Skip to content
Memorandum

Music Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Music Paper 2 memorandum from the 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: MusicGrade 12201710 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 MUSIEK: VRAESTEL II NASIENRIGLYNE Tyd: 1½ uur 50 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 10 VRAAG 1 1.1 Voeg die ontbrekende note by om die toonleer van C-kruis harmoniese mineur te voltooi. SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd. 1.2 Voeg die nodige skuiftekens by om die majeurtoonleer te skep waarvan die gegewe beginnoot die dominant is. SIEN SÓ NA: (E-mol Majeur): Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd. 1.3 Skryf die toonleer van D melodies mineur, stygend, met 'n toonaardteken. Gebruik die gegewe tydmaatteken, en jou eie ritme, en groepeer die note korrek. Eindig op die gegewe nootwaarde en voltooi die tweede maat met rustekens. SIEN SÓ NA: Toonleer met toonaardteken ingesluit = 1; die toonleer is reg of verkeerd. Groepering: 1 punt – maat 1 0.5 per maatslag Rustekens: 1 punt – maat 2 Enige groepering sal aanvaar word, solank dit korrek is in saamgestelde tweeslagmaat. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 10 1.4 Harmoniseer die volgende sopraannote om 'n onderbroke kadens in vier dele (SATB of vir klawerbord) te vorm. Gebruik die dominante sewende tetrade. Noem die toonaard en besyfer die akkoorde. Gebruik korrekte stemleiding. SIEN SÓ NA: V7 = 1 punt; VI = 1 punt. Oplossing: Leinoot moet styg na tonika = 7de moet val na mediant. – 0.5 vir geen besyfering /– 0.5 vir verkeerde oplossing. 1.5 Skryf die bluestoonleer op D. Gebruik heelnote. SIEN SÓ NA: 1 punt: die toonleer is reg of verkeerd. 1.6 Voeg die nodige skuiftekens by om die A Lidiese modus te skep. SIEN SÓ NA: 1 punt: modus is reg of verkeerd. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 10 1.7 Identifiseer die toonleer wat in hierdie melodie gebruik word. ANTWOORD: Heeltoon [op G] 1.8 Bestudeer die uittreksel hieronder en kies drie (3) stellings uit die gegewe lys wat die musiek die beste beskryf. Saamgestelde majeur Onreëlmatige metrum Kontrabeweging 7de Gelyke beweging Doriese modus Ostinato Reëlmatige en Pentatoniese Pedaalpunt onreëlmatige metrum toonleer Slegs 3 moet gekies word IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 10 1.9 Identifiseer elke noot aan die hand van sy (1) graad en (2) tegniese naam volgens die gegewe toonaardteken. MAJEURTOONAARD MINEURTOONAARD Graad van die 2nd (0.5) 5th (0.5) toonleer: Tegniese naam: Supertonika (0.5) Dominant (0.5) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 10 VRAAG 2 Verwys na die melodie wat hieronder gedruk is. ["Who will buy?" uit Oliver! Bladsy 105, Maat 91–105: Oliver! deur Lionel Bart; 1960; Lakeview Music Publishing Co. Ltd, Londen.] 2.1 Noem die toonleer wat in hierdie melodie gebruik word. Pentatonies 2.2 Wat is die struktuur (vorm) van die hele melodie? AABA 2.3 Identifiseer met verwysing na die melodie hierbo ooreenkomste in die manier waarop Mozart en Bart die sosiale status van hul karakters in die musiek uitbeeld. Leporello en Fagin is albei komiese karakters (in 'n mate): albei sing in die "rammel"-styl wat hul laer klas beklemtoon, vermoedelik beperkte opvoeding. Chromaties, konjunk, noue omvang. Donna Anna en Oliver is albei van 'n hoër sosiale klas, alhoewel Oliver se huidige situasie dit nie weerspieël nie. Hulle sing albei liriese melodieë met lang frases, byvoorbeeld "Who will buy?" (Oliver!) en Donna Anna se reëls in die inleiding tot Don Giovanni. Melismaties, wye omvang. Gepunteerde ritmes, legato, diatonies. 2.4 Verwys na BYLAAG A in die Hulpbronboekie. Identifiseer die tekstuur van die uittreksel. Verduidelik hoe Lionel Bart die tekstuur skep. Polifonies – baie melodieë terselfdertyd (1 punt). Elkeen van die straatverkopers het sy/haar eie melodie wat aanvanklik individueel gehoor word, maar in hierdie seksie is dit so geskryf dat hulle oorvleuel en 'n polifoniese tekstuur skep (1 punt). IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 10 VRAAG 3 Die volgende vrae word gebaseer op BYLAAG B ["Cool" uit West Side Story deur Leonard Bernstein], C [Uittreksel uit Bedryf 2 van La Traviata deur Giuseppe Verdi], D [An Sylvia deur Schubert] en E [4de beweging uit Simfonie No. 101 deur Franz Josef Haydn <http://ks.imslp.net/files/imglnks/usimg/8/89/IMSLP28930-PMLP07581-haydn- sym-101-mvmt4-ccarh.pdf>] in die Hulpbronboekie. 3.1 Verwys na BYLAAG B in die Hulpbronboekie. 3.1.1 Identifiseer die eeu/stilistiese tydperk waarin hierdie werk geskryf is. 20ste eeu (21ste ook aanvaarbaar)/Modern of Postmodern 3.1.2 Gee op grond van die instrumentasie van die uittreksel 'n rede vir jou antwoord in 3.1.1. Die orkestrasie sluit saksofone, xilofoon, vibrafoon, elektriese kitaar en klavier in. Groot slaginstrumentseksie. 3.1.3 Identifiseer die toonleer wat in die motief gemerk W gebruik word. W: Chromatiese toonleer 3.1.4 Identifiseer die intervalle gemerk (i) en (ii). (i) Majeur 7de (ii) Verminderde 5de 3.1.5 Voeg die korrekte tydmaatteken by die eerste maat van die frase wat hieronder gedruk is. 3/2 IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 10 3.1.6 Die frase hieronder is geskryf vir trompet in B-mol wat klink soos 'n majeur 2de laer as wat dit geskryf is. Herskryf dit op konserttoonhoogte. Onthou om die nuwe toonaardteken en alle musiekbesonderhede in te sluit. SIEN SÓ NA: Toonaardteken = 0.5; 0.5 per noot × 7 = 3.5 (behalwe vir die gespande noot aan die einde). 3.2 Verwys na BYLAAG C. 3.2.1 Identifiseer die genre van hierdie uittreksel. Opera 3.2.2 Vergelyk die genres wat deur Bylaag B en Bylaag C verteenwoordig word met verwysing na 'n niemusiekelement. Bylaag B is Musiekvertoning/Musiekteater en Bylaag C is Opera. In Opera word die dialoog gesing/in musiekvertoning word dit gepraat. Musiekvertonings sluit dans in – operas gewoonlik nie. Opera word in Italiaans of Duits geskryf, maar musiekvertonings is in die taal van die land/Engels. 2 bedrywe/3–5 bedrywe; versterk, nie versterk. 3.2.3 Wat is die tekstuur van hierdie uittreksel? Gee 'n rede vir jou antwoord. Monofonies/Eenklankig (½): al die rolle sing en speel presies dieselfde noot, alhoewel in verskillende oktawe. (½) 3.2.4 Gebruik die frase wat hieronder gedruk is om melodiese omkering te demonstreer: SIEN SÓ NA: 0.5 per maat × 4 = 2. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 10 3.3 Verwys na BYLAAG D in die Hulpbronboekie. 3.3.1 Beskryf die kenmerke van die genre wat deur hierdie werk verteenwoordig word. Dit is 'n Duitse sangstuk wat 'n baie gewilde genre in die Romantiese tydperk geraak het vanweë die kombinasie van musiek en poësie. Duitse poësie met solostem + getoonset vir klavier. Klavier het 'n gelyke rol. Kan strofies/deurgekomponeer wees. Enige ander geldige antwoord. 3.3.2 Identifiseer die toonaard van die werk. A Majeur 3.3.3 Besyfer die akkoorde in die blok gemerk X. Maat 9 Maatslag 1: V Maat 9 Maatslag 2: V7d / V4/2 Maat 9 Maatslag 3: Ib / I6 3.4 Verwys na BYLAAG E in die Hulpbronboekie. 3.4.1 Identifiseer die genre en die stilistiese tydperk van die uittreksel. Klassieke simfonie. 3.4.2 Lewer kommentaar oor hoe die houtblaasafdeling van die orkes jou help om die styl van die werk te identifiseer. Die houtblaasinstrumente word gepaar, tipies van 'n klassieke orkes. 'n Meer prominente rol gegee in die orkes, bv. melodiese wisselwerking met strykers. 3.4.3 Herskryf die frase hieronder op dieselfde toonhoogte in die diskantsleutel. SIEN SÓ NA: 1 punt per maat IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 10 3.4.4 Verwys na maat 43 in die partituur. Soek en noem die nieharmoniese note in die gedeeltes vir tweede viool en viola. Benoem dit op die uittreksel hieronder. Beklem- toonde brugnote Laer wisselnoot/ Aangrensende tone Totaal: 50 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all