You're offline
Skip to content
Question paper

Music P1 Feb March 2017 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: MusicGrade 12201726 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Schubert Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk. _________________________________________________________ (1) 1.2 Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand. 1.2.1 _____________________________________________ 1.2.2 ______________________________________________ (2) 1.3 Skryf en benoem die omkering van die interval by 1.3. _______________________ (1) 1.4 Noem die drieklanke by 1.4.1 en 1.4.2 volgens tipe en posisie/omkering. 1.4.1 ______________________________________________ 1.4.2 ______________________________________________ (2) 1.5 Herskryf maat 1 van die vioolparty vir altviool met behoud van dieselfde toonhoogte. (2) 1.6 Transponeer die basparty vanaf maat 7–10 'n volmaakte vierde hoër. Moet NIE 'n toonsoortteken gebruik NIE. (2) 1.7 Herskryf maat 1 van die regterhandparty van die klavier in saamgestelde tydmaat/maatslag. Voeg die nuwe tydmaatteken by. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.8 Skryf die toonlere hieronder soos aangedui. Gebruik heelnote. 1.8.1 Skryf F# melodiese mineur, stygend en dalend, met toonsoortteken. Dui die halftone aan. (3) 1.8.2 Skryf die Eoliese modus op E, dalend in die altsleutel. Moet NIE 'n toonsoortteken gebruik NIE. (2) 1.8.3 Skryf 'n chromatiese toonleer op Bb, slegs stygend. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _________________________ Tempo: _________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT TOEKENNING SE PUNTE 3 Vorm en kadenspunte Korrektheid Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, 2 spasiëring, uitleg Kwaliteit Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, tempo- 10 aanduiding, musikaliteit 15 TOTAAL [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _________________________ Tempo: _________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, 2 spasiëring, uitleg Kwaliteit Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, tempo- 10 aanduiding, musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS BLANKO BLADSY Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel deur Mendelssohn hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kadens 3.1.5 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 3.1.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. ___________________________________________________ (1) 3.1.2 Identifiseer akkoord (a)–(e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik ÓF standaardbesyfering onder die partituur, 6 byvoorbeeld V , ÓF akkoordsimbole bo die partituur, byvoorbeeld C/E. (5) 3.1.3 Benoem die tipes nie-akkoordnote by (i) en (ii). (i) _______________________________________________ (ii) _______________________________________________ (2) 3.1.4 Watter EEN van die volgende assosieer jy met die noot by Z? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Vooruitneming Terughouding Appoggiatura Akkoordnoot (1) 3.1.5 Benoem die kadens waarmee hierdie uittreksel eindig. _________________________________________________ (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 3.2 Bestudeer die uittreksel uit Till deur Charles Danvers hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 3.2.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. __________________________________________________ (1) 3.2.2 Identifiseer die akkoorde van (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik akkoordsimbole bo die partituur, byvoorbeeld Bb/D. (5) 3.2.3 Benoem die tipes nie-akkoordnote by (i)–(iii). (i) ________________________________________________ (ii) ________________________________________________ (iii) ________________________________________________ (3) 3.2.4 Benoem die kadens waarmee hierdie uittreksel eindig. ____________________________________________________ (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT TOEKENNING SE PUNTE Akkoordprogressie 14 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid 16 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 10 kreatiwiteit 40 (÷ 8 x 3) TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal by die onvoltooide mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1–4 voorgestel word. Melodie Akkoorde Bas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT TOEKENNING SE PUNTE Akkoordprogressie 15 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid Notasie, verdubbeling, spasiëring, 15 stemvoering Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 10 kreatiwiteit 40 (÷ 8 x 3) TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 5.1.11 A B C D 5.1.1 Outeursgeld/Tantième wat aan komponiste betaal word wanneer hulle musiek in die openbaar uitgevoer word, word … genoem. A kopiereg B uitvoerregte C naaldtydregte D meganiese regte 5.1.2 Outeursgeld/Tantième wat aan liedjieskrywers en uitvoerders/ kunstenaars vir CD-verkope of digitale aflaai betaal word, word … genoem. A kopiereg B uitvoersregte C naaldtydregte D meganiese regte 5.1.3 SAMRO is die afkorting vir die … A Suid-Afrikaanse Musiekrelevansie-organisasie. B Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie. C Suid-Afrikaanse Musiekrekordering-organisasie. D Suid-Afrikaanse Musiekrestriksie-organisasie. 5.1.4 'n Persoon wat die woorde van 'n liedjie skryf, is 'n … A verwerker. B redigeerder. C liriekskrywer. D uitvoerder/voordraer/kunstenaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 5.1.5 'n Musikale werk kry kopiereg … A onmiddellik nadat dit gekomponeer is. B vir 80 jaar nadat die werk gekomponeer is. C tot die jaar van die komponis se dood. D slegs twee weke nadat dit gekomponeer is. 5.1.6 Die simbool bokant die gegewe noot word 'n … genoem. A (onder)mordent B appoggiatura C (bo)mordent D draaisneller 5.1.7 Halftone kom in die Doriese modus tussen die … voor. A 3de en 4de note en die 6de en 7de note B 2de en 3de note en die 7de en 8ste note C 3de en 4de note en die 7de en 8ste note D 2de en 3de note en die 6de en 7de note 5.1.8 Watter EEN van die volgende beteken om geleidelik sagter te word? A Accelerando B Morendo C Crescendo D Rallentando 5.1.9 Die musiekterm vir is … A lungo. B portato. C fermata. D staccato. 5.1.10 Die blues-toonleer kan gekonstrueer word deur die 3de, 5de en 7de trappe van die … A majeurtoonleer te verlaag. B majeurtoonleer te verhoog. C mineurtoonleer te verlaag. D mineurtoonleer te verhoog. (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 5.2 Gee die korrekte term vir enige VYF van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (5.2.1–5.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.2.1 'n Musikale tekstuur wat uit 'n enkelmelodielyn bestaan 5.2.2 'n Musikale tekstuur wat uit 'n melodielyn met begeleiding bestaan 5.2.3 'n Musikale tekstuur wat uit verskeie onafhanklike melodielyne bestaan 5.2.4 'n Ritmiese patroon wat herhaal word terwyl ander musiekmateriaal rondom dit verander 5.2.5 Antieke toonlere met Griekse name wat in verskeie musiekstyle gebruik word 5.2.6 Die kwaliteit of kleur van 'n stem of 'n instrument 5.2.7 Vokale musiek sonder instrumentale begeleiding 5.2.8 Die tegniese naam vir die derde trap van 'n toonleer (5) 5.3 Skryf 'n paragraaf waarin jy tweeledige vorm beskryf. (5) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF ADELING E (IAM). ADELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Watter karakters word met die volgende stemtipes in die Towerfluit deur Mozart geassosieer? 6.1.1 Sopraan 6.1.2 Tenoor 6.1.3 Bariton 6.1.4 Bas 6.1.5 Koloratuur (5) 6.2 Die Towerfluit word as 'n Singspiel beskou. Skryf aantekeninge om hierdie stelling te motiveer en gebruik voorbeelde uit hierdie opera. (5) [10] VRAAG 7 Bestudeer die tabel hieronder wat sonatevorm voorstel en beantwoord die vrae wat volg. REKAPITULASIE UITEENSETTING ONTWIKKELING (HERUITEENSETTING) 7.1 In watter seksie sou jy verwag om 'n episode te vind? (1) 7.2 Wat is die funksie van die brug in die uiteensetting van hierdie vorm? (1) 7.3 Beskryf kortliks wat in die ontwikkelingseksie gebeur. (2) 7.4 Hoe verskil die rekapitulasie (heruiteensetting) van die uiteensetting? (1) [5] VRAAG 8 Skryf 'n paragraaf oor die finale (vyfde) beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 waarin jy die titel van hierdie beweging aan die programmatiese inhoud koppel. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 9 Definieer die Klassieke simfonie en verduidelik hoe Beethoven se Pastorale Simfonie van die Klassieke simfoniemodel verskil. [5] VRAAG 10 Mendelssohn vertoon beide Klassieke en Romantiese kenmerke in sy Hebrides Ouverture. Skryf 'n opstel waarin jy hierdie stelling bespreek. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Klassieke kenmerke 6 Romantiese kenmerke 6 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Beskryf prominente musiekeienskappe van kwêla. (3) 11.2 Noem die instrumente wat in 'n tipiese mbaqanga-orkes gebruik word. (3) 11.3 Skryf die titel van 'n lied neer wat met ELK van die volgende kunstenaars/groepe geassosieer word: 11.3.1 Dolly Rathebe 11.3.2 Miriam Makeba 11.3.3 Sakhile 11.3.4 Philip Tabane (4) [10] VRAAG 12 Dui aan of die volgende stellings oor Cape jazz WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (12.1–12.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 12.1 Dit is deur blues en volksliedjies geïnspireer, wat deur die afstammelinge van die voormalige slawegemeenskappe wat in Wes-Kaap woon, gesing word. 12.2 Dit is deur die straatkarnavalparade en instrumentasie van die Mardi Gras geïnspireer. 12.3 Dit is 'n mengsel van Xhosa- en Zoeloeliedjies, sowel as Latyns-Amerikaanse style. 12.4 Dit was oorspronklik hoofsaaklik 'n klavier-jazzstyl. 12.5 Robbie Jansen is 'n bekende saksofoonspeler wat aan die ontwikkeling van Cape jazz gekoppel word. [5] VRAAG 13 Bespreek TWEE internasionale invloede en TWEE plaaslike invloede op Miriam Makeba se musiekstyl. Lewer kommentaar op haar unieke sangstyl. [5] VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf waarin jy die belangrikheid van die Jazz Epistles in die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse jazz bespreek. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 15 Marabi is 'n ware voorbeeld van 'n vroeë Suid-Afrikaanse jazz-styl. Skryf 'n opstel waarin jy op die stelling hierbo uitbrei deur na die oorsprong, kenmerke en musiekvoorbeelde van marabi te verwys. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Oorsprong 5 Kenmerke 5 Musiekvoorbeelde 2 Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (16.1.1–16.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling ONWAAR is, skryf die korrekte inlgting neer. 16.1.1 Isicathamiya is deur Ladysmith Black Mambazo se samewerking met Simon en Garfunkel internasionaal gewild gemaak. 16.1.2 Julian Bahula het vir Sello Galane tromme gespeel. 16.1.3 Mahotella Queens is 'n groep wat vrye kiba sing. 16.1.4 Die Manhattan Brothers was 'n kwêla-groep. (4) 16.2 Definieer malombo. (2) 16.3 Definieer die volgende terme wat met maskandi geassosieer word: 16.3.1 Ikati 16.3.2 Ukupika (4) [10] VRAAG 17 Skryf 'n paragraaf waarin jy vrye kiba definieer en beskryf. Verwys na die tradisionele tromme wat in hierdie musiekstyl gebruik word. [5] VRAAG 18 Bespreek kortliks EEN van die volgende seremonies. Verwys na die funksie, seremoniële kenmerke en die rol van dans, musiek en instrumente daarin. • AmaZulu: Amahubo • AmaSwati: Incwala • AmaXhosa: Intonjane • AmaNdebele: Luma • Basotho: Lebollo • Bapedi: Byale • Batswana: Bojale • Vhavenda: Domba • Batsonga: Mancomane [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 19 Bespreek die kenmerke van vereringspoësie soos in Afrika-musiek gebruik. [5] VRAAG 20 Isicathamiya het een van die Suid-Afrikaanse musiekgenres van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu geword wat die maklikste herken word. Skryf 'n opstel waarin jy hierdie stelling bespreek met spesifieke verwysing na Ladysmith Black Mambazo. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Oorsprong 3 Stylkenmerke 5 Bydrae van Ladysmith Black Mambazo 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Music

Explore more published documents in this catalogue.

View all