokument het ten doel om die assesseringsaspirasies van die KABV
dokument te artikuleer. Dit is daarom nie 'n plaasvervanger van die KABV dokument nie en
onderwysers moet die hele KABV dokument onderrig.
Die kwalitatiewe dek van die hele KABV kurrikulum kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Music P1 May June 2021 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Music P2 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Music P1 Nov 2021 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Music P2 Nov 2021 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Music P2 Nov 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Music P2 Nov 2021 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Music
Explore more published documents in this catalogue.











