Skip to content
Question paper

Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Music Paper 2 question paper from the 2018 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: MusicGrade 1220188 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2018 MUSIEK: VRAESTEL II EKSAMENNOMMER Tyd: 1½ uur 50 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n Hulpbronboekie van 4 bladsye (i–iv). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Maak die Hulpbronboekie in die middel van jou vraestel los. Die Hulpbronboekie sluit 'n bladsy gemerk vir rofwerk in. 2. Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word. Moenie enige vrae in 'n antwoordboekie beantwoord nie. 3. Die musieknotasie moet met 'n skerp potlood geskryf word. Die res van die vraestel moet met 'n pen beantwoord word. 4. Laat jou asseblief deur die puntetoekenning lei wanneer jy jou antwoorde beplan; die aantal reëls wat nodig is, sal van individuele handskrif afhang. Vermy dit om inligting in jou antwoorde te herhaal. 5. Een punt sal vir elke wesenlike feit toegeken word. 6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. Moenie Tippex gebruik nie. VRAAG PUNTE 1 15 2 6 3 9 4 8 5 12 TOTAAL 50 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 2 van 8 VRAAG 1 1.1 Skryf een oktaaf, stygend, van die toonleer waarvan die gegewe beginnoot die mediant is. Moenie 'n toonsoortteken gebruik nie, maar voeg al die nodige skuiftekens in. (1) 1.2 Voeg die ontbrekende note in om die toonleer van G-kruis melodiese mineur te voltooi. (1) 1.3 Skryf die Frigiese modus in B-mol, dalend. Moenie 'n toonsoortteken gebruik nie, maar voeg enige nodige skuiftekens in. (1) 1.4 Skryf die toonleer van C harmoniese mineur, stygend, met 'n toonsoort- teken. Gebruik die gegewe tydmaatteken en jou eie ritme, en groepeer die note korrek. Eindig op die gegewe nootwaarde en voltooi die tweede maat met rustekens. (3) 1.5 Voeg die nodige skuiftekens in om die chromatiese toonleer in E te skep. (1) IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 3 van 8 1.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Merk drie (3) stellings uit die gegewe lys wat op die musiek van toepassing is. Saamgestelde Plagale kadens Terughouding tydmaat Brugnote Sekwens Ostinato Monofoniese Pedaalpunt Heeltoon-toonleer tekstuur (3) 1.6.2 Soek en benoem die volgende intervalle duidelik op die musiek: (i) 'n Vergrote 4de. (1) (ii) 'n Saamgestelde verminderde 5de. (1) IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 4 van 8 1.7 Harmoniseer die gegewe note in vier stemme (SATB of vir klawerbord) om 'n geskikte kadens te vorm. Maak gebruik van die dominante sewende- tetrade. Onthou om die toonsoort te noem en die akkoorde te besyfer. (3) [15] VRAAG 2 Kies EEN van die musiekvoorbeelde (a), (b) of (c) hieronder en beantwoord die vrae wat volg: (a) (b) (c) 2.1 Skryf die letter van jou keuse neer en NOEM die werk en die komponis van jou gekose voorbeeld, bv. (d) West Side Story – Leonard Bernstein. (2) 2.2 Noem die karakter wat die uittreksel sing en gee die konteks van die uittreksel in die werk as geheel. (2) IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 5 van 8 2.3 Definieer die tipe stuk/genre van jou gekose uittreksel. Motiveer waarom die uittreksel 'n goeie voorbeeld van die tipe stuk wat dit verteenwoordig, is/nie is nie. Verwys na die spesifieke stuk in plaas van na 'n groter werk waaruit dit dalk geneem is. (2) [6] VRAAG 3 Verwys na die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. (i) (ii) * (iii) * * * 3.1 Identifiseer die toonleer wat in hierdie stuk gebruik is. (1) 3.2 Identifiseer die intervalle gemerk (i), (ii) en (iii). (i) (1) (ii) (1) (iii) (1) IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 6 van 8 3.3 Daar is verskeie veranderinge van tydmaatteken in hierdie stuk. Voeg die korrekte tydmaattekens in op die plekke gemerk * op die partituur op bladsy 5. (2) 3.4 Herskryf maat 5, wat hieronder gedruk is, in die ekwivalente saamgestelde tydmaatteken. (3) [9] VRAAG 4 Verwys na die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. X 4.1 Noem op die partituur die toonsoort en besyfer die akkoorde gemerk A, B, C en D. (4) IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 7 van 8 4.2 Noem die kadens gemerk X. (1) 4.3 Verduidelik die aanwesigheid van die A# in maat 7, 8 en 10. (1) 4.4 Voeg twee verskillende, geskikte akkoordvreemde note in die maat wat hieronder gedruk is in en benoem hulle duidelik. (2) [8] VRAAG 5 Verwys na BYLAAG A, B en C in die Hulpbronboekie. 5.1 Kies die korrekte woord/frase uit die volgende lys om elke uittreksel te beskryf. Skryf jou antwoorde in die tabel hieronder en gee 'n rede vir elke keuse. Lied Koor uit 'n musiekspel 3de beweging uit 'n simfonie Ensemble uit 'n opera Resitatief 2de beweging uit 'n simfonie BYLAAG BESKRYWING REDE A B C (3) IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 8 van 8 5.2 Die volgende uittreksel is geskryf vir klarinet in B-mol wat klink soos 'n majeur 2de laer as wat dit geskryf is. Herskryf dit op konserttoonhoogte. Onthou om die nuwe toonsoortteken en alle musikale besonderhede in te sluit. (4) 5.3 Herskryf die volgende frase in die tenoorsleutel. Sluit die toonsoortteken in. (3) 5.4 Gebruik die frase hieronder om die volgende te demonstreer: (i) Omkering. (1) (ii) Ritmiese verkleining – sluit die rustekens in. Moenie die tydmaat- teken verander nie. (1) [12] Totaal: 50 punte IEB Copyright © 2018

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all