You're offline
Skip to content
Question paper

Music P1 2019 Afr hlayiso.com

Subject: MusicGrade 12201923 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PUNTETOTAAL NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 MUSIEK: VRAESTEL I EKSAMENNOMMER Tyd: 3 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, 22 klanksnitte en 'n dubbelkantige Hulpbronblad. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Die Hulpbronblad sluit 'n bladsy gemerk vir rofwerk in. 2. Elke kandidaat moet 'n CD- of MP3-speler ontvang en moet vir die hele duur van die eksamen toegang tot luistertoerusting met kopfone hê. Kandidate mag nie tydens leestyd na die snitte luister nie. Let asseblief op die stemetiket vir elke snit wat die korrekte nommering van die snit bevestig. 3. Die benaderde lengte van elke snit word in die vraag genoem. Indien jou snit nie die korrekte lengte is nie, vra asseblief die opsiener vir bystand met jou klanktoestel. 4. Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word. Moenie enige vrae in 'n antwoordboekie beantwoord nie. 5. Die musieknotasie moet met 'n skerp potlood geskryf word. Die res van die vraestel moet met 'n pen beantwoord word. 6. Laat jou asseblief deur die puntetoekenning lei wanneer jy jou antwoorde beplan; die aantal reëls wat nodig is, sal van individuele handskrif afhang. Vermy dit om inligting in jou antwoorde te herhaal. 7. Oor die algemeen sal een punt vir elke wesenlike feit toegeken word BEHALWE vir die vergelyking in die OPSTEL, waar een punt toegeken sal word per vergelyking (twee feite, een met betrekking tot elke werk). 8. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. Moenie Tippex gebruik nie. VRAAG MAKSIMUM PUNT BEHAAL 1 17 2 21 3 14 4 18 5 20 6 10 TOTAAL 100 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 2 van 23 VRAAG 1 1.1 Luister na Snit 1 (02:17). Die melodielyn, met 'n paar mate wat ontbreek, word hieronder gedruk. 1.1.1 Dit is 'n Menuet en Trio deur Mozart. Die einde van die eerste seksie van die Menuet word aangedui in maat 8a en 8b deur 1ste en 2de tydmate en herhaaltekens te gebruik. Dui op dieselfde manier die volgende op die partituur aan: (a) einde van die Menuet/begin van die Trio. (b) einde van die eerste seksie van die Trio. (3) 1.1.2 Noem die kadens aan die einde van die Menuet en gee die akkoorde wat dit vorm. Kadens: ___________________ Akkoorde: ____________________ (1) 1.1.3 Noem die toonsoort van die Trio en gee die verwantskap daarvan met die toonsoort van die Menuet. Toonsoort: _____________________ Verwantskap: ________________ (1) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 3 van 23 1.1.4 Maat 27, 29, 30 en 32 word hieronder in lukraak volgorde gedruk. Luister na Snit 1a (00:49) wat die Trio is en skryf die korrekte maatnommer langs elke frase. MAATNOMMER (2) 1.1.5 Gee die maatnommer waarin jy ses opeenvolgende note van 'n chromatiese toonleer aantref. (1) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 4 van 23 1.2 Luister na Snit 2 (01:05). 'n Uittreksel uit die klavierverkleining van die partituur word hieronder gedruk. A 1.2.1 Hierdie uittreksel bevat drie veranderinge in tydmaatteken. Voeg die korrekte tydmaattekens in waar nodig. (3) 1.2.2 Noem, afgesien van die veranderende tydmaattekens, een ander manier waarop die komponis ritmiese belangstelling in die stuk skep. (1) 1.2.3 Noem 'n toonleer wat die vyf note in die blok gemerk A bevat. (1) Luister na Snit 3 (01:13). 1.3 Maak ses regmerkies om eienskappe wat in die musiek aanwesig is, te identifiseer. Saamgestelde tyd Drieslagmaat Dissonantharmonie Nabootsing Sekwens Konsonantharmonie Vyfslagmaat Monofoniese tekstuur Majeurtonaliteit Ostinato Triole Enkelvoudige tyd (3) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 5 van 23 Luister na Snit 3a (00:16). Dit is die melodie uit Snit 3. 