Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSC.2
MUSIEK V2
NOVEMBER 2020
PUNTE: 30
TYD: 1½ uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
SLEGS VIR AMPTELIKE GEBRUIK
VRAAG PUNTE BEHAAL GEMODEREER
PUNTE GEMODEREERDE
MAKS. TEKEN
BEHAAL PUNTE TEKEN
10 1 10 1
1 4
2 6
3 4
4/5/6 8
7 8
TOTAAL 30
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 1 vel manuskrippapier.
MIDDAGSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Music Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 Music Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 552.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1Aural Skills (Musicianship)4 marks
- Question 2Aural Skills (Musicianship)6 marks
- Question 3Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]18 marks
- Question 4Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]16 marks
- Question 5Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]16 marks
- Question 6Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]8 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gehoor (10)
AFDELING B: Herkenning (12)
AFDELING C: Vorm (8)
2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is VERPLIGTEND.
3. Beantwoord VRAAG 4 (Westerse Kunsmusiek (WKM)) OF VRAAG 5 (Jazz)
OF VRAAG 6 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)).
4. Skryf AL jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir
musieknotasie en blou of swart ink vir die ander antwoorde.
5. Hierdie eksamen sal afgelê word terwyl die kandidate na 'n CD luister.
6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die
teenwoordigheid van die toesighouer afneem.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Die kandidaat MAG NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet op die puntetoekenning by elke vraag let om genoeg inligting
in hulle antwoorde te verskaf.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 3 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKAPPARAAT WERK
1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies.
2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die getal kere wat in die vraestel gespesifiseer
is, gespeel word.
3. Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hul
antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.
4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit
gespeel word.
5. Indien 'n skool meer as een stroom (Westerse Kunsmusiek (WKM), Jazz,
Inheemse Afrika-musiek (IAM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word:
Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal afneem.
Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
Elke lokaal moet sy eie CD met musiekuittreksels hê.
'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.
6. Die snitte moet soos volg gespeel word:
WKM-kandidate: Snit 1 tot 15 en Snit 24
Jazz-kandidate: Snit 1 tot 10, Snit 16 tot 18 en Snit 24
IAM-kandidate: Snit 1 tot 10 en Snit 19 tot 24
7. 'n CD-speler wat met batterye werk, moet in geval van 'n kragonderbreking
beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 4 DBE/November 2020
SS/NSS
OPSOMMING VAN PUNTE
AFDELING A: GEHOOR TOTAAL
VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 4
VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 6
SUBTOTAAL 10
AFDELING B: HERKENNING TOTAAL
VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4
VRAAG 4 (WKM) OF 8
VRAAG 5 (JAZZ) OF 8
VRAAG 6 (IAM) 8
SUBTOTAAL 12
AFDELING C: VORM TOTAAL
VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8
SUBTOTAAL 8
GROOTTOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 5 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A: GEHOOR
VRAAG 1
Speel Snit 1 TWEE keer na mekaar.
1.1 Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die
ontbrekende note in mate 2–3 hieronder.
(3)
Speel Snit 1 weer TWEE keer.
Speel Snit 2 DRIE keer direk na mekaar.
1.2 Watter EEN van die notasies hieronder stel die melodielyn wat op die klavier
gespeel word, die beste voor? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
(a)
(b)
(c)
(1)
[4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 6 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 2
Speel Snit 3 EEN keer vir 'n algemene oorsig.
Luister na die uittreksel hieronder. Beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Noem die solo-instrument in hierdie uittreksel.
______________________________________ (1)
Speel Snit 4 EEN keer.
2.2 Luister na die eerste TWEE frases. Watter komposisietegniek word by 2.2
gebruik? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Sekwens Herhaling Ostinato Omkering (1)
Speel Snit 5 TWEE keer .
2.3 Luister nou na die DERDE frase. Watter tipe nie-akkoordnoot hoor jy by 2.3?
______________________________________ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 7 DBE/November 2020
SS/NSS
Speel Snit 5 DRIE keer.
2.4 Luister weer na die DERDE frase. Die notasie van maat 11 is by 2.4
weggelaat. Vul die ontbrekende toonhoogtes en nootwaardes wat met die
musiek ooreenstem, in. (2)
Speel Snit 5 nog EEN keer.
Speel Snit 6 TWEE keer.
2.5 Luister na die VIERDE frase. Noem die interval wat tussen die gegewe noot
en die weggelate noot by 2.5 gevorm word.
____________________________________ (1)
[6]
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 8 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE
VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND)
Luister na die volgende uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 7 TWEE keer.
3.1 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 7 verband hou.
Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORDE
Serioso
Beklemtoonde akkoorde
Glissando
Rallentando
Gepunteerde ritmes
Mineurtoonsoort
Polifonies
Inleiding (3)
Speel Snit 8 TWEE keer.
3.2 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 8 verband hou.
Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORDE
Scat-sang ('Scatting')
Monofonies
Mineurtoonsoort
Aërofoon
Ostinato
Majeurtoonsoort
Vierslagmaat
Tenoorstem (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 9 DBE/November 2020
SS/NSS
Speel Snit 9 TWEE keer.
3.3 Dui TWEE stellings in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 9 verband
hou. Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORDE
Die uittreksel bestaan uit homofoniese en polifoniese
orkesteksture.
Die uittreksel bevat 'n klavierinleiding met 'n
homofoniese tekstuur.
Die uittreksel bevat 'n inleiding met 'n monofoniese
tekstuur.
Die uittreksel bestaan uit 'n strykorkes en 'n klavesimbel.
Die uittreksel bestaan uit 'n klavesimbel wat deur
houtblaasinstrumente begelei word. (2)
Speel Snit 10 TWEE keer.
3.4 Identifiseer (a) tot (d) en skryf neer wat jy hoor.
(a) Rol van die aërofoon:
______________________________________________________________
______________________________________________________________
(b) Tekstuur:
______________________________________________________________
(c) Stemtipe van hoofsanger:
______________________________________________________________
(d) Rol van die chordofoon:
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (4)
(12 ÷ 3) [4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 10 DBE/November 2020
SS/NSS
Beantwoord VRAAG 4 (WKM) OF VRAAG 5 (JAZZ) OF VRAAG 6 (IAM).
VRAAG 4: WKM
Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 11 EEN keer.
4.1 Identifiseer die genre van hierdie uittreksel. Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Konsert-ouverture Simfonie Ouverture Aria (1)
Speel Snit 12 TWEE keer.
4.2 Noem die karakter wat in hierdie uittreksel sing.
______________________________________ (1)
4.3 Noem die stemtipe in hierdie uittreksel.
______________________________________ (1)
4.4 Hoe gee die komponis uitdrukking aan emosies deur musiek in hierdie aria?
Noem DRIE maniere.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 11 DBE/November 2020
SS/NSS
Speel Snit 13 TWEE keer.
4.5 Dui VIER items in KOLOM A aan wat met die musiek verband hou. Maak
'n kruisie (X) in VIER toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORDE
Orkes-fortissimo
Altvioolsolo
Tuba
Tremolo in die timpani/pouke
Affettuoso
Melodie deur die koperblasers gespeel
Sforzando
Romantiese orkes
Allegro
Piccolo
Arpeggio-figurasies in hoë strykers (4)
4.6 Noem die komponis van hierdie uittreksel.
_____________________________________________________________ (1)
Speel Snit 14 TWEE keer.
4.7 Identifiseer die styltydperk.
_____________________________________________________________ (1)
4.8 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
Speel Snit 15 EEN keer.
4.9 Gee die titel van die komposisie waaruit hierdie uittreksel geneem is en
beskryf die atmosfeer van hierdie gedeelte.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 12 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: JAZZ
Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 16 TWEE keer.
5.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl.
____________________________________ (1)
5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.1.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
5.3 Kies die korrekte kombinasie van instrumente in die ritmeseksie in hierdie
uittreksel. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Akoestiese klavier Klawerbord Elektriese orrel
Tromstel Tromstel Tromstel
Baskitaar Baskitaar Baskitaar
Kitaar Kitaar Kitaar (1)
5.4 Is hierdie uittreksel in 'n majeur- of mineurtoonsoort?
____________________________________ (1)
Speel Snit 17 TWEE keer.
5.5 Noem die chordofoon wat die kwêlaritme verskaf.
____________________________________ (1)
5.6 Beskryf die tekstuur met EEN woord.
____________________________________ (1)
5.7 Gee TWEE redes waarom dit kwêlamusiek is.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 13 DBE/November 2020
SS/NSS
5.8 Met watter kunstenaar, buiten Spokes Mashiyane, assosieer jy hierdie styl?
____________________________________ (1)
Speel Snit 18 TWEE keer.
5.9 Identifiseer die orkes/kunstenaar wat jy met hierdie musiek assosieer.
____________________________________ (1)
5.10 Met watter jazz-styl assosieer jy hierdie musiek?
____________________________________ (1)
5.11 Wat is die rol van die aërofoon in hierdie uittreksel?
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (1)
5.12 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek verband hou. Maak 'n
kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORDE
Mineurtoonsoort
Sikliese akkoordstruktuur
Homofoniese tekstuur
A cappella
Herhalende danswysie
Boogie-baslyn
Vokale harmonie in noue ligging
Monofoniese tekstuur (3)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 14 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: IAM
Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.
Speel Snit 19 TWEE keer.
6.1 Identifiseer die styl wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Mbaqanga Maskanda Malombo Isicathamiya (1)
6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.1.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
6.3 Kies die korrekte kombinasie van instrumente in die ritmeseksie in hierdie
uittreksel. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Afrika-tromme Tromstel Afrika-tromme
Tromstel Tabla Tromstel
Baskitaar Baskitaar Baskitaar
Kitaar Kitaar Kitaar
Idiofone Idiofone Klawerbord (1)
Speel Snit 20 EEN keer.
6.4 Beskryf wat die sanger in hierdie uittreksel doen.
_____________________________________________________________ (1)
Speel Snit 21 TWEE keer.
6.5 Identifiseer die kunstenaar in hierdie uittreksel.
___________________________________ (1)
6.6 Met watter styl assosieer jy die musiek in VRAAG 6.5?
___________________________________ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 15 DBE/November 2020
SS/NSS
6.7 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek verband hou. Maak
'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORDE
IsiXhosa-ritmes en -harmonie
Roep en antwoord
Gesinkopeerde aksente
Botoonsang
Vroue-agtergrondstemme
Mineurtoonsoort
Sikliese akkoordprogressie (3)
Speel Snit 22 TWEE keer.
6.8 Gee die musiekterm vir die inleiding aan die begin van hierdie uittreksel.
_____________________________________________________________ (1)
6.9 Skryf TWEE eienskappe neer van die musiek waarna in VRAAG 6.8 verwys
word.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
Speel Snit 23 EEN keer.
6.10 Gee EEN rede waarom dit maskanda-musiek is.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (1)
6.11 Beskryf die rol van die mans-agtergrondstemme in hierdie uittreksel.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (1)
6.12 Noem die vokale tegniek wat jy in die agtergrond van hierdie uittreksel hoor.
_____________________________________________________________ (1)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 16 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING C: VORM
VRAAG 7
Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.
Speel Snit 24 EEN keer.
Luister na die stuk hieronder terwyl jy die partituur bestudeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 17 DBE/November 2020
SS/NSS
Speel Snit 24 weer EEN keer.
7.1 Noem die vormtipe van hierdie stuk.
______________________________________________________________ (1)
7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1 deur 'n skematiese uitleg van die vorm
van hierdie stuk te gee. Gebruik die tabel hieronder.
SEKSIE MAATNOMMERS
(4)
7.3 Vergelyk die melodie in maat 1 met die melodie wat op die partituur by X in
maat 5 aangedui is. Watter komposisietegniek is in maat 5 gebruik?
_____________________________________________________________ (1)
7.4 Noem die toonsoort en kadens in mate 15 en 16 by 7.4.
_____________________________________________________________ (2)
Speel Snit 24 vir 'n finale oorsig.
[8]
TOTAAL AFDELING C: 8
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2 DBE/November 2020
SS/NSS
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper