You're offline
Skip to content
Question paper

Music P1 Nov 2015 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: MusicGrade 12201522 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2015 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is verpligtend. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2015 NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2015 NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2015 NSS 1.2 Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand, byvoorbeeld Volmaakte/Rein 5de. 1.2.1 _______________________________________ 1.2.2 _______________________________________ (2) 1.3 Benoem die drieklanke by 1.3.1 en 1.3.2 volgens tipe en omkering, byvoorbeeld Majeur, tweede omkering. (Oorweeg slegs die note in die blokkie.) 1.3.1 ________________________________________ 1.3.2 ________________________________________ (2) 1.4 Omkring die laaste VIER note (tetrachord) van 'n opgaande melodiese mineurtoonleer op die partituur. (1) 1.5 Transponeer maat 2 van die soloparty 'n majeur tweede hoër. Voeg 'n nuwe toonsoortteken by. (3) 1.6 Transkribeer maat 3 van die basparty vir altviool op dieselfde toonhoogte. Gebruik die korrekte sleutel. (3) 1.7 Herskryf maat 4 van die soloparty, maar verdubbel die nootwaardes. Voeg 'n nuwe tydmaatteken by. (3) 1.8 Voeg VIER note by die volgende om 'n Doriese modus te vorm: (2) 1.9 Skryf 'n opgaande sekwens van die gegewe melodiese fragment. (2) 1.10 Verander die laaste akkoord van hierdie uittreksel op die partituur om 'n tierce de Picardie (majeurakkoord) te vorm. (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2015 NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument:____________________________________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, 2 spasiëring, uitleg Kwaliteit - Kwaliteit van melodie en toepaslikheid vir gekose instrument 10 - Toepaslikheid van dinamiek- en artikulasie- aanduidings - Musikaliteit TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2015 NSS 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument:____________________________________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, 2 spasiëring, uitleg Kwaliteit - Kwaliteit van melodie en toepaslikheid vir gekose instrument 10 - Toepaslikheid van dinamiek- en artikulasie- aanduidings - Musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2015 NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die Koraal van JS Bach hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Koraal JS Bach Voorbeeld: (verwerk) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2015 NSS 3.1.1 Hierdie koraal moduleer in maat 4. Hoe is die nuwe toonsoort in maat 4 verwant aan die oorspronklike toonsoort van die koraal? (1) 3.1.2 Identifiseer die akkoorde van (a)–(f) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik besyfering onderaan die partituur OF akkoordsimbole boaan die partituur. Kyk na die voorbeeld in maat 1. (6) 3.1.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii). (i) _______________________________________ (ii) _______________________________________ (2) 3.1.4 Benoem die kadens in maat 62–63. __________________________________________ (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2015 NSS 3.2 Bestudeer die uittreksel uit You're Breaking My Heart deur Pat Genaro en Sunny Skylar hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Voorbeeld: 3.2.1 Identifiseer die akkoorde van (a)–(f) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik akkoordsimbole boaan die partituur. Kyk na die voorbeeld in maat 1. (6) 3.2.2 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i), (ii) en (iii). (i) _______________________________________ (ii) _______________________________________ (iii) _______________________________________ (3) 3.2.3 Benoem die kadens in maat 83–9. __________________________________________ (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2015 NSS VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNTE Akkoordprogressie 12 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens Korrektheid Notasie, verdubbeling, spasiëring, 12 stemvoering Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, 16 stylbewustheid, kreatiwiteit 40 (÷ 8 x 3) TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2015 NSS 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in die oop notebalke by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word. Melodie Akkoorde Bas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2015 NSS Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNTE Akkoordprogressie 12 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens Korrektheid 12 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 16 kreatiwiteit 40 (÷ 8 x 3) TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2015 NSS AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 E. 5.1.1 Diatoniese musiek verwys na musiek wat op ... gebaseer is. A die heeltoontoonleer B die chromatiese toonleer C 'n majeur- of mineurtoonleer D die Doriese modus 5.1.2 Watter EEN van die volgende is NIE 'n musiekelement NIE? A Perspektief B Toonduur C Dinamiek D Tekstuur 5.1.3 Watter EEN van die volgende is 'n tempo-aanduiding? A Ossia B Con fuoco C Stringendo D Morendo 5.1.4 Die volgende term beskryf musieknote wat los van mekaar klink wanneer hulle uitgevoer word: A Legato B Staccato C Rubato D Pesante 5.1.5 Die term koor verwys na ... A twee sangers wat saam optree. B 'n instrumentale inleiding tot 'n vokale stuk. C 'n groep tradisionele dansers. D die refrein van 'n gewilde liedjie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2015 NSS 5.1.6 Drieledige vorm verwys na EEN van die volgende: A AB B ABACA C ABA D ABCBA 5.1.7 'n Kadens ... A word aan die begin van 'n frase gevind. B is 'n akkoordprogressie. C is 'n geïmproviseerde solopassasie. D is 'n passasie met vinnig opeenvolgende note. 5.1.8 Watter EEN van die volgende is NIE 'n Suid-Afrikaanse opnamemaatskappy NIE? A SAMRO B Gallo Music C EMI D Universal 5.1.9 'n Klarinet is 'n... A enkelrietinstrument. B ekspressiewe chordofoon. C perkussiewe houtblaasinstrument. D nie-transponerende instrument. 5.1.10 Watter vormtipe het twee dele wat in verwante toonsoorte begin? A Sonatevorm B Drieledige vorm C Rondovorm D Tweeledige vorm (10 x 1) (10) 5.2 Beskryf enige TWEE van die volgende terme kortliks: 5.2.1 Ostinato 5.2.2 Tekstuur 5.2.3 Chordofoon 5.2.4 Poliritme (2 x 2) (4) 5.3 Watter voordeel hou dit vir jou in om jou komposisie by SAMRO te registreer? (4) 5.4 Rangskik die volgende rolspelers in die musiekbedryf in die korrekte volgorde volgens hul funksie in die proses om 'n liedjie te vervaardig. Skryf slegs die letters in die korrekte volgorde neer, byvoorbeeld EFGH. A Klankingenieur C Radioaanbieder B Liedjieskrywer D Voordraer (2) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2015 NSS Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Noem die titel van enige ander Mozart-opera behalwe die een wat jy bestudeer het. (1) 6.2 Skryf die naam (name) en stemtipe(s) neer van die karakters wat die volgende arias sing: (a) Ein Mädchen oder Weibchen (2) (b) O Isis und Osiris (2) 6.3 Verduidelik waarom die titel, Die Towerfluit, 'n gepaste beskrywing vir hierdie opera is. (1) 6.4 Noem EEN verskil tussen opera buffa en opera seria. (2) 6.5 Noem EEN verskil tussen aria en resitatief. (2) [10] VRAAG 7 7.1 Noem TWEE Klassieke kenmerke/elemente wat in Mendelssohn se Fingal se Grot gevind word. (2) 7.2 Beskryf TWEE Romantiese kenmerke/elemente wat in Mendelssohn se Fingal se Grot gevind word. (2) 7.3 Watter ander titel word ook vir Mendelssohn se Fingal se Grot gebruik? (1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2015 NSS VRAAG 8 Voltooi die tabel hieronder wat die skematiese uiteensetting van die Klassieke sonatevorm voorstel deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die vraagnommer (8.1–8.5) en die antwoord in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 8.6 Cadenza. Uiteensetting 8.2 8.3 Eerste tema Eerste tema (Verskeie toonsoorte) (tonikatoonsoort) (tonikatoonsoort) 8.1 Nuwe materiaal Brug Tweede tema (dominante/verwante 8.4 toonsoort) Kodetta 8.5 [5] VRAAG 9 Beskryf die instrumentasie van die standaard- Klassieke orkes. [5] VRAAG 10 Die vierde beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 Op. 68 is 'n ongewone toevoeging tot die standaard- simfoniese struktuur van die Klassieke periode. Skryf 'n opstel waarin jy hierdie beweging beskryf en bespreek. Verwys in jou antwoord na die volgende aspekte: • Vorm (5) • Instrumentasie (2) • Stemming/Atmosfeer (5) DRIE punte sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel toegeken word. (3) [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2015 NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Noem die instrument, behalwe die trompet, wat Feya Faku bespeel. (1) 11.2 Noem EEN vroulike marabi-groep uit die 1930's. (1) 11.3 Noem DRIE eienskappe wat jy in die musiek van die kwêla-kunstenaar, Lemmy Mabaso, sou hoor. (3) 11.4 Watter EEN van die volgende musiekelemente kan as 'n sikliese patroon in 'n standaard-jazz-stuk gebruik word? Skryf slegs EEN term in die ANTWOORDEBOEK neer. tekstuur; harmonie; toonkleur; stemming (1) 11.5 Kies jazz-klassifikasies uit KOLOM B wat by enige VIER kunstenaars/groepe in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter van jou keuse (A–F) langs die vraagnommer (11.5.1–11.5.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 11.5.7 G. KOLOM A KOLOM B 11.5.1 Sakhile A die laaste jare ('recent years') 11.5.2 Merry Blackbirds B Nuwe jazz ('New jazz') 11.5.3 Robbie Jansen C marabi 11.5.4 Todd Matshikiza D Kaapse jazz ('Cape jazz') 11.5.5 Moses Molelekwa E plaaslike jazz ('jazz at home') 11.5.6 Union of Africa F jazz in ballingskap ('jazz in exile') (4 x 1) (4) [10] VRAAG 12 12.1 Beskryf kortliks TWEE van die elemente hieronder wat in die musiek van Chris McGregor se orkeste, The Blue Notes en Brotherhood of Breath, voorkom: • Toonkleur • Melodie • Styl (2) 12.2 Gee TWEE redes waarom Chris McGregor se musiek as uiters progressief beskou kan word. (2) 12.3 Noem enige musikant wat Chris McGregor se styl beïnvloed het. (1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2015 NSS VRAAG 13 13.1 Noem Philip Tabane se musiekstyl. (1) 13.2 Beskryf DRIE stylkenmerke van Philip Tabane se musiek kortliks. Verwys ook na die instrumente wat hy gebruik. (4) [5] VRAAG 14 14.1 Noem 'n vroeë klawerbordgebaseerde styl van Suid-Afrikaanse jazz. (1) 14.2 Skryf 'n paragraaf waarin jy kortliks die musikale oorsprong van die musiekstyl wat in VRAAG 14.1 genoem is, beskryf. (4) [5] VRAAG 15 'Mbaqanga is 'n musiekstyl wat in die vroeë 1960's sterk deur Suid-Afrika se politieke, maatskaplike en ekonomiese klimaat beïnvloed is.' Skryf 'n opstel waarin jy hierdie stelling bespreek. Verwys in jou antwoord na die volgende aspekte: • Oorsprong (5) • Kenmerke (5) • Liedjies en kunstenaars (2) DRIE punte sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel toegeken word. (3) [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2015 NSS AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 Noem die TWEE kitaarspel-style wat in maskandi gebruik word. (2) 16.2 Wat is die verskil tussen die twee style in VRAAG 16.1? (2) 16.3 Watter Suid-Afrikaanse kultuurgroep gebruik malombo- en murundzi-tromme? (1) 16.4 Met watter musiekstyl sou jy ukucothoza (dansstyl) assosieer? (1) 16.5 Kies kultuurgroepe uit KOLOM B wat by enige VIER instrumente in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter van jou keuse (A–I) langs die vraagnommer (16.5.1–16.5.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 16.5.10 J. KOLOM A KOLOM B 16.5.1 Sikhelekhele A abeZulu 16.5.2 Tshizambi B Batswana 16.5.3 Lingcacu C Bapedi 16.5.4 Marhonge D amaXhosa 16.5.5 Morothlwane E amaNdebele 16.5.6 Ifegwana F Basotho 16.5.7 Lengope G vhaVenda 16.5.8 Sekgobogobo H Batsonga 16.5.9 Umhubhe I amaSwati (4 x 1) (4) [10] VRAAG 17 17.1 Noem VIER maniere waarop tradisionele kiba-musiek Sello Galane se musiek beïnvloed het. (4) 17.2 Noem 'n kunstenaar/groep wat Sello Galane se musiek beïnvloed het. (1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2015 NSS VRAAG 18 Kies EEN van die volgende tipes dansliedere. Skryf die letter van jou keuse (a)–(e) neer en beantwoord dan die vraag. (a) Tshikona (b) Borankana (c) Muchongolo (d) Mohobelo (e) Isitshikiza Skryf 'n kort paragraaf waarin jy die tipe danslied met 'n kultuurgroep verbind. Verwys na die volgende aspekte: • Kultuurgroep • Kenmerke van die dans/musiek • Funksie van die dans • Instrumentasie wat gebruik word [5] VRAAG 19 Beskryf kortliks die funksie van tromspel en dans in inheemse Afrika-gemeenskappe. [5] VRAAG 20 'Mbaqanga is 'n musiekstyl wat in die vroeë 1960's sterk deur Suid-Afrika se politieke, maatskaplike en ekonomiese klimaat beïnvloed is.' Skryf 'n opstel waarin jy hierdie stelling bespreek. Verwys in jou antwoord na die volgende aspekte: • Oorsprong (5) • Kenmerke (5) • Liedjies en kunstenaars (2) DRIE punte sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel toegeken word. (3) [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/November 2015 NSS Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Music

Explore more published documents in this catalogue.

View all