PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 11
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
JUNIE 2024
PUNTE: 75
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)




Mathematical Literacy Grade 11 P2 North West June 2024 QP
Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 11 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 793.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
North West June Exam 2024
- Paper 1Question paper
- Paper 2Question paper
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Wiskundige Geletterdheid/V2 2 NW/Junie 2024
Graad 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
4. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy
anders aangedui.
5. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
6. Rond AL die finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
aangedui.
7. Dui maateenhede aan, waar van toepassing.
8. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 3 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 1
1.1
Neo probeer 'n resep om Griekse gevulde eiervrug te maak. Die resep hieronder
toon die bestanddele wat nodig is vir die maak van Griekse gevulde eiervrug.
PRENT VAN GRIEKSE BESTANDDELE
EIIERPLANT
12 ons (350 g)
maalvleis
¼ koppire (60 ml)
ligte room
¼
Dien Voorbereidingstyd: 10 min
Gaarmaaktyd: 40 min
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.1.1 Skryf die maksimum aantal mense, waarvoor hierdie resep gemaak word
neer. (2)
1.1.2 Noem die aanbevole tyd wat dit Neo sal neem om hierdie gereg voor te
berei en gaar te maak. (2)
1.1.3 ‘n 1 Koppie olie is gelykstaande aan 60 ml. Bepaal die aantal milliliter
4
wat daar in een koppie olie is. (2)
1.1.4 Neo sal hierdie gereg om 6:37 nm. begin bedien.
Skryf hierdie tyd neer, deur die 24-uur-klokformaat te gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 4 NW/Junie 2024
Graad 11
1.2
Die skaal wat op die sitplekplan van 'n eksamenlokaal gebruik word, is 1:50.
1.2.1 Verduidelik die betekenis van die skaal van die sitplekplan. (2)
1.2.2 Noem EEN ander tipe skaal waarvan jy geleer het. (2)
1.3 Definieer die konsep uitkoms soos gebruik in waarskynlikheid. (2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 5 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 2
2.1 Hieronder is 'n kaart van die Noordwes provinsie wat dorp/stede en paaie wys.
KAART VAN NOORDWES WAT NASIONALE PAAIE WYS WAT NA
DORPTE/STEDE LEI
Gebruik die kaart hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.1.1 Bepaal die totale aantal provinsies anders as Noordwes wat op hierdie kaart
getoon word. (2)
2.1.2 Die N4 is 718 km lank, dit begin op die Botswana-grens en eindig in Komatipoort
op die Mosambiekse grens.
Identifiseer enige TWEE dorpe op die kaart waardeer die N4 gaan. (2)
2.1.3 Die oppervlakte van die Noordwes-provinsie is 104 882 km². Die oppervlakte
van die hele Suid-Afrika is 1 220 813 km².
(a) Bepaal die persentasie wat die Noordwes provinsie beslaan van die hele
Suid-Afrika. (3)
(b) Gee 'n rede waarom 'n reisiger van Botswana 'n paspoort nodig het om
in die Noordwes provinsie in te kom.
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 6 NW/Junie 2024
Graad 11
2.2
Mpho, Tshepo en twee vriende beplan om na die Pilanesburg Wildreservaat naby
Rustenburg te ry. Hulle sal met 'n Land Rover van Taung af reis. Die voertuig
het 'n brandstofverbruik van 6,42 liter/100 km. Die sitplekuitleg word hieronder
getoon.
DIE SITPLEKUITLEG VAN 'N LAND ROVER
Gebruik die kaart en inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.2.1 Noem die aansig wat in die sitplekuitleg wat getoon word. (2)
2.2.2 Die afstand vanaf Taung na die Pilanesburg Wildreservaat is 460 km. Die Land
Rover dek hierdie afstand in 4,5 uur.
Bereken die gemiddelde spoed van hierdie voertuig.
Jy kan die volgende formule gebruik: Afstand = spoed × tyd (3)
2.2.3 Bereken die hoeveelheid petrol wat benodig word vir die retoer-trip. (4)
2.2.4 Tumi het vir sy vriende aangedui dat hy 25% seker is dat hy by hulle sal aansluit
op hierdie reis.
Die waarskynlikheidskaal hieronder toon die kanse vir verskeie
waarskynlikhede.
Skryf die waarskynlikheid neer wat Tumi se kanse is om op hierdie reis te gaan
die beste beskryf. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 7 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 3
3.1
Kea en Tumi beplan vanjaar hul 30ste huweliksherdenking. Kea wil 'n vierlaag
silindriese vanilje-en-sjokoladekoek hê.
Die diagram van die koek word hieronder getoon.
KEA SE VIERLAAGSILINDRIESE VANILJE EN SJOKOLADEKOEK
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
3.1.1 Bepaal die totale hoogte van die koek in millimeter. (3)
3.1.2 Die koek word gebak met 3 en 'n half pond botter.
Bepaal die massa van die botter, in kilogram.
LET WEL: 1 pond = 453,592 gram (3)
3.1.3 Die onderste laag van die koek het 'n radius van 14 cm.
(a) Bepaal die deursnee van die onderste laag in cm. (2)
(b) Verifieer, met berekeninge, dat die volume van die onderste
laag van hierdie koek 9 237,48 cm3 is.
Jy kan die formule gebruik:
Volume van 'n silinder = 3,142 × (radius)2 × hoogte. (3)
3.1.4 Die koek moet teen 5 °C in die yskas gebêre word.
Skakel hierdie temperatuur om na °F.
𝟗
Jy kan die formule gebruik: °F – 32° = ( × °C) (3)
𝟓
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 8 NW/Junie 2024
Graad 11
3.2
Mev Nku het twee kinders, Tom en Neo. Hulle gaan by twee verskillende skole
skool. Die inligting hieronder beskryf Mev Nku se roetine op 'n spesifieke oggend.
Sy vat die kinders na hul onderskeie skole.
Eers laai sy vir Tom by punt A af.
Dan neem sy Neo na haar skool by punt B.
Daarna keer sy terug huis toe.
Mev Nku se reis word in die grafiek hieronder geïllustreer.
AFSTAND AFGELÊ VANAF DIE HUIS
Tyd in munite
Gebruik die grafiek en inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
3.2.1 Dit het mev Nku 15 minute geneem om die 10 km vanaf haar huis na Tom se
skool te ry.
Druk 15 minute as 'n breukdeel van 'n uur in desimale vorm uit. (2)
3.2.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien ONWAAR,
gee die korrekte stelling.
(a) Dit het Mev Nku 25 minute geneem om vanaf Neo se skool na
die huis te ry. (2)
(b) Die afstand vanaf Tom se skool na Neo se skool is 15 km. (2)
3.2.3 Mev Nku het haar huis om 6:47 die oggend verlaat om haar kinders skool toe
te vat. Oppad terug huis toe het sy vir 20 minute by die winkel gestop om
brood te koop.
Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of sy voor 08:00 vm by haar huis
sal aankom. (4)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 9 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 4
4.1
Sol het 'n sirkelvormige venster in die middel van 'n vierkantige muur
geïnstalleer, soos in die diagram hieronder getoon. Hy beoog om die muur met
3 lae verf te verf.
Die deursnee van die sirkelvormige venster is 144 cm.
Die lengte van elke kant van die vierkantige muur is 230 cm.
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
4.1.1 Bereken die omtrek van die venster.
Jy kan die formule gebruik: Omtrek van die sirkel = 3,142 × d. (2)
4.1.2 Bereken, (in cm²), die oppervlakte van die muur wat geverf moet word.
Jy kan die formules gebruik:
𝐝
Oppervlakte van 'n sirkel = 3 142 ×(𝟐)𝟐 waar d die deursnee is
Oppervlakte van 'n vierkant = s², waar s die lengte van elke sy is (6)
4.1.3 Herlei die antwoord in VRAAG 4.1.2 na m². (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Wiskundige Geletterdheid/V2 10 NW/Junie 2024
Graad 11
4.2
Die diagram hieronder toon 'n skaaldiagram van Kitso Sekondêre Skool se
administrasiegebou.
KITSO SEKONDÊRE SKOOL SE ADMINISTRASIEGEBOU
1:300
Gebruik die diagram hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.2.1 Bepaal die aantal kantore in hierdie administrasiegebou. (2)
4.2.2 Die lengte van die fotostaatkamer op die skaaldiagram is 2,2 cm.
Gebruik die gegewe skaal hierbo om die werklike lengte van die
fotostaatkamer in meter te bereken. (3)
4.2.3 Gee 'n rede waarom die administrasiegebou 'n wagarea het. (2)
(17)
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2017 QP (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2018 Memo (Afr)
More from Grade 11 Mathematical Literacy

Annual teaching plan
Gr 11 Maths Lit ATP 2023 24
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Memorandum