Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2020
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 120
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 30 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 30
This exam
NSC November Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1Scales, Keys, Modes & Intervals38 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 3Harmony, Chords & Composition10 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 5Music Technology & Presentation Skills20 marks
- Question 6Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).
4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
inligting in hul antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 20
(VERPLIGTEND)
2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 20
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 20
EN
C: WKM 6 10
7 5
8 5
9 5
10 15
SUBTOTAAL 40
OF
D: JAZZ 11 10
12 5
13 5
14 5
15 15
SUBTOTAAL 40
OF
E: IAM 16 10
17 5
18 5
19 5
20 15
SUBTOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Hierdie uittreksel begin in D majeur. In watter toonsoort eindig dit?
Antwoord: A (majeur) 1 punt (1)
1.2 Watter verhouding het die tweede toonsoort met die oorspronklike toonsoort?
Antwoord: Dominant (toonsoort) 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
1.3 Skryf die korrekte tydmaatteken in die ruimte verskaf op die partituur in
maat 1.
Antwoord:
OF
1 punt
Geen punt word afgetrek as die tydmaatteken net in een sleutel geskryf is
nie (1)
1.4 Benoem die intervalle by (a) tot (d) volgens tipe en afstand.
Antwoord:
(a) Mineur 6de
(b) Mineur 2de
(c) Saamgestelde rein 5de/Rein 12de (Volmaakte)
(d) Vergrote 4de
EEN punt vir elke volledige antwoord = 4 punte
Geen ½ punte nie (4)
1.5 Beskryf die drieklanke by (X) en (Y) volgens tipe en posisie. Neem slegs die note
in die blokkie in ag.
Antwoord:
(X) Majeur, Eerste omkering 2 x ½ = 1 punt
(Y) Verminderd, Tweede omkering 2 x ½ = 1 punt (2)
1.6 Herskryf die note en toonsoortteken van die bassleutelnotebalk in maat 6 by
(P) 'n oktaaf hoër. Gebruik die gegewe sleutel.
Antwoord:
Toonsoortteken = 1 punt
Notasie = 1 punt
Minus ½ punt per notasiefout
Geen punt word afgetrek vir ontbrekende rusteken, artikulasie of
tydmaatteken nie (2)
1.7 Die note bokant die vierkanthakie by (Q) word 'n … genoem.
(Maak 'n kruisie in die toepaslike blokkie.)
Antwoord: Tetrachord 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
1.8 Wat is die betekenis van die tempo-aanduiding?
Antwoord: Lewendig, maar nie te veel nie
Lewendig = ½ punt
Maar nie te veel nie = ½ punt (1)
1.9 Transponeer die passasie by (Z) 'n rein/volmaakte 5de laer. Voeg die nuwe
toonsoortteken in.
Antwoord:
Toonsoortteken = 1 punt
Korrekte notasie = 2 punte
Minus ½ punt per notasiefout
Geen punt word afgetrek vir ontbrekende tydmaatteken of artikulasie nie (3)
1.10 Voltooi 'n opgaande pentatoniese toonleer waarin die twee note hieronder
voorkom.
Antwoord:
OF
Notasie = 2 punte
Minus ½ punt per fout
Kandidate mag op enige noot van die gegewe toonlere hierbo begin (2)
1.11 Voeg toevallige tekens/skuiftekens by om die G natuurlike mineurtoonleer te
vorm. Dui die halftone in jou antwoord aan.
Antwoord:
Bb en Eb = ½ x 2 = 1 punt
Korrekte halftone = ½ x 2 = 1 punt (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.
2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige
melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf
'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte
plekke in.
Konsepantwoord:
Instrument: Saksofoon/Klarinet/Trompet/Viool/Fluit/Hobo/Horing/Stem (sopraan,
tenoor), ens.
Tempo: Allegro
OF
2.2 Konsepantwoord:
Instrument: Saksofoon/Klarinet/Trompet/Viool/Fluit/Hobo/Horing/Stem (sopraan,
alt, tenoor), ens.
