Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
MUSIEK: VRAESTEL II
NASIENRIGLYNE
Tyd: 1½ uur 50 punte
Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en hulp-
eksaminators van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by
te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by
die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie.
Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van
beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder
die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende
vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all





Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Music Paper 2 memorandum from the 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Music · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 12
- File size
- 601.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 12
VRAAG 1
1.1 Skryf een oktaaf, stygend, van die toonleer waarvan die gegewe beginnoot
die mediant is. Moenie 'n toonsoortteken gebruik nie, maar voeg al die
nodige skuiftekens in.
SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd. 0,5 as dubbel
tonika weggelaat is
1.2 Voeg die ontbrekende note in om die toonleer van G-kruis melodiese
mineur te voltooi.
SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd.
1.3 Skryf die Frigiese modus in B-mol, dalend. Moenie 'n toonsoortteken
gebruik nie, maar voeg enige nodige skuiftekens in.
SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd.
1.4 Skryf die toonleer van C harmoniese mineur, stygend, met 'n toonsoort-
teken. Gebruik die gegewe tydmaatteken en jou eie ritme, en groepeer die
note korrek. Eindig op die gegewe nootwaarde en voltooi die tweede maat
met rustekens.
SIEN SÓ NA: Toonleer + Toonsoortteken = 1: die toonleer is reg of
verkeerd. Groepering met rustekens ingesluit: 0.5 per maatslag × 4 = 2
punte. Enige groepering sal aanvaar word, solank dit korrek is in
saamgestelde tweeslagmaat.
1.5 Voeg die nodige skuiftekens in om die chromatiese toonleer in E te skep.
SIEN SÓ NA: Toonleer = 1: die toonleer is reg of verkeerd.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 12
1.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.6.1 Merk drie (3) stellings uit die gegewe lys wat op die musiek van
toepassing is. ["Luckington"-verwerking. Malcolm Archer uit
After the Last Verse – 200 Hymn Improvisations – aangepas
deur die eksaminator]
Saamgestelde
Plagale kadens Terughouding x
tydmaat
Brugnote x Sekwens x Ostinato
Monofoniese
Pedaalpunt x Heeltoon-toonleer
tekstuur
Daar is vier moontlike antwoorde: slegs drie (3) moet gemerk word.
1.6.2 Soek en benoem die volgende intervalle duidelik op die musiek:
(i) 'n Vergrote 4de Maat 9 Maatslag 3 en Maat 11 Maatslag 3,
Bassleutel: B-mol tot E. Maat 123, 124: C-herstel tot F#,
Maat 151 D tot G#, Maat 10 maatslag 1, 3 en 4: C-herstel tot
F#
(ii) 'n Saamgestelde verminderde 5de Maat 13 Maatslag 2,
bassleutel: G# tot D en 13 Maatslag 4, bassleutel: A#–E.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 12
1.7 Harmoniseer die gegewe note in vier stemme (SATB of vir klawerbord) om
'n geskikte kadens te vorm. Maak gebruik van die dominante sewende-
tetrade. Onthou om die toonsoort te noem en die akkoorde te besyfer.
SIEN SÓ NA: V7 + oplossing = 2 punte. Benadering en finale
akkoord:0.5 elk. Geen besyfering/toonsoort = –0.5 elk; gedeeltelike
skryffoute = –0.5.
NB: in f mineur: die brugprogressie lb V7c I is nie 'n aanvaarbare
antwoord nie, aangesien dit nie 'n kadens is nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 12
VRAAG 2
Kies EEN van die musiekvoorbeelde (a), (b) of (c) hieronder en beantwoord die
vrae wat volg:
(a)
(b)
(c)
2.1 Skryf die letter van jou keuse neer en NOEM die werk en die komponis van
jou gekose voorbeeld, bv. (d) West Side Story – Leonard Bernstein.
(a) Catalogue Aria / Madamina uit Don Giovanni – W A Mozart OF
(b) Erlkönig – Franz Schubert OF
(c) "Who will buy?" uit Oliver! – Lionel Bart
2.2 Noem die karakter wat die uittreksel sing en gee die konteks van die
uittreksel in die werk as geheel.
(a) Leporello: hy noem sy meester (Don Giovanni) se verowerings
vir Donna Elvira op. Hy beskryf die vroue wat Don Giovanni
"verower" het OF
(b) Die Vader: hy kalmeer sy seun deur te sê "be still – all you can
hear/see are the leaves rustling on the trees" OF
(c) Die Roosverkoper: sy sing: "Will you buy my sweet red roses?"
Sy is 'n straatverkoper in Londen by wie ander verkopers
aansluit en almal sing oor hul produkte.
Sien met ononderbroke akkuraatheid na. Indien letter van uittreksel nie
genome is nie, geen punte.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 12
2.3 Definieer die tipe stuk/genre van jou gekose uittreksel. Motiveer waarom die
uittreksel 'n goeie voorbeeld van die tipe stuk wat dit verteenwoordig, is/nie
is nie. Verwys na die spesifieke stuk in plaas van na 'n groter werk waaruit
dit dalk geneem is.
(a) ARIA – 'n lied vir 'n solostem begelei deur orkes: dit is 'n goeie
voorbeeld van 'n aria want Leporello druk homself in sang uit.
Anders as in baie arias beskryf hy egter Don Giovanni se
verowerings in plaas van sy eie emosies. 'n Katalogus aria lys
items, wat hierdie 'n goeie voorbeeld daarvan maak. Kan ook 'n
Opera + definisie en motivering.
(b) LIED/KUNSLIED – 'n lied vir solostem begelei deur klavier – in
Duits gesing. Dit is 'n goeie voorbeeld van die genre want dit
pas by hierdie beskrywing en ook omdat die verhaal beide
natuurlike en bonatuurlike elemente insluit, wat tipies is van
Romantiek. Karakters word uitgebeeld deur die gebruik van die
boonste, middel- en onderste omvang van die stem. Die klavier
en die stem is gelyke vennote in die toonsetting, met die klavier
wat programmatiese elemente uitbeeld, soos die perd wat
galop.
(c) ENSEMBLE – 'n aantal karakters druk hul uiteenlopende
emosies tegelykertyd in sang uit. In hierdie nommer adverteer
elke verkoper sy/haar ware deur 'n spesifieke melodie te sing
met woorde wat verband hou met die goedere wat te koop is.
Anders as in baie ensembles druk hulle egter nie hul emosies
uit nie. Kan ook Musiekblyspel + definisie wees.
LET WEL: Die definisie moet in die antwoord ingesluit word.
Ander geldige punte in terme van die motivering sal aanvaar
word.
Puntetoekenning:
1 punt vir definisie.
1 punt vir motivering.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 12
VRAAG 3
Verwys na die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
(i)
(iii)
(ii) *
* * *
3.1 Identifiseer die toonleer wat in hierdie stuk gebruik is.
Pentatonies
3.2 Identifiseer die intervalle gemerk (i), (ii) en (iii).
(i) Rein 4de
(ii) Saamgestelde Mineur 7de/Mineur 14de
(iii) Saamgestelde Mineur 3de/Mineur 10de
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 12
3.3 Daar is verskeie veranderinge van tydmaatteken in hierdie stuk. Voeg die
korrekte tydmaattekens in op die plekke gemerk * op die partituur.
9/8; 7/8; 5/8; 3/8 (0.5 per tydmaatteken)
3.4 Herskryf maat 5, wat hieronder gedruk is, in die ekwivalente saamgestelde
tydmaatteken.
1 punt per maatslag, 0.5 per maatslag.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 12
VRAAG 4
Verwys na die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Ratisbon –
Melodie Werner se Choralbuch Leipzig, 1815. Geharmoniseer deur William
Henry Havergal & William Henry Monk. Aangepas deur die eksaminator. Uit
Ancient & Modern: Hymns and Songs for Refreshing Worship; Hymns
Ancient and Modern Ltd, Londen 2013]
X
4.1 Noem op die partituur die toonsoort en besyfer die akkoorde gemerk A, B,
C en D.
A: vib/vi6
B: IVb/IV6
C: V7b/V6/5
D: I
Geen sleutel = –0.5; as inversie nie aangedui is nie: –0.5
4.2 Noem die kadens gemerk X.
Onderbroke
4.3 Verduidelik die aanwesigheid van die A# in maat 7, 8 en 10.
Die A# is die leinoot van b mineur, wat die relatiewe mineurtoonsoort
is. Die stuk moduleer na b mineur.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 12
4.4 Voeg twee verskillende, geskikte akkoordvreemde note in die maat wat
hieronder gedruk is in en benoem hulle duidelik.
Brug-
note
Wisselnote/
Naburige note
Brugnote kan ingevoeg word tussen maatslag 1 en 2 in die sopraan-
en altstem, en tussen maatslag 3 en 4 van die sopraanstem. Wissel-/
naburige note kan ingevoeg word tussen maatslag 1 en 2 in die
tenoor- en basstem, en tussen maatslag 3 en 4 van die tenoorstem.
Appoggiatura en terughouding is ook moontlike alternatiewe geldige
antwoorde.
Slegs 0.5 as dit reg bygevoeg is, maar nie benoem is nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 12
VRAAG 5
Verwys na BYLAAG A, [Resitatief uit Bedryf 1 no. 14 van Cosi fan Tutte deur
W A Mozart https://www.everynote.com/opera.show/156092.note Besoek
10 Februarie 2018], B [3de beweging uit Simfonie No. 5 in c mineur deur
Beethoven; IMSLP00081-Beethoven_-_Symphony_No_5_in_C_Minor__Op_
67_-_III_-_Allegro Besoek 6 Januarie 2018], en C ["Little Shop of Horrors" uit
Little Shop of Horrors: Miller Music Service Catalogue Number: 2123625832
NY, NY] in die Hulpbronboekie.
5.1 Kies die korrekte woord/frase uit die volgende lys om elke uittreksel te
beskryf. Skryf jou antwoorde in die tabel hieronder en gee 'n rede vir elke
keuse.
BYLAAG BESKRYWING REDE
Sillabiese toonsetting van
A Resitatief woorde met beperkte
begeleiding.
Dit is in drieslagmaat: die 3de
3de beweging uit 'n beweging is 'n Menuet of 'n
B
simfonie Scherzo wat altyd in
drieslagmaat is.
Die stemme sing dieselfde
C Koor uit 'n musiekspel
woorde in harmonie in Engels.
Ander geldige redes sal aanvaar word.
5.2 Die volgende uittreksel is geskryf vir klarinet in B-mol wat klink soos 'n
majeur 2de laer as wat dit geskryf is. Herskryf dit op konserttoonhoogte.
Onthou om die nuwe toonsoortteken en alle musikale besonderhede in te
sluit.
SIEN SÓ NA: 0.5 vir elke noot × 6 = 3. Toonsoortteken = 1.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 12
5.3 Herskryf die volgende frase in die tenoorsleutel. Sluit die toonsoortteken in.
SIEN SÓ NA: Toonsoortteken = 1; 0.5 vir elke noot × 8 ÷ 4 = 2.
5.4 Gebruik die frase hieronder om die volgende te demonstreer:
(i) Omkering.
(ii) Ritmiese verkleining – sluit die rustekens in. Moenie die tydmaat-
teken verander nie.
OORSPRONKLIKE
OMKERING
VERKLEINING
SIEN SÓ NA: 1 punt per komposisietegniek. As maatlyn ingesluit is in
verkleining, slegs 0.5.
Totaal: 50 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo (Afrikaans)
Related documents

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Music

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB