Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
MUSIEK: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne is opgestel vir gebruik deur eksaminators en hulp-
eksaminators van wie verwag word om almal 'n standaardiseringsvergadering by
te woon om te verseker dat die riglyne konsekwent vertolk en toegepas word by
die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen bespreking of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer nie.
Ons erken dat daar verskillende standpunte oor sommige aangeleenthede van
beklemtoning of detail in die riglyne kan wees. Ons erken ook dat daar sonder
die voordeel van die bywoning van 'n standaardiseringsvergadering verskillende
vertolkings van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all





Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Music · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 15
VRAAG 1
Luister na Snit 1. [Uittreksel uit Bolero – Maurice Ravel: Ravel Bolero en
ander orkeswerke. Snit 14; CSR Simfonie-orkes (Bratislava), Kenneth Jean;
Naxos 8.550173 1988]
1.1 Identifiseer die herhalende komposisietegniek wat in die uittreksel gehoor
word.
Ostinato (party kan antwoord Riff).
1.2 Maak 'n regmerkie langs die ritme van die komposisietegniek wat jy hierbo
genoem het.
1.3 Luister na Snit 1a. Dit is die hoofmelodie uit Snit 1. [Getoonset op
Sibelius © deur die eksaminator.]
1.3.1 Maak 'n regmerkie langs die frase wat pas by wat jy hoor.
1.3.2 Voeg bindboë by waar nodig om te pas by die ritme wat jy hoor.
ANTWOORD: 0,5 per spanboog
Ononderbroke akkuraatheid: indien verkeerde melodie gekies is, maar bindboë is reg bygevoeg,
kan die punt vir bindboë toegeken word. Hulle sal egter punt vir 1.3.1 verloor.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 15
Luister na Snit 2. [Wals 2 uit Jazz Suite No. 2 – Dmitri Shostakovich:
Shostakovich The Jazz Album, Snit 13. Royal Concertgebouw Orchestra,
Riccardo Chailly. The Decca Record Company Limited, Londen, 1993]
1.4 Maak vier (4) regmerkies om eienskappe te identifiseer wat NIE in die
musiek aanwesig is nie.
Saamgestelde tydmaat Vierslagmaat
Dissonante harmonie Snaartrom en simbaal
Mineurtonaliteit Monofoniese tekstuur
Majeurtonaliteit Pizzicato
Polifoniese en
Ritardando – a tempo
homofoniese tekstuur
Luister na Snit 3. [Menuet uit Klaviersonate H XVII/11 deur Franz Joseph Haydn
uitgevoer deur Andrew Remillard: <https://www.youtube.com/watch?v
=msjjvrRWncE>. Besoek: 11 Februarie 2018]
1.5 Die agt mate uit Snit 3 is hieronder in lukraak volgorde gedruk. Herskryf
hulle op die notebalk wat hieronder voorsien word in die korrekte volgorde
om die 8-maatmelodie te vorm wat in Snit 3 gehoor word. Sluit die
tydmaatteken in.
SIEN SÓ NA: 2 FRASES × 1 PUNT = 2 PUNTE. Geen tydmaatteken: -0,5
Nasiening verander na 0,25 per staaf x8. Stawe en staafnommers moet klop.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 15
1.6 Luister weer na Snit 3 en identifiseer die kadens in maat 8.
Onvolmaak
Luister na Snit 4. Dit is die hele stuk van Snit 3.
1.7 Maak 'n regmerkie by die strukturele patroon wat jy hoor.
a b a b b a a a b a
Terwyl jy na ClassicFM™ luister, hoor jy hierdie aankondiging, gevolg deur die
stuk musiek van Snit 5: [Joyeuse Marche: Emmanuel Chabrier Orchestra van
die Royal Opera House, Covent Garden CD 2 Snit 1 van die CD's wat
Fortissimo vir GCSE deur Roy Bennett vergesel, Cambridge University
Press, 1995]
Aankondiger:
"En vervolgens hoor ons The Sorrow of the Daughter deur die klassieke
komponis Mozart. Die solis is Susan Mitchell op tjello."
1.8 Lewer met verwysing na Snit 5 kommentaar oor die akkuraatheid van die
inligting wat deur die aankondiger verskaf word. Motiveer jou antwoord met
verwysing na drie verskillende eienskappe van die musiek.