1.4 Maak 'n regmerkie langs die melodiese vorm wat jy hoor. (1) [17] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 6 van 23 VRAAG 2 Luister na Snit 4 (01:10), Snit 5 (01:04) en Snit 6 (01:08). 2.1 Identifiseer en definieer die element van opera/musiekteater wat in elke Snit gehoor word. Snit 4: Element van Opera/Musiekteater: Definisie: Snit 5: Element van Opera/Musiekteater: Definisie: Snit 6: Element van Opera/Musiekteater: Definisie: (6) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 7 van 23 Luister na Snit 7 (01:27). 2.2 Dui aan of die volgende stellings oor hierdie snit en die werk waaruit dit geneem is, WAAR of ONWAAR is. Indien die stelling onwaar is, gee die korrekte antwoord, byvoorbeeld: Oliver! is in Nederlands geskryf. Antwoord: Onwaar, dit is in Engels geskryf. (a) Die melodie wat in hierdie snit deur Oliver gesing word, is in ABA-vorm. (b) Die openingsmelodie wat in hierdie snit deur Oliver gesing word, is gebaseer op die Joodse Frigiese dominanttoonleer. (c) Die musiekspel Oliver! is deur Duke Ellington geskryf. (d) Hierdie lied word deur Oliver gesing nadat hy deur Mr Brownlow ingeneem is. (e) Die begin van hierdie nommer (voor die seksie wat op hierdie snit gehoor word) ontwikkel in 'n homofoniese tekstuur vanweë die straatverkopers se uitroepe wat ineengevleg raak. (5) Luister na Snit 8 (01:05) en Snit 9 (01:05). 2.3 Dui aan hoe die sosiale status/kulturele agtergrond van elke karakter deur die toonsetting uitgebeeld word. (2) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 8 van 23 2.4 Vergelyk die inhoud van die snitte. Moenie na die taal van die snitte verwys nie. (4) 2.5 Lewer kommentaar op die effektiwiteit van die tempo en tydmaatverandering tussen die twee seksies van Snit 8 met spesifieke verwysing na die toonsetting van die lirieke. (4) [21] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 9 van 23 VRAAG 3 Verwys na PARTITUUR A, PARTITUUR B en PARTITUUR C op bladsy 9–11. PARTITUUR A IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 10 van 23 PARTITUUR B iii i ii IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 11 van 23 PARTITUUR C IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 12 van 23 3.1 Plaas die drie partiture in chronologiese volgorde deur die tabel hieronder te voltooi. Gee die letter van elke partituur. Klassiek Romanties 20ste Eeu (1.5) 3.1.1 Gee redes vir jou keuse hierbo deur minstens twee van die partiture te vergelyk. REDE 1: met verwysing na die snaarfamilie. (1.5) REDE 2: met verwysing na die blaasinstrumente. (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 13 van 23 3.2 Die volgende uittreksel, uit 'n ander seksie van Partituur C, is geskryf vir twee klarinette in A, wat 'n mineur 3de laer klink as wat dit geskryf is. Herskryf die musiek in konsertstemming. Sluit die nuwe toonsoortteken en alle musiekbesonderhede in. (4) 3.3 Hierdie melodie is geneem uit 'n ander seksie van Partituur A. Herskryf dit in die ekwivalente saamgestelde tydmaat. Sluit die nuwe tydmaatteken in. (2) 3.4 Identifiseer die volgende intervalle, gemerk (i), (ii) en (iii) op Partituur B. Interval (i) en (ii) word hieronder gedruk vir maklike verwysing. Verwys asseblief na die partituur vir interval (iii). (i) Tussen die laagste noot van die klarinet en die laagste noot van die hobo: IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 14 van 23 (ii) Tussen die kontrabas en die altviool: (iii) Tussen die twee fluite: (verwys asseblief na die partituur) (3) [14] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 15 van 23 VRAAG 4 Luister na Snit 10 (01:29) en Snit 11 (01:11). 