Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
MUSIEK: VRAESTEL I
EKSAMENNOMMER
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 21 klanksnitte en 'n Hulpbronboekie van
5 bladsye (i–v). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Maak die
Hulpbronboekie in die middel van jou vraestel los. Die Hulpbronboekie sluit 'n
bladsy gemerk vir rofwerk in.
2. Elke kandidaat moet 'n CD- of MP3-speler ontvang en moet vir die hele duur van
die eksamen toegang hê tot luistertoerusting met kopfone. Let asseblief op die
stemetiket vir elke snit wat die korrekte nommering van elke snit bevestig.
3. Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word. Moenie enige vrae in 'n
antwoordboekie beantwoord nie.
4. Musieknotasie moet met 'n skerp potlood geskryf word. Die res van die vraestel
moet met 'n pen beantwoord word.
5. Laat jou asseblief deur die puntetoekenning lei wanneer jy jou antwoorde beplan;
die aantal reëls wat nodig is, sal van individuele handskrif afhang. Vermy dit om
inligting in jou antwoorde te herhaal.
6. Oor die algemeen sal een punt vir elke wesenlike feit toegeken word BEHALWE vir
die vergelyking in die OPSTEL, waar een punt toegeken sal word per vergelyking
(twee feite, een met betrekking tot elke werk).
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. Moenie
Tippex gebruik nie.
MOONTLIKE
VRAAG PUNT
PUNTE
1 17
2 8
3 15
4 10
5 20
6 13
7 17
100
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Music Paper 1 question paper from the 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Music · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 821.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 2 van 16
VRAAG 1
Luister na Snit 1.
1.1 Plaas vier (4) regmerkies om eienskappe wat in die musiek aanwesig is te
identifiseer.
Majeurtonaliteit Sangstuk
Konsonantharmonie Dissonansie
Aria Deurgekomponeer
Gewysigde strofiese vorm Melodiese omkering
Polifoniese tekstuur Majeur- en mineurtonaliteit (4)
1.2 Luister na Snit 1a. Dit is die opening van die melodie uit Snit 1 hierbo.
Maak 'n regmerkie langs die frase wat pas by wat jy hoor.
(1)
Luister na Snit 2.
1.3 Identifiseer die jazzstyl.
(1)
1.4 Motiveer jou antwoord in 1.3 met verwysing na twee kenmerke van die styl.
(2)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 3 van 16
1.5 Luister weer na Snit 2 en merk die korrekte antwoord om die ritme van een
4-maatfrase van die uittreksel te toon.
(1)
1.6 Noem 'n kunstenaar of groep wat met hierdie styl geassosieer word.
(1)
1.7 Luister na Snit 3 terwyl jy die melodiereël volg in die Hulpbronboekie,
BYLAAG A. Dit is die Gavotte, die derde beweging uit die 'Klassieke'
Simfonie deur Prokofiev wat in 1917 gekomponeer is.
1.7.1 Voltooi die volgende:
Seksie B begin by maat _______ maatslag _______ en seksie A2
begin by maat _______ maatslag _______. (2)
1.7.2 Identifiseer die toonaard van seksie B.
(1)
1.7.3 Wat is die verhouding van hierdie toonaard met die tonikatoonaard?
(1)
1.7.4 Luister na Snit 3a, wat by maat 122 begin, en noteer die melodie in
maat 17, 18 en 19.
(2)
1.7.5 Gee die maatnommers van 'n patroon en sekwens in die musiek.
(1)
[17]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 4 van 16
VRAAG 2
Luister na Snit 4.
2.1 Identifiseer die karakter wat jy hoor.
(1)
2.2 Noem die konteks van hierdie lied in die musiekvertoning.
(1)
2.3 Identifiseer en lewer kommentaar op twee kenmerke in die musiek wat die
gehoor inlig oor die karakter se kulturele agtergrond.
(2)
2.4 Hoe is hierdie lied tipies van 'n musiekteaternommer?
(1)
Luister na Snit 5.
2.5 Hoe skep die komponis spanning in die inleiding tot hierdie nommer? Wat
verdryf die spanning namate die lied vorder?
(3)
[8]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 5 van 16
VRAAG 3
Luister na Snit 6.
3.1 Watter tema van die beweging word in die uittreksel gehoor?
(1)
3.2 Mozart het hierdie tema uit 'n 3-nootmotief ontwikkel – hieronder gedruk.
Noem drie komposisietegnieke wat hy gebruik het en beskryf hoe hy dit
gebruik het om die 4-maatfrase te konstrueer.
(5)
3.3 Noem die Mannheim-tegniek wat in die eerste twee note van die motief
aanwesig is.
(1)
Luister na Snit 7a en 7b.
3.4 Watter tema van die beweging word in die snitte gehoor?
(1)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 6 van 16
3.5 Verduidelik die verskil in tonaliteit tussen die twee weergawes van die tema.
(2)
3.6 Luister weer na Snit 7b. Identifiseer en benoem, op die tema wat hieronder
gedruk is, die kadense wat aan die einde van elke frase gehoor word.
Onthou om die toonaard te noem.
KADENS
TOONAARD
KADENS
(3)
3.7 Noem twee kenmerke van hierdie werk, buiten orkestrasie/instrumentasie,
wat aandui dat dit in die Klassieke tydperk geskryf is.
(2)
[15]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 7 van 16
VRAAG 4
Luister na Snit 8 en Snit 9.
4.1 Identifiseer die 'karakter' wat in hierdie twee snitte uitgebeeld word.
(1)
4.2 Voltooi die tabel hieronder om die twee uittreksels te vergelyk.
ELEMENT SNIT 8 SNIT 9
Tonaliteit
[0.5 × 2 = 1]
Begeleidingspatroon
[0.5 × 2 = 1]
(2)
4.3 Verduidelik met verwysing na die verhaal en na die elemente in die tabel
hierbo die verandering in toon tussen die twee verse.
(4)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 8 van 16
Luister na Snit 10 en Snit 11, wat verskillende verwerkings van dieselfde seksie
van die werk is.
4.4 Lewer, met verwysing na die verhaal, kommentaar op die effektiwiteit van
die georkestreerde weergawe in vergelyking met die oorspronklike
toonsetting. Dui aan watter weergawe jy verkies en gee 'n rede vir jou
keuse.
(3)
[10]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 9 van 16
VRAAG 5
Luister na Snit 12 en Snit 13.
Die lirieke vir Snit 12 en 'n bietjie agtergrond vir die werk kan in die
Hulpbronboekie as BYLAAG B aangetref word.
Vergelyk in 'n opstel ooreenkomste en verskille tussen die twee stukke wat in
Snit 12 en Snit 13 gehoor word.
Doen ook die volgende benewens die vergelyking wat die hoofdeel van jou opstel
sal vorm:
Verskaf 'n kort agtergrond vir die twee genres.
Lewer kommentaar op die uitbeelding van karakters in die musiektoonsettings.
Noem die konteks van die uittreksel uit jou voorgeskrewe werk en noem die
karakter wat sing.
Bied ter afsluiting jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met
verwysing na die gebruik van twee musiekelemente.
Maak seker dat jy die twee stukke vergelyk en nie net die genres nie. (20)
Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik:
RUBRIEK VIR OPSTEL
Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes
en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die twee werke met verwysing na beide
16–20 die algemene kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee
snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die
gebruik van die musiekelemente aangebied.
Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en
verskaf 'n vergelyking van die twee werke met verwysing na beide die algemene
10.5–15.5 kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie
mening van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in
terme van die gebruik van die musiekelemente.
Kan al die vereistes aanspreek, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die
vraag en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die twee werke is beperk met
slegs gedeeltelike verwysing na óf die algemene kenmerke van die genres óf die
5.5–10
spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening is beperk met min of geen
verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen
die afdelings van die opstel.
Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs
0.5–5 'n vae verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of
mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 10 van 16
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 11 van 16
[20]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 12 van 16
VRAAG 6
Luister na Snit 14 terwyl jy die melodieblad hieronder volg.
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 13 van 16
6.1 Identifiseer die jazzstyl en noem die dekade waarin dit ontwikkel het.
(2)
6.2 Waarom het hierdie styl ontwikkel?
(1)
6.3 Noem twee kenmerke wat jy in die opname kan hoor wat tipies is van die
styl.
(2)
6.4 Merk die seksies (vorm) van die stuk duidelik op die melodieblad. Let
asseblief op dat daar 'n 8-maat inleiding is wat nie op die melodieblad
aangedui is nie. (2)
6.5 Gebruik die tabel hieronder om kommentaar te lewer op die improvisasies.
Beskryf die begeleiding
Solo-instrument/e (4)
(2)
Improvisasie 1
Improvisasie 2
Improvisasie 3
Improvisasie 4
(6)
[13]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 14 van 16
VRAAG 7
Luister na Snit 15. Dit is 'n lied genaamd Back of the Moon uit die Suid-Afrikaanse
jazzmusiekvertoning King Kong, in 1958 gekomponeer deur Todd Matshikiza. Die
lirieke word as BYLAAG C in die Hulpbronboekie gereproduseer.
7.1 Identifiseer en lewer kommentaar op die sosiale toestande waarna in die
lied verwys word wat die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse stadsmusiek van
die laat 19de eeu af beïnvloed het.
(2)
7.2 Beskryf die musiekeienskappe van EEN styl van Suid-Afrikaanse
stadsmusiek wat voor 1958 ontwikkel het as 'n direkte gevolg van die
sosiale toestande wat jy hierbo genoem het.
(3)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 15 van 16
Luister na Snit 16 en Snit 17.
7.3 Identifiseer eienskappe met betrekking tot Snit 16 in Kolom A en
eienskappe met betrekking tot Snit 17 in Kolom B.
Plaas drie regmerkies (3) in Kolom A en drie regmerkies (3) in Kolom B.
KOLOM A KOLOM B
Eienskappe van Eienskappe van
Snit 16 Snit 17
Viervoudige metrum
Oorspronklik 'n
klawerbordstyl
Walking bass
I – IV – Ic (I6/4) – V
Swingstyl agste-note
12-maatblues
Triole
Sikliese struktuur
3-maatriff (3)
7.4 Noem twee eienskappe uit die lys hierbo wat gemeenskaplik is aan die
twee snitte.
en (1)
7.5 Hoe het die style wat deur Snit 16 en Snit 17 verteenwoordig word, bygedra
tot die ontwikkeling van mbaqanga/Sophiatown-jazz in die 1950's?
(2)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 16 van 16
Luister na Snit 18 en verwys na die vertaalde lirieke en agtergrond vir die lied wat
in BYLAAG D in die Hulpbronboekie verskaf word.
7.6 Ndodemnyama (Snit 18) en jou voorgeskrewe werk, Meadowlands,
protesteer albei teen aspekte van apartheid. Vergelyk die lirieke van die
twee liedere. Dui aan watter lied na jou mening 'n effektiewer manier van
protes is en gee drie redes vir jou siening.
(6)
[17]
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper
Related documents

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper
More from Grade 12 Music

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB