Skip to content
Memorandum

Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: MusicGrade 12201918 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 MUSIEK: VRAESTEL I NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 100 punte Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminatore en hulp- eksaminatore van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie. Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 18 VRAAG 1 1.1 Luister na Snit 1 (02:17) [Menuet en Trio uit Eine Kleine Nachtmusik deur W A Mozart. Music – An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de uitgawe te vergesel; Skyf 3 Snit 46–48; McGraw-Hill Companies/ Sony BMG Music 2006]. Die melodielyn, met 'n paar mate wat ontbreek, word hieronder gedruk. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 18 1.1.1 Dit is 'n Menuet en Trio deur Mozart. Die einde van die eerste seksie van die Menuet word aangedui in maat 8a en 8b deur 1ste en 2de tydmate en herhaaltekens te gebruik. Dui op dieselfde manier die volgende op die partituur aan: (a) einde van die Menuet/begin van die Trio. (b) einde van die eerste seksie van die Trio. SIEN SÓ NA: 1 punt vir einde van seksie ½ vir korrekte gebruik van 1ste en 2de tydmate 1.1.2 Noem die kadens aan die einde van die Menuet en gee die akkoorde wat dit vorm. Volmaak: V – I 1.1.3 Noem die toonsoort van die Trio en gee die verwantskap daarvan met die toonsoort van die Menuet. D Majeur – die dominanttoonsoort. 1.1.4 Maat 27, 29, 30 en 32 word hieronder in lukraak volgorde gedruk. Luister na Snit 1a (00:49) wat die Trio is en skryf die korrekte maatnommer langs elke frase. MAATNOMMER 32 29 30 27 1.1.5 Gee die maatnommer waarin jy ses opeenvolgende note van 'n chromatiese toonleer aantref. Maat 21 of Maat 33 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 18 1.2 Luister na Snit 2 (01:05) [Uittreksel uit die Ouverture tot Candide deur Leonard Bernstein. <https://www.youtube.com/watch?v=YaY2iAC4Y- w>: besoek 9 Februarie 2019]. 'n Uittreksel uit die klavierverkleining van die partituur word hieronder gedruk. A 1.2.1 Hierdie uittreksel bevat drie veranderinge in tydmaatteken. Voeg die korrekte tydmaattekens in waar nodig. Maat 1: 2/4; Maat 3: 3/2; Maat 4: 2/2 of 4/4 1.2.2 Noem afgesien van die veranderende tydmaattekens een ander manier waarop die komponis ritmiese belangstelling in die stuk skep. Gebruik van aksentverskuiwings wat 'n gevoel van sinkopasie skep. Gebruik van sforzando. Triole, herhaling van ritmiese motief, trioolmotief maak plek vir agtstenootmotief. 1.2.3 Noem 'n toonleer wat die vyf note in die blok gemerk A bevat. B-mol majeur / g mineur / F majeur / d melodiese mineur Luister na Snit 3 (01:13) [Uittreksel uit "Mars, the Bringer of War", uit The Planets – Gustav Holst: Holst The Planets. Snit 1; Los Angeles Philharmonic Orchestra, Zubin Mehta; Decca 4785558, 2011]. 1.3 Maak ses regmerkies om eienskappe wat in die musiek aanwesig is, te identifiseer. Saamgestelde tyd Drieslagmaat Dissonantharmonie x Nabootsing x Sekwens x Konsonantharmonie Vyfslagmaat x Monofoniese tekstuur Majeurtonaliteit Ostinato x Triole x Enkelvoudige tyd IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 18 Luister na Snit 3a (00:16). Dit is die melodie uit Snit 3. [Getoonset op Sibelius © deur die eksaminator.] 1.4 Maak 'n regmerkie langs die melodiese vorm wat jy hoor. x IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 18 VRAAG 2 Luister na Snit 4 (01:10) [Resitatief uit The Marriage of Figaro – Mozart], Snit 5 (01:04) [Kwintet uit West Side Story – Bernstein] en Snit 6 (01:08) ["La Donna e Mobile" – Luciano Pavarotti https://www.youtube.com/watch?v=xCFEk6Y8TmM besoek 9 Februarie 2019]. 2.1 Identifiseer en definieer die element van opera/musiekteater wat in elke snit gehoor word. Die antwoord word hier getabuleer vir maklike verwysing. Snit 4 Snit 5 Snit 6 Element van Resitatief Ensemble Aria opera/musiek- (secco) teater wat in die snit gehoor word [1 punt per snit × 3 = 3 punte] Definisie van die Spraaktipe lied Twee of meer Solis deur element hierbo met beperkte karakters sing orkes begelei. genoem begeleiding wat tegelykertyd. Druk emosies/ gebruik word Druk hul eie reaksies uit op [1 punt per snit × om dialoog oor emosies/ die aksie wat 3 = 3 punte] te dra. gevoelens uit. pas plaas- Klavesimbel- gevind het. begeleiding. Die aksie gaan Die aksie gaan nie voort nie. voort. Stel die vaardigheid van die sanger ten toon. Moet twee of drie feite noem vir ½ punt elk. Die onderstreepte feit moet genoem word. Luister na Snit 7 (01:27) [Oliver se melodie uit "Who will Buy" uit Oliver! deur Lionel Bart; 1991; National Symphony Orchestra gedirigeer deur John Owen Edwards; TER Ltd CDTER1184] 2.2 Dui aan of die volgende stellings oor hierdie snit en die werk waaruit dit geneem is, WAAR of ONWAAR is. Indien die stelling onwaar is, gee die korrekte antwoord, byvoorbeeld: Oliver! is in Nederlands geskryf. Antwoord: Onwaar, dit is in Engels geskryf. (a) Die melodie wat in hierdie snit deur Oliver gesing word, is in ABA- vorm. WAAR (b) Die openingsmelodie wat in hierdie snit deur Oliver gesing word, is gebaseer op die Joodse Frigiese dominanttoonleer. ONWAAR – Pentatoniese toonleer Fagin se lied, "Reviewing the situation", is op die Joodse Frigiese dominante skaal gebaseer. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 18 (c) Die musiekspel Oliver! is deur Duke Ellington geskryf. ONWAAR – Lionel Bart (d) Hierdie lied word deur Oliver gesing nadat hy deur Mr Brownlow ingeneem is. WAAR (e) Die begin van hierdie nommer (voor die seksie wat op hierdie snit gehoor word) ontwikkel in 'n homofoniese tekstuur vanweë die verstrengeling van die straatverkopers se uitroepe. ONWAAR – Polifoniese tekstuur Luister na Snit 8 (01:05) ["Madamina" (Catalogue Aria) uit Don Giovanni – Mozart. Music – An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de uitgawe te vergesel; Skyf 3, Snit 62; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006] en Snit 9 (01:05) ["I'm Reviewing the Situation" uit Oliver! deur Lionel Bart; 1991; National Symphony Orchestra gedirigeer deur John Owen Edwards; TER Ltd CDTER1184] 2.3 Dui aan hoe die sosiale status/kulturele agtergrond van elke karakter deur die toonsetting uitgebeeld word. Leporello: laer klas, komiese karakter word uitgebeeld deur die rammelsang en kort frases. Sillabies (½). Fagin: is ook laer klas en hy is Joods. Hy het ook rammelfrases en sy Joodse erfenis word uitgebeeld deur die elemente van die Klezmer- styl wat in die lied duidelik is, met inbegrip van die wisselende tempo, oempabas en die vioolgeskal wat op die Joodse Frigiese dominant- toonleer gebaseer is. Beide karakters moet genoem word. 2.4 Vergelyk die inhoud van die snitte. Moenie na die taal van die snitte verwys nie. Leporello sing nie oor homself nie – hy vertel ons van Don Giovanni se verowerings. Ons kom die meeste van Don Giovanni te wete in hierdie aria – van hoeveel vroue hy verower het tot die nasionaliteite en die verskillende tipes vroue waarvan hy hou. Fagin sing oor homself: hy neem sy lewe in oënskou en wonder of hy moet wegdraai van 'n lewe van misdaad. Ons leer meer van Fagin in hierdie lied. 2.5 Lewer kommentaar op die effektiwiteit van die tempo en toermaat verandering tussen die twee seksies van Snit 8 met spesifieke verwysing na die toonsetting van die lirieke. Seksie B is baie stadiger as seksie A en dit is in drieslagmaat terwyl seksie A in vierslagmaat is. Dit is effektief, want in seksie A noem Leporello die vroue op wat Don Giovanni verower het en die vinnige tempo en "bestendige" metrum boots 'n abakus/telmasjien na. In seksie B beskryf hy die eienskappe van die vroue en die stadiger tempo, in die styl van 'n menuet in drieslagmaat, boots 'n paar van die eienskappe na. Die aanvalligheid van die blondines en die standvastigheid van die brunette word byvoorbeeld in die liriese melodie weerspieël. Aanvaar ook antwoorde wat direk verband hou met wat in Snit 8 gehoor word. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 18 VRAAG 3 Verwys na PARTITUUR A ["Jupiter" uit The Planets deur Gustav Holst: IMSLP05396-Holst_-_THE_PLANETS_-_Suite_for_Large_Orchestra_- _Partitur besoek 29 Desember 2018], PARTITUUR B [1ste beweging uit Simfonie No. 94 in G Majeur deur Haydn IMSLP262221- SIBLEY1802.25015.df42-39087009351356 partituur besoek 30 Januarie 2018] en PARTITUUR C [Hebrides' Overture deur Mendelssohn IMSLP122244- PMLP05059-Mendelssohn_-_Die_Hebriden_FS_rsl besoek 29 Desember 2018]. 3.1 Plaas die drie partiture in chronologiese volgorde deur die tabel hieronder te voltooi. Klassiek Romanties 20ste Eeu A C B 3.1.1 Gee redes vir jou keuse hierbo deur minstens twee van die partiture te vergelyk. REDE 1: met verwysing na die snaarfamilie. • Partituur A het die tjello's en basse op een balk geskryf – tipies van die klassieke tydperk. • Partituur B en C het die laer snaarinstrumente op afsonderlike balke geskryf – tipies van romantiese en latere werke, omdat die laer snaarinstrumente meer onafhanklik word. REDE 2: met verwysing na die blaasinstrumente. • Partituur B sluit piccolo, Engelse horing en basklarinet in, wat wys op 'n later orkes as die een in Partituur C. • Partituur C sluit fluite, klarinette, hobo's en fagotte in, maar geen hulpinstrumente nie. • Partituur A en C het minder koperblaasinstrumente. • Partituur A gebruik slegs fluite, hobo's en fagotte. Daar is geen klarinet nie, wat eers deur Mozart by die orkes bygevoeg is. Ander antwoorde wat met die melodie / harmoniese materiaal van die partituur of ander stylkenmerke verband hou, mag reg gemerk word solank dit korrek is t.o.v. die partituur. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 18 3.2 Die volgende uittreksel, uit 'n ander seksie van Partituur C, is geskryf vir twee klarinette in A, wat 'n mineur 3de laer klink as wat dit geskryf is. Herskryf die musiek in konsertstemming. Sluit die nuwe toonsoortteken en alle musiekbesonderhede in. SIEN SÓ NA: ½ vir elke noot × 6 = 3; Toonaardteken = 1 3.3 Hierdie melodie is geneem uit 'n ander seksie van Partituur A. Herskryf dit in die ekwivalente saamgestelde tydmaat. Sluit die nuwe tydmaatteken in. OF SIEN SÓ NA: ½ × 3 maatslae = 1½ + ½ vir tydmaatteken = 2 3.4 Identifiseer die volgende intervalle, gemerk (i), (ii) en (iii) op Partituur B. Interval (i) en (ii) word hieronder gedruk vir maklike verwysing. Verwys asseblief na die partituur vir interval (iii). (i) Tussen die laagste noot van die klarinet en die laagste noot van die hobo: Mineur 7de (ii) Tussen die kontrabas en die altviool: Saamgestelde rein oktaaf / Rein 15de (iii) Tussen die twee fluite: Majeur 3de IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 18 VRAAG 4 Luister na Snit 10 (01:29) [USA Special uitgevoer deur die N D HotShots: Snit 1 van African Jazz 'n Jive: An Authentic Selection of South African Township Swing Classics from the 50s and 60s. Gallo Record Company CDZAC 75, 2000] en Snit 11 (01:11) [Bergville Green Lovers https//www.youtube.comwatchv=KopUIfKPSow besoek 15 Februarie 2019]. 4.1 Lees elke stelling en skryf dan die snitnommer onder die korrekte antwoord. In elke geval sal slegs twee van die drie antwoorde gebruik word. VOORBEELD: STELLING Die styl van die snit is: Klassiek Romanties 20ste Eeu SNITNOMMER 8 9 STELLING Die wortels van hierdie Inheemse Marabi Mbaqanga musiekstyl lê in: musiekstyle SNITNOMMER 11 10 Hierdie musiekstyl word Sophiatown Sjebeens en Zulu-trekarbeiders die meeste geassosieer bendelede en mynhostelle vir met: mans SNITNOMMER 10 10 11 Hierdie musiekstyl is Amerikaanse Vokale jive jazz Afro-Amerikaanse ook beïnvloed deur: grootorkesswing digte harmonie SNITNOMMER 10 11 'n Tipiese kenmerk van Roep en antwoord Swaar melodiese Kort frases van 2–3 die styl is: bas note SNITNOMMER 11 10 Die tekstuur van die Hoofsaaklik Hoofsaaklik 'n Mengsel van snit is: polifonies homofonies homofoniese en polifoniese tekstuur SNITNOMMER 11 / 10 10 / 11 Die toonkleur van die Saksofone en A capella, Die kwêlafluit snit word oorheers koperblaas- meerstemmige deur: instrumente manstemme SNITNOMMER 10 11 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 18 Luister na Snit 12 (01:27) [Pata Pata – Miriam Makeba van die album Welela]. 4.2 Merk die sikliese akkoordprogressie wat jy in Snit 12 hoor. I – iib (ii6) – IV – V I – IV – V – I I – IV – Ic (I6/4) – V x I – vi – IV – V 4.3 Hierdie lied is in D majeur. Skryf die akkoordprogressie wat jy hierbo gekies het sonder toonsoortteken, maar met enige nodige skuiftekens. Dui die toonsoort aan en besyfer die akkoorde. D: SIEN SÓ NA: ½ per akkoord × 4 = 2. Indien verkeerde progressie in 4.2 gekies is, maar die korrekte ooreenstemmende akkoorde word in 4.3 geskryf, word die akkoorde as korrek nagesien. (–½ indien geen besyfering nie) Luister na Snit 13 (01:15) [Meadowlands uitgevoer deur Nancy Jacobs and her Sisters. Snit 5 van The History of Township Music – WRASSE Records: WRASS029. Alle titels gepubliseer deur Gallo Music 2001]. 4.4 Die lirieke van die eerste en tweede vers van die lied word hieronder gedruk. Voeg in die regterkolom die ontbrekende musiekbesonderhede in soos aangedui: LIRIEKE Getal mate (1): 4 mate INLEIDING Gespeel deur (2): klavier, kontrabas, kitaar en tromstel (enige twee instrumente) Sizohamba ubusuku nemini Beskryf die gebruik van die stemme (1): SiyeGoli eMeadowlands Solovrouestem sing die hoofmelodie met Sizohamba ubusuku nemini vroulike agtergrondstemme wat die woord SiyeGoli eMeadowlands "Meadowlands" herhaal Meadowlands, Meadowlands, Beskryf die gebruik van die stemme (1): Meadowlands sithandwa sam Alle vrouestemme sing in harmonie Otla utlwa makgowa a re, Lewer kommentaar op die klaviergedeelte en A re yeng ko Meadowlands noem die tekstuur wat geskep word (1): Otla utlwa makgowa a re, Improviseer 'n kontramelodie bo die sangers A re yeng ko Meadowlands wat 'n polifoniese tekstuur skep Meadowlands, Meadowlands, Meadowlands sithandwa sam IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 18 Luister na Snit 14 (04:31). Die lirieke word op die Hulpbronblad as BYLAAG A aangetref. [Sophiatown deur Thandi Klaasen: <https://www.youtube.com/watch?v=Fu-vBX7oKKU>: besoek 30 Januarie 2018] 4.5 Noem die Apartheidswet en verduidelik die gevolge daarvan wat aanleiding gegee het tot die gebeure waarna in hierdie lied verwys word. Die Groepsgebiedewet van 1950 het tot die gedwonge verskuiwing van die inwoners van Sophiatown na Meadowlands in Soweto gelei. 4.6 Evalueer die gebruik van die volgende musiekelemente by die skep van die stemming van die lied: tempo, tonaliteit en melodie. Sluit toepaslike vergelykings met Meadowlands in om jou evaluering te motiveer. Hierdie memo is getabuleer vir maklike verwysing. Die antwoord moet as 'n paragraaf geskryf word. Musiek- Stemming in Snit 14 Sophiatown Meadowlands element Sophiatown geskep Tempo Stadige tempo Vinnig, opgeruimd Peinsende stemming Tonaliteit Majeur maar klink na Melancholiese, Majeurtoonaard mineur/blues hartseer stemming Melodie Vokale melodie: Vokale melodie: liries, groot omvang. beperkte omvang, Liriese trompet- Gevoel van verlies herhalend. melodie in die van plekke waarvoor Eenvoudig. inleiding en dan as sy lief was en wat Geïmproviseerde kontramelodie vir deel was van haar kontramelodie op die stem. lewe. klavier in vers 2, 3 en Melodiese baslyn – 4 tipies van Mbaqanga Ander geldige redes sal oorweeg word. Evaluering: maksimum 3 punte Vergelyking: maksimum 4 punte IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 18 4.7 Vergelyk die lirieke van Sophiatown met dié van Meadowlands. Gebruik aanhalings uit die lirieke om jou vergelyking te ondersteun. Moenie na die taal van die lirieke verwys nie. • Die lirieke van Sophiatown skilder 'n prentjie van plekke wat verwoes is en verwys na spesifieke plekke in Sophiatown wat Thandi Klaasen onthou: "Fattie's Bar" en "Good Street". • Daar is 'n ware gevoel van het behoort ("breaking down the place where I was born") en die hartseer daarvan om nie 'n kans te hê om te groet nie ("I had no chance to say goodbye to romance"). • Die lirieke van Meadowlands, in drie verskillende tale geskryf, is egter meer oppervlakkig en stuur 'n gemengde boodskap dat die mense van Sophiatown oënskynlik gewillig is om te gaan ("go to Meadowlands, our beloved place" – gesing met ironie en sarkasme), • en tog is dit nie die ware betekenis van die lirieke nie. Die ironie is subtiel en bedek ("staying here in our beloved place" – wat verwys na Sophiatown – hul waarlik geliefde tuiste – gesing met eerlikheid en opregtheid). • Meadowlands is geskryf om die owerhede te laat dink dat die lied die hervestiging van die inwoners in Soweto ondersteun. • Sophiatown is na die gebeurtenis geskryf as 'n besinning oor wat gebeur het, terwyl • Meadowlands 'n proteslied was wat ten tye van die gebeurtenis geskryf is om die gevoelens van die mense uit te druk. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 18 VRAAG 5 Luister na Snit 15 (04:06) [Erlkönig: Schubert – Oorspronklik] en Snit 16 (03:45) [Erlkönig Rammstein]. Skryf 'n opstel waarin jy Snit 15 en Snit 16 vergelyk. Vergelyk benewens die algemene musiekelemente ook die toonsetting van die lirieke, woordskildering, programmatiese elemente en stemming. Sluit die volgende inligting in jou bespreking in: • Die naam van die digter • 'n Definisie van die genre • Die vorm van die werk, met 'n verduideliking • Noem twee niemusikale romantiese kenmerke in die werk Bied jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met verwysing na die gebruik van minstens twee musiekelemente. Maak seker dat die vergelyking die hoofdeel van die opstel vorm en dat jy beide ooreenkomste en verskille bespreek. Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik: RUBRIEK VIR OPSTEL Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene kenmerke van die 20–16 genres en die spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die gebruik van die musiekelemente aangebied. Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en verskaf 'n 15½– vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene kenmerke van die genres en die 10½ spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in terme van die gebruik van die musiekelemente. Voldoen aan al die vereistes, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die vraag en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die werke is beperk met slegs gedeeltelike verwysing na óf die 10–5½ algemene kenmerke van die genres óf die spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening is beperk met min of geen verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen die afdelings van die opstel. Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs 'n vae 5–0½ verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 18 DIE ANTWOORD OP HIERDIE VRAAG MOET IN OPSTELVORM GESKRYF WORD – DIE MEMO IS GETABULEER VIR MAKLIKE VERWYSING. Digter (1) Goethe Definisie van Lied (0): solostem en klavier in Duits (1) genre (1) Vorm en Deurgekomponeer – ander musiek vir elke vers verduideliking (2) Twee Fassinasie met die natuur – milieu is die natuur. niemusikale Fassinasie met die bonatuurlike – die Elwekoning en sy dogters is bonatuurlike romantiese wesens. kenmerke (2) Romantiese oortuiging dat 'n kind spirituele suiwerheid behou en nader is aan die bonatuurlike ryk. Die kind kan sien wat die pa nie kan sien nie. Miniatuurstuk – lied. Romantiese musiek was "miniatuur" of "monumentaal". Kombinasie van musiek en poësie. Nasionalisme vanweë die gebruik van folklore. Snit 15: Oorspronklike Snit 16: Rammstein Tonaliteit en Mineur vir die pa, seun en verteller. Majeur Deurgaans mineur. Geen verandering van harmonie vir die Elwekoning se seksies – alhoewel tonaliteit vir die Elwekoning se seksies nie, die Elwekoning in die laaste vers in die terwyl die Elwekoning in die oorspronklike mineurtoonaard sing om sy woede te in die majeurtoonaard sing. vertoon. Komplekse, chromatiese harmonie. Harmonie is nie so kompleks nie. des Gebruik van verminderde 7 . In 'n laer toonaard (g mineur) as die Die naspel aan die einde het 'n majeur- verwerking. seksie. Metrum Vierslagmaat Drieslagmaat / saamgestel Tempo Die oorspronklike tempo is "Schnell". Stadiger as Snit 15. Daar is 'n accelerando teen die einde volgens die uitvoeringsaanwysings. Melodie/ Elkeen van die vier karakters sing in 'n Melodie is anders – drieslagmaat dra ook Toonhoogte ander register van die stem: die pa – laag; hiertoe by. seun – boonste register; Elwekoning en verteller in middelregister. Die uitbeelding Die stygende melodiese linkerhandfiguur van die Elwekoning se karakter word ook in die inleiding is nie aanwesig nie. versterk deur die verandering van tonaliteit (na majeur) en die verandering in die Elwekoning se begeleidingspatroon begeleidingspatroon. verander nie soos in die oorspronklike nie. Groter omvang as Rammstein. Lirieke Getrou aan die oorspronklike Duits. Getrou aan die oorspronklike Duits. Beide in Duits. Drie karakters plus 'n verteller word in die lirieke uitgebeeld. Programmatiese Die galopperende perd word deurgaans Die perd word nie deur klaviertriole elemente voorgestel deur 'n herhalende uitgebeeld nie, maar eerder deur die trioolpatroon in die regterhand. tamboeryn wat op die tussenslae speel en 'n trioolgevoel skep. Die accelerando teen die einde beeld die dringendheid daarvan uit om veiligheid te bereik en dan beeld die ritardando die perd uit wat tot 'n drafstap vertraag wanneer hulle die huis nader. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 18 Woordskildering Die toenemende vrees van die kind word Die toenemende vrees van die kind word uitgebeeld deur die herhalende stygende nie deur die melodie oorgedra nie – die chromatiese motief wat hoër word elke stygende halftoon ontbreek en val eerder, keer wanneer die kind sing. wat afbreuk doen aan die angs. Die dood van die kind aan die einde, Die verteller se lyn wat van die dood van oorspronklik uitgebeeld deur resitatief te die kind vertel, is in resitatief, wat die gebruik, word nou gevolg deur 'n naspel in tragedie beklemtoon. die majeurtoonaard. Produksietegnieke word gebruik om die "Todt" word met meer empatie gesing om karakters te definieer/ skets. die hartseer van die kind se dood te weerspieël. Ritme Aandrywende ritme as gevolg van die Die drieslagmaat het 'n meer ontspanne trioolfiguur in die begeleiding. ritme tot gevolg. Ritme gebruik baie "lang- kort" (halfnoot/kwartnoot) -patrone. Voel Verteller sing hoofsaaklik in bestendige soos 'n wals. Die aandrywende ritme van nootwaardes – dui sy objektiwiteit as die die oorspronklike ontbreek. storieverteller aan. Gepunteerde ritmes kenmerk die seun se melodie, "Mein vater", en die pa se melodie. Elwekoning sing in langer, relatief bestendige nootwaardes. Toonkleur Manstem begelei deur soloklavier. Manstem – skerp toon. Tromstel. Ritmekitaar. Bas en hoofkitaar gebruik vervorming. Klavier, tamboeryn. Vervormde stemme. Tekstuur Homofoniese tekstuur. Digte tekstuur maar hoofsaaklik homofonies met polifoniese seksies waar die kitaar/bas kontramelodieë vir die stem speel. Dinamiek Deurgaans mezzo forte – forte. Skielike Deurgaans hard. Geen dinamiese variasie veranderinge in dinamiek is nie so nie. opmerklik nie. Struktuur Deurgekomponeer met 'n 16-maat- Deurgekomponeer. inleiding; 3- of 4-maat-tussenspele; Baie korter inleiding. volmaakte kadens na finale resitatief. Langer tussenspele tussen verse met die hoofkitaar wat 'n solokans kry. Langer naspel. Stemming Angstige stemming van die begin af, wat Die drieslagmaat dra by tot 'n minder versterk word namate die lied vorder. angstige stemming. Die gevaar en paniek van die seun is nie so duidelik nie. ste ste Style Romanties (geen punt) 20 eeu / 21 eeu / rock / metal (½) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 18 VRAAG 6 Luister na Snit 17 (01:40) [Anthropology – Charlie Parker van die album The Genius of Charlie Parker; 2005; Savoy Jazz] en Snit 18 (01:55) [Three to get Ready – Dave Brubeck Quartet/Paul Desmond uit Time Out Not Now Music Limited 2011]. 6.1 Maak drie regmerkies in Kolom A om unieke eienskappe van Snit 17 te identifiseer en maak drie regmerkies in Kolom B om unieke eienskappe van Snit 18 te identifiseer. Maak 2 regmerkies in Kolom C om gemeenskaplike eienskappe van die twee snitte te identifiseer. Maak regmerkies vir gemeenskaplike eienskappe slegs in Kolom C – moenie in al drie kolomme regmerkies maak nie. KOLOM A KOLOM B KOLOM C Unieke Unieke Gemeenskaplike eienskappe van eienskappe van eienskappe van Snit 17 Snit 18 Snit 17 en 3 regmerkies 3 regmerkies Snit 18 Parker Brubeck 2 regmerkies Veranderende x tydmaattekens Roep en antwoord tussen klavier en x saksofoon Saksofoonimprovisasie x Bastrom-"bomme" x Trompetimprovisasie x Klavierimprovisasie x Walking bass x Vierslagmaat x 6.2 Identifiseer die musiekstyl wat deur elke snit verteenwoordig word en noem die dekade waarin elkeen ontwikkel het. Snit 17: Bebop. 1940's Snit 18: Cool Jazz. 1945 / laat 1940’s / 1950's SIEN SÓ NA: Naam van styl = ½ en dekade = ½ = 2 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 18 Luister na Snit 19 (02:03) en Snit 20 (01:35). 6.3 Kies ses stellings uit die lys hieronder: twee wat waar is van Snit 19, twee wat waar is van Snit 20 en twee wat waar is van albei snitte. Skryf SLEGS die NOMMER van elke stelling in die betrokke kolom in die tabel hieronder. 6.3.1 Ritmeseksie bestaan uit bas, 6.3.6 Stadiger as Snit 19 klavier, tromstel. 6.3.2 Kop word twee keer aan die 6.3.7 Solo-improvisasies op viool begin gespeel en gedempte tromboon 6.3.3 Geen gesamentlike 6.3.8 Die laaste solo word improvisasie nie gespeel deur die gedempte kornet 6.3.4 4-maatsolobreuk voor elke 6.3.9 Solo-improvisasies op improvisasie trompet en saksofoon 6.3.5 Solo-improvisasies op 6.3.10 Nabootsing tussen die solo- trompet en klarinet instrumente Uniek aan Uniek aan Gemeenskaplik Snit 19 Snit 20 aan albei Stelling- 6.3.4 6.3.5 6.3.1 nommer Stelling- 6.3.7 6.3.10 6.3.2 nommer Stelling- 6.3.3 nommer 6.4 'n Paar van die solo-instrumente is in B-mol, wat 'n majeur 2de laer klink as wat dit geskryf is. Transponeer die C bluestoonleer sodat dit deur die solo- instrumente gespeel kan word. Gebruik 'n toonsoortteken en voeg enige nodige skuiftekens by. OF SIEN SÓ NA: 1 punt – die toonleer is reg of verkeerd. Indien korrek maar sonder 'n toonsoortteken geskryf, –½. Kan geskryf word met die toonsoortteken van D-mineur. Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all