Hierdie aankondiging is nie akkuraat nie om die volgende redes: (geen
punt vir hierdie stelling toegeken)
Die titel wat gegee word, verwys na "sorrow", wat daartoe sal lei dat 'n
mens 'n stadige stuk verwag, moontlik in 'n mineurtoonsoort. Dit dui
ook aan dat dit 'n klassieke werk is en dat daar 'n solotjellis is. Die
stuk wat ons egter hoor, is vinnig, in 'n majeurtoonsoort, en 'n orkes
met 'n groot koperblaas- en slagafdeling word gehoor, wat meer
waarskynlik romanties sal wees, omdat die koperblaasinstrumente
eers in die 19de eeu 'n belangrike afdeling van die orkes geword het.
Daar is verder 'n merkbaar groot slagafdeling, wat ook nie tipies van 'n
klassieke orkes is nie. 'n Stuk wat na "sorrow" verwys, sal waarskynlik
ook sag wees, terwyl die dinamiek van hierdie werk hard is. Daar is
geen solotjellis in die opname aanwesig nie – slegs 'n groot orkes.
Dit is onwaarskynlik dat Mozart, synde 'n klassieke komponis, 'n titel
aan 'n stuk sou gegee het, aangesien hy hoofsaaklik absolute musiek
geskryf het – om 'n titel te hê dui 'n programmatiese element aan, wat
meer algemeen is in romantiese musiek.
Krediet sal gegee word vir ander geldige punte.
Daar moet na drie verskillende eienskappe verwys word om volpunte
te behaal.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 15
VRAAG 2
Luister na Snit 6 [Leporello se Openingsaria uit Don Giovanni – Mozart. Music
– An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de uitgawe te vergesel:
Skyf 3 Snit 60; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006], Snit 7 ["Pick
a Pocket or Two" uit Oliver! deur Lionel Bart; 1991; National Symphony
Orchestra gedirigeer deur John Owen Edwards; TER Ltd CDTER1184] en
Snit 8. [Erlkönig – Schubert: Elwekoning se 2de vers: Dietrich Fischer-
Dieskau, bariton; Gerald Moore, klavier. Met vriendelike vergunning van EMI
Classics Ltd onder lisensie van EMI Music Special Markets: Music – An
Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de uitgawe te vergesel; CD 4
Snit 52; McGraw-Hill Companies/Sony BMG]
2.1 Voltooi die tabel hieronder. Let op die puntetoekenning vir elke opskrif.
Snit 6 Snit 7 Snit 8
Noem die Leporello Fagin Elwekoning/
karakter Erlkönig
[1 punt per snit ×
3 = 3 punte]
Noem twee feite Rammelsang – Toon sy Joodse Elwekoning sing
oor die manier komiese element wortels deur die in die majeur-
waarop die van die karakter. gebruik van die toonsoort om sy
karakter in die Melodiese Joodse Frigiese verleidelike aard te
musiek geskal wanneer dominant- toon – in
hy sing dat hy 'n toonleer/ teenstelling met
uitgebeeld word heer wil wees. tamboeryn/ die ander
buigsaamheid karakters in die
Skielike forte – van tempo – mineurtoonsoort.
dit moet gehoor herinner aan Die klavier-
word, want as ʼn Klezmer-styl. begeleiding is
kneg, is sy in die gearpeggieer, wat
[2 punte per snit × algemeen nie. Oom-pah. verskil van die
3 = 6 punte] Sillabiese herhalende
Net 0,5 indien Angstig, stap toonsetting trioolpatroon wat
geen rond – eenvoudige die res van die lied
verduideliking – V – I bass karakter. kenmerk.
reël Liriese melodie
ingesluit nie Middle register
Noem een feit Gebalanseerde Dit is 'n Dit is 'n lied, wat 'n
oor die werk wat frases, orkes musiekspel wat tipiese romantiese
die stilistiese met gepaarde in die 20ste eeu werk is.
tydperk waarin blaas- ontwikkel is – in Bonatuurlike
dit geskryf is, instrumente, Engels gesing. elemente.
homofoniese Orkes het meer Chromatiese,
aandui. tekstuur. Enige koperblaas- en programmatiese
ander geldige slaginstrumente. elemente,
punt. Enige ander byvoorbeeld die
Deur Mozart geldige punt. perd se galop.
geskryf. Deur Bart Enige ander
[1 punt per snit × geskryf. geldige punt.
3 = 3 punte] Deur Shubert
geskryf.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 15
Luister na Snit 9. [Einde van die Inleiding tot Don Giovanni: die
Commendatore se dood – Mozart. Music – An Appreciation deur Roger
Kamien. CD's om die 9de uitgawe te vergesel: Skyf 3 Snit 62; McGraw-Hill
Companies/Sony BMG Music 2006]
2.2 Identifiseer die tekstuur van die uittreksel en beskryf hoe dit deur die soliste
geskep word.
Polifonies: daar is drie karakters (Leporello, Don Giovanni en die
Commendatore) wat elkeen sy eie melodielyn sing omdat hulle
terselfdertyd hul eie gevoelens/idees uitdruk.
2.3 Wat gebeur op hierdie tydstip in die opera en hoe dra die komponis die
handeling in die musiek oor?
Die Commendatore is deur Don Giovanni gesteek en hy is sterwend.
Mozart gebruik 'n teruggehoue/gehou/pouse akkoord wanneer die
Commendatore gesteek word. Dan verander die tempo van die musiek
– word stadiger. Gebruik 'n dalende chromatiese toonleer om te toon
dat hy dood is.
Mineurtoonsoort, leunnote. Verminderde 7des, kort frases, beperke
reeks.
Ander moontlike antwoorde.
VRAAG 3
Luister na Snit 10. [Ontwikkelingseksie uit Simfonie No. 40 in g mineur deur
W A Mozart. Music – An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de
uitgawe te vergesel; Skyf 3 Snit 14; McGraw-Hill Companies/Sony BMG
Music 2006]
3.1 Identifiseer die seksie van die werk waaruit hierdie uittreksel geneem is.
Ontwikkeling
3.2 Lewer kommentaar oor Mozart se gebruik van toonsoorte in hierdie seksie.
Die verwagting in 'n klassieke simfonie is dat die ontwikkeling na nou
verwante toonsoorte sal moduleer. In hierdie simfonie moduleer
Mozart egter in plaas daarvan na die mineur van die 7de trap
(f# mineur) en beweeg dan deur 'n aantal ander verlangs verwante
toonsoorte. Die harmonie is meer chromaties as wat 'n mens in 'n
klassieke simfonie sal verwag. Werk deur die siklus van 5des wat die
tonikatoonsoort destabiliseer. Rustelose atmosfeer (0,5), spanning
(0,5).
Luister na Snit 11. [Oorgang uit Simfonie No. 40 in g mineur deur W A Mozart.
Music – An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de uitgawe te
vergesel; Skyf 3 Snit 11; McGraw-Hill Companies/Sony BMG Music 2006]
3.3 Noem die tema wat in Snit 11 gehoor word en dui die doel daarvan in die
uiteensetting aan.
Oorgangspassasie/Oorgang – om van die tonika na die relatiewe
majeur te moduleer ter voorbereiding vir die 2de tema.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 15
VRAAG 4
Luister na Snit 12. ["Der stürmische Morgen" (Die stormagtige oggend) uit
Winterreise deur Franz Schubert. Uitgevoer deur Dietrich Fischer-Dieskau en
Gerald Moore. <https://www.youtube.com/watch?v=8l8l0HPDMOE> Besoek:
10 Februarie 2017]. Die partituur [IMSLP60822-PMLP02203 Schubert_Werke_-
Breitkopf_Serie_XX_Band_9_F.S.878-904.pdf] en die lirieke, met 'n Afrikaanse
vertaling, word as BYLAAG A in die Hulpbronboekie gedruk. [The LiederNet
Archive: Teks in die argief bygevoeg tussen Mei 1995 en September 2003.
Laaste wysiging 22/11/2017 <http://www.lieder.net/lieder/get_text.html?TextId
=11861>. Besoek: 10 Februarie 2018]
4.1 Identifiseer die toonsoort van die stuk.
D mineur
4.2 Wat is die vorm (struktuur) van hierdie lied?
Deurgekomponeer
4.3 Evalueer die musikale toonsetting van hierdie lied in vergelyking met jou
voorgeskrewe werk, Der Erlkönig. Beskryf die woordskildering en
programmatiese elemente, tekstuur en harmonie. Gee jou mening oor watter
lied meer effektief is en gee 'n rede vir jou keuse.
Die antwoord moet as 'n paragraaf geskryf word – die tabel is net vir
maklike verwysing. Geldige punte wat nie in die tabel gelys is nie, sal
krediet ontvang.
6 punte vir die vergelyking: 2 per element. Al drie genoemde elemente
moet bespreek word.
1 punt vir rede vir mening – geen punt vir mening nie
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 15
"Der stürmische Morgen" Der Erlkönig
Woordskildering Relatief min woordskildering. Baie woordskildering:
en In werklikheid word 'n paar Toenemende vrees van die
programmatiese geleenthede vir kind: chromatiese melodie
elemente woordskildering nie gebruik wat styg elke keer wanneer
nie: hy sing en sy toenemende
"Zerrissen" – word saam met paniek weerspieël.
die klavier gesing, wat
eenheid aandui in plaas van Verleidelike aard van die
uitmekaarskeur. Elwekoning: in 'n majeur-
Begin hard – soos 'n storm. toonsoort met 'n
"Die Wolkenfetzen flattern" – verandering in
die melodie is disjunk, wat begeleidingspatroon.
wolke weerspieël wat in die
lug rondgewaai word. Perd wat galop word
Die triole in die tussenspel na uitgebeeld in die
vers 1 kan herinner aan "Die aanhoudende trioolpatroon
Wolkenfetzen flattern" in vers in die begeleiding.
1.
Fortissimo op "rothe Die kalmerende stem van
Feuerflammen" gekombineer die pa in 'n laer register. Nie
met gepunteerde waardes chromaties soos die seun
skep die drama van 'n vuur. nie.
Dinamiek is sagter op die
woorde "Mein Herz sieht … Resitatief heel aan die einde
sein eignes Bild". – beeld die dood uit.
Gebruik van aksente
Uitmekaar geskeur – staccato
Tekstuur Monofonies in die inleiding Deurgaans homofonies met
en vers 1. melodie in linkerhand teen
Homofonies in vers 2. die herhalende triole in die
Weer monofonies aan die regterhand. Baie kort
begin van vers 3, maar word resitatief – monofonies –
homofonies namate die lied aan die einde. Die skielike
sy klimaks bereik. verandering van die
Die tekstuur wissel tussen homofoniese tekstuur wat
monofonies en homofonies, die lied oorheers, is 'n skok
wat vir die luisteraar vir die luisteraar, wat die
interessant is en die tragedie van die seun se
wildheid/ veranderende dood beklemtoon.
patrone van die storm
beklemtoon.
Harmonie Mineur in Vers 1 en 3, Mineurtonaliteit. Ook
majeur in Vers 2: skakel met chromaties en die gebruik
lirieke “Soos ek daarvan van verminderde akkoorde
hou”; gebruik van om spanning te skep en die
chromatiek en verminderde vrees te beklemtoon.
drieklanke beklemtoon die Veranderings aan Majeur vir
verwoesting van die storm. Elwekoning. Harmonie meer
kompleks.
Mening Moet ondersteun word met verwysing na een van die
elemente (hoef nie een te wees wat in die hoofdeel van die
antwoord genoem is nie). Kan nie net wees "Ek hou meer
daarvan nie".
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 15
VRAAG 5
Luister na Snit 13 [Mozart 40ste in G mineur, verwerk deur Gordon Goodwin.
Gespeel deur Jazz Music Orchestra (België) Klarinet: Arnaud Dupire
20 avril 2013 <www.jazzmusicorchestra.be>. Uitgegee op 16 Mei 2013
<https://www.youtube.com/watch?v=QZciKBBrXP8>. Besoek: 15/12/2017]
wat 'n verwerking is van een van jou voorgeskrewe werke. Snit 14 is die
oorspronklike weergawe van dieselfde werk. [Mozart Simfonie No. 40 in g
mineur uit Music – An Appreciation deur Roger Kamien. CD's om die 9de
uitgawe te vergesel; Skyf 3 Snit 10; McGraw-Hill Companies/Sony BMG
Music 2006]
Skryf 'n opstel waarin jy Snit 13 met die OORSPRONKLIKE werk wat in Snit 14
gehoor word, vergelyk. Sluit ook die volgende inligting in jou bespreking in:
Die naam van die werk en die komponis.
'n Definisie van en kort agtergrond vir die genre.
Lewer kommentaar oor die jazzinvloede/style in die verwerking wat in Snit 13
gehoor word.
Bied jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met verwysing
na die gebruik van minstens twee musiekelemente. Maak seker dat die
vergelyking die hoofdeel van die opstel vorm en dat jy beide ooreenkomste en
verskille bespreek.
Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik:
RUBRIEK VIR OPSTEL
Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes
en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die werke met verwysing na beide die
20–16 algemene kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee
snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die
gebruik van die musiekelemente aangebied.
Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en
verskaf 'n vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene
15,5–10,5 kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening
van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in terme van
die gebruik van die musiekelemente.
Voldoen aan al die vereistes, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die vraag
en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die werke is beperk met slegs
gedeeltelike verwysing na óf die algemene kenmerke van die genres óf die
10–5,5
spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening is beperk met min of geen
verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen
die afdelings van die opstel.
Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs
5–0,5 'n vae verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of
mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 15
DIE ANTWOORD OP HIERDIE VRAAG MOET IN OPSTELVORM GESKRYF
WORD – DIE MEMO IS GETABULEER VIR MAKLIKE VERWYSING.
Titel en Mozart: 1ste Beweging – Simfonie No. 40
Komponis (2)
Genre en Simfonie: werk met veelvuldige bewegings vir orkes – gewoonlik 4 –
Agtergrond (2) bewegings kontrasteer mekaar wat tempo, toonsoort en stemming betref.
Vinnig-Stadig-Menuet en Trio-Vinnig. Die 1ste en 4de beweging is
Agtergrond- gewoonlik in sonatevorm. Het ontwikkel uit die Italiaanse
inligting wat enkelbewegingoverture van die baroktydperk. Die drie seksies het tot
aangebied word, drie onafhanklike bewegings ontwikkel. In die klassieke tydperk
kan ander "gestandaardiseer" deur komponiste soos Haydn, Stamitz (Mannheim
historiese Skool) en Mozart. Menuet en trio bygevoeg tussen die stadige en vinnige
verwysings beweging. Invloed van Baroksuite.
insluit
Kommentaar op Elemente van cool jazz en groot jazzorkes. Geïmproviseerde seksies –
Jazzstyl(e) (2) soloklarinet. Kan gehoor hoor klap na solo's, wat tipies is van jazzstyle.
Die ensemble is in wese 'n groot orkes, maar omdat slegs 'n soloklarinet
en ritmeafdeling by tye gebruik word, klink dit soos 'n cool kombinasie.
Daar is ook elemente van bebop in die virtuose klarinetsolo.
Snit 13 (Goodwin) Snit 14 (Oorspronklike)
Tonaliteit Mineur en blues Mineur. 2de tema is in die relatiewe
majeur. Ontwikkeling moduleer na
verlangs verwante toonsoorte.
Metrum Vierslagmaat/tweeslagmaat Vierslagmaat/tweeslagmaat
Tempo Stadiger en met meer tempo- Taamlik vinnig – Allegro. Bly
veranderinge/groter buigsaamheid dieselfde deur al die bewegings.
van tempo veral tussen solo-
improvisasieseksies. 'n Paar
opslagseksies waar die tromstel
die ritme aandryf en 'n paar rustige
seksies.
Melodie Roep en antwoord tussen 1ste tema (Mannheim-sug)
saksofone en trombone. En tussen gekonstrueer uit 3-nootmotief deur
soloklarinet en ander komposisietegnieke soos
blaasinstrumente. Elemente van herhaling, variasie en sekwens te
die oorspronklike 1ste tema gebruik. Kontrasterende 2de tema
verskyn deurgaans, maar daar is gebaseer op die chromatiese
uitgebreide geïmproviseerde toonleer.
seksies – gewoonlkik deur die Oorgangspassasie gebaseer op 'n
klarinet. Mannheim-vuurpyl.
Hoofsaaklik gebaseer op materiaal Beperkte reeks
uit 1ste tema. Geen Geen improvisasie
oorgang/materiaal uit 2de tema Geen versiering in melodie
word gebruik nie.
Wyser melodiese reeks in
improvisasies.
Baie improvisasie.
Melodie is versier
Ritme Swing en gesinkopeer in 'n Normaal – baie min sinkopasies.
jazzstyl. Hoofsaaklik 'n gevoel van die
Beklemtoon deur die simbale – aksent op die eerste maatslag.
soos in cool jazz.
Alterasie van oorspronklike ritme.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 15
Toonkleur Klavier – nie in oorspronklike nie. Klassieke orkes met
Klarinetsolo begelei deur klavier snaarinstrumente, gepaarde
open die werk. Tromstel – ligte blaasinstrumente, 2 horings. Geen
simbale – tipies van cool jazz. pouke of trompette nie. Na gelang
Begin soos 'n cool jazz-ensemble – van die weergawe geen klarinet nie
solo-instrument(e) met – slegs fluit, hobo's en fagotte.
ritmeafdeling. Houtblaasinstrumente het 'n
'n Groot orkes-klank tree geleidelik redelike hoeveelheid melodiese
na vore met saksofone en materiaal.
gedempte koperblaasinstrumente
(trombone). Veelvuldige trompette,
trombone en saksofone.
Kontrabas.
Keer later terug na die cool jazz-
kombinasieklank en dan net voor
die einde is daar nog 'n "groot
orkes"-oomblik. Eindig met klarinet,
ligte simbale en klavier.
Riet en horings
Tekstuur Homofonies in vroeë Hoofsaaklik homofonies alhoewel
geïmproviseerde seksies en in 'n daar 'n paar nabootsende seksies
paar van die "groot orkes"-seksies. is. Daar is ook 'n paar plekke waar
Polifonies later wanneer klarinet die snaar-/houtblaasinstrumente
saam met die res van die kontramelodieë vir die hoofmelodie
ensemble improviseer. speel.
Frases 'n Paar gebalanseerde frases maar Gebalanseerd, periodies – tipies
'n paar onreëlmatige frases in die van klassieke tydperk. Duidelike
geïmproviseerde seksies. kadense aan die einde van frases.
Onbepaalde einde. Baie bepaalde volmaakte kadens
aan die einde van die beweging
laat die gehoor sonder twyfel dat
dit klaar is.
Dinamiek Begin sag. Dinamiese vlak verhoog Crescendi en diminuendos met 'n
namate meer instrumente by die paar skielike forte- en piano-
ensemble aansluit. Taamlik baie gedeeltes. Geleidelike dinamiese
variasie tussen piano/mezzo forte veranderinge is tipies van die
en forte. klassieke tydperk.
Artikulasie Klarinetspeler maak gebruik van 'n Gebinde tweenoot-"Mannheim-
verskeidenheid artikulasie: sug" domineer die beweging.
bindboë, tonge, lang en kort frases. Deurgaans hoofsaaklik legato.
Min staccato – hoofsaaklik legato.
Struktuur Geïmproviseerde soloseksies Sonatevorm: uiteensetting,
afgewissel met ensembleseksies. ontwikkeling en terugkeer met twee
Improvisasies is taamlik virtuoos. duidelike temas in die
Boogtipe vorm: klavier/saksofoon – uiteensetting. Kort
groot orkes/swing – "bebop" – ontwikkelingseksie.
groot orkes – klavier/saksofoon. Geen inleiding
Improvisasie is soos 'n Definitiewe einde
ontwikkelingseksie.
Kop
Kort inleiding
Op herhaal – baie meer
improvisasie
Einde doof uit
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 15
VRAAG 6
Luister na SNIT 15 [Imizamo Yam'] en SNIT 16 [Kwela Celebration].
6.1 Maak drie regmerkies in Kolom A om unieke eienskappe van Snit 15 te
identifiseer en maak drie regmerkies in Kolom B om unieke eienskappe van
Snit 16 te identifiseer. Maak twee regmerkies in Kolom C om eienskappe
gemeenskaplik aan die snitte te identifiseer.
Maak regmerkies vir gemeenskaplike eienskappe slegs in Kolom C –
moenie regmerkies maak in al drie kolomme nie.
KOLOM A KOLOM B KOLOM C
Unieke Unieke Gemeenskaplike
eienskappe van eienskappe van eienskappe van
Snit 15 Snit 16 Snit 15 & Snit 16
3 regmerkies 3 regmerkies 2 regmerkies
Roep en antwoord X
Akoestiese kitaar X
A capella X
Siklies X
4-maatinleiding
Walking bass X
iib-Ic-V
Meerstemmige
X
manstemme
I, IV en V X
8-maatinleiding x
6.2 Identifiseer die musiekstyl wat deur elke snit verteenwoordig word en noem
een ander musikale styl wat elke styl beïnvloed het.
Snit 15: Isicathamiya/Mbube. Beïnvloed deur lofsange/SATB-sang en
geestelike Afrika-Amerikaanse liedere van sendelinge/tradisionele
Afrika-musiek – roep en antwoord
Snit 16: Kwela/Pennywhistle Jive: Beïnvloed deur Marabi/Amerikaanse
Groot jazzorkes
SIEN SÓ NA: Naam van styl = 0.5 en ander musiekstyl = 1: 1.5 × 2 = 3
6.3 Verduidelik die rol wat die media in die ontwikkeling en verspreiding van
Suid-Afrikaanse stadsmusiek in die 1950's onder die apartheidsregering
gespeel het.
Groei van radiostasies gemik op swart luisteraars – dit het vraag na
opgeneemde musiek wat op hierdie stasies gespeel kan word,
vergroot.
Groei van die opnamebedryf – 'n gevolg van die behoefte aan musiek
wat op die radiostasies gespeel kan word, en ook omdat mense
opnames vir hulself wou koop.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 15
Publikasies soos DRUM-tydskrif het nuus oor mode, style en musiek
van Amerika af gebring, wat weer die ontwikkeling van SA
stadsmusiek beïnvloed het, byvoorbeeld die invloed van 'n groot
jazzorkes op Mbaqanga en township jazz.
Baie min Suid-Afrikaanse stadsmusiek is versprei via "wit"
radiostasies, tydskrifte of koerante.
Swart radio is geskei volgens kultuur/taal. Versprei SA musiek
wêreldwyd. Het SA stedelike musiek aan die wit populasie bekend
gestel, het die wêreld bewus gemaak van die realiteit van apartheid.
Film
Luister na Snit 17. [Meadowlands – Dysfunctional Family Jazz Band]
6.4 Noem die komponis van hierdie werk en die kwessie van protes in die lied.
Strike Vilakazi – teen die gedwonge verskuiwings uit Sophiatown na
Meadowlands. Apartheid – nie aanvaar nie.
6.5 Skryf op die notebalk hieronder die basiese akkoordprogressie uit waarop
hierdie lied gebou is. Noem die toonsoort en besyfer die akkoorde.
SIEN SÓ NA: 0,5 per akkoord. Trek 0,5 af vir geen toonsoort nie en 1
vir geen besyfering nie.
Luister na Snit 18. [Meadowlands uitgevoer deur die Dysfunctional Family
Jazz Band Junie 2009 <https://www.youtube.com/watch?v=O_o6e2ETLt0>
Besoek: 18 Februarie 2018.]
6.6 Lewer met verwysing na die fout in die verklaring wat aan die begin van die
snit deur die sanger gemaak word, kommentaar oor die lirieke van hierdie
lied en dui aan hoe dit deur die owerhede geïnterpreteer is.
Sy sê dat die lirieke in Zoeloe is, terwyl die vers wat sy begin sing in
werklikheid die Sesotho vers is (1). Drie tale word in Meadowlands
gebruik: isiZulu, Sesotho en Tsotsitaal. (1) Die owerhede het die lirieke
geïnterpreteer as 'n ondersteuning van die verskuiwings na
Meadowlands omdat dit verwys na "let's go to Meadowlands" en
"Meadowlands, our beloved place". (1) Hierdie frase word egter
sarkasties/ironies gebruik, want in vers 3 is die woorde "our beloved
place" duidelik 'n verwysing na Sophiatown aangesien dit sê "staying
here in our beloved place". (1) "Hell no, we won’t go" maar die lied stel
dit nie overt/openlik/eksplisiet nie. Dit is meer subtiel.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 15
VRAAG 7
Luister na Snit 19. Dit is 'n uittreksel uit een van jou voorgeskrewe werke. [Koko –
Charlie Parker uit die album The Genius of Charlie Parker; 2005; Savoy Jazz]
7.1 Identifiseer die werk.
Koko
7.2 Waarom word die opname van hierdie stuk as so belangrik in die
geskiedenis van jazz beskou?
Dit is die eerste bekende opname van bebop wat in 1945 gemaak is.