Tempo: Allegro
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Korrektheid
Nootstele, polsslae per maat, toevallige Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2
tekens/skuiftekens, spasiëring, uitleg
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer
vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief
9–10 innoverend voortgesit; suksesvolle gebruik van
toonsoort(e); melodiese kontoer en omvang
meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die
keuse van toonhoogtes en ritme
Goed
Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik
aan; aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele
7–8 toonsoort(e); melodiese kontoer en omvang
Kwaliteit
Geskiktheid van instrument; korrekte bevredigend; keuse van toonhoogtes en ritme
akkuraat
10
omvang; musikaliteit; dinamiek-,
artikulasie- en tempo-aanduidings Gemiddeld
Musikaal nie oortuigend nie; nie alle frases
duidelik nie; aanvangsmotief nie goed gebruik
4–6 nie; toonsoort onstabiel; melodiese kontoer en
omvang onder verdenking; keuse van
toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Geen musikale singewing; frases maak nie sin
0–3 nie; aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin
nie; geen melodiese kontoer nie; toonhoogtes
en ritme onsamehangend
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Antwoord:
3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (e) met Romeinse syfers op die partituur,
bv. iii6/iiib.
Antwoord: Kyk partituur 1 punt per akkoord = 5 punte
Minus ½ punt per fout t.o.v. posisie (5)
3.1.2 Noem die nuwe toonsoort by (P).
Antwoord: F# mineur 1 punt (1)
3.1.3 Noem die tipe nie-akkoordnote by (X) en (Y).
Antwoord: (X) Vooruitneming/Antisipasie = 1 punt
(Y) Terughouding = 1 punt (2)
3.1.4 Identifiseer die toonsoort en kadens in maat 7 3–8 op die partituur. Besyfer die
akkoorde met Romeinse syfers.
Antwoord: Kyk partituur ½ punt vir die toonsoort
½ punt vir die kadens
½ punt per akkoord = 1 punt
(slegs V7 sal aanvaar word)
(½ + ½ + 1) = 2 punte (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2.1 Identifiseer die akkoorde (a) tot (e) en skryf die akkoordsimbole in die ruimtes
wat op die partituur verskaf is, bv. Bb/D.
Antwoord: Kyk partituur 1 punt per akkoord = 5 punte
Minus ½ punt per fout t.o.v. posisie (5)
3.2.2 Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y).
Antwoord: (X) Wisselnoot/Hulpnoot = 1 punt
(Y) Deurgangsnoot = 1 punt (2)
3.2.3 Identifiseer die kadens in maat 15–16 op die partituur. Dui die akkoordsimbole
by (f) en (g) aan.
Antwoord: Kyk partituur 1 punt vir kadens = 1 punt
1 punt per akkoord = 2 punte (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
en basparty by te voeg.
Konsepantwoord:
Progression:
Progressie: G: I
(15)
(13)
Die harmonisering sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 punt
Korrektheid
per akkoord nie. Geen foute tussen maat 4–5 15
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
nie.
Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde
13
Akkoordkeuse, korrekte kadense (behalwe tussen maat 4 - 5 en 8)
Kwaliteit Uitstekend = 2 punte
Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, Goed = 1½ punt
2
kreatiwiteit, bv. gebruik van kadensiële en Gemiddeld = 1 punt
deurgangsprogressies Swak = ½ punt
Nota aan die nasiener:
30
Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie. Rond
(÷ 2)
opwaarts af.
TOTAAL 15
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in
hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir
die simbole as sodanig toegeken nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniseringsmateriaal in die oop
ruimtes op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die
gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word.
Konsepantwoord:
Die harmonisering sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as
Notasie, spasiëring, stemvoering 1 punt per akkoord nie
12
Akkoordprogressie
1 punt tussen elke paar akkoorde 12
Akkoordkeuse, korrekte kadense
Kwaliteit Uitstekend = 4½–6 punte
Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, Goed = 3½–4 punte
kreatiwiteit, bv. gebruik van interessante Gemiddeld = 2–3 punte
6
akkoordkonstruksie en progressies Swak = 0–1½ punt
Nota aan die nasiener:
30
Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie. Rond
opwaarts af. (÷ 2)
TOTAAL 15
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in
hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die
simbole as sodanig toegeken nie.
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Antwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).
Nota aan die nasiener: Een punt word toegeken vir elke korrekte feit. Kandidate moet
krediet ontvang vir enige korrekte feit wat nie in hierdie nasienriglyne vervat is nie.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 5.1.1 C
5.1.2 B
5.1.3 D
5.1.4 C
5.1.5 D
5.1.6 D
5.1.7 D
5.1.8 B
5.1.9 C
5.1.10 D
TIEN korrekte antwoorde = 10 punte (10)
5.2 Beheer en beskerm kopiereg
Reik lisensies uit vir uitvoering in openbare plekke
Hou rekord van openbare uitvoerings van komposisies
Insamelingsagent vir tantieme vir die openbare gebruik van komposisies
Administreer en versprei tantieme aan kopieregeienaar(s)
Werk met internasionale regte-organisasies saam om tantieme te betaal
Administreer en betaal pensioen aan lede
Organiseer musiekkompetisies en konserte
Ken beurse en studiebeurse toe
Gee opdrag vir die komponeer van nuwe werke
VYF korrekte antwoorde = 5 punte (5)
5.3 Kopieer van musiekpartiture wat nie in die openbare domein is nie
Gebruik van gekopieerde musiekpartiture vir private of openbare
uitvoerings
Kopieer van musiekpartiture of opnames met die doel om dit te verkoop
Die deel van elektroniese musiekdokumente (partiture of opnames)
Die elektroniese aflaai van musiek wat beskerm word deur kopiereg
sonder om daarvoor te betaal
DRIE korrekte antwoorde = 3 punte (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
5.4 5.4.1 Uitvoerregte
Die kunstenaars (komponiste en uitvoerders) wat betrokke is by die
skep en uitvoer van die musiek word 'n fooi betaal wanneer die
oorspronklike of verwerkte stukke in die openbaar uitgevoer word.
EEN korrekte antwoord = 1 punt (1)
5.4.2 Naaldtydregte ('Needletime rights')
Alle kunstenaar/individue wat betrokke is by die skep van musiek
(komponiste, uitvoerders en besighede in die opname-industrie
ens.) word 'n fooi betaal wanneer opnames van die musiek in die
openbaar gespeel word.
EEN korrekte antwoord = 1 punt (1)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Mozart: Tromboon 1 punt (1)
6.1.2 Beethoven: Piccolo/tromboon/kontrafagot 1 punt (1)
6.2 Kontrabas 1 punt (1)
6.3 Libretto 1 punt (1)
6.4 Eenbeweging werk vir orkes
Orkesstuk gebaseer op programmatiese inhoud
'n Romantiese orkeswerk
Beeld 'n buite-musikale idee uit
TWEE korrekte feite = 2 punte
(Daar moet 'n verwysing na buite-musikale inhoud wees) (2)
6.5 6.5.1 D
6.5.2 A
6.5.3 B
6.5.4 E
6.5.5 F
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7
BEWEGING VORM TEMPO
Eerste beweging Sonatevorm Allegro
7.3
Tweede beweging Drieledig Andante/Adagio/Stadig
7.1 7.4
Derde beweging Minuet en Trio/ Moderato/
Scherzo en Trio/ Allegretto/Matig
Saamgesteld drieledig
7.2 7.5
Vierde beweging Sonate/Rondo/ Allegro/Vivace/
Sonaterondo Presto/Vinnig
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
VRAAG 8
Donker oorpeinsende atmosfeer aangedui deur die lae, donkerder instrumente,
bv. openingstema in die laer strykers
Ligter/opbouende atmosfeer ontstaan a.g.v. die stygende melodiese lyn deur laer
strykers en houtblasers
Onrustige atmosfeer geskep deur tremolo in die strykers
Kragtige atmosfeer gesuggereer deur die sforzandi-akkoorde van die volle orkes
Veranderende buie (introvert en ekstrovert) geskep deur 'n wye omvang van
dinamiese vlakke
Opwellings van energie/ekstase word gesuggereer deur crescendo's wat versterk
word deur die koperblaasinstrumente
'n Kragtige, vurige klimaks word deur die con fuoco spel in die strykers bereik
Opgewondenheid word aangevuur deur die fluite wat chromatiese
toonleerpassasies speel asook die ander houtblaasinstrumente wat in die hoë
register speel
Rustigheid in die grot – eggo’s deur die strykers
VYF korrekte feite = 5 punte
½ punt vir atmosfeer of instrument wat nie gekoppel is nie [5]
VRAAG 9
Eerste beweging: Sonatevorm
Tweede beweging: Sonatevorm
Derde beweging: Scherzo en trio/Saamgestelde drieledige vorm
Vierde beweging: Vrye, episodiese vorm
Vyfde beweging: Sonaterondo vorm
Laaste drie bewegings word sonder onderbreking aan mekaar verbind om 'n groter
eenheid daar te stel
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 10
Sarastro
Aria: In Diesen Heil'gen Hallen OF 'In hierdie heilige sale' OF
O Isis und Osiris
Koningin van die Nag
Aria: Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen OF 'Die hel se vuur kook in my hart'
TWEE korrekte ooreenstemmende arias = 2 punte
Sarastro
Aria: In Diesen Heil'gen Hallen OF 'In hierdie heilige sale'
Karakter
Sarastro – 'n simbool van die goeie
Konteks:
Sarastro sing van liefde, plig en vergifnis en al die ideale van die broederskap
met 'n baie kalmerende effek
Stemtipe:
Basstem – bevestig stabiele houding
Musikale eienskappe:
Tempo: redelik stadig – bevestig 'heiligheid' van die tempel, kalmte en stabiliteit
Toonsoort: Meestal E majeur – om 'n positiewe, bemoedigende atmosfeer te
skep
Begeleiding: strykers speel in die lae register wat help om die kalm
bemoedigende atmosfeer daar te stel
Die swaar toon van sy stem help om 'n ernstige dog kalm atmosfeer te skep
Kalm sekerheid, handhawing van goeie orde, religieuse ondertoon vergestalt
wysheid
Kontrasteer met die Koningin van die Nag se wraaksugtige, byna histeriese aria
VYF korrekte antwoorde = 5 punte
OF
Aria: O Isis und Osiris
Karakter
Sarastro – 'n simbool van die goeie
Konteks:
Papageno en Tamino begin met die toets om deel van die heilige orde te word
Sarastro bid dat hulle bewaar sal word tydens die toets
Die aria word geplaas tydens 'n ernstige moment in die opera in direkte kontras
met die Koningin van die Nag se wraaksugtige byna histeriese aria
Stemtipe:
Basstem met koor wat bykom – bevestig stabiele karakter
Musikale eienskappe:
Tempo: redelik stadig – bevestig kalm en bemoedigende atmosfeer
Swaar stemtoon, donker basklank om Sarastro, die Hoӫpriester van Wysheid, te
karakteriseer
Koorinleiding bevestig die ernstige karakter en 'n gevoel van eenheid
VYF korrekte antwoorde = 5 punte
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Koningin van die Nag
Aria: Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen OF 'Die hel se vuur kook in my
hart'
Karakter:
Koningin van die Nag – simbool van kwaad en wraak
Konteks:
'n Komplekse dramatiese karakter in skrille kontras met die kalm, grootsheid en
stabiele karaktereienskappe van Sarastro
Die koningin van die Nag se woede a.g.v. Tamino se onvermoë om die prinses te
bevry
Veroorsaak 'n donker/kwaadwillige atmosfeer, dramatiese voortstuwing en teatrale
beklemtoning
Stemtipe:
Koloratuur/dramatiese sopraan om die donker karakter te beklemtoon
Musikale eienskappe:
Melodie: teatrale en aggressiewe melodiese passasies deurgaans, dui op haar
woede en passie
Dinamiek: skerp kontraste deur die aanwend van fp en sf – om die woede en
aggressie aan te dui
Toonsoort: meestal mineur – donker atmosfeer vir die onstabiele karakter
Ritme/Tempo: vinnige tempo dra by tot die dramatiese effek en waansin; terwyl
aksente die Koningin se wraak verklank
Harmonie: gebruik van verminderde akkoorde verhoog die spanning
Vokale eienskappe: Wye vokale omvang – dui die omvang van haar woede aan
Begeleiding: voller orkestrasie met die gebruik van legato, staccato en skielike
aksente om die dramatiese intensiteit te verhoog
VYF korrekte antwoorde = 5 punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal aan die hand van die volgende riglyne nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Twee arias (1 punt vir elke aria) 2
Argumente oor goed teenoor
kwaad (karakter, konteks, stemtipe, (5 x 2) 10
musikale eienskappe, ens.)
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2–2½ punte
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Redelik
'n Inleiding, afsluiting en vae
Logiese aanbieding en struktuur = 1½ punte
argument in die middeldeel van 3
van die opstel die opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging = ½ punt
met die skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar nie
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Instrumentasie:
Orkessamestelling - klavier, baskitaar, tromstel, saksofoon, trompet,
tromboon, ens.
Tekstuur:
Hoofsaaklik homofonies
Afwisselende vokale en instrumentale passasies
Melodie:
Volksagtig
Gesangagtige melodieë
Saksofoongedrewe melodiese lyn
Melismatiese melodiese styl
DRIE korrekte antwoorde = 3 punte (3)
11.2 Ragtime
Blues
Amerikaanse Dixieland jazz
Tradisionele musiek van die Zoeloe-, Xhosa- en Sotho-volke
Tradisionele Kaapse volksdanse of tiekiedraai
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
11.3 Robbie Jansen/McCoy Mrubata 1 punt (1)
11.4 11.4.1 F
11.4.2 B
11.4.3 E
11.4.4 C
11.4.5 A
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 12
Die ritmiese kitaar is verantwoordelik vir die begeleiding
Die strykritme ('strumming') wat deur die kitaarspeler gebruik word, is die mees
onderskeidende aspek van die styl
Die vier-kwartnote-per-maat, op-die-pols strykspel ('strumming') was tiperend van
vroeë kwêla-musiek
Die strykritme ('strumming') ontwikkel natuurlik tot die kwêla skiffel-agtige ritme
'n Korter op-stryk voor elke af-stryk wat op die pols klink:
Hierdie strykritme ('strumming') is grootliks verantwoordelik vir die 'swing feel' wat
kwêla van mbaqanga in die 1960s onderskei
Soos wat kwêla ontwikkel, word die kitaarparty meer gesofistikeerd en speel
algaande 'n meer prominente rol
Dit word standaard dat 'n kwêla-orkes 'n ritme- en leierkitaar bevat
Die ritmekitaar word soms deur 'n banjo vervang
Soms begin 'n kwêla-lied met die leierkitaar, óf as 'n geïmproviseerde inleiding óf
as die aanbieding van die eerste motief
Soos wat die kitaar meer belangrik geword het, is kontrapuntale lyne in die
leierkitaarparty gespeel
Leierkitaarspeler het ook begin om solo's te improviseer
Die speel van oop vyfdes en vierdes op die kitaar is kenmerkend van die kwêla-
klank
Kruisritmes word dikwels gebruik in kitaarsolo's (twee-teen-drie)
Die gebruik van glissando, 'n tegniek wat met elektriese kitare geassosieer word,
word algemeen gebruik na 1958
VYF korrekte antwoorde = 5 punte [5]
VRAAG 13
Instrumentasie en verwerking in 'n big band-styl (Brotherhood of Breath)
Kleiner instrumentale groep (The Blue Notes)
Sluit invloede in van:
o mbaqanga en kwêla
o voortstuwende blues-styl
Avant-garde musiekstyl
Vrye en vloeibare melodiese lyne
Vrye improvisatoriese eienskappe sonder verwysing na die onderliggende
akkoordprogressie
'n Meer gesofistikeerde musikale verwerking (big band) soos wat die orkes
ontwikkel het
'n Hoogs eksperimentele klanksoort vir die tydvak
VYF korrekte antwoorde = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 23 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 14
Todd Matshikiza
Musikale agtergrond
Gebore uit 'n familie van musikante
Speel verskeie instrumente, insluitend klavier
Komponeer liedere en koorwerke, o.a. Hamba kahle
Pianis saam met die Manhattan Brothers
Komponeer in 1958 die musiek vir die musiekblyspel King Kong
Styleienskappe
Musiek is 'n mengsel van klassieke, marabi- en kwêla-style
Geïnspireer deur veral Bach, Beethoven, Mozart en Chopin
Klassieke, jazz en tradisionele invloede gevind in werke soos Uxolo en Makhaliphe
Lirieke van sy liedere word geskryf in Engels en isiXhosa
Big band-styl word ook gebruik, veral in King Kong
Lied/Album
Tshona/Uxolo/Makhaliphe/King Kong
Musikale agtergrond = 2 punte
Styleienskappe = 2 punte
Lied/Album = 1 punt
Gideon Nxumalo
Musikale agtergrond
Sentrale figuur in die ontwikkeling van moderne jazz in Suid-Afrika
Jazz-pianis
Aanbieder van die radioprogram, 'This is bantu Jazz'
Komponeer die musiek vir die eerste Suid-Afrikaanse musiekproduksie wat na
Broadway gaan, Sponono
Skryf ook musiek vir strykkwartet en kamerorkes
Neem die album, Gideon Plays, in 1969 op
Styleienskappe
Swing- en big band-elemente word in sy musiek gevind
Verwerk Afrika-liedere vir sy musiekblyspel, Sponono
Sy klassieke agtergrond word gebruik in die komposisies vir strykkwartet en
kamerorkes
Uitgebreide gebruik van mbaqanga ritmes in Jazz Fantasia
Sommige komposisies bevestig die kultuur en tradisies van sy Afrika-herkoms
Lied/Album
Chopi Chopsticks/Sponono/Jazz Fantasia
Musikale agtergrond = 2 punte
Styleienskappe = 2 punte
Lied/Album = 1 punt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 24 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Philip Tabane
Musikale agtergrond
Skep die groep Malombo in 1961 om aan 'n nasionale jazz-kompetisie deel te
neem
Gesamentlike daarsteller van die groep Malombo Jazzmen in 1964
Sy ma, 'n sangoma, oefen 'n sterk invloed uit op die spirituele impak van sy musiek
Begin kitaar speel nadat hy sy broers hoor speel, en pas tshiVenda en isiNdebele
liedere vir die instrument aan
Spandeer vyf jaar in die VSA waar hy saam met ander jazz-musikante werk
Styleienskappe
Hy skep 'n moderne weergawe van die malombo-styl
Hy gebruik verskillende inheemse Afrika-tale
Hy vervang die oorspronklike rietfluit (Dipela) met 'n Westerse fluit
Sikliese akkoordprogressies word gebruik
Roep en antwoord tussen stem en instrumente word uitgebreid aangewend
Lied/Album
Ngwana wa lela/Malombo/Phamba Madiba
Musikale agtergrond = 2 punte
Styleienskappe = 2 punte
Lied/Album = 1 punt [5]
VRAAG 15
Historiese agtergrond
Die era van uitgebreide staatsonderdrukking wat in 1960 begin, val saam met die
skep van swart, etnies-gebaseerde radiostasies
Radio Bantu stasies word dus die kanaal waardeur musiek en informasie uitgesaai
kan word
Die SABC het bepaal watter musiek gespeel en gehoor mag word
Sensors van Afrika-oorsprong word aangestel om township-taal en verwysings na
politiek uit te skakel
Gretig om lugtyd te kry, het uitvoerders en vervaardigers musiek vooraf gesensor
om sodoende die risiko van verwerping deur die SABC te verhoed
Hierdie self-sensor aksie het die vryheid van swart musikante ernstig belemmer
Dit impliseer dat hulle nie kon skep wat hulle wou nie, maar eerder wat die SABC
en opnamemaatskappye wou hê
Die invloed en beheer van die vervaardigers en opname-ateljees, veroorsaak dat
die rigting en ontwikkeling van die mbaqanga tradisie eerder by hulle lê as by die
musikante
Musikante is geëksploiteer en hulle skeppingsvermoëns is onderdruk
DRIE korrekte antwoorde = 3 punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 25 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Voordragformaat
'n Lied begin met 'n kitaarinleiding
Dan volg die bas melodiese patroon gebaseer op 'n akkoordformule bv. C-F-G7-C
Bogenoemde word dan gespeel oor 'n huppelende 8/8 township ritme wat deur die
tromme verskaf word
Roep en antwoord tussen die leiersanger en die agtergrond sangers word dan
breedvoerig aangewend
DRIE korrekte antwoorde = 3 punte
Styleienskappe: Afrika
Herhaling
Konstante herhaling van harmoniese siklus van 4 of 8 polsslae
Melodiese herhaling eerder as ontwikkeling word gebruik
Laag-op-laag aanbieding en Tekstuur
Meeste mbaqanga liedere bevat melodiese lae, elke instrument of stem het sy eie
melodiese lyn
Oor 'n reëlmatige basiese polsslag, skep die instrumente verskeie metrums deur die
gebruik van verskillende aksente, terwyl elkeen sy individuele lyn behou
Choreografie
Mbaqanga musiek sluit altyd 'n danskomponent in
Zulu danse is die mees algemene dans-styl wat gebruik word
Teks
Liedere word in verskillende tale gesing, hoewel isiZulu die mees algemene
gebruikstaal is
Vokalisasie
Krepitasie en ululasie kom altyd voor
Kleredrag
Daar is 'n beduidende skuif van tradisionele na Westerse kleredrag
Styleienskappe: Westers
Instrumentasie
Instrumente wat meestal gebruik word sluit in: saksofoon, elektriese kitaar,
elektriese baskitaar, elektriese orrel, akkordeon en tromme.
Styl-invloede
Die meeste mbaqanga-liedere gebruik een van die volgende style:
o Die 'Twist': uit die VSA afkomstig
o 'Soul' musiek: gospel musiek, rhythm and blues
o Rock and roll: country, blues, boogie-woogie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 26 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Harmonie
Die gebruik van vierstemmige vokale harmonie is te bespeur in die meeste liedere
Daar is meestal 'n leiersanger en drie agtergrondsangers
Daar is uitgebreide gebruik van gesangagtige melodieë
Akkoordprogressie bestaan hoofsaaklik uit 'n drie-akkoord patroon, I-IV-V
Vorm
Liedvorm, bv. vers-refrein vorm
SES korrekte antwoorde = 6 punte
Die opstel sal aan die hand van die volgende riglyne nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Historiese agtergrond 3
Werklike
3
uitvoeringsformaat
Styleienskappe 6
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2–2½ punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Redelik
'n Inleiding, afsluiting en vae argument
Logiese aanbieding en = 1½ punte
in die middeldeel van die opstel 3
struktuur van die opstel
teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig [15]
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt
die skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar nie
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 27 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 16
16.1 'n Instrumentale inleiding dikwels gebaseer op 'n dalende motief wat op
die kitaar of konsertina gespeel word
Bestaan uit kort uitbarstende motiewe
Dit klink soos 'n geïmproviseerde klanktoets om die intonasie/stemming te
toets
Vrye ritme en metrum word gebruik
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
16.2 16.2.1 Ululasie
16.2.2 Krepitasie
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
16.3 Free jazz-, blues- en rock-invloede uit die VSA
Kitaarverwerking en geïmproviseerde styl van musikante soos Wes
Montgomery en John McLaughlin
Gebruik dikwels die 12-maat-blues-struktuur soos wat dit in Amerikaanse
jazz voorkom
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
16.4 16.4.1 D
16.4.2 F
16.4.3 C
16.4.4 A
16.4.5 B
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 28 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 17
Vokale omvang is nie groot nie: tussen 'n 5de en 11de
Sangers wissel dikwels tussen sang en praatstem
Vokale glissandi of toonhoogtebuiging word baie gebruik
Teks van umaskanda musiek is in isiZulu
Die formele ontwerp van umaskanda musiek boots die natuurlike vokale sangstyl
van isiZulu musiek na wat weer op die Zulu-taal gebaseer is
Dit is die taak van die agtergrondsanger om die atmosfeer en stemming van die
maskanda lied te skep. 'Ukuvuma ingoma'
Die vokale 'riffs' is gewoonlik opsetlik gekompliseerd en sluit heelwat
onkonvensionele frasering in
Ukupikla – arrogansie of bespotting in vokale aanbieding
Gebruik van ululasie gedurende uitvoerings
Izibongo - lofgedigte
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
VRAAG 18
Die geloof in diere wat geassosieer word met krag, word simbolies voorgestel
Joseph Shabalala en Ladysmith Black Mambazo, is bekend daarvoor dat hulle
klanke gebruik wat met osse verbind word, bv. 'grrr … drrr' word gebruik as
perkussiewe tegniek om ritme en choreografie te versterk
Bulle is die mees algemene simbool van krag en manlikheid
Die meeste groepe word vernoem na diere, bv. Brave Lion Singers, Ladysmith
Black Mambazo
Die ontmoeting van bulhorings (izimpondo zenkomo) word geassosieer met die
harmonie en krag binne die groep
Die samekoms van die horings van die bul, kan gesien word wanneer isicathamiya
uitvoerders 'n aanvangstoonhoogte vir die uitvoering bepaal
o Die groep kom bymekaar met hul koppe na mekaar gedraai en neurie die
tonikanoot alvorens hulle op die verhoog stap
Cothoza – katagtige bewegings op die tone
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 29 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 19
Instrumentasie
Tradisionele instrumente word geleidelik deur Westerse instrumente vervang
o die kitaar vervang die enkelsnaar boog (umakhweyana)
'n Belangrike instrument wat gebruik word, is die elektriese kitaar wat die inleiding
van die lied speel
Die baskitaar volg die inleiding met 'n vasgestelde progressie, bv. C- F- G7-C
Tromme speel 'n sentrale rol in die daarstel van die ritme in die amaZulu dans
indlamu
Deur die jare is die elektriese orrel bygevoeg soos wat gehoor kan word in die
musiek van die Soul Brothers
Penniefluit wat eens prominent was in kwêla-musiek, word deur die saksofoon
vervang
VYF korrekte antwoorde = 5 punte
Indien slegs instrumentasie genoem word = ½ punt vir elke korrekte instrument [5]
VRAAG 20
Algemene musikale eienskappe
Tradisionele helers ontvang opleiding in musiekvoordrag wat met heling
geassosieer word
As deel van die opleiding word die belangrikheid van musiek beklemtoon as
integrale deel van die heling en religieuse ervaring
Die funksie van die tradisionele helers se gebruik van musiek is onder andere om
met die voorvadergeeste te kommunikeer en by tye op te roep veral as daar
bepaalde moeilike probleme opduik
Elke tradisionele heler het sy/haar eie persoonlike lied
Die persoonlike lied het besondere rituele waarde vir die bepaalde heler
Wanneer die tradisionele heler sy bewussyn verloor of in 'n beswymingstoestand
verkeer, is dit juis die aanhoor van sy/haar persoonlike lied wat die kollegas
teenwoordig sing, wat die heler terugroep of laat herstel
Kreatiwiteit in hulle musiek is merkbaar in die verskeidenheid van ritmiese patrone
wat uitgevoer word
VYF korrekte antwoorde = 5 punte
Ritme
Die lengte van sekere note word verleng langer as die standaard verdelings binne
die bepaalde metrum om sodoende ritmiese vryheid toe te laat
Die dikwelse gebruik van 2-teen-3 kruisritmes tussen die vokale party en die
liggaamsbeweging help om 'n beswymingstoestand te induseer en te behou
Musiek/ritme is herhalend om die beswymingstoestand daar te stel en vol te hou
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 30 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Tromspel
Tromspel en die gebruik van skutters, vorm die begeleiding vir die dans van die
heler sowel as die 'besete' pasiënt wanneer die voorvadergeeste genoop word om
die liggaam te verlaat of te betree
Die gebruik van tromme beklemtoon die verbale boodskap maar 'praat' die
tradisionele taal van die verlede
Tromspel bewaar tradisionele waardes, gelowe en gebruike
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte
Dans
Tradisionele helers is goed onderlê in ritmiese beweging
Die klem word geplaas op dans eerder as sang
Danse is 'n kragtige medium waardeur kontak met die werklikheid herstel en
versterk word
Die malopo dans van die baPedi stam van Limpopo, dien as voorbeeld van terapie
vir die sogenaamde malopo-siektetoestand
DRIE korrekte antwoorde = 3 punte
Die opstel sal aan die hand van die volgende riglyne nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Algemene musikale eienskappe 5
Ritme 2
Tromspel 2
Dans 3
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2–2½ punte
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Redelik
'n Inleiding, afsluiting en vae
Logiese aanbieding en struktuur = 1½ punte
argument in die middeldeel van 3
van die opstel die opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging = ½ punt
met die skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar nie
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper