Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V2
NOVEMBER 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 30
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 









View all
Music P2 Nov 2015 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 21
- File size
- 619.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 2 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gehoor (10)
AFDELING B: Herkenning (12)
AFDELING C: Vorm (8)
2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is verpligtend.
3. Beantwoord VRAAG 4 (Westerse Kunsmusiek (WKM)) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF
VRAAG 6 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)).
4. Skryf al jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir musieknotasie en
blou of swart ink vir die ander antwoorde.
5. Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl die kandidate na 'n CD luister.
6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die teenwoordigheid
van die toesighouer afneem.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is.
Die kandidaat mag hierdie bladsy verwyder.
8. Kandidate mag vir die duur van die eksamen nie toegang tot enige
musiekinstrument hê nie.
9. Skryf netjies en leesbaar.
INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKAPPARAAT WERK
1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies.
2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die getal kere wat in die vraestel gespesifiseer is,
gespeel word.
3. Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hul
antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.
4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit
gespeel word.
5. Indien 'n skool meer as een stroom (Westerse Kunsmusiek (WKM), JAZZ,
Inheemse Afrika-musiek (IAM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word:
• Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal skryf.
• Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
• Elke lokaal moet sy eie CD met musiekuittreksels hê.
• 'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.
• Die snitte moet soos volg gespeel word:
- WKM-kandidate: Snit 1–23 en Snit 40
- JAZZ-kandidate: Snit 1–11, Snit 24–30 en Snit 40
- IAM-kandidate: Snit 1–11 en Snit 31–40
6. 'n CD-speler wat met batterye werk, moet in geval van 'n kragonderbreking
beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 3 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
NASIENROOSTER
AFDELING A: GEHOOR TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 5
VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 5
SUBTOTAAL 10
AFDELING B: HERKENNING TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4
EN
VRAAG 4 (WKM) 8
OF
VRAAG 5 (JAZZ) 8
OF
VRAAG 6 (IAM) 8
SUBTOTAAL 12
AFDELING C: VORM TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8
SUBTOTAAL 8
GROOTTOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 4 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Nota aan nasiener: Kandidate moet punte ontvang vir enige korrekte antwoorde wat
nie in die memorandum gegee word nie.
AFDELING A: GEHOOR
VRAAG 1
Speel Snit 1 TWEE keer na mekaar.
1.1 Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die
ontbrekende note in maat 2–3 hieronder.
Speel Snit 1 weer TWEE keer. Wag 30 sekondes tussenin.
Antwoord:
½ punt per pols = 3 punte (3)
Speel Snit 2 TWEE keer na mekaar.
1.2 Luister na die eerste vioolparty van die uittreksel uit Haydn se Keiserkwartet.
Vul die ontbrekende toonhoogtes, wat ooreenstem met die musiek wat jy hoor,
op die gegewe partituur in.
Speel Snit 2 nog EEN keer.
Antwoord:
½ ½ ½ ½
Korrekte notasie = 2 punte
(Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte)
Draaisneller-simbool maat 33 aanvaarbaar (2)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 5 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 2
Speel Snit 3 EEN keer om 'n algemene oorsig te gee.
Luister na die uittreksel uit Malaika. Beantwoord die vrae wat volg.
Malaika
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 6 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Speel Snit 4 TWEE keer.
2.1 Luister na maat 4–7. Benoem die kadens by 2.1.
Antwoord:
Volmaakte kadens/Voltooide kadens
Volmaakte kadens/Voltooide kadens = 1 punt
V-I = ½ punt (1)
Speel Snit 5 TWEE keer.
Luister na maat 12–19.
2.2 Benoem die interval by 2.2, byvoorbeeld Rein/Volmaakte 4de.
Antwoord:
Majeur 6de
Majeur 6de = 1 punt
6de = geen punt (1)
2.3 Watter ritmiese middel word by 2.3 in maat 15 gebruik?
Antwoord:
Sinkopasie/Antisipering van die maatslag
Sinkopasie/Antisipasie van die maatslag /’Off-beat’= 1 punt (1)
2.4 Skryf die noot wat op die partituur by 2.4 weggelaat is. Gebruik die korrekte
nootwaarde.
Antwoord:
Notasie: (sien partituur)
Genoteerde noot = 1 punt (1)
2.5 Benoem die tipe nie-akkoordnoot by 2.4. (MOENIE die letternaam gee NIE.)
Antwoord:
Deurgangsnoot
Deurgangsnoot= 1 punt (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 7 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE
VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND)
Bestudeer die items in KOLOM A in VRAAG 3.1–3.6 vir twee minute.
Indien 'n kandidaat meer as twee items by 'n vraag gekies het, moet slegs die eerste
twee items nagesien word.
Speel Snit 6 TWEE keer.
3.1 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek wat jy hoor.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 6
Majeur X
Giocoso X
Mbaqanga
Sikliese akkoordprogressie X
Twaalfmaat-blues
Cool jazz
Enige 2 = 2 punte (2)
Speel Snit 7 TWEE keer.
3.2 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek wat jy hoor.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 7
Membranofoon X
Adagio
Chordofoon
Idiofoon X
SATB X
Onreëlmatige maatslag
Enige 2 = 2 punte (2)
Speel Snit 8 TWEE keer.
3.3 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek wat jy hoor.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 8
Poliritme
Marabi X
Onreëlmatige ritme
Maskandi
Swing-ritme X
Roep en antwoord X
Enige 2 = 2 punte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 8 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Speel Snit 9 TWEE keer.
3.4 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek wat jy hoor.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 9
Homofonies X
Coloratura
Inleiding X
Onreëlmatige maatslag
Tranquillo X
Harp
Enige 2 = 2 punte (2)
Speel Snit 10 TWEE keer.
3.5 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek wat jy hoor.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 10
Presto X
Adagio
Klok X
Ratel/Skutter X
Polifonies
Piccolo
Enige 2 = 2 punte (2)
Speel Snit 11 TWEE keer.
3.6 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek wat jy hoor.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 11
Klavier X
Molto adagio
Vierslagmaat
Tjello
Drieslagmaat X
Kontrabas X
Enige 2 = 2 punte (2)
(12 ÷ 3) [4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 9 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Beantwoord VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM).
VRAAG 4: WKM
4.1 Luister na die uittreksels uit Die Towerfluit deur Mozart en beantwoord die
vrae wat volg.
Speel Snit 12 TWEE keer.
4.1.1 Noem die titel van die aria wat jy hoor.
Antwoord:
Der Vogelfänger bin ich ja
Ek is die Voëlvanger
Korrekte titel = 1 punt
(enige vertaling is aanvaarbaar)
Slegs Voëlvanger = ½ punt (1)
4.1.2 Noem die orkesinstrument wat die volgende motief speel in die
uittreksel wat jy hoor.
Antwoord:
Piccolo/Panfluit/ met 'n hoë toonhoogte
Piccolo/Panfluit met 'n hoë toonhoogte = 1 punt (1)
Speel Snit 13 TWEE keer.
4.1.3 Watter koperblaasinstrument hoor jy in hierdie uittreksel?
Antwoord:
(Franse) horing
Korrekte antwoord = 1 punt (1)
Speel Snit 14 EEN keer.
4.1.4 Met watter subgenre in operamusiek assosieer jy hierdie
uittreksel?
Antwoord:
Duet/Singspiel
Duet = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 10 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
4.1.5 Noem die karakters wat in hierdie uittreksel sing.
Antwoord:
• Pamina
• Papageno
Pamina = 1 punt
Papageno = 1 punt (2)
Speel Snit 15 TWEE keer.
4.1.6 Vergelyk die melodie wat deur die eerste sanger gesing word met
dié van die tweede sanger. Noem TWEE verskille.
Antwoord:
• Melodie gesing deur sopraan en bariton/verandering van timbre
• Tweede stem klink laer (begin oktaaf laer)
• Tweede stem sing dieselfde melodie behalwe vir melodiese
variasie in die tweede helfte van die frase
• Tweede stem klink harder/Dinamiese vlak van tweede sanger is
harder
Enige twee korrekte feite = 2 punte (2)
4.2 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 16 EEN keer.
4.2.1 Identifiseer die genre van hierdie uittreksel.
Antwoord:
Simfonie/Orkeswerk
Simfonie/Orkeswerk = 1 punt (1)
Speel Snit 17 EEN keer.
4.2.2 Kies die woord wat die stemming van hierdie uittreksel die beste
beskryf. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Tranquillo Agitato Piacevole Giocoso
Antwoord:
Agitato
Agitato = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 11 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Speel Snit 18 TWEE keer.
4.2.3 Watter EEN van die volgende uitvoeringstegnieke kom in hierdie
uittreksel voor? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Tremolo Con sordino Morendo Col legno
Antwoord:
Tremolo
Tremolo = 1 punt (1)
Speel Snit 19 TWEE keer.
4.2.4 Noem die hoogste houtblaasinstrument wat in hierdie uittreksel
speel.
Antwoord:
Piccolo
Piccolo = 1 punt (1)
4.3 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 20 EEN keer.
4.3.1 Met watter EEN van die volgende assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Mozart Beethoven Handel Haydn
Antwoord:
Mozart
Mozart = 1 punt (1)
Speel Snit 21 EEN keer.
4.3.2 Met watter EEN van die volgende assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Konsert-
Simfonie Strykkwartet Concerto
ouverture
Antwoord:
Konsert-ouverture
Konsert-ouverture = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 12 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Speel Snit 22 EEN keer.
4.3.3 Met watter EEN van die volgende assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Moderne Absolute
Kamermusiek Programmusiek
musiek musiek
Antwoord:
Programmusiek
Programmusiek = 1 punt (1)
Speel Snit 23 EEN keer.
4.4 Identifiseer die stylperiode waaruit hierdie uittreksel geneem is.
Antwoord:
Barokperiode
Barokperiode = 1 punt (1)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 13 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 5: JAZZ
5.1 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 24 EEN keer.
5.1.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl. Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Cape jazz Marabi Moderne jazz
Antwoord:
Moderne jazz
Moderne jazz = 1 punt (1)
5.1.2 Noem die tipe komposisietegniek wat in die klavierparty voorkom.
Antwoord:
Ostinato/Riff
Sikliese harmoniese progressie
Enige korrekte antwoord = 1 punt (1)
Speel Snit 25 EEN keer.
5.1.3 Noem EEN idiofoon wat jy in hierdie uittreksel hoor.
Antwoord:
• Skutter/Ratel
• Simbaal/HiHat
Enige korrekte antwoord = 1 punt (1)
Speel Snit 26 TWEE keer.
5.1.4 Noem 'n musiekkenmerk wat hierdie jazz-uittreksel tipies
Suid-Afrikaans maak.
Antwoord:
• Tipiese Afrika-harmonie: afwisselende akkoorde I-ii
• Perkussiewe gebruik van die klavier – mbira-invloed
• Tradisionele Afrika-ritmes op tromstel-toms gespeel
• Mbaqanga-styl-invloed
• Gebruik herhaling in die musiekmateriaal
Enige 1 korrekte antwoord = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 14 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
5.2 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 27 TWEE keer.
5.2.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl.
Antwoord:
• Kwêla
• Township jive
• Penniefluitjie-jive
Enige 1 korrekte antwoord = 1 punt (1)
5.2.2 Gee TWEE redes, wat op die musiek betrekking het, om jou
antwoord op VRAAG 5.2.1 te motiveer.
Antwoord:
• Herhalende aard van die opening-solo-melodie
• Saksofoon boots die penniefluit se klank na
• Skiffle-agtige pols
• Eenvoudige akkoordmatige begeleiding/strumming deur
banjo/kitaar
Enige 2 korrekte antwoorde = 2 punte (2)
Speel Snit 28 EEN keer.
5.2.3 Beskryf die rol van die kitaar/banjo in hierdie uittreksel.
Antwoord:
• Ritmiese strumming/Ritmiese voortstuwing
• Akkoordbegeleiding/strumming dwarsdeur die uittreksel
• Handhaaf deurgaans die harmoniese siklus
• Ritmiese funksie
• Begeleidingsfunksie
• Harmoniese funksie
Enige 2 vir 2 punte (2)
5.3 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 29 TWEE keer.
5.3.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl.
Antwoord:
Marabi
Marabi = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 15 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
5.3.2 Gee TWEE redes, wat op die musiek betrekking het, om jou
antwoord op VRAAG 5.3.1 te motiveer.
Antwoord:
• Voortdurende herhaling van musiekmateriaal bo-oor 'n ritmiese
ostinato (riff)
• Sikliese harmoniese progressie
• Mengsel van Westerse instrumentasie en Suid-Afrikaanse
sangstyl
• Amerikaanse big band-invloed word in die saksofoon- en
koperblaserseksies gehoor
Enige 2 korrekte antwoorde = 2 punte (2)
5.3.3 Noem EEN sanger wat jy met hierdie uittreksel assosieer.
Antwoord:
• Dolly Rathebe
• Thandi Klaasen
• Miriam Makeba
Enige 1 korrekte antwoord = 1 punt (1)
5.3.4 Noem die sanger in hierdie uittreksel se stemtipe.
Antwoord:
Alt
Alt = 1 punt (1)
Speel Snit 30 EEN keer.
5.3.5 Merk TWEE items in KOLOM A wat verband hou met die musiek
wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A Snit 30
Ragtime
Inleiding X
Trompet-improvisasie
Instrumentale riffs X
Soul Brothers
Walking bass X
Orrel
Antwoord:
• Inleiding
• Instrumentale riffs
• Walking bass
1 punt vir elke korrekte antwoord = 2 punte
Indien 'n kandidaat meer as 2 kruisies maak, oorweeg slegs die
eerste 2. (2)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 16 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
OF
VRAAG 6: IAM
6.1 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 31 TWEE keer.
6.1.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse styl. Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Marabi Malombo Isicathamiya
Antwoord:
Malombo
Malombo = 1 punt (1)
6.1.2 Identifiseer die aërofoon in hierdie uittreksel.
Antwoord:
Fluit
Fluit = 1 punt (1)
6.1.3 Noem 'n kunstenaar wat met hierdie uittreksel geassosieer word.
Antwoord:
• Philip Tabane
• Sello Galane
• Mabu Thobejane
• Abi Cindi
• Julian Bahula
Enige korrekte antwoord = 1 punt (1)
6.2 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 32 EEN keer.
6.2.1 Met watter tipe Afrika-lied assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Troulied Werklied Kinderlied Begrafnislied
Antwoord:
Kinderlied
Kinderlied = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 17 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Speel Snit 33 EEN keer.
6.2.2 Met watter tipe Afrika-lied assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Oorloglied Vieringslied Inisiasielied Werklied
Antwoord:
Werklied
Werklied = 1 punt (1)
6.2.3 Luister na die volgende TWEE snitte wat twee keer na mekaar
gespeel sal word. Voltooi die tabel hieronder. Identifiseer die
stemtipe, komposisietegniek en slaginstrument in ELKE snit.
Speel Snit 34 en 35 TWEE keer na mekaar.
Snit 34 Snit 35
• Vroulike (mezzo) • Vroulike (mezzo)
sopraan) sopraan)
Stemtipe
• Vroulike solo en • Vroulike solo en
groep groep
Komposisie- • Roep en antwoord • Roep en antwoord
tegniek • Herhaling • Herhaling
• Skutter/Ratel • Liggaamsperkussie
Slaginstrument • Mondfluit (Handeklap)
(Krepitasie)
1 antwoord per blokkie = 6 ÷ 2 (3)
6.3 Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 36 EEN keer.
6.3.1 Noem die styl wat jy in hierdie uittreksel hoor.
Antwoord:
Isicathamiya
Isicathamiya = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 18 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
6.3.2 Gee TWEE redes, wat op die musiek betrekking het, om jou
antwoord op VRAAG 6.3.1 te motiveer.
Antwoord:
• Koormatige sangstyl
• Lirieke in isiZulu
• Roep-en-antwoordsang tussen die leier en die groep
• A cappella
Enige 2 korrekte antwoorde = 2 punte (2)
Speel Snit 37 EEN keer.
6.3.3 Hierdie uittreksel stel die modernisering van 'n tradisionele,
inheemse Afrika-styl voor. Beskryf EEN manier hoe die
modernisering bereik is.
Antwoord:
• Begeleiding bygevoeg by tradisionele a cappella-styl
• ‘Beat boxing’ bygevoeg
• Vroulike solostem bygevoeg by 'n tradisionele mannekoor-opse
• Improvisisasie deur vroulike stem
• Vermenging van style (Fusion)
Enige 1 korrekte antwoord = 1 punt (1)
6.4 Luister na die volgende uittreksels. Noem die styl van elke uittreksel en
vergelyk die verskil in tempo tussen die twee uittreksels.
Speel Snit 38 en 39 TWEE keer na mekaar.
Snit 38 Snit 39
Styl Vrye kiba Maskandi
Tempo Stadig Matige vinnige tempo
Styl: 1 x 2 = 2 punte
Tempo: 1 x 2 = 2 punte
(16 ÷ 2) (4)
[8]
TOTAAL AFDELING B: 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 19 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING C: VORM
VRAAG 7
Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.
Speel Snit 40 EEN keer vir 'n algemene oorsig.
Luister na die verwerking van die Habañera deur Georges Bizet terwyl jy die partituur
bestudeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 20 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
Speel Snit 40 weer.
7.1 Wat is die vorm van hierdie stuk?
Antwoord:
Tweeledige/AB/AAB
Tweeledige/AB-/AAB-vorm = 1 punt (1)
7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1 deur 'n skematiese uiteensetting van
die vorm van hierdie stuk te gee. Gebruik die tabel hieronder.
Antwoord:
Seksie Maatnommers
A 11–181a
B 181b(19)–26
1 punt vir elke korrekte seksie = 2 punte
½ punt vir elke korrekte maatnommer = 2 punte
Alternatiewe
antwoord:
Seksie Maatnommers
Inleiding 1–21
A 22–101
A1 102–181a
B 181b(19)–26
Vir merker: (4)
Indien die maatnommers en seksiebenoeming nie ooreenstem nie sal slegs
‘n ½ punt vir Seksie A en ½ punt vir Seksie B toegeken word word.
Speel Snit 40 weer.
7.3 Lewer kommentaar op die tonaliteit van hierdie stuk.
Antwoord:
• Twee toonsoorte: D mineur en D majeur
• D mineur en tonika-majeur word gebruik
D mineur = 1 punt + D majeur = 1 punt = 2 punte
OF
Slegs 'Twee toonsoorte' (parallel) verander van mineur na majeur =
2 punte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 21 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
7.4 Watter EEN van die volgende terme beskryf die komposisietegniek wat in die
basparty gebruik word? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Sinkopasie Omkering Ostinato Vergroting
Antwoord:
Ostinato
Ostinato = 1 mark (1)
Speel Snit 40 'n laaste keer. [8]
TOTAAL AFDELING C: 8
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
Music P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Music P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Music P2 Nov 2020 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P1 May June 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Music P1 Nov 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P1 Nov 2019 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Music P2 Nov 2015 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P1 Nov 2015 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
MUSIC P2 MEMO GR12 SEPT 2015 ENG_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
MUSIC P2 MEMO GR12 SEPT 2015 AFR_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P2 Feb March 2015 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P2 Nov 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Music
Explore more published documents in this catalogue.



