Skip to content
Memorandum

Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Music Paper 2 memorandum from the 2019 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: MusicGrade 12201911 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 MUSIEK: VRAESTEL II NASIENRIGLYNE Tyd: 1½ uur 50 punte Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en hulp- eksaminators van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie. Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 11 VRAAG 1 1.1 Skryf een oktaaf, stygend en dalend, van die melodiese mineurtoonleer met die gegewe toonsoortteken. SIEN SÓ NA: ½ stygend + ½ dalend 1.2 Voeg die korrekte skuiftekens by om die majeurtoonleer te skep waarvan die gegewe beginnoot die submediant is. SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd. 1.3 Identifiseer hierdie toonleer. Naam van toonleer: C-kruis harmoniese mineur SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die naam van die toonleer is reg of verkeerd. ½ indien "harmonies" uit die antwoord weggelaat is. 1.4 Skryf die Lidiese modus op E-mol, stygend, met 'n toonsoortteken. Skryf in saamgestelde tweeslagmaat en begin met die gegewe nootwaarde. Skep jou eie ritme en groepeer die note korrek. Die voltooide modus moet presies twee mate lank wees en geen rustekens mag gebruik word nie. SIEN SÓ NA: Modus + Toonsoortteken = 1: die modus is reg of verkeerd. Groepering: ½ per maatslag × 4 = 2 punte. Enige groepering sal aanvaar word, solank dit korrek is in saamgestelde tweeslagmaat. Die tweede maat moet slegs 5 agstenote bevat vanweë die anakrusis. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 11 1.5 Skryf die verlangde intervalle bokant die gegewe note. 1.5.1 Vergrote 4de 1.5.2 Majeur 6de SIEN SÓ NA: 1 punt per interval × 2 1.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ["Picardy" verwerk deur Malcolm Archer uit After the Last Verse – 200 Hymn Improvisations – verwerk deur die eksaminator] 1.6.1 Merk die korrekte antwoord om hierdie sin te voltooi: Hierdie stuk is gebaseer op die: F majeurtoonleer Doriese modus x D mineurtoonleer 1.6.2 WAAR of ONWAAR: Alle saamgestelde intervalle in die stuk is majeur 10des/ saamgestelde majeur 3des. Gee een rede vir jou antwoord. ONWAAR. Die saamgestelde intervalle in die bassleutel van die eerste 4 mate is majeur 10des/saamgestelde majeur 3des. In maat 5 is daar egter 'n majeur 9de/saamgestelde majeur 2de in die diskantsleutel en in die bassleutel is daar in maat 7 'n mineur 10de/saamgestelde mineur 3de gevolg deur 'n rein 12de/saamgestelde rein 5de en dan 'n rein 11de/ saamgestelde rein 4de. [Dit is slegs nodig dat die kandidate een van die ander saamgestelde intervalle noem.] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 11 1.6.3 Identifiseer 'n voorbeeld van 'n pedaalpunt/pedaalnoot. Gee maat- en maatslagnommer. Maat 53 – 62 / Maat 7 - 8 Maat 61 – 62 – basnoot. Nie een van die ander gedrae note is pedaalpunte nie, want hulle vorm deel van die akkoord hierbo. 1.7 Harmoniseer die gegewe note in vier dele (SATB of vir klawerbord) om 'n geskikte kadens te vorm wat die gebruik van akkoord V7 demonstreer, korrek opgelos. Maak ook gebruik van 'n akkoord in tweede omkering. Onthou om die toonsoort te noem en die akkoorde te besyfer. SIEN SÓ NA: Akkoorde: 1 punt vir ic: korrek gespel en verdubbel; 1 punt vir V7: korrek gespel, met inbegrip van verhoogde leinoot; 1 punt vir korrekte oplossing van V7. –½ vir geen toonsoort nie en –½ vir geen besyfering nie. –½ vir verkeerde verdubbeling. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 11 VRAAG 2 Kies EEN van die melodieë (a), (b) of (c) hieronder en beantwoord die vrae wat volg: (a) (b) (c) 2.1 Skryf die letter van jou keuse neer en IDENTIFISEER die werk en die komponis van jou gekose voorbeeld, bv. (d) West Side Story – Leonard Bernstein. (a) Koko – Charlie Parker OF (b) Take 5 – Dave Brubeck/Paul Desmond OF (c) C-Jam Blues – Duke Ellington 2.2 Noem die styl van jou gekose werk en noem een invloed op die ontwikkeling daarvan. (a) KOKO – Bebop: reaksie op verwerkte grootorkesjazz – keer terug na improvisasie as die fokus van jazz; nie vir dans nie – is gespeel in klubs soos Mintons in Harlem, New York. Musiek om na te luister. (b) TAKE 5 – Cool Jazz: direkte afstammeling van bebop – het in Los Angeles ontwikkel (West Coast jazz) – joernaliste het die term "cool" gebruik vanweë die onderbeklemtoonde en gedempte gevoel daarvan. Reaksie op die "warm" styl van bebop. Miles Davis / Geboorte van Cool, Klassieke invloede. (c) C-JAM BLUES – Grootorkesswing: herroeping van drankverbod – groei van opnamebedryf; einde van die Groot Depressie – danssale was gewild en dansorkeste het groter geword sodat die klank die sale gevul het aangesien daar geen versterking was nie. 1 punt vir identifikasie van styl 1 punt vir invloed IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 11 2.3 Motiveer met verwysing na die melodie en ritme of tydmaat (nie die tempo nie) waarom die stuk 'n goeie voorbeeld van die styl is of nie. (a) KOKO – Bebop: Melodie is hoekig, motiwies, chromaties en word gekenmerk deur die tweenoot-"bebop"-motief. Die ritme is kompleks en gevarieerd, gebruik agstenote en sestiendenote as die basiese eenheid. Al bogenoemde kenmerke is tipies van bebop. Geswaaide ritmes. (b) TAKE 5 – Cool Jazz: Ongewone tydmaatteken (5/4). Melodie is liries, gebalanseerd en onvergeetlik. Alles tipies van cool jazz. Geswaaide ritmes. Bluestoonleer/-invloede/chromatiese note in melodie. (c) C-JAM BLUES – Ritme is geskik vir dans – reëlmatige metrum anders as cool. Daar is 'n sterk gevoel van swing (wisselvallige agstenote). Dit is tipies van die styl. Melodie word oor die algemeen verwerk in grootorkesjazz, maar in C- Jam Blues word die melodieë geïmproviseer deur soliste, wat nie tipies van die styl is nie. Eenvoudig, melodieus, onvergeetlike melodie, gebaseer op 'n herhaalde riff. Puntetoekenning: 1 punt vir kommentaar oor melodie. 1 punt vir kommentaar oor ritme – kan tydmaat wees maar nie tempo nie. 1 punt vir motivering. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 11 VRAAG 3 Verwys na die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Gopsal – Melodie & Bas deur George Frederick Handel (1685–1759). Verwerk deur die eksaminator. Uit Ancient & Modern: Hymns and Songs for Refreshing Worship; Hymns Ancient and Modern Ltd, Londen 2013] 3.1 Noem die toonsoort en besyfer die akkoorde gemerk A, B en C. A: B-mol majeur: Va B: B-mol majeur: V7d/V4/2 C: B-mol majeur: Ib/I6 Geen punt vir toonsoort nie MAAR –½ indien toonsoort nie minstens een keer genoem word nie. 3.2 Verduidelik die aanwesigheid van die E-herstel in maat 7. Die E-herstel is die leinoot van F majeur, wat die dominanttoonsoort is. Die stuk moduleer na F majeur. Indien verkeerde toonsoort genoem is = 0. 3.3 Identifiseer die toonsoort en benoem die kadens gemerk X. C mineur: Onvolmaak / G mineur: Plagaal / C mineur: Volmaak 3.4 Identifiseer die akkoordvreemde note gemerk (i) en (ii). (i) (Onbeklemtoonde) deurgangsnoot/deurgangsnoot (ii) Antisipasie IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 11 VRAAG 4 Verwys na UITTREKSELS A, B en C. UITTREKSELS A, B en C [Mozart Simfonie No. 40 in G mineur: eerste tema in uiteensetting, oorgang en ontwikkeling. Internationale Stiftung Mozarteum, Online Publications 2006: IMSLP00072 Besoek 20 Februarie 2017] 4.1 Kies die korrekte antwoord uit die lys hieronder om die seksie van die werk waaruit elke uittreksel geneem is, aan te dui. Gee 'n rede vir jou keuse. • Begin van die uiteensetting • Ontwikkelingseksie • Oorgangspassasie UITTREKSEL ANTWOORD REDE Ontwikkelingseksie • in f# mineur, wat een van die toonsoorte is waarna dit in die ontwikkelingseksie moduleer • in 'n toonsoort anders as die A tonika • moduleer na veraf, vreemde, nieverwante, ongewone, onverwagse toonsoorte Begin van die • in die tonikatoonsoort B uiteensetting Oorgangspassasie • in die oorgangspassasie is die sekwens van die 1ste frase 'n toon hoër, terwyl dit in die 1ste C tema 'n toon laer is • moduleer na B-mol majeur (relatiewe majeur) Ander geldige redes sal aanvaar word. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 11 Verwys na die uittreksel hieronder. [Mozart Simfonie No. 40 in G mineur: bladsy 68 en 69 Internationale Stiftung Mozarteum, Online Publications 2006: IMSLP00072 Besoek 20 Februarie 2017] 4.2 Identifiseer TWEE komposisietegnieke (buiten herhaling en sekwens) wat in hierdie uittreksel aanwesig is wat die hoofmotief van die werk ontwikkel. Noem die maat- nommer(s) en instrument(e). 4.2.1 Maatnommers: 723–734 OF 743–754 OF 733–743 OF 753–763 Instrument(e): 1ste viole OF altviole OF basse Komposisietegniek: Ritmiese vergroting 4.2.2 Maatnommers: 724–743 OF 743–753 OF 743–753 OF 723–743 OF 743–763 Instrument(e): Tussen die hobo's en fagotte OF tussen die 1ste viole en altviole/basse Komposisietegniek: Nabootsing 4.3 Lewer kommentaar oor hoe die klassieke styl duidelik is in die manier waarop Mozart die volgende musiekelemente in die eerste beweging van Simfonie No. 40 in G mineur gebruik. Sê vir elke element hoe Mozart dit gebruik EN hoe sy gebruik tipies is van die klassieke styl of nie. (a) Tekstuur (b) Instrumente (c) Melodie (d) Tonaliteit/toonsoortstruktuur IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 11 Die memorandum hieronder is gestip vir maklike verwysing. Die kandidate moet in paragraafvorm antwoord. • Tekstuur ‒ Hoofsaaklik homofonies = 'n enkele melodielyn met akkoord- begeleiding. ‒ Tipiese klassieke eienskap aangesien die styl wegbeweeg het van die swierige, polifoniese teksture van die baroktydperk. ‒ Homofonies en polifonies. • Instrumente: ‒ Orkes – kern van snaarinstrumente met gepaarde blaasinstrumente en twee horings. ‒ Dialoog tussen die snaarinstrumente en blaasinstrumente kom op 'n paar plekke in die beweging voor. ‒ Horings word gebruik om die tekstuur in te vul en het selde 'n melodierol. ‒ Kontrabasse en tjello's is op een balk geskryf – hulle het nie onafhanklike melodielyne nie. Die groter onafhanklikheid van baslyne het eers na die klassieke tydperk ontwikkel. ‒ Klarinet is atipies – het eers later in die Klassieke periode by die orkes aangesluit. • Melodie: ‒ Klassieke melodieë is tipies motiwies. ‒ Op die Mannheim-sug gebaseer ‒ Gebruik sekwense ‒ Die eerste tema is 'n uitstekende voorbeeld van die ontwikkeling van 'n motief in 'n langer melodie. ‒ Die melodie van die tweede tema verskaf 'n kontras vir die eerste tema in die stemming, toonsoort en ritmiese struktuur daarvan. ‒ Nou omvang, trapsgewys, onvergeetlik, melodieus. • Tonaliteit: ‒ Die uiteensetting volg die verwagte toonsoortstruktuur vir klassieke sonatevorm, d.w.s. mineurtonika vir eerste tema tot relatiewe majeur vir tweede tema. Indien die tonika majeur was, sou die tweede tema in die dominanttoonsoort gewees het. ‒ Die toonsoorte van die ontwikkelingseksie is nie tipies van 'n klassieke sonate nie, aangesien Mozart moduleer na verlangs verwante toonsoorte, bv. F# mineur, in plaas van nou verwante toonsoorte soos wat 'n mens sou verwag. ‒ Mineurtoonsoorte is atipies van Klassieke simfonieë. Ander geldige antwoorde sal krediet ontvang. 4.4 Die volgende frase is uit maat 148–153 van die tjellogedeelte van die eerste beweging van Simfonie No. 40. Herskryf frase A in die diskantsleutel en frase B in die bassleutel. Sluit die toonsoortteken in. A B IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 11 FRASE A FRASE B SIEN SÓ NA: 1 punt per frase vanweë die herhaling van die motief × 2. ½ × 2 vir die toonsoorttekens. Totaal: 50 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all