Skip to content
Question paper

Music Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Music Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: MusicGrade 12201914 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PUNTETOTAAL NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 MUSIEK: VRAESTEL II EKSAMENNOMMER Tyd: 1½ uur 50 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word. Moenie enige vrae in 'n antwoordboekie beantwoord nie. 3. Die musieknotasie moet met 'n skerp potlood geskryf word. Die res van die vraestel moet met 'n pen beantwoord word. 4. Laat jou asseblief deur die puntetoekenning lei wanneer jy jou antwoorde beplan; die aantal reëls wat nodig is, sal van individuele handskrif afhang. Vermy dit om inligting in jou antwoorde te herhaal. 5. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. Moenie Tippex gebruik nie. VRAAG MAKSIMUM PUNT BEHAAL 1 15 2 6 3 8 4 21 TOTAAL 50 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 2 van 14 VRAAG 1 1.1 Skryf een oktaaf, stygend en dalend, van die melodiese mineurtoonleer met die gegewe toonsoortteken. (1) 1.2 Voeg die korrekte skuiftekens by om die majeurtoonleer te skep waarvan die gegewe beginnoot die submediant is. (1) 1.3 Identifiseer hierdie toonleer. Naam van toonleer: (1) 1.4 Skryf die Lidiese modus op E-mol, stygend, met 'n toonsoortteken. Skryf in saamgestelde tweeslagmaat en begin met die gegewe nootwaarde. Skep jou eie ritme en groepeer die note korrek. Die voltooide modus moet presies twee mate lank wees en geen rustekens mag gebruik word nie. (3) 1.5 Skryf die verlangde intervalle bokant die gegewe note. 1.5.1 Vergrote 4de 1.5.2 Majeur 6de (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 3 van 14 1.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Merk die korrekte antwoord om hierdie sin te voltooi: Hierdie stuk is gebaseer op die: F majeurtoonleer Doriese modus D mineurtoonleer (1) 1.6.2 WAAR of ONWAAR: Alle saamgestelde intervalle in die stuk is majeur 10des/ saamgestelde majeur 3des. Gee een rede vir jou antwoord. (2) 1.6.3 Identifiseer 'n voorbeeld van 'n pedaalpunt/pedaalnoot. Gee maat- en maatslagnommer. (1) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 4 van 14 1.7 Harmoniseer die gegewe note in vier dele (SATB of vir klawerbord) om 'n geskikte kadens te vorm wat die gebruik van akkoord V7 demonstreer, korrek opgelos. Maak ook gebruik van 'n akkoord in tweede omkering. Onthou om die toonsoort te noem en die akkoorde te besyfer. (3) [15] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 5 van 14 VRAAG 2 Kies EEN van die melodieë (a), (b) of (c) hieronder en beantwoord die vrae wat volg: (a) (b) (c) 2.1 Skryf die letter van jou keuse neer en IDENTIFISEER die werk en die komponis van jou gekose voorbeeld, bv. (d) West Side Story – Leonard Bernstein. (1) 2.2 Noem die styl van jou gekose werk en noem een invloed op die ontwikkeling daarvan. (2) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 6 van 14 2.3 Motiveer met verwysing na die melodie en ritme of tydmaat (nie die tempo nie) waarom die stuk 'n goeie voorbeeld van die styl is of nie. (3) [6] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 7 van 14 VRAAG 3 Verwys na die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Noem die toonsoort en besyfer die akkoorde gemerk A, B en C. A: B: C: (3) 3.2 Verduidelik die aanwesigheid van die E-herstel in maat 7. (1) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 8 van 14 3.3 Identifiseer die toonsoort en benoem die kadens gemerk X. Toonsoort: Kadens: (2) 3.4 Identifiseer die akkoordvreemde note gemerk (i) en (ii). (i) (ii) (2) [8] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 9 van 14 VRAAG 4 Verwys na UITTREKSELS A, B en C hieronder. UITTREKSEL A UITTREKSEL B IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 10 van 14 UITTREKSEL C 4.1 Kies die korrekte antwoord uit die lys hieronder om die seksie van die werk waaruit elke uittreksel geneem is, aan te dui. Gee 'n rede vir jou keuse. • Begin van die uiteensetting • Ontwikkelingseksie • Oorgangspassasie UITTREKSEL ANTWOORD REDE A B C (6) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 11 van 14 4.2 Verwys na die uittreksel hieronder. Identifiseer TWEE komposisietegnieke (buiten herhaling en sekwens) wat in hierdie uittreksel aanwesig is, wat die hoofmotief van die werk ontwikkel. Noem die maat- nommer(s) en instrument(e). 4.2.1 Maatnommers: Instrument(e): Komposisietegniek: 4.2.2 Maatnommers: Instrument(e): Komposisietegniek: (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 12 van 14 4.3 Lewer kommentaar oor hoe die klassieke styl duidelik is in die manier waarop Mozart die volgende musiekelemente in die eerste beweging van Simfonie No. 40 in G mineur gebruik. Sê vir elke element hoe Mozart dit gebruik EN hoe sy gebruik tipies is van die klassieke styl of nie. (a) Tekstuur (b) Instrumente (c) Melodie (d) Tonaliteit/toonsoortstruktuur (8) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 13 van 14 4.4 Die volgende frase is uit maat 148–153 van die tjellogedeelte van die eerste beweging van Simfonie No. 40. Herskryf frase A in die diskantsleutel en frase B in die bassleutel. Sluit die toonsoortteken in. A B FRASE A FRASE B (3) [21] Totaal: 50 punte IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL II Bladsy 14 van 14 ROFWERK IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all