Skip to content

Geography Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 10201917 pages

Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 10 GEOGRAFIE V1 NOVEMBER 2019 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en ‘n 13 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 NW/November 2019 NSS – Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit . 4. Laat 'n lyn oop tussen die onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. MOENIE binne die kantlyn van hierdie ANTWOORDEBOEK skryf nie. 9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 10. Antwoord in VOLSINNE tensy jy moet noem, identifiseer of ‘n lys maak. 11. Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1020 hPa, 14 C˚ of 45 m. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 NW/November 2019 NSS – Graad 10 AFDELING A: ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord minstens EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die regte antwoord en skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK, bv 1.1.9 D 1.1.1 Die grens wat gevorm word wanneer twee korsplate na mekaar toe beweeg, is bekend as die … grens. A divergent B konstruktief C konvergent D normaal 1.1.2 … verwys na die hitte van die son. A Respirasie B Refleksie C Radiasie D Insolasie 1.1.3 Hierdie deel van die atmosfeer beskerm die aarde teen die skerp UV-strale. A Ionosfeer B Troposfeer C Osonosfeer D Atmosfeer 1.1.4 ‘n … het 'n kegel wat gevorm is deur alternatiewe lae van vulkaniese as en lawa. A Skildvulkaan B Silindriese kegel C Saamgestelde kegel vulkaan D Kaldeira Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 NW/November 2019 NSS – Graad 10 1.1.5 Die onderstaande diagram toon … suurstof suurstof suurstof A osoon. B suurstof. C water. D helium. 1.1.6 ‘n Konstante gas in die atmosfeer. A Helium B Koolstofdioksied C Metaan D Stikstof 1.1.7 ‘n … is ‘n baie groot stollingsintrusie. A Batholiet B Lopoliet C Lakoliet D Plaat 1.1.8 Verlies van son-radiasie wanneer inkomende sonlig van wolke af weerkaats. A Fotosintese B Absorpsie C Refleksie D Insolasie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 NW/November 2019 NSS – Graad 10 1.2 Gee die korrekte TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK. 1.2.1 Wanneer hitte oorgedra word van een molekule na die ander deur kontak. 1.2.2 Die temperatuur waarby kondensasie plaasvind. 1.2.3 Die kant van 'n bergreeks waar 'n reënskadu gevorm word. 1.2.4 Die gesmelte materiaal wat onder die aarde se oppervlak gevind word. 1.2.5 Die buitenste laag van die atmosfeer, die verste vanaf die aarde se oppervlak. 1.2.6 Gesteentes wat in lae opgebou is. 1.2.7 'n Afwaartse vou in rotslae. (7 x 1) (7) 1.3 Verwys na FIGUUR 1.3(a) wat die kondensasievlakke van die wolke aandui. 1.3.1 Noem die kondensasievlak van Wolk 1 in kilometers. (1 x 1) (1) 1.3.2 Lewer kommentaar op die verhouding van voggehalte en die kondensasievlak. (1 x 1) (1) 1.3.3 Bereken die temperatuur speling onder Wolk 2. (1 x 1) (1) 1.3.4 Benoem die hoë wolke wat wasig voorkom en op slegte weerstoestande kan dui. (1 x 1) (1) 1.3.5 Benoem die tipe reën wat by Wolk 1 sal ontwikkel. (1 x 2) (2) 1.3.6 Bespreek kortliks die klimaatstoestand asook die area waar die tipe reën genoem in VRAAG 1.3.5 in Suid-Afrika sal voorkom. (2 x 2) (4) 1.3.7 Benoem die wolktipes A–E in FIGUUR 1.3(b) (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 NW/November 2019 NSS – Graad 10 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 gebaseer op aardbewings. 1.4.1 Verduidelik wat die term episentrum beteken. (1 x 1) (1) 1.4.2 Gee die intensiteit van die aardbewing wat oos-noordoos van San Juan Raboso voorgekom het. (1 x 1) (1) 1.4.3 Noem die instrument wat gebruik word om die sterkte van verskillende aardbewings te vergelyk. (1 x 1) (1) 1.4.4 Noem TWEE strategieë wat die mense van Meksiko Stad kon gebruik het om die impak van aardbewing te verminder. (2 x 2) (4) 1.4.5 In 'n paragraaf van min of meer AGT reëls, verduidelik die effek van aardbewings op die mense van Meksiko. (4 x 2) (8) 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 gebaseer op die verhitting van die atmosfeer. 1.5.1 Definieer die term insolasie. (1 x 1) (1) 1.5.2 Gee die term wat gebruik word om die proses by A te beskryf. (1 x 1) (1) 1.5.3 Voorsien die natuurlike rigting waarin warm lug sal beweeg. (1 x 2) (2) 1.5.4 Sommige van die hitte-energie verskaf deur die son gaan verlore voordat dit die aarde se oppervlak bereik. Identifiseer DRIE prosesse geassosieer met hitte verlies. (3 x 1) (3) 1.5.5 Noem TWEE kweekhuisgasse wat die osoon kan beskadig. (2 x 2) (4) 1.5.6 Noem TWEE maniere waarop die verlies aan osoon die mense affekteer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 NW/November 2019 NSS – Graad 10 1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6 gebaseer op die sinoptiese weerkaart. 1.6.1 Benoem die lugdruk-sel by A. (1 x 1) (1) 1.6.2 Verskaf die isobariese druklesing van die sel by A. (1 x 1) (1) 1.6.3 Dui aan watter tipe front C is. (1 x 1) (1) 1.6.4 Maak gebruik van die data op hierdie sinoptiese kaart om vas te stel watter seisoen voorgestel word. (1 x 2) (2) 1.6.5 Beskryf die weerstoestande by Port Elizabeth deur te verwys na: (a) Lugtemperatuur (b) Windrigting (c) Wolkbedekking (d) Windspoed (e) Neerslag (5 x 2) (10) [75] VRAAG 2 2.1 Kies die korrekte term van die terme in hakies om die onderstaande stellings WAAR te maak. Skryf SLEGS die korrekte term in jou ANTWOORDEBOEK. 2.1.1 Die (termosfeer/troposfeer) is die belangrikste laag van die atmosfeer uit 'n klimatologiese oogpunt. 2.1.2 Die (stratosfeer/termosfeer) word aangetref tussen die troposfeer en die mesosfeer. 2.1.3 'n Lae temperatuur van -90° word bereik in die (mesosfeer/stratosfeer). 2.1.4 Koolstofdioksied en (waterdamp/waterstof) in die atmosfeer is verantwoordelik vir die absorpsie van energie. 2.1.5 Die osoonlaag absorbeer die (X-strale/ultravioletstrale) van die son. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 NW/November 2019 NSS – Graad 10 2.1.6 Osoon vernietiging kom voor in die (termosfeer/stratosfeer). 2.1.7 (Temperatuur inversie/positiewe verval tempo) beteken dat temperatuur verhoog met die toename in hoogte bo die oppervlakte van die aarde. 2.1.8 Die refleksie by die sneeubedekte Pole. (Albedo/Aleno) (8 x 1) (8) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 gebaseer op 'n deursnee van die aarde. 2.2.1 Benoem laag B, wat 2 900 km dik is en bestaan uit gesmelte rots. 2.2.2 Die kern, E, is solied en bestaan uit nikkel en ... 2.2.3 Gee EEN rede hoekom laag C belangrik is vir die mens. 2.2.4 Benoem die grens tussen lae C en D. 2.2.5 Laag C is opgebreek in kleiner segmente bekend as … 2.2.6 Dui aan wat die geskatte temperatuur van laag B is. 2.2.7 Noem die laag wat opgebou is uit peridotiet. (7 x 1) (7) 2.3 Lees die artikel oor aardverwarming in FIGUUR 2.3. 2.3.1 Definieer die term aardverwarming. (1 x 1) (1) 2.3.2 Volgens die berig van die Voedsel en Landbou-organisasie, is die hoofbydraer tot kweekhuisgasse…(voltooi) (1 x 2) (2) 2.3.3 Maak gebruik van ‘n aanhaling uit die artikel om te verduidelik waarom metaangas 'n groter bedreiging vir die (1 x 2) (2) omgewing is as koolstofdioksied. 2.3.4 Noem EEN negatiewe impak wat die groeiende aantal (1 x 2) (2) troppe beeste op die omgewing het. 2.3.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, noem volhoubare maniere waarop aardverwarming vertraag kan word. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 NW/November 2019 NSS – Graad 10 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 gebaseer op grenslyne en tektoniese plate. 2.4.1 Verskaf die naam van die meteoroloog/fisikus wat beweer het dat die kontinente nie vasgestel is op een plek nie. (1 x 1) (1) 2.4.2 Noem wat die verskil is tussen plaatgrense A en B. (1 x 2) (2) 2.4.3 Benoem die plaatgrense A en B. (2 x 2) (4) 2.4.4 Verwys na die teorie van plaat tektonika en verduidelik waarom die plate van die kors van die aarde beweeg. (2 x 2) (4) 2.4.5 Verskaf TWEE bewysstukke dat Afrika en Suid-Amerika voorheen aaneengeskakel was. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 gebaseer op klimaatsverandering. 2.5.1 Definieer die term klimaatsverandering. (1 x 1) (1) 2.5.2 Gee die rede waarom die Ward Hunt Ys-plaat begin (1 x 2) (2) fragmenteer het. 2.5.3 Verduidelik die effek van so 'n fragmentering op die mariene (1 x 2) (2) ekosisteem. 2.5.4 Verskaf die geskatte ouderdom van die Ward Hunt Ys-plaat. (1 x 2) (2) 2.5.5 In ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die gevolge van aardverwarming. (4 x 2) (8) 2.6 Lees die Gevallestudie in FIGUUR 2.6(a) asook FIGUUR 2.6(b) gebaseer op vulkaniese uitbarstings. 2.6.1 Hoeveel mense is ontruim na die Puyehue Vulkaan in 2011 uitgebars het? (1 x 1) (1) 2.6.2 Verduidelik waarom daar 'n landbou krisis was in die Patagoniese streek. (1 x 2) (2) 2.6.3 Klassifiseer die Puyehue Vulkaan as ‘n saamgestelde of ‘n skild vulaan. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 NW/November 2019 NSS – Graad 10 2.6.4 Verduidelik wat die verskil is tussen 'n aktiewe vulkaan en 'n dormante vulkaan. (1 x 2) (2) 2.6.5 Noem die TWEE kontinente wat geaffekteer is deur hierdie uitbarsting. (2 x 2) (4) 2.6.6 FIGUUR 2.6(b) illustreer intrusiewe landvorme. Identifiseer A, C, D en E. (4 x 1) (4) [75] AFDELING B: BEVOLKING (POPULASIE) EN WATERBRONNE Beantwoord minstens EEN vraag in hierdie afdeling. As jy een vraag in AFDELING B beantwoord moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur te kies uit die lys hieronder. Skryf net die woord/term langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK. Depopulasie; Lewensverwagting; Trekfaktore; Emigrasie; Bevolkingsdigtheid; Geletterdheidsvlak; Bevolkingsverspreiding; Marti kultuur; Stootfaktore; 3.1.1 Die aantal jare wat ‘n persoon kan verwag om te lewe. 3.1.2 Die beweging van mense vanuit hul tuisland na 'n ander land. 3.1.3 Die boerdery van vis en skulpvis in beskermde water. 3.1.4 Dinge in stede wat mense wat op die platteland woon, aantrek na die stad. 3.1.5 Die aantal mense per oppervlakeenheid. 3.1.6 Die persentasie van die totale bevolking wat kan lees en skryf. 3.1.7 Die afname in die bevolking van plattelandse gebiede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 NW/November 2019 NSS – Graad 10 3.1.8 Die manier hoe mense oor die oppervlak van die aarde versprei is. (8 x 1) (8) 3.2 Kies ‘n woord/term uit KOLOM B om te pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf SLEGS die letter van jou keuse langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK, bv. 3.2.8 K KOLOM A KOLOM B 3.2.1 Die uitputting van die oseaan se visvoorraad. A Warm seestroom B Zero groei 3.2.2 Die oorstroming van 'n rivier direk na swaar C Ekumene reën. D Koue seestroom E Drooglegging 3.2.3 Die terugstoot van die see met behulp van F Negatiewe groei keerwalle. G Abioties H Stormgolf 3.2.4 Benguelaseestroom. I Oorbenutting van vis J Kitsvloed 3.2.5 Mense leef waar toestande gunstig is. 3.2.6 Mensgemaakte faktore wat bepaal waar mense hul gaan vestig. 3.2.7 Meer mense sterf as wat in ‘n land gebore word. (7 x 1) (7) 3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 gebaseer op bevolkingspiramides. 3.3.1 Definieer die term bevolkingspiramide. (1 x 1) (1) 3.3.2 Bepaal die ouderdomsgroep-interval vir die piramide. (1 x 1) (1) 3.3.3 Dui aan wat die vorm van die piramide is. (1 x 1) (1) 3.3.4 Die basis van die piramide kan beskryf word as (breed/smal) (1 x 2) (2) 3.3.5 Die piramide verteenwoordig ‘n LEOL (land). Verskaf TWEE redes vir hierdie stelling. (2 x 2) (4) 3.3.6 Klassifiseer die ouderdomsgroepe verteenwoordig deur byskrifte A–C. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 NW/November 2019 NSS – Graad 10 3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4 gebaseer op die waterkrisis in Suid-Afrika. 3.4.1 Identifiseer EEN rede wat in die artikel genoem word waarom daar ‘n waterkrisis teen 2020 verwag word. (1 x 1) (1) 3.4.2 Noem TWEE water-oordrag skemas wat ontwikkel is om die watervoorraad in Gauteng aan te vul. (2 x 1) (2) 3.4.3 Bepaal TWEE nadele wat geassosieer word met die konstruksie van damme in Suid-Afrika. (2 x 2) (4) 3.4.4 In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maatreëls voor wat deur die regering geïmplementeer kan word om water in Suid-Afrika te bestuur en te bespaar. (4 x 2) (8) 3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5 gebaseer op bevolkingsgroei. 3.5.1 Identifiseer die bevolkingsprobleem wat Noorweë op die (1 x 1) (1) oomblik in die gesig staar. 3.5.2 Gee EEN rede waarom jou antwoord in VRAAG 3.5.1 ’n probleem is. (1 x 2) (2) 3.5.3 Volgens die artikel vertoon die huidige bevolkingsgetalle nie sleg nie. Gee 'n rede waarom dit nie sleg lyk nie. (1 x 2) (2) 3.5.4 Verskaf EEN bewysstuk uit die Demografiese Oorgangs= model in FIGUUR 3.5 dat Noorweë ’n MEOL (land) is. (1 x 2) (2) 3.5.5 Bespreek die moontlike ekonomiese gevolge van 'n lae groeikoers in 'n land soos Noorweë. (2 x 2) (4) 3.5.6 Verskaf EEN negatiewe impak en EEN positiewe impak wat die invloei van buitelanders na Noorweë sal veroorsaak. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 13 NW/November 2019 NSS – Graad 10 3.6 Bestudeer FIGUUR 3.6 gebaseer op toegang tot skoon water. 3.6.1 Gebaseer op grafiek B, verskaf die persentasie van onverbeterde waterbronne vir die tweede armste gemeenskap. (1 x 1) (1) 3.6.2 Gebaseer op grafiek A, dui aan wat die verskil is tussen die persentasie van die armste bevolkingsdeel en die persentasie van die rykste bevolkingsdeel wat in 2008 toegang gehad het tot skoon water op die perseel. (1 x 2) (2) 3.6.3 Bespreek die belangrikheid van skoon kraanwater teenoor nie-gesuiwerde water van damme, riviere en mere vir Suid- Afrikaanse gemeenskappe. (2 x 2) (4) 3.6.4 Beskryf kortliks die nagevolge van onveilige vlakke van bakterieë vir mense wat ongesuiwerde rivierwater drink. (2 x 2) (4) 3.6.5 Stel TWEE volhoubare strategieë voor wat die regering in plek moet stel om die vlakke van besoedeling in damme hok te slaan. (2 x 2) (4) [75] VRAAG 4 4.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 4.1.9 D. 4.1.1 Die grafiese voorstelling van die persentasie mans en vrouens in verskillende ouderdomsgroepe. A bevolkingspiramide B bevolkingsstaafgrafiek C bevolkingslyngrafiek D bevolkingssirkelgrafiek 4.1.2 Kies die korrekte stelling om te pas by die volgende sin. Lewenskeuses wat kan help om lewensverwagting te verbeter. A Gesonde maaltye en alkohol misbruik. B Kitskos en goeie mediese sorg. C Goeie mediese sorg en oefening. D Rook en gereelde oefening. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 14 NW/November 2019 NSS – Graad 10 4.1.3 Die menslike immuniteitsgebrekvirus is beter bekend as … A TB B MIV C VIGS D SOS 4.1.4 ‘n Vrees vir vreemdelinge wat ongevraagde aanvalle tot gevolg het om hulle te dwing om te vlug. A Xenofobie B Xerodermie C Xilografie D Xerotermie 4.1.5 Hoë geboortesyfer en hoë sterftesyfer resulteer in … bevolkingsgroei. A hoë B nul C stygende D lae 4.1.6 Die … van 'n land verwys na die totale getal babas wat gebore word per 1000 van die bevolking per jaar. A bevolkingsgroei B sterftekoers C vrugbaarheidskoers D demografie 4.1.7 Wanneer geskoolde en goed geletterde mense 'n land verlaat om in 'n ander land te werk word dit … genoem. A talent hersirkulering B intelligensieverlies (brain drain). C vaardigheidsmigrasie. D kennis verlies. 4.1.8 Ongeregistreerde en informele ingang in 'n land. A Vlugteling-immigrasie B Asielsoeking C Onwettige immigrasie D Vreemdelinge migrasie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 15 NW/November 2019 NSS – Graad 10 4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat die hidrologiese siklus voorstel. Verskaf die KORREKTE GEOGRAFIESE TERME vir ELK van die volgende stellings wat ooreenkom met die byskrifte op die diagram. 4.2.1 Die proses waar vog vanuit plante vrygestel word in die atmosfeer. 4.2.2 Die proses waar waterdamp in water verander. 4.2.3 Enige vorm van vog wat vrygestel word vanuit die atmosfeer na die aarde se oppervlak. 4.2.4 Die proses waartydens water deurdringbare rots bereik. 4.2.5 Water wat oor die oppervlak van die aarde vloei na ‘n reënbui. 4.2.6 Die water diep onder die oppervlakte van die aarde. 4.2.7 Die proses waar water in waterdamp verander. (7 x 1) (7) 4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3 gebaseer op ekonomiese migrante. 4.3.1 Definieer die term migrant. (1 x 1) (1) 4.3.2 Dui aan wat bedoel word met die term intelligensieverlies of ‘brain drain’? (1 x 1) (1) 4.3.3 Beskryf EEN effek wat emigrasie op Suid-Afrika het. (1 x 1) (1) 4.3.4 Verduidelik waarom ongeskoolde mense hulle werk verloor as gevolg van geskooldes wat emigreer. (1 x 2) (2) 4.3.5 Gee TWEE redes vir professionele mense wat Suid- Afrika (2 x 2) (4) verlaat. 4.3.6 Transhumering is ‘n vorm van beweging. (a) Verduidelik wat die term transhumering beteken. (2 x 2) (4) (b) Gee EEN voorbeeld van ‘n land waar transhumering steeds plaasvind. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 16 NW/November 2019 NSS – Graad 10 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4(a) gebaseer op ontsouting in Suid-Afrika en FIGUUR 4.4(b) gebaseer op water beskikbaarheid in Suid-Afrika. 4.4.1 Dui aan wat die term ontsouting beteken. (1 x 1) (1) 4.4.2 Noem EEN ander land, wat in hierdie artikel voorkom, wat baie suksesvol is met ontsouting. (1 x 1) (1) 4.4.3 Gee EEN negatiewe feit wat ontsouting in Suid-Afrika bemoeilik. (1 x 1) (1) 4.4.4 Volgens die artikel, wat het daartoe gelei dat ontsouting as 'n oplossing vir Suid-Afrika se waterprobleme gesien word? (1 x 2) (2) 4.4.5 Deur jou eie kennis te gebruik, beskryf die suiweringsproses wat tans gebruik word in dorpe soos Mosselbaai en Saldanha. (1 x 2) (2) 4.4.6 Verwys na FIGUUR 4.4(b) en dui aan watter rivier die hoogste beskikbaarheidvlak sal hê teen 2025. (1 x 2) (2) 4.4.7 Verwys na FIGUUR 4.4(b) en gee EEN rede waarom so ‘n groot hoeveelheid water oorgebring moet word na die Bo- Vaalrivier. (1 x 2) (2) 4.4.8 Gebruik jou eie algemene kennis en verduidelik waarom Suid-Afrika water tekorte ondervind. (2 x 2) (4) 4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5 gebaseer op MIV and VIGS. 4.5.1 Verklaar die volgende akronieme: (a) MIV (b) VIGS (2 x 1) (2) 4.5.2 Volgens die grafiek, hoe het VIGS die bevolkingsgroei in Suid-Afrika affekteer? (1 x 1) (1) 4.5.3 Dui die jaarlikse bevolkingsgroei vir Suid-Afrika aan indien VIGS nie bestaan het nie. (1 x 2) (2) 4.5.4 Noem EEN ander land wat presies dieselfde statistiek as Suid-Afrika het. (1 x 2) (2) 4.5.5 In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die sosiale en ekonomiese effek van MIV en VIGS op ‘n land. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 17 NW/November 2019 NSS – Graad 10 4.6 Bestudeer FIGUUR 4.6 gebaseer op oorbenutting van visbronne. 4.6.1 Verduidelik die term viskwota. (1 x 1) (1) 4.6.2 Verskaf die gekombineerde persentasie van oorbenutting en uitputting van visbronne. (1 x 1) (1) 4.6.3 Gee 'n rede waarom oorbenutting van visbronne lei tot (1 x 2) (2) werksverliese. 4.6.4 SAVS is ‘n organisasie wat poog om vispopulasie te reguleer. (a) Gebruik jou eie kennis en verduidelik die akroniem SAVS / SASSI. (1 x 2) (2) (b) Bespreek TWEE bestuurstrategieë van SAVS / SASSI waarmee hulle probeer om die vispopulasie in Suid-Afrika te vermeerder. (2 x 2) (4) 4.6.5 FIGUUR 4.6(b) toon die vloed hidrografiek vir Boscastle. Voorsien die volgende lesings vanaf die grafiek: (a) Die hooste reënval (in mm) gemeet. (b) Die tyd wat die hoogste reënval lesing geneem is. (c) Die hoogste afloop (in kumeks) gemeet. (d) Die tyd wat die lesing in (c) geneem is. (e) Bereken die tyd wat verloop het tussen (a) en (c). (5 x 1) (5) [75] GROOTTOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Geography

View all
Geography Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr) | Hlayiso