4.1 Lees elke stelling en skryf dan die snitnommer onder die korrekte antwoord. In elke geval sal slegs twee van die drie antwoorde gebruik word. VOORBEELD: STELLING Die styl van die snit is: Klassiek Romanties 20ste Eeu SNITNOMMER 8 9 STELLING Die wortels van hierdie Inheemse Marabi Mbaqanga musiekstyl lê in: musiekstyle SNITNOMMER Hierdie musiekstyl word Sophiatown Sjebeens en Zulu-trekarbeiders die meeste geassosieer bendelede en mynhostelle vir met: mans SNITNOMMER Hierdie musiekstyl is ook Amerikaanse Vokale jive jazz Afro-Amerikaanse beïnvloed deur: grootorkesswing digte harmonie SNITNOMMER 'n Tipiese kenmerk van Roep en antwoord Swaar melodiese Kort frases van 2– die styl is: bas 3 note SNITNOMMER Die tekstuur van die snit Hoofsaaklik Hoofsaaklik 'n Mengsel van is: polifonies homofonies homofoniese en polifoniese tekstuur SNITNOMMER Die toonkleur van die Saksofone en A capella, Die kwelafluit snit word oorheers deur: koperblaas- meerstemmige instrumente manstemme SNITNOMMER (3) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 16 van 23 Luister na Snit 12 (01:27). 4.2 Merk die sikliese akkoordprogressie wat jy in Snit 12 hoor. I – iib (ii6) – IV – V I – IV – V – I I – IV – Ic (I6/4) – V I – vi – IV – V (1) 4.3 Hierdie lied is in D majeur. Skryf die akkoordprogressie wat jy hierbo gekies het sonder toonsoortteken, maar met enige nodige skuiftekens. Dui die toonsoort aan en besyfer die akkoorde. (2) Luister na Snit 13 (01:15). 4.4 Die lirieke van die eerste en tweede vers van die lied word hieronder gedruk. Voeg in die regterkolom die ontbrekende musiekbesonderhede in soos aangedui: LIRIEKE Getal mate (1): INLEIDING Gespeel deur (2): Sizohamba ubusuku nemini Beskryf die gebruik van die stemme (1): SiyeGoli eMeadowlands Sizohamba ubusuku nemini SiyeGoli eMeadowlands Meadowlands, Meadowlands, Beskryf die gebruik van die stemme (1): Meadowlands sithandwa sam Otla utlwa makgowa a re, Lewer kommentaar op die klaviergedeelte en A re yeng ko Meadowlands noem die tekstuur wat geskep word (1): Otla utlwa makgowa a re, A re yeng ko Meadowlands Meadowlands, Meadowlands, Meadowlands sithandwa sam (3) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 17 van 23 Luister na Snit 14 (04:31). Die lirieke word op die Hulpbronblad as Bylaag A aangetref. 4.5 Noem die Apartheidswet en verduidelik die gevolge daarvan wat aanleiding gegee het tot die gebeure waarna in hierdie lied verwys word. (1) 4.6 Evalueer die gebruik van die volgende musiekelemente by die skep van die stemming van die lied: tempo, tonaliteit en melodie. Sluit toepaslike vergelykings met Meadowlands in om jou evaluering te motiveer. Skryf jou antwoord as 'n paragraaf. (6) 4.7 Vergelyk die lirieke van Sophiatown met dié van Meadowlands. Gebruik aanhalings uit die lirieke om jou vergelyking te ondersteun. Moenie na die taal van die lirieke verwys nie. (2) [18] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 18 van 23 VRAAG 5 Luister na Snit 15 (04:06) en Snit 16 (03:45). Skryf 'n opstel waarin jy Snit 15 en Snit 16 vergelyk. Vergelyk benewens die algemene musiekelemente ook die toonsetting van die lirieke, woordskildering, programmatiese elemente en stemming. Sluit die volgende inligting in jou bespreking in: • Die naam van die digter • 'n Definisie van die genre • Die vorm van die werk, met 'n verduideliking • Noem twee niemusikale romantiese kenmerke in die werk Bied jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met verwysing na die gebruik van minstens twee musiekelemente. Maak seker dat die vergelyking die hoofdeel van die opstel vorm en dat jy beide ooreenkomste en verskille bespreek. Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik: RUBRIEK VIR OPSTEL Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene kenmerke van die 20–16 genres en die spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die gebruik van die musiekelemente aangebied. Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en verskaf 'n 15,5– vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene kenmerke van die genres en die 10,5 spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in terme van die gebruik van die musiekelemente. Voldoen aan al die vereistes, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die vraag en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die werke is beperk met slegs gedeeltelike verwysing na óf die 10–5,5 algemene kenmerke van die genres óf die spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening is beperk met min of geen verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen die afdelings van die opstel. Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs 'n vae 5–0,5 verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie. IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 19 van 23 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 20 van 23 IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 21 van 23 [20] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 22 van 23 VRAAG 6 Luister na Snit 17 (01:40) en Snit 18 (01:55). 6.1 Maak drie regmerkies in Kolom A om unieke eienskappe van Snit 17 te identifiseer en maak drie regmerkies in Kolom B om unieke eienskappe van Snit 18 te identifiseer. Maak 2 regmerkies in Kolom C om gemeenskaplike eienskappe van die twee snitte te identifiseer. Maak regmerkies vir gemeenskaplike eienskappe slegs in Kolom C – moenie in al drie kolomme regmerkies maak nie. KOLOM A KOLOM B KOLOM C Unieke Unieke Gemeenskaplike eienskappe van eienskappe van eienskappe van Snit 17 Snit 18 Snit 17 en Snit 18 3 regmerkies 3 regmerkies 2 regmerkies Veranderende tydmaattekens Roep en antwoord tussen klavier en saksofoon Saksofoon- improvisasie Bastrom-"bomme" Trompetimprovisasie Klavierimprovisasie Walking bass Vierslagmaat (4) 6.2 Identifiseer die musiekstyl wat deur elke snit verteenwoordig word en noem die dekade waarin elkeen ontwikkel het. Snit 17: Styl: ____________________ Dekade: ___________________ Snit 18: Styl: ____________________ Dekade: ___________________ (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 23 van 23 Luister na Snit 19 (02:03) en Snit 20 (01:35). 6.3 Kies ses stellings uit die lys hieronder: twee wat waar is van Snit 19, twee wat waar is van Snit 20 en twee wat waar is van albei snitte. Skryf SLEGS die NOMMER van elke stelling in die betrokke kolom in die tabel hieronder. 6.3.1 Ritmeseksie bestaan uit 6.3.6 Stadiger as Snit 19 bas, klavier, tromstel. 6.3.2 Kop word twee keer aan 6.3.7 Solo-improvisasies op viool die begin gespeel en gedempte tromboon 6.3.3 Geen gesamentlike 6.3.8 Die laaste solo word improvisasie nie gespeel deur die gedempte kornet 6.3.4 4-maatsolobreuk voor elke 6.3.9 Solo-improvisasies op improvisasie trompet en saksofoon 6.3.5 Solo-improvisasies op 6.3.10 Nabootsing tussen die solo- trompet en klarinet instrumente Uniek aan Uniek aan Gemeenskaplik Snit 19 Snit 20 aan albei Stellingnommer Stellingnommer (3) 6.4 'n Paar van die solo-instrumente is in B-mol, wat 'n majeur 2de laer klink as wat dit geskryf is. Transponeer die C bluestoonleer sodat dit deur die solo-instrumente gespeel kan word. Gebruik 'n toonsoortteken en voeg enige nodige skuiftekens by. (1) [10] Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2019

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Music

Explore more published documents in this catalogue.

View all