Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE ASSESSERING
ALGEMENE ONDERWYSSERTIFIKAAT (AOS)
2023 GRAAD 9 PROEFSTUDIE
Vak: Natuurwetenskappe
Punte: 70
Tydsduur 120 Minute
15 minute leestyd uitgesluit
Hierdie toets bestaan uit 29 bladsye, uitgesluit die voorblad.
Skip to contentAll 2023 papers 


%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a/v1-720c7a3115ab59697e47/card.webp)
%20%20%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f/v1-cc3cfc280f262609fe6f/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com__hlayiso.com_--53ee5d90-b7ba-4a28-8c9d-33eaca5c069d/v1-3be62833cc7317008f2d/card.webp)
View all%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)



%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b80749bd-4989-4d9b-bb09-e1cd1de31b1d/v1-cee05352d6113f5ba879/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6c8b0130-1ecf-4630-afeb-d846dc83858e/v1-8fb33edd6c4f33747f58/card.webp)
Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Question Paper (Afr)
Grade 9 Natural Sciences question paper from the GEC Test 2023 (Afrikaans), 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Natural Sciences · Grade 9 · GEC Test · 2023 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Natural Sciences
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- GEC Test
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 31
- File size
- 789.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 31
This exam
GEC Test 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Graad 9 Natuurwetenskappe 1
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan die leerder
1. Jy sal 15 minute leestyd ontvang voor jy hierdie toets begin beantwoord.
2. Lees al die instruksies en vrae deeglik.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Gebruik die boek wat voorsien is om die antwoorde in te skryf.
5. Jy mag gebruik maak van ʼn nie-programeerbare sakrekenaar.
Die toets begin op die volgende bladsy.
Moenie omblaai voor jy aangesê word om dit te doen nie
Graad 9 Natuurwetenskappe 2
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING A
1. Wat is ʼn kontakkrag?
A Dit is ʼn krag wat oor ʼn afstand op twee liggame uitgeoefen word.
B Dit is ʼn krag wat uitgeoefen word wanneer twee liggame aan mekaar
raak.
C Dit is ʼn krag wat uitgeoefen word wanneer twee liggame mekaar
afstoot.
D Dit is ʼn krag wat uitgeoefen word deur twee liggame wat dieselfde (1)
massa het.
2. Wat is die ooreenkomste tussen magnetiese- en elektrostatiese krag?
A Voorwerpe stoot mekaar af en trek mekaar nooit aan nie.
B Voorwerpe trek mekaar aan en stoot mekaar af.
C Voorwerpe trek mekaar aan en stoot mekaar nooit af nie.
D Voorwerpe is onafhanklik van die afstand van mekaar. (1)
3. Watter EEN van die volgende is die eenheid van krag?
A watt
B joule
C gram
D newton (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 3
Downloaded from hlayiso.com
4. Die onderstaande diagram wys ʼn voorwerp wat op ʼn tafel rus.
Wat is die krag wat loodreg werk op die oppervlak waarop die voorwerp rus?
A Gewig
B Wrywing
C Normaal
D Spanning (1)
5. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
Waar is die magnetiese veld die sterkste? Waar …
A die magnetiese veldlyne verder van mekaar is.
B die pyle op elke magnetiese veldlyn is.
C die magnetiese veldlyne nader aan mekaar is.
D daar geen pyle op elke magnetiese veldlyn is nie. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 4
Downloaded from hlayiso.com
6. Krag A word op die trollie uitgeoefen. Krag B, wat kleiner is as krag A, word nou
ook op die trollie uitgeoefen in dieselfde rigting soos gewys in die diagram.
Wat is die effek van die twee kragte op die trollie?
A Die trollie sal ʼn krag ervaar wat minder is as die krag van krag A in
dieselfde rigting.
B Die trollie sal ʼn krag ervaar wat meer is as die krag van krag A in
dieselfde rigting.
C Die trollie sal ʼn krag ervaar wat minder is as die krag van krag A in
die teenoorgestelde rigting.
D Die trollie sal ʼn krag ervaar wat meer is as die krag van krag A in die (1)
teenoorgestelde rigting.
7. ʼn Rots het ʼn massa van 100 kg op Aarde. Dit word nou op Mercurius geplaas, wat
die kleinste planeet in ons Sonnestelsel is.
Wat sal die massa van die rots op Mercurius wees?
A Die massa van die rots sal minder wees as wat dit op Aarde was.
B Die massa van die rots sal meer wees as wat dit op Aarde was.
C Die massa van die rots sal nul wees op Mercurius.
D Die massa van die rots sal dieselfde wees as op Aarde. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 5
Downloaded from hlayiso.com
8. Watter stelling verduidelik wat gebeur wanneer verskillende voorwerpe teen
mekaar gevryf word?
A Een word positief gelaai en die ander negatief.
B Beide voorwerpe sal neutraal bly.
C Beide voorwerpe word negatief gelaai.
D Beide voorwerpe word positief gelaai. (1)
9. ʼn Plastiekliniaal word teen ʼn stukkie lap gevryf. Die stukkie lap word positief
gelaai.
Hoe verkry die stukkie lap ʼn positiewe lading?
A Dit het protone by gekry.
B Dit het elektrones by gekry.
C Dit het protone verloor.
D Dit het elektrone verloor. (1)
10. Wat is die hoofkomponente wat nodig is om ‘n elektriese sel te laat werk?
A anode en katode
B elektrode en elektroliet
C katode en elektroliet
D anode en elektroliet (1)
11. Watter een van die volgende stellings beskryf ʼn battery? ʼn Battery is ʼn …
A sink-koper-sel wat aan ʼn soutbrug in ʼn stroombaan gekoppel is.
B vrugtesel wat aan die drade gekoppel is om die stroombaan te
voltooi.
C groep van twee of meer selle wat saam gekoppel is.
D elektroliet met ʼn anode en ʼn katode. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 6
Downloaded from hlayiso.com
12. Vir die droë sel om energie te produseer, moet daar energie-omskakelings wees
wat binne die sel plaasvind. Bestudeer die droë sel en beantwoord die vrae wat
volg:
Kies die energie-omskakeling wat in die droë sel plaasvind.
A Chemiese potensiële energie word omgeskakel na stralingsenergie.
B Chemiese potensiële energie word omgeskakel na elektriese
energie.
C Elektriese energie word omgeskakel na chemiese potensiële
energie.
D Stralingsenergie word omgeskakel na chemiese potensiële energie. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 7
Downloaded from hlayiso.com
13. Die tabel wys die resultate wat verkry is toe ʼn suurlemoensel met verskillende
elektrodes gebou is.
Potensiële verskil deur elke metaalpaar gelewer
Magnesium Sink Yster Koper
Koper 1,7 0,9 0,8 0
Yster 1,3 0,1 0 ---
Sink 0,8 0 --- ---
Magnesium 0 --- --- ---
Kies ʼn stelling wat verduidelik waarom dieselfde metale nie gebruik kan word om
ʼn suurlemoensel te bou nie.
A Metale van dieselfde soort sal dieselfde werk as enige ander
verskillende metaal.
B Metale van dieselfde soort sal die reaksie stadiger maak en die
laagste lesing lewer.
C Metale van dieselfde soort sal die reaksie versnel en die hoogste
lesing lewer.
D Metale van dieselfde soort sal geen potensiaal verskil tussen hulle (1)
lewer nie.
14. Wat is die SI-eenheid van potensiaalverskil?
A ampere
B volt
C ohm
D joule (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 8
Downloaded from hlayiso.com
15. Een van die faktore wat weerstand affekteer is die dikte van die geleier.
Hoe affekteer die dikte van die geleier sy weerstand?
A hoe dikker die geleier, hoe minder die weerstand en hoe groter die
stroomvloei daarin
B hoe dikker die geleier, hoe groter die weerstand en hoe groter die
stroomvloei daarin
C hoe dikker die geleier hoe minder die weerstand en hoe minder die
stroomvloei daarin
D hoe dikker die geleier, hoe groter die weerstand en die stroomvloei (1)
bly konstant
16. Die prent wys verskillende huishoudelike toestelle. Hulle almal het resistors.
Watter funksie verrig resistors in hierdie toestelle?
A omseil die vloei van elektriese stroom
B stop die vloei van elektriese stroom
C voorsien nuttige energie-oordragte
D voorsien verkwiste energie-oordragte (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 9
Downloaded from hlayiso.com
17. Elektriese ketel-resistors verhit die water twee keer vinniger as ketels wat op
stowe gekook word, en skakel outomaties af as kookpunt bereik word. Bestudeer
die prent van die binnekant van die ketel.
http://www.mstworkbooks.co.za/natural-sciences/gr9/images/gr9ec03-gd-0007.jpg
Hoe verhit die resistor binne die ketel die water?
A Energie vrygestel deur bewegende elektrone om weerstand te
oorkom, word aan die water oorgedra.
B Die resistor in die ketel verhoog stroomvloei wanneer die stroom
daardeur vloei.
C Energie wat deur bewegende elektrone geabsorbeer word om
weerstand te oorkom, word aan die water oorgedra.
D Die weerstand in die ketel verhoog stroomvloei en verlaag
spanningsvlakke binne stroombane.
Graad 9 Natuurwetenskappe 10
Downloaded from hlayiso.com
18. Die battery van 7.5 V is gekoppel aan ammeter, drie identiese resistors en drie
voltmeters soos hieronder in die skets getoon. Die potensiaalverskil oor R3 is 2.5 V.
Wat sal die lesing by V2 wees?
A 2.5 V
B 5V
C 7. 5 V
D 3.75 V (1)
19. Watter elektriese verbinding is geskik vir huishoudelike bedrading? Al die ligte…
A en muurproppe is in serie gekoppel.
B is gekoppel in parallel en muurproppe in serie.
C en muurproppe is in parallel gekoppel.
D is gekoppel in serie en die muurproppe in parallel. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 11
Downloaded from hlayiso.com
20. Die stroombaandiagram toon twee resistors, R1 en R2, gekoppel aan ʼn battery en
drie ammeters, A1, A2 en A3. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat
volg.
Hoe vergelyk die lesing van A2 met die lesing van A1 en A3?
A A2 se lesing is minder as die lesing van A1 en A3.
B A2 se lesing is groter as die lesing van A1 en A3.
C A1 se lesing is groter as die lesing van A2 en A3.
D A1, A2 en A3 se lesings is dieselfde. (1)
21. Wat gebeur met die stroom in ʼn stroombaan as identiese resistors parallel aan
mekaar gekoppel is?
A Sommige resistors in die stroombaan sal nie enige stroom ontvang
nie.
B Die stroomvloei in elke resistor sal nie dieselfde wees nie.
C Die stroom verdeel gelykop tussen die resistors.
D Meer stroom sal in die battery vloei as in die resistors. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 12
Downloaded from hlayiso.com
22. Die stroombaandiagram toon twee resistors wat in serie aan ʼn battery gekoppel
is, met die voltmeterlesing oor hulle; V3 = 7 V and V2 = 4 V
Wat is die lesing op V1?
A 11 V
B 3V
C 4V
D 7V (1)
23. In John se verjaarsdagpartytjielokaal is 25 lampe in serie gekoppel. Die vertrek
vertoon dof.
Watter idee kan gebruik word om die helderheid in die partytjielokaal te
verbeter?
A Vermeerder die aantal lampe om die lokaal te verhelder.
B Verminder die aantal lampe om die lokaal te verhelder.
C Verminder die afstande tussen die lampe om die lokaal te verhelder.
D Vermeerder die afstande tussen die lampe om die lokaal te (1)
verhelder.
Graad 9 Natuurwetenskappe 13
Downloaded from hlayiso.com
24. Die Natuurwetenskappeklas ondersoek die verhouding tussen stroom en die getal
identiese selle wat in serie gekoppel is. Die grafiek toon die resultate wat van die
ondersoek verkry is.
Verhouding tussen die stroom en die aantal selle in
serie
5
4
Stroom in (A)
3
2
1
0
2 4 6 8
Aantal selle
Wat gebeur met die stroom as die aantal selle vermeerder?
A Die stroom verhoog as die aantal selle vermeerder.
B Die stroom verminder as die aantal selle vermeerder.
C Die vermeerdering van die aantal selle het geen effek op die stroom
nie.
D Die vermeerdering van die aantal selle verhoog die weerstand. (1)
25. Waarom moet stroombrekers in ons huise gebruik word?
A Hulle sny nie uit of breek nie wanneer sterk strome vloei nie.
B Hulle sny uit en breek die stroom wanneer daar ʼn stroomoorlading
is.
C Hulle absorbeer oortollige elektrone en kanaliseer dit na die grond
toe.
D Hulle is skakelaars wat met die hand beheer kan word om teen (1)
elektriese skade te beskerm.
Graad 9 Natuurwetenskappe 14
Downloaded from hlayiso.com
26. Wat is die energievoorsieningsraamwerk? Dit is ʼn …
A onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf
transmissie na verbruikers.
B onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf
verspreiding na verbruikers.
C onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf
vervaardigers na verbruikers.
D onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf (1)
vervaardiger na verspreiding.
27. Wat is die nadeel van Suid-Afrika se afhanklikheid van energie in kragstasies as
steenkool die hoofbron van energie in kragstasies is?
A Klein stofdeeltjies en giftige gasse wat in die atmosfeer vrygestel word,
besoedel die omgewing.
B ʼn Baie groot aantal koeltorings is nodig om ʼn redelike hoeveelheid
elektrisiteit op te wek.
C Die vervaardiging en gebruik van groot batterye is nie baie
omgewingsvriendelik nie.
D Sowat 1 000 turbines is nodig om dieselfde hoeveelheid energie as (1)
ander bronne op te wek.
28. Watter komponent word gebruik om die spanning by verskillende punte in die
nasionale elektrisiteitsnetwerk te verander?
A turbines
B transmissielyne
C transformators
D hoofskakelaars (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 15
Downloaded from hlayiso.com
29. Die voordeel van die gebruik van volhoubare energiebronne is dat hulle gratis,
hernubaar en skoon is, en min of geen afvalprodukte het.
Watter groep energiehulpbronne is volhoubaar?
A sonkrag, hidro-elektriese krag, kernkrag
B sonkrag, kernkrag, windkrag
C sonkrag, kernkrag, biomassa
D sonkrag, windkrag, hidro-elektriese krag (1)
30. Die grafiek toon die gebruik van elektriese toestelle in ʼn huishouding vir ʼn tydperk van
ʼn maand.
Elektriese drywing vs Elektriese huishoudelike toestelle
2500
Elektriese drywing in (W)
2000
1500
1000
500
0
Elektriese huishoudelike toestelle
Watter elektriese toestel gebruik die meeste energie?
A LED TV
B elektriese stoof
C tuimeldroër
D elektriese kombers (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 16
Downloaded from hlayiso.com
31. Hoe kan elektriese drywing beskryf word? Dit is…
A die hoeveelheid stroom wat in ʼn geleier vloei.
B die hoeveelheid tyd wat gebruik word om werk per minuut te doen.
C ʼn stroom wat in ʼn stelsel vloei as gevolg van toegepaste weerstand.
D die tempo waarteen elektriese energie in ʼn stroombaan oorgedra word. (1)
32. Die prent toon sommige van die verskillende tipes gloeilampe.
gewoon halogeen
CFL LED
Watter gloeilamp in die prent spaar meer elektriese energie as die ander?
A gewone gloeilampe
B CFL
C LED
D halogene gloeilampe (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 17
Downloaded from hlayiso.com
33. Vier toestelle word vir ʼn tydperk van 5 ure gebruik. Dis ʼn gewone gloeilamp (100 W),
ʼn televisie (100 W), ʼn elektriese waaier (120 W) en ʼn geiser (170 W).
Wat is die totale elektriese energieverbruik?
A 24.5 kWh
B 0.495 kWh
C 2.45 kWh
D 0.485 kWh (1)
34. Watter sfeer bevat alle lewende mikro-organismes, plante en diere?
A atmosfeer
B biosfeer
C litosfeer
D hidrosfeer (1)
35. Die diagram toon die interaksies tussen sfere van die Aarde.
Watter stelling verteenwoordig die korrekte interaksie tussen alle sfere?
A Plante trek water vanuit die grond en stel suurstof in die lug vry.
B Reën val vanuit die wolke om strome en riviere te vorm wat dan weer
verdamp.
C Mense bou huise om hul natuurlike habitat aan te pas vir oorlewing.
D Winderosie kan klein gedeeltes van rotse afskeur om rotslae te vorm. (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 18
Downloaded from hlayiso.com
36. Watter stelling verteenwoordig die korrekte aktiwiteit wat in een van die lae van die
atmosfeer plaasvind?
A Ruimtetuie wentel in die mesosfeer.
B Vliegtuie vlieg in die eksosfeer.
C Meteoriete brand in die troposfeer.
D Weerbalonne vlieg in die stratosfeer. (1)
37. Die Litosfeer is die sfeer van die Aarde wat van die kors die binnekern. buitekern en
die mantel saamgestel is
Watter laag van die litosfeer is ongeveer 2 900 km dik?
A kors
B buitekern
C binnekern
D mantel (1)
38. Die litosfeer bestaan uit soliede elemente en anorganiese- en organiese komponente
genaamd minerale.
Noem EEN mineraal wat ʼn element is wat in die Aarde se kors gevind word.
A Magnesium
B Stikstof
C Suurstof
D Kalksteen (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 19
Downloaded from hlayiso.com
39. Stollingsgesteentes is rotse wat vorm wanneer magma afkoel. Drie faktore speel ʼn
rol wanneer stollingsgesteentes vorm. Een van die faktore is hoe vining dit afkoel.
Watter stelling beskryf die eienskappe van ʼn stollingsgesteente wat vorm as
magma vinnig afkoel, die beste?
A Klein kristalle vorm en die rots het ʼn fynkorrelrige tekstuur.
B Groot kristalle vorm en die rots het ʼn growwe tekstuur.
C Klein kristalle vorm en die rots het ʼn growwe tekstuur.
D Groot kristalle vorm en die rots het ʼn fynkorrelrige tekstuur. (1)
40. Verskeie prosesse kan een tipe rots gedurende die rotssiklus in ʼn ander tipe verander.
Wat is die korrekte volgorde van die rotssiklus?
A kristallisasie, verwering en erosie, metamorfose, sedimentasie
B kristallisasie, metamorfose, sedimentasie, verwering en erosie
C kristallisasie, sedimentasie, verwering en erosie, metamorfose
D kristallisasie, verwering en erosie, sedimentasie, metamorfose (1)
41. Watter definisie verduidelik die meganiese verwering van rotse? ʼn Proses waarby…
A rotse in kleiner stukke breek sonder enige verandering in hul chemiese
samestelling.
B rotse in kleiner stukke breek as gevolg van chemiese reaksies.
C rotse in kleiner stukke breek as gevolg van die reaksie van minerale
met ander komponente.
D rotse verkrummel as gevolg van oksidasie en suurreën wat die rotse (1)
laat oplos om grond te vorm.
Graad 9 Natuurwetenskappe 20
Downloaded from hlayiso.com
42. Watter gas word in oorvloed in die atmosfeer aangetref?
A Stikstof
B Suurstof
C Koolstofdioksied
D Waterdamp (1)
43. Watter van die volgende is die lae van die atmosfeer?
A stratosfeer, troposfeer, mesosfeer en hidrosfeer
B troposfeer, stratosfeer, mesosfeer en termosfeer
C litosfeer, biosfeer, hidrosfeer en eksosfeer
D troposfeer, hidrosfeer, biosfeer en stratosfeer (1)
44. Watter laag van die atmosfeer het die vermoë om radioseine terug na die Aarde te
weerkaats?
A eksosfeer
B termosfeer
C stratosfeer
D troposfeer (1)
45. Hoe ondersteun die stratosfeer lewe op Aarde?
A Die temperatuur van die stratosfeer daal met toenemende hoogte en hou
die bodem koel.
B Wolkvorming en weerpatrone kom in hierdie sfeer voor.
C Die Internasionale Ruimtestasie, waar ruimtevaarders werk, wentel in
hierdie sfeer.
D Dit bevat die osoonlaag wat skadelike ultravioletstrale van die son (1)
absorbeer.
Graad 9 Natuurwetenskappe 21
Downloaded from hlayiso.com
46. Hoe bevoordeel die termosfeer die Aarde?
A Dit vernietig die meeste meteoriete en asteroïedes voor dit die Aarde se
oppervlak bereik.
B Dit bevat die osoonlaag wat die ultravioletstrale absorbeer om lewe op
aarde te beskerm.
C Dit bevat genoeg gasmolekules om ʼn aansienlike hoeveelheid
gevaarlike radiasie vanaf die son te absorbeer.
D Alle weerverskynsels, wat die bron van lewe op Aarde is, gebeur hier. (1)
47. Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.
Bron van: https://www.cosee.net/cosee-west/Lesson Plans/Climate.com
Watter verskynsel word deur die bostaande illustrasie verteenwoordig?
A kweekhuiseffek
B aardverwarming
C klimaatverandering
D kweekhuis (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 22
Downloaded from hlayiso.com
48. Watter tipe verwerking behels vergruising, verhitting of filtrering van die erts om
minerale te ontgin?
A Smelting
B Fisiese
C Dekantering
D Chemiese proses (1)
49. Looderts word verfyn deur loodoksied op ʼn koolstofblok te verhit.
Wat is die produkte van hierdie proses?
A Lood en Koolstofdioksied
B Lood en Loodoksied
C Koolstof en Loodoksied
D Lood en Koolstofmonoksied (1)
50. Identifiseer ʼn verbinding wat in Suid-Afrika ontgin word.
A Kalksteen
B Titaan
C Mangaan
D Diamante (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 23
Downloaded from hlayiso.com
51. ʼn Hoogoond is ʼn staalsilinder wat met vuurvaste materiaal uitgevoer is. Die volgende
drie stappe word gebruik in die vervaardiging van gesmelte yster in die hoogoond:
(i) Erts word voortdurend in die bokant van die oond gestort.
(ii) Kalksteen reageer met onsuiwerhede binne die hoogoond.
(iii) ʼn Stroom warm lug word in die bodem van die oond geblaas.
Rangskik die proses van produksie van gesmelte yster in die korrekte
volgorde.
A (ii), (iii) en (i)
B (iii), (i) en (ii)
C (iii), (ii) en (i)
D (i), (iii) en (ii) (1)
52. Mynbou produseer groot hoeveelhede afval wat dikwels op die grond gestort word.
Hierdie mynhope bevat giftige chemikalieë van mineraalontginningsprosesse, wat
bydra tot lugbesoedeling en waterbesoedeling. Die mynbou-industrie het in die verlede
metodes geïmplementeer soos om mynhope met water te spuit en gras te plant.
Wat is die nadeel om hierdie metode te gebruik om lugbesoedeling te
beheer?
A Die gras wat op hierdie mynhope geplant word is nie in staat om stof vas
te vang om besoedeling te voorkom nie.
B Die gras groei nie in areas waar daar mynhope is nie en is daarom nie ʼn
oplossing nie.
C Die gras vang die stof vir ʼn lang periode vas en lugbesoedeling word
voorkom.
D Die gras verwelk gedurende droë seisoene en water word vinnig (1)
geabsorbeer of verdamp vinnig.
Graad 9 Natuurwetenskappe 24
Downloaded from hlayiso.com
53. Yster kombineer met koolstof om ʼn allooi te vorm.
Wat is die naam van die allooi wat gevorm word?
A Geelkoper
B Staal
C Brons
D Nichroom (1)
54. Sterre spandeer die grootste deel van hul lewens as hoofreekssterre, wat die mees
stabiele tydperk in hul leeftyd is. Kernfusie vind ook in hierdie stadium plaas.
Watter stelling definieer die kernfusie?
A sterre skakel helium om na waterstof
B sterre se waterstofgas word uitgeput
C sterre skakel waterstof om na helium
D sterre se helium word uitgeput (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 25
Downloaded from hlayiso.com
55. Die volgende gebeurtenisse is fases in die lewe van ʼn ster (geboorte, lewe en dood).
i. As die temperatuur toeneem, verander die kleur na oranje, geel, wit en
ligblou.
ii. Planetêre nebulae word verlig deur hul sentrale wit dwerg en is pragtige
voorwerpe.
iii. Die stof- en gasdeeltjies word deur hul eie swaartekrag byeen getrek en trek
stadig saam.
Watter volgorde verteenwoordig die korrekte fases van die geboorte tot die dood van
ʼn ster?
Geboorte Lewe Dood
A Ii i iii
B Iii ii i
C Iii i ii
D I iii ii (1)
[55]
Graad 9 Natuurwetenskappe 26
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING B
1. Twee Graad 9-leerders ondersoek of ʼn staafmagneet skuifspelde deur stukke
hout met verskillende dikte soos in die diagram aangedui kan optel. Nadat die
eksperiment uitgevoer is, het hulle opgemerk dat net die dik houtblad die magneet
verhinder om die skuifspelde op te tel.
Dun houtblad Medium houtblad Dik houtblad
Skryf die gevolgtrekking van hul eksperiment neer gebaseer op hul (2)
observasie.
2. Die grafiek toon verskillende geleidingsmateriale wat weerstand bied teen
elektriese stroom. Die weerstand verskil, afhangende van die tipe materiaal.
Tipe stroomvloei teenoor geleiers
16
14
12
Stroom in (A)
10
8
6
4
2
0
Koper Nichroom Sink
Tipe geleiers
2.1 Watter een van die drie geleiers het die hoogste stroomvloei? (1)
2.2 Watter een van die drie geleiers het die hoogste weerstand? (1)
Graad 9 Natuurwetenskappe 27
Downloaded from hlayiso.com
3. Die onderstaande tabel toon die lesings wat gedurende ʼn ondersoek geneem is
waar die verhouding tussen stroom en potensiaalverskil gemeet is namate die
aantal selle vermeerder word.
Getal selle gekoppel Ammeterlesing (A) Voltmeterlesing (V)
1. Een sel 0.15 1.5
2. Twee selle 0.15 1.5
3. Drie selle 0.15 1.5
4. Vier selle 0.15 1.5
3.1 Identifiseer die tipe verbinding in hierdie selle. (1)
3.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
4. Bereken die koste vir die gebruik van ʼn 1 000 W stoof vir 2 ure teen R2 per (3)
kWh.
5.
https://cdn1.byjus.com/wp-content/uploads/2023/02/Investigating-Four-Spheres-of-
Earth-2.png
Verwys na die prent hiebo en verduidelik die interaksie tussen die (2)
hidrosfeer en die atmosfeer.
Graad 9 Natuurwetenskappe 28
Downloaded from hlayiso.com
6. Die tabel demonstreer die formasiemodel van sekere rotse.
Materiale gebruik: twee lae wit spons
twee lae swart spons
‘n stapel boeke (Volume 1 - 4)
Stapel alternatiewe Plaas ʼn hoop boeke Plaas meer boeke Verwyder al die
lae van wit en swart bo-op die sponslae op die sponslae boeke van die
spons sponslae
6.1 Watter tipe rots word deur die bogenoemde model vir rotsvorming (1)
verteenwoordig?
6.2 Wat word deur elke laag spons verteenwoordig? (1)
7. Die dreinering van sure bly die grootste probleem wat deur steenkoolmynbou
regoor die wêreld veroorsaak word, veral waar dit te lank geïgnoreer is. Dit het ʼn
negatiewe impak op waterkwaliteit waar daar groot steenkoolmyne is.
Verduidelik die negatiewe impak van die dreinering van mynbousure op (2)
waterkwaliteit.
Einde van toets
Graad 9 Natuurwetenskappe 29
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2022 Question Paper (Afr)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a/v1-720c7a3115ab59697e47/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20%20%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f/v1-cc3cfc280f262609fe6f/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng November 2023 Memo (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com__hlayiso.com_--53ee5d90-b7ba-4a28-8c9d-33eaca5c069d/v1-3be62833cc7317008f2d/card.webp)
Question paper
Natural Sciences Grade 9 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 9 Natural Sciences
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 North West June 2024 Memo

Question paper and memo
Natural Sciences Grade 9 Free State June 2023 Paper & Memo

Question paper and memo
Natural Sciences Grade 9 Free State November 2023 QP & Memo
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b80749bd-4989-4d9b-bb09-e1cd1de31b1d/v1-cee05352d6113f5ba879/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6c8b0130-1ecf-4630-afeb-d846dc83858e/v1-8fb33edd6c4f33747f58/card.webp)
Memorandum