Skip to content
Memorandum

Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: MusicGrade 12201715 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 MUSIEK: VRAESTEL I NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 100 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 15 VRAAG 1 Luister na Snit 1 (Die Forelle – Schubert: Music – An Appreciation deur Roger Kamien. 9de uitgawe-CD's om die 9de uitgawe te vergesel; Skyf 4 Snit 54 en 55; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) 1.1 Plaas vier (4) regmerkies om eienskappe wat in die musiek aanwesig is te identifiseer. Majeurtonaliteit Sangstuk  Konsonantharmonie  Dissonansie Aria Deurgekomponeer Gewysigde strofiese  Melodiese omkering vorm Majeur- en Polifoniese tekstuur  mineurtonaliteit 1.2 Luister na Snit 1a. Dit is die opening van die melodie uit Snit 1 hierbo (getoonset op Sibelius © deur eksaminator). Maak 'n regmerkie langs die frase wat pas by wat jy hoor.    SIEN SÓ NA: 1 punt vir MELODIE D/0.5 punt vir MELODIE B of MELODIE C (een element is korrek) Luister na Snit 2 (Blue Rondo à la Turk uit Time Out uitgevoer deur die Dave Brubeck Quartet: 1959 oorspronklik vrygestel op Columbia Records CL1397. Nuwe digitale meesteropname gemaak en hervrygestel as Take Five deur Not Now Music Ltd 2011) 1.3 Identifiseer die jazzstyl. Cool Jazz 1.4 Motiveer jou antwoord in 1.3 met verwysing na twee kenmerke van die styl. Ongewone/onreëlmatige groepering van maatslae, gebruik van die simbale in plaas van tromme om die maatslag/groepering van die maatslae te beklemtoon, beperkte dinamiese omvang, warm toonkleur van die saksofoon, swingstyl agste-note. Vir luister, nie vir dans nie, meer verwerk – minder geïmproviseer as Behop, politonies, polifonies/kontrapuntaal. Ongewone instrumente soos vibrafoon, Franse Horing. Enige ander oortuigende antwoord sal aanvaar word. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 15 1.5 Luister weer na Snit 2 en merk die korrekte antwoord om die ritme van een 4-maatfrase van die uittreksel te toon.  1.6 Noem 'n kunstenaar of groep wat met hierdie styl geassosieer word. Dave Brubeck Quartet/Paul Desmond/Modern Jazz Quartet 1.7 Luister na Snit 3 (Gavotte uit Simfonie No. 1 in D "Klassiek" deur Sergei Prokofiev) terwyl jy die melodiereël volg in die Hulpbronboekie, BYLAAG A. Dit is die Gavotte, die derde beweging uit die "Klassieke" Simfonie deur Prokofiev wat in 1917 gekomponeer is. 1.7.1 Voltooi die volgende: Seksie B begin by maat 12 maatslag 3 en seksie A2 begin by maat 28 maatslag 3. 1.7.2 Identifiseer die toonaard van seksie B. G Majeur 1.7.3 Wat is die verhouding van hierdie toonaard met die tonikatoonaard? Subdominant 1.7.4 Luister na Snit 3a, wat by maat 122 begin, en noteer die melodie in maat 17, 18 en 19. Hierdie frase is 'n presiese herhaling van die vorige frase tot by maat 192. SIEN SÓ NA: Maat 17: 0.5/Maat 18: 0.5/Maat 19: 1 1.7.5 Gee die maatnommers van 'n patroon en sekwens in die musiek. Maat 43 tot 62/Maat 63 tot 82 Maat 83 tot 102/Maat 103 tot 122 Of enige ander korrekte antwoord. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 15 VRAAG 2 Luister na Snit 4 ("Reviewing the Situation" uit Oliver! deur Lionel Bart; 1991; Nasionale Simfonie-orkes gedirigeer deur John Owen Edwards; TER Ltd CDTER1184) 2.1 Identifiseer die karakter wat jy hoor. Fagin – 'n Joodse dief wat 'n bende straatkwajongens in Londen lei. Hulle is sakkerollers. 2.2 Noem die konteks van hierdie lied in die musiekvertoning. Dit word teen die einde van die musiekvertoning gesing waar Fagin nadink oor sy persoonlike situasie; wat hy met sy lewe gedoen het en hoe hy dit moet verander: moontlik deur die smal pad te bewandel. 2.3 Identifiseer en lewer kommentaar op twee kenmerke in die musiek wat die gehoor inlig oor die karakter se kulturele agtergrond. Fagin is Joods: die gebruik van die "oem-pa-pa"-bas, wat tipies is van die Joodse Klezmer-styl – 'n tradisionele Joodse/Hebreeuse/Israeliese musiekstyl; viooltussenspele deur die Joodse Frigiese modus te gebruik en die geleidelike accelerando, wat herinner aan tradisionele Israeliese liedere soos "Hava Nagila". 2.4 Hoe is hierdie lied tipies van 'n musiekteaternommer? Dit vertel ons meer van Fagin se karakter, veral die gemengde gevoelens wat hy oor sy huidige lewe het. Die karakter gaan aan die sing. Onderbreuk deur dialoog, beweeg die aksie vorentoe, vertel vir ons van die karakter se gedagtes en emosies, nie tegnies veeleisend nie, 32-maat, AABA. Luister na Snit 5. Dit is die inleiding tot Snit 4 (Inleiding tot "Reviewing the Situation" uit Oliver! deur Lionel Bart; 1991; Nasionale Simfonie-orkes gedirigeer deur John Owen Edwards; TER Ltd CDTER1184) 2.5 Hoe skep die komponis spanning in die inleiding tot hierdie nommer? Wat verdryf die spanning namate die lied vorder? Forte, akkoord en tremolo op lae snaarinstrumente en pouke. Dalende tweenootpatrone wat sekwensieel styg, voluitgehoue noot/pedaal in LH. Stygende drieklankpatrone. Chromatiek. Aksente. Mineur toonsoort. Basstem speel stygende motief. Pouse/maat se rus. Verminderde 7des. Spanning word verdryf deur vinniger tweede seksie van die vers met die oem-pa-bas. Fluitpatroon – 4 agste-note op afwisselende note. Spottende aard van die lirieke. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 15 VRAAG 3 Luister na Snit 6 (1ste tema uit Simfonie No. 40 in g mineur deur W.A. Mozart: "Music, An Appreciation" Roger Kamien-CD's om die 9de uitgawe te vergesel; Skyf 3 Snit 10; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) 3.1 Watter tema van die beweging word in die uittreksel gehoor? 1ste tema 3.2 Mozart het hierdie tema uit 'n 3-nootmotief ontwikkel – hieronder gedruk. Noem drie komposisietegnieke wat hy gebruik het en beskryf hoe hy dit gebruik het om die 4-maatfrase te konstrueer. Herhaling, Variasie en Sekwens (1 punt elk = 3 punte): Nadat ons die motief vir die eerste keer hoor, herhaal hy dit onmiddellik, dan herhaal hy dit en brei dit uit/varieer dit deur 'n stygende 6de na die 3de noot by te voeg. Dan gebruik hy die ritme s-s-l in 'n dalende 3-nootpatroon wat hy twee keer opvolg – dalend. (2 punte vir die beskrywing van die gebruik daarvan.) Vraag en antwoord. 3.3 Noem die Mannheim-tegniek wat in die eerste twee note van die motief aanwesig is. Die Mannheim-sug Luister na Snit 7a en 7b (2de tema uit terugkeer en uiteensetting uit Simfonie No. 40 in g mineur deur W.A. Mozart: "Music, An Appreciation" Roger Kamien-CD's om die 9de uitgawe te vergesel; CD 3 Snit 17 en Snit 12; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) 3.4 Watter tema van die beweging word in die snitte gehoor? 2de tema 3.5 Verduidelik die verskil in tonaliteit tussen die twee weergawes van die tema. Snit 7a is uit die terugkeer: ons weet dit want dit is in 'n mineur- toonaard (g mineur) en die 2de tema is altyd in die tonikatoonaard in die terugkeer. Snit 7b is uit die uiteensetting – dit is in 'n majeurtoonaard (B-mol majeur). Dit is te verwagte aangesien die 2de tema in die dominant is of, soos in die geval van hierdie simfonie wat in g mineur begin, in die relatiewe majeur. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 15 3.6 Luister weer na Snit 7b. Identifiseer en benoem, op die tema wat hieronder gedruk is, die kadense wat aan die einde van elke frase gehoor word. Onthou om die toonaard te noem. g mineur Onvolmaakte kadens Volmaakte kadens 3.7 Noem twee kenmerke van hierdie werk, buiten orkestrasie/instrumentasie, wat aandui dat dit in die Klassieke tydperk geskryf is. Die tekstuur is hoofsaaklik homofonies deurgaans; die frases is gebalanseerd: 4 mate; melodie is motiwies; modulasie is na nou verwante toonaarde; struktuur is 'n duidelike sonatevorm. Periodiese frasering, onvergeetlike melodie, gebruik van die Mannheim-sug, gevarieerde stemmings in vergelyking met Barok, diatoniese harmonie, klassieke sonate siklus, geleidelike dinamiese verandering. Enige ander geldige antwoord wat nie na die orkestrasie/ instrumentasie verwys nie. VRAAG 4 Luister na Snit 8 (Erlkönig: Maat 86–97) en Snit 9 (Erlkönig: Maat 116–123: "Music, An Appreciation" Roger Kamien-CD's om die 9de uitgawe te vergesel; CD 4 Snit 52 en Snit 53; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) 4.1 Identifiseer die 'karakter' wat in hierdie twee snitte uitgebeeld word. Erlkönig 4.2 Voltooi die tabel hieronder om die twee uittreksels te vergelyk. ELEMENT SNIT 8 SNIT 9 Tonaliteit [0.5 × 2 = 1] Majeur Majeur en Mineur Begeleidingspatroon Gearpeggieer Herhalende triole in RH [0.5 × 2 = 1] IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 15 4.3 Verduidelik met verwysing na die verhaal en na die elemente in die tabel hierbo die verandering in toon tussen die twee verse. In die eerste uittreksel probeer die Erlkönig die kind verlei – wat die rede is waarom Schubert die majeurtoonaard gebruik, wat kontrasteer met die voorafgaande seksies wat gesing word deur die verteller, vader en seun in die mineurtoonaard. In die tweede uittreksel raak die Erlkönig ongeduldig omdat hy nie sy sin kry met die seun nie, wat die rede is waarom dit in die majeur begin maar in die mineur eindig om die Erlkönig se frustrasie en woede vir die kind te weerspieël. Die gearpeggieerde klavierbegeleiding in die eerste uittreksel spieël die verleidelike aard van die Erlkönig maar namate hy kwaad word, handhaaf Schubert die herhalende trioolpatroon in die regterhand, wat bydra tot die spanning in die woorde. Gearpeggieerde patroon kan ook die dansery van die Erlkönig se dogters weerspieël. NB: Verwysing moet in die verduideliking gemaak word na die bedoeling en "stemming" van die Erlkönig. Eenvoudige herhaling van die feite uit die tabel sal nie punte verdien nie. Luister na Snit 10 (Erlkönig oorspronklike Maat 57–72; "Music, An Appreciation" Roger Kamien-CD's om die 9de uitgawe te vergesel; CD 4 Snit 51; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) en Snit 11 (Erlkönig georkestreer deur Liszt Maat 57–72 Hermann Prey, bariton, Münchense Filharmoniese Orkes onder leiding van Gary Bertini 1977 <https://www.youtube.com/watch?v=Uvd2fJGo3oI>), wat verskillende verwerkings van dieselfde seksie van die werk is. 4.4 Lewer, met verwysing na die verhaal, kommentaar op die effektiwiteit van die georkestreerde weergawe in vergelyking met die oorspronklike toonsetting. Dui aan watter weergawe jy verkies en gee 'n rede vir jou keuse. Gevoel van die perd wat galop word in die snaarinstrumente gehandhaaf, maar baie sag. Die gebruik van die gebroke akkoorde in die fluit met die ligte harpbegeleiding dien om die verleidelike toon van die Erlkönig te beklemtoon. In die oorspronklike verander die begeleidingspatroon van die triole in die RH na die verdeling van die trioolpatroon tussen die twee hande. Maar daar is geen kontramelodie in die oorspronklike nie. Eie mening – geen punt vir mening nie: 1 punt vir rede. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 15 VRAAG 5 Luister na Snit 12 ("If I were a Rich Man" uit Fiddler on the Roof deur Jerry Bock, Sheldon Harnick en Joseph Stein: <https://www.youtube.com/ watch?v=RBHZFYpQ6nc>) en Snit 13 ("Madamina – Catalogue Aria" uit Don Giovanni deur Mozart. Music – An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de uitgawe te vergesel: Skyf 3 Snit 64 en 65; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) Die lirieke vir Snit 12 en 'n bietjie agtergrond vir die werk kan in die Hulpbronboekie as BYLAAG B aangetref word. Vergelyk in 'n opstel ooreenkomste en verskille tussen die twee stukke wat in Snit 12 en Snit 13 gehoor word. Doen ook die volgende benewens die vergelyking wat die hoofdeel van jou opstel sal vorm: • Verskaf 'n kort agtergrond vir die twee genres. • Lewer kommentaar op die uitbeelding van karakters in die musiektoonsettings. • Noem die konteks van die uittreksel uit jou voorgeskrewe werk en noem die karakter wat sing. Bied ter afsluiting jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met verwysing na die gebruik van twee musiekelemente. Maak seker dat jy die twee stukke vergelyk en nie net die genres nie. Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik: RUBRIEK VIR OPSTEL Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die twee werke met verwysing na beide 16–20 die algemene kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die gebruik van die musiekelemente aangebied. Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en verskaf 'n vergelyking van die twee werke met verwysing na beide die algemene 10.5–15.5 kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in terme van die gebruik van die musiekelemente. Kan al die vereistes aanspreek, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die vraag en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die twee werke is beperk met slegs gedeeltelike verwysing na óf die algemene kenmerke van die genres óf die 5.5–10 spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening is beperk met min of geen verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen die afdelings van die opstel. Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs 0.5–5 'n vae verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie. DIE ANTWOORD OP HIERDIE VRAAG MOET IN OPSTELVORM GESKRYF WORD – DIE MEMO IS GETABULEER OM NASIENWERK TE VERGEMAKLIK. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 15 SNIT 12 If I were a rich man SNIT 13 Madamina Genre en tipe Musiekvertoning – Solosang Komiese opera/Dramma Giocoso – Aria nommer ste Tydperk/Eeu 20 eeu Klassieke tydperk Tevye – 'n arm, Russiese Jood wat 'n Leporello – Don Giovanni se dienskneg melkman is. Hy is getroud met Golde. en vleuel. Laer klas – "onopgevoed", Karakter (Inligting verskaf, dus geen punt hiervoor maar beskerm DG ten alle koste. Hy wil nie.) graag soos DG wees. Naby aan die begin van die musiek- vertoning – 4de nommer. (Inligting Leporello "troos" Donna Elvira, wat verskaf, dus geen punt hiervoor nie.) onlangs deur Don Giovanni afgesê is, Konteks Tevye wens hy was ryk en verbeel hom deur haar te voorsien van 'n lys van DG hoe sy lewe sal wees as hy ryk is. se vorige verowerings. (Lirieke verskaf, maar nie verduidelik nie, dus kan 'n punt hiervoor toegeken word.) Ons hoor 'n kort monoloog aan die begin A B: daar is 'n duidelike definisie tussen van die uittreksel – wat tipies is van die twee seksies. musiekteater, d.w.s. dialoog word Seksie A: hy lys die getal vroue wat DG Struktuur gepraat in plaas van gesing in resitatief. verlei het – en die lande waarvandaan A B A B C B A-koda (nie 'n standaard- hulle kom. struktuur vir musiekvertoning nie – sal Seksie B: hy beskryf DG se verleidings- AABA of vers-koor verwag). tegnieke vir verskillende tipes vroue. Modaal – maar daar is geen verlaagde de 2 nie, dus is dit nie waarlik in die Joodse Frigiese dominantmodus nie [1 – Tonaliteit D majeur ♭2 – 3 – 4 – 5 – ♭6 – ♭7 – 1], hoewel de de daar 'n verlaagde 6 en 7 is. Dit klink modaal. Mineur. A = 4/4 Metrum 4/4 B = 3/4 – in die styl van 'n menuet A matige tempo, maar gebruik word gemaak van pouses na B – gevolg deur 'n tempo. Die sentrale seksie (C) is stadiger en het groter vryheid van tempo A = Vinnig – Allegro: dit pas baie goed Tempo – resitatiefagtig. Die "sugte" aan die by die "lys" van DG se verowerings. einde van elke B-vers maak 'n effense B = Stadig – Andante. vertraging gevolg deur 'n tempo moontlik. Die koda maak ook vryheid van tempo moontlik. Daar is twee duidelike melodieë: A – "if I were a rich man" beweeg in tone en halftone. Dit is redelik herhalend en het 'n beperkte omvang. B – "I'd build a big tall house …" open met drie stygende In seksie A is die melodie en begeleiding note met 'n pouse op elkeen; 'n maat van drieklankig. Die melodiese omvang is herhaalde note word gevolg deur 'n effens wyer as in "Reviewing". Daar is 'n stygende en dalende patroon voor dit element van "rammel" in hierdie seksie, terugkeer na die herhaalde note. wat toepaslik is vir die "lys" en dit pas Die toonsetting van die woorde is ook by Leporello se karakter. hoofsaaklik sillabies, wat bydra tot 'n In seksie B is die melodie liries om die Melodie en ritme "rammel"-styl. deugde van die dames en die maniere Die kontrasterende C-frase het 'n meer waarop DG hulle verlei, te beklemtoon. liriese "melodie", wat 'n duidelik Hy weerspieël die karakter van die vroue Hebreeuse/Joodse klank het. Die ritme in die musiek: "Tall ones – majestic" – hier word voorgeskryf deur die ritme van lang nootwaardes, crescendo, ritardando die woorde, soos wat in 'n resitatief sal na die einde van die frase/"The little gebeur. ones" – kort note, lig, mezzo forte, effens Woordskildering: "staircase going up" – staccato. stygende frase in begeleiding/"coming down" – dalende frase in begeleiding. Kort "kadensa" aan die einde van C: tipies Hebreeuse/Joodse klank. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 15 Tevye is Joods, soos Fagin in Oliver!, en baie van die musiekkenmerke in "Reviewing the Situation" is hier duidelik: die gebruik van die "oem-pa-pa"-bas, wat tipies is van die Joodse Klezmer-styl – 'n tradisionele Joodse/Hebreeuse/ Rammelstyl in seksie A help om Israeliese musiekstyl; kort Leporello se posisie in die samelewing Toonsetting van kontramelodieë op die klarinet wat as 'n dienskneg/laerklas-/onopgevoede/ woorde/ klanke soos 'n Joodse [Frigiese] modus komiese karakter te beklemtoon. Karakterisering gebruik en die effense accelerando wat In Italiaans. Word gewoonlik in herinner aan tradisionele Israeliese oorspronklike taal gesing. liedere soos "Hava Nagila". Daar is 'n element van rammelsang in die 2de deel van die vers – wat verwys na sy laer klas/komiese/"onopgevoede" karakter. In Engels. Kan vertaal word. Die openingsfrase word onbegeleid deur Tevye gesing (bas). Die orkesbegeleiding tree geleidelik in: Klassieke orkes: gepaarde snaarinstrumente en klarinet (wat blaasinstrumente (geen klarinet nie); soortgelyke melodiese patrone aan die twee horings; snaarinstrumente. 'n viool in "Reviewing …" speel – wat bydra Toonkleur Klavesimbel word heel aan die begin tot die Joodse/Hebreeuse gevoel, gehoor (oorblyfsel van die resitatief wat tokkelbasnote, trompet/koperblaas- die aria voorafgaan); snaarseksie. instrumente. Tamboeryn om die Basstem. tussenslae te beklemtoon. Simbale. Kitaar, harp; akkordeon; Glockenspiel. Skuurwerf klanke. Melodie is dominant, maar daar is kontramelodieë in die snaarinstrumente – dit doen nie afbreuk aan die melodie Homofonies – tipies van 'n sololied in nie, maar bied bykomende Tekstuur musiekteater. interessantheid. Daar is baie nabootsing tussen die eerste viole en die basse aan die begin, en later tussen snare en houtblaasinstrumente. Die aria begin sag, klavier, en daar is 'n ligte aanraking in die afsonderlike agste- Eerste deel van elke vers is sag, met die note. Mozart maak gebruik van skielike herhaling wat hard gesing word. dinamiese veranderinge van piano na Dinamiek en Tokkelnote in die snaarinstrumente. forte, maar die dinamiese omvang is artikulasie Ligte staccato beklemtoon die ritme. beperk. Hy gebruik 'n crescendo na forte Seksie C: baie harder en legato. aan die einde van seksie A. Seksie B Crescendo na 'n grootse einde. begin sag en daar word meer gebruik gemaak van geleidelike dinamiese veranderinge in hierdie seksie. Elemente van katalogisering in beide stukke – kenmerkend aan opera buffa. Beide is humoristies. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 15 VRAAG 6 Luister na Snit 14 (Yardbird Suite – Charlie Parker uit die album The Genius of Charlie Parker; 2005; Savoy Jazz) terwyl jy die melodieblad hieronder volg. (Yardbird Suite – Charlie Parker; Melodieblad; <http://www.onlinesheetmusic.com/yardbird-suite>) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 15 6.1 Identifiseer die jazzstyl en noem die dekade waarin dit ontwikkel het. Bebop – 1940's 6.2 Waarom het hierdie styl ontwikkel? Solojazzkunstenaars wat saam met groot orkeste gespeel het, was nie meer tevrede met die beginsels van "big band" jazz nie en wou terugkeer na die basiese beginsels van jazz wat solo-improvisasie in die middel van die genre geplaas het. 6.3 Noem twee kenmerke wat jy in die opname kan hoor wat tipies is van die styl. Klein kombinasie: voorry en ritmeseksie; solosaksofoon en trompet; vinnige tempo; kort nootwaardes; ry-en-slag-simbale opmerklikste in ritmebegeleiding met toevallige "bomme" op die bastrom. Motiwiese melodie – kort frases. Gebruik van chromatiek. Artikulasie. Solo- improvisasie – beperkte gesamentlike improvisasie. Virtuose spel. Asimmetriese frases, walking bass, gefragmenteerde melodie. 6.4 Merk die seksies (vorm) van die stuk duidelik op die melodieblad. Let asseblief op dat daar 'n 8-maat inleiding is wat nie op die melodieblad aangedui is nie. Inleiding – nie op melodieblad nie; A: 1–8; A: 1–8 (2de tydmaat) – geen punt hiervoor nie; B: 9 – 16 (1 punt); A: 17–24 (1 punt) 6.5 Gebruik die tabel hieronder om kommentaar te lewer op die improvisasies. Beskryf die Solo-instrument/e begeleiding Improvisasie 1 Saksofoon Walking bass/ Afwisselende gedempte klavierbegeleiding/ligte Improvisasie 2 trompet en saksofoon ritme op snaartrom. In die 4de improvisasie Improvisasie 3 Saksofoon en kitaar het die klavier 'n kort solo Klavier en dan en keer dan terug na die Improvisasie 4 saksofoon en trompet begeleidende rol. om te eindig IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 15 VRAAG 7 Luister na Snit 15. Dit is 'n lied genaamd Back of the Moon uit die Suid-Afrikaanse jazzmusiekvertoning King Kong, in 1958 gekomponeer deur Todd Matshikiza. Die lirieke word as BYLAAG C in die Hulpbronboekie gereproduseer. 7.1 Identifiseer en lewer kommentaar op die sosiale toestande waarna in die lied verwys word wat die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse stadsmusiek van die laat 19de eeu af beïnvloed het. Shebeens, blikkiesdorpe en pondokke "gebou vir swart mense". Selfs voor Apartheid was daar skeiding van die rasse. Blikkiesdorpe het ontwikkel toe mans uit die landelike gebiede na stedelike gebiede getrek het op soek na werk in die myne. Lewensomstandighede was swak. Omdat swart mense nie toegelaat is om drank te koop nie, het shebeens – onwettige drinkplekke waar onwettige alkohol gebrou is – sosiale vergaderplekke in die blikkiesdorpe geword. Musiek is in die shebeens gespeel en baie style het ontwikkel en is in shebeens gespeel lank voor dit opgeneem is. Mynhostelle. 7.2 Beskryf die musiekeienskappe van EEN styl van Suid-Afrikaanse stadsmusiek wat voor 1958 ontwikkel het as 'n direkte gevolg van die sosiale toestande wat jy hierbo genoem het. Marabi: "bendelede" – klavier-/klawerbordmusiek wat deur ragtime (gesinkopeerde RH/bestendige LH) beïnvloed is met baie improvisasie in die LH. Het die klante na die shebeens gelok vanweë die lewendige, op-slag styl. Sikliese harmoniese progressie: die marabiprogressie: I IV Ic V onderstut die musiek/improvisasies. Goedkoop pedaal orrel. OF Kwela: "staan op" – kwêlafluitmusiek wat met blikkiesdorpe en shebeens geassosieer word. Omdat shebeens onwettig was, het die polisie dikwels klopjagte uitgevoer. Jong kwelaspelers sou op die straathoeke staan en hul kwêlafluite speel om shebeenklante teen die naderende polisie te waarsku. Gekenmerk deur kort, herhalende melodiese frases en herhalende, sikliese harmoniese progressies gebaseer op I, IV en V. Gebruik dikwels die marabiprogressie. Aanvaar ook: Isicathimiya, Sophiatown Jazz, Township Jazz IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 15 Luister na Snit 16 (Duke Ellington: C-Jam Blues; "Music, An Appreciation" Roger Kamien-CD's om die 9de uitgawe te vergesel; CD 1 Snit 10–18; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006) en Snit 17 (Way Back '50s uitgevoer deur Uhadi) 7.3 Identifiseer eienskappe met betrekking tot Snit 16 in Kolom A en eienskappe met betrekking tot Snit 17 in Kolom B. Plaas drie regmerkies (3) in Kolom A en drie regmerkies (3) in Kolom B. KOLOM A KOLOM B Eienskappe van Eienskappe van Snit 16 Snit 17 Viervoudige metrum Oorspronklik 'n  klawerbordstyl Walking bass  I – IV – Ic (I6/4) – V  Swingstyl agste-note 12-maatblues  Triole Sikliese struktuur  3-maatriff  7.4 Noem twee eienskappe uit die lys hierbo wat gemeenskaplik is aan die twee snitte. Viervoudige metrum, swingstyl agste-note. 7.5 Hoe het die style wat deur Snit 16 en Snit 17 verteenwoordig word, bygedra tot die ontwikkeling van mbaqanga/Sophiatown-jazz in die 1950's? Marabi: die "marabi"-akkoordprogressie (I – IV – Ic/I 6/4 V) word gereeld in Mbaqanga gebruik; andersins sal die akkoordprogressie hoofsaaklik I, IV en V gebruik. Swing/Big Band: Beïnvloed deur die instrumentasie van Mbaqanga: saksofone, trompette. Swingritme van albei style is in Mbaqanga aanwesig. Eenvoudige melodieë. Alle style is in vierslagmaat met onderverdelings in agste-note. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 15 Luister na Snit 18 (Ndodemnyama – Beware Verwoerd deur Vuyisile Mini: Album: Miriam Makeba – Africa; Novus Series 70 <https://www.youtube.com/ watch?v=DYwgmOxhUvk>) en verwys na die vertaalde lirieke en agtergrond vir die lied wat in BYLAAG D in die Hulpbronboekie verskaf word. 7.6 Ndodemnyama (Snit 18) en jou voorgeskrewe werk, Meadowlands, protesteer albei teen aspekte van apartheid. Vergelyk die lirieke van die twee liedere. Dui aan watter lied na jou mening 'n effektiewer manier van protes is en gee drie redes vir jou siening. Die antwoord moet as 'n paragraaf geskryf word – die tabel is net vir maklike verwysing. 3 punte vir die vergelyking van die lirieke. 3 punte vir redes: geen punt word vir mening toegeken nie. Ndodemnyama Meadowlands Lirieke Meer herhalend as dié van Drie tale – isiZulu, seSotho Meadowlands. en Tsotsitaal. Hoofsaaklik een taal – Groter verskeidenheid isiXhosa. "Passop" = emosies, byvoorbeeld we Afrikaans. don't want to move! our 'n Waarskuwing aan beloved place – beide sinies Verwoerd – daar is geen en opreg gebruik/vertel verhaal nie en net negatiewe meer van 'n verhaal. emosie. Redes vir effektiwiteit as 'n proteslied: Snit 18: eenvoudige, herhalende lirieke: maklik om te leer en te onthou. Kan 'n skare maklik opwerk: dit is krygshaftig aan die begin. Noem Verwoerd by die naam – skep eenheid onder die mense teen 'n gemeenskaplike "vyand". Snit 19: aansteeklike melodie en ritme maar meer dubbelsinnig as 'n proteslied omdat "our beloved place" sinies en opreg gebruik word. Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all