Bebop het in die vroeë 1940's begin ontwikkel, maar as gevolg van die
verbod op alle kommersiële opnames vanweë kwessies rakende
tantiemebetalings is geen opnames van die styl se vroeë ontwikkeling
gemaak nie. Dit was Parker se eerste opname as hoofspeler. Die
gememoriseerde komposisie is in die opname gedeeltelik
geïmproviseer – wat daartoe gelei het dat dit die "bekendste
opgeneemde solo" genoem word. opgevoer deur van die mees
belangrike Behop sangers/kunstenaars.
7.3 Lig of onderstreep drie kenmerke uit die lys hieronder uit wat uniek is aan
hierdie jazzstyl.
7.3.1 Gesamentlike improvisasie 7.3.6 Swingstyle agstenote
7.3.2 Walking bass 7.3.7 Bastrom-"bomme"
7.3.3 Ongewone tydmaattekens 7.3.8 Voorkantinstrumente:
saksofoon, trompet, tromboon
7.3.4 Motiwiese melodieë
7.3.9 Uiters virtuose, baie vinnige
7.3.5 Sinkopasie improvisasie
Luister na Snit 20 [Take 5 – Dave Brubeck Quartet/Paul Desmond oorspronklike:
<https://www.youtube.com/watch?v=PHdU5sHigYQ>. Uitgegee: 22 Desember
2010. Besoek: 15 Februarie] en Snit 21. [Take 5 – Dave Brubeck Quartet/Paul
Desmond uit Time Out Not Now Music Limited 2011]
7.4 Skryf die bluestoonleer uit waarop die melodie van hierdie werk gebaseer
is.
Die toonleer sal aanvaar word met of sonder 'n toonsoortteken. Blues
op C ook aanvaarbaar. Enige ander korrekte Blues skaal 0,5.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 of 15
7.5 Gebruik die opskrifte in die tabel hieronder om die inleiding en die
improvisasies van Snit 20 en Snit 21 te beskryf en te vergelyk. Moenie na
die verskil in tempo tussen die twee weergawes verwys nie.
Snit 20 Snit 21
(Voorgeskrewe werk)
Inleiding (2) Verkorte trominleiding – 4-maat-trominleiding –
lyk nie asof dit onmiddellik baie bestendig van die
in die ritmiese patroon begin af. Vestig die
kom nie. Slegs ritmiese patroon en dan
geïmproviseerde 4-maat- sluit die klavier aan vir 8
klavierbegeleiding. mate (geïmproviseerde
8-maat inleiding klavierbegeleiding).
Vryer dromgedeelte Stywer dromgedeelte
“Hot” jazz “Cool” jazz
Improvisasie 1 Saksofoon – ander Saksofoon – 28 mate oor
en begeleiding improvisasie as geïmproviseerde
(2) voorgeskrewe werk. Baie klavier/tromstel/kontrabas-
langer improvisasie – begeleiding. Anders as die
ongeveer 96 mate. ander weergawe handhaaf
Duidelike ritmiese patroon die klavier deurgaans
word deur tromstel duidelik die ritmiese
gehandhaaf terwyl klavier patroon.
akkoorde speel. Die klavier
is nie so opvallend nie.
Improvisasie 2 Klavierimprovisasie – Tromstel – 88 mate oor
en begeleiding relatief kort – eindig met geïmproviseerde klavier/
(2) die klavier wat weer die basbegeleiding. Begin met
geïmproviseerde die tromstel wat die
begeleiding oorneem om geïmproviseerde
terug te lei na die begeleiding speel en
gememoriseerde geleidelik na 'n virtuose
komposisie. Simbale solo beweeg.
oorheers die begeleiding.
Verwys na BYLAAG B wat die musiek partituur van Cry me a River is [Arthur
Hamilton: Chappell & Co en Momentum Music 1953, 1955 uit The Definitive
Jazz Collection; 2de uitgawe; Hal Leonard Corporation] en beantwoord die
vrae wat volg:
7.6 Identifiseer met verwysing na BYLAAG B elke seksie van die vorm deur 'n
letter (bv. A) gevolg deur die maatnommers van die seksie te gebruik.
A: maat 1 tot maat 8
A: maat 9 tot maat 16
B: maat 17 tot maat 24
A: maat 25 tot maat 32
7.7 Noem die komposisietegniek in maat 23 en 24.
Herhaling
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo
Related documents

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2018 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Music

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum

AddendumIEB
Music Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB