Skip to content

Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperMusicGrade 12201815 pagesPublisher: IEB

IEB Grade 12 Music Paper 1 question paper from the 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2018 MUSIEK: VRAESTEL I EKSAMENNOMMER Tyd: 3 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 22 klanksnitte en 'n Hulpbronboekie van 6 bladsye (i–vi). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Maak die Hulpbronboekie in die middel van jou vraestel los. Die Hulpbronboekie sluit 'n bladsy gemerk vir rofwerk in. 2. Elke kandidaat moet 'n CD- of MP3-speler ontvang en moet vir die hele duur van die eksamen toegang hê tot luistertoerusting met kopfone. Let asseblief op die stemetiket vir elke snit wat die korrekte nommering van die snit bevestig. 3. Die benaderde lengte van elke snit word in die vraag genoem. Indien jou snit nie die korrekte lengte is nie, vra asseblief die opsiener om bystand met jou klanktoestel. 4. Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word. Moenie enige vrae in 'n antwoordboekie beantwoord nie. 5. Die musieknotasie moet met 'n skerp potlood geskryf word. Die res van die vraestel moet met 'n pen beantwoord word. 6. Laat jou asseblief deur die puntetoekenning lei wanneer jy jou antwoorde beplan; die aantal reëls wat nodig is, sal van individuele handskrif afhang. Vermy dit om inligting in jou antwoorde te herhaal. 7. Oor die algemeen sal een punt vir elke wesenlike feit toegeken word BEHALWE vir die vergelyking in die OPSTEL, waar een punt toegeken sal word per vergelyking (twee feite, een met betrekking tot elke werk). 8. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. Moenie Tippex gebruik nie. VRAAG MOONTLIKE PUNTE PUNT 1 15 2 17 3 5 4 9 5 20 6 18 7 16 100 Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 2 van 15 IEB Copyright © 2018 VRAAG 1 Luister na Snit 1 (00:43). 1.1 Identifiseer die herhalende komposisietegniek wat in die uittreksel gehoor word. (1) 1.2 Maak 'n regmerkie langs die ritme van die komposisietegniek wat jy hierbo genoem het. (1) 1.3 Luister na Snit 1a (00:12). Dit is die hoofmelodie uit Snit 1. 1.3.1 Maak 'n regmerkie langs die frase wat pas by wat jy hoor. (1) 1.3.2 Voeg bindboë by waar nodig om te pas by die ritme wat jy hoor. (1) Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 3 van 15 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM Luister na Snit 2 (01:38). 1.4 Maak vier (4) regmerkies om eienskappe te identifiseer wat NIE in die musiek aanwesig is nie. Saamgestelde tydmaat Vierslagmaat Dissonante harmonie Snaartrom en simbaal Mineurtonaliteit Monofoniese tekstuur Majeurtonaliteit Pizzicato Ritardando – a tempo Polifoniese en homofoniese tekstuur (4) Luister na Snit 3 (00:11). 1.5 Die agt mate uit Snit 3 is hieronder in lukraak volgorde gedruk. Herskryf hulle op die notebalk wat hieronder voorsien word in die korrekte volgorde om die 8-maatmelodie te vorm wat in Snit 3 gehoor word. Sluit die tydmaatteken in. (2) 1.6 Luister weer na Snit 3 en identifiseer die kadens in maat 8. (1) Luister na Snit 4 (00:33). Dit is die hele stuk van Snit 3. 1.7 Maak 'n regmerkie by die strukturele patroon wat jy hoor. a b a b b a a a b a (1) Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 4 van 15 IEB Copyright © 2018 Terwyl jy na ClassicFM™ luister, hoor jy hierdie aankondiging, gevolg deur die stuk musiek van Snit 5 (01:07): Aankondiger: "En vervolgens hoor ons The Sorrow of the Daughter deur die klassieke komponis, Mozart. Die solis is Susan Mitchell op tjello." 1.8 Lewer met verwysing na Snit 5 kommentaar oor die akkuraatheid van die inligting wat deur die aankondiger verskaf word. Motiveer jou antwoord met verwysing na drie verskillende eienskappe van die musiek. (3) [15] Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 5 van 15 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM VRAAG 2 Luister na Snit 6 (00:49), Snit 7 (00:43) en Snit 8 (00:21). 2.1 Voltooi die tabel hieronder. Let op die puntetoekenning vir elke opskrif. Snit 6 Snit 7 Snit 8 Noem die karakter. [1 punt per snit × 3 = 3 punte] Noem twee feite oor die manier waarop die karakter in die musiek uitgebeeld word. [2 punte per snit × 3 = 6 punte] Noem een feit oor die werk wat die stilistiese tydperk waarin dit geskryf is, aandui. [1 punt per snit × 3 = 3 punte] (12) Luister na Snit 9 (01:18). 2.2 Identifiseer die tekstuur van die uittreksel en beskryf hoe dit deur die soliste geskep word. (2) Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 6 van 15 IEB Copyright © 2018 2.3 Wat gebeur op hierdie tydstip in die opera en hoe dra die komponis die handeling in die musiek oor? (3) [17] VRAAG 3 Luister na Snit 10 (00:51). 3.1 Identifiseer die seksie van die werk waaruit hierdie uittreksel geneem is. (1) 3.2 Lewer kommentaar oor Mozart se gebruik van toonsoorte in hierdie seksie. (2) Luister na Snit 11 (00:34). 3.3 Noem die tema wat in Snit 11 gehoor word en dui die doel daarvan in die uiteensetting aan. (2) [5] Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 7 van 15 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM VRAAG 4 Luister na Snit 12 (00:53). Die partituur en die lirieke, met 'n Afrikaanse vertaling, word as BYLAAG A in die Hulpbronboekie gedruk. 4.1 Identifiseer die toonsoort van die stuk. (1) 4.2 Wat is die vorm (struktuur) van hierdie lied? (1) 4.3 Evalueer die musikale toonsetting van hierdie lied in vergelyking met jou voorgeskrewe werk, Der Erlkönig. Beskryf die woordskildering en programmatiese elemente, tekstuur en harmonie. Gee jou mening oor watter lied meer effektief is en gee 'n rede vir jou keuse. (7) [9] Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 8 van 15 IEB Copyright © 2018 VRAAG 5 Luister na Snit 13 (07:48), wat 'n verwerking is van een van jou voorgeskrewe werke. Snit 14 (01:57) is die oorspronklike weergawe van dieselfde werk. Skryf 'n opstel waarin jy Snit 13 met die oorspronklike werk wat in Snit 14 gehoor word, vergelyk. Sluit benewens die vergelyking die volgende inligting in jou bespreking in: • Die naam van die werk en die komponis • 'n Definisie van en kort agtergrond vir die genre • Lewer kommentaar oor die jazzinvloede/style in die verwerking wat in Snit 13 gehoor word Bied jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met verwysing na die gebruik van minstens twee musiekelemente. Maak seker dat die vergelyking die hoofdeel van die opstel vorm en dat jy beide ooreenkomste en verskille bespreek. Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik: RUBRIEK VIR OPSTEL 20–16 Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die gebruik van die musiekelemente aangebied. 15,5–10,5 Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en verskaf 'n vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in terme van die gebruik van die musiekelemente. 10–5,5 Voldoen aan al die vereistes, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die vraag en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die werke is beperk met slegs gedeeltelike verwysing na óf die algemene kenmerke van die genres óf die spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening is beperk met min of geen verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen die afdelings van die opstel. 5–0,5 Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs 'n vae verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie. Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 9 van 15 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 10 van 15 IEB Copyright © 2018 Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 11 van 15 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM [20] Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 12 van 15 IEB Copyright © 2018 VRAAG 6 Luister na Snit 15 (01:12) en Snit 16 (01:21). 6.1 Maak drie regmerkies in Kolom A om unieke eienskappe van Snit 15 te identifiseer en maak drie regmerkies in Kolom B om unieke eienskappe van Snit 16 te identifiseer. Maak twee regmerkies in Kolom C om eienskappe gemeenskaplik aan die snitte te identifiseer. Maak regmerkies vir gemeenskaplike eienskappe slegs in Kolom C – moenie regmerkies maak in al drie kolomme nie. KOLOM A Unieke eienskappe van Snit 15 3 regmerkies KOLOM B Unieke eienskappe van Snit 16 3 regmerkies KOLOM C Gemeenskaplike eienskappe van Snit 15 & Snit 16 2 regmerkies (4) Roep en antwoord Akoestiese kitaar A capella Siklies 4-maatinleiding Walking bass iib-Ic-V Meerstemmige manstemme I, IV & V 8-maatinleiding 6.2 Identifiseer die musiekstyl wat deur elke snit verteenwoordig word en noem een ander musikale styl wat elke styl beïnvloed het. Snit 15: Snit 16: (3) Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 13 van 15 IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM 6.3 Verduidelik die rol wat die media in die ontwikkeling en verspreiding van Suid-Afrikaanse stadsmusiek in die 1950's onder die apartheidsregering gespeel het. (3) Luister na Snit 17 (02:00). 6.4 Noem die komponis van hierdie werk en die kwessie van protes in die lied. (2) 6.5 Skryf op die notebalk hieronder die basiese akkoordprogressie uit waarop hierdie lied gebou is. Noem die toonsoort en besyfer die akkoorde. (2) Luister na Snit 18 (00:48). 6.6 Lewer, met verwysing na die fout in die verklaring wat aan die begin van die snit deur die sanger gemaak word, kommentaar oor die lirieke van hierdie lied en dui aan hoe dit deur die owerhede geïnterpreteer is. (4) [18] Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 14 van 15 IEB Copyright © 2018 VRAAG 7 Luister na Snit 19 (00:55). Dit is 'n uittreksel uit een van jou voorgeskrewe werke. 7.1 Identifiseer die werk. (1) 7.2 Waarom word die opname van hierdie stuk as so belangrik in die geskiedenis van jazz beskou? (2) 7.3 Lig of onderstreep drie kenmerke uit die lys hieronder uit wat uniek is aan hierdie jazzstyl. 7.3.1 Gesamentlike improvisasie 7.3.6 Swingstyle agstenote 7.3.2 Walking bass 7.3.7 Bastrom-"bomme" 7.3.3 Ongewone tydmaattekens 7.3.8 Voorkantinstrumente: saksofoon, trompet, tromboon 7.3.4 Motiwiese melodieë 7.3.9 Uiters virtuose, baie vinnige improvisasie (3) 7.3.5 Sinkopasie Luister na Snit 20 (05:13) en Snit 21 (05:32). 7.4 Skryf die bluestoonleer uit waarop die melodie van hierdie werk gebaseer is. (1) Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I Bladsy 15 van 15 IEB Copyright © 2018 7.5 Gebruik die opskrifte in die tabel hieronder om die inleiding en die improvisasies van Snit 20 en Snit 21 te beskryf en te vergelyk. Moenie na die verskil in tempo tussen die twee weergawes verwys nie. Snit 20 Snit 21 (Voorgeskrewe werk) Inleiding (2) Improvisasie 1 en begeleiding (2) Improvisasie 2 en begeleiding (2) (6) Verwys na BYLAAG B wat die musiek partituur van Cry me a River is en beantwoord die vrae wat volg: 7.6 Identifiseer met verwysing na BYLAAG B elke seksie van die vorm deur 'n letter (bv. A) gevolg deur die maatnommers van die seksie te gebruik. A: maat 1 tot maat _________ ___: maat ____ tot maat _____ ___: maat ____ tot maat _____ A: maat ______ tot maat 32 (2) 7.7 Noem die komposisietegniek in maat 23 en 24. (1) [16] Totaal: 100 punte